Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1038] [p. 1038] Die Swarte Dood Na die Duits van Hermann Lingg Sidder Aarde! Ek is die pes, ek kom na alle lande, van suid na noord, van oos na wes; my blik is vuur met koors geves en ys val van my hande. Dal in en uit, berg op en af, ek maai gestadig vroeg en laat die wêreld met my wandelstaf; ek delf voor elk huis 'n graf ek skenk elk' gas 'n doodsgewaad. Dit help jou nie hoe vlug jy stoot, my ros ontsnap geen muiter. Ek is die snelle Swarte Dood, ek agterhaal die snelste boot, en ook die snelste ruiter. Die koopman met sy gierig' oog Vergaar my met sy ware; hy hoed sy huis met skild en boog, - ek styg vanuit sy skat omhoog en strek hom op die bare. Wie ek vas in die oë kyk, vir hom is daar geen son meer. Aan wie ek brood en beker reik sy avondmaal is stof en slyk - so keer sy glorie tot die bron weer. In Ooste sterf die grote Kahn, en krygslui sonder wonde; sterf negervors en Musselman; en snags in sneeuwit Ispahan huil krenggemeste honde. Bisantium was 'n skone stad, Venesië skoner in die bare; [pagina 1039] [p. 1039] paleis en dom lê leeg en mat, van alle werskaf moeg en sat in slaap versink die skare. Op Noorlands verste branderklip naby die laaste rede werp ek 'n uitgestorwe skip. Geeneen kan daar my vuis ontglip - Vergeefs hul angsgebede. Die lyke lê langs grag en meer, by puin van spar en stene; geen tonge tel die ure meer. - Na jare kom daar mense weer en vind slegs bene, bene. Vorige Volgende