Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende ‘Hier Hebben Wij Geen Vaste Verblijfplaats’ Op vaste rots het ek my huis gebou - my werksvolk kon ek steeds vertrou - 'n woud van bome het ek aangeplant, die dorre veld gemaak tot vrugbaar' land met boom en blom uit elke oord, van af die keerkring tot die verste noord het ek die skoonheid steeds versier; en lank het ek geglorifeer in al die grootheid van my handewerk, met band van klip en staal versterk. Toe alles klaar was, huis en dam en sloot, toe gaan ek dood. Vorige Volgende