| |
Tweede Toneel
Lente
Blomme en insekte begin roer, beweging neem stadig toe, gaap en rek arms uit, maar elkeen val weer in vorige houding aan slaap. Oë bly toe. Skoenlapper rek hom uit, maak oë oop, en kyk geïnteresseerd rond, vryf ogies en gaap. Lieweheersbesie aan een kant van verhoog, en Viooltjie aan die teenoorgestelde kant.
A, suster, kyk, jou kleine rakker,
ek is tog die eerste wakker.
Die liewe son is hoog weer op,
voel net hoe skyn hy op jou kop.
(By maak oë oop maar val weer aan die slaap.)
Ek weet jy wag tot al ons susters loer,
voor jy jou vlerkies gaan verroer,
nou moet ek kyk hoe dit met al ons susters lyk.
Nie een laat ek ooit ongestoord;
ek ken 'n magtig' towerwoord,
en op my skouers rus die taak,
om almal wakker weer te maak.
Onder musiek gaan sy rond tussen die slapende blomme; raak almal aan en fluister in hulle ore. Intussen maak sy haar mantel los, wat in haar loop afsak en eindelik val.
skoenlapper (voor, rug na gehoor; sy klap haar hande en roep harder):
die liewe lente het gekom.
(Sy sing).
Word wakker, die lente begin te klop
die blomme kyk al uit hul knop.
Die vroeë vinke sing al lang,
die swaweltjies hul môresang.
Word wakker, word wakker. (Bis.)
Die duifie stryk sy veertjies glad,
en trippel vrolik oor die pad.
| |
| |
Die haan kraai al die tweede keer,
dis alles buite in die weer.
Word wakker, word wakker.
Terwyl sy sing, word blomme stadig wakker, maak oë wyd oop, haal mussies af, maar bly sit met mantels om. Al wat aan die slaap bly, is Lieweheersbesie en Viooltjie. By word wakker en kom vorentoe.
Ek werk, en neem in sakkies mee
die beste wat die blomme gee.
Al is hul kleure lank gedaan,
en al hul geure op die wind vergaan,
dan hou ek veilig nog bewaar
die soetste wat die blomme ooit vergaar.
Tot almal wakker is, moet ek maar wag.
Dan kom ek, o, so soetjies in die nag
en weef uit mis en wolkerag
'n sluier fyner as die fynste sy
wat jy ooit in die wêreld kry.
En smôrens as die son weer skyn,
dan blink dit met diamante fyn.
Roos word eerste heeltemal wakker. Terwyl sy praat, maak sy haar mantel los en laat dit val. Ander sit nog, gaap, rek, stryk hare, vryf oë, gesiggies, ens. Beweging neem toe, terwyl Roos resiteer. Blomme staan hier en daar op, in verskillende houdings. Mantels val een ná die ander af. Spinnekop gaan met By en Skoenlapper tussen blomme deur, omhels en soen sommige wat op is, raak ander wat nog sit, saggies aan.
roos (in middel, regs, gesig half na gehoor toe, spreek blomme toe wat altyd in stadige beweging bly).
Susters, dit is die liewe lente weer,
die warm wind het teruggekeer.
Van slaap is ons nou almal sat.
Ek voel die lewe in elke blad.
Kom, sustertjies, dit word al laat,
dit is jul koningin wat praat.
Nou al die klein gesiggies skoon gewas,
dat ons die mense kan verras.
Kom wys nou weer jul skoonste kleure,
gee aan die lug jul soetste geure.
Blomme was gesiggies, trek rokkies reg en bekyk mekaar, neem grimeerstelle, poeier gesiggies en vryf rooi aan lippies. Een help die ander met poeierkwas, ens.
Vryf af die laaste stukkie vaak
dat ons die aarde bly kan maak.
| |
| |
Hulle is almal klaar, en groepeer, mantels af.
kinders (sing agter op verhoog).
Kyk die lelies op die veld,
Wie laat jul, van sorge vry,
Wie gee jul die stille prag,
wie die kleed so rein en sag?
Sonder sy gelyke, sonder sy gelyke?
God, die Heer, roep ons uit die aard,
Hy gee ons die skone kleed,
dat ons die aard versier.
Dat ons onder sorg en smart
met 'n stil, gelowig hart,
leer op Hom vertrou, leer op Hom vertrou.
Laat ons weer aan die wêreld toon
dat ons die skoonste is van alle skoon.
maar as ek eers my beentjies rek,
en al my skat van goud vertoon,
word ek ook skoonste van die skoon.
(Sy neem plaas omarmend met Roos en Angelier.)
Een ding sal niemand ooit betwis,
die liefde van die son het ek gewis;
en daarom, as ek regop staan,
dan staar ek hom gedurig aan.
afrikanertjie (links tussen blomme).
Nòg geur nòg kleur kan ek verklaar,
'n arme Boerenooientjie bly ek maar.
Met geen satyn en sy is ek bela,
ek moet velskoentjies en 'n kappie dra.
waar geen van julle ooit kan kom,
op hoogste berg en diepste kloof,
op klippe kaal, in donker loof,
en ver weg, in die sandwoestyn,
| |
| |
waar al my maatjies gou verdwyn.
Daar, helder soos die môrester,
begroet ek sag die reisiger.
dan word sy hart weer bly.
Hy groet my saggies op die sand,
‘Ag, sustertjie, dit is ons land.’
Sy gaan verder links terwyl sy praat, en staan uiteindelik alleen.
tablo (Twee meisies, Somer, na vore, resiteer, met begeleiding van sagte musiek).
Want kyk, die winter is verby,
die bloeisels word in die land gesien,
die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land (Hooglied II)
Ek is 'n herfsroos van Saron, 'n lelie van die dale. Soos 'n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters. (Hooglied I)
Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die Libanon. (Hosea 14)
En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. (Matt. 6)
As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges? (Matt. 6)
Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n herfslelie; dit sal lustig bloei en juig, ja met gejuig en gejubel. Die heerlikheid van die Libanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle daar sal sien die heerlikheid van die Here, die sieraad van onse God. (Jes. 35)
|
|