Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd2 ModjajeDaar is seker geen interessanter geheim in die geskiedenis van Suid-Afrika nie, altans vir mense wat in sulke dinge belangstel, as dié van die Sonvorstin Modjaje, wat gedurende die laaste jare van die Suid-Afrikaanse Republiek in Soutpansberg gesterf het. Die witman wat die naaste met haar in aanraking was en 'n menseleeftyd by haar hoofstat deurgebring het, het haar nooit self gesien nie. Eerwaarde Fritz Reuter was meer as veertig jaar by haar volk sendeling, het dikwels gesprekke met haar gehad, en het altyd tussen haar en die Regering gehandel, maar hy is nooit in die hoë teenwoordigheid toegelaat nie. Die enigste mense wat dié voorreg gehad het, was 'n tweetal indoenas, drie koninklike beule, 'n aantal slavinne en sekere ‘hofdames’. Modjaje se ‘paleis’ was met 'n doolhof van hutte omring waardeur 'n kronkelgang van hoë rietskerms na die koninklike oudiënsiewerf gelei het. Enigeen van haar volk wat die voorreg had om in te gaan, moes van die poort van die gang af op hande en voete tot voor Haar Majesteit kruip. (Die heer L.E. Krause, 'n skoonseun van eerw. Reuter, vertel dat hy self die seremonie aanskou het.) Dikwels is deur skrywers verklaar dat die ‘troon’ van die stam altyd alleen in die vroulike lyn erflik was; en dat die Modjajes altyd geheim gehou is. Dié bewering is onjuis. Die ‘wit’ Modjaje was die eerste bekende koningin van haar geslag. Al haar voorgangers, sover as hulle bekend is, was manne. Hul | |
[pagina 351]
| |
grafte lê almal in die sogenaamde towerbos van Modjaje; en hulle het openlik onder hul volk gelewe, soos al die ander swart kapteins van Soutpansberg. Geeneen van hulle het ook enige besondere beroemdheid gehad as reënmaker of toordokter nie. Dit was die ‘wit’ Modjaje wat haar naam en dié van haar stam vir die eeste keer deur die hele swart bevolking van Suid-Afrika bekend gemaak het. Eerwaarde Reuter gee 'n boeiende beskrywing van haar rykdom en weelde in die dae van haar grootste glorie. Gesantskappe met die rykste gifte is van alle kante na haar toe gestuur. Van Lobengoela, die Zoeloekoning van Matabeleland; Lewanika, die koning van Barotseland; en selfs van Ketsjewaio, koning van Zoeloeland; en van tallose kleiner opperhoofde het daar geduring lang karavane aangekom, belaai met goud en ivoor, en gevolg deur talle jong slavinne. Modjaje het laasgenoemde ‘handelsware’ altoos die graagste ontvang. Eenkeer (so vertel eerw. Reuter) het 'n Zoeloegesantskap ses maande by haar vertoef voordat hulle ‘met reën na hul koning kon teruggaan’. Die groot doel van die gesantskappe was om reën te vra; die algemene inboorlinggeloof was dat die ‘reëngat’ juis in haar land was, en dat sy 'n beheer daaroor had. Hoe so 'n geloof ontstaan het, is vandag onmoontlik om te verklaar. Dit is in elk geval seker dat nòg sy nòg haar tien indoenas ooit iets gedoen het om dié geloof teë te werk. Wat ook al die oorsaak mag gewees het, dit is ongetwyfeld dat dit die gelukkigste gevolge vir Modjaje en haar volk gehad het. Van 'n klein, armoedige en byna onbekende stam het haar volk skielik groot en ryk geword; want elke onderdaan het regstreeks of onregstreeks voordeel getrek uit die stroom van skatte wat jare lank uit alle dele van Suid-Afrika op haar toegevloei het. 'n Ander groot voordeel wat teweeggebring is deur die verheffing van haar stat tot 'n soort swart heiligdom, was veiligheid teen aanval. Geen ander stam sou dit in later jare gewaag het om oorlog teen Modjaje te voer nie. In haar jong dae was sy eenmaal aan 'n gevaar van dié aard blootgestel. Daaroor later. Was sy nou werklik wit? Indien wel, wie was sy, en waar het sy vandaan gekom? Geen antwoord kan vandag nog met sekerheid op dié vrae gegee word nie. Eerw. Reuter self is geheel en al in twyfel daaroor. Hy kan nie sê of sy wit of swart was nie, al beskik hy oor die hoorsêgetuienis van veertig jaar. Die sterkste indirekte getuienis dat sy 'n wit vrou was, bestaan uit die algemene geloof onder die inboorlinge van Suid-Afrika. Al haar eie volk het verklaar dat sy wit was: dat sy lang, bruin hare had en donkerblou oë, en dat sy wonderlik mooi was toe sy nog jonk was. Algemeen word ook deur haar ou volk bevestig dat sy gedurende haar lewe 'n byna ongelooflike karakterwisseling ondergaan het. Vir enige jare nadat sy ‘koningin’ geword het, was sy 'n sagmoedige meisie met die uiterste weersin in bloedvergieting. Haar oorgeërfde beule had geen werk om te doen nie, en elke ongelukkige kon altyd op haar medelye reken. | |
[pagina 352]
| |
En toe skielik het sy tot die ander uiterste oorgegaan. Haar bloeddorstigheid het onversadiglik geword. Eerw. Reuter beskryf die wreedste moorde onder haar toesig uitgevoer. Een van haar geliefkoosde wyses van teregstelling was om die slagoffer na die koninklike skerm uit te nooi. Op die gewone manier is hom bier aangebied, onderwyl die beul (met 'n boogsnaar gewapen) en sy twee assistente 'n plek langs hom inneem. Modjaje self aanskou die affêre deur 'n loergat. Op 'n gegewe teken gryp een van die assistente die arms van die veroordeelde van agter vas, die ander sy bene, terwyl die hoofbeul met geoefende gouigheid die boogsnaar om sy keel toetrek. Hy word op die grond uitgerek en so stadig verwurg. By ander geleenthede moes haar bloeddors deur 'n groter slagting geles word. Al die inwoners van 'n stat lewend verbrand was een manier! Onder die invloed van haar latere regering het die stam in die diepste onsedelikheid verval. Sy was self nooit op inboorlingmanier getroud en had nooit 'n kind nie; maar haar hoofstat was vol jong slavinne wat sy gewoonlik aan haar manlike gunstelinge uitgeleen het, present gegee of verkoop het. Onkuisheid en onegte kinders het reël in plaas van die uitsondering geword; en daarmee is die gewoonte van kunsmatige aborsies ingevoer - met (volgens eerw. Reuter) die noodlottigste gevolge vir die vroulike gedeelte van die stam. Die regstreekse getuienis dat sy wit was, berus (wat skrywer betref) op die verklarings van oorlede kommandant Henning Pretorius, destyds hoofoffisier van die Z.A.R. se Staatsartillerie, en 'n ou banneling-onderdaan van Modjaje, ene Piekenien Rakwena, wat jare lank in Waterberg gewoon het. Die leser oordeel self oor die getuienis. Kommandant Henning Pretorius is na Soutpansberg gestuur met 'n afdeling Staatsartillerie om sekere nukkerige Houtbosbergse en Laeveldse kapteins tot gehoorsaamheid te bring. Sy afdeling het deel uitgemaak van die kommando onder die bevel van kommandant-generaal Piet Joubert. Onmiddellik ná sy terugkoms na Pretoria had 'n koerantskrywer 'n onderhoud met kommandant Pretorius. Dié onderhoud is die volgende dag in 'n Engelse blad, The Transvaal Observer, gepubliseer. Kommandant Pretorius se verklaring kom hierop neer (die volledige verklaring word aan die einde van hierdie stuk woordeliks aangehaal): Hy het Modjaje se hoofstat met 'n afdeling artillerie genader en haar 'n boodskap gestuur om hom onmiddellik te ontmoet. 'n Sekere tyd is bepaal waarbinne die antwoord aan die kommandant moes gelewer word. Toe die tyd verstryk het sonder enige beweging van die kant van Modjaje, is op bevel van kommandant Pretorius 'n paar bomme oor die hoofstat heen geskiet. Onmiddellik daarna verskyn 'n parlementariër namens die koningin. Sy boodskap was 'n smeekbede dat die kommandant tevrede sou wees met 'n onderhoud met die tien indoenas in plaas van met Modjaje self; hulle sou haar gevolmag- | |
[pagina 353]
| |
tigdes wees en alles wat hulle doen, sou sy goedkeur. Maar kommandant Pretorius wou van sy oorspronklike eis nie afsien nie. Hy had twyfel of daar werklik so 'n persoon as Modjaje was. Die suspisie het naamlik lank reeds in Soutpansberg wortelgeskiet dat die sogenaamde indoenas die enigste hoofde van die stam was, en dat hulle agter die towernaam van Modjaje skuil terwyl hulle al die rykdom wat aan Modjaje gestuur word, onder mekaar verdeel. Kommandant Pretorius kon insien dat dit vir die indoenas onder die omstandighede baie maklik was om so 'n bedrog uit te voer. Soveel vrees het haar beweerde towermag onder haar volk teweeggebring dat geeneen ooit 'n poging sou aanwend om die werklikheid van haar bestaan te ondersoek nie. Selfs die sendeling Reuter kon nie met sekerheid verklaar dat daar werklik so 'n vrou as Modjaje was nie. Dit was hierdie verdenking van bedrog wat die kommandant in sy eis gesterk het - miskien was daar ook 'n bietjie gewone menslike nuuskierigheid in die spel. In alle geval, ná langdurige onderhandeling en die stuur van boodskappers heen en weer, het Modjaje dan haar instemming met die eis van die kommandant te kenne gegee. 'n Plek is bepaal waar die onderhoud sou plaasvind, en daar is verder ooreengekom dat slegs die kommandant haar gesig sou sien en geeneen van sy offisiere nie. Dit was met 'n taamlike seremonie dat die misterieuse koningin eindelik, vir die eerste keer gedurende haar lang regering, die hoofstat uittrek. Sy is gedra deur vier indoenas in 'n soort hangmat geheel en al omhang met kwaggavelle. Van haar persoon was niks hoegenaamd sigbaar nie; langs die stoet loop die orige indoenas en 'n klomp slavinne in volle feesgewaad; naasaan die hangmat loop 'n jong swart vrou geklee in die koninklike tierkaros. Dit was die koningin se aangewese opvolger en gunsteling. (Dit is die dogter van hierdie vrou wat vandag Modjaje is.) By die onderhoudsplek staan kommandant Pretorius alleen om die stoet in te wag. Toe die hangmat by hom kom, stap die oudste indoenas vooruit, met die woorde: ‘Hier is Modjaje!’ Die kommandant stap toe na die hangmat onderwyl al die indoenas op hul knieë neersak en hul gesigte bedek. Die kwaggavelle word deur die ‘kroonprinses’ oopgetrek, en vir die eerste keer is dit 'n witman veroorloof om Modjaje se aangesig te aanskou. Haar towery was magteloos teen die Republiek se Kruppkanonne en granaatkartetse. Modjaje sit agteroor in die hangmat geleun, en reik haar hand aan kommandant Pretorius sonder 'n enkele woord en sonder 'n gelaatstrek of gebaar wat skrik of vrees of verbasing beduie. Al die twyfel wat die kommandant mag gekoester het, word dadelik vernietig. Hy sien voor hom 'n blanke vrou, oud en afgeleef, met lang, bruin, grys hare, blou oë en gewone inboorlingdrag. Met uitsondering van die tiervelkaros, | |
[pagina 354]
| |
wat haar koninklike rang aandui, is sy nie anders geklee as ander swart vroue nie. Die byeenkoms is deur kommandant Pretorius uit militêre beweegredes geëis. Hy wou alleen tevredegestel wees dat daar werklik so 'n individu as Modjaje bestaan, en hy wou hê dat sy persoonlik haar onderdanigheid moes toon. Daarna sou die Regering tevrede wees om met haar gevolmagtigdes te onderhandel. Die kommandant kon sien dat die gedwonge onderhoud sowel vir haar as vir haar indoenas 'n gevoelige vernedering was. Hy het dit dus so kort moontlik gemaak. Hy laat haar teruggaan onmiddellik ná die formele groete. Maar nou kom daar 'n verdere geheimsinnigheid. Generaal Joubert eis ook 'n persoonlike onderhoud. Modjaje, die towenares, was 'n middelpunt van gevaar in die noorde, en die Regering moes tot 'n duidelike en persoonlike verstandhouding met haar geraak. Die onderhoud vind plaas in teenwoordigheid van die sendeling Reuter. Weer kom die tien indoenas met Modjaje, maar hierdie keer is Modjaje 'n jong swart vrou! (Dit lyk asof sowel generaal Joubert as die sendeling Reuter tydens hierdie tweede onderhoud nog onbewus was van Pretorius se onderhoud en uitslag. In alle geval, hulle het sonder verdenking die swart Modjaje as die ‘ware’ Modjaje aangeneem, en as sodanig aan haar die wil van die Regering bekend gemaak.) Later het geblyk dat die Modjaje wat aan generaal Joubert getoon is, ongetwyfeld 'n valse was. Enige jare ná die historiese onderhoud het eerw. Reuter die Regering laat weet dat Modjaje dood is. Sy is in die towerbos saam met die ander kapteins van haar stam begrawe, onder die gewone roubetoon van haar hele volk. Die Regering het die koninklike raad toe laat weet dat Modjaje se opvolger dadelik aan eerw. Reuter as verteenwoordiger van die Republiek moes getoon word. En ... die Modjaje wat hulle daarop vertoon, was dieselfde swart vrou wat enige jare tevore aan generaal Joubert as die ‘ware’ Modjaje voorgestel is! Eerw. Reuter het die Regering van die gepleegde bedrog in kennis gestel; maar niks is verder in die saak gedoen nie, en die nuwe Modjaje is deur generaal Joubert as hoof van die stam erken. Eerw. Reuter vertel in verband hiermee dat hierdie vrou voorheen by ander geleenthede ook diens moes doen as 'n nagemaakte Modjaje wanneer dit volstrek nodig was vir die koningin om vreemde gesante of ander persoonlik te ontvang - so ten minste is aan hom deur sekere van haar volk vertel. Die oorsaak van haar geheimsinnige lewe word as volg deur eerw. Reuter vertel: Sy is ‘tot die troon verhef’ toe sy 'n meisie van tussen agtien en twintig jaar oud was. In die begin van haar regering het sy openlik met haar volk omgegaan en as 'n gewone opperhoof geleef, en dit was 'n onverwagte skrik wat haar tot die geheimsinnige lewenswyse gedryf het. | |
[pagina 355]
| |
Gedurende die eerste jare van haar regering het 'n sekere jong Buys-baster skielik as 'n vrybuiter-kaptein sy verskyning in die noorde gemaak. Met 'n goed gewapende mag van swartes en ‘Buyse’ onder hom het hy 'n tyd lank die klein inboorlingstamme in Soutpansberg onder skrikaanjaging herhaaldelik uitgeskud. Van een hoofstat na die ander het die rower Buys en sy bende getrek, en oral was volop bier, vleis en jong meisies vir hulle as losprys aanwesig. Maar kaptein Buys het van die begin af een ambisie gekoester. Hy het van die jong, wit Modjaje gehoor, en het besluit dat sy 'n gepaste gade sou wees vir die Geweldenaar van die Noorde! Onverwags verskyn hy en sy trop gewapende perderuiters op 'n goeie dag voor haar stat met die vordering dat Modjaje dadelik aan hom in huwelik moes oorhandig word, in gebreke waarvan met allerlei geweld gedreig is. Verskrik soos die jong meisie was, het sy nog haar verstand sover behou om dadelik 'n lid van haar huisgesin te dwing om die rol van Modjaje te speel, terwyl sy die berge ingevlug het na 'n spelonk, waar sy weggekruip het totdat al die gevaar weer verby was. Kaptein Buys, wat, soos die welwillende leser weet, afstam van Coenraad Buys, die blanke vlugteling uit Kaapland, en sy huwelik met 'n dogter van Silkaats, was erg teleurgestel toe hy verneem dat sy voorgestelde bruid 'n gewone swart vrou was, en het ná 'n paar dae van sy eis afgesien - egter nie voordat hy en sy volgelinge die hoofstat tot prooi gemaak het van hul losbandige luste nie. Van dié tyd af, sê eerw. Reuter, het Modjaje nooit weer in die openbaar verskyn nie. Die storie van Piekenien Rakwena verskil in enkele vername besonderhede van dié van eerw. Reuter. Rakwena was van dié soort oorlamse volk wat altyd die agting en respek van hul wit bure en kennisse erlang. Hy het van Modjaje gevlug toe hy 'n jong man was, en het binne 'n jaar daarna in Johannesburg te lande gekom, waar hy by 'n mineraalwaterfabriek in diens getree het. Twintig jaar lank het hy een baas gedien; en toe hy eindelik na Waterberg terugkeer, was hy 'n ryk swartman. Daar is hy met 'n Sjangaan-vrou getroud, en had naderhand 'n aansienlike stat onder hom met 'n groot hoop beeste en kleinvee. Gedurende sy laaste jare het hy aan een of ander inwendige kwaal gely, en sy lewe is nog verder verbitter deur 'n vaste geloof aan towery. Al sy siekte en pyn en die gewoonste klein teëspoedjie wat hom in die lewe tref, is aan die kwaadaardige aktiwiteit van vyandige towernaars - gewoonlik in diens van kwaadgesinde bure - toegeskrywe. Van alle kante het hy beroemde toordokters laat kom - gewoonlik teen enorme vergoeding aan beeste - om hom van sy geheimsinnige vyande te bevry. Deur dié lui is sy geloof in towery natuurlik aangemoedig, en dit het miskien meer gedaan as sy ‘siekte’ self om sy einde te verhaas. Tog was daar geen blanke in sy wyk wat nie 'n goeie woord vir ou Piekenien Rakwena had nie. Dit was bekend dat 'n mens op sy woord met die grootste se- | |
[pagina 356]
| |
kerheid kon reken. Sy dankbaarheid vir die kleinste diensie het hy altyd op praktiese wyse getoon, en dit was algemeen bekend dat hy uiters waarheidliewend was. Dit is nou die getuie wat die verklaring van kommandant Pretorius omtrent die ras en kleur van Modjaje staaf. Sy storie was min of meer as volg: Sy vader was 'n onderdaan van Modjaje, en die stat waar hy gebore is en grootgeword het, was op die kant van 'n digte houtbos, op 'n groot afstand van die hoofstat geleë. So lank as hy kon onthou, was Modjaje koningin, en sy was reeds algemeen beroemd as 'n reënmaker toe hy 'n jong man van omtrent twintig jaar was. Daar was 'n jong meisie in sy stat, dogter van 'n oom, met wie hy sou trou. 'n Gedeelte van die koopskat in beeste was reeds deur sy vader betaal, toe 'n groot ongeluk skielik sy stil en gelukkige lewe tot 'n einde bring. Op 'n dag verskyn daar 'n boodskapper van die koningin in hul stat. As teken van hul amp het die boodskappers 'n sekere soort kierie gedra met 'n blouwildebeesstert aan die punt. Die vrees wat die naam van Modjaje by haar volk ingeboesem het, was so groot dat haar bediendes altyd met byna slaafse onderdanigheid deur die gewone volk behandel is. Buitendien was dit 'n wet dat die bediendes van die koningin op al hul reise van kos moes voorsien word deur elke kraal waar hulle mag aankom. Die boodskapper gee aan Rakwena se pa te kenne dat hy van plan was om 'n uur of wat by hom te rus. Dit het ongelukkig so gebeur dat daar dié dag glad geen bier in die hele stat was nie, en ook geen klaargemaakte kos nie. Toe dit aan hom vertel word, skyn die boodskapper heeltemal tevrede. Hy kom in die skerm sit en gesels, en ná verloop van enige tyd is hy weer voort op sy pad na die hoofstat. Drie dae later verskyn 'n gewapende mag onder bevel van een van die groot indoenas by die stat, met die verbasende beskuldiging dat die bediende van die koningin op sy besoek met minagting behandel is, omdat geen bier of kos hom aangebied is nie. Al die pleit van Rakwena se vader help niks nie. Die indoena gee hom te kenne dat hy homself gelukkig mag beskou dat die koningin nie die doodvonnis oor sy hele stat uitgespreek het nie. Haar vonnis was genadiglik alleen 'n swaar boete in vee en twee jong vroue daarby. Al die vroue moes verskyn, sodat die indoena sy keuse kon doen. En die eerste wat hy kies, was Rakwena se aangewese bruid! Die jong man voel dat 'n vreeslike onreg hom aangedaan is - maar wat kan hy teen die mag van Modjaje uitrig? ‘Net so goed kon 'n mens teen die wolke stry,’ was sy eie uitdrukking om sy hulpeloosheid aan te dui. Maar sy ongelukstyd was daarmee nog nie verby nie. 'n Paar maande ná die gebeurtenisse raak 'n klompie bokke van die stat weg, en Rakwena met die | |
[pagina 357]
| |
meeste van die mansvolk van die stat, is uit om hulle te soek. Dit geluk Rakwena om hulle spoor te kry, en dié het hy gevolg deur die groot kloof wat hulle van die hoofstat skei. Teen die hang van die berg, op die top waarvan die hoofstat geleë is, gaan die spoor 'n digte houtbos in. Hier kom Rakwena skielik op 'n jong vrou af wat besig is om dektoue te maak van doringbas. Tot sy verbasing sien hy dat dit sy beloofde en gestole vrou was! Sy is alleen. Modjaje het haar gestuur om die toue te maak vir 'n nuwe hut wat hulle aan bou was. Sy en Rakwena gaan onder 'n boom sit en gesels en betreur die noodlot wat hulle geskei het. In die middel van hulle gesprek gee die meisie 'n gil, en met die woord ‘Modjaje’ op haar lippe, sak sy vooroor met haar aangesig op die aarde vasgedruk. Toe Rakwena die oorsaak van haar skrik gewaarword, ‘het sy hart in vet verander’, soos hy sê. Langs hom staan 'n wit meisie met lang hare. (Deur aanwysing van ander hare, bedui hy dat die kleur daarvan donkerbruin was.) So lank was haar hoofhaar dat dit haar heupe bedek. Om haar kop was 'n paar vlegsels krale gedraai om dit vas te hou. Haar kleding was dié van 'n gewone inboorlingvrou: 'n velvoorskoot wat tot die knieë strek, en 'n lang tiervelkaros wat agter byna die grond raak. Om haar arms en bene was die gewone kraal- en koperbande en sierade. Sy had geen skoene aan of hoed op nie; maar haar vel was nietemin glaswit (soos Rakwena dan beduie), en glad nie verbrand nie. Met die meeste beslistheid het hy bevestig dat sy nie 'n albino was nie. Van hulle het hy baie gesien. Dié meisie was nie van hulle soort nie. Sy was 'n ‘witmens’. Haar oë was blou en helder - nie rooi en swak soos dié van 'n albino nie. Haar bors was nakend, en daaraan (beweer hy) was die sterkste bewys dat sy geen swart bloed in haar had nie. Sy was van middelmatige hoogte, skraal van lyf, maar glad nie maer nie. Hy wis dadelik dat hy in teenwoordigheid van die gevreesde Modjaje was; maar só verbaas en verskrik was hy dat hy as versteen daar gesit het. Agter haar sien hy 'n paar vroue en twee of drie gewapende inboorlinge. Eindelik roep een van dié hom toe: ‘Val plat; hoe durf jy die Koning sien?’ Toe, vir die eerste maal, bedek hy sy aangesig - maar nie voordat hy oortuig was dat Modjaje kwaad was en dat sy lewe aan 'n draadjie hang nie! Hy hoor Modjaje vra: ‘Wie is hy?’ En hy hoor sy niggie antwoord, nog met haar gesig op die grond. Sy vertel sy naam en alles van hom - ook dat hy haar beloofde man was. Modjaje raas en skel op hom en op die meisie, en maak allerhande beskuldigings teen hulle, terwyl hulle twee elke kansie waarneem om hul onskuld te beweer. Om sake nog erger te maak, brom nou en dan die stem van die indoena van die agtergrond: ‘En onthou, Koning, dat hy jou met blote oë aangekyk het!’ Eindelik draai Modjaje om en gebied die meisie om haar te volg, terwyl haar | |
[pagina 358]
| |
laaste woorde aan Rakwena was: ‘Ek sal jou môre by jou kraal laat roep. Gaan terug.’ Hy wis dat dit die doodvonnis was, en het nooit na sy kraal teruggegaan nie. Dieselfde nag is hy die berge oor na Pietersburg, en van daar later na Johannesburg.
Indien Modjaje werklik 'n blanke vrou was, wie was sy dan? en waar het sy vandaan gekom? Rakwena het 'n vae herinnering gehad dat hy eenmaal gehoor het (nog voor hy haar self gesien het) dat sy 'n Boeremeisie was. Sy is as baba gedurende 'n inboorlinginval (deur 'n ander stam) deur 'n onderkaptein uit 'n Boerehuis gered. Dit het so gebeur dat een van die dokters van die vorige Modjaje-koning op 'n besoek was by die stam toe die leër van die strooptog terugkom. Die dokter het die baba vir 'n sakkie medisyne geruil en na die hoofstat teruggeneem. Die eerste vrou van die koning was sonder kind, en aan haar het die dokter die wit baba as 'n geskenk oorhandig, met die dolosprofesie dat sy eendag die grootste vorstin in die wêreld sou word. Toe sy groot was, is sy as opvolger deur die koning benoem, en later as Modjaje erken. Die leser kan self oordeel of die toordokter se voorspelling bewaarheid is!
In Die Volkstem van 14 September 1892 het die volgende brief van kommandant Pretorius verskyn:
De oude Modjaje is volgens mijn berekening minstens 100 jaren oud en afkomstig van Majajerland. Hoewel haar volk beweert dat zij van eeuwigheid bestaat, kan ik haar hoogstens schatten op 110 jaren. Nu, zij werd in Majajerland geboren en niet anders dan als 'n onecht kind, afkomstig van 'n blanke en 'n Sint-Helena-familie. Dit kind is door de Majajers opgenomen, gewaardeerd en beschouwd 'n wondervol mens te zijn. Zij had 'n beelderig wezen en was van nature wel ter taal en bezit meer begaafdheid dan de natie waaronder zij terecht is gekomen. Dus meer en meer werd zij 'n invloedrijk mens en gaf de raad aan haar aanhangers om Majajerland te verlaten. Zij zijn overgetrokken naar 't gebergte tussen de Klein en Groot Letabarivieren. 't Is begrijpelik dat, toen 't volk van 't verre land met zo 'n beeld, bijna 'n blank mens, onder de daar wonende stammen kwam en zij hen verhaalden dat deze was 'n mens zonder vader of moeder (zoals heden nog gezegd wordt), zonder begin, en dat zij ook geen einde zou hebben, ieder barbaar of ongelovige dat als waarheid aannam, en dat ieder kleurling daar eerbied en vrees voor heeft. Nog begrijpeliker dat, toen Modjaje opgroeide en alles wat van haar gezegd werd, zelf geloofde, zij gebruik maakte van haar meerder verstand om invloed uit te oefenen. Zij slaagde erin om 'n tover-regering tot stand te brengen. | |
[pagina 359]
| |
Zij heeft natuurlik rekening gehouden met de natuur, en kon min of meer oordelen wanneer de regen zou vallen; daardoor werd zij voor 'n regenmaakster gehouden. Dit werd dadelik 't gehele land door bekend, en toen 'n paar maal de proef werd genomen, gelukte 't Modjaje om op de rechte tijd regen te geven. Zoals ik reeds gezegd heb, nam zij notitie van de natuur, doch 't is vele malen gebeurd dat regen gevraagd werd, maar omdat 't geen regentijd was, Modjaje weigerde regen te geven, voorgevende dat zij kwaad was over de een of andere zaak, dat deze of gene haar vertoornd had en de schuldige moest gevonden worden, anders kwam geen regen. Ingeval er regen viel binnen de tijd door haar bepaald, dan vertelde zij 't volk: ‘Ik heb regen gegeven omdat de schuldige zelf voor de dag is gekomen.’ Hij was echter nooit bij haar. De plaats waar zij de gewoonte had om regen te maken, is omtrent drie mijlen van de hoofstad en heet het ‘toverbos’. Ieder kleurling die niet aan 't tover-bos behoort, zal er nooit heengaan; anders is hij 'n kind des doods, en omdat de Kaffers alleen aan Modjaje's toverij geloofd hebben, was bij hen de verbeelding zo vast dat geen wapens, hetzij van wit of zwart, dat bos zouden veroveren. Nu denken zij anders, waarom zeg ik later. Modjaje richtte 'n regering op, bestaande uit zes indoenas (regeerders). Deze regeringsleden traden ieder zes jaar af; de opvolgers weten nooit wat er van hun voorgangers is geworden. Doch er begint nu meer licht over deze geheimzinnige zaak te schijnen; men beweert dat zij na verstreken diensttijd doodgestoken werden, omreden er vrees bestaat dat de afgetredenen 't geheim kunnen openbaren. Ik moet even aanmerken dat er 'n oude man is met name Majakalala, die in de regering deelt als raadsman en ook laksman (beul) is; hij voert zelf de doodvonnissen uit en wel op deze wijze: de veroordeelde wordt met z'n voeten aan 'n boom gebonden, 'n touw wordt om z'n hals gedaan en dan trekt Majakalala zo lang aan de touw totdat de man geworgd is; 't lijk blijft voor de aasvogels. 't Is vreselik te horen welke onmenselike daden plaatsvinden; b.v., wanneer een of ander Kaffer in 't bezit komt van 'n aantal vee boven de anderen, dan wordt 'n 20 of 30 tal Kaffers bij elkander geroepen en zij zorgen dat de rijke erbij komt, dan komt Majakalala met de toverdokter, en de aanwezigen moeten 'n sirkel vormen; daarna wordt aan de aanwezigen bekend gemaakt dat er kwaad gedacht was tegen de kaptein, en de toverdokter moet 't uitvinden. Hij neemt eerst 'n algemeen overzicht over de troep en zegt dan: Ja, de kwaadstichter is hier onder de troep. Dan wordt 't lot geworpen, doch de toverdokter weet zeer goed om 't lot thuis te brengen op de Kaffer die 't meeste vee heeft. Nu, deze man gevoelt zich geheel onschuldig, maar hij krijgt 'n boete van twee of drie beesten; die worden dan geslacht; en zo krijgt de regering vlees; zo gaat 't van tijd tot tijd. | |
[pagina 360]
| |
Hier ziet men alweer hoe 'n naturel geheimen kan bewaren, want de man waar 't lot op is gevallen, erkent dadelik dat hij schuldig was, al heeft hij dit maar in 'n droom begaan. Hierdoor wordt meer en meer geloof gehecht aan de waarzeggerij. Zo bestaat nu Modjaje's regering. Mij is altoos gezegt Modjaje heeft twintig vrouwen, maar bij 't opmaken van de sensus kwamen er maar tien voor de dag. Zover men kan uitvinden, heeft Modjaje nooit 'n eigen man gehad en heeft zelfs geen kinderen buiten en behalve die als haar kinderen beschouwd moeten worden. Want, zoals gezegd, zij heeft haar twintig vrouwen en trekt haar voordeel daarvan door de dochters van haar vrouwen te verhandelen als vrouw voor beesten, enz. De vraag is gesteld: Modjaje is 'n vrouw en heeft alzo vrouwen; vanwaar zijn nu de kinderen gekomen? 't Antwoord was: de vrouwen kregen de kinderen bij de fonteinen wanneer zij water haalden! Ik wil verstaan hebben dat 't motto van Modjaje's regering is toverij, en zij heeft er veel bij geprofiteerd; want alle Kafferstammen in de omtrek hebben gebruik gemaakt van te geloven dat Modjaje de god der aarde was en zij moet aan de aarde regens verschaffen, mits als ieder zijn plicht doet om haar ervoor te betalen. En, zoals ik gezegd heb, het toverbos is de plaats waar de regens moesten uitkomen. En nu, wat is er gebeurd voor zestien maanden? Kommissaris Schiel ging belasting invorderen; de Kaffers weigerden de hutten te doen tellen. 'n Oproer vond plaats. Kommissaris Schiel kreeg een van de tovenaars in handen, bond hem en vernietigde zijn gereedschap - met andere woorden, toversnoeren; en de zo gevreesde Majakalala werd gebannen. Ik zelf werd er door de H. Ed. Regering heen gezonden. Op mijn mannen onder kommissaris Schiel werd geschoten. Ik moest hulp van binnen krijgen, en zolang de opkomst van burgers duurde, was kommissaris Schiel bezig om de kralen buiten de hoofstad te vernietigen. Hieronder valt ook 't beroemde toverbos, dat geheel verwoest en verbrand is geworden. Op die dag is Modjaje en haar volk tot 'n geheel ander gevoel gekomen - van de ure af nl. dat 't toverbos door slechts 'n half dozijn blanken en 'n paar duizend Knopneuzen verbrand is. Zelfs de Knopneuzen dachten dat ieder hunner zou sterven, omdat zij de heilige regenstad, zoals zij dezelve noemen, vernietigd hadden. Hierop volgde de aankomst van 'n burgermacht onder bestuur van mijzelf en kommandant Vorster. Modjaje en haar volk dachten natuurlik dat hun heilige macht gevallen was en dat zij nu verplicht zouden worden om andere hulp in te roepen. Zij vervoegden zich bij ons lager en smeekten om vergiffenis. Zij verlangden naar vrede. Dit werd hun gegeven, en van stonde af aan kwam Modjaje en het volk tot de gedachte dat 't beter voor hen zou zijn om met de blanken rekening te houden. Zowat twee maanden na afloop van de ekspeditie kwamen van Modjaje's indoenas in Pretoria, zeggende dat Modjaje niet kan vergeten dat zij van de dood verlost was en dat zij begerig was haar wel- | |
[pagina 361]
| |
doener te zien, menende de Kommandant-Generaal, die de kommissaris Schiel gestompt had om, zoals zij 't beschouwde, haar uit te roeien; tot driemaal werd de begeerte door Modjaje's indoenas uitgesproken. Hierop volgt 't vertrek van de Lokatie-kommissie om de lokaties van Modjaje en anderen af te bakenen; en toen de kommissie achttien mijlen aan deze kant van Modjaje's hoofdstad was, ontmoette zij de indoenas van haar met bericht dat Modjaje's begeerte was dat de Kommissie komen moest tot de hoofdstad. De Kommissie stemde hiermede in, en na andere zaken geregeld te hebben, besloot zij met kapt. Schiel over te gaan naar Modjaje. De indoenas die tegenwoordig waren, objekteerden en zeiden wanneer kapt. Schiel met de Kommissie kwam, alle Kaffers de bossen en bergen zouden invluchten. De Kommissie kwam met kapt. Schiel overeen (om 't werk van de Kommissie niet te hinderen) dat hij achter zou blijven; hierdoor werd 't vertrouwen meer en meer vergroot. De Kommissie bereikte de hoofdstad tot op twintig minuten, waar gekampeerd werd. Toen kwamen de volgende dag zowat 2 000 Kaffers 't kommissiekamp 'n bezoek brengen, waarna 't opmaken van de sensus 'n aanvang nam. De volgende dag kwam 'n stoet Kaffervrouwen met mielies, gezonden door Modjaje, voor de paarden van 't kamp. Onder deze vrouwen werd een aan de Kommissie voorgesteld, zijnde de oudste vrouw van Modjaje. Altoos was gezegd, en later weer, dat Modjaje twintig vrouwen aanhoudt, maar bij opneming van de sensus zijn slechts tien vrouwen voor haar opgegeven. Onder 't opmaken van de sensus zei ik aan de indoenas dat ik besloten had naar de hoofdstad te gaan. Zij schenen hierover in hun schik te zijn, en stelden voor dat twee hunner dat eerst aan Modjaje zouden gaan zeggen, en gingen toen heen. Na drie uren wegblijvens kwamen zij terug en wensten mij privaat te zien; dit verkregen zij. De boodschap van Modjaje was: zij dacht dat ik morgen zou komen (ik denk 't bier was nog niet in orde), maar als ik haastig was, dan kon ik maar komen, doch niet meer blanken meebrengen dan mijn ordonnans. Vandaar bij de ingang van de stad gekomen, onder 'n grote matoukaboom, werd mij 'n stoel aangeboden; daar moesten wij blijven totdat de indoenas na 'n kwartuur wachtens waren teruggekomen en zeiden om binnen te gaan. Wij stapten hekken en hekken door, gewapend met 'n zesschot-revolver. Wij werden toen in 'n nieuw gebouwde rondavel gebracht. Deze hut was doorsneden met 'n middelmuur, had 'n planken deur, omtrent vijf voet hoog. Zodra men de drempel overtrapt, komt men in 'n groep die van de voordeur gaat naar de middelmuur. De deur was voorzien met 'n hangslot. Vijf indoenas namen met ons plaats in de hut. Ik had de gelegenheid om mijn ogen te houden op 'n gedeelte van de massa Kaffers die aan de buitekant tegen de palmlaan aanzaten. | |
[pagina 362]
| |
Eindelik hoorde ik 'n geschreeuw van meiden of Kaffervrouwen. Mijn oog houdende op de daar buiten zittende Kaffers, merkte ik op dat ieder zich ontkleedde, behalve dat zij aanhielden de gewone Kafferdracht, en meteen zie ik dat alle Kaffers daarbuiten op hun aangezicht vallen en liggen te klappen in de handen. De indoenas hebben zich intussen ook ontkleed. 't Geschreeuw van de vrouwen daarbuiten duurde gedurig voort, en onder 't rumoer komt de oudste vrouw van Modjaje naar binnen kruipen, gevolgd door twee andere, daarna kwam de oude Modjaje, die gedragen werd door drie andere oude vrouwen, wier hoofden kaal geschoren waren en blinkend als glas. Al de indoenas lagen op hun aangezichten en gebruikten gedurig grote woorden, prijzende haar en zeggende: ‘Gij, de moeder van de zon, leeft altijd!’ Toen de oude vrouw was nedergezet, zeide 'n oude vrouw: ‘Hier, hier, hebt gij de grote, onze Koning!’ Toen richtte ieder Kaffer zich op en sprak geen woord voor en aleer ik hun zeide: ‘Is dit nu de Modjaje?’ Zij antwoorden: ‘Dit is zij.’ Ik heb mij overtuigd dat er geen bedrog in de zaak was, want de gehele toedracht der zaak was 'n sprekend bewijs. Ik vroeg of ik haar met de hand kon groeten. Hierover was ieder verblijd. Ik ging naar haar toe en bemerkte dadelik dat zij geheel onmachtig was; want 'n andere vrouw moest haar arm ondersteunen en oplichten, zodat ik haar hand vatten kon. 't Voorkomen van de oude vrouw heeft mij bijna verrast, want ik had te beschouwen 'n oude, machteloze ziel, die geheel bij de kleinste beweging afhankelik van andere schepsels was. Daar zat zij, half gebogen, met 'n kombaars en 'n rode muts gekleed en met 'n snoertje toverbeentjes om de hals. Zij heeft 'n lange, spitse, effen kromgebogen neus, lang gezicht, dunne lippen, kort geschoren, steil haar, witte of blauwe ogen, en is geheel licht (maar niet blank) van kleur. Ik ondervond dadelik dat 't oude schepsel bijna doof en blind was; zij kon nauweliks spreken, haar hoofd is altijd aan 't beven. Zij kan nauweliks haar mond toedoen; wanneer haar iets gevraagd wordt, dan moet 't in haar oor gezegd worden; en wanneer zij spreekt, dan moet de tolk 't oor bij haar mond houden. Toen ik haar vraagde of zij voorheen blanke mensen had gezien, ontkende zij zulks en zeide: ‘U en de andere man (mijn artillerist-ordonnans) zijn de eersten.’ Ik vroeg haar: ‘Zijn dan de witte mensen al te lelik?’ Zij antwoordde: Hoe kan zij zeggen dat haar verlosser, haar ‘man’, lelik was! Want, zeide zij, Ketsowaa (menende kaptein Schiel) heeft haar doodgemaakt, en haar blanke man heeft haar 't leven weergegeven; en zij voegt erbij dat, wanneer iemand eens dood was en weer levend is geworden, hij nooit kan vergeten dat hij dood was geweest. Ik moet nu te verstaan geven waarom Modjaje en haar Raad er toe zijn geko- | |
[pagina 363]
| |
men mij toe te laten haar persoonlik te zien. Als men nu in aanmerking neemt de gebeurtenis tussen haar en kommissaris Schiel met diens Knopneuzen, door 't vernielen van haar Toverbos; hoe dat haar volk er op uit was om kapt. Schiel in die tijd 't leven te benemen door hem voor te zitten bij de poort van 'n vesting, maar door 'n blanke agter kapt. Schiel is ontwaard. En zo werd kapt. Schiel gespaard, tot teleurstelling van Modjaje's volk. Dit alles bracht bij dat zij nu geloven dat de krachten der witte mensen met de toverij sterker zijn dan de hunne, en dat zij nu geheel en al door kapt. Schiel en diens Knopneuzen zouden vernield worden. Daarom zijn zij nu tot 't besluit gekomen om zich meer aan de zijde van 't Goevernement te voegen. Ja, met één woord, zij hebben gedacht: Wanneer zij mij toelaten de oude Modjaje te zien, dat zij alles van mij zouden verkrijgen, b.v., geen kommissaris over hen, alleen 'n beampte uit 'n Goevernementskantoor, en meenden hun grond, zoals door hen worden geregeerd, te zullen behouden. De lokatie is nu afgebakend. Verder en ten slotte moet ik mijn vrienden verzekeren dat ik geheel zeker ben dat ik de geheimzinnige Modjaje persoonlik heb gezien. Mijn laatste overtuiging is deze: Twee dagen nadat ik 't onderhoud met Modjaje had, zag ik de eerw. heer Reuter, zendeling wonende onder Modjaje's volk. Ik moest hem verhalen hoe of zij in vorm bestaat. Daar kwam een van haar nabestaande volk, 'n Kaffer die met de onlusten tussen haar en kapt. Schiel niet wou delen en die vluchten moest; daarna heeft hij schuilplaats bij de bedoelde zendeling gekregen; deze Kaffer heet Mahoehoedie. De heer Reuter verhaalde hem dat ik de oude Modjaje had gezien. Hiertegen objekteerde hij dadelik en zeide dat kan niet zo wezen; hij is van oordeel dat gehandeld is zoals gewoonlik om wanneer blanken Modjaje zien willen, dan wordt zo maar 'n ander oude vrouw voorgesteld; maar toen ik hem eerst de toedracht van de zaak verhaalde en in welke vorm zij bestaat, toen zeide Mahoehoedie aan de zendeling: ‘Jullie hebben altoos beweerd en gezegd en geloofd er bestaat geen Modjaje, en nu deze heer heeft haar gezien. Nu twijfelt niet meer, ik ook niet, want hij heeft haar gezien.’ De vraag zal mogelik bestaan: Wat zijn de redenen dat Modjaje nooit begerig was om 'n blanke mens te zien? Ik moet mijzelven en anderen niet misleiden; ik geloof wel dat geen witmens Modjaje ooit gezien heeft, maar waarom zal zij niet van de gelegenheid gebruik maken wanneer 'n witte man in haar stad kwam, hem dan niet uit 'n schuilplaats te aanschouwen? Hoe gemakkelik was menig blanke niet zo na aan haar gebracht en zulks niet wetende, die door haar werd bezien? Altoos werd gezegd door haar volk dat Modjaje bevreesd was dat, wanneer zij 'n blanke van aangezicht tot aangezicht zag, zij de dood zou sterven.
H.P.N. Pretorius, Kommandant R.A. en P. |
|