Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd5 Jonkheer van der Made tot ZevensterDit was 'n gloeiende somerdag. So roerloos was die lug dat 'n vaal stofnewel vanaf die suutjies slepende voete tot borshoogte van die dig saamgeperste mensedrom stadig opstyg. Dit was by geleentheid van die groot Goudstadse landbouskou, wat belangstellende toeskouers nie alleen uit alle dele van Suid-Afrika nie, maar uit die vier windstreke van die wêreld, soos arende tot die buit, saamgeroep het. Ek staan vas teen die tralies van die arena waar binnekant die groot parade van die kampioenbulle sou plaasvind. Die beoordeling was pas afgeloop, maar die gedrang om die kring was so dig dat slegs die binneste ry mense 'n kans het om die pragtige diere - die trots van Suid-Afrika - deeglik te besien. Die meeste belangstellendes het dus vroegtydig 'n plek langs die tralies van die arena ingeneem waar ons al die bulle, die een na die ander, binne 'n paar tree van ons af sou sien verbygaan en waar die kans vir beoordeling en vergelyking veel gunstiger sou wees. Terwyl ons wag, het die menslike deel van die mis en scene my belangstelling in beslag geneem. Ek was alleen en kon met niemand gesels nie. Daarom was dit dat die geluide van 'n vreemde, dog half-bekende taal langs my, spoedig my nuuskierigheid tot die bron van die geluide gerigsnoer het. Langs my teen die tralies staan drie menere, baie netjies geklee, groot fors geboude kêrels, so blond soos ooit blond op aarde kan wees sonder om as albino's deur te gaan. Dat hulle uitlanders is, kon mens dadelik bespeur aan die doeanereg wat hul gelaatskleur reeds aan ons Afrikaanse son betaal het. Neuse en wange was rooi verbrand, met 'n uitstalling van geloste velvaandeltjies oor die hele gesig. Ek kon sien dat hulle vreemde besoekers is - Friese van taamlike hoë stand - in alle waarskynlikheid veetelers of veehandelaars op groot skaal. Hul gesprek was meestal beperk tot 'n weeklag oor die hitte. | |
[pagina 584]
| |
‘Wat voor 'n zonnetjie is dat niet!’ kla een. ‘'t Bewijst in enig geval dat 't onzin was wat ze je op school ingepompt hebben, dat hoe hoger je opgaat des te kouder het wordt. We zijn hier tog 'n paar meter hoger dan het Rode KlifGa naar voetnoot1 en ik ben er zeker van dat het niet kouder is!’ ‘Waarempel,’ sê 'n ander, ‘indien het Genootschap zou besluiten de verrichtingen met 'n auto da feGa naar voetnoot2 op te vrolijken, zou ik mijn persoon onverwijld aanbieden - ter verkoeling.’ ‘Zodra ik de fameuse bul gezien heb’, sê die derde, ‘ga ik 'n borreltje pakken - dat kan ik met grote zekerheid voorspellen.’ Intussen het drie meisies ons van agter ingesluit - drie blonde meisies in wit geklee, met wit mussies, wit voorskote en blote arms. Stewig geboude jong dames wat al die gelaatskleur en liggaamsbou van gesondheid toon. Ek het onthou dat ek hulle vroeër in die kaas- en melkkamers sien werk het. Die drie Friese het hulle opgemerk en een van hulle, Wiersma by name, soos later geblyk het, het voorgestel om hul plekke voor die tralies aan die dames aan te bied, maar die ander twee, Halbertsma en Bergsma, het moeilikheid omtrent die taal gehad. ‘In enig geval,’ merk Wiersma op, ‘we zijn hier in 'n tiigeGa naar voetnoot3 eng hoekje vasgekeerd. Hoe zou jij 't in Engels omzetten, Bergsma, indien de moordenaarbul schielik een afkeer in ons toont: Mejuffrouw, hier is 'n kwaadaardige bul aan de staart van mijn jas, ik moet u beleefd dog dringend verzoeken ons wat meer ruimte toe te staan.’ Voordat mnr. Bergsma die vertaling kon gee, was daar 'n vrolike gelag van die kant van die drie jong dames en een van hulle spreek mnr. Wiersma in sy eie taal toe. ‘Ik kan u verzekeren, m'nheer, dat geen tolk van node zou zijn indien het gevaar zo dringend was. We zouden niet hier zijn om uw verzoek aan te horen. Buitendien wij zijn progte Frieske FamkesGa naar voetnoot4 en ik beloof niet dat 'n landgenoot in den vreemde zo onbeleefd zou zijn ons aan te vallen.’ Nooit het ek drie mans so verleë en tegelyk aangenaam verras gesien as die drie Friese nie. Hoofde is ontbloot en formele voorstellings in Hollands gemaak, met eienaardige Friese woorde en sinne tussenin. Die ses Friese was spoedig in intieme gesprek gewikkel. Die drie dames was Friesbeestelers uit Holland en het uitgekom om met die ras hier kennis te maak. Meer bepaald wou hulle die beroemde jong bul, Jonkheer van der Made tot Zevenster wat reeds wêreldberoemdheid verwerf het, van naby sien. Die bul was geteel op die plaas Koelte van die heer Dirk van Breda, beroemde Suid-Afrikaanse Frieslandboer. In sy derde jaar het Jonkheer reeds alle mededingers in die Suid-Afrikaanse arena oorwin. In sy vierde jaar het 'n Argentynse Estancia die heer Van Breda £ 5 000 vir hom aangebied. Die aanbod is geweier! | |
[pagina 585]
| |
'n Paar maande later was daar 'n verskriklike tragedie op Koelte. Jonkheer het 'n Hollandse stalkneg in 'n hoekie vasgekeer en verbrysel. Die ongelukkige voorval het gerugte in omloop gesit dat die humeur van die bul veel te wense oorlaat, wat natuurlik sy waarde verminder het. Dit het alles tussen die ses Friese ter sprake gekom. Een van die meisies, juffrou Aaltje Hijlkema, het vertel: ‘Wij zijn alle drie op Koelte werkzaam. Toen de heer Van Breda acht jaar geleden Holland bezocht om meer Frieslanders aan te kopen, heeft hij twee Hollandse stalknechten meegebracht en ons drieën voor de kaasmakerij en roomkamers op Koelte. Derhalve kennen we Jonkheer van zijn geboorte af. Hij is zo kwaad niet als verteld wordt. Weliswaar raakt hij nu en dan opgewonden, maar welke stier is nooit zo? Hier op de tentoonstelling zullen alle voorzorgsmaatregels genomen worden. Hij zal door twee knechten met vrachtketen en haakstok geleid worden, en naar alle waarschijnlikheid zal hij dood bedaard wezen ...’
Terwyl sy praat, was daar 'n roering onder die toeskouers hoër op langs die tralies. Daar was uitroepe hoorbaar en nou en dan 'n gedempte gelag tussenin die herhaalde sin: ‘Hier kom hy! Dit is Jonkheer van der Made tot Zevenster!’ Tussen die gedrang deur, regs van ons, kon ons die swartbont-gekolde massief van 'n bewegende massa stadig sien aankom. Dit was die voorste bul in die parade van kampioene. 'n Paar minute later was die wonderbul reg voor ons waar halt gehou word om die linie agter aan te sluit. Nooit in my lewe het ek so 'n reus gesien nie. Die pragtige spiere beweeg soos staalbande onder sy satynvel; die lang gelyk rug, met voldoende breedte van agter en die volmaakte kop en blaaie, het hom dadelik laat uitblink as 'n kampioen onder kampioene. Hy was behang met etikette: ‘eerste prys in sy klas’, ‘eerste vir beste bul in Suid-Afrika geteel’, ‘eerste prys vir beste bul op tentoonstelling’, ... ensovoorts. Dit was toe die bul voor ons tot stilstand kom dat ons die oorsaak van die gelag merk. In plaas van twee stalknegte met stok en vragkettings om die gevaarlike dier te lei, was hy onder beheer van 'n klein seuntjie, seker nie meer as agt jaar oud nie; klaarblyklik ook 'n Hollandertjie, te oordeel na sy byna wit maan (hy het g'n hoed op gehad nie), sy blonde vel en rooi wange. 'n Dun hondeketting aan die neusring was al toestel waarmee die bul gelei word. Die gelag is egter bepaald deur die eienaardige kleredrag van die seuntjie veroorsaak. Hy het 'n ou verflenterde broek en baadjie aan, met lappe op elke plek waar 'n lap kon kom; kaalvoet, kaalkop en daarmee gepaard 'n houding so vrypostig en onverleë asof hy en nie die bul nie, die aantrekkingsmiddelpunt is! ‘In hemelsnaam!’ roep juffrou Aaltje op 'n toon van verwondering en toorn. ‘Heb je ooit zo iets van je leven gezien? Douwe, hoe kom je hier? En van waar krijg je die afschuwelike kleren?’ | |
[pagina 586]
| |
Dit was toe dat klein Douwe hulle vir die eerste keer gewaar. Sy antwoord was om 'n vreeslike lelike gesig te trek, waarmee hy minagting en spot te kenne gee. Onmiddellik daarna was daar 'n verdere oproertjie. Die heer Dirk van Breda maak skielik sy verskyning tussen ons, opgewonde en so kwaad dat hy nouliks kon praat. Tegelyk kom 'n stalkneg binne die tralies vorentoe, met 'n stalvurk oor sy skouer. Hy is waarskynlik een van Jonkheer se oppassers. ‘Gys, wat beteken die gek spul?’ roep mnr. Van Breda hom vererg toe. ‘Wie het die seun die vreeslike klere aangetrek?’ Skouerophalend en verleë antwoord die groot Hollander: ‘Ik kan u de verzekering geven, m'nheer, dat 't mijn schuld niet is. U had kleine Douwe geen verlof gegeven om mee te komen en ik zelf had het hem verboden. De avond te voren had hij in de keuken tegen vrouw Wijke, de kok, uitgeschreeuwd: “Ik ga mee, hoor je? Ik heb 'n lang mes in m'n broekzak gestoken en ik zal elke verd- goggelaar die me keren wil, doodsteken”. Hij heeft z'n voornemen met vreeslike vloeken bevestigd. Vrouw Wijke, om enige malle streek te voorkomen, heeft zijn kleren, na hij aan slaap was, uit zijn kamer weggenomen. Maar de volgende ochtend was hij zoek. Toen de voertrollies hier aankwamen en de jongens aan afladen waren, kwam hij te voorschijn. Hij kwam uit het voer gekropen met dié kleren aan. Het bleek toen dat hij 'snachts door z'n venster gegaan is en de kleren van een van de staljongens gestolen en zich in 't voer verstoken had. En later, m'nheer, heb ik God gedankt dat Douwe hier was ... van ochtend toen Scheltema en ik trachten Jonkheer uit te nemen voor de beoordeling, was hij onmiddellik in zo 'n toestand dat ik werkelik bevreesd was dat hij zijn neusring zou uitscheuren. 't Waren niet de vreemde bullen die hem zo opstandig maakten. Daar was niet aan te twijfelen dat hij Douwe miste. We konden niets met hem maken, totdat een van de Kaffers kleine Douwe riep. Hij kwam de stal binnen, klopte de Jonkheer op de boud en riep: “M'n leeuwe Berntje,Ga naar voetnoot5 moet ik je weer 'n pak slagen geven?” M'nheer, zo 'n verandering heb je nooit in 'n dier gezien! Binnen 'n paar minuten had hij hem aan de dunne keten uitgeleid zonder de minste last of moeite.’ Mnr. Van Breda het tevergeefs probeer om 'n glimlag te onderdruk, onderwyl hy na die verhaal luister. Hy het egter teen Douwe met 'n glimlag uitgeroep: ‘Jonge, ons sal afreken as ons tuis kom!’ Die heer Van Breda was 'n ou vriend van my en nadat hy hierdie saak afgehandel het, het ons mekaar gegroet en ooreengekom om die middagmaal in die groot eetsaal op die terrein saam te nuttig. Hier het ek kennis gemaak met die demokratiese bestuur wat op Koelte aan die gang is. Die drie meisies, die stalkneg, klein Douwe en die drie Friese was almal gaste van die eienaar van Koelte. Dit was hier aan tafel dat Dirk van Breda ons die eienaardige storie vertel het van die manslag wat Jonkheer van der Made tot Zevenster op Koelte gepleeg het. | |
[pagina 587]
| |
Met 'n klompie Frieslanders wat hy uit Holland meegebring het, het hy 'n beroemde stalkneg, Tsjerd Abbema, saamgebring. Daar was geen beter kenner van Frieslanders en geen beter praktiese teler op die Vasteland as Abbema nie. Van Breda was gelukkig ryk genoeg om 'n man van dié aard te bekostig. Abbema was 'n wewenaar met 'n klein stiefseuntjie, Douwtje, aan wie hy waarskynlik meer geheg was as wat hy aan 'n kind van sy eie sou gewees het. Abbema het ongelukkig een groot kwaal gehad. Minstens een maal in die maand is hy dorp toe om beesagtig dronk en met twee flesse jenewer in sy sak huis toe te kom. In sy vak was hy egter so bekwaam dat die heer Van Breda hierdie swakheid oogluikend moes aanskou. Dit was onder sy bestuur dat die vermaarde bulkalf Jonkheer van der Made tot Zevenster op Koelte aangekom het om binne enkele jare 'n wêreldwonder te word. Klein Douwe het saam met die kalf opgegroei. Dit was Douwe wat hom uit die emmer gevoer en dikwels deur die Jonkheer omgestoot en vertrap is, wat hom daagliks na die kamp vergesel en middae teen sy skouer onder die skaduwee van 'n boom geslaap het. Hy het die kalf altyd as ‘M'n leeuwe Berntje’, en ‘m'n leeuwe Kleuver’, toegespreek, woorde wat die ongelukkige skepseltjie nog uit die taal van sy oorlede moeder onthou het. Daar was een kant van die lewe van klein Douwe waarvan die heer Van Breda nooit gehoor en niks geweet het nie. Sy stiefvader, Abbema, het hom buitensporig bemin en daar was nooit iets goeds genoeg vir Douwtje nie. Dit was moeilik om te sê op wie hy die trotsste was: op Jonkheer of op sy stiefkind. Alleen egter wanneer hy nugter was. As hy dronk was, het hy dikwels as 'n wilde roofdier tuis gekom en dan het hy klein Douwtje so gruwelik mishandel dat selfs die volk daaroor aan vloeke gegaan en die wreedaard met geweld van sy prooi afgeruk het. Maar die mishandeling het altyd in die groot stal of binne die slaapkamer plaasgevind. En hier het 'n eienaardige karaktertrek in die klein seuntjie te voorskyn gekom. Hy het sy stiefvader bemin - wanneer hy nugter was - en gevrees, wanneer hy dronk was meer as hy Beëlzebub uit die afgrond sou gevrees het. Maar by hom was dit 'n saak van eer om die mishandeling geheim te hou, niemand - vernaamlik nie die baas - moes daar iets van weet nie. Daarom was dit dat hy die vreeslikste marteling deurstaan het sonder om ooit 'n geluid te maak - en dit was presies wat altyd die waansinnige woede van die dronkaard buitensporig gemaak het. Hy het verlang dat die seuntjie om genade moes skreeu en soos ander kinders geweldig moes huil. Maar daar was niks van nie! Douwtje het eenvoudig op sy tande gebyt, bleek geword en eindelik flou inmekaargesak. By een geleentheid het die drie meisies Douwtje deur die venster van die melkkamer afgeiuister. Die reuse-bul het onder die skaduwee van 'n boom in die weikamp naby die venster van die melkkamer gelê. Jonkheer - toe vier jaar | |
[pagina 588]
| |
oud - was beroemd om sy goeie geaardheid. Dit was onnodig om ooit sy neusring te gebruik. Klein Douwe kon alles met hom doen: teen die mik van 'n boom laat staan, op sy rug klouter en stal toe ry. En dit was sy gewoonte om ure lank langs die bul in die weikamp te lê en met hom te gesels. Jonkheer was sy enigste speelmaat. Die dag toe die drie meisies hom afgeluister het, het hulle eers gelag oor die Friese stories wat Douwe aan Jonkheer vertel, maar dit is spoedig in trane en woede omgesit. ‘Luister nu, Kleuvertje,’ sê hy aan die bul. ‘Hij is weer naar 't dorp en hij komt van avond dronken thuis; en ik kan het niet langer uithouden, Berntje. Als je mij niet helpt dan weet ik waaragtig niet wat met mij gaat gebeuren. Kijk 'ns hier, Jonkheer,’ en hy trek die groot kop van die bul om en lig sy hempie, en toe sien die meisies iets wat dadelik die trane en woede verwek het. Sy klein liggaampie is bedek met die kors van vreeslike wonde waarvan party nog bloei. Dit sou nie langer toegelaat word nie! As mnr. Van Breda vandag huis toe kom, sou hulle hom alles vertel. Dit was te vreeslik om aan te dink! Daar was natuurlik al gerugte in omloop op Koelte van die mishandeling, maar die blankes het daar nooit veel geloof aan geheg nie. Abbema had die seuntjie so lief en Douwe het geen enkele maal gekla nie. Die drie meisies het egter nooit geleentheid gehad om hul beskuldiging teen Abbema voor mnr. Van Breda te bring nie. Dit was net voor sononder toe Abbema tuis kom. Wat die besondere oorsaak van sy woede dié aand was, is tot vandag toe nie opgeklaar nie. In sy roes het Abbema egter nooit 'n groot oorsaak nodig gehad nie. Klein Douwe was in die lang stal toe sy stiefvader tuis kom. Die enigste ander lewende wese in die stal was Jonkheer. Hy was in sy afdeling regoor die noordelike deur opgesluit. Klein Douwe het hom kort tevore ingebring, gevoer en opgesluit. Sy afdeling het uit dik geelhoutbalke bestaan, met groot ysterkramme vasgeklink. Dit was so nou dat hy nie kon omdraai nie en daarom was hy nooit aan die krip vasgeketting nie. Klein Douwe was alleen in die stal toe sy stiefvader die deur oopstrek en inkom, net agter Jonkheer se hok. Hy het toe reeds na die seuntjie gesoek omdat hy iets gedoen of nagelaat het. Twee jong swartes was by een van die agterluike, waar hulle deurgeloer en die hele voorval van begin tot einde gesien het. Jonkheer was stadig besig met 'n groot drag groenvoer wat Douwe kort voor sy opsluiting in sy krip gegooi het. Die bulstal was ongeveer dertig tree lank en die krip, met afskortings voor, het die hele afstand geloop. Aan die suidelike einde was ook 'n deur, maar dit was met ysterbalke gesluit en maande lank nie gebruik nie. Abbema het Jonkheer 'n harde klap toegedien, gepaard met 'n paar vloeke, toe sy oog op die bleek gesiggie van klein Douwe val. | |
[pagina 589]
| |
‘A, jonge, kom 'ns hier!’ roep hy. ‘Ik zoek naar je.’ En toe haal hy die besondere sonde aan wat die seuntjie sou gepleeg het. Douwe kon sien dat hy in een van sy gevaarlikste toestande is. Daar was vir hom egter geen kans om by sy stiefvader verby te vlug nie. Daarvoor was die ruimte te nou. Al wat hy kon doen, was om na die bo-ent van die stal te hardloop. Intussen het Abbema rondgesoek en uiteindelik 'n swaar mikstok in hande gekry wat met die opraap van die voer gebruik word. Met die groot stok in sy hande en 'n duiwelse glimlag op sy gesig het hy soos 'n sluipende roofdier die seuntjie genader wat teen die verste muur verskrik inmekaargesak het. Douwe het nooit 'n geluid gemaak wanneer sy vader hom mishandel nie. Dié keer ook nie. Toe Abbema hom bereik, het hy die seuntjie met die linkerhand om die keel gegryp, hoog van die grond opgetel en met uiterste geweld op die vloer neergeslinger. Toe hy daar teen die gewelmuur half-bewusteloos lê, lig Abbema die swaar mikstok bo sy kop om die kleintjie te verpletter. Dit was toe dat Douwtje vir die eerste maal in sy lewe 'n uitroep laat hoor het. En die uitroep was eienaardig genoeg: ‘Jonkheer! Jonkheer!’ skreeu hy. ‘Hij gaat me doodslaan! Help mij, Jonkheer!’ Twee maal het die besope reus misgeslaan. Die slae het teen die gewelmuur te lande gekom en Douwe was so klein dat hy 'n tyd lank in die krip tussen die muur en vloer beskerm was. ‘Jij roept om hulp, je schobbejak, nu zal ik jou wijzen!’ bulder die dronk man. ‘Nu zal ik 'n einde maken!’ Maar terwyl hy mik met die stok - 'n slag wat ongetwyfeld 'n einde aan die lewe van klein Douwe sou gemaak het - was daar 'n donderende geraas wat selfs deur Abbema se roes gedring en die geweldige slag gestuit het. Toe hy omkyk, sien hy wat dit veroorsaak het. Jonkheer was op sy knieë en met die krag van honderde ponde spier en been het hy sy kop en bolyf onder deur die onderste sybalk van die afskorting geforseer. Toe kom hy stadig orent met 'n gekraak en gekletter van splitsende balke. Heel bedaard stap hy uit sy verpletterde afskorting, met die puin van planke en balke oor horings en skof. Hy kom stadig na Abbema aangestap, sonder enige gebrom of gebulk, sonder die minste geluid, maar sy vonkelende oë was stip op die groot stalkneg gevestig wat hom oopmond in die grootste verbasing aanstaar. Dit was toe Jonkheer slegs 'n paar tree van hom af was dat hy die werklike gevaar vir die eerste maal insien. Hy het geweldig aan roep gegaan en die bul die een slag na die ander op die kop en horings toegedien. Net so goed kon hy op 'n rots geslaan het! Jonkheer het hom met dodelike vasberadenheid tot in die hoekie langs die geslote deur gedryf en daar het hy hom verpletter. Nadat Abbema reeds dood was, het die bul die lyk met een horing op die vloer uitgeskep en daar het hy op Abbema gekniel ... Toe die volk met vurke en brandende | |
[pagina 590]
| |
stompe bykom, was die bul weer bedaard en sonder die minste weerstand het hy die vragkettings laat aansit en na sy afskorting teruggeloop. Laat die aand het Dirk van Breda tuis gekom om die besonderhede van die vreeslike voorval te verneem. Hy het dadelik sy geweer gegryp en gelaai en is vort na die stal met 'n toorts om 'n einde aan Jonkheer te maak. Geen bul wat 'n mens gedood het, mag op Koelte aan lewe bly nie! Halfpad na die stal voel hy iets teen sy bene en in die donker hoor hy 'n hees stemmetjie. Dit was klein Douwe wat voor hom kniel en hom om die knieë gepak het. ‘Niet schieten, m'nheer, niet schieten! Niet Jonkheer doodschieten. 't Was alles mijn schuld. Ik heb hem geroepen. Schiet liever mij, m'nheer. Niet Jonkheer schieten!’ Die heer Van Breda het die geweer laat val en die klein seuntjie in sy arms opgetel en huis toe gedra. Die bebloede gesiggie was nat van die trane toe die twee onder die ligte van die kombuis sigbaar word. Maar dit was nie klein Douwe se trane nie. So het klein Douwtje die lewe van Jonkheer van der Made tot Zevenster gered. |