Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1036] [p. 1036] Die Stille Rusplaas Drie verse uit ‘Die Tuin van Proserpina’ Die Juigende, die Sterke - die dood sal hom ook raak; nooit sal hy vlieg met vlerke of pyn in vure smaak. Die Skoonheid van die rose, die kom en gaan van blose stoor nooit die Liefdelose - waar liefde ons versaak. Bevryd van dors na lewe, van al ons hoop en wee, dank ons - bo alle vrees verhewe - die gode wat dit gee: Hier eindig al ons drome, hier rus die lewenslome, hier vloei die moegste strome uiteindelik in die see. Nòg gloeiend' son, nòg duister, nòg keer van aand en dag, nòg waters sag gefluister sal ooit die slaap verkrag. En soeter, sagter, vromer, vergeefs kom weer die Somer, want droomloos is die Dromer, verdiep in ewig' nag. Vorige Volgende