Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Visser Na ‘Der Fischer’ van Goethe - met behulp van Joan Couzyn Die water stroom, die water rol. 'n Visser langs die sag' gespoel tuur na sy dobber vredevol tot in sy diepste hart verkoel; en waar hy sit en dromerig loer rys skielik op 'n skitterend' boog, vanuit die diep bewoë vloer, in dou gewaad, 'n Deern omhoog. [pagina 1037] [p. 1037] Sy spreek tot hom, sy sing tot hom: ‘Wie lok my kleintjies hiervandaan - van uit my koele ryk alom om bo in songloed te vergaan? Ag wis jy hoe, met goud omsoom, die sagte rippels streel, dan wek jy uit dié koorsig' droom en hier word al jou smart geheel. Laaf dan die liewe son hom nie, die maan hom nie in meer? Blink golwe-ademend haar gesig nie dubbeld skoner weer? Lok jou die diepe hemel nie, die skoongespoelde blou? Lok nie jou eie aangesig van uit die ewig' dou? Die water ruis, die water woel, benat sy naakte voet; sy hart versmelt in sag' gevoel, as by die teerste groet. Sy sing tot hom, half trek sy aan, half sak hy weifelend self; sy eerste weerstand glad verdaan, verdwyn hy in die blou gewelf. Vorige Volgende