Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Is Daar Nog Trane? In 'n Belgiese hospitaal vir ongeneeslike kinders Is daar nog trane? Sal ooit weer skyn van smart, deur sinsbedrog en ydel wane, 'n enkel' sug roep uit die hart? Is daar nog trane? Is daar nog bly gelag? - waar kleintjies speel in tuine vol van sonneskyn en blommeprag? Is daar nog bly gelag, in huise warm en hel verlig, - gesondheid op elk' klein gesig - waar moederliefde as 'n gloed teen elke smart beskerm, verhoed, elk' vreug vergroot, elk' leed versag - is daar nog bly gelag? Is daar gebede nog wat in die Hemel nuut sal klink? Wat in vuurwoorde, ongesog, dié weeklaag in Gods oor sal skink? Is daar gebede nog wat alle vreugde daar sal stoor? Met onweerstaanbare gewrog dwing tot verhoor? Is daar gebede nog? Vorige Volgende