Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 1902 Op die eiland Chiloaan aan die monding van die Save, net vóór die tyding van die Vrede van Vereeniging God van ons Vaders, as U wil bestaan dat ons as Staat en Nasie moet vergaan - besoedeld deur verraad, ontrou aan alles deur ons Vaders opgebou (die ideale vir ons opgegaar deur worst'ling van 'n halwe duisend jaar!); bedwelmd deur elke lawwe vrees, onwaardig langer nog 'n volk te wees; [pagina 1025] [p. 1025] ons diepste liefde steeds gesmoor om vreemdeling en vyand na te spoor; en vuile hande, rooi bevlek, met bloed van broer en vriend bedek; - God van ons Vaders, bly U wil bestaan, leer ons genadiglik die dood blymoedig in te gaan. Vorige Volgende