Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Naaistertjie Sjuut! Sjuut! Loop nou sag op die tone, en loer deur die steier van die hoogrankbone. Maak g'n geluid, hou die asem in, en kyk net mooi waar die kweek begin. Wat sien jy daar? 'n Fee so fyn dat die son haar lyfie met goud deurskyn. Sy het 'n blaar gepluk met die kleur van wyn, en sy naai haar 'n rokkie met spinnerak fyn. Sjuut! Sjuut! Kom maar weg deur die takkies dik, ons moet die ou Kleintjie tog nie verskrik! Vorige Volgende