Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1029] [p. 1029] Die Spinnerakrokkie 'n Feetjie het vir haar uit spinnerak 'n doek vergaar; 'n rokkie wit soos heuningwas het sy toe aanmekaar gelas. Maar nouliks was dit om haar lyf, toe kom 'n windjie, vlug en styf, en met die uiting van sy sug daar trek ons Feetjie deur die lug! Haar maatjies staar haar treurig aan, hoe sy hoog oor die bome gaan, tot sy met heel haar rokkie fyn daar in die verte glad verdwyn! As jy 'n rokkie ooit besit van spinnerak of iets soos dit, pas op hoe jy jou dan verroer, 'n windjie mag jou glad vervoer! Vorige Volgende