Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1279]
| |
Aantekeninge deur die redakteur:1. Die Leeus van MagoebaEerste verskyning Die Boerevrou, Maart 1930. p. 657c: ‘Hy het 'n kgotla gebou ...’ Dit moet miskien wees ‘hy het 'n kgotla (Marais skryf “Gotla”) gehou’; ‘gebou’ is egter gehandhaaf. | |
2. M'Vubu (die Seekoei)Eerste verskyning Die Boerevrou, Februarie 1930. p. 677a: In die oorspronklike uitgawe word Lombroso as Lambrose weergegee. Dit is ondenkbaar dat Marais die naam van die beroemde kriminoloog (sien aantekening by p. 215) na wie hy so graag verwys, so verkeerd sou gespel het, en dit versterk die teorie dat dit sy skrif was wat die setters mislei het (Marais het nooit tyd gehad om na proewe te kyk nie). In meer ongeërgde tye is seker ook minder moeite gedoen om spellings te kontroleer. | |
3. Afrikanerbeestep. 697: Dit is miskien 'n ewe goeie plek as enige ander om op te merk dat Marais se gebruik van die historiese praesens onseker en spaarsaam was, al het hy die Afrikaanse voltooide verlede tyd ewe veel gehaat as enige ander skrywer met 'n gevoel vir taal. In 'n goeie persentasie van gevalle het ek sinne in die historiese praesens verander; die Versamelde Werke bevat egter nog veel minder historiese praesens as vergelykbare moderne geskrifte. | |
4. Diep RivierEerste verskyning Die Vaderland, Julie 1933 (drie aflewerings). ‘Diep Rivier’ is ongetwyfeld Marais se beroemdste kortverhaal, wat nie beteken dat dit as kortverhaal volmaak is nie. Dit is waarskynlik veral beroemd omdat die mooi gedig ‘Donker Stroom’ daarin opgeneem word. Die moontlikheid dat hierdie gedig feitlik reël vir reël op Marais se morfine-afhanklikheid toegepas kan word, word uitvoerig in Die Groot Verlange behandel (p. 378 e.v.). p. 703b: ‘Byna met die hand gegroet’: Hoewel Marais vir sy tyd op kleurgebied baie verlig was, bly hy 'n kind van sy era. Ons kan aanvaar dat dr. De Roubaix se siening van die kleursituasie ook dié van Marais was (later in die verhaal maak hy De Ville taamlik streng stil wanneer lg. die halfbloed-vrou Juanita meedoënloos onder kruisverhoor neem). Die verhaal bied dus 'n interessante blik op die benadering tot kleur van selfs 'n heel liberale Afrikaner in die jare dertig. p. 715a (vyfde reël): Ek het ‘skaamteloosheid’ in ‘natuurlikheid’ verander. ‘Skaamteloosheid’ het 'n pejoratiewe betekenis wat Ma- | |
[pagina 1280]
| |
rais seker nie bedoel het om oor te dra nie (sien vorige aantekening). p. 715c: ‘Kaffermeid’: Die woord is opsetlik gehandhaaf om Juanita se bitterheid te beklemtoon. p. 728a: Die eerste sin in die derde paragraaf het in die oorspronklike uitgawe as volg gelui: ‘Ek moet erken dat ek die gevoel nie kon vermy nie dat dit niks anders dan 'n “bluoe” belofte van Sois was, slegs om my ontevredenheid te bedaar.’ Ek kon nie vasstel wat met die woord ‘bluoe’ bedoel word nie. | |
5. ‘Die Boom in die Middel van die Tuin’Eerste verskyning Die Vaderland, 1 Julie 1933. Een van Marais se aantreklikste en (mits die ‘willing suspension of disbelief’ wel plaasvind) ook mees oortuigende verhale. p. 744b en c: In die voorlaaste paragraaf vind 'n mens iets van Marais se eie lewe terug. | |
6. Die Wit UilEerste verskyning Die Vaderland, Junie 1932 (twee aflewerings). p. 747c (voorlaaste reël): ‘Egiptiese Thebaid’: Dit lyk of Marais hier 'n Engelse woord oorgeneem het. Dit kom in elk geval nie in Afrikaanse of Nederlandse naslaanwerke voor nie. Onder ‘Thebaïd’ sê die Shorter Oxford: ‘Territory belonging to ... Egyptian ... Thebes.’ | |
7. Die Winde uit die WoestynEerste verskyning Ons Vaderland, 31 Desember 1932. p. 763b: Vir ‘geldverkwister’ het Marais ‘geldgierige vraat’ gehad, wat seker nie was wat hy bedoel het nie. |
|