Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1031] [p. 1031] Sonder Betaling Dis kleine dingetjies wat meeste vreugde bring: van kindertjies wat speel, die bly gelag; 'n lewerik wat in wolke sing; die sag' gedruis van druppels in die nag. Swart doringbome teen die westegloed; die groen van wuiwend' gras wat hoog die bult omsoom; lang lelies in die gras, nes druppels bloed; die dof' gemurmel van 'n waterstroom. 'n Sware werk goed afgedaan; 'n wandeling met 'n vriend wat ons bemin; die eerste groen langs muur en laan; die gloed vanuit 'n liefdevolle huisgesin; die blydskap, uitgestort en vry, loop ons op eensaam' weë raak. Dit kos alleen die soek om te verkry: die dinge wat die Lewe 'n vreugde maak. Vorige Volgende