Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Hoe Gou Gaan die Jare Verby! Villanelle Toe ek laas jou gesien het, Klein Mei, kon jy nouliks net tafelhoog raak; hoe gou gaan die jare verby! Soos 'n knoppie, waar skaars nog die by die skatte van soetheid kon smaak; toe ek laas jou gesien het, Klein Mei. Ontvou is die knoppie, en bly deur die gloed van jou somer geraak; hoe gou gaan die jare verby! Soos 'n lewerik, vreesloos en vry, deur die pantser van onskuld bewaak, toe ek laas jou gesien het, Klein Mei. En nou is daar iets te bely, wat jou blosend en bangerig maak; hoe gou gaan die jare verby! [pagina 1040] [p. 1040] l'Envoi Daar is nooit sulke suggies geslaak, toe ek laas jou gesien het, Klein Mei; is dit Kupie wat glimlag opsy, en met rose jou wange vermaak? Hoe gou gaan die jare verby! Vorige Volgende