Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd1. HipnotismeHierdie artikel het oorspronklik in September 1920 in Die Banier, bylaag tot Die Brandwag, verskyn. p. 173c: Met ‘pasiënt’ (sy oorspronklike spelling was ‘pasjent’) bedoel Marais stellig ‘proefpersoon’. p. 174c: Die geval van Hessie van Deventer word in Die Groot Verlange enigsins uitvoeriger beskryf. By die lees van Marais se artikel kom die vraag by 'n mens op: Sou die soort persoon wat geneig is om funksionele verlamming te kry, ook besonder vatbaar vir hipnose wees? | |
2. 'n Nuwe Sielkundige TeorieEerste verskyning Die Banier, Februarie 1921. p. 178a: Met die publikasie van die Versamelde Werke in 1984 was die jongste teorie - een van vele - oor die uitwissing van die draakakkedisse dat 70% van alle lewe op aarde 65 miljoen jaar gelede as gevolg van 'n botsing met 'n klein planeet vernietig is. p. 178b: Oor datums en tydperke was Marais altyd 'n bietjie vaag. Wanneer hy in 1921 skryf dat mense die Springbokvlakte ‘nou in die laaste tien jaar’ stadigaan begin binnedring, stel hy dié gebeurtenisse heelwat later as in Die Siel van die Mier, waar hy te kenne gee dat nedersetting kort ná die Tweede Vryheidsoorlog daar begin het. p. 180b: Nebukadnésar: In Daniël 4, 33 lees ons: ‘Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar - hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos dié van voëls.’ | |
[pagina 1268]
| |
Die twee paragrawe wat hierop volg, hang saam met Marais se teorieë oor die evolusie van die menslike siel. | |
3. Verhoogde Waarnemingsvermoë onder HipnoseEerste verskyning Die Banier, April 1921. Sien opmerking onderaan p. 181. | |
4. Verdubbeling van PersoonlikheidEerste verskyning Die Volkstem, 13 Mei 1921. p. 182c: ‘Honderde gevalle’: Nog 'n voorbeeld van die kenmerkende hiperbool in Marais se geskrifte. p. 186c (voorlaaste paragraaf): Dit verbaas 'n mens 'n bietjie om in hierdie stadium soveel veralgemening (‘die meeste gevalle’, ‘min of meer op dieselfde manier’) by Marais te vind. In 1921, toe die artikel geskryf is, het hy 'n toppunt van produktiwiteit en geestelike welsyn bereik. | |
5. WeskoppiesEerste verskyning Die Volkstem, 23 en 24 Februarie 1921. p. 188a (eerste paragraaf): Ná openbare proteste teen toestande op Robbeneiland is in 1913 'n begin gemaak met die verwydering van kranksinniges na ander oorde. Marais se artikel het vroeg in 1921 verskyn. p. 188b: Wat stellig bedoel word, is dat die toename in kranksinnigheid die bevolkingsaanwas na verhouding oortref. | |
6. SlanggifEerste verskyning Die Brandwag, 15 Maart 1911. p. 197 e.v.: Met die redigering van hierdie essay is ek opnuut gepla deur die vraag: ‘Is ek nie op party plekke besig om elegante ouderwetse Afrikaans deur modernisering te vergrof nie?’ ‘Die werk wat hy gedoen’ het, klink vir ons ore normaal, maar dit is tog 'n bietjie plat. ‘Die deur hom gedane werk’, soos Marais dit sou gestel het, het darem iets meer elegants. Daardeur kon Marais die ewig hinkende het ge, het ge uitskakel - in sy oë 'n abominasie wat hy tot elke prys wou vermy. (Natuurlik kan Marais ook baie lomp wees, soos wanneer hy in dieselfde essay praat van ‘die wonderbaarlike, nie te beskrywe vinnigheid van 'n swart makoppa’ - deur my gewysig tot ‘die onbeskryflike snelheid van ...’) Maar nou ja, 'n jong taal groei - al groei dit skewer of krommer. p. 203a (derde reël): ‘... enige jare gelede ...’ Die woord ‘enige’ soos Marais dit gebruik, is nie presies moderniseerbaar nie, en dit is soms gehandhaaf. Dit beteken nie noodwendig ‘'n paar’, ‘enkele’ of ‘'n aantal’ nie. Dit is lekker vaag, eintlik 'n nuttige segswyse. In dieselfde paragraaf is twee ander voorbeelde van hoe die redigering benader is. Wanneer Marais van 'n slang se ‘kooi’ praat, het ek dit wel in ‘kou’ verander; maar ‘'n bediende van die museum’ is gehandhaaf, hoewel dit streng gesproke seker ‘beampte’ moet wees. p. 203c: Dr. H.L.C. Calmette (1863-1933) het 'n slangbytserum ontdek toe hy as marinearts te Saigon gestasioneer was. Verwysings na Calmette verskyn meermale in Marais se werk, wat nie wil sê dat hy ooit gedurende sy etlike jare in Europa (veral Londen) met die dokter in verbinding was nie. p. 206a en b: Hoewel dit seker is dat Marais geen gekwalifiseerde geneesheer was nie, skryf hy meermale so gesaghebbend oor die onderwerp dat 'n mens nie anders kan as om sy praktiese mediese benadering te bewonder nie. p. 207a: Dit is opvallend dat Marais in die oorspronklike uitgawe van hierdie werk die ‘moderne’ spelling ‘rinkals’ (vgl. ‘jakkals’ teenoor die ouer vorm ‘jakhals’) gebruik het. p. 207b: Nie A.A. Smith (‘Trader Horn’) nie, maar sir Andrew Smith (1797-1872), geneesheer, natuurkundige en ontdekker, skrywer van die beroemde Illustrations of the Zoology of South Africa (1838-1849, vyf boekdele). | |
7. Die Heuningvoëltjiep. 208c: Spuwende kobras: Volgens Marais het hy en oom Gys van Rooyen van die plaas Rietfontein, waar Marais jare lank in die Waterberg gewoon het, saam onder so 'n spuwende kobra deurgeloop, egter sonder oogbeskadiging. p. 208c: Hoewel Marais die naam ‘Spaar- | |
[pagina 1269]
| |
man’ spel, is dit seker dat hy verwys na Anders Sparrman (1748-1820), die Sweedse natuurkundige wat die Kaap in 1772 en weer in 1775-78 besoek het. Die relaas van Sparrman se reise na die binneland het in 1783 in Sweeds en daarna in vertalings verskyn. Die ander natuurkundige van wie Marais in dieselfde sin praat, was Edgar Leopoldt Layhard (1824-1900). | |
8. Die EgiptenareEerste verskyning Die Boerevrou, November 1921. Die illustrasies waarna in hierdie nogal oppervlakkige artikel verwys word, kon om tegniese redes nie in hierdie uitgawe gereproduseer word nie. p. 211a: Die ‘vir’ in die tiende reël is deur my ingevoeg. Marais het die woord gehaat (vir hom was dit soos die ‘Kaapse Hottentotte’ praat) en het dit vermy sover hy kon. p. 211c (laaste reël): Dit is goed moontlik dat Marais nie in staat was om ‘blote afmetings’ op te noem nie en dat hy hulle liewer verswyg het as om te raai, soos hy in sy latere geskrifte geneig was om te doen. |
|