| |
Derde bedryf
Eerste toneel
Tien dae later; kombuis-eetkamer van Diepkloof, onveranderd. Wanneer die voorhang opgaan, is Marie alleen sigbaar. Sy kniel voor die vuurherd met een of ander werk besig. Dit is vroeg in die oggend. Die binnedeur gaan oop en Ryk de Ridder kom in met sy geweer in een hand en verkyker in die ander; rewolwer om skouer geslinger; sy pet op.
Marie, nou is ek klaar om te vertrek. (Sy staan op en glimlag hom toe. Hy kom langs haar staan en slinger geweer agter sy rug. Plaas verkyker op kaggel.) Dit sal 'n lang spioentog wees. (Hy praat terwyl hy met sy voorbereidings besig is.) Jy weet natuurlik ek gaan tot aan die drif om te sien of die pad vir die generaal oop is. (Sy knik maar sê niks, kyk hom stip aan.) Jy begryp seker, Marie, dat daar taamlik gevaar aan verbonde is. Ek mag my enige minuut in een van hulle brandwagte vasloop en dan is dit klaar met my.
Wat praat jy gedurig met my oor die gevaar, Ryk? Ek weet dat jy gevaar tegemoetgaan. Ons is almal in gevaar - altyd in gevaar, maar jy is geoefen en sal oppas - te meer omdat jy weet dat dit nie jou lewe alleen is wat van jou verkenning afhanklik is nie. Die generaal se lewe is ook in gevaar.
Die generaal! die generaal! die generaal! Moet ek tot op die laaste niks anders hoor nie as ‘die generaal’, ‘die generaal’.
marie (verbaas en vererg).
Wat bedoel jy, Ryk? Wat bedoel jy met die uitdrukking?
Ek bedoel dat jy teenswoordig oor niks anders dink of praat as die generaal nie. Ek moet dit aanhoor van die môre tot die aand. Watter plek hou ek in jou gedagtes? Glad in die donkerste agtergrond. Ek sien bo die bed wat joue was voor ons gekom het, hang die generaal se portret. Waar is myne wat jy ook het? In 'n koffer weggepak en vergete!
marie (lê haar hand op sy arm).
Ryk, moenie dat ons onaangenaamheid nou kry nie. Jy gaan vertrek en ek weet nie hoe lank jy sal wegbly nie. Moenie met die dwase gevoel in jou hart weggaan nie. As daar enige jaloersheid is, vee dit
| |
| |
Jaloersheid? Ek jaloers? Niks van die aard nie. As jou gevoel anders geword het vandat jy generaal De Lannoy ontmoet het, sê my maar net. Ek beloof jou dat ek jou nie weer sal lastig val nie.
Ag Ryk, dit is die tiende maal dat ons die onderwerp uitpluis. Kan jy nie verstaan dat die generaal anders is nie? Hy is een van ons groot helde en dit is al gevoel wat ek teenoor hom ooit koester. Dink jy dat 'n groot man soos hy hom ooit oor 'n klein plaasmeisie soos ek sal bemoei. Ag, Ryk, ek is so moeg van al die getwis en weer opmaak ... Wees tog redelik.
ryk (word meer kwaad en opgewonde).
Ja, en ek is ook moeg van die spulletjie, meer as moeg. (Hy stap op en neer, pluk bande ens. reg.) Dank God ons is naby die einde. Nou ja - tot siens, Marie, ek gaan voort. (Hy stap na agterdeur.)
Maar hy gaan uit sonder om te kyk of te antwoord en maak buitedeur agter hom toe. Marie staan 'n paar minute verbysterd, diep ingedagte. Dan stap sy terug na kaggel. Sien die verkyker wat Ryk vergeet het. Sy tel dit op. Kyk lank daarna, dan plaas sy dit met 'n hoofskudding terug op kaggel. Van binne word gehoor die stem van
generaal de lannoy (roep).
Marie! Marie! Waar is jy? (Hy kom deur binnedeur.) O, daar is jy! Waar is Ryk?
Hy is al voort, Generaal.
Hy is besonder haastig. Daar was nog 'n paar dinge wat ek met hom wou bespreek. (Die generaal het nog een arm uit mou met verband sigbaar. Hy gaan sit in leunstoel.) Ek dink dit word hoog tyd dat ons vertrek, Marie. (Met 'n skelm glimlag.) Vir mense wat so lank soos ons in die veld rondgeswerf het sonder om ooit 'n vroumens te sien...Wat ek wou sê, dit het 'n baie diep uitwerking op ons om weer die sagte invloed van 'n meisie te voel. En sulke meisies soos Diepkloof s'n! Alreeds sal die afskeid bitter wees. Kom sit hier, Marie. Ek wil bietjie met jou gesels. (Wys na arm van stoel. Marie kom sit met 'n laggie. Hy neem haar hand in syne.) Marie, ek sal nooit vergeet wat jy alles vir my gedoen het nie. Jy was meer as liefdevol gewees. Sonder jou sou Diepkloof 'n vervelende gevangenis gewees het. Ek sou nie gerus het voordat ek weer hier uit was nie. Maar jy het dit alles verander, Marie. En nou nader ons die einde. Ons moet weer terug, maar weer na die bittere stryd. In alle waarskynlikheid, Marie, sal ons mekaar nooit weer ontmoet nie. Al kom ek eendag deur...nietemin moet dit die einde wees. Dit is misrkien 'n geluk vir my dat dit nie langer duur nie. Maar ek sal jou nooit weer vergeet nie, Marie. Tot my dood toe sal ek jou herinnering in my hart dra. Jy was die sonstraal wat Diepkloof 'n ware vreugde gemaak het.
Marie sit met neergeslane oë. Hy hou haar hand en plaas die ander stadig om haar lyf. Hy trek haar nader. 'n Paar sekondes skyn sy floue teenstand te bied, dan sak sy neer en hy soen haar. Intussen gaan die agterdeur oop en Ryk de Ridder verskyn op
| |
| |
drumpel. Hy staan verstard die skouspel en aankyk met 'n woedende uitdrukking op sy gesig. Marie sien hom eerste en spring orent. Die generaal kyk om, maar bly sit.
ryk (stap in, styf en woedend).
Ek het my verkyker vergeet. (Marie neem dit van kaggel en snel hom tegemoet.)
Hier is dit, Ryk. (Hy neem dit en draai om sonder 'n woord; stap in rigting van deur.)
Daar was nog 'n paar dinge wat ek met jou wou bespreek. Maar jy was al weg toe ek binnekom. Ek het ons klein verpleegstertjie net vaarwel gesê - vir die laaste.
Ek dink ek weet wat om te doen, generaal - en dit word laat. Ek durf nie langer vertoef nie. Ek moet ou Gert Visser by die veekraal ontmoet en saamneem. Hy wag al lank vir my. (Hy stap aan na deur.)
Ryk! Gaan jy my nie groet nie. (Hy kyk haar met groot woede aan, stap uit en klap die deur geweldig agter hom toe.)
Dit lyk of Ryk gestoord is. (Marie is aan huile, met haar gesig in sakdoek bedek. Die generaal plaas sy arm om haar - troostend.) Sien jy, klein meisie, dit is 'n gedeelte van die prys wat ons moet betaal vir die kortstondige vreugde. God help ons ongelukkiges! Jy hoef nie oor Ryk se houding te treur nie. Ons twee is nader aan mekaar as broers. As ek vyf minute met hom gepraat het, is alles weer reg. Droog maar die trane af, Marie.
Gordyn
| |
Derde bedryf
Tweede toneel
Die middag van die volgende dag. Dieselfde toneel. Op verhoog Constantia, generaal De Lannoy, Misry, Sophie en Marie. Die generaal, Misry en Marie het 'n kaart oop voor hulle op die tafel. De Lannoy het skoon verband om linkerskouer en linkerarm is nog uit mou. Mias het skoon verband ook netjies gebind om sy kop.
Hier is ‘Diepkloof-huis’ gemerk en hier loop die rivier. Daar sien jy ‘drif’. Daar moet ons deur. Ek wonder waar hulle so lank vertoef. Al het hulle op Rooikoppe afgekom, sal een van hulle darem kans gehad het om uit te kom en ons te kom waarsku.
| |
| |
Die agterdeur is oop en Gert Visser kom binne met geweer in hande. Hy groet almal by name.
Waar is die luitenant, oom Gert? Het iets gebeur?
Hy het my teruggestuur, generaal. Hy het by die drif agtergebly.
gert (langsaam en bedaard).
Ons het 'n swart spioen gehendsop!
Toe neem die luitenant sy geweer af.
En toe skiet julle hom dood?
Nee, generaal, die luitenant het die slot in die rivier gegooi en die geweer stukkend geslaan.
Toe beveel hy my om terug te kom, en hy het by die swarte agtergebly.
Ek kan nie begryp waarom hy juis dit gedoen het nie. Hy wou hom seker kruisvra op sy gemak. Nou ja, ons moet maar geduld gebruik totdat hy terugkom.
Ja, generaal. Hy was heeltemal snaaks vandat hy my by die veekraal ontmoet het. Weet jy dat hy geen enkele woord met my gepraat het voor ons die swarte in sig gekry het nie?
Hoe dan, oom Gert? Het hy nie geantwoord as jy met hom praat nie?
Ek het nie probeer nie. Ek het gou gesien die humeur wat hy in is. Om met so 'n man te gesels plaas jou in die toestand van ou Nasie Ferreira, wat 'n kooltjie vuur in sy kruitbus bêre. Nee, generaal, ek het ook maar die swye bewaar en agter geloop.
de lannoy (kyk beduidend na Marie).
Ja, ek verstaan. Die luitenant was onnodig vererg oor iets wat gebeur het. Maar dit sal gou verbygaan.
Nou ja, nig Stansie, ek moet dadelik na die vee teruggaan. Hulle was baie uitmekaar toe ek verbykom. (Hy loop na agterdeur en sluit voor hy uitgaan.) Generaal, ek wou nog dit sê: ek sien stoffies agter die Kliprantjie uitslaan. Dit mag 'n warrelwind gewees het, maar Mias kan gerus sy oog daarop hou.
Wag, oom Gert, ek sal saamkom. Ek ken die berge beter as Mias. (Met glimlag teenoor Mias. Sy volg Gert Visser.)
Kom, Mias, laat ons die kaart weer bekyk. Jy moet dit net so goed ken as ek, want ons sal in die donker moet loop - onthou jy. (Hulle gaan terug na kaart op die tafel.)
Generaal, wat sou dit wees wat Ryk vererg het - waarvan jy praat? Met my was hy nog vrolik en opgeruimd net voor hy vertrek het. Ek hoop nie hy is ontevrede met toestande hier in die huis nie. Ek weet dit is alles vreeslik gebrekkig - maar dit is die beste wat Diepkloof kan oplewer.
| |
| |
Nee, nee, mevrou! In hemelsnaam laat so 'n gedagte nooit by jou opkom nie. Ons kan nooit dankbaar genoeg wees nie. Jy het al ons lewens gered. Sonder julle sou ons nooit lewend deurgekom het nie.
Terwyl generaal en Mias na kaart op tafel staan en kyk, Constantia net agter hulle, en Sophie besig by es, kom Marie verwilderd by agterdeur ingestorm.
marie (verskrik en histeries).
Generaal! Generaal! ... Ouma! Hulle kom, hulle kom.
De Lannoy gryp haar aan arm; Misry neem geweer op en laai vinnig; Sophie kyk huilend van een na die ander sonder om te praat; maak alleen histeriese geluide.
Bedwing jou, Marie! Wie kom? Wat is dit?
Rooikoppe. Twintig van hulle. Perderuiters. Hulle kom oor die Kliprant reguit hiernatoe. Hulle moet my gesien het. Oom Gert was gelukkig al in die Droësloot. Hulle sal hom nie gesien het nie.
Hoe lank sal dit duur voordat hulle hier is?
Twintig minute tot 'n halfuur. Hulle moet op 'n stap ry. Die voetpad is vol rotse en banke.
de lannoy (staan enige oomblikke diep ingedagte).
Mias, ou seun, (lê hand op skouer) dit lyk of dit die einde is vir ons twee. Maar ons het nooit anders verwag nie, het ons, Mias?
Nee, generaal. Maar gee my 'n kans. Jy kan nie met die stukkende skouer skiet nie. Maar ek is klaar vir twaalf van hulle ten minste. Jammer dat die luitenant nie hier is nie. (Hy gaan haastig met voorbereidings voort.)
Ek het ook 'n rewolwer, generaal. (Toon hom.)
Nee Marie, julle moet niks hiermee te doen hê nie. Gee my die rewolwer. (Sy oorhandig dit.) Mias en ek sal hulle by die gewel van die waenhuis voorstaan. Sluit julle toe in die slaapkamers. Hulle sal julle niks doen as hulle ons eers afgemaak het nie. (Die drie vroue vergader verskrik om De Lannoy.) Mevrou, ons het nooit 'n ander uiteinde verwag nie. Laat ons maar hier die einde tegemoetgaan. Ons sal julle tot die laaste dankbaar bly. Dappere Afrikaner-moeder en -dogters! Gelukkig dat Ryk nie hier is nie. Hy sal ten minste uitkom.
marie (het intussen ingedagte gestaan).
Nee wag, generaal! Ek het 'n plan. Luister, generaal! Daar is jou wegkruipplek. (Wys na doodkis.) Daar sal hulle nooit na jou soek nie. Kom, generaal! ... O maak gou, maak gou!
En Mias? Twee van ons kan nie in die doodkis wegkruip nie. Ons het dikwels bed gedeel, maar met 'n doodkis sal dit taamlik swaar gaan.
Ek sal vir Mias sorg. Hy sal ook veilig wees, anders help dit nie. Gou, generaal! Gou! Maak tog gou! (Sy skuiwe stoel voor kis, klim op en skuiwe deksel weg.) Hierbinne is Ouma se doodsklere. Ek sal jou daarmee toemaak, generaal. Kom klim in - klim in.
Sy spring af en De Lannoy klim op met behulp van Marie en Mias. Hulle help hom
| |
| |
in die kis.
de lannoy (terwyl hy nog in kis sit; laggend).
Vaarwel, Mias. Ek is al half pad, ou seun. Wat sy met jou gaan doen, weet ek nie ... miskien heeltemal! Die dogter is nou kommandant-generaal, Mias.
Lê, generaal ... lê. (Sy bedek hom haastig met doodsklere, plaas ook geweers en rewolwers in kis behalwe een geweer wat in hoekie bly. Mias gee wapens aan. Sy skuif deksel toe en klim af, dan kom sy voor Mias staan en vra met groot erns.) Het jy al ooit 'n doofstom mens gesien?
Ja, nig Marie. Op ons plaas was 'n doofstom seun wat met my saam grootgeword het. Ek was die een wat die beste met hom kon praat.
Nou luister, Mias! Jy is doofstom. Jy is my boetie. Ek is die een wat jou die beste kan verstaan en met jou kan praat. Verstaan jy, Mias? (Mias maak geluide en gebare van doofstomme.) Dit sal gaan ... dit is goed! Ek sien jy sal deurkom. Help Sophie om die tafel gereed te maak. Ons moet sit en eet as hulle kom. Ons weet niks van hulle af nie. Kom gou, kom gou!
Hulle maak haastig die tafel gereed. Noudat alles kritiek is, bedaar Sophie skielik en doen haar deel om koffiekan, koppies, brood, ens. op tafel te plaas. Constantia, Marie en Sophie gaan sit om tafel. Marie skink haastig koffie in vier bekers en bring een aan Mias, wat by es bly sit. Hy maak doofstom gebare om dank te betoon.
marie (sit haar hande op sy skouers).
Onthou, Mias, nie jou lewe alleen nie, maar ook dié van die generaal - van ons almal hang van jou af. In Gods naam, moenie 'n fout maak nie. Hoor jy, Boetie. (Sy soen hom op wang. Hy laat beker met koffie val.)
mias (skaam en verwilderd).
Magtig, jy het my laat skrik, nig Marie. Mag ek verlaas reg praat? (Hy bekyk haar met 'n skelm laggie.) As jy my nog een maal so vertel, sal ek miskien beter onthou, nig Marie.
mias (raak sy wang - tot Constantia).
Gedoriewaar tante - dit is drie jaar laas - drie jaar, dat 'n nooi my gesoen het. Dit was met die Nuwejaar by Donkerhoek. Hierdie bakleiery is niks. Daar is ons gewoond aan, om in nou plekke vasgekeer te word. Maar die soen van 'n nooi - gedorie!
constantia (kyk onseker rond).
Die Here weet of dit sal regkom, Marie. Sit klaar, my seun. Onthou dat jy niks agter jou kan hoor nie. Dit moet jy altyd onthou.
marie (as 'n laaste vermaning).
Moet tog nie 'n fout maak nie, Mias. (Hy wuif haar versekerend toe.) Is alles reg, generaal?
de lannoy (lig deksel weinig).
Bietjie donker en benoud, maar ek sal uithou. Mias, as hulle my kry, skiet dadelik. Niggie, julle drie moet dadelik padgee as hulle my ontdek. Ons sal hier moet veg tot die laaste. Daar is g'n ander uitweg nie; hulle moet my nie vang nie, nie lewend nie. Verstaan jy, Marie? As hulle my ontdek, moet julle drie vroue dadelik uitspring deur die binne-
| |
| |
deur of agteruit as daar kans is. (Hy sak terug en Marie spring op stoel en skuif deksel reg. Dan plaas sy stoel by tafel en gaan sit.)
Daar is 'n skielike geraas by agterdeur en kol. Hendriks en sy seun verskyn op drumpel met geweers aangelê. Agter hulle is vyf of ses ‘Rooikoppe’ sigbaar. Hulle is geklee in kakie-uniforms, breërandhoede met rooi bande om.)
Hou julle hande op. Die een wat 'n wapen hanteer, skiet ek op die plek dood. (Hy kom binne met sy seun - geweers gereed. Hy kyk haastig rond.) Waar is die mans? (Luid.) Laat hulle almal ongewapen uitkom. Die huis is omsingel.
Wie is jy, neef? Soek jy iemand? Daar is geen mans in die huis nie.
kol. hendriks (wys met geweer).
En wat is dit? Is dit nie 'n man nie?
Dit is my broer. Hy is doofstom. Daarom is dit dat hy nooit op kommando gegaan het nie. (Mias kom na voor en maak gebare van perdry met vingers, van skiet en val van 'n dooie.) Hy vra of julle baie Engelse doodgeskiet het.
kol. hendriks (meer beleefd tot Constantia).
My naam is Hendriks. Ek is 'n kolonel in die Engelse diens. Dit is my seun. (Almal groet.)
Kom sit, kolonel. Sophie, skink koffie vir die mense.
Sophie skink koffie wat Hendriks en sy seun neem, maar hulle bly staan met geweers in hand.
piet hendriks (sien geweer in hoekie).
Wat doen die geweer en patroonband hier?
Dit is al wapen wat ons vier saam het, en wie van ons dit sal gebruik as daar gevaar kom weet ek waarlik nie. (Lag teenoor Piet, wat klaarblyklik gevlei is. Mias maak weer gebare van perdry met vingers.)
Is hy so van geboorte af, niggie? Ongelukkige seun!
Ja, kolonel. Dit was stuipe. Ek is die een wat die beste met hom kan praat want ons het saam grootgeword. Hy is vreeslik gesteld op 'n perd en wil hê ek moet jou vra om hom asseblief jou perd te gee. (Lag.)
Laat hom buite gaan - daar sal hy 'n hele klompie sien. (Marie maak gebare wat Mias beantwoord. Hy gaan in deur staan. Kol. Hendriks gaan sit by tafel, geweer oor bene. Piet Hendriks bly staan.) Tante, ek het julle name nog nie verneem nie. Dit het ook so haastig gegaan.
Ek is Constantia van Eeden. Dit is my kleindogter - 'n weeskind - en dit is 'n aangenome kind, Sophie van Helsdingen.
En dit is natuurlik jou seun? (Wys na Mias.)
Ja ... nee, wil ek sê. Hy is ook 'n kleinkind, 'n broer van dié een. (Wys na Marie.)
Luister nou goed, tante. Ek wil jou so min moeite en las aan-
| |
| |
doen as moontlik. Maar julle moet my die waarheid vertel. Ek raai julle ten sterkste aan om my die waarheid te vertel.
Ek kan aan geen rede dink waarom ek u 'n leuen sal vertel nie.
Goed. U sê daar is geen manne in die huis nie!
Ek gee u my plegtige woord, kolonel, dat al mans wat daar in hierdie huis is, nou in hierdie kamer teenwoordig is.
Ons het rede om te dink dat daar manskappe van die teenparty hier skuiling geneem het. As dit so is, sou dit wenslik vir hulle wees om vroegtydig te voorskyn te kom. My manskappe is rondom die huis (praat hard) en as iemand trag om uit te spring, word hy dadelik platgeskiet. As daar verraad is, as iemand uit die huis 'n skoot op ons skiet, sal ons dadelik aanval en dit sal swaar met julle vroumense gaan.
Maar kolonel, sal dit nie beste wees om die huis dadelik te deursoek nie? Dit is tog beter om jouself te oortuig as om slegs my woord te neem.
Ja, dit sal ons in elk geval moet doen.
Marie, neem jy die kolonel deur die twee slaapkamers. Ons leef maar baie armoedig, kolonel. Dit was voor die oorlog ons veepos - winterveld - en ons het hier kom skuil toe hulle in ons distrik begin veg het.
kol. hendriks (aan sy seun).
Piet, gaan jy saam met dié jong dame.
Marie staan op, met vriendelike glimlaggie gaan sy met Piet by die binnedeur uit. Piet glimlag ook - in sy skik om by die mooi meisie te wees.
kol. hendriks (tot Constantia).
Sal dit nie baie beter vir u wees om na die kamp te gaan nie? Daar is u veilig, met volop kos en klere, terwyl u hier altyd in gevaar is van swart rowers. Ek weet nie hoe julle drie vrouens dit so lank uitgehou het nie.
Ag kolonel, ek smeek jou om ons tog nie weg te neem nie. Hier is ons ten minste vry. Van swartes is daar geen gevaar nie. Al swartes in ons buurt is oorlamse volk wat al lank op ons grond woon. Ons is hier heeltemal buitekant die oorlog. Dit is nog die naaste wat dit aan ons gekom het. Ek bid jou, kolonel, laat ons maar hier bly - en hier sterwe, as dit so moet wees.
Nou ja, nou ja ... (medelydend) ek sal sien, ek sal sien. Dit is eintlik my plig om dit aan die Britse generaal te rapporteer; dan sal hy julle laat haal, as hy dit die moeite werd ag. Maar dit is nie juis nodig nie. Ek sal sien.
constantia (vee trane van oë).
O kolonel, ek sal jou tot die dag van my dood dankbaar bly as julle ons hier in ons ou pondokkie in vrede laat.
Ja ... ek verstaan. Ek wil julle geen leed aandoen waar dit nie nodig is nie. En ons is tog een vlees en bloed.
Ek dank u! Ek dank u, Kolonel!
Marie kom binne met Piet. Hulle lag vriendelik en opgeruimd met mekaar. Dit is
| |
| |
duidelik dat Marie geen gras onder haar voete laat groei het om 'n indruk op Piet te maak nie.
Daar is niks in die huis nie, net twee slaapkamers. Ek het alles goed deurgekyk; geen wapens of ammunisie en geen papiere nie.
kol. hendriks (staan op).
Nou ja; dan moet ons maar weer terug. Ons is baie haastig. Ons is op 'n soektog deur die berge, mevrou, wat nog dae sal aanhou. Ek kon gedink het dat dit nutteloos was om in hierdie rigting te soek. Maar ons is op 'n verkeerde spoor gebring. Kom, Piet, roep die manskappe bymekaar. (Groet Constantia.) Ek sal my bes doen, mevrou, om julle nie te laat lastig val nie. Maar ek raai julle aan, as die gevaar groot word, neem julle toevlug tot die Engelse.
Hy en Piet groet Sophie en Marie - Marie met 'n skelm glimlaggie teenoor Piet. By die deur groet hulle Mias. As die kolonel hom groet, maak hy weer snaakse gebare om saam te gaan en perd te ry. Kolonel lag en maak ook gebare.
Ja, ja seun. Dit is net soos jy sê. (Lag.)
Hy vra of hy nie kan saamgaan nie, en of julle hom nie 'n perd en geweer sal gee nie.
Sê as ons weer kom. (Marie maak gebare.) Tot weersiens, almal. Ek hoop dit sal goed gaan met julle, en dat julle veilig sal deurkom. Dit sal nie meer lank aanhou nie.
Hulle gaan uit. Mias, Sophie en Marie staan in die deur hulle agterna en kyk. Constantia bly by tafel. Lang stilte.
marie (op harde fluistertoon).
Hulle is weg, generaal. Wag nog 'n bietjie, ek sal jou sê as alles veilig is.
Sophie kom binne, opgewonde van blydskap. Sy vou haar hande saam en gaan aan dans.
Hulle neus verby! Die skobbejakke.
Gedra jou Sophie. Dank God dat ons veilig deur die grootste gevaar gekom het wat ons nog ooit bedreig het. As hy maar net sy belofte hou.
Hulle gaan die Kliprant oor, generaal.
de lannoy. (skuiwe deksel en sit orent).
Ek moet u bedank vir die tydelike gebruik van u doodkis, mevrou.
mias. (neem Marie se hand en maak gebare: soen haar hand en druk dit op sy wang.)
Jy was niks minder as 'n held nie, Mias. Ek het geys vir jou, my Boetie ... Nou ja, jy verdien dit. Die eerste maal was net vir aanmoediging. (Sy plaas haar hande aan weerskante van sy gesig en soen hom.)
Gordyn
|
|