| |
Tweede bedryf
Eerste toneel
Dieselfde toneel as die vorige. Aand van dieselfde dag van die eerste bedryf. Constantia van Eeden, Marie, Sophie en Gert Visser sit om es vergader. Dit is omtrent tienuur in die nag, baie koud, en 'n houtvuur brand op die es. Almal is stil en daar is 'n atmosfeer van vrees en verwagting. (Die familie het veel later opgebly as gewoonlik. Hulle is vaak; gaap af en toe.)
Ek dink ons sal maar lees. Dit word laat. Dit is lank verby ons gewone slaaptyd, kinders. Sophie, sit die boeke reg.
Sophie neem Bybel en gesangboeke van rak langs es en plaas groot Bybel vir Constantia reg aan bo-ent van tafel en gesangboeke om die tafel, dan kom sy weer na es, waar sy op die vloer kniel tussen Constantia en Marie.
marie (in luisterende houding).
Dit is vreeslik stil buite. Dit lyk asof selfs al die diere vir die kanonskote van vanoggend gevlug het. Ek dink een van ons moet uitgaan om te kyk of daar nie miskien vure sigbaar is nie - en ook om te verseker dat daar geen ligstrale deur ons venster kom nie.
Sy kyk beduidend na oom Gert, maar hy verdiep hom dadelik in 'n klein handwerkie waarmee hy besig is ...
gert v. (ná 'n pouse mompelend).
Glad onnodig ... sal miskien net die aandag trek.
| |
| |
Jy kan gerus eers kyk of ons pistole gelaai is, Marie.
marie (staan haastig op, skuif 'n laai onder tafel oop en haal drie rewolwers te voorskyn. Plaas hulle op tafel met los patrone en laai een wat leeg is. Intussen bekyk Sophie haar angstig, dan weer na Constantia met bangerig vraende houding).
Waarom, Ouma? Wat moet ons met die pistole doen?
Niemand antwoord haar nie. Constantia let op wat Marie doen.
Twee is vol gelaai, Ouma. Ek laai die derde en sal al drie op veilig stel. Onthou, julle almal, ek stel hulle op veilig. Oom Gert, jy kan gerus kyk of jou geweer in orde is en of die magasyn vol is.
Hoe omtrent die boeke? (Aan Marie.) My roer is altyd reg.
marie (loop na hoek en trek slot van Mauser oop).
Ek dog so! Nie een patroon in die magasyn nie. (Sy toon geweer.)
Wie laat dan ook 'n gelaaide geweer in die huis staan?
Liewe hemel, oom Gert, maar dis oorlog.
O so! Ek het nie geweet dat ons aan vegte was nie! Niggie, moet nooit spring voor jy by die sloot kom nie.
Jy sal gou en ver spring as die Rooidoeke op ons afkom. (Ná 'n pouse.) Ek sal buite gaan kyk, Ouma. Ek sal 'n kombers omhang sodat daar g'n wit van my rok uitsteek nie.
Nee Marie! Moenie Ousus! Dit is nie nodig nie. (Probeer haar teenhou.)
marie (neem geen notisie van haar nie, loop na gemakstoel en hang kombers om. Sophie vergesel haar met hand op haar arm nog steeds terughoudend; haar soebat onhoorbaar).
Ek sal die kerse doodblaas voor ek uitgaan, dan kan julle weer opsteek as die deur agter my toe is.
Sy neem een rewolwer in haar hand, blaas kerse op tafel uit en loop na dubbele deur, wat sy sorgvuldig open. Sophie snel terug na es, haar oë verskrik op die oop deur gerig asof sy verwag of iets sal binnekom.
marie (staan 'n paar minute in oop deur in harde fluistering asof sy bang is sy sal buite gehoor word).
Die nag is vreeslik donker ... Kyk hoe helder blink die sterre.
Sy gaan uit en maak dubbele deur agter haar toe.
Die dogter sal ons almal nog in die moeilikheid bring. Waarvoor is dit nodig?
Miskien kan sy iets buite hoor. En dit is ook goed om te sien of daar nie miskien lig uitsteek nie. Sophie, steek die kers weer op.
Die kamer is intussen nog taamlik helder deur vuur verlig. Sophie, bewerig, met oë op deur, steek kers op.
| |
| |
constantia (trek tjalie digter).
Sit 'n paar stukke hout op die vuur, Gert. Marie het 'n koue lug ingelaat. (Gert doen dit.)
sophie (na 'n pouse, soebat).
Oom Gert, sal jy nie gaan kyk nie. Ek kan niks van haar hoor nie.
Wat verwag jy dan om te hoor? Tog nie haar velskoene op die werf nie. (Spottend.) Of het jy verwag dat sy sal fluit om die spoke weg te hou? Jy sal haar gou genoeg hoor as 'n vlermuis verby haar oor vlieg.
sophie (sidder geweldig. Die gesprek gaan langsaam voort).
Na 'n aansienlike pouse gaan die deur oop en Marie kom binne, 'n weinig uit-asem en bibberend van koue en miskien vrees. Sy maak dubbele deur haastig agter haar toe en plaas rewolwer op tafel en kniel voor vuur, nog met die kombers om, steek hande uit na vlamme.
Dit is bitter koud buite.
Niks gesien nie, my kind?
Ek het my verbeel, net toe ek buite kom, dat ek 'n klein liggie sien. (Sophie gryp haar aan die arm en kyk haar verskrik aan.) Dit was daar in die rigting van die Kransvoetpad. (Wys met hand na hoek agter regs.) Maar dit was net vir 'n paar tellings, toe het ek dit nie weer gesien nie. Dit was waarskynlik verbeelding - of 'n sterretjie wat tussen die koppe deur vir 'n oomblik op my oog geval het. Die nag is vreeslik donker - donker en koud. Die sterre is so groot en helder soos lampe en die hemelstraat is nes 'n skitterende gordyn van wit kant om die middel van die hemel. Ek het heeltemal om die huis geloop ...
O Marie! (Sidder.) Al gee jy my al die skatte ...
En dit is nie net donker nie. Dit is ongelooflik stil. Ek kon nie die hoep van 'n enkele uil of die tjank van 'n jakkals in enige rigting hoor nie. Dit lyk asof alles gevlug het. Selfs die bobbejane bo die Kranspad is so stil soos die dood - as hulle vannag daar is. Wat sou dit beteken? Wat sou die oorsaak wees, Ouma, dat dit so vreeslik stil is? Al wat ek kon hoor, was die geluid van die wind bo in die kranse - 'n sagte gedruis soos die treurige sug van 'n bedroefde mens. Dit het my laat ril. (Constantia, diep ingedagte, antwoord nie. Marie raak haar saggies aan, en herhaal haar vraag. Marie kniel nog steeds langs haar.) Wat kan die oorsaak wees dat die nag so stil is, Ouma?
constantia (nog diep ingedagte. Daar is 'n aansienlike pouse voor sy antwoord. Sy praat kalm en bedaard, haar oë in diep nadenke op die vuur gevestig).
Ek herinner my die Katlagter-opstand, waarin jou oorgrootvader later gesneuwel het. Hy was weg op kommando; net ek en jou grootmoeder en een getroue bediende het by die huis gebly. Almal het gedink dat die plase langs die voet van die berg heeltemal veilig is. Die plan was dat ons net drie dae alleen sou bly, dan sou Oupa ons kom haal en na die laer neem, wat toe nog nie getrek is nie. En toe een aand, net ná sononder, hoor ons skielik waldhorings en
| |
| |
oorlogstromme in die berge. Die swartes het 'n impi deurgestuur om die onbeskermde plase aan te val. Kleinboet was toe 'n baba, nog aan die bors. Moeder het hom in 'n karos toegewoel en toe het sy, die bediende en ek die groot mielieland ingevlug. Die mielies was net in saad. Haar plan was om na die Bothas te vlug waar daar miskien nog mans was. Ons mielieland het byna aanmekaargeloop. Ek herinner my, dit was dié nag net so stil! Vreeslik stil! Die swartes in die berge het skielik met hul oorlogsrumoer opgehou; en toe was alles so stil soos die dood. Ek onthou dat al wat ek kon hoor, was 'n treurige windjie deur die mielieblare om ons; nes Marie nou vertel. Net toe ons die bome om die huis van die Bothas in sig kry, het Ouma ons laat sit om 'n bietjie te rus. Dit was ons geluk. (Constantia praat sag maar nadruklik. Sy het die gewoonte om in die verte te kyk as sy iets vertel. Nou is haar oë op die vuur gevestig asof sy die skouspel van haar verhaal weer sien. Onder die atmosfeer van vrees en verwagting wek haar vertelling 'n spannende belangstelling in die twee meisies, nieteenstaande hulle die storie al dikwels gehoor het. Gert alleen gaan ongestoord voort met die regmaak van 'n velskoen.) Ons het lank op die kant van die mielies gesit om te luister, maar ons kon niks op die Bothas se werf hoor nie. Dit was alles doodstil; so stil dat ek die klop van my eie hart duidelik kon hoor. En toe skielik begin die waldhorings en oorlogstromme weer net bokant die huis in die berge. En toe steek die swartes hul fakkels aan. Elkeen dra twee of drie om die mense te laat dink dat hulle baie meer is as werklik die geval is. Ek sal nooit die wonderlike gesig vergeet nie ... die duisende liggies in rye, groepe en kringe bo in die donker berg. Ons kon sien dat hulle regaf kom na die werf van die Bothas. Nes by ons die geval is, het die vroue alleen agtergebly. Daar was Sarie Botha, haar vier klein kindertjies en die ou
bejaarde grootmoeder. Hulle kon nie vlug nie, want die grootmoeder was verlam en kon nie loop nie. Toe die swartes naby die werf kom, begin hulle 'n oorlogslied te sing - en toe aan skreeu, met die waldhorings en die groot oorlogstromme. Dit was asof die hel skielik in die stil nag losgebreek het. Hulle het Sarie en haar vier kleintjies in die voorhuis doodgesteek en die ou grootmoeder in haar bed, met twintig asgaaiwonde. En toe probeer hulle om die huis aan brand te steek, maar die dak wou nie brand nie. Toe maak hulle 'n groot vuur op die stoep. Ons kon die swart gedaantes sien rondhardloop elkeen met twee fakkels in die hande en toe ... ('n Harde geklop aan die agterdeur onderbreek skielik haar verhaal. Dit veroorsaak deur die hele klein groepie om die es 'n geweldige skok. Almal ruk orent en 'n paar minute lank weet geeneen wat om te doen nie. Sophie het natuurlik die grootste geskrik. Sy gee 'n gil by die eerste geluid en klou aan Constantia se bene. Constantia plaas een hand oor Sophie se mond om verdere geraas te verhinder en praat gebiedend en fluisterend.) Wag, bly stil kind. Jy maak ons net vervaard. (Constantia is die eerste wat tot verhaal kom en aanvaar dadelik die beheer van hul verdere gedrag. Sy staan suk-
| |
| |
kelend op, 'n voorbeeld wat die ander volg. Hulle vergader om die tafel, waar Constantia die drie rewolwers opneem. Die klop word herhaal - hard en dringend.)
constantia (fluister, maar haar toon en houding is beslis en nadruklik).
Dè Marie, neem jou pistool; en jy ook Sophie. Wees versigtig... moenie onnodig skiet nie. Onthou, die rewolwers is op veilig gestel. Hou joue vereers op veilig, Sophie. (Weer geklop.) Neem die veiligheidsknip van joue af, Marie. (Sy neem een rewolwer en plaas dit in die groot sak van haar voorskoot.) Gert, neem jou geweer. Staan klaar daarmee hier by die hoek van die es. Marie, as dit gewapende swartes is, moet jy dadelik skiet; in die maag, nie in die bors nie.
Sophie gaan intussen geweldig aan bewe; bekyk haar rewolwer, dan plaas sy dit terug op die tafel.
sophie (bewe ... fluister angstig).
O, Ouma, ek kan nie! Ek kan nie, Ouma.
Marie, my kind, JY moet die deur oopmaak. Jy is die ratsste van ons almal. Ek sal by jou staan en oom Gert hier regs van jou met sy geweer. (Geklop word weer gehoor, harder en meer aanhoudend. Constantia het tot dusver in 'n harde fluistering gepraat. Sy roep skielik luid uit.) Wie is daar? Wag 'n bietjie, ons kom. (In antwoord hierop word weer sagter geklop.) Marie, jy moet oopmaak en dan links spring - so, dat jy half agter die deur kom. Hou jou pistool klaar maar moenie aanlê nie. Ek sal met hulle praat. Is jy klaar, Gert? Sit jy daar voor die es, Sophie.
Marie stap na die deur. Net toe die geklop weer begin, maak sy stadig oop sonder egter om agter die deur te stap soos Constantia beveel het. Sy neem net 'n tree links. In die deur verskyn mias misry alleen. Hy is 'n seun van twee- of drie-en-twintig. Hy is geklee in rybroek en kamaste, en militêre molvelbaadjie, twee patroonbande; 'n Mauser is oor een skouer met die band geslinger, die geweerloop is in sy hand. Sy klere is vuil en vol stof. In plaas van 'n hoed het hy 'n hemp om sy kop gebind waarvan een mou op regterskouer afhang. Linkerkant van sy gesig is met droë bloed bevlek; sy hande is ook donker van gedroogde bloedvlekke. Die mou van die hemp en die hemp self aan linkerkant van sy kop is met bloed bevlek. Die skoon gedeelte van sy gesig is bleek. Hy hou met linkerhand aan kosyn vas en swaai 'n weinig onseker op sy bene. Dit is dadelik te sien dat hy aan skok en uitputting ly en groot lyding moet verduur. Hy probeer sy toestand verberg deur 'n gemaakte vrolikheid wat 'n droewige mislukking is. Hy is van die bywonerklas van hierdie tydperk, wat die uitbreek van die oorlog van alle kanse van onderwys beroof het.
misry (staar Marie aan met 'n gemaakte laggie wat meer na 'n grimas lyk).
Taamlik warm vir hierdie tyd van die jaar; wat ek wou sê: dit bly taamlik droog ... (Maak beweging om sy hoed af te neem; vroetel met hempverband, dan val dit hom by.) Josie! Waar sou my hoed beland het? En dit was nogal 'n goeie hoed, niggie. Ek het self die offisier geskiet en toe hy van die perd val, sê ek aan my maat, Piet Kordaat: ‘Daardie hoed is myne!’ (Val hom skielik
| |
| |
by dat hy 'n fout begaan het. Staar Marie vir 'n tyd onseker aan.) Wat ek wou sê, is dat 'n mooi gawe offisier dit van sy kop geneem het en my dié hoed present gegee het. ‘Dè Misry,’ sê hy, ‘hier's 'n hoed vir jou.’ Net sommerso: ‘Dè, Misry, daar's 'n hoed vir jou.’ (Kyk na Marie om te sien of sy hom glo.) Gawe, mooi kêrel, was die offisier. En nou is die hoed weg. Piet Kordaat het 'n mooi rympie vir 'n hoed gemaak:
(Hy lag op gemaakte wyse.) Piet Kordaat is die generaal se onder-rapportryer. Hy kan oor enige ding 'n rympie maak. Die generaal gee ons almal name. Dit is die generaal wat hom die naam van Piet Kordaat gegee het. (Hy kom 'n tree meer na binne maar hou nog met linkerhand aan die kosyn vas. Hy gewaar nou die ander vir eerste maal; aan Constantia en Sophie.) Naand tante; naand niggie. Ekskuus dat ek my hoed nie afhaal nie, maar 'n mens kan ook nie 'n hoed afhaal wat nie daar is nie. (Gemaakte laggie. Die ander het intussen nadergekom, behalwe oom Gert, wat nog in die duister hoekie langs die es met sy geweer klaarstaan. Daarom sien Misry hom nie dadelik raak nie.)
constantia (nog met rewolwer in hand binne haar voorskootsak, kom voor hom staan en bekyk hom noukeurig).
Wie is jy, seun? Waar kom jy vandaan?
misry (na 'n pouse; vryf sy hand oor sy voorkop, nadenkend).
Wag, tante! Asseblief, julle moenie so baie dinge gelyk vra nie. My naam? My naam is Misry, tante. Misry, nie Raakry nie. (Gemaakte laggie.) Iemand het my met 'n klip gegooi; of ek het my kop gestamp. (Spreek weer tot Marie.) Dit is sommer 'n grappie wat ek met my naam maak, niggie: Mis ry, nie Raak ry nie - sien jy, niggie? Ek maak dikwels so 'n grappie oor my naam. Selfs met die dominee het ek eenkeer 'n grap gemaak. Hy vra: ‘Hoe heet die jongman?’ (Maak predikanthouding en -stem na.) Die dominee, verstaan jy, niggie. Die dominee vra: ‘Hoe heet die jongman?’ (weer uit die hoogte) en sommer uit die staanspoor sê ek: ‘Misry van name maar Raakry van natuur.’ (Lag.) Jy verstaan, niggie. Sommer uit die staanspoor sê ek: ‘Raakry by name en Misry ...’ nee wag! Hoe is dit nou weer? Misry van natuur en Raakry ... nee, vervloek; 'skuus, niggie ... die verbrande Engelse skrapnel gons nog hier in my kop ...woer - woer - woer!
marie (opgewonde en ongeduldig).
In hemelsnaam, vertel ons waar jy vandaan kom. Wat het gebeur? Was jy by generaal De Lannoy?
misry (kyk haar 'n weinig verwilderd aan, maar antwoord nie dadelik nie - dan).
Is julle aan ons kant? Die luitenant het gesê: ‘Mias, maak eers seker voor jy self iets sê.’
Kan jy nie sien nie? Waarvoor is jy nog bang? Wat het van die generaal se kommando geword?
Wag, Marie! Help hom aan die ander kant; kan jy nie sien dat hy
| |
| |
gewond is nie? Bring hom hier na die stoel by die tafel.
Met Marie en Constantia aan weerskante kom hy aan na die stoel; dan sien hy skielik oom Gert nog met geweer in sy twee hande. Misry skrik geweldig, skud hom los van die vroue en probeer om sy geweer af te slinger; maar hy kan nie.
misry (wild, hard fluisterend tot Marie).
Help bietjie, niggie - help om die geweer af te kry. (Terwyl hy met haar hulp haastig aan 't sukkel is.) Wie is die ou man? Wat doen hy hier met die geweer?
Ag, dit is oom Gert Visser. Hy bly hier by ons. Jy hoef nie bang te wees nie; hy is aan ons kant.
Ekskuus, ou oom! Jy moenie so met 'n geweer staan nie. As ek my roer in hande gehad het sou ek jou eers geskiet en dan gevra het wie dat jy is.
gert visser (sit geweer in hoek).
Ek moes ook eers seker maak wie jy is, seun. Dit is altyd beste om eers te vra - eers seker te maak. (Hy kom na vore en groet Misry met die hand en help hom met sy geweer, wat Marie in haar hande neem - ook patroonbande.) Dit herinner my aan die dronk Daan de Wilde. Snags as hy laat van die dorp op ou Filette huis toe ry, dan val hy aan die slaap tot die ou perd voor die staldeur stop. Een nag het 'n storm onverwags opgekom; 'n groot swaarweerslag ruk ou Daan wakker. Sy eerste woorde was: ‘Ag, my Skaaplammetjie! Moenie so gou weer raas nie! Dit was die Skoolraadvergadering wat my so lank op die dorp gehou het.’ En toe gewaar hy dat hy nog op ou Filette se rug sit, met sy maat Piet Waldeck langs hom. Ek dink, seun, dit is altyd beter om eers te verneem en dan te skiet.
Magtig, dis 'n mooi grap! Ek sal dit onthou.
Kom sit hier, seun; laat ons jou wond skoonmaak en verbind. Marie, skeur die geblomde doek in bande. Die wondwater is in die muurkassie in my kamer.
misry (hou sy oog op sy geweer en patroonbande terwyl hy met 'n groot sug op die stoel inmekaarsak. Marie help hom met een hand. In die ander hou sy die geweer en patroonbande wat Gert aan haar oorhandig het. Sy maak 'n beweging om dit in hoekie by die ander te plaas. Misry gryp haar aan die rok).
Wag, niggie! Asseblief, sit dit tog maar hier langs my op die tafel neer, waar ek my hand daarop kan lê: Al help dit nie, dit troos altyd 'n bietjie.
Wie is die luitenant van wie jy gepraat het? Is dit luitenant De Ridder? (Opgewonde.)
Dis reg, niggie. Jy sal dan seker sy meisie wees. Marie van Eeden. Hy het my van jou vertel en 'n boodskap gestuur.
Wag Marie, laat ons hom eers help, dan kan hy vertel; kry die wondwater; Sophie, sit die groot ketel op en maak die water gou warm. Help tog bietjie by die es, Gert. (Begin hemp los te bind.) Jou arme seun. Die hemp is vas aan die wond gedroog! Ons sal baie warm water nodig hê.
| |
| |
Wag bietjie, tante. (Keer haar af met een hand.) Laat een van die niggies die besem buite langs die kombuisdeur sit, met 'n wit bandjie aan. Dan sal luitenant De Ridder weet dat alles veilig is. Ons veldkornet is swaar gewond. Die luitenant het my vooruit gestuur. Ek moes vra dat julle verbande en warm water klaarmaak en 'n bed. Moenie met my werskaf nie. Maak vir die veldkornet alles eers klaar. Dit is veldkornet Van Staden. As tante 'n bed vir hom klaar kan kry. Ek weet nie of hy tot hier sal kan uithou nie. (Baie ernstig.) Hy is swaar gewond, myne is net 'n skrapie - 'n stukkie skrapnel.
marie (kom terug met bande en wondwater).
Is luitenant De Ridder ook gewond? ... Wie is die veldkornet? Ek hoor jy praat van 'n veldkornet.
Nee niggie, die luitenant het ongewond deurgekom. Hy het net agtergebly om veldkornet De Lange te help.
Ek dog jy sê veldkornet Van Staden.
Van Staden - De Lange? ... Ag Oom, my kop gons nog altyd. (Hy weier verdere behandeling.) Laat dit bly tot die veldkornet kom.
Sophie bind intussen wit band aan besem, wat sy buite plaas. Dan kom sy met skottel warm water en plaas dit langs Misry.
misry (aan Sophie, in wie hy skielik groot belang stel).
Baie, baie dankie, niggie. Laat dit maar 'n bietjie wag. Jy het nie miskien so 'n ding as 'n mondfluitjie nie, niggie? Ek het myne vanoggend verloor ... Ek het dit deur die hele oorlog opgepas en nou is dit weg.
Nee, ek het nie een nie. Maar daar mag een êrens in die huis wees. Ek sal soek. Miskien sal ek een vir jou kry. Kan jy speel?
misry (meer en meer opgewonde).
Baie dankie, niggie. Dan sal ek vir jou musiek maak. Ek blaas altyd vir die generaal as ons trek. Hy sê ek fluit soos 'n bokmakierie of 'n bergsysie. (Trots.) Maar ek dink dis sommer om my bly te maak. Ek het ook 'n liedjie gemaak, niggie - 'n oorlogsliedjie. Maar hy is nog nie klaar nie. Net twee reëls sover klaar. Dit gan so (sing - hees):
Jy verstaan, niggie? Die woorde gaan so (resiteer met groot nadruk):
Ek sal hom een van die dae klaar maak. Jy verstaan, niggie, dit is 'n oorlogsliedjie om ons manskappe aan te moedig as ons moet storm.
Sophie lag hardop, ofskoon sy probeer om te hou met die hand oor mond.
constantia (skuif skottel op tafel nader en hou doek op hand).
Wag, seun, laat
| |
| |
ons ten minste jou gesig bietjie afwas.
Ekskuus, tante! Is my gesig vuil? Wag, ek sal dit afvee. (Hy soek in sy sakke en bring 'n sakdoek te voorskyn wat geheel met bloed bevlek en inmekaargefrommel is. Hy skrik en hou die doek voor hom op die tafel en bekyk dit verbysterd. Fluister hees.) Bloed? (Hy hou die doek met uitgestrekte arm op tafel en kyk van een na die ander met verwilderde oë. Dit is asof by hom stadig 'n herinnering opkom. Hy spreek tot Constantia en die ander beurtelings.) Bloed? Sien jy, tante! Dit is sy bloed. Toe hy val, was ek eerste by en ek het my doek op die plek gedruk - hier. (Wys op bors onder linkerskouer.) Hier waar die bloed uitgekom het. (Aan Sophie.) Dit is sy bloed, niggie.
Hy druk die sakdoek saam in sy twee hande en sak met sy kop daarop neer en gaan geweldig aan huile. Sophie spoed terug na es, waar sy nog aan lag bly. Constantia klop hom saggies op rug terwyl hy aanhou huil.
Arme, arme seun. Jy het vreeslike dinge deurgegaan. Sophie, gedra jou ten minste soos 'n Christenmens, of iemand wat verstand het Bring die klein bottel brandewyn uit die muurkas.
Misry sit nog met kop op hande waarin hy die sakdoek vasgevou het en aan die be weging van sy skouers is te sien dat hy nog steeds huil. Die ander staan om hom en staar hom verbaas maar medelydend aan.
Die Voorhang Sak.
| |
Tweede bedryf
Tweede toneel
Dieselfde toneel en dieselfde persone, een uur later. Meubels ens. onveranderd. Misry sit nou in groot gemakstoel. Sy gesig, hande en klere is skoon, en 'n skoon bont doek-verband is om sy kop. Constantia sit aan bo-ent van tafel, Sophie en Marie by es voor Misry en Gert Visser staan nog by kaggel. Almal luister na Misry, wat besig is om iets te vertel.
Drie-uur vanoggend het die generaal bevel gegee om op te saal en uit te trek. Hulle het van die skanse op ons begin skiet net toe ons die Langkloof uitkom. Toe het ons onder die gestapelde rotse ingejaag waar ons onder skoot uit was. Daar het ons afgeklim en gerus. Ons moes die perde daar laat bly en die skanse te voet storm - dit was te steil vir die perde. Toe het die generaal 'n bietjie gepraat en ons al sy bevele gegee. Hy het gesê: ‘Toe seuns, hier moet ons deurbreek. Die perde sal stadig agteraan kom. As julle op die
| |
| |
gelykte uitkom, moet geen man weer stuit of skuiling soek nie. Hulle sal soos dassies hardloop as ons aankom - soos altyd gebeur. Ek sal in die agterste linie bly en wee die seun wat omspring!’ Toe laat hy ons 'n psalm sing. Dit is 'n psalm wat hy baie van hou:
O goeie goed, nooit regte pryse.
(Hy wag 'n bietjie om te sien of hulle dit verstaan.)
Maar daar is nie so 'n psalm nie. (Sophie lag.)
Ja, niggie. Ons sing dit baiekeer - net voor 'n geveg. (Resiteer weer duidelik en met nadruk.)
O goeie goed, nooit regte pryse.
Dit is die eerste reël.
sophie (herhaal laggend).
‘O goeie goed nooit regte pryse’?
Hy meen natuurlik Gesang twaalf:
‘O Goedheid Gods nooit recht geprezen.’
Nou ja ... dit sal seker so wees. Jy moet darem weet, niggie (tot Sophie, wat nog altyd lag) dat ek in die aanneem was toe die oorlog uitbreek en die generaal het my belowe die eerste predikant wat ons in hande kry, sal my daar en dan moet aanneem, anders skud ons hom uit.
'n Geluid by die agterdeur laat almal skrik. Die deur gaan stadig oop en luitenant de ridder verskyn. Hy is 'n jong man van ses-en-twintig, skoon geskeer, in die uniform van 'n luitenant van die Staatsartillerie. Aan sy skouerband hang 'n verkyker en rewolwertas. Anders as by Misry by sy eerste verskyning is dit duidelik dat hy hom gewas en bietjie opgetooi het voor die ontmoeting. Marie en Sophie spring tegelyk op. Marie snel hom tegemoet by die deur, met uitgestrekte arms.
Ryk! Is dit jy? Jy is nie gewond nie. (Hy neem haar in sy arms en soen haar herhaaldelik.)
Geliefde! 'n Jaar dat ek jou laas gesien het. Ons het swaar tye deurgegaan. (Skielik angstig.) Is alles veilig hier - niemand in die huis nie?
Alles veilig. (Ryk groet Constantia en Sophie met soene en Gert Visser met die hand.)
Gaan dit nog goed met julle almal? Het die Engelse of Rooikoppe julle nog nie besoek nie? A, Mias, jy het deurgekom. Flukse seun! (Aan die ander.) Dit is die beste rapportryer in die wêreld. (Klop hom op die skouer.) Hy sal deur vuur en water gaan as hy gestuur word. (Fluisterend.) Ek het 'n gewonde offisier by my - veldkornet Van der Merwe.
Dié Veldkornet het baie name!
Het julle alles vir hom reggemaak? 'n Bed ... water en verbande? Hy is taamlik swaar gewond. Hy is hier naby. Ek sal hom gaan haal.
Hy gaan uit. Almal wag met oë op oop deur. Ná 'n paar minute verskyn De Ridder weer in die deur met generaal de lannoy. Hy is 'n forsgeboude man van vyf-en-dertig jaar, met 'n kort gepunte donker baard; rybroek en kamaste met donker
| |
| |
militêre molvelbaadjie. Sy linkerarm is uit die mou en die baadjie hang oor sy skouers. Rewolwer aan regterskouer met leerband van rewolwersak onder deur epoulette; ook verkyker aan skouerband. Hy dra 'n breërandhoed, aan een kant opgeslaan met die Transvaalse wapen. Ryk hou hom om die lyf met sy linkerarm en die generaal leun op sy skouer met sy regterarm. Hy is klaarblyklik taamlik swaar gewond. Aan die linkerkant is verband oor skouer sigbaar met bloed bevlek, asook wat van sy hemp sigbaar is.
marie (loop hulle vinnig tegemoet, opgewonde).
Wat is dit? Ryk, wie is dit? (Sy steek een hand uit, wat die generaal versigtig met sy linkerhand vat - dit pynig hom. Hy glimlag haar toe.) Ek ken hom! Ouma, Sophie, dit is generaal De Lannoy! Ek ken jou, generaal, van jou portret in my kamer, wat Ryk my 'n jaar gelede gegee het. (Medelydend.) Generaal! ... Jy is gewond. (Sy neem sy hand en kus dit met groot hartstog.)
ryk (druk haar saggies weg).
Wag Marie, moenie so uitgelate wees nie. Onthou die generaal is gewond en gedaan. Ons moet hom dadelik in die bed kry.
Ag Ryk, so dodelik is dit nie. (Hy glimlag almal toe en streel Marie se wang.) Dit is jou verloofde, Marie van Eeden?
Nou ja vriende, dit is nie langer nodig om dit geheim te hou nie. Dit is die generaal. Tante, ons is in die grootste gevaar. Die Rooikoppe weet dat ons agtergebly het. Hulle weet dat die generaal gewond is en sal die berge fynkam om hom te kry. Ons enigste hoop is dat hulle Diepkloof nie sal kry nie of in enige geval nooit sal verwag dat ons in hierdie rigting sal vlug nie. Hulle het ons agternagesit ná die slag, maar ons het gelukkig van hulle losgekom toe dit donker word. Tant Constantia, ons moet die generaal hier hou en wegsteek totdat hy gesond genoeg is om die kommando te volg. Ons perde moes ons agterlaat. Hulle is in die hande van die Rooikoppe. Dit is ons geluk dat ek die kaart van die Kransberge gemaak het; en dus geweet het van die Kransvoetpad. Ons het vannag daarlangs uitgekom. Sal ons 'n bed kan kry vir die generaal? Ons is gedaan - hy die meeste van almal.
constantia. (Almal is nou opgewonde om die generaal vergader. Hy het hulle almal gegroet. Hy is uitgeput.)
Seker. Alles is reggemaak. Hoe groot die gevaar is dat die vyand ons sal kry, weet julle beter as ek. Maar solank Diepkloof staan, sal generaal De Lannoy hier herberg vind.
Ouma, die generaal kan ons kamer kry en my bed. Sophie en ek sal by Ouma slaap. Kom, generaal, kom rus solank op een bed terwyl ek die ander klaarmaak. Kom, Ouma! Sophie, bring die wondwater en verband.
Ek dank julle van harte. Dit spyt my dat ek al die gevaar en moeite op julle moet sleep, maar ons sal vertrek sodra ek weer kan loop. Dit sal net 'n paar dae duur. Ek dink hulle sal na die noorde soek. (Aan Marie, wie se wang hy dié keer met sy regterhand streel.) Jy moes 'n seun gewees het, dit kan ek sien. Wie sou gedroom het dat ons hier in die eensame gebergtes sulke
| |
| |
Tewyld Ryk en Mias hom aan weerskante deur huisdeur help.
Gordyn
|
|