| |
12 Die Geheimsinnige Bestier van Buite
Die termiete boor diep vir water en dra dit vir algemene gebruik aan. As 'n gat in die miershoop gebreek word, verskyn eerste die nasikorniese soldate. Stadig en ‘nadenkend’ visenteer hulle die breuk van alle kante. As daar glad geen werkers teenwoordig is nie, of te min, dan begin enkele soldate seine gee. Deur die vinnige beweging op mekaar van die keelplate van hul pantsering uit hulle
| |
| |
'n vinnige tjek-tjek-tjek. In huise wat deur termiete ingeneem is, kan 'n mens gedurende die nag die geluid duidelik uit alle rigtings hoor. Met hierdie geluid roep die soldate die werkers na die plek van inbraak. Dit word ook gebruik om die werkers na kos te roep. So gebiedend is die geluid dat selfs die werkers wat met spesiale werk belas is (soos water en larwes dra, tuinmaak, voeding van die koninklike paar, ens.), alles laat staan en toestroom na die plek van waar die alarm uitgaan. Soos tevore aangetoon, boots die gedrag van die twee soorte termiete in alle opsigte die funksies van die bloedstroom in hoër diere na. Presies soos die witbloedliggaampies 'n kordon om die wond maak onderwyl die rooibloedliggaampies met herstel besig is, so vorm die soldate 'n beskermende kordon onderwyl die werkers die wond herstel. As jy die soldate individueel
C. - Nasikorniese soldaat (Eutermes), met gifspuit. Blind, geen hoororgane nie, geslagloos. Kleur: kop: rooigeel; lyf: bloedrooi. Algemeen hoë pigmentasie. Monddele rudimentêr. Element in bloedstroom; verdedigend by uitwendige wonde.
D. - Eutermes-soldaat van bo.
| |
| |
met 'n naald terg, raak hulle in 'n soort stuipbeweging. Die liggaampies word vinnig heen en weer geruk, en deur die voorkoppypie spuit hulle in die rigting van die gevaar 'n druppeltjie helder, klewerige vloeistof wat lyk of dit geweldige pyn kan veroorsaak aan ander klein insekte. Ook lym dit hulle kake en pote aan mekaar vas en maak hulle dus hulpeloos. So kan ek vir nog 'n bladsy voortgaan om die spesiale instinkte van die termiete op te noem.
E. - Kop van Eutermes-soldaat van onder om rudimentêre kake aan te toon. In die middel is die ampulla in die kop waarin die slymerige vloeistof opgegaar word.
Nou kom die groot vraag: Waar kry hulle dit alles vandaan? Dat hierdie gedrag bepaald erflik is, is nie aan te twyfel nie, want alle werkers en soldate deur die hele wêreld besit presies dieselfde instinkte. Om te herhaal: Van hulle vader en moeder kan hulle dit onmoontlik erwe, want nòg koning nòg koningin besit 'n enkele van hierdie instinkte. Die vorstelike paar, inteendeel, besit volmaakte oë en is glad nie so ligsku as die werkers en soldate nie. Hulle besit g'n spesiale (en onbekende!) sintuig vir die gewaarwording van die dofste straal wat lig genoem kan word nie - soos hulle kinders. Van gesamentlike bou, miershope maak, gif spuit en kos en water aandra, weet hulle niks. Hulle kom met dié werk nooit in aanraking nie. Dit kom hierop neer: die werkers en soldate erf 'n lang reeks omgewingsherinneringe wat geen enkele van hul voorouers ooit besit het nie. Aan die ander kant erf hulle geen enkele van die spesiale instinkte van hul vader en moeder nie. Hulle weet niks van vlieg nie, paar nooit en lê nooit eiers nie. Dit klink alles na 'n gekke paradoks, nie waar nie?
Hulle self kan dit nie aan ander soldate en werkers oordra nie, want uit hulle word nooit kleintjies gebore nie.
Laat ons nou die gewaarwording en oplossing van prof. dr. Bugnion uit Ceylon hoor. Ons sal eers die moeilikhede wat hy raaksien, weergee, en daarna sy teoretiese oplossing en ons eie beskouinge.
| |
| |
Hy sê: As hy hom eers tevrede gestel het dat (1) die soldate wat met die verdediging belas is, totaal blind is, en (2) dat die werkers wat met die herstel belas is, klein niksbeduidende insekte is, nie meer as vyf millimeters lank nie, dan staan die bioloog wat die gesamentlike bedrywigheid van die termiete gadeslaan, verslae en verbouereerd. Sy bewondering neem toe as hy probeer om die besturende mag wat die termiet gebied, te ontdek, asook die morele band wat hulle aanmekaarknoop - en hy niks hoegenaamd kan vind nie.
Dit is moeilik om te verstaan wat dr. Bugnion juis bedoel. Ek dink wat hy wou gesê het, is dit: Die bioloog sien duidelik genoeg die gevolge van 'n ‘Besturende Mag’ en van 'n ‘Morele Band’. Wat hy nie so maklik vind nie, is die bron van die besturende mag en die morele band.
Dr. Bugnion gaan voort: ‘Uiteindelik word hy (nl. die bioloog) tot die gevolgtrekking gedwing dat die werksaamheid van die klein diertjies (wat by die eerste aanblik so verstandig en nadenkend lyk) hoogs waarskynlik geheel en al instinktief is.’
Ek moet verklaar dat selfs die gedagte van verstand en nadenke (in die menslike sin) by ons nooit bo die kim geraak het nie. Daarvoor het ons gelukkig die groot geheim van termietgedrag te gou ontdek; en ons het net genoeg van dierlike gedrag in die algemeen geweet om ons vir die skyn selfs van sulke donkere dwaalspore te behoed. Ek sê dit in alle ootmoed. Die leser sal netnou sien hoe maklik 'n mens in die sogenaamde vergelykende sielkunde kan verdwaal, as hy te min kans gehad het om diere in die algemeen in die natuurstaat te leer ken en as hy altyd onwillekeurig die menslike verstand as maatstaf van beoordeling gebruik.
Dr. Bugnion beskrywe die wonderlike gesamentlike arbeid van werkers en soldate met 'n uitroep: Om dit te kan uitvoer sonder ooit 'n misslag! (O nee, Doktor, hulle slaan baie, baie keer ver mis. Hulle gaan baie maal onnosel-dom te werk en volhard in hul onnoselheid. Die leser sal ons voorbeelde onthou. Net so verbasend slim as hulle in een rigting is, net so dom is hulle in 'n ander.)
En prof. Bugnion het die werklike wonder van die bouwerk van die termiete nog nie heeltemal raakgesien nie, anders sou hy nooit met sulke beslistheid en gerustheid 'n uitleg gewaag het nie, soos hy later doen. Sy bostaande uiteensetting is natuurlik nie te danig sterk as 'n oplossing nie. Om te sê dat hulle werk instinktief is, staan gelyk met die poging om wind uit te lê deur te verklaar - dat dit net wind is. Die werklike probleem is nie of die werk redelik of instinktief is nie (wat 'n mens ook al met dié woorde wil te kenne gee), maar watter siel die bouplan beraam wat die werkers tot uitvoer bring. Beskou die klein werkertjies noukeurig onder vergroting. Jy sien een vir een opdoem uit die donker diepte met 'n klippie in sy bek. Sonder die minste nadenke, sonder die minste sorg rol hy die klippie in sy kake om en om. Hy smeer dit vol lym en dan plak hy dit op die rand van die opening, en weg verdwyn hy weer in die diepte. Geen redelike mens sal vir een oomblik veronderstel dat elke klein werker bewus is
| |
| |
van die doel van sy werk nie; dat hy die plan of 'n deel van die plan van die boustuk in sy verstand het nie. Die toring of verwulf mag miljoene male groter wees as hyself. Hulle bou aan alle kante tegelyk. (Onthou, hulle is totaal blind.) Jy kan jouself oortuig dat die termiete aan een kant van die gat nooit in aanraking kom met die termiete aan die ander kant nie. Hulle haal hul klippies miskien uit teenoorgestelde uithoeke van die nes. As jy aan hierdie waarskynlikheid twyfel, kan jy maklik daarvan seker maak. Neem 'n staalplaat 'n paar voet hoër en wyer as die miershoop. Dryf die plaat dwarsdeur die middel van die opening wat jy gemaak het, sodat jy beide die wond en die hele miernes in twee afsonderlike geweste verdeel het. Een seksie van die bevolking kan nooit met die ander seksie in aanraking kom nie, en een van die twee seksies is geheel en al van die paleisholte en die koningin afgesluit. Die boumeesters aan een kant van die gat weet niks van die messelaars aan die ander kant nie. Desnieteenstaande (luister nou mooi!) bou die termiete aan altwee kante van die staalplaat een en dieselfde boog - as dit 'n boog is - of elkeen help bou die helfte van 'n toring as hulle so besluit het. As jy die plaat uiteindelik uittrek, sluit die twee helftes van die werk sonder 'n sigbare lasplek teenmekaar as hulle die sny ook herstel het. Nou ja, hier kan jy nie verbykom nie: êrens bestaan 'n beraamde plan wat die termiete ten uitvoer bring. In watter siel bestaan hierdie beraming? Dit is die probleem waarteen ons stuit. Instink sê die geleerde professor. Goed en wel - maar wie se instink? Wil hy beweer dat elke klein werkertjie 'n deel van die algemene plan in sy klein sieltjie dra? Die eksperiment met die staalplaat sluit m.i. so 'n begrip geheel en al uit. En selfs as dit so was, as ons sou kon bewys dat elke werker 'n deel van die algemene plan in sy siel het, dan
bly die werklike probleem nog onopgelos! Van waar kry elke werker sy aandeel van die algemene plan? Jy kan eers jou metaalplaat indrywe en dan aan altwee kante wegbreek en nog bou die termiete aan altwee kante dieselfde boog of toring, soos die geval mag wees. Ingebore kan dit nie wees nie, want die miere bou nie altyd dieselfde mate van boog nie. Jy kan 'n dosyn verskillende wydtes van boog op die oppervlakte van een en dieselfde groot miershoop meet. Dit is die werklike wonder van die termiete se bouwerk. Dit kan dus nie die instinktiewe kennis van elke individuele termiet wees nie. Indien die termiet altyd net een soort vorm, een soort toring of een soort verwulf bou, dan sou ons miskien tot die gevolgtrekking kon geraak het dat hy volgens instinktiewe of ingebore kennis te werk gaan. Maar dit is ook maar net miskien. Ons gewone, menslike verstand sou daarteen opkom. Ons wil altyd hê (soos dr. Bugnion) dat die miere net soos ons dink en redeneer.
Ons weet dat hulle gewaarwordingsorgane besit miljoene male fyner as ons sintuie. Hulle gewaar byvoorbeeld, deur vlugtige aanraking van 'n makker, dat hy tuis hoort onder die miljoene onderdane wat hul eie nes uitmaak. Hulle ge- | |
| |
waar dat 'n makker 'n hele tyd tevore by voedsel was. Daarna kan hulle sy spoor, of selfs die algemene rigting van sy spoor, met onfeilbare sekerheid na die kos terugvolg. (Vandaar die ou legende van ‘intelligent communication’, waarin dr. Bugnion en die wonderlike versamelaar van alle menslike kennis, prof. Forel, blykbaar nog vas glo.) Deur aanraking gewaar hulle skrik en vrees in 'n makker en kan meestal - so skyn dit - die rigting van die gevaar leer ken. Oor ongelooflike afstande gewaar hulle die seine van 'n soldaat - en dit alles sonder dat 'n enkele van ons sintuie aan hulle sigbaar is. Hoe kan ons so 'n siel met ons siel vergelyk? En met hulle bouwerk is dit net dieselfde. As jy 'n klein werker 'n enkele klippie haastig sien neerlê op die muur van 'n boustuk wat uiteindelik 'n massiewe toring gaan word, twaalf of vyftien voet hoog, miljoene en nogmaals miljoene male groter as hyself, kan ons vir een oomblik veronderstel dat die werkertjie in die menslike sin weet wat die uiteinde van sy werk gaan wees? As dit so is, dan is sy verstand die verstand van die gode - met ons verstand vergelyk. Dit is natuurlik ‘geheel en al instinktief’, soos professor Bugnion verklaar, maar dit is nie instink van die werkers nie: dit is die ‘instink’ en plan van 'n afsonderlike siel buite die individuele termiet geleë. Voer nou ons vroeëre eksperiment 'n weinig verder en dadelik gaan daar vir jou 'n lig op: Terwyl die termiete aan altwee kante van die plaat besig is, grawe jy 'n sloot van een kant in om die paleisholte te bereik, met die mins moontlike algemene storing van die nes. Maak
die paleisholte oop en vernietig die koningin. Byna onmiddellik staak alle gesamentlike werk aan altwee kante van die staalplaat. Jy kan die termiete aan een kant van die plaat vir maande van die paleisholte afgesluit hou. Desnieteenstaande hou hulle aan met sistematiese werk solank sy in die paleisholte bly, terwyl alles ophou sodra jy haar verwyder.
Hier is nog 'n paar belangrike feite wat almal op dieselfde ding dui:
As die miernes wat jy ondersoek, in die nabyheid van ander neste is, dan kan jy die volgende dinge eksperimenteel vasstel: As daar 'n ander nes binne 'n paar tree is, dan kan jy vasstel dat die miere van altwee neste in aanraking kom sonder om te veg. Plaas 'n stukkie droë hout op die grond ewe ver van beide neste en giet die grond goed nat. Binne 'n baie kort tyd sal jy miere onder die hout kry besig om dit te verslind. As jy nou die loopgange ooplê, sal jy vind dat miere van altwee neste in vrede hulle werk van vernieling voortsit. As jy altwee miershope oopbreek en werkers en soldate van een nes in die ander plaas, dan sien jy dat hulle nie aangeval word nie. As jy dieselfde doen met neste twintig of dertig tree van mekaar, dan word die vreemdelinge dadelik aangeval deur beide werkers en soldate. As jy die koningin van een van die naas mekaar geleë neste vernietig, dan staak hulle alle werk, maar die koninginlose termiete (of die meeste van hulle) trek oor na die ander nes, waar hulle waarskynlik getrouheid sweer aan die nuwe vorstin. Aan die ander kant, as jy die koningin van 'n nes vernietig wat ver van ander neste lê, dan wend die miere geen poging aan
| |
| |
om na 'n ander nes te trek nie. Hulle sterf almal in die ou nes. Waarom dié verskil? Ek dink dít is die rede: Die geheimsinnige invloed wat van die koningin uitstraal, is werksaam binne 'n bepaalde afstand. Elke termiet word deur dié mag beïnvloed. As twee neste nou naby mekaar lê, dan slaan die invloed van die twee koninginne oor altwee neste. Dit is deur hierdie psigologiese mag van die koningin wat die termiete van een nes in staat stel om hul medeburgers te herken en vreemde indringers te ontdek.
Die volgende gekontroleerde eksperiment bewys dit:
Neem soldate en werkers van een nes, plaas hulle in 'n afgeleë nes en maak seker dat hulle aangeval word. (Jy moet altyd wag totdat die gevolge van die storing bedaar het.) Vernietig dan die koningin van nes no. 1. As jy onmiddellik ná die vernietiging miere oorplaas, dan word hulle nog aangeval. Maar as jy 'n dag of twee wag en die koninginlose termiete dan oorplaas, word hulle nie meer aangeval nie. Hulle word aangeneem as burgers van die nuwe staat. Dit lyk dus asof elke werker en soldaat iets van sy eie koningin met hom meedra. Ons sal veronderstel dat dit iets analoog met geur is. (Ek dink self dat dit nie reuk is nie. Dit is iets volkome onstofliks. Maar as ons aan reuk dink, vergemaklik ons die begrip, want ons behandel hier iets totaal buite bereik van alle menslike sintuie.) Die vorstelike invloed bereik net sekere bepaalde limiete. Dit kan aarde, rots en selfs metaalplate deurboor. Dit verdamp binne een of twee dae. Dit is die enigste dryfveer van al die gesamentlike verksaamhede van soldate en werkers. Soos ons voorheen probeer duidelik maak het: die koningin is die psigologiese middelpunt van die gemeenskap; sy is die brein van die organisme wat ons 'n miernes noem. Uit die vormlose, beweginglose gevaarte, in haar nou kerker opgesluit, straal 'n mag wat al die werksaamhede van haar staat dirigeer, net soos ons eie brein die werksaamhede van die bloedliggaampies beheer en die samestelling wat ons ons liggaam noem, reël en in orde hou. Die koningin is die middelpunt van die brein van die miernes.
Professor Bugnion het die psigologiese funksies van die paleisholte nooit ontdek nie. Hy veronderstel dat die koning en koningin alleen seksuele funksies besit. Gevolglik stuit hy teen allerhande onuitlegbare moeilikhede wat by ons nooit ontstaan het nie; en die oplossing wat hy aan die hand gee, is soms eenvoudig ... snaaks. As hy die kans gehad het om 'n professionele Afrikaner-miervanger vir 'n week of twee te vergesel, sou hy sonder twyfel die groot geheim ontdek het. Ons het gelukkig die kans gehad.
Sy grootste moeilikheid is die erflike geheue van werkers en soldate; die probleem: waar kry hulle dit vandaan?
Dr. Bugnion het twee oplossings. Sy eerste is gegrond op die feit dat sommige waarnemers enkele van die geslaglose vorms ontdek het met volmaakte geslagsorgane. Hy veronderstel dus dat die geslaglose vorms een tyd vrugbaar was. En dan sê hy:
| |
| |
‘Given these facts, we have only to conceive of the period during which the defence measures were perfected as coinciding with the period during which the workers and soldiers were fertile in order to render more plausible the hereditary transmission of the improvements in question and of the instincts (neoform) related to them.’
As dit so is, dan moet hy ook aanneem dat die teenswoordige koninklike tipe afkomstig is van die teenswoordige geslaglose tipes. Klaarblyklik kan dit nooit waar wees nie. Wie kan vir een oomblik twyfel dat die teenoorgestelde waar is? Ek dink nie dat enige redelike mens kan twyfel dat die termiet oorspronklik 'n vlieënde enkelinginsek was en dat die tipe die teenswoordige tipe was nie. Die stigting van gemeenskaplike lewe het die liggaamlike wysiging van soldaat en werker bewerkstellig. Met die wysigings het die nuwe instinkte ontstaan. Die eiers-lê deur werkers is 'n uiters seldsame gebeurtenis. Jy kry ook rudimentêre oë en vlerkknoppe by enkele soldate. Dit is almal atavismes en bewys dat die oorspronklike termiet 'n vrugbare, vlieënde insek was. En een ding bly seker: beide die gewysigde liggame en die nuwe instinkte word deur die koningin oorgedra, ofskoon sy geen van beide besit of ooit besit het nie.
Nog 'n feit laat prof. Bugnion onaangeroerd. Die soldate en werkers erf instinkte wat by hul vader en moeder ontbreek; maar daarby word die gespesialiseerde instinkte wat die vader en moeder wel besit, nie geërf nie. Hoe kom dit?
Die tweede voorgestelde oplossing van dr. Bugnion laat 'n mens skrik. Hy kon dit alleen gewaag het toe hy diep onder die indruk van die wonderlike geheimsinnigheid verkeer het. Hy skryf:
‘As the workers and soldiers live in the interior of the apartments in the company of the sexual forms (until the moment of swarming) it is not entirely incredible, judging by the above suggestion (dat die miere en termiete 'n redelike gesprek met hul makkers voer), that while they are living together, they should exchange a few ideas. As a result of these ‘communications’ new instincts acquired by the workers and soldiers would become the property of the community as a whole.’
As professor Bugnion beweer het dat hy 'n termietsoldaat gesien geboorte gee het aan 'n walvis, sou sy bewering nie meer ‘entirely incredible’ klink as hierdie voorgestelde oplossing nie. Verbeel jou die werkers en soldate vertel die koningin van hul werk en planne. Sy onthou dit en dra die opgegaarde kennis oor aan die werkers en soldate wat later uit haar gebore word. ‘Not incredible,’ sê dr. Bugnion! Hy glo nog vas in die ‘redelike gesprek’ van miere en termiete. Hy noem dit ‘voelhoring-taal’. Ek het altyd onder die indruk verkeer dat dié storietjie lank reeds tot die kinderkamers - waar dit tuis hoort - beperk was.
Die leser van hierdie werk sal - so hoop ek - oortuig wees dat daar net een uitleg is wat met al ons kennis van termietgedrag stryk: Die enkele termiet en soldaat besit geen afsonderlike instinkte nie. Hulle maak deel uit van 'n afson- | |
| |
derlike organisme waarvan die koningin die psigologiese middelpunt is. Die koningin besit die mag (noem dit maar ‘instink’) om soldate en werkers op 'n sekere manier te beïnvloed en gesamentlike werk te laat uitvoer. Hierdie mag, of instink, dra sy weer oor aan alle koninginne later uit haar gebore. Sodra die koningin vernietig word, eindig al die ‘instinkte’ van werkers en soldate onmiddellik. Sy dra die psigologiese mag oor aan volgende koninginne net soos sy die hoedanigheid oordra om die lewe te skenk aan drie hemelsbreed verskillende vorms van insekte: die koningin, die werker en die soldaat.
Dr. Bugnion kom dikwels baie naby die ontdekking van die geheim. Hy sê:
‘The multifarious duties which are carried out under our eyes by the soldiers on the one hand and the workers on the other, give us the illusion of a higher direction, whereas in reality this direction does not exist, or if it does exist, it resides solely in the community as a whole.’
By 'n ander geleentheid:
‘The male and female individuals which are described in the higher termites as king and queen, have no authority and possess no power of any kind. The king and queen termite shut in their closed cell do not even know what is happening outside. It would be impossible for them to give orders from the depth of their prison.’
Let op hoe hy gedurig van die termiete praat asof hulle mense is: to know en to give orders.
Hy dink natuurlik altyd antropomorfisties. Die termiete kan natuurlik ‘praat’; maar om dit te kan doen, moet daar aanraking wees. Aan 'n onstoflike invloed wat op 'n afstand werk, dink hy nooit nie. As hy net aan homself die vraag gestel het: hoe bind die koningin die gemeenskap vanuit haar kerker in die diepte saam? Daar is miljoene van haar onderdane wat nooit met haar in aanraking kom nie, wat haar nooit gesien het nie. Maar sodra jy haar vernietig, is daar onmiddellik 'n einde aan die gemeenskap. Ons ‘miervangers’ hier in Transvaal probeer nooit om die miljoene werkers en soldate van 'n nes direk te vernietig nie: hulle haal net die koningin uit. Vir elke koningin ontvang hulle een of twee pond. Dit altans was vroeër die gemiddelde fooi. Dr. Bugnion - en enige ondersoeker - moet ten minste van die konstante mag van die koningin bewus word; en as hy daarvan bewus word, moet hy besef dat sy wel deeglik ander funksies as die seksuele besit; dat sy ten minste in dié rigting 'n psigologiese invloed uitoefen wat nòg diepte nòg kerker kan versper. Daarvandaan is dit maar net een tree tot die ontdekking van al haar psigologiese funksies. Met ewe veel rede as sy bowestaande objeksie kan hy vra: Hoe kan 'n orgaan soos die brein van 'n mens, in 'n donker kerker opgesluit, die werk van die bloedliggaampies ken en tot in die tone dirigeer?
Net een woord nog oor professor Bugnion se verklaring van die oorsprong van termietinstink:
‘The origin of most of these instincts is a reasoned and conscious action.’
| |
| |
Ek kon nooit dink dat so 'n verklaring in Europa in ons tyd nog ernstig sou kon gemaak word nie. Dit gaan regtig alle perke te buite. Wat sal dr. Bugnion sê van honderde van ons woestynplante wat 'n reeks van verafgeleë doeleindes bereik deur aanwending van die slimste planne? Het die plante ook eenmaal soos mense geredeneer en gedink en op dié wyse een moeilikheid na die ander opgelos en die kennis aan hulle nakomelinge oorgedra?
Die aanleiding tot wat ek hier geskrywe het, was die towerverandering wat in die termietnes plaasvind tussen die moment dat ons die koningin laas gesien het, besig met haar kleintjies, en 'n paar maande later as ons die nuwe paleisholte weer oopmaak en bekyk. Ek begryp dat dit moeilik sal wees om die leser te laat verstaan hoe regtig verbasend die verandering is vir iemand wat 'n weinig van sielkunde weet. Laas het ons nog gekyk na twee gewone gevleuelde insekte, besig met gewone, gevleuelde-insekte-werk en met die gewone gedrag waaraan ons gewoond is (geboortepyn en moederliefde natuurlik uitgesluit). Nou het 'n nuwe siel en nuwe liggame hul verskyning gemaak. Die koningin is nie langer 'n insek nie - dit begryp die leser. Sy het intussen 'n ander siel ontvang. Haar insekte-siel het verdwyn. Wat is sy? Hoe sal 'n mens haar na waarheid in die georganiseerde materie rangskik? As die bioloog die ding goed oorweeg, sal hy moeite hê om 'n plekkie vir haar in sy rangskikkingslys te vind. En die soldate en werkers? Ook nie insekte nie, sal die sielkundige moet verklaar. Ons rangskik alles wat lewe, volgens gedrag. Die werkers en soldate (met slegs die skyn van 'n onafhanklike siel) val buite al ons klasse.
Dit is werklik soos 'n vriend eenmaal verklaar het: die Goeie Fee het haar stokkie geswaai; die pampoen het 'n rytuig geword en die muise vier spogperde.
Dit lyk my baie maklik (miskien te maklik) om 'n beeld te vorm van die algemene loop van ontwikkeling in die geval van die termiete. Dit skyn my in enige geval heeltemal onnodig om ver te soek na ‘wonderlike’ toestande om oorsake te formuleer vir die teenswoordige ontwikkeling van die termiete. Dit is onnodig - soos dr. Bugnion wil hê - om die termiete te laat handel, praat, dink en onthou presies soos mense. (Waarom nie lees en skrywe nie?) Ek sou dink dat die eenvoudigste teorie die eerste sou wees om 'n ondersoeker te binne te val. Die betoog van prof. Bugnion laat ons sien dat dit nie altyd so is nie. Sy twee teorieë is gebaseer op:
Die veronderstelling dat die termiete eenvoudig klein mensies is tussen wie 'n ‘exchange of ideas’ moontlik is. Die koningin, voor haar lugvaart, wandel in die geboortenes om; kom in aanraking met die werkers en soldate. Sy bestudeer hulle gesamentlike arbeid: ‘there is an exchange of ideas’ - en van hier af word dr. Bugnion baie vaag en onduidelik. Wat hy wil te kenne gee, skyn die volgende te wees: Die koningin onthou die lessies wat sy van die werkers en
| |
| |
soldate geleer het in haar geboortenes; en, ofskoon sy self nooit deelneem aan dergelike arbeid nie, ofskoon sy self nooit 'n enkele van die gespesialiseerde instinkte toon wat die werkers en soldate besiel nie - desnieteenstaande dra sy die geleerde lessies aan haar nakomelinge oor. Sy dink soos 'n mens en onthou soos 'n mens.
Dié teorie is werklik te sprokiesagtig om ernstige kritiek te verdien. Dr. Bugnion het hier waarlik in verskriklike ondieptes geraak. Ek wil sy verklaring nie ernstig weerlê nie - ofskoon dit maklik genoeg sou wees. Daar is geen enkele feit of toestand in die natuur of in die lewensgeskiedenis van die termiet wat sy sienswyse regverdig nie. Dit moet 'n rein inspirasie gewees het. Daar is een groot moeilikheid wat dr. Bugnion òf nooit raaksien nie, òf opsetlik onaangeroerd laat staan. Veronderstel nou dat hy reg is; dat die koningin op dié wyse die spesiale instinkte (waarvan sy self nooit gebruik maak nie) oordra aan haar nakomelinge, dan nog bly daar die reuse-vraagstuk: wat van die liggaamlike afwykinge van werker en soldaat? Hoe kom dit dat sy gereeld die lewe skenk aan twee soorte insekte wat net so min na haar lyk as 'n skerpioen na 'n skoenlapper? Dit kan tog nie ten gevolge van die lessies wees wat sy van werkers en soldate in die geboortenes geleer het nie. En hoekom dra sy dié spesiale instinkte net oor aan twee soorte van haar kinders (wat nie een van haar eie instinkte erf nie), terwyl sy geen enkele van die verwerfde instinkte aan haar derde soort kinders, die koningintipes, oordra nie? Die laaste tipe erf, tesame met haar liggaamlike vorm, al haar spesiale instinkte en geen enkele instink van soldaat of werker nie. Die leser sal insien in watter doolhof van onoorkomelike moeilikhede dr. Bugnion te lande gekom het. Sonder twyfel - sonder die minste twyfel - kan die teorie nimmer die ware wees nie.
Sy ander teorie is: dat soldate en werkers eenmaal vrugbaar was, en dat al die huidige termiettipes afkomstig is van soldaat- en werkervoorouers toe hulle nog vrugbaar was. Ons het reeds aangetoon dat dit 'n agterstevoor toestand veronderstel wat geen die minste ontleding sal verdra nie. En boonop bly nog dieselfde moeilikheid wat reeds aangehaal is: hoe verdeel die koningin haar erflike instinkte (sommige latent in haar) onder haar drie tipes kinders?
Vergelyk dit alles nou met ons teorie en laat die leser self oordeel oor die respektiewe aanneemlikheid van die drie voorgestelde oplossings. Ons beweer dat die termiet oorspronklik 'n vlieënde enkeling-insek was, aan allerhande gevare blootgestel. Om haar eiers en kroos veilig te hou, het sy haar toevlug tot 'n onderaardse herberg geneem. Hier - net soos by die Halictus-by - het sy in aanraking gekom met haar eie uitgebroeide kleintjies. Dit was die begin van die gemeenskaplike lewe. Uiteindelik, om die samelewing te bewerkstellig, moes 'n verdeling van arbeid plaasvind. Sommige moes bou en kos soek, terwyl ander vir beskerming moes sorg (die leser herinner hom die geval van die seediere Siphonaphorae). Die koningin wat geneig was om verskillende tipes voort te
| |
| |
bring meer geskik vir die verskillende soorte arbeid, sou 'n beter kans van voortbestaan hê as die een wat dié neiging nie besit het nie. So het die uitsoeking voortgegaan. Die teenswoordige soldaat en werker was die gewenste tipes vir bouwerk en verdediging en die geslagtelike tipes vir voortteel. Die koningin wat geneig was (deur toeval of hoe ook al) om sulke drie tipes te produseer, had beter kanse van bestaan en het natuurlik die neiging om so aan te teel, oorgedra aan die wyfies uit haar gebore. So het die uitsoeking in twee rigtings tegelyk gewerk. Namate die werkers en soldate liggaamlik die hedendaagse tipes nader, des te 'n beter oorlewingskans had die gemeenskap. Die natuur soek derhalwe 'n koningin wat aan al drie tipes die lewe sou skenk. Uiteindelik is 'n koning en koningin uitgekies wat nie alleen die verskillende vorms produseer nie, maar wat 'n psigologiese mag besit om deur 'n soort uitsaaiing die gemeenskap byeen te hou en by die werkers en soldate die plek van individuele instinkte in te neem. Dat dit 'n bepaalde voordeel was vir die gemeenskap dat die geslagsin in alle tipes moes vernietig word, is maklik te verstaan. Selfs die geslagtipe (nuwe konings en koninginne) besit geen geslagsin solank hulle in die ou nes bly nie. Die geslagsin sou in so 'n gemeenskap 'n woedende orkaan wees wat alle beskermingswerk vir lang periodes onmoontlik maak. Om die beste en aanhoudende arbeid van hulle te erlang, moes die werkers en soldate blote outomate word, deur die psigologiese mag van die koningin beïnvloed. Daarom, ook, het hulle hul gesigsvermoë verloor, tesame met al die sintuie wat gepaard gaan met 'n afsonderlike psige.
Die soldate en werkers erf dus geen spesiale instinkte van hul voorouers nie. Dit is die koningin wat die eienaardigheid erf om die skyn van sulke instinkte in haar outomatiese onderdane te verwek. |
|