| |
Vyfde Bedryf
Tyd: Dieselfde aand
Die skerm gaan op net toe gaste inkom, pas klaar met ete, deur boogingang wat links van eetkamer lei. Enon kom eerste met kommandant Fouché (vader van haar verloofde, Pierre Fouché), dan volg Van Rensburg (Enon se vader), dan kom Menzies en laaste, Pierre Fouché. Pierre en Menzies is in aanddrag; asook Enon; kommandant Fouché en Van Rensburg in donker klere. Almal gesels en lag met inkom. Enon neem plaas op bankie voor klavier en speel uit die vuis 'n reeks note. Pierre buig oor haar op besitnemende wyse en fluister in haar oor. Die drie mans staan in groepie in middel van verhoog.
menzies (aan kommandant Fouché).
U het Amandelblom nog nie besoek nie, mnr. Fouché?
| |
| |
Nee, ek was op weg van Rosendal waar Pierre my getelefoneer het dat hy my hier sou inwag op Windhoek en my gelyk die uitnodiging van neef Hendrik oorgebring het. Ek wou natuurlik my aanstaande swaer en aanstaande skoondogter (buig hoflik teenoor Enon) baie graag ontmoet, want dit was die groot doel van my besoek aan jul distrik.
pierre (fluister aan Enon, terwyl ander met gesprek voortgaan).
Is dit die rewolwer, Enon? (Wys na wapens aan muur.)
Ja, ek het nog nie 'n kans gehad om die patrone uit te haal nie.
Onthou tog dat jy dit sonder versuim doen, vanaand ná die gaste weg is. Dit is vreeslik gevaarlik om dit so gelaai te laat. Dit sou miskien die beste wees om dit ongelaai in 'n laai êrens weg te steek.
Jy hoef nie onrustig te wees nie, ek sal daarvoor sorg.
Sy speel gedurende gesprek enkele note saggies, met rug na kamer gekeer.
menzies (tot kommandant Fouché).
U sal 'n groter verandering vind beide in ons dorpie en in die distrik as wat u waarskynlik dink.
Ja, dit is baie lank dat ek laas hier was. Ek was nog maar 'n seun en my besoek was slegs tydelik, en so op een doel gemik dat ek skaars iets van die distrik gesien het en minder onthou. Ek het die kommando teen Mapela meegemaak en dit was my eerste en laaste besoek.
enon (het intussen koffietafel genader).
Verskoon my, here, ek het die koffie byna vergeet. Sal u koffie neem, mnr. Fouché? Melk en suiker?
Melk en suiker, asseblief. Ons oues hou ons nog by die ou gewoontes, nie waar nie, swaer Hendrik?
Al die ander weet ek. Pa, melk en suiker, mnr. Menzies, melk sonder suiker, en Pierre swart en sonder suiker ... die nuwe gewoontes. (Met 'n glimlag teenoor kmdt. Fouché.)
van rensburg (neem intussen kissie sigare van koffietafel en presenteer dit oop aan kmdt. Fouché).
U sal 'n ligte Hollandse sigaar geniet, kommandant ... Menzies? (Altwee neem sigare en steek aan.)
pierre (neem intussen silwer-sigaretdosie uit sy sak en steek een op, terwyl Van Rensburg hom 'n sigaar aanbied).
Ook in hierdie opsig het ek die nuwe gewoonte aanvaar.
'n Sigaar kan nouliks 'n ou gewoonte genoem word. In ons jong dae was sigaar én sigaret onbekend.
kmdt. fouché (aan Van Rensburg).
Swaer Hendrik, ek het aan Pierre geskrywe, toe hy my sy verlowing bekend gemaak het, dat ek u glad nie kan onthou nie. Ek het gedink dat as ek u persoonlik ontmoet, dit my geheue sou aanwakker, maar ek moet erken dat die ontmoeting nie gehelp het nie. Natuurlik, dit is baie lank gelede en 'n mens vergeet gou die maats wat jy op kom-
| |
| |
mando ontmoet, vernaamlik as julle lede van verskillende kommando's was. U was natuurlik in die noordelike kommando teen Mapela?
van rensburg ('n weinig ontroerd - ná 'n pouse).
Nee, ongelukkig het ek van die moord en oorlog niks geweet tot na dit reeds maande verby en afgedaan was nie. Ek was op 'n olifantsjag met 'n aangenome seun - ofskoon ek self ook maar nog 'n seun was, skaars ses-en-twintig - en toe ons terugkom, was daar weer vrede. Mapela was nog in sy vesting, maar die kommando's was lank reeds huis toe. Toe hoor ons vir die eerste maal van die moord.
O, nou ja, dit verduidelik die hele saak. Daarom was dit dat ek tevergeefs my geheue so deursoek het. Ek het al gedink dat daar iets in my verstand te kort skiet, want gedurende die kommando het iets met my gebeur wat my geheue op wonderlike wyse benadeel het. Ek sal julle vertel ...
Dit herinner my, daar wag nog twee gaste buite wat vir 'n bepaalde doel kom. Sal ek hulle inroep, mnr. Van Rensburg?
Loop met Menzies in rigting van deur, terwyl kmdt. Fouché met Pierre en Enon by glasdeur regs uitloop op veranda waar hulle nog sigbaar is.
van rensburg (aan Menzies op fluisterende toon).
Menzies, dit is op jou raad dat ek hierin toestem. Ek ken die man vir 'n deurtrapte leuenaar en bedrieer; self sou ek hom nooit vertrou nie. Is jy seker dat hy sy belofte gestand sal doen? As hy iets verraderliks sê of doen, sal ek hom vermoor waar hy staan. My arme kind weet nou min of meer wat gebeur het. Dit was ook op jou aandrang dat ek haar gisteraand genoeg van my lewenslyding vertel het om die loop van sake aan haar min of meer duidelik te maak. Sal Coetzee doen wat hy belowe het? Dit sou 'n vreeslike las van my siel lig net so seker as wat die teenoorgestelde my tot die dood sal veroordeel. En Enon weet dit ook.
Jy kan gerus wees, ou vriend. Ek het die saak goed oorweeg; dit is die enigste wyse om sy mond vir ewig te sluit. En ek vertrou nie op hom soveel as op sy seun, Hektor, nie. Daar steek meer in die seun as wat jy ooit sou droom. Daar is karakter daar. Ek vertrou hom in hierdie saak net so vas as wat ek myself sou vertrou. En dit is hy wat die saak in hande sal neem. Hy alleen sal praat; ek weet elke woord wat hy gaan sê. Die ouman het toegestem om g'n woord te sê nie, behalwe om Hektor se publieke verklaring te staaf. Daar sal ook erken word dat die ou vent half kranksinnig is; dit verskaf natuurlik 'n uitleg vir sy gedrag in die verlede. Nee, ou vriend, wees gerus. Alles sal afloop net soos ons verlang en jy en Enon sal vir die toekoms van die donker wolk van lasterlike gevaar bevry wees. Ek gaan hulle inroep.
enon (kom weer binne, gevolg deur Pierre en kmdt. Fouché).
Dit herinner my, Poelie, ek het ook 'n vergete gas. Hy wou nie na die ete kom nie omdat hy reeds op die dorp geëet het voordat hy met sy motor na Windhoek deurge-
| |
| |
kom het. Hy het die motor in die populierbos getrek en beslis geweier om in te kom voor ons klaar geëet het. Jy sal nooit raai wie dit is nie, Poelie. Dit is Claude de Ville. Hy was dikwels op Windhoek toe ons albei nog op universiteit was. Onthou Pappie, ons het gister van hom gepraat.
Claude? Ek onthou hom, maar waarvandaan het hy so skielik opgedaag en waar kruip hy nog weg?
pierre (indringend, gesteur).
Wie is dit, Enon? Dit is die eerste woord wat ek van so iemand hoor.
enon (sonder om ag te gee op wat Pierre vra).
Ek weet, hy dwaal in die lemoenboord rond. Ek sal hom van die stoep af roep.
Sy gaan uit deur glasdeur op veranda - af.
Dit is snaaks, baie snaaks!
A! Hulle was kinders saam op universiteit en Claude het verskeie vakansies hier deurgebring. Ons het almal baie van die seun gehou. Ek sal hom graag weer ontmoet ...
enon (roep agter op eienaardige wyse).
van rensburg (meer bepaald aan kmdt. Fouché).
Dit is soos hulle mekaar altyd geroep het - jy weet, die roep van ons dwerguiltjie.
menzies (kom binne - deur links - met Hektor en ou Coetzee - Hektor donker geklee, baie deftig; ouman klaarblyklik in pasgekoopte pak; broekspype en baadjiemoue te lank. Loop nog vooroorgebuig met groot kierie in die hand. Hektor hou hom aan die arm. Die ouman is baie bewerig en ontsteld).
menzies (stel hulle voor).
Mnr. Van Rensburg, jy ken altwee. Hektor en sy vader. Kommandant Fouché - Petrus Coetzee - Hektor Coetzee. Dit is Pierre Fouché, seun van die kommandant.
Twee Fouché's gee hand. Hektor met 'n lag, hartstogtelik, ou Coetzee bewerig en onseker. Van Rensburg groet Hektor, maar negeer hand van sy vader. Geroep van Enon agter word af en toe gehoor.
Sy het nog 'n onverwagte besoeker wat êrens in die donker skuil, gaan omhaal om binne te kom.
Enon verskyn in glasdeur regs, gevolg deur Claude. Hulle kom binne. Sy neem Claude aan die hand en lei hom op die verhoog.
Poelie, sou jy ooit geraai het wie dit is?
van rensburg (reik Claude vriendelik die hand).
Claude? O, ja ek sou hom oral dadelik geken het. Jy het 'n reus van 'n kêrel geword, maar anders nog dieselfde. En hoe het die wêreld jou behandel, Claude, vandat jy laas op Windhoek was?
Voordat hy kan antwoord, dwing sy hom na Pierre en sy vader. Laasgenoemde neem vriendelik sy hand, maar Pierre staan agter vader, buig styf en maak of hy wegkyk
| |
| |
en met Enon praat, sodat hy Claude se aangebode hand kan negeer. Enon gaan verby met Claude na Menzies en Coetzee.
Dit is mnr. Menzies, wat jy goed ken - mnr. Menzies, dit is Claude de Ville.
menzies (ná pouse, terwyl hy noukeurig na Claude kyk).
O, ja, die seun wat sy vakansies by julle deurgebring het? Ek sou jou nouliks geken het, Claude. Enon, dit is mnr. Petrus Coetzee en sy seun. Hektor het jy reeds ontmoet.
Nog 'n keer sal my nie kwaad doen nie.
Enon en Hektor groet mekaar, Hektor met 'n vrolike laggie. Die ouman wat intussen op 'n leunstoel neergesak het, sit met ken op die kierie en neem skaars notisie van wat aangaan. Hy groet Enon en Claude met bewerige hand en 'n vinnige, skelmagtige blik deur sy ooghare.
enon (vra aan Hektor se vader).
Sal jy koffie neem, meneer Coetzee?
coetzee (kyk skielik op asof hy uit 'n slaap wakkerskrik).
Koffie? Nee, nee, niggie! Maar as jy my 'n klein bietjie, net 'n paar druppeltjies brandewyn kan gee (toon hoeveelheid met duim en vinger.)
Nee, nee, oubaas! Jy het vergeet, die dokter het dit ten strengste belet. (Lag. Aan Enon.) Juffrou, ons Coetzees is swak drinkers. 'n Vingerhoed vol brandewyn, dan gaan die oubaas, (beduie sy vader) soos die Skrif sê, rond soos 'n Britse leeu, soekende wie hy mag verslind. Dankie, juffrou, ons sal albei koffie neem.
claude (neem klein wit man te perd van 'n muurrakkie. Hy is gegroepeer met Enon, Hektor en Pierre).
Ek ken dit - dit is my eie handewerk - ek onthou, Enon, die dag toe ek dit daar op die stoep uitgesny het. Het jy dit al die jare bewaar?
Sien jy hoe vas jy al die jare in my gedagtes gebly het, Claude? Onthou jy nog dat dit 'n plegtige geskenk was? In dié dae was jy vasbeslote om 'n wêreldberoemde beeldhouer te word. (Almal lag.) Julle moet weet dat Claude van dag tot dag sy toekoms verskillend beraam het. Nooit meer as twee agtereenvolgende dae het hy dieselfde doelwit beoog nie. Dit het verander en gestyg van masjinis tot volksdigter van Suid-Afrika. Medisyne het seker nooit in sy gedagtes opgekom nie. Dit was veels te onskouspelagtig. Wat dit ook al was wat hy wou gaan word, van leeutemmer in 'n sirkus - daar was hy lank vas op beslote ná die besoek van ons eerste sirkus - tot kaptein van 'n duikboot wat Engelse slagskepe kelder soos ons ertjies dop - wat dit ook al was, Claude de Ville was altyd die middelpunt van 'n skitterende kollig.
Toe nou, Enon, jy vergroot weer. En, intussen - wat van jou, juffrou? Wat van die Boerenooi-rolprentster wat die beskaafde wêreld tot asemlose bewondering sou wek? Of van die aktrise wat in tragedie haar gehoor so laat huil en snik dat sy elke paar minute moet stilbly om weer
| |
| |
hoorbaar te word? En jy is nog maar die Boerenooi en ek 'n sukkelende dokter.
Die mannetjie te perd word intussen oorhandig en deur almal bekyk. Uiteindelik kom dit uit by Pierre, wat dit met 'n spottende laggie betrag.
claude knik bevestigend en bekyk beeldjie van alle kante.
hektor (nader Claude en maak of hy fluister, maar dis vir almal hoorbaar - beeldjie in hand).
Vertel my bietjie - net tussen ons meisies - wat is dit? Ek beloof jou ek sal die geheim trou bewaar. Is dit miskien 'n mannetjie of 'n treurwilger in die winter?
pierre (met beeldjie in sy hand, ernstiger as die ander).
Ek het dikwels gewonder wat dit is en waarom Enon dit hier bewaar het. Die smaak was nie juis van die beste nie. Ja, Enon, jy sal baie gewoontes en baie van jou teenswoordige smaak moet afleer wanneer jy opgeneem word in die sirkel waarin jy sal moet beweeg wanneer jy my eggenote word.
Menzies en Van Rensburg het intussen die groep genader. Met Pierre se laaste woorde dring Van Rensburg driftig vorentoe en neem Pierre aan die arm - opgewonde.
Wat was dit, wat het jy gesê?
menzies (kom tussenbei en neem Van Rensburg aan arm. Kmdt. Fouché het ook intussen die groep genader).
Wag, Hendrik, daar was 'n misverstand. Moenie 'n grappie dadelik so ernstig opneem nie.
van rensburg (aan Pierre).
My jong vriend, ek dink dit is wenslik dat jy my dadelik die versekering gee dat dit 'n grap was - 'n grap in baie slegte smaak - of dat ek jou misverstaan het.
Dit was 'n lawwe grap, Pierre.
menzies (neem Fouché en Van Rensburg aan arms en dwing hulle na links agter).
Kom, kom, moet die ding nie ernstig maak nie.
van rensburg (dwing om terug te keer, maar word deur Menzies teengehou).
Nee, maar wag, laat ek dit eers reg verstaan...
Luister, Hendrik ... (praat-praat neem hy hom weg saam met Fouché na agter waar hulle ernstig praat.)
Waaroor is al die ophef? Enon, jou vader is so vreeslik opvlieënd.
Dis nie soseer 'n kwessie van opvlieëndheid nie. As jy werklik gemeen het wat jou woorde te kenne gegee het - dat ons huwelik aan jou kant 'n vernedering sou wees, of liewer gesê, aan my kant 'n verhoging, wat op dieselfde neerkom, wel, dan kan jy van een ding verseker wees: dat nòg my vader, nòg ek ons huwelik met gerustheid sou tegemoetsien.
Maar, Enon, gebruik tog net jou eie gesonde verstand. Ek beklee tog 'n sekere betrekking. Ek sit in sake onder vyf pond. Ek het al in belangrike siviele sake uitspraak gegee. Jy weet self daar is net een in ons distrik wat 'n hoër posisie as ek beklee.
Ek noem dit edelmoedig om so 'n erkenning ongevraag te doen, al is
| |
| |
dit 'n bietjie hoog gemik!
Ek weet nie wat jy bedoel nie. Ek spreek van die magistraat natuurlik.
O, ekskuus, ek het gemeen dat u die Voorsienigheid bedoel. Claude gaan aan lag.
enon (met gebaar van hopeloosheid).
Ek sien dat dit 'n hopelose taak sou wees om die saak nou met jou te bespreek, Pierre. Maar daartoe is môre tyd genoeg. Dit kom my voor dat daar 'n donker gees oor ons sweef wat dwing om ons almal in 'n poel van woede te sleep. (Gee voor vrolik-opgewonde te wees.) Ons sal ons gesellige aand nie in 'n vegparty verander nie. Kom, kom, kom - laat ons iets doen. Stories vertel, of dans of wegkruipertjie in die tuin speel, of wat ook al... Ek is seker u kan klavier speel. (Tot Hektor.)
pierre (gaan weer ernstig voort met sy vorige uitleg, probeer aandag van ander in beslag neem).
Ek tree namens die magistraat op wanneer hy skielik siek word; al die naturellepolisie salueer my.
hektor (aan Enon, skamerig).
Klavier! Ek moet erken, juffrou, dat ek 'n bietjie musikale gawe besit. Nou die aand nog het ek met een vinger 'n wysie op die klavier gespeel wat een van die dames dadelik herken het as ‘Vat jou goed en trek Ferreira’. Al moet ek dit self sê, dit was taamlik gevoelig. Maar laat ek julle liewer die nuutste dans wys. Hulle noem dit die Kalahari-draai. (Fluister hoofsaaklik vir die groepie.) Ou Menzies hou net van die ou jakkalsdraf en Black Bottom. Hy het gister geweier om die nuwe passe van my te leer. Kan niemand speel nie - net juffrou Enon? Jammer! Dan moet jy my nooi wees, Claude. Enige jakkalsdraf sal pas, juffrou. (Enon gaan lag-lag by klavier sit en begin speel. Hektor buig en bied sy arm aan Claude met gemaakte beleefdheid.) As ek die eer mag hê, juffrou.
Hy dans met Claude; dui passe aan. Almal kom om hulle staan, buiten Menzies, Van Rensburg en kmdt. Fouché wat nog in hoek by mekaar is. Pierre loop nukkerig in rigting van laasgenoemde groep. Enon hou op met speel en lag hardop, terwyl Hektor sy arm aan Claude bied en op en neer loop; maak of hy op verliefderige wyse iets in sy oor fluister. Claude aanvaar die klugspel en maak of hy 'n skamerige meisie is.
hektor (tel stuk papier van vloer).
Veroorloof my, juffrou, jy het jou waaier laat val. (Claude neem dit aan met gemaakte gedrag van meisie wat waaier op vryerige manier gebruik. Hektor buig en maak of hy fluister.) Juffrou, nog nooit tevore het ek sulke delikate skoonheid met soveel grasieuse vlugheid gepaard sien gaan nie. Weet u miskien van die een of ander donker plekkie waar die lug koel is? Môre ... voor tee ontmoet? Baie graag. (Druk sy hand vryerig en maak of hy weer fluister - onhoorbaar.)
claude (kom verby; ou Coetzee gryp hom aan arm en fluister, sodat almal hoor).
Vriend, kan u my nie miskien so 'n paar druppeltjies brandewyn gee nie - net soveel. (Wys met vinger en duim.)
| |
| |
hektor (hoor dit en kom tussenbei).
Wag maar, dokter, ek sal hiervoor sorg. (Aan sy vader.) Gebruik geduld, oubaas, hier is niks. Later sal ons sien - op die dorp.
Ou Coetzee sak weer inmekaar. Daar is 'n algemene stilte. Te midde van die bedrywigheid word die stem van kmdt. Fouché hoorbaar, wat met sy seun en ander naby die klavier in gesprek staan. Die ander gaan stadigaan rondom hom staan en luister.
... dit was natuurlik nie nodig vir ons om te kom nie, maar ek was destyds jonger as wat jy (aan sy seun) nou is en daar was nie een van die tien ouer as ek nie. Dit was 'n groot eer om opgekommandeer te word om die ammunisiewa van die hoofstad na die noorde te bring. Daar was toe al gerugte van inboorlingonluste. Die President self het ons kom groet en Gods seën toegewens. Ons het 'n heerlike reis gehad - gawe, gesoute perde; eersteklas wapens, volop ammunisie en niks om te doen nie as ry en eet en slaap, en met die nooiens op die plase wat ons aandoen te flankeer. (Almal het intussen stil geword en hulle tot die spreker gekeer; belangstellend, met gepaste uitdrukkings van verwondering na gelang hulle hul in die verhaal inleef.) Toe ons op Middelfontein aankom waar ons die kruitwa aan die generaal moes oorhandig, het die berig net ingekom van die groot moord by die drif en ons tien word dadelik deur die generaal gelas om die moordplek te besoek en rapport terug te bring van wat werklik gebeur het. Dit rit is nog net so helder in my geheue as op die dag toe ek daaraan deelgeneem het. Toe ons op die wal van die rivier uitkom, sien ons die waens oorkant staan. Met die eerste oogopslag het dit gelyk of alles nog in orde is, behalwe dat alles so doodstil is en ons geen mens sien roer nie. En toe sien ons iets anders wat altyd een van die groot tekens van moord in die ou dae was. Die gras en bome en die omtrek van die waens was wit oortrek asof daar 'n groot kapokstorm daaroor gegaan het. Dit was die vere uit die verskeurde slope en kussings. En toe ry ons deur, vreeslik versigtig en bangerig. Ons was nog maar seuns en die skouspel was bloedstelpend genoeg. Wat my die meeste beangstig het, was die verskriklike stilte toe ons die perde optrek. Ons durf nie afklim nie, want ons wis nie hoe naby die swartes is nie. Ons het net tot by die naaste wa gery. By die agtertrap lê 'n vrou met 'n afgebreekte lem
in haar bors en by die agterwiel 'n seuntjie en dogtertjie en 'n klein baba, almal met byle doodgekap en bloed, bloed, bloed...
enon bedek haar aangesig.
Sal ons nie die storie vir later bewaar nie. Die jong dame (beduie Enon) sal vannag nie slaap nie.
So kinderagtig is Enon nie. Dit is 'n historiese voorval waarin my vader 'n groot aandeel geneem het, en dit is van groot belang om dit te hoor.
Nou ja, dogter, (rus hand op skouer van Enon) ons sal die gruwelikste dinge weglaat. Voordat ons die ander waens kon besoek, hoor ons
| |
| |
waldhorings en 'n gefluit links in die bosse. Dit was die swart kommando wat ons gewaar het en ons moes op volle vaart deur die drif terugjaag. Ek onthou, toe ek in die diepste van die drif was, kyk ek af. Die water was kristalhelder soos dit altyd in dié dae was. En daar lê 'n reus van 'n man teen die klippe vasgespoel. Hy het 'n rooi baard en hare gehad wat stadig in die stroom beweeg en sy helderblou oë was wyd oop en staar, opwaarts deur die water...
Ek vergeet ... ek vra ekskuus, Enon. Nou ja, van die koms van die kommando's en die verskillende slae weet julle almal. Die ander eienaardige ding wat met my gebeur het, was met die bestorming van die hoofstat. (Van Rensburg aan die een en ou Coetzee aan die ander kant toon toenemende belangstelling, al reageer hulle anders. Hektor staan langs sy vader naby die tafel met lamp.) Ek was in die eerste linie toe ons die perde agterlaat en te voet begin klim. Net voor die skanse van die hoofstat kom ek tussen groot, opgestapelde rotse ... Ek hoor swart krygers rondom my. Skote val regs en links, en van die skanse kom 'n gedurige gedreun van oorlogstrommels en waldhorings. Maar ek kon g'n swartman sien nie. (Hy praat stadig en met toenemende nadruk, wat 'n spannende reaksie in gesigte en houding van toehoorders toon.) Ek spring 'n tree vorentoe na die skuiling van 'n ander rots en toe sien ek skielik voor my 'n wonderlike, 'n ongelooflike ding. Van agter die rots reg teenoor die een waar ek skuiling geneem het, stap 'n wit seun ... 'n seun van omtrent my eie ouderdom. Hy staan met sy geweer in die hand besig om te laai; ek kon hom op die plek doodgeskiet het, want my geweer was gelaai, maar ek was só verbaas en verbouereerd dat ek nie kon skiet nie. En toe sien ek 'n entjie agter hom 'n tweede en baie jonger blanke seuntjie, te perd, ook met 'n kort roer in die hand. Hy hou 'n opgesaalde perd aan die teuels. (Ou Coetzee maak 'n beweging om op te staan, maar Hektor druk hom saggies in die stoel terug.) En toe gebeur alles soos blits opmekaar. Die jong kêrel voor my spring agteruit na die perde en tegelyk skreeu hy in Makatees: Bolaea makgoa! ‘Slaan hom dood! Slaan hom dood!’ En daarna weet ek niks meer nie. Dit was asof 'n swart gordyn oor my neersak. Later het dit geblyk dat 'n swarte my met 'n knopkierie platgeslaan
het. Ek was byna 'n week bewusteloos. Toe ek weer bykom, was dit maande voordat ek kon onthou wat plaasgevind het nadat ons die laer verlaat het. Van die stormloop en die twee wit seuns het ek langer as 'n jaar alles vergeet. Toe ek dit weer begin onthou, was dit alles nes 'n droom. Julle het almal seker van die gerugte van die sogenaamde Swart Verraad gehoor, dat daar 'n jong wit seun (of liewer twee) was, wat as spioene vir die swartes gedien het; dat hulle voor die moord op die waens gespioeneer het en dat die kaptein die oudste sou betaal het met sestig tande en driehonderd beeste. Party gevangenes het dit be-
| |
| |
weer, ander het dit ontken. Die kaptein het dit tot sy dood stellig ontken ... En daar bly die saak. Maar ek het vroeër 'n gevoel gehad dat as ek eendag die jongkêrel van my droom - laat ons dit maar so noem - weer ontmoet, sou ek hom so kon aanwys (druk met sy vinger op bors van Van Rensburg wat die naaste staan) en uitroep: ‘Jy is die man!’ (Van Rensburg staan doodstil sonder beweging, soos een wat deur die bliksem getref is.) Maar later het ek seker geword dat dit alles 'n droom was. Ek sou die man nie weer ken nie, want daar was nie so iemand nie.
ou coetzee (spring skielik uit stoel orent, waai sy kierie bo sy kop, kom na middel van verhoog, skreeu geweldig):
Maar ek ken die man! Ek kan hom aanwys! Vir my was dit g'n droom nie! Nou en hier sal ek hom aanwys!
Hy loop stotterend in rigting van Fouché en Van Rensburg.
enon (reik altwee arms hoog bo haar hoof en skreeu histeries).
Nee! Nee! Nee!
hektor (spring vorentoe om sy vader te bereik en met die beweging gooi hy die lamp omver. Toneel meteens pikdonker. Skielik is daar 'n rewolwerskoot en dan die geluid van 'n liggaam wat op die vloer neerstort).
Wie het vuurhoutjies? Steek op, steek op, hier is die lamp. Wat makeer? Wie het geskiet?
Terwyl pogings aangewend word om die lamp op te steek, word histeriese geskreeu van Enon voortdurend in die donker gehoor. Menzies steek die lamp op. In die middel van die verhoog lê ou Coetzee met die gesig ondertoe. Rewolwer langs hom. Alles is skielik stil. Enon hou op met haar geskreeu. Almal staan in verskillende houdings van skrik en verbasing om liggaam.
hektor (stap vorentoe, bedaard, kniel langs sy vader en voel hart en pols; kom op sy knieë orent en wys hand met bloed bevlek).
Habet! Dit is gedaan; hy is dood. Dwarsdeur die hart.
pierre (kom vorentoe en tel rewolwer op).
Ek verteenwoordig hier die gereg. Alles anders moet voor die waarheid wyk. Ek moet ondersoek wie die man doodgeskiet het. Ek ken die rewolwer. Dit het hier teen die muur gehang net voor die lig uitgegaan het. Enon van Rensburg het geweet dat dit gelaai was. Sy het dit self gister hier geplaas. Sy was die naaste aan die rewolwer toe die lig uitgegaan het. Ek wil dit as 'n rapport neerskrywe wat julle as getuies moet teken.
enon (skyn hoegenaamd geen notisie te neem van wat Pierre sê nie. Sy staan soos een wat versteend is, met wydgerekte oë en hande aan haar slape, en staar na die lyk).
claude (kom langsaam vorentoe).
Jy is verkeerd, meneer. (Tot Pierre.) Dit is ek wat die ou man geskiet het.
Onsin! Hoe kon jy dit gedoen het van waar jy staan?
Dit is ek; ek sal 'n eed daarop neem, as jy dit verlang.
hektor (staan van knieë op).
Wag, wag, julle is almal verskrik en deurmekaar.
| |
| |
Die ou man is my vader. Hy was nie by sy volle verstand nie. Lank reeds was hy waansinnig. Ek het alles gesien wat gebeur het. Hy was reg tussen my en die venster en ek was die enigste in die kamer wat kon gesien het wat gebeur. Jy kan dit toets as jy wil. (Tot Pierre.) Ek het gesien dat my vader die rewolwer van die muur ruk en ek het duidelik gesien dat hy homself voor die bors skiet. Mej. Enon en hierdie jongkêrel het niks daarmee te doen gehad nie.
Vandat die lig weer brand, is Enon bewegingloos. Sy neem geen notisie van wat om haar gebeur nie, staar liggaam aan, altyd met hande teen haar slape gedruk. Haar vader - gedurende verklaring van Hektor - sak op stoel naby klavier neer. Met laaste woorde van Hektor sak Enon op haar knieë langs lyk neer. Sy bedek haar aangesig en buig vooroor en sak inmekaar, totdat haar voorhoof haar knieë raak.
van rensburg (kyk verbysterd rond).
Tot op die vierde en vyfde geslag van die onskuldiges sal die straf val. (Hy vou hande en kyk op in houding van gebed.) Oneindige barmhartigheid... (Eindelik val sy oog op Enon, wat nou voor hom inmekaar gekniel sit. Hy strek sy arms na haar uit. Sy bly egter bewegingloos.) Enon! Enon!
Skerm
|
|