Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 217]
| |
Dr. O'kulis (Willem Postma).Reeds in 1909 verskyn die twede druk van Die Eselskakebeen, die eerste en nog steeds van die beste satieries-humoristiese werk van die subjektiewe soort in die lyn van Sterne by ons. Naas hom staan alleen Langenhoven, wie ook groter is. Die skrywer was 'n Kalvinis en 'n gemoedelike humoris deur en deur. Al het sy skrywersgawe beperk gewees tot die ligtere soort humor, is hy tog een van die pragtige figure, wat my voor die gees geswewe het in my inleiding. Hy was van die allerbeste van ons volk. Prof. dr. J.D. du ToitGa naar voetnoot1) wys daarop dat ons by sy groewe dink aan die tragiese van 'n heldefiguur, 'n worstelaar wat op die middag val; vir my is hy tewens ook een van die mooie humoriste, wat die lewe sier, hoe weinig ook die hulde van die wêreld. Vir hul het die lewe eintlik nooit 'n neerlaag nie, omdat hul inherente optimisme, tenspyte van 'n pessimistiese grondslag, steeds weer die weg wys na berusting.... die milde glimlag van 'n wondere lewensvreug. Ds. Postma was 'n Afrikaner van durf en daad, wat met sy eselskakebeen die Filistynse leër slag op slag kon toedien. Hy was Afrikaner in hart en niere, 'n vyand van bekrompenheid, maar 'n hater van die uitheemse gedoente, wat die Afrikaner vervreem van sy erfgoed en die tradiesies van sy voorgeslag. Moeilik was die lewensstryd vir hom, swaar die lewenskondiesies, dikwels nog vererger deur langdurige siekte, | |
[pagina 218]
| |
maar ongebroke was sy wil en onverdelgbaar sy luim en humor. Geemlikheid en sinisme was hom totaal vreemd, en die ironiese wendinge in sy satieries-humoristiese prosa is breed-spottend en mis alle haatlikheid, sy humor ruim en vol begrip. En self waar weemoedigheid die skynbaar so lugtige skerts soms ewetjies deurhuiwer, bly die toon hoopvol, as van die stryder wat weet dat die ideaal sy verwesenliking nader. Die weg van teleurstelling waarheen sy retrospeksie gaan word dan belig deur die milde skyn van humor. Sy Eselskakebeen moet gerangskik word onder die beste werke in ons literatuur, en die eenvoudige, pittige klare taal, deur hom so vroeg reeds gebruik, bly 'n voorbeeld vir menige hoog-drawende skrywer van boeke en pamflette. Dr. O'kulis dan hekel in hierdie werk die stelselmatige denasionalisering van die Afrikaanse kind onder die naam van skoolonderwys. In satieries-humoristiese prosa word die valse en gevaarlike waarde-aansprake ont-dek en in hul komiese nietigheid in die daglig gestel en tog weer met erkenning van waarde, hoe gering ook. Die werk is dus van esteties-etiese karakter, wat heeltemal geregtig is. Maar ook kultuur-histories is so 'n boek van enorme waarde. Die satiere help nie alleen die wantoestand verdryf nie, maar is meteen 'n sprekende dokument daarvan. Die skrywer maak gebruik van die vele middels van die satiere: geestigheid, ironiese wendinge, komiese beligting, ens. Die situasies word gekenmerk deur 'n immanente humor, maar steeds weer tref ons die subjektief-humoristiese vertellingswys van die skrywer. Die verhaal is 'n toegepaste omwerking van die in die inleiding meegedeelde sprokie van die gesmade eendekuiken .... sy vreemdelingskap in sy eie land, waar hy nie tot ‘fatsoenlike pluimvee’ mag behoor nie; sy gedwonge trek en uiteindelike vreugdevolle ontdekking van sy eervolle afkoms van 'n swanegeslag: sy trots en fierheid! In die outobiografie - in dié vorm word die verhaal ons | |
[pagina 219]
| |
aangebied - is al dadelik komies die gevoel van vreemdelingskap by sy koms in die wêreld en sy direk gevormde opienie. Sy eerste ontmoeting was met 'n ‘Ouvrou’ en 'n badskottel. Ou Antjie was baie knap en het 'n gevoel gehad dat Boerkinders van God kom met háar hulp en goedkeuring. Goed het sy verstaan om hom te hanteer in die waskom, wat vir hom alles behalwe gerieflik was. Hieruit kan elkeen opmaak hoeveel ons geslag aan die regte Ouvrou verskuldig is. Sy maak van elke Boerkind in die eerste uur van sy lewe 'n held of 'n heldin. Sy leer hulle gevare ken en trotseer. Sy inspireer jou dadelik tot heldedade te water en te land. En glo nou maar gerus, dat Boere, wat later lafhartig is, nie op die regte manier gebore is nie. Wat 'n opgeruimde siel was onse outeur tog! Geestige nonsens bring die rype gewaarwordings van die nuweling! Maar daaragter vind u die kultuurhistoriese feit van vroeë harding op die lewensweg deur die ferm-aanpakkende vastheid van so 'n ouvrou-outokraat, vergeleke hy die latere sag-mediese metodes van die nurse. Tuis het die Ouvrou die heersers-skepter oor almal geswaai. My pa, die ander kinders, die volk, die broodkas en die smeergoedkas, was almal aan die strenge heerskappy onderwerp...... Daar ek ’n vreemdeling was en niemand wis wat hulle van my te wagte had nie, is die wet tamelik sonder opposiesie deurgegaan. Sy was 'n uitstekende ‘dokter’ en was trots op haar wonderlike medisyne, wat bestaan het uit drankies, poeiers en bossies. Om die regte vyf soorte vir elke kwaal te meng was vir haar somar kinder-speletjies. Die gewoonte, nog dikwels op die platteland aangetref, van vry om te spring met medisyne, het ook Antjie Schut geken. Sy het gewoel met ‘voorbehoedmiddels’ en ‘kastoor’, ‘sodat sy letterlik die siektes wat ons sou kry onderdeur gespring het. Die ander | |
[pagina 220]
| |
wat ek wel gekry het, was, sommer maar', dis altyd maar so’. In elk geval het hy staande gebly in sy geboorte, waarop hy vandag te danig trots is: Tante Antjie se kleingoed ‘word gebore’, die ander kleingoed ‘kom sommer aan’! ‘Van al wat my in my jongdae oorgekom het, is daar niks waar ek so trots, so tevrede oor is nie as oor, my gesertifiseerde geboorte' as Boerkind.’ Die hele eerste hoofstuk is vol van sulke rake geestigheid in verband met Afrikaanse toestande. Hy wei graag uit. ‘Maar ek dwaal van my geboorte af,’ roep hy homself êrens toe en keer dan terug van sy Ouvrou-diwagasies. Dan begin 'n lange reeks van moeilikhede tengevolge van sy geboorte as Boerkind, en hy voel hom vir lange tyd so verlore en ook so minderwaardig as die eendekuiken. Wat was b.v. sy eie taal onder die mengelmoes van tale wat hy hoor? Ook hier die verwondering weer van die vreemdeling. Selfs die dominee het hom dronk geslaan. Dié was ook 'n Afrikaner en het twee tale gepraat. In die kerk was nie alleen sy taal vreemd nie, maar ook sy gesig en stem anders. Die seun het gemeen dat die kerktaal ook Afrikaans was, net die woorde was langer en met sterte aan. So het hy Hollands gaan vereenselwig met die taal van Moses en Dawid, met die godsdiens in die algemeen. Komies word die vrees van die Boer om in Hollands ‘voor te gaan’ beskrywe. Maar tog besef hy dat Hoog-Hollands die behoud van die Boervolk was. ‘Die wat in die Godsdiens en geskrifte daaraan vasgehou het, het padlangs gehou in alle opsigte.’ En toe na skool! Daar het 'n wêreld van ondervinding en smart vir hom oopgegaan. Meer as ooit tevore het hy hom nou 'n vreemdeling gevoel. Met die intrap moes hy ‘pray.’ Bang vir foute maak en straf oploop, het hy maar een oog op 'n skrefie gelaat om die spul dop te hou. Die eerste dag kry hy al ‘homelessons.’ ‘Dit meen, my huismense moes verder die taak van die Miss tuis volbring.’ | |
[pagina 221]
| |
So word dan die oue régime van 'n belaglik-onpedagogiese skoolonderwys deurgeloop met dieselfde kostelike spot en rykdom van komiese staaltjies. Orals tref ons die onderdrukking van die natuurlike gawe en neiginge van die leerling en die moeisame instamping van onbekende materiaal met dreigemente en straf vergesel. En nêrens werk die tendens die minste hinderlik nie, omdat met 'n enkele uitsondering die geestige toon orals bewaard bly. Soms is die taal pragtig-gemoedelik ironies. Praat van Vooruitgang! Wel, nou moet die onderwyser heel dag met 'n kind staan lol en dan kry die kind nie eers ‘home-lessons’ nie. Onse meesters het vertroue in ons en onse huismense gehad en ons tamelik selfstandig laat groot word. Dan nog moet vandag se kinders twee-maal ‘play time’ kry en nog tyd om te ‘draw’ wat hulle wil op die lei. En waarlik, hulle gaan maar 4 uur skool. Dit was anders in my jong dae. Vyf uur pal oor 'n boeg skool, en een kwartier ‘playtime’. Maar ‘draw’! Had 'n man dit dié dae gewaag om iets anders op die lei te doen as letters, somme, twenty-five lines, wee hom! Dis die wat uit ons geslag manne voortgekom het.Ga naar voetnoot1) Van hulle vyfde jaar af is hulle sommer gehard in die stryd. Daar was nie tyd vir spulletjies nie. Vyf uur, en dit op jou vyfde jaar en oor 'n boeg leer, niks anders as leer! Kyk, ek het vandag nog 'n safte plek in my hersings wat altyd moeg bly. Ek het hierbo gepraat van gehard. Dit betref natuurlik die sitplek, die ellemboog, die vingers, en die kopbeen, die sagte plek was binne in die kopbeen.’ As ironie ‘a sting ... under a semi-caress’ is,1) hoe goed is dit dan hier! Haat is by dié belaglike toestande geheel afwesig. Selfs die angel van waarheid doen nie pyn nie, daar dit eerder 'n gemoedelike knypie in die arm is. | |
[pagina 222]
| |
Die ironie win in seggingskrag en word weer humor juis deur die feit dat 'n sekere selfstandigheid tenspyte van die onpedagogiese metodes, soms wèl die resultaat was, waar die sgn. ‘sagte pedagogiek’ van 'n verligter tydperk hierdie doel vaak verbystreef. Tekenend dan die gevolgtrekking: dis dié wat uit ons geslag manne voortgekom het! Harding en dissipliene het het hul wel gekry vir die lewe. Hy vervolg: Die kop had alles, alles - ja, en die sitplek baie. Die hart, die middelpunt van die lewe, had niks. Die hand wat een dag die ou lewe moet reg pluk, had ook niks anders as ‘cane’-oefening. Merk u die gevoelswaarde van die éen ou woordjie deur my gekursiveer, die vertroebeling van stemming in humor? ... ‘L'humour jette un regard sur la vie, il voie qu'elle ressemble à une comédie, et il s'egaie; il songe en même temps que cette comédie est sérieuse, et il s'attriste’ (L. Ratisbonne). Sy gelukkigste skool-dae het hy buite skool deurgebring. Siekte het hy dikwels begeer, maar sy boere-gestel was te sterk om hom van die grotere leer-kwelling vry te hou. En hy het die klein Kaffertjies wat nie skool-toe hoef te gaan nie in die diepste van sy siel beny. Maar die kwaad sou nog vererger word. In die vroeë standaards sou hy in die Engelse wêreld leer om hom te skaam dat hy van Boere-afkoms was. Byna het die Royal Reader hom beweeg om Engelsman te word en te verhuis. Maar tog was die invloed tuis 'n geseënde teëgif en sy hart het bly slinger tussen Royal Reader en die Boervriende. ‘En hoe nou met die kinders wat nie Boer-ouers en vriende had nie?’ vra hy hom vandag af. Toe het hy geography moes leer. En wonderlik genoeg die paradys-agtigheid van Groot-Brittanje het toe verdwyn, want hy het die swaarkry van hierdie studie in verband gebring met dáardie land en die Utopia was vir hom in 'n tronk omgesit. | |
[pagina 223]
| |
Die British History, wat 'n opsomming van rusies en bakleiery gee, was net so onsinnig. Hy het gevoel dat solang hy met Britishers op die banke gesit het, sy lewensgeskiedenis in 'n seker opsig ook British History was - net sonder datums! Na standaard IV het eers die meesbekende sake gevolg: Dutch, Cape History en Bible History. In eersgenoemde, wat 'n goedkoop made-in-England namaak van Hollands was, het hy tog 'n prys weet te behaal, 'n boek: Fynie's Flower - ‘'n Engelse boekie vir 'n Engelse nooientjie en dit vir 'n St. V-Boer-seun!’ En die vaderlandse geskiedenis? Nee ... ‘Cape History verneder 'n Boer se hart, maak van hom 'n agterryer in sy eie land en vorm hom in die meeste gevalle tot 'n jingo of 'n weeluis.’ Maar daarby het dit nie gebly nie. ‘Die British magte wou ons Cape History leer, ons het hul met vaderlandse geskiedenis geantwoord.’ Dan word die onsinnige onderwys van die middelbare skole geestig behandel. Op die blok-praktyk (krem) moet ek tog alhier terugkom: ‘Krem is in die wetenskap dieselfde wat wors-stop in die slaghuis-lyn is. En wat wors-stop is weet elke Boer. Nou, so is ons volgeprop met translations, grammar, textbooks, ens., ens. Die hele Matriek was net éen kremmery. Jyself krem, die meester krem jou en die boeke word in jou in gekrem. Al onderskeid tussen 'n wors en 'n Matriek-student is, dat 'n wors dikker word met stop, maar die student kremp met die gekrem. En uit 'n wors word al die wind uit-gehaal, die student word met wind-geleerdheid gekrem. Hoe raak word die euwel hier geskets. Liggaam en siel het hy in Matriek uitgestort, en toe hy hom deur was eers die triomf van slaag meegemaak en toe die teleurstelling wat moes volg op 'n skoolopleiding wat nêrens met die praktiese lewe rekening gehou het nie. Met die sertifikaat op sak en tog radeloos! | |
[pagina 224]
| |
Vir ambag was ek toe te oud, vir boer was ek te saf, vir klerk ‘te geleerd,’ vir 'n amp te dom, vir onderwyser te onbekwaam, vir lidmaat te ongeleerd, vir die huwelik te arm. Matriek! Matriek! Wat het jy my trane, sugte, benoudhede gekos! Hy was gelukkig om hom later in die lewe tog te red tenspyte van sy verknoeiing op skool. Die ‘Toepassing’ aan die end van die verhaal geskied direk sonder komiese of artistieke gedeeltes. Die Eselskakebeen bring 'n gesonde humor, vry van alle kleingeestigheid of rassehaat. Dit is 'n sprekende pleidooi vir gesonde pedagogiek en kan geen enkele redelike mens aanstoot gee nie, maar die wantoestande in ons land met brimade sociale uit die lewe help ruim. Dit is die lag van 'n ruime siel, wat die onreg in al sy wrange gevolge ken, daarbo uitstyg en met breë optimisme die konflikte in gemoedelikheid oplos. Sy humor tenslotte is die lag van wie homself gevind het, die trots en fierheid van die jonge swaan. | |
C.J. Langenhoven. | |
Doppers en Filistyne (1922).In hierdie kostelik-geestige werkie vind u gemoedelike satiere op maatskaplike en veral politieke toestande by ons. Voortreflik is die vrolike siening van ons Afrikaanse wêreld en die dramatiese krag in die uitbeelding van botsing tussen oud en nuut, platteland en dorp, bekveld en sosaaietie, Doppers en Filistyne. Deur die Filistynse gees wat sy vrou besiel is oom Stoffel, 'n Takhaar-Boer, van sy grond af en in die dorpsmisère verval. Sy ‘sagmoedige’ gedienstigheid onder pantoffel-heerskappy en sy teëspartel (voor die leser!) is kostelik | |
[pagina 225]
| |
weergegee. Hy wei uit oor die sonde met sy nuwe bure, veral met die ou Skotsman Makpaatrie en die verengelste Afrikaner en Miesies James Wénderbaail (Koos van der Byl, of ‘ou Ja-mes’ soos oom Stoffel hom verkies te noem). Hy haat die teëparty tot in sy siel, maar dan kom opeens die ‘versoening’ en oom Stoffel vertel ten slotte hoe hy sou geëindig het, was die ander party nie sy vriende geword nie. Ek wil veral na drie punte hier verwys. Eers is daar die humoristiese wêreldbeskouing in die beskrywingstrant van ons outeur, wat ek reeds tevore aangedui het; verder die satiere op verengelsing van Afrikaners, soos tentoongestel deur Miesies Wénderbaail; tenslotte die karakter- en nood-lots-humor van oom Stoffel. Ek sal my bes doen om hierdie werkie, wat my keer op keer so veel genot verskaf het, nie dood te teoretiseer nie! Eersgenoemde punt laat ek aan die leser na bostaande maar oor. Die twede en laaste kan ek gedeeltelik saam bespreek. Oom Stoffel staan dadelik fel lewendig voor ons met sy gesonde praktiese sin, wat hy op sterk-komiese wyse uit teenoor sy vrou, die dorpsmense en veral die Filistynse teëparty. Ons hou van die goeie oubaas om die opregtheid van sy wese, wat geen wegsteek van eie gevoelens ken nie, en in die nuwe, huigelende wêreld hom gee soos hy is. En waar Neelsie homself in verband met oom Stoffel humoristies kan sien, kry ons iets van wat Kuno Fischer êrens die vrye selfkennis noem, wat nie moontlik is sonder heldere beligting van eie karikatuur, sonder die komiese voorstellinge van andere vrolik oor onsself te laat gaan nie. Die gestalte van oom Stoffel is positiewe humor; 'n meer negatiewe, verdeelde humor is in die onsimpatieke doen van die positief teenoorgestelde party van Filistyne. As voorbeeld van laasgenoemde moet u Miesies Wénderbaail op visiete by oom Stoffel se vrou sien. Ek kan helaas die kostelike dialoog nie in sy geheel gee nie. Oom Stoffel in sy strewe om beleef te wees en die vroumens te woord te staan, wyl sy vrou nog staan te sukkel met die nuwe klerasie (‘want haar liggaam, vars | |
[pagina 226]
| |
van die plaas af en nog nie vervorm van die gedaante wat dit die liewe God behaag had om daaraan te gee nie, was nog maar wederstrewig’), begaan die fatale fout om aan die ou Takhaar-dae te herinner. ‘Dag, Nig Stoffelina,’ sê ek. Ek sien sy steek weg dat sy haar bloedig vererg; ek ken die betekenis van elke trekkie van haar oë en haar mond mos van die ou dae af. Sy probeer eers om my op 'n indirekte manier reg te help - om my te laat verstaan dis nie nou meer die boere-fatsoen hier nie. Ek het dit goed genoeg verstaan ook en sy wis dat ek dit verstaan, want sy ken vir my ook. Maar ek hou my maar dom. Oom ryg sy stewels los om bietjie verligting te kry van die brandende vuur aan sy voete. Nogeens 'n ongelukkige vraag ...... Toe probeer ek maar weer uit 'n ander koers. Wat wou ek maak? Ek het nie ou Stoffela se geselskap gesoek nie. Maar ek wás daarin, en dit was my eie huis: ek moes my beleef gedra. | |
[pagina 227]
| |
‘Waarom het Miesies tog nie vir ou Ja-mes saam-gebring nie,’ vra ek. ‘Dan kón ons twee tog gesels het, ek en hy. Want hy is ook eentalig nes ek. En nes die Engelse.’ | |
[pagina 228]
| |
Hier is ook 'n sekere ironiese humor aanwesig, daar Miesies Wénderbaail in sekere mate haarself vernietig, en die verhewene wat sy ontken, laat win. Sy staan tenslotte ontdaan van al haar Wénderbaail-glorie as ou Stoffelina daar; ja, selfs nie eens sóveel bly van haar oor nie. U het medelye met haar bespotlikheid. Teenoor haar en haar kliek staan die onversoenbare ou Takhaar. 'n Ironie van die lot bring hom in dieselfde kamp met die Filistyne en sy daaropvolgende versoening is géen gemoeds- maar nóodlots-noodsaaklikheid. Geestige ironie is dit waar oom Stoffel in sy toespraak die skynbaar waardevolle van sy teëstanders in éen slag vernietig. Langenhoven bring daarin die konsekwensie (saam-fuif van oom Stoffel - getiktheid - oue natuur) tot 'n ad absurdum-slot, en daarin lê die ironiese humor ook. Die humor is weer versoend omdat die teëparty homself eintlik vernietig en die onderliggende idee seëvier. Oom Stoffel self veroordeel die deur homself aanvaarde ‘waarheid’. Inderdaad is hy die draer van die waardevolle gedagte; en waar dit alleen in die bewussyn van onsself en oom Stoffel is, bly ons op die trap van die satieriese humor staan. Maar wat 'n verskil in die lag wat Miesies James tref en dié wat oor oom Stoffel gaan. Sy hou vas aan Miesies Wénderbaail en laat self nie 'n jota van vernaamheid en hoogheid skiet nie (‘ai hessent keim heer toe bie insultet!’) en verdaag so die finale oplossing. Maar by oom Stoffel bereik ons 'n positiewe trap: die versoening wat geen versoening is nie, waar hy van sy hoog-vrye meerderheidsgevoel moet afdaal tot die ‘broeder-kus’ aan wie hy diep verag, maar wie hy tog onder omstandighede moet erken as mense wie se harte ‘reg’ is! So word die konflik finaal opgelos as pragtig satieries-ironiese humor. End-uit bly hy ons die simpatiek-openhartige en beminlik-naïewe persoonlikheid ... 'n deur en deur ‘lekker kêrel’ en een van die beste humoristiese vriende in ons literatuur. Deur hom word die oormag van die Idee gedo-kumenteer. Ek neem afskeid van hierdie fyne werkie met 'n verontskuldiging aan die outeur! |
|