Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 146]
| |
Léon Maré.In Die Nuwejaarsfees op Palmietfontein (1918) staan sulke seldsaam-mooie dinge naas minder gelukkige, en vind ons sulke heerlike humor van die diepere soort, dat ek met 'n Afrikaanse digter ‘glad nie lus voel om skoolmeestertjie te speel oor 'n skrywer nie, wat ons soveel genot gee deur lewendigheid, tekenagtigheid, waarheid in sy voorstellinge van Afrikaanse lewe en toestande.’ Celliers vervolg: ‘hier het ons met iemand te doen wat dinge so gesien en gesê het as nog geen ander skrywer in ons land nie.’Ga naar voetnoot1) Gelukkig bepaal my onderwerp my tot laasgenoemde. Maar selfs hier wil ek my waarderende gedagtes en ontledinge nog meer as elders so ver moontlik terugdwing om u Maré self aan die woord te laat. Hier is 'n humoris wat u beide vrolikheid en smart bring, maar ook die louter komiese gewaarwording. Sien dan eers die komiese en dan die smartvolle, wat ek alleen om die verband nie in my laaste hoofstuk opneem nie. 'n Uitnodiging vir die Nuwejaarsfees op Palmietfontein by oom Org Snyman doen die rondte. ‘A oubàs! (sê die Kaffer wat die uitnodiging gebring het) die mens hy kom so baanja-banja met die wa dár by die plàs. E'n wa hy bring somaar soffel skàp. Die ander kaffer hy praat vir my, dis mos òrlog, Septemmerê, hoekom die witmens hy kom só baanja - die wa, die pêr?’ Direk die lewende ware taal van die Kaffer met sy beeldende aanduiding en veronderstelde gebare. Die volk | |
[pagina 147]
| |
is in grote spanning voor die naderende fees. As Lank-Kerneels sy oom Mooiroos vra of hy dan nie goed bekend is met die plaas van oubaas Org nie, kry hy die antwoord dat dit dáar is waar die groot brandewyn-ketel staan. ‘Klipsteen!’ Wat 'n doeltreffendheid met die éen woord. Ons sien die plaasvolk hier in hul komiese swakheid: die wasem van Kleopas Kiepie.Ga naar voetnoot1) Hoog styg die opgewondenheid as die wegtrek eindelik daar is. As 'n staaltjie van Afrikaanse woordkuns siteer ek die volgende: ‘Hiert, julle skelmgoed!’ klink dit van outa weg toe die rooi wiel en groot witkap-wa onder vrolike gesels en gelag kraak en wegtrek. ‘Hiert julle rooispan!’ gaan dit neffens aan met 'n galm (lelik! M.) terwyl die swaar gelaaide wa dof oor die kliprug rol onder 'n geskreeu van ganse, en die weglêerhoringosse die gelyk pad vat. ‘Trek deur vol riviere!’ galm (a.b.M.) outa uit, ‘trek oor bergrande! trek na blou bande! trek, trek! daar moet ons kom as die dag lemier! ... Hierjy! Seeland ....! U moet Afrikaner wees om die rake aanskoulikheid hiervan ten volle te kan waardeer. U sién en hóor dit alles, u is | |
[pagina 148]
| |
dáar. Wat 'n klankverhouding en klankekontras verder. Wat 'n ritme-indeling. Hier word die werklikheid in ekspressiewe en suiwer intuïtiewe onomatopee weergegee. Ook merk ons die voortreflikheid van Afrikaans in woorde as ‘klippers’, ‘vinnig’ (snel), ‘seil’ met die slepende l. Hier is Maré bewus woordkunstenaar. Maar kostelik ook is die geëksalteerde swartgoed, hulself oortreffend in uithalersweep-virtuositeit en poëtiese welsprekendheid teen die krimpende en wegbeurende ossespan ... En dan daar agter in die wa die opsnydende verhale uit die goeie oue tyd, sterk getrek op brandewyn-herinnering. Dis net ‘Hooptoon’ (Hopetown) en daar al langs die Vetrivier af en ander plekke in die ou Kolonie, waar pa en oom in hulle jongdae baasbakleiers was en die voorreg gehad het om drank in kantiene te koop. Weer die betekenisvolle intonasie, waarin 'n wêreld van verlange lê. Intussen weet die Kaapse jong, Mooiroos, profyt te trek van die goeie luim van oubaas, en sy nooi se teenstand met leuke vleiwoordjies te ontsenu, en so in besit te kom van die essensiële voorwaarde vir 'n effektiewe spookstorie: volop drank! Hierdie volk is fel lewendig in al hul uitinge weergegee. Geestig is dikwels die natuurbeskrywing, geheel passende in die verhaaltrant. Op Palmietfontein maak die leser kennis met 'n egte boerefees soos nog op menige plek gegee word. Maar stadig-aan word sulke uitbundige vrolikheid as onbetaamlik beskou en word ons deegliker! Hul het daar ouder gewoonte laat deurloop môre-toe, ‘en wat onder uit gestyfde wit rokkies en tussen jongmans se draaiende bene deurgeslaan 't was maar net stof... stof!’ Daarteen kon geen kersvetsnippers, nog semels op die vloer help nie! En as die sonnetjie weer lekker helder skyn, word op die groen | |
[pagina 149]
| |
kweek onder die lemoenbome soetkoek en melktert en koffie rondgedien om moeë gaste te lawe. Ja, só kon ons Boer-volk nog feesvier. Dat dit moet verdwyn! Waar oue olifant-jagters teenwoordig is, sal die ankertjie goeie brandewyn ook nie ontbreek nie, en ons sien hierdie lawaaiwater vanaand onder 'n riemkatel weggesteek. Maar dan die musikante .... altyd 'n merkwaardig komiese iets by so 'n geleentheid. Ek wil u Maré se danssiening toon: Hiert! Toe die baster van ‘Hooptoon’ sy kop weggooi, - ‘Hooptoon! Hooptoon!’ - en die boerjongkêreltjie oor sy instrument buig, sny die twee musikante die Oujaar net gou-gou af! | |
[pagina 150]
| |
Weer 'n stuk wat alleen 'n Afrikaner ten volle kan waardeer om die enkele strepe in die strak-gespanne komposiesie. Die geheel doen my ook musikaal aan as meeslepend-ritmiese spel, waar die instrumente enkele grepe luid doen uit 'n vervoerende melodie. In die stuk eis haas ieder woord verklaring en toeligting uit die Afrikaanse lewe, wat ek hier egter nie kan gee nie. Maar die siening is naas die beste uit moderne literatuur te plaas... die tot dansmusiek geworde lywe van die musikante, wat eweseer met hul dol lawaai, as met hul kronkelend-worstelende gebare, selfs die ou-mense byna kranksinnig maak van uitgelatenheid, die meisieskoppies heeltemal vervoer onder die forse boerekêrels, die warrelwinde skep en die Oujaar finaal af-sny! En dan die sonde met die dronk ou Klaas, wat die hele vaatjie brandewyn stilletjies in homself geledig het. Pragtig realisties is sy verskyning in die skynsel van die rooi oujaarsmaan, waar die olifant-jagters staan en beraadslaag: Toe druk daar so 'n lang hamer-kop, waar 'n klein haai - hoei baardjie aanswaai, bó deur die kamervenstertjie, en met 'n sware tong vra 'n stem vergiffenis...... By al die uitspattinge het een tog sy deel gevind, die outeur self. Op 'n groen Nuwejaarsmôre, op weg huistoe, het hy baie sterk verlang na Palmietfontein. En sy gedagtes aan die nooi met die blou lintjies in die haar en met die wakker groot oë en - Afrikaanse sentimentaliteit? Bes, maar so dink 'n jong man nou eenmaal by ons. Siedaar dan die komiese lag van Maré, van wie ek nog veel op die gebied verwag. Maar ons skrywer ken ook die glimlag van diepe humor by die wrangheid van die lewens-lot en die ironie van ons volksgeskiedenis. Vir eersgenoemde noem ek u Die Putgrawer as voorbeeld. Hier is dit nie meer die vrolike lag oor die uitgelatenheid van wie hom onverantwoordelik werp in die feestende lewe nie, waar lied en kus klink solang die stemming duur en erns kan | |
[pagina 151]
| |
uitgesluit word; maar die teendeel van broederskap en eensgesinde feesstemming; - die wrange noodlot self, wat die mensdom, skynbaar na willekeur, indeel in wrede heersers en arme swoegende stakkers. Die eenvoudige verhaal van die putgrawertjie, wat so veel menslike deemoed en droef-menslike swaar bevat, maar ook die skrynende onreg wat Schiebertum in lukse moet bevestig - hierdie eenvoudige verhaal, so sonder bitterheid vertel, is helaas die lewenswaarheid van so menige vervalle huis in ons armeblankewêreld, en simbool van ‘al die onbarmhartige harde rotsriwwe onder sowel as bo die aarde.’ Ons sien Toot, die putgrawertjie in sy kleine trots as hy, met eie groot lewensgevaar, ‘so 'n groot dorp iedere dag uit 'n middag-loom só vinger-siel-allenig kan wek’ met sy dinamiet-ontploffinge onder in die aarde. Dan weer op 'n wal geel grond met sy koddige pypie gestop met twak-krummels, op sy kos wagtende, of met hand aan 'n dowe oor angstig luisterende na die woorde van sy hardvogtige heer, die rykaard Grotenberg. En wyl laasgenoemde se dom, oppervlakkige en praalsugtige vrou haar verheug oor die komende comfort en die tegemoetkomendheid van haar man, ‘wie jy moet admireer,’ en dit nog het oor die ondankbaarheid van die werkman, sien ons 'n inmekaar figuur al hoestende sy koffie drink, daar op die opgehoopte geel putgrond. 'n Seuntjie sit hier vas-vas teen sy pa en hy skuil hom teen die knypende winterwindjie, solank soos hy moet wag vir die leë bord en beker, wat hy vir mammie weer moet huistoe bring, sodra pappie klaar met eet is, om Jiem die rit heen en weer te kan bespaar. Maar hy bring maar altyd die kos na pappie se werk. Die seuntjie grawe met sy toontjies hier neffens aan in die grond, wat sy pa daar vér uit die donker gat gehaal het, en krap en krap maar voortjies so ingedagte, en hy gaan ook eendag, as hy eers groot genoeg is, net so ondertoe soos sy pa, | |
[pagina 152]
| |
en dan grawe sy pa nie meer alleen nie, maar hy grawe saam met sy pappie, en hulle grawe en grawe tot hulle 'n diep ... diep-diep put gesink het en 'n mooi, heider stroompje daar ver onder in die duisternis gekry het. Ander keer kom bring hy sy waentjie, wat Jiem vir hom so mooi gemaak het van 'n sigaar-dosie, met wieletjies daaraan van mammie se leë gare-tolletjies, saam, en dan kom grawe hy vir hom mooi, donker huisies en stalletjies en diep lang tonneltjies uit die grondwalle hierso, en dan ry hy sy span dolosse en tolwaentjie daar somarso dwarsdeur - heen en weer! Dit is 'n sterke tekeningGa naar voetnoot1) van die halfverwoeste Toot, daar sittende met sy myntering-hoes - gevolg van sy aller-ellendigste beroep, wat seunfjie nogtans in kinderlike verrukking reeds in spel druk uitoefen, in salige onkunde van die droewe komedie wat die lewe vir die vader in werklik-heid is. Die droë tering-hoesie sal die kindjie miskien ook al wi! nadoen as horende by die beroep! Ek wil u eindelik Toot ná sy lewensgevaarlike werk laat sien, daar in die siuk-geboutjie op die katel, naas sy vrou, - vol sorge en bekommernis. Hy speel 'n onderveldse rieltjie baie droef-vertroostend op sy ou konsertiena en ‘blaas 'n rook-krulletjie in die lug by ieder draaitjie, wat hy maak op sy musiek.’ En dink maar eenstryk deur hoe hy tog sal deurkom met sy geldjies. En die toekoms? Maar die musiek is stil geword. Hy is besig 'n kinderskoentjie heel te maak. En dan staan hy op om te eet, en sit die skoentjie neer by die tolwaentjie en die span osse van sy seuntjie, wat 'n putgrawertjie reeds is! Maar genoeg voorbeelde. Goed slaag Maré daarin om ons 'n kommervol-ploeterende werkmansiel te openbaar, edel en beminlik ten spyte van groot gebrek en armoede en 'n wrede maatskaplike indeling. Reeds is opgemerk dat | |
[pagina 153]
| |
hy in staat is om ons die afgeleide gevoel as van 'n droef-komiese spel te bring, wat 'n tragiese situasie weer kan belig as die wrange humor van die lewe ...
Tenslotte die Oorlog en sy wee. Diep deurvoel is die trage en des te vernietigender smart van ons worstelstryd. Tog deurlig menige donker moment van leed en verlange om verlore vryheid en die dae van weleer, die genadige werking van die waardevolle kleine, wat ons andermaal die betreklike van al ons vreugde en smart weer toon in vertroostende humor. Ek dink hier b.v. aan die liefdevolle en menslike siening van 'n getroue ou Kaffer in die ontroerende verhaal van Freek en sy perd Bles. In die stikdonker nag broei verraad tussen 'n Boer en gewapende Kaffers; maar toevallig is Freek en 'n jong Kaffertjie daarvan getuie, en kan hul die bedreigde huis van oom Bêrend, waar die verraaier teenwoordig is, waarsku. As Freek nog aarsel met die ontsettende nuus, roep klein Pikanien van outa Jonathan met venynige stemmetjie: ‘Oe, oubàs! oubàs! ek weet! ... ek weet! Praat, baas Freekie, en vertel die oubàs. Toe, basie ...!’ moedig hy aan. Begryplik is sy vrees vir die sluipende magte natuurlik en hy kan geen inmenging van die onnosel kleinjong duld nie. Maar as die wilde barbare die huis bestorm en verbrand, en ook dwarsdeur die oorlog heen, bly die ou Kafferjong getrou. Eindelik kan hy die verlange na sy oubaas en baas Freek nie langer uithou nie, in die eensaamheid van die | |
[pagina 154]
| |
vervalle ruïene, waar hy na die moord van sy vrou en kinders met wolwe en hiënas saamwoon, sy tabakkies pruim, en sy droefnis uit in die tone van die een ou kristelike liedjie wat hy ken. Dan kom die bitter-einde ... Eensaam en gebroke nader oom Bêrend sy verwoeste woning. Hy is oud en ‘wit soos 'n duif.’ En die gart (hart) van die ou Kaffer voel o, so bly; en tog so báie séer: sy kleinbaas het geval .... ‘My gart my oubas!’ sê die oujong dan half opgeruimd, ‘my gart isse die bly, my gart isse die seer... baanja, baanja, baanja! Klein bás Frekke - klein bás Frekke, oe! my oubàs!’ die oujong vrywe hande weemoedig tesame ‘die klein bás ek hette geoppas solank, joh!’ die ou kaffer gooi 'n verrimpelde handjie voor sy oormekaarogies, ‘en nou alle dag ek het gesit hierso, my oubàs, ek hette gesit en wag - wag - wag; maar nou die gart van my hy trôr (treur) somaar, en die ògge van my hy reën (die water, nou vandag die oubàs hy hette terug gekom, hy hette nie vir Frekkie saam gebring nie! oe! Joh!’ met'n treurende en bewende stem, ‘Oe! Joooooh! Joh - joh...!’ Ontroerende hartetaal vol saamgeprangde oorlogsmart en liewe herinnering. Sulke smartliedere is seldsaam skoon! Hy vertel die lugubere verhaal van Kaffermoord en sy getrouheid. Oom Bêrend is diep getref deur sy standvastigheid, sorg en trou, waar sovele van sy eie landgenote verraaiers was. Vol ryke humor is dan wat volg. Op woorde wat eintlik 'n bietjie hoog vir hom is: ‘En die koekkens, my ou bàs Bèrrènd!’ roep outa weer met vreugde uit, ‘ek hette vir hom gespaar! Môre die oubàs hy sal sien, nie meer die klein koekkens nie, hy sien làs hiersó, nee, roerie nee! maar nou die gròt hoenner hy sal sien somaar só gròt wat die eier lê!’ | |
[pagina 155]
| |
Wat 'n skat nog oor, en wat 'n trou!... En dié aand, dáar op die kweekgras - ag, 'n huis was daar nie meer nie - het ou Jafta rats gewerk met sy vet karmenaadjie, en in die gloed van die kole was daar weer vreugde te lees op die gesigte van helde: die eie stukkie grond, die troue siel met sy karmenaadjie, die kuiken-rykdom ...... | |
Jochem van Bruggen.Jochem van Bruggen, hoewel Hollander van geboorte, het hom diep ingelewe in die Afrikaanse psiege en omstandig-hede en veral die armeblankewêreld, wat hy met liefde en humor sien. Waar hy hom in sy eerste werk skuldig gemaak het aan oordrewe beskrywinge van grenselose slegtheid, loop die stygende lyn van sy kuns nie oor die skurk Liebenberg nie, maar begin dit by die bywoner-tiepes in Teleurgestel (1918): Liepie Stols, Moeder Greef, Luikes Greef en die kinders. Eersgenoemde wil ek u wat nader toelig in sy jammerlik-komiese futloosheid. Liepie is die tiepe van karakter wat eintlik nie gemaak is vir die stryd van die lewe nie. Sy weke deeghart word buiten sy hartebeeshuisie of tent in enige vorm gedruk, teen wil en dank. Teenoor krag weet hy hom vooruit hulpeloos. Deur larmoyante geseur trag hy nou en dan medelye by andere op te wek; maar kan in sy kruipende lafheid bes 'n skop verdra. Hy pleeg verraad, maar nie deur eintlike slegtheid nie; eenvoudig uit lamme lafheid. Vir werk en aanpak het hy natuurlik in die geheel geen sin nie; daar kla hy liggaamlike siekte en onvermoë by; hy wil gedra word deur die maatskappy. Alle robuustheid maak hom senuweeagtig. Die klein benepene is sy element, en met sy kindertjies te speel en vir hulle speelgoedjies in mekaar te timmer, is sy liefste besigheid. Hy wil die dolce-far-niente-bestaan, maar nie uit gesonde luiheid nie, maar as gevolg van bewuste lamlendigheid en futloosheid. En tog het ook | |
[pagina 156]
| |
hy sy goeie eienskappe, soos sy liefde vir sy kinders, byvoorbeeld. Die storie van die heldedade van die voorouers laat hom weer fierheid voel; dan merk hy nie meer die pyn in sy rug nie en praat van ‘aansluit’, wat sy vrou trots op haar man laat voel. Maar die momenteel hoëre vitaliteit sink aanstons weer tot abnormale doel- en willoosheid. Dit alles is meermale met humor gegee, al verval die skrywer soms in die karikatuuragtige. In sy later werk kom dieper deurlewing, verinnerliking en kragtiger skepping. Tog wys reeds hier menige rake kensketsing en aanskoulike weergewing van die realiteit op skerpe opmerkingsgawe en plastiese vermoë.
Groot vooruitgang toon sy volgende werk: Op Veld en Rande (1920). Op die plaas van Andries Vry woon verskillende armeblanke-famielies op lappies grond wat hul bewerk uitsluitend vir hulself, maar waarvoor hul arbeid aan die baas verleen, as hy hulp nodig het. Die heer word ons geteken as kalm berustend en tevrede met Gods beskikking in alles. Hy is konserwatief, en nuwe masienerie wat mensearbeid verminder wil hy nie hê nie, trouens ‘ons mense versleg langs die beste masien, want hul lywe rus en hul gedagtes woel.’ Baie duidelik is oom Andries ons geteken. Nou leun hy diep in die armstoel op die breë stoep, dan weer blaker hy stofwolke onder die vernielende spreeus op die lande, of loop met regop houding en patriargale kop oor die werf na die werk. Vader peins: ‘Moeder se maklike veldstoeltjie, net vir haar gemaak deur homself toe hy nog rats was - haar voetstofie en haar naaldwerkkissie. - O, rustig is daardie lewe en innig vroom blink die eenvoudigheid!’ Sy breë rug is vol en sag oor die leuning en oom Andries kan ver oor die lande kyk waar hulle nou hawer sny en hy is dankbaar dat hulle vorder met die oes - sy bywoners. Breed, innig en vol waardering is sy blik. Ons maak vervolgens kennis met 'n eks-mynwerker De | |
[pagina 157]
| |
Klerk, wat 'n stukkie grond bo in die rand kom huur, omdat dáar blomme is vir sy vrou en die suiwerste lug vir hom. Aardig is die prosaïese siening van oom wat die eerste betref: dié vervuil net die plaas en groei so welig as of hul die huisie daar met geweld wil inneem! En dan die bywoners - hul klein boerderye, armsalige wonings, woelige kroos en verskeidenheid in die bywoner-maatskappy. Daar is o.a. die uitgeteerde murasie ‘waarin die armoede van Sitman en sy gesin broei.’ Fel is die skildering van verliederlikte armoede en hopelose verslegting. Die huis is 'n vuile krot, die kindertjies wroetel in die stof, die vrou gaan krom deur 'n lewe van enkel ontbering, en van bo tot onder verwaarloos is Cornelis Sitman self, ‘'n onbeduidendheid, wat in die lewe bly, deurdat sy vrou Bettie, as sy fris is, 'n sober stukkie kos tuis bring.’ Hy lewe van die jammerte van andere. Hy is doelloos, willoos, vol ingebeelde kwale en 'n vyand van alle vaste werk. Af en toe verrig hy knutselwerkjes vir kos; maar altyd het hy 'n ongebleekte kussingsloop in sy sak opgerol of 'n suikersakkie, waarin hy sy gifte ontvang, as hy harte verweek het met sy klaagliedere. Vandaar sy bynaam ‘meeldiaken’. Natuurlik is nie alle bywoners soos hierdie ellendeling nie; maar ons sien hul onafwendbare kwellings en ook selfgemaakte kruise, hul benepe-kleine beslommeringe tuis, hul ontevredenheid met die lewe. En in die newelagtige brein en stroewe gees groei die onlus van hul omgewing en ook die begeerte om daaruit te wees - wèg, vèr weg, na die myne toe! Kragtig is die siening in so 'n werkmansiel as dié van Japie Gouws, dáar in die hawerland, waar ons iets tragies voel huiwer onder die humor van die situasie. Die manne laat die sekels sing in die glansende hawer ... Die litte is los en dit noop tot 'n wedstryd in die frisse môrekoelte. Japie Gouws en Willemse druk mekaar. Eersgenoemde is nog vol wrewel van die vorige aand en ergernis rys in hom op. Sien die mokkende wese dan in sy geweldige kraginspanning, | |
[pagina 158]
| |
brandende drif en hulpelose uitputting. Hy srayt die sekel neer, hou hom nog groot, maar stap haastig weg. Hy verlaat die plaas vir die myne. Maar dan die teëstelling in die veranderde mens en houding, as Jaap later in kakiepak en met lugtige, spoggerige plaatjies, deurspek met Engelse woorde, op weg na die oorlogsfront die vriende vaarwel kom sê! Jaap Gouws het kom groet, want hy moes na Duits-Oos. Blink, gladgeskeer, met rybroek en kamaste en met al die windmaak van sy nuwigheid, het hy kom neersak by neef Niklaas ..... | |
[pagina 159]
| |
Ek het hom toe reguit gesê, hy kan met sy ‘jop’ en al na die swernoot gaan! En ek is toe vort!’ Die geheel is kostelik. Die taal is dramaties-beeldend en weerspieël u die innerlike en uiterlike gesteldheid van die sprekers. Die rou-naïewe, verblufte bywoner, wat die ander se onverstaanbare frases en woorde dom-outomaties vraend herhaal, met sy idioot starende koei-oë, waarin tog bewondering blink ....... en teenoor hom, die losse gebare en vlotte spogtaal van die would-be soldaat, wat oor die meganiese vrae van sy hoorder eenvoudig heenstap, en tog wel deeglik bewus is van sy vreemde spraak en die minderwaardigheidsgevoel van sy vroeëre gesel. Mooiste is, ná die vyf vrae op erg gerekte, tiepies bywoner-toon en die oor-blufte gelaat, die plotselinge lig in sy oë, die begrypende lag, die éen woord met énige intonasie: béés! Die kostelike grootdoen van die kakie-draer, wat Boer se seun is, lê dan ook juis in die pragtige refleks van die ape-intelligensie van Neef Niklaas! Sien hierdie tragi-komiese oorlogsdrif wat die stomme stakkers oorval het, teen die agtergrond van diepe erns en teleurstelling van die ou boer, weer verlig deur 'n flitsie humor in die herinnering aan die Bybelse woord dat jy in die laaste dae vreemde gesigte sal sien (b.v. Gouws in kakie) en wonderlike dinge sal hoor (b.v. bywoner-meditasie in verband met die wêreldoorlog). Of Mars ook Sitman oorrompel het? Die oorlog self het opgegee vir hom, sê die skrywer.
Hoog op die rande in 'n bouvallige huisie naby 'n fontein, in 'n weelde van kosmos, by die gekoer van 'n | |
[pagina 160]
| |
eensame duif, het Alwyn de Klerk, Hendriena sy vrou, en hulle twee kindertjies, 'n kat en 'n steekbaard-hond hulle intrek geneem - weg van die rumoerige wêreld, vèr, vèr weg van die sataniese myne met hul tering-vloek. In Gods wydse natuur sou gesondheid en robuuste krag weer terugkeer! Helaas, die droom so skoon van inbeelding, was te teer vir die wrede werklikheid, en désillusie moes volg. Die grote eensaamheid het die vroutjie eerste neergedruk, en Alwyn het hom verwonder oor die liefde van Hendriena; want waar hy gaan is sy. ‘En toe die rande weggevloei het in een swart stil oneindigheid om hulle heen, en selfs die kat se kloutjies getik-tik het oor die vloere, so duidelik in die ongesellige huis, toe het sy baie naby Alwyn gebly sit.’ In die omklemming van metelose ruimtes was elke asem welkom, selfs die toonbeeld van minderwaardigheid en futloosheid - Sitman. Lees die kostelik beeldende taal waarin die bywoner hom geheel openbaar in al sy leuterende onbeduidenheid; waarin iedere salwende toon en vose repitiesie sy eie murgloosheid verkondig, tenspyte van die plegtige versekering van grote handigheid. Geheel afwesig is elke bygedagte van die outeur; Sitman is in elke uiting waar en tenspyte van sy inherente voosheid tog met medelye gesien. Ek herinner ook aan die plek waar die besluitelose Sitman sy ‘besluit’ om by De Klerk te kom woon aan hom meedeel. My plaasruimte verbied 'n sitaat. Maar ons sien op uitstekende wyse uitgebeeld die femelende vrypostigheid van hierdie lamlendige mense-soort. Sitman durf nie dadelik met sy vermetele versoek voor die dag kom nie en probeer dit te verberg en te vertraag deur 'n welbewuste geseur oor 'n besluit wat hy en Bettie geneem het. Bang vir haar verwyt hierin is hy allermins, maar wel dat sy versoek sal geweier word. En daarom nog getreusel en die versukkelde kromrug met haar huigelende deemoedigheid voor die dag gehaal vir hulp en effek. Kostelik egter, is haar stomme versuftheid as Sitman haar herinner | |
[pagina 161]
| |
aan die besluit van verlede nag. Pragtig vererger hy die toestand deur skaamagtigheid voor te wend. Maar selfs die herinnering aan die dorstige ‘Neelsman’ in die midder-nagtelike uur kan haar idiote gestaar op sy hempsknope nie verwyder nie. En tog, sy antwoord klink ‘resoluut’ op die direkte vraag van De Klerk, al kom die ‘besluit’ dadelik minder ‘beslis’ uit! Maar genoeg, u vergeet hom nie weer nie, hierdie skepsel met sy ‘skaamrige laggie oor sy swaarmoedigheid.’ Hoog staan sulke kwaliteite van weergewe, al is dit in humor van die kleinere soort. Sien die De Klerks nogeens op die eensame rande, waar herhaalde teëslae die laaste moed en teenstand verbreek het. Ook die liefde van Hendriena kon nouliks onder soveel stille leed gestadig bly. En sy het gaan verlang, verlang ... Haar blik kon úre lang oor die rande dwaal in troosteloosheid, en tenslotte het by haar 'n godsdienstige dromery ontwikkel, wat haar man se humeur soms baie swaar op die proef gestel het. Op 'n seker dag in die winter moes hy weer dorp toe. Sy was die hele môre 'n bietjie swaarmoedig en hy 'n paar dae al hees. Hy was net besig om sy rywiel op te pomp, toe sy so dromerig kom sê: ‘Jy weet Alwyn, ons kan die Here nie genoeg dankbaar wees nie, dat ons nog lewe!’ | |
[pagina 162]
| |
die narigheid sien, word sy hart week en hy laat haar geduldig teen sy skouer uithuil en daarna stap hy na Sitman toe. Wie ons immense ruimte ken en ook weet wat vir sielestryd verlatenheid kan skep, sal iets gaan gewaar van stil-skrynende wee, wat soms in histerie sy verlossing soek. Hy sal ook die ongeduld en wrewel kan begryp van wie aldeur moet sluk godsdienstige dwepery en dankbaarheid om die gawe van die lewe. En tog wat 'n humor weer! Sien dit in die goedbedoelde en tog so tergende herhaling, met die fluitsugte-akkompanjement van 'n armsaligefietspomp; in die histeriese uitbarsting van opgekropte leed, waarby die dankbaarheidsgeprewel haas iets demonies kry; in die komiese teëstelling van Sitman en die enigste vertroosting in die lewe! Na al die voorbeelde mag ek tog die volgende tafereel u nie onthou nie. Lees dit in sy geheel (p. 33-42). Buite die winteraand, koud, donker, triestig. In die kombuis om die es, by 'n suikerboskoolvuurtjie, beweeg onophoudelik die vlakke fantasie van die bywoner-vertrooster as dof geklots van stilstaande water. Sy vrou tuur in die geglim van kole in volmaakte rus en behaaglikheid, wyl Hendriena vèr en vol weemoed dink. Dan kyk sy vol angs en skrik op, as die dronke uitgelatenheid van 'n aantal Kaffers op 'n ‘tea meeting’ tot hul deurdring. Die vertrooster vertel grieselige verhale van Kaffermoorde by sulke geleentheid, en aaklig droefgeestig klink deur suip-rumoer die gehoe van 'n uil op die nok. As Sitman nog sy bygeloof hiermee in verband | |
[pagina 163]
| |
bring, raak sy langsaam weg. Mooi van humoristiese siening is dan die scène wat volg. Bettie bring die uil in verband met die floute en staan verbouereerd; maar dan raak 'n sekere verantwoordelikheidsgevoel haar meester en sy staan daarop dat Sitman die ‘ouvrou’ se hulp gaan inroep. Pragtig is haar bygeloof en vrees aangedui. As haar man die donkere nag ingaan, dokter Bettie fluks deur. Kostelik is haar simpelheid: te dokter tot die middels ingee, te dokter tot dit eenkant-toe is met die siekte..., en komies is haar alleenspraak, waarin ons die trage werking van 'n verroeste brein sien. Besluiteloos is sy af en toe, daar 'n goeie raad vir haar stand miskien nie sal help by ‘sulke anderster mense' nie. Verwonderd is sy nêrens in die huis 'n medisyntjie te vind nie soos by haar mense. Dan 'n mosterdpappie onder die voete geprobeer en 'n ghriespleister onder haar bors - ‘haar gehele nietigheid gaan op in die taak’. Maar niks wil help nie. Opeens 'n herinnering! ‘My oorlede ousus het mos ook kort-kort so weggeraak en dan vat my oorlede moeder ou lappe, wat sy brand, en dan druk sy dit onder oorlede ousus se neus.... maar ek kan mos nie gebrande ou lappe onder nig Drienie se neus gaan druk nie! Hulle is mos heeltemal anderster as ons, hulle natuur is anderster, hulle lewe is anderster.... en hoe kan ek dan gebrande lappe onder haar neus druk? Maar sy sal dit mos nie weet nie. En as dit help, dan kan ek vir haar 'n goeie raad gee....’ Sy doen dit. 'n Brandlug vul die huis, wat die twee De Klerkies laat wakker word en hoes; ‘die Sitmantjies is rook gewend en slaap rustig deur!’ En werklik kom Hendriena by. ‘Jy kan gerus die raad onthou’, voeg Bettie haar dadelik trots toe. Tiepies is die trek dat mevrou dadelik aan die gemak van andere dink en koffie laat sit vir die goeie ou tant Qrieta, wat nou verniet moet kom! Mooi is ten slotte die scène om die bed waar die ouvrou met haar teen-woordigheid 'n rustige gevoel van vertrouing inboesem. | |
[pagina 164]
| |
Bettie en Neels is in die woning geslink tot by die kombuis-es, waarop die ketel sing. En tant Grieta sit voor die katel. Dis al ná middernag. Die kaffergeraas is luider en wilder as in die aand, maar dit hinder Hendriena nie nou nie. Sy vertel selfs opgewek van die uil en glimlag omdat sy so vreeslik bang geword het daarvoor. Die ‘vrome glimlag’ van die goeie ou tante wat bestraf, maar al te goed begryp, dit ook is die taal van humor. Nog 'n (laaste) moment uit Bywoners. Ek gaan die tiepiese bedelgewoonres van die famielie Sitman verby, hul vraatsug as ná verhongering 'n buit hul in hande val, hul luiheid dan daarná, hul verregaande' skaamteloosheid .... en wil u liewer tenslotte in die Kafferkrot van 'n hartebeeshuisie bring, waar in rook en goorheid 'n nuwe Sitmantjie die lewe ingeslinger geword het, waar die verliederliking van dag tot dag nog toeneem, maar waar tog nog die moederliefde lewe, wat op 'n bleek gelaat en in vervalle oë 'n vreemde hartstog wek, as sy haar kind wild teen haar borste druk ... Niemand sal in die heiligdom van haar wonderlike liefde binnedring, geen weeshuis of mediese behandeling die lewe van haar kindertjies versôre nie. Sy alléen ken hul, begryp hul kwaaltjies, kan hul help, het hul lief ..... ‘Hendriena sê, hulle wil my kinder van my af wegvat; en dan moet hulle in 'n weeshuis kom. Ek wil dit eers sien! Hulle sal my moet saamsleep! Hulle sal nooit soos ek vir my kinders sorg nie! Daar is Driesie!... Uit die staanspoor is sy maag onderstebo! Al wat vir hom help is ambei-bossie ... Sal hulle tussen die kliprandjies rondloop om ambei-bossie te | |
[pagina 165]
| |
soek? En dit laat trek? En dit vir hom ingee? - Nog nooit nie! ... En Neelsmannie - die eerste dag sal hulle vir hom takel, oor hy so pieperig is. Hy is mos sy vader so uitgedruk. En hy kry almelewe sulke skielike pyne. Hulle sal hom mos nie glo nie! ... Ek vat almelewe die pynplek vas tot hy verskiet; maar sal hulle die pynplek vasvat? Nog nooit nie!’ Die ernstige konflik van die armsalige moeder met haar misplaaste jammer en haar onkunde, word in sy realisme ons weer kornies. Die teenstrydige soek weer 'n oplossing in die milde humor. So toon Van Bruggen ons in menslikheid sy karakters uit die laagste lae van ons volkslewe. Maar, alles bly nog te fragmentaries; die heerlikste vindinge en visies laat Van Bruggen hom só weer ontvlug. So wag ons by al die mooie fragmente nog steeds op die grootse skeppingsdáad. | |
Die Burgemeester van Slaplaagte (1922).Te verwagte was dat Van Bruggen, wat die vervalle lewe van ons armeblankedom so diep deurtas met sy navoelende begrip, ook die noodlottige magnetisme van die Goudstad in verband met die eenvoudige boere-psiege sou uitbeeld in tragiese gebeure. Die hooffigure is hier oom Lood, wat op 'n klein stukkie eie grond woon, en sy lewenslustige, seksueel-ontwikkelde en deur die ondraaglike Slaplaagte-vervelendheid sterk geïrriteerde dogter, die mooie boernooi, sy spogkind, Levina, wat deur die heerlikheid en vryheid van die Johannesburgse lewe van haar ouers weggelok en aldaar ten gronde gerig word deur die ligmis ‘Skeelgans’-Peach. Hierdie laaste gedeelte, die eintlike ‘val’ van Levina en daarná, word in 'n paar paginas vertel in opsomming van 'n paar uiterlikhede, waar 'n lydende mensesiel ons verborge bly. Die heerlikste gegewens vir die skeppende kunstenaar het Van Bruggen nie aangedurf nie, en wat hy so opsom is volmaak onge- | |
[pagina 166]
| |
nietbaar vir wie De Meester ken. Maar met oom Lood is hy op bekende terrein; daar vind ons sy suiwerste en onmiddellikste impressie. So bring die Afrikaanse kunstenaar ons die komiese en gemoedelike humor, waar rein tragiek misluk. Laat ons die objektiewe humor in die uitbeelding van oom Lood nader beskou. Op die groot plaas, Slaplaagte, oorspronklik die onverdeelde boerdery van die grootvader van die meeste teens-woordige besitters, woon op 'n bultjie heeltemal apart van die ander kleingrond-eienare oom Lood, sy vrou en dogter. Die plaas is tot 'n klein dorpie gegroei met 'n winkel en hotelletjie, 'n skool en 'n onderwyserswoning. Die gees van Slaplaagte word reeds volkome deur sy naam uitgedruk: 'n totaal benepe en suffe atmosfeer van siele- en geestesbelewinkies wat sentraliseer om kleinhuislike gebeur-likheidjies en peuter-onderneminkies, soms klein-vernaam betroebel deur detail-kwessies en beuselagtige ambiesie. Van dit alles is oom Lood die mees konsekwente representant, totdat ouersmart en bittere teleurstelling hom laat ryp tot diepere menslikheid... Oom Lood gaan heeltemal op in die klein-gewigtige lewe van Slaplaagte. Met die hulp van sy flinke lewens-gesellin bewerk hy sy tuintjie - 'n boerdery besit hy nie -, woon elke openbare vergadering in die omtrek by, en dien vrywillig as koster op elke buitekerk. As hy smiddags op sy veldstoeltjie in die koelte voor die huis sit en neer kyk op die gewerskaf van die eienaars wat vir hom daardie lappie vergunningsgrond gegee het, dan lyk hy op die koning van Slaplaagte! Die ambiesie van sy lewe is om koster te word, as Slaplaagte eendag 'n eie kerkgebou moet kry. Vir hom is dit 'n uitgemaakte saak - ‘die kerk ontbreek net.’ Hy het die naam van ‘Burgemeester’ gekry van die élite, d.w.s. die hoë mense ... wat handel drywe en spekuleer met die plaasmense. In die winkels was dit ook sy offisiële tietel. Oom Lood het verstaan om hom nie dood te werk nie. | |
[pagina 167]
| |
Die siel en krag van sy huis en sy lewe is sy flinke en sterke vrou Levina. In huis laat hy haar regeer, maar daar buite en veral op vergaderinge laat hy graag sy stem hoor en is hy 'n troue sekondeerder. Veral op die skoolkommissie-vergaderinge is hy besonder gestel. Volgens hom word hulle glad te selde gehou! ‘'n Mens moet meer wys dat daar belangstelling is in die skool-kinders se vooruitgang, en 'n mens kry almelewe by meester die indruk dat alles baie voorspoedig gaan wat die onderwys betref. Dis net 'n windpomp wat kortkom’ - meen oom Lood. Die groot ‘gewigtigheid’ en selfvergenoegsaamheid van die kommissielede word goed aangetoon en die nietighede ten beste gegee, waarmee dié hoogsverantwoordelike liggaam hul ‘vernaamheid’ toon. Hoogs komies is die blik op hul in die skoollokaal. ‘Stemmig soos in 'n kerkeraad’ volg die lede die voorsitter, wat die plek van meester inneem. Die manne wring hulle lywe met moeite in die klein skoolbankies. Meester sit ‘somar eenkant .... 'n mens kan sien dat hy nie 'n skoolkommissielid is nie!’ Eers 'n gebed, en dan gaan dit oor die windpomp, waarby allerlei volkswysheid te pas gebring word; dan oor die oorlog, die Afrikaanse gewoonte aan oorsese artiekels die voorkeur te gee, die kombers wat oom Lood by Spantou gekoop het, Afrikaanse windpompe, die middelman in S.A., weer die kombers, ens.; tenslotte sekondeer oom Lood teen sy vorige houding in! Van Bruggen ken dié tiepe deur en deur - en gee hul in al hul gewigtige ‘belangrikheid’, sonder om met sy eie subjektief-komiese siening en persoonlike geestigheid die objektiwiteit van sy uitbeelding te skaad. Ons hoor en sien hierdie mensies, soos hulle inderdaad is. Meerdere voorbeelde van skerpe opmerkingsgawe, speursin vir kleine nuanse, psigologiese fynhede sou hier aan te toon wees. Ek herinner aan die siening van oom Lood, die eerste môre ná die terugkoms van sy dogter in geselskap van haar skeel Engelse minnaar. Oom Lood op die streepsak, waar hy 'n skoen repareer, merk 'n vreemde tederheid in sy kind: | |
[pagina 168]
| |
‘Ek het verlang na hierdie huisie pa; na Slap-laagte ... en vernaam na pa hulle.’ So toon Van Bruggen reeds mooie beheersing in sy weergawe. Dieper word die toon van humor as ná die smartvolle tyding dat Levina met spessel laisen getroud is, die twee oudjies na die stad van sonde gaan. Ewetjies word aangeduidie bedwelming van die stadsrumoer op die eenvoudige psiege en die verbluffing van rykdom by die eerste ontmoeting. Maar in die lange ure van rusteloosheid dink die ouers met smart aan hul verlore kind. Sien hul vroeg op 'n Sondagmôre. Dis nog skemerdonker. Die stad is spookagtig somber en in die verte dreun die myne. Vir oom Lood lyk dit of die dag hier oud gebore word en hy voel 'n ondraaglike smart om sy hart wring. In die kombuisie soek tante vuurmaakgoed. Haar stemming is baie somber. Alles vind sy op slot. Sy voel 'n ‘haastigheidjie’ opkom en oom Lood, self diep neergedruk, moet kalmeer. Sterk spreek die afkeer in die ‘skeelgans’, wat tussen moeder en dogter getree het, en ook die vroulike inruïesie wat onraad gewaar. Mooi is daarteenoor die Bybelwoord van oom Lood. Die son het intussen opgekom en in die stille môre lui daar 'n klokkie van 'n Roomse kerk. En oom Lood vergeet sy grote smart, en lewe vir 'n oomblik alleen in sy ideaal: ‘Glad te vinnig! Dis veels te vinnig! Daardie man verstaan nie sy werk nie. Hulle doen hier in Johannes-burg alles hals-oor-kop, lyk dit vir my. Harta, onthou | |
[pagina 169]
| |
jy nog die koster van Rustenburg se gemeente? Hy het almelewe die kerkklok gelui dat dit die moeite werd was om na te luister. Vèrweg oor die hele dorp kon 'n mens hom hoor - hoe verder, hoe duideliker; en suiwer het dit geklink, publiek soos: “kom sondaar!... kom sondaar!” Dit het die mense geroep tot in hul harte. Maar dis nie elkeen se werk nie. Dis 'n slag. Jy moet verstaan hoe om jou lyf mee te gee met die opruk, terwyl jy weer met die afkom net tweekeer so half stywerig 'n rukkie gee, om die “sondaar” reg te kry. Jy moet net oppas om jou lyf nie te styf te hou nie, anders kom die woord nie duidelik nie. Nee, wat! Hierdie een moet nog jarelank leer kloklui by Rustenburg se ou koster. Hier in Johannesburg sal hy dit ook nooit leer nie; en wie sal hom verstaan? Dis mos vir Engelse wat hy lui. Laat hom maar opdons!’ Maar tog het die klokgelui van daardie Roomse kerk sy stille wyding in die gemoed van die eenvoudige paar. En hul voel hul nader by God. O, hulle harte is vol ouersmart vanmôre, daar in hulle kind se huis; en dit wil breek asof die druk te groot is op die oomblik. Die klokkie lui en lui maar deur dat God die sondaar roep, dat die verslagene van hart moet kom; en in die klokgelui juig troos en saligheid. So onbewus dink altwee dieper in die grootheid van hulle innige, eenvoudige geloof. En dit tril eers suutjies as die vèr geheurie van 'n lied oor haar lippe: | |
[pagina 170]
| |
Hoe sien ons die diepere geloofslewe hier van wie arm van gees is en getroos word. Die huis, die kombuis is dan ook inderdaad hulle syne .... Wie voel nie uit hierdie eenvoudige tekening van die werklikheid die skoonheid van sulke stille vroomheid nie? Wie sou dit ook nie wil verkies bo die goedkoop gemoraliseer van 'n dosyn lekeprekers in ons ‘romans’ of ‘drama‘ nie? En wat 'n milde humor in die diepere lewensaanvoeling van Van Bruggen. So het 'n Boere-psalm dan op 'n vroeë Sondagmôre in 'n huis van vrye liefde in Johannesburg 'n liewe sondares gewek, as klokgelui tot nuwe erediens .... Tog moes sy tragies ondergaan. | |
Ampie.Ga naar voetnoot1)‘Ja, Flip, baar as 'n Vaalpenskaffer, vuil as 'n Koelie-meid; maar dis 'n witman, 'n Afrikaner-kind, en sy wil is goed, soos dit my lyk.’ Siedaar die eerste indruk van die boer Booysen van die held van ons verhaal. Inderdaad kon hy later meer goeds van hierdie agterlike seun van by die twintig jaar vertel. Ampie was uitgebroei waar verslegting en verliederliking en idiotisme daeliks toeneem; waar werkeloosheid en doelloosheid siel en liggaam verwoes, en lewenswrakke tot tronk-kos maak; waar selfrespek haas nie meer bestaan nie: in die moerasse van ons armeblankedom - die jammerlike proletariaat van duisende byna swaksinnige ellendige, wat deur oorlog en die snel wisselende beskawingstoestande 'n prooi geval het aan die onheile van 'n nuwere tyd, wat hul grootvaders met sieleadel in 'n woesteny ingelui het. | |
[pagina 171]
| |
In 'n murasie, sonder volledige beskutting, en in viesheid, soms erger as dié van 'n Kaffer-nes, het die kind van ‘Goor’ Dawid Nortjé en ‘Simpele’ Bettie en die broer van half-idiote kindergespuis sy jong lewe geslyt. Die beestelike halfdood-kastyding tuis het in hom wrok, lis, leuenagtigheid, lafhartigheid en wreedheid op sy beurt aangekweek. Tog lewe in Ampie 'n frisse natuurdrang en die heerlike kinderverbeelding en -ideale, wat dikwels in geweldige drifte uitlaai of in naïewe lugkastele-bou 'n siels-behoefte wil bevredig, wat ons by sy mees onmaatskaplike doen en klein vergrype aan die sedelike kode met groot simpatie vervul. Dikwels laat hy dink aan 'n gesonde jong bees, met sy natuurdrifte wat onkeerbaar is waar eenmaal sy hartstog woed. Of dit 'n dier is of rasende vlammetonge wat Ampie tot sy prooi kies, hy word besiel deur 'n moordlus, wat voortja solang daar teenstand is. Primêr is sy seksinstink, en goed word sy sinnelikheid aan-gedui; goed ook (maar fragmentaries) die ontplooiing van sy ware liefde. Ampie kan baie teer wees, ook eindeloos verlangend na sag-vroulike goedheid en liefde om sy blinde drifte en lewensteleurstelling te kalmeer tot 'n toestand van sielsrus en innerlike geluk, wat hy steeds ná wraak-gedagtes en beestelike bruutheid weer na haak. Sy gedagtewêreld is dié van 'n agterlike seun, sy taal (met enkele uitsonderinge) dié van homself en beeldend, sy geestelike en morele vooruitgang moeilik en gering deur aangebore en aangekweekte eienskappe. Hier sou die skrywer nog veel meer psigologiese ontwikkeling in 'n vervolg op hierdie werk kan aantoon. Om kort te wees, Van Bruggen het nêrens iets van Ampie se wilde drifte wil vergoelik nie, maar hom enkel in groot verdraagsame menslikheid gesien; en sy natuur-neiginge ook nie wil verheerlik nie, maar in humor verklaar. Ampie voel dikwels magtig-sterk die verlange skryn na vryheid en geluk; en dan volg hy louter sy instinkte, en rebelleer sy ganse wese nie alleen teen die dodende beklemming van sy | |
[pagina 172]
| |
ouderlike krot nie, maar ook teen die maatskappy met sy brute geweld of die geheimsinnig werkende magte wat daarop uit skyn om hom te vernietig. Hy haak na die frisse atmosfeer van bosse- en vlaktevryheid, of soek sy vertroosting in die meevoelende liefde van sy stomme boesemvriend, die esel ou-Jakob, of in 'n droomwêreld met sy geliefde, maar moeilik te vange Annekie. Sy sieleadel is sy natuurlike menslikheid en mededeelsaamheid. Deur bittere smart en teleurstelling moet hy langsamerhand ryp tot 'n man wat die vertroue van die goeie Booysen waard sal wees en die liefde van die eenvoudige boeredogter. Komies moes die dink, voel en handel van die natuurkind ons voorkom, maar dit is die lagwekkende op die basis van diep-menslike simpatie, wat die skrywer in geestesvryheid ons in hierdie toiingskind openbaar. Daaroor vervolgens meer in die besonder. Al dadelik humoristies is die siening van Ampie op die vandiesie, waar hy sy troue ou esel moet verkoop, sodat sy pa hom weer kan sat eet aan varksvlees. Hy duld geen kastyding van ou-Jakob nie, voel trots as sy besit so aan-geprys word, en verwonder hom oor die opveil, ‘wat klink soos 'n trop henne se gekekkel in die lê-tyd.’ Booysen koop die esel. Bitter is sy droefenis daarna. Met humor word sy gedagtevertroebeling oor ou-Jakob weergegee: die troue dier het so presies al sy begeertes en verlangens geken. ‘Pa wil mal word oor 'n vark!...... Wat is 'n vark? .... 'n Mens vreet hom op en dis uit en gedaan; maar 'n esel hou solank as hy lewe.’ Rebellie rys in hom. Hy sal nie meer na die veragtelike dwang terugkeer nie. Dan droom hy oor Annekie, en vrees en spyt verdwyn. Die geluk blink hom toe in die strale van die son: die slagpale, volop vlees, die boeredogter! Sy besluit staan vas: na Annekie om haar positief te vra; dit hóort so. Die gedagte aan haar hou hom warm in die koue aand. Goed is sy vrees weer binnenshuis deurvoel, waar hy laf en slu toehoor na oom Tys se boekehou (godsdiensoefening). | |
[pagina 173]
| |
‘Vol eerbied luister almal, hoewel niemand verstaan nie.’ Die vaste lyfie van die nooi kry egter Ampie se hoofaandag, en liefde maak planne om die boekehou te uitoorlê. Na die amen lieg Ampie onbeskroom: ‘Pa en ma het groetnis laat weet. Pa sit 'n bylsteel in; ma pas kind op.’ Die ‘regtige opsit, nie 'n speel-speel opsit soos hulle gewend was nie,’ is eg. Die erns van Ampie skyn vir die nooi sedig en dooierig. Maar na veel hindernisse kom die huweliksaansoek tog uit; Annekie word alleen gewin deur die gedagte aan 'n ring! ... ‘'n ring wat fonkel en almelewe 'n mens se oë vang, 'n ring om mee te spog ... 'n ring net soos die “tietser” hare.’ Hulle redeneer nou soos twee ouderlinge oor 'n kerkkwessie. Sy maak vir Ampie duidelik met 'n teregwysing, as van 'n moeder. So gaan Annekie vir ons lewe, orals waar ons hierdie pragtige figuur te sien kry. Goed is hierdie trek ‘wat hoort’ in die mond soms van die mees verwaarloosd es. Dink ook aan die opmerking van Ampie oor gebrek aan opvoeding by iemand op die vandiesie, of aan die teregwysing van Bettie tot haar kinders in die huis van Mevrou Booysen gerig: ‘Kleinsus, jy 't weer geloop en mors!’ bestraf die moeder haar. ‘Ek het die blik by die huis gelyk-vol gemaak, nig Grieta, maar teenswoordig se kinders is te onpresies. 'n Mens kry geen geaardheid in hulle nie; hulle is nes Kaffers!... Kleinsus, staan agteruit! Moenie so ongeaard vir 'n grootmens staan en kyk nie!’ Aardig psigologiese trekkies ook in die winkel-scène. As Ampie 'n riem sien waarin 'n mens baie geld kan bêre, | |
[pagina 174]
| |
vyf-en-twintig pond so agtermekaar instop in sy donkergeel derm, dan is Annekie en haar ring geheel vergeet. Mooi is die gewigtigdoenery van die stakker wat vir die eerste keer in sy lewe hom geldbesitter gevoel, en sy oortuiging dat hy die Koelie onderdeurgespring het! Sterk is die siening van die seun daar teen die bult in die sonlig van sy ideale kloofskeur, waar hy hom vergas op die lekkernye wat hy met ou-Jakob se geld gekoop het. Sy brood, sardiens en gemmerbier lê eenkant op 'n plat klip. - Hoe rustig werk die wete in sy hart - dis syne daardie, en hy kan eet en drink wanneer hy wil en soos hy lus het. Hy skep behae in die moedwillige onthou van daardie lekkernye, asof hulle mensies is wat hy wil vermaak of aan 'n lyntjie hou tot wanneer dit hom gelief om sy aandag aan hulle te gee. 'n Pragtige beskrywing volg van dierlike weelde waar Ampie te keer gaan ‘soos 'n losgebreekte vark, wat in 'n groentetuin verjaar.’ Goed is die wellus gesien waarmee hy sy moordlus botvier. Hier geld dit 'n geweldige afrikaner-os, wat hy help neerhaal. Ampie skater oor die benoude gebrul van die worstelende dier. Dis vir Ampie of hy allenig spook met daardie bees. Met stote kom die koggelwoorde uit, kort as sy asem is van die heftige krag-inspanning. Hy trek heel voor. 'n Tiergenot gloei in sy dierlike blik, en wellus klink in sy gelag. Die gevangenis-scène lyk my die swakste in die boek. Die drankverkoop-argument is te opsigtig, die tendens te floutjies besiel. Maar by Ampie vind u inooi trekke. Ek herinner aan sy bekommernis: wat sal Annekie sê? Sal sy spot? Sy drif vlam op: ‘Dan sal hy haar gorrel vir haar toedruk, so wragtig waar! Laat sy net vir hom spot - ja, net | |
[pagina 175]
| |
'n speld se dikte.’ Ook sy kinderlike openhartigheid en liefdesontboeseming by 'n tronkvoël is mooi van vinding. In Ampie sou sterk naturalistiese elemente aan te toon wees. Fel teken Van Bruggen die diepe val van so vele armeblanke. Strak is sy siening van ‘Goor’ Dawid met sy dierlike woede en waansinkrete as hy besig is om Ampie te verwurg. En binne die murasie-woning hoor u 'n taal wat vergelyk word met pompomskote, om die krygstoon wat daar gewoonlik heers. Daar is die gore ellendeling met sy vraatsug en buffelagtigheid; sy afgetobde simpele vrou, wie bitterheid en mensehaat soms uit haar lamme tamheid tot 'n furie kan opsweep, en wat verder maar bly is dat sy simpel is, om so die roue werklikheid te kan verdra; die half-idiote Fyta met haar seksuele verbeelding; die klein Nortjétjies, wat in sand en stof en ander vuil op die grond speel, dit bymekaarmaak tot walletjies ‘wat 'n beeskraal voorstel en 'n pad wat na die deur toe lei.’ Maar deur al die liederlikheid heen gewaar u tog die simpele moederliefde in besorgdheid oor Ampie, die dowwe afglans nog van die sieleadel van 'n geslag of twee (!) terug. Daar is wrange humor ook in dit alles. Die moeder het wonderlik deurmekaargekrap gevoel, en om die vuurkan met haar twee oudste dogters ‘Zalig hij die in dit leven’ in die môreskemering gesing. Daarop het een - die Hooglied van Salomo gelees ter vertroosting om die weggeblewe Ampie! En Ampie het in luttele dae iets gaan begryp van die valsheid en verdriet van die ou wêreld. Bo al sy teleurstelling en lewensmoeheid het een groot verlange hom tenslotte oormeester: terug na sy enigste ware vertroude, die esel ou-Jakob. Besonder rake psigologie vind u dan in die hoofstuk Ampie en sy Maat, waarin die kind van die ellendigste huisgesin ‘die eentonigheid van die wind se treurgeluid breek en laat vergeet.’ Mooi is sy lugkastele en die uitoorlê van sy vader, veral in die onderhoud met Booysen, so ryk aan humor, waar ‘altwee lyk of hulle begrafnis-toe kom, | |
[pagina 176]
| |
die kleretoiings uitgesonder.’ Goed ook is die vrypostigheid van ‘Goor’ Dawid en sy vaderlike vermaning: ‘jy moet elke aand jou vraeboek leer; want jy is nog maar baie dom, en dis kaffersleg as 'n mens ongeleerd bly.’ Die nuwe verstandigheid en astrantheid van sy seun kan Nortjé maar nie begryp nie. Hoe sou hy hom ook kan verplaas in die verlangens en verwagtinge van 'n ander? Die onkunde van sy vader vind Ampie heerlik. Die dag sal kom dat hy sy pa skadeloos sal trotseer! Sy pa sal nie aan ou-Jakob ruik nie! Oom Kasper sal sy esel vashou tot hy die dag mondig is, en dan sal hy mos net kan maak wat hy wil! Hy sal vir ou-Jakob vat en inspan voor sy treppie, wat hy nog wil koop, en vir Annekie gaan haal met daardie karretjie en stadig langs sy pa stap-stap verbyry, neffens haar op die kar. Hy leef weer geheel in sy ideale en juig dit uit op die rug van die esel in die wêreldse liedjie van 'n beklagenswaardige bruid - so dikwels deur sy moeder gesing in haar ellende. Rake psigologie ook daar op die land waar Bart, die broer van Annekie, tot middelaar moet omgekoop word. Hierdie byfiguur is uitstekend geteken in sy byna karikatuuragtige berekening om uit die verleentheid van 'n ander profyt te slaan. Deur listige praatjies en gewikste suggestiewe beweginge, weet hy die eenvoudige seun só te beïnvloed en te verplig, dat hy tenslotte al sy begeerde goed (selfs die geliefde belt, waarom Ampie eens sy Annekie selfs vergeet het en wat hy met groot moeite weer uit die skraaplustige vingers van sy pa ontneem het) ontfutsel, vir die diens om die geliefde 'n oomblikkie alleen met hom te laat daar in die hoë gras. Die samesyn tussen die twee bevat weer kostelike trekke. Ek kan alleen nog wys op die pragtige eiewaan wat Ampie dikwels toon, veral in sy idealistiese siening van die toekoms. Dit is vir hom of hy alles self kan volbreng, daar op die plaas, en Booysen is uitgeskakel! | |
[pagina 177]
| |
Die lewe van Ampie op die boerdery is vol sprekende trekke. Daar is o.a. sy skuheid by die hoë mense, sy onwilligheid om op 'n bed te slaap en soos die andere beskaaf te doen, sy kinderlike trots oor sy eie prestasies en betekenis op die boerdery, sy gevoel van beklemming van bespied en gekontroleer te word, sy verlange na die wilde vryheid, sy bedrieëry met die voorslae om rook-geld te kry, sy drifte en ideale, sy langsame verbetering in enkele opsigte deur die liefde. Op 'n enkele punt wil ek nog terugkom. Al dadelik spreek sy sinnelike neiginge, al gewaar ons ook ‘hoe wonderlik sag Nig Grieta sy hart vir Annekie gemaak het.’ As hy Hester Staander, die mooi dogter van Booysen se voorman, sien, is hy weer dadelik verlief. Begeerte en bewondering gaan hier saam. Haar vader in sy geldmoeilikhede is minder sterk van objektivering. Maar daardie liefde wat die verwaasloosde seun vir die mooi en goed opgevoede Hester gaan koester - wat natuurlyk op teleurstelling vir die arme kind van Goor Dawid en Simpele Bettie moet uitloop - is in sy beperktheid van 'n egtheid en warmte en 'n rake humor, wat 'n gebeurtenis in ons literatuur is. Ons hoor sy groot verlange en sien sy kraginspanning om die nooi, merk ook die ontwikkeling van 'n gevoel van netheid en orde, selfs kleine ydelheid in die stakker. Maar sien eers nog die pragtige deurlewing van Ampie se teleurstelling en drif op die dag as hy deur Annekie afgesê word. Dit het begin met die teregwysende blik van Booysen om sy niksdoen by die snymasien wat hy moes beredder. Vrees neem die plek in van vrolikheid. Hy gooi hom onder die snymasien en veg, krullende en skuiwende op rug en sy, met 'n moer wat nie wil draai nie. Eers sy krul-kuif, dan sy hempsmou, wat sy ongeduld vererger. 'n Geweldige drif steek op. Hy steun en sug, en die sweet tap hom af, die oliekolle oorvlek sy gesig, en sy kuif het hy al wil uitruk, as dit nie so seer was nie; maar toe die | |
[pagina 178]
| |
skroefhamer glips en hy sy kneukels teen die harde koue yster stamp, toe raak die woede hom baas. Hy slaan die dooie ding hier bo hom met die hamer bont. - Dit traak hom nie waar hy slaan nie. Hy wil hom wreek - hoe, kan hom niks meer skeel nie. Hy wil maar slaan en slaan in sy wrede woede, wat hy met elke hou opsweep tot 'n waansinnige gemoker; tot hy naderhand magteloos, doodstil op sy rug bly lê, wyl sy oë rol soos dié van 'n ongedierte, deur sy vyande vasgekeer. Eers nog die kleinering deur Booysen, en dan die afsêbrief (met die ring sonder steentjies), wat weer so geheel die eenvoudige, gedésillusionneerde boerekind teken, dat ek u dit moet gee: Liewe en nooit vergetene Ampie! Ek sit my neder om u te melde, dat dit met ons allen nog seer wel gaan, deur die Heere se goedheid, en ek stuur jou die kafferring terug en ek wil nie 'n jongetjie hê nie wat so laag van 'n meisie dink al die steentjies het die twede dag al uitgeval en ek wil nie meer dat jy na my vry nie. - Hopende die selfde van u te hoor u nooit vergetende nig ‘'n Wrede gloed as van 'n ongedierte het Ampie se oë wild gemaak ...’ Pragtig is sy groot-doen voor die broer. Sy kan na die hel gaan! In sy binneste groei 'n groot smart, wat hy soek uit te stort in ontboeseminge aan sy trou ou esel-kameraad. Die verdere ‘neulery’ van Mevrou Booysen | |
[pagina 179]
| |
help hom op die weg van dolle woede, wat hy teen alles uit wat swakker en weerloser is as hyself. Hy stoot die ruuste vloeke uit teen die Kaffertjie wat die beeste te langsaam aanja kraal-toe, en trek dan waansinnig los op die stomme vee met spantou en klippe .... Dan verskyn daar in die skemerlig die sterke silhoeët van die swygende, indrukwekkende regtergestalte van Booysen ‘soos 'n stil mag om sy onbesuisde woede te verniel.’ 'n Vrees bekruip Ampie. Hy gaan aan die werk, waarmee Booysen hom help. Die stilte is ondraaglik. Sy pa sou hom half verwurg het. Maar daardie geheimsinnige figuur ontneem selfs sy wil om te vlug. Hy slink soos 'n slaaf en begin flikflooi. Dan volg 'n sagte berisping, wat op die growwe gemoed geen indruk maak nie, maar in Ampie alleen 'n gevoel van voldaanheid en rus bring, ‘omdat die vreemde stilte opgehou het.’ Geen berou volg nie, maar veinsende bedrog! Toe Ampie die aand wil uitgaan om te gaan slaap, toef hy in die kombuis en roep vir Grieta Booysen. Sulke deurdringing as in hoofstuk XII gebied word, is onbekend in ons prosa-literatuur en van hoë artistisiteit. Die nuwe ideaal van Ampie is die geluk met Hester, wie hy met haar moeder na die aanneming op die dorp bring. | |
[pagina 180]
| |
Ons sien sy liefdevolle diens-ywer op weg, sy smagtende blikke waar hy alleen met Hester is by die uitspan op die veld. Hy sou sy lewe daar op die kaal vlakte wil verslyt ‘as Hester net altoos daar sou bly staan, so eie met hom geselsend oor die allenigheid.’ Groot is sy bewondering vir die kind met bleik-handskoene. Beeldend is sy gedagtes oor die kerk wat nes 'n vandiesie is. Daar binne het Hester hom voorgekom as ‘'n splinternuwe koningin, so uit die kas.’ As sy tog maar sy vrou word! ‘Sy kan maar op die kooi bly lê van die môre tot die aand en in die nag dwarsdeur, altoos maar rus en rus. Hy sal die laaste werk vir haar verrig. Sy kan haar bleik haar lewe lang ...’ Trots is hy op sy sorg vir haar: ‘'n Mens kan maar sê, dit het net van hom afgehang, die ganse aanneme van Hester.’ Vol ryke humor is die gedagtes van Ampie oor die kerk, predikant, aanneming. Veral die preekstoel het hom baie laat wonder - daardie wonderlik mooi uitgewerkte vat, waarin die dominee so oulik pas! Maar vanmôre het die predikant hom glad oorbluf, toe hy sy kisklere aangehad het. Hy 't amper geen woord van die hele preek verstaan nie, maar hom net verwonder aan die gefladder bo die vat uit, wanneer die predikant soos 'n groot vlermuis sy arms uitswaai oor die gemeente. | |
[pagina 181]
| |
Teer is sy gedagtes onder die sterrehemel; ook sy sorg om die uiterste gemak van die geliefde is met grasilike humor gesien. Heerlik is die môre-lied van die ossewaens. In die siel van Ampie is dit die lied van liefde. Maar Hester is nie vir so 'n skooiertjie bestem nie en word die vrou van 'n motorfiets-kêrel. Dit was op 'n Nuwe-jaarsdag dat Ampie vir die eerste keer diep in sy siel geproe het die verliederliking van sy ouerhuis, wat in die oë van Hester en haar vriende bly kleef aan hom - 'n minderwaardige buitestaander. En hy het 'n vloek uitgestoot oor alles wat Nortjé was, en oor homself ook. Sy ekstase het omgeslaan in moedeloosheid, sy seëning in verwensing van alles en almal. Dit was 'n keerpunt in die lewe van sy gevoel. Mooi is nog onder die vervloeking van sy afkoms die gewekte gevoel van trots: Wie is die Staanders dan so danig? Hulle eet ook maar meeste stywe mieliepap, en verwat kan Hester haar so danig aanstel teen my? Oom Flip loop dag vir dag met 'n gelapte broek en 'n gelapte hemp, en hy het nou die dag Ielik uit die weer uit gevloek! .... Eers deur smart leer hy om die skakeltjie tussen hom en ou-Jakob te waardeer: Annekie! Aan die leser laat ek 'n verdere beskouing van die by-karakters oor. Uitnemend geteken is Annekie, Bart, Goor Dawid, Simpele Bettie (dink nog aan die kostelike besoek met humor-ryke verbinding van moederliefde en -trots en half-idiotisme). Staander, Hettie (veral na die aanneming), die dood van ou-Jakob en nog enige ondergeskikte elemente is minder geslaag. Maar die gestalte van Ampie is onoortroffe in ons literatuur. Met nog meer ontwikkeling ten goede of andersins van Ampie se innerlik en waaragtige deurlewing | |
[pagina 182]
| |
van onderdele sal Van Bruggen in 'n eventuele vervolg te meer sy naam vestig as ons beste romanskrywer. Want hier is veel met 'n vastheid van lyn in strakke komposiesie verwerk, wat in konsepsie en uitvoering 'n mylpaal in ons romankuns is. Die siening van Ampie is geen afgekeke realisme nie, maar die onderbewuste werking van sy waaragtig herskeppende kunstenaarsintuïesie. Ek weet niks van die ontstaan van hierdie werk nie, wat onverwags op my tafel te lande gekom het, maar ek moet my sterk vergis as Van Bruggen ooit 'n Ampie in lewende lywe geken het, presies só. Ampie is my Van Bruggen self, of liewer 'n moontlikheid van die skrywer, wat die hele armeblankedom in sy siel opgeneem het, en aldus sèlf armeblanke op die moment van skeppe is. Dat die Akademie aan sy eerste werk, wat as groot psigologiese skildering in die meeste opsigte aan die tietel Teleurgestel beantwoord, die Hertzog-prys toegeken het - is my 'n verdienste van die Akademie. Want die arbeid van 'n waarlik kunsbevorderende liggaam of krietikus is in die eerste instansie nie om louere aan te bied aan wie reeds sy hoogtepunt bereik het nie, en nog veel minder om armsalige ploeteraars met geniale skelde buite die kunsheiligdom te hou; maar om nuwe kragte te ontdek en aan te moedig tot ontplooing van wat in hul is. My plaasruimte en onderwerp verbied my hier om die wonder-interessante kunsontwikkeling van Van Bruggen breedvoerig na te gaan. Maar ná sy eerste weinig verdienstelike poging skyn die skrywer intuïtief aan te voel dat beperking en tekening 'n eerste vereiste is vir die skilder na die siel, dat hy hom tegnies eers moet bekwaam in klein-plastiek van die geringste pretensie. Beginnende met eenvoudige sketse ontstaan sy Op Veld en Rande, wat in besonder mate om raak-psigologiese trekke, waarvan enige in humor deur my aangedui is, tot kuns geword is. Dan waag hy weer op groter doek 'n groot konsepsie met moeilike motiewe in Die Burgemeester | |
[pagina 183]
| |
van Slaplaagte (die val van 'n plattelandse dogter in die Goudstad) en faal by gebrek aan epies-dramatiese deurlewing van 'n tragiese gebeure, wat hy wil beskrywe(!); dog slaag in die uitbeelding van kleine ambiesie en ouderlike smart, wat hy weliswaar fragmentaries, maar in soverre volmaak beheers. Weer aanvoelende dat hy nog nie tot tragiek geryp is nie, gee hy hom oor aan die onverklaarbare bevrugting van sy Ampie-moontlikheid; en die mees voldrae van al sy werke ontstaan. Of hy ook tot die diepere deurlewing van tragiek sal ryp? Ons literatuur is nog so seer romantiek. Die sluier wat die tragikus vir ons moet wegruim, sodat ons in die diepere gronde van die sielelewe kan staar, lê nog as 'n waas oor die indiwiduele siel. Dié misterieuse gebied sal hy moet opeworstel, dwarsdeur nutsidee en taalverduistering heen, tot waar die donkere sielewendinge is en begeertes woed en passies gis en verlangens skryn; waar sataniese lis word uitgebroei en jaloesie sy loosheid saai, waar moord en diefstal ryp en namelose ellende sy tog begin; waar skriklike vermoedens laat ineenkrimp en vrees tot wanhoop dryf, waar hoop teen hoop, verlange teen wanhoop kamp; waar vryheid aan gebondenheid sy offers bring en skuld en boete 'n hel van weedom skep... Of ook sielsrykdom - die diepere dryfvere van die volle lewe, die kompleks van handelinge, teleurstellinge, désillusies; maar die groot geluk ook van wie in smart nòg skoonheid sien en dit as vreugde voel.... So skep die grootste dramatisie en romansiers lewende wesens, mense met 'n eie aparte sielelewe. En dié skep hul uit hulself. Die kieme vir honderde verskillende moont-likhede van lewensontwikkeling wat in ons almal gelê is, laat die kunstenaar met strenge logika van sy wonderbaarlike intuïesie in lewende wesens ontspruit. Hy is homself in al sy karakters, of liewers verskillende moontlikhede van homself, hoe objektief dié ook al skyn uitgebeeld. So arbei die Skeppende Vermoë aan die aanvang van tyd, | |
[pagina 184]
| |
uit Homself lewe voortbrengende en subjektief kreërende as Vrugbare Gees; so ontworstel ook die groot kunstenaar uit homself gestaltes, geweldig sterk verskillend van mekaar, en tog 'n ieder weer na sy gelykenis. Dit is kreasie, nooit multiplikasie (soos in die komedie). Dit ook is die arbeid van die tragikus. Al bereik Van Bruggen nog nie die grote nie, is Ampie my 'n vreugde, omdat sy skepper diep reeds tas in die wese van ons armeblankedom: die analieties-sintetiese deurskouing en herskepping van lewe. Veel, besonder veel, verwag ek nog van hierdie skrywer. | |
Sangiro (A.A. Pienaar). | |
Uit Oerwoud en Vlakte (1921).Niks is komies as die mens alleen. En tog wat magtig komies kan die diere-epos b.v. nie wees nie, waar ons in die uiterlike vorming en houding, gebare en handeling, voorgestelde dinkwyse en gevoelens van die dierewêreld die mensemaatskappy in al sy trots, ydelheid, kortsigtigheid, swakheid, dwaasheid, lelikheid en onhandigheid weerspieël vind. Alles kom maar aan op die houding van die toeskouer en beskrywer, op sy gedagte- en (in die geval van humor en tragiek) ook op sy gevoels-komplekse. Sangiro wil egter geen verdigte verhaal nie, soek ook nie bewus na ooreenkoms of sprekende kontraste tussen dier en mens nie, wil alleen diep gryp in die volle dierelewe Self skrywe hy: ‘Die skrywer het getrag om die lewe en gewoontes van die wilde diere, soos hy dié in vele jare leer ken het, eenvoudig weer te gee. Ook onder die wilde diere bestaan daar 'n soort van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met verwondering vul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se gewaarwordings uit hulle uiterlike beweginge te verstaan ... | |
[pagina 185]
| |
Die sketse berus tot in die kleinste besonderhede ... op natuurware waarneminge en persoonlike ondervinding.’ En in dié natuurware weergawe van die realiteit is skoonheidspersepsie en gevoel van humor en tragiek verbonde. Die leser voel in hierdie sketse die hoëre verwantskap van mens en dier, die broederskap in vreugde en smart, die geestesinhoud van die algemeen-dierlike as ruimere konsepsie, waarin die korresponderende algemeen-menslike is opgegaan. Dit is naas die bewonderingswaardige totaliteit van dierekennis en artistisiteit van uitbeelding en beskrywing, my die diepere sintese van Sangiro se siening, die hoëre intuïesie wat die daelikse observasie en impressie van die laere jagters-bewussyn van Sangiro sublimeer tot kuns. Hy laat ons dadelik op aangrypend-roerende wyse meeleef met die lotgevalle van die o, so beminlike leeufamielie, waar die menslike wreedheid en verdelgingsug as die nie te miskenne Leitmotiv deur huiwer. Ons vergesel die leeus op al hul togte, voel die besorgdheid van die moeder oor die kleintjies, deel die teleurstelling van die groep, deurleef al hul angs-emosies, staan naas hul in die onmagtige verset teen die vuurwapens van die sluipmoordenaar en voel diep ontroerd, waar die jong mannetjie sy intense droefheid lug oor die neergesmakte liggaam van sy jong wyfie; en ons voel ook angstig en verlate met die klein leeutjies as die magtige kraagmannetjie in sy bloed neerplof en die beeld van die vlakte uit sy blik wegsterwe ... Nooit egter word die skrywer in sy grote liefde en eerbied vir die natuur week en sentimenteel nie. Hy bly jagter en ook humoris. Want hierdie dokument van heerlik-instinktiewe vryheids-drang en van die ewige gevaar van dood en verwoesting, waarteen immer moet gewaak word as wrede noodlots-eis - het ook die weerskyn van Sangiro se glimlag, so vol stille bewondering en diep-innige medelye, wyl koud en aaklig swart die moordtuig in sy hande rus en hy hom éen voel met die dier in onskuld en genieting van die lewe. Maar | |
[pagina 186]
| |
dan verdwyn die lag, en op een plek sien ons die skrywer selfs so seer oormeester deur tragiese bewussyn, dat hy ná sy verhaal hom direk tot die leser keer in verdediging van - die jagter!!Ga naar voetnoot1) In 'n slootjie, hoog teen die berg, lê die leeufamielie: twee mannetjies, twee wyfies en drie kindertjies. Daar val 'n skoot onder in die vlakte, en die ou leier uit sy langverkropte haat in 'n aanhoudende gebrul, wyl ‘die kleintjies met onnosel gesiggies na die toedrag van sake... (sit en) kyk.’ Hulle ken die gevaar nog nie. Ons sien hul verwondering by die ontmoeting met twee vreemde leeus. Dat daar enige oomblik 'n uitbarsting kan plaasvind, begryp hul nie. Die drie kleintjies sit in die rondte en kyk met verbasing van die een na die ander, verwonderd oor al die ernstige seremonies. Dit is hulle eerste verskyning in vreemde geselskap. Hul sien dat hul ouers die vreemdelinge besnuffel, en ‘die drie kleintjies is nie van plan om hulle deel te mis nie!’ Die ondersoek is heelwat grondiger en meer sistematies in hulle geval; en as die jong paar nie ongeduldig geword het en die ander leeus agterna gedraf het nie, dan sou die besnuffeling nog die hele aand kon aangehou het. Hulle hele houding, onderwyl hulle | |
[pagina 187]
| |
nou so skeef-skeef wegdraf om die groot leeus op te vang, toon aan dat die kleintjies met hulself nog veel meer tevrede is as met die twee nuwelinge, en dat hulle 'n besef begin kry van wat dit beteken om onder so 'n groep te tel. Neë leeus! Inderdaad nie 'n mag om mee lig te reken nie. Is die gewigtig-doen van die jongkies en hul impertinensie, waar die ouers die veiligheid verseker, nie pragtig van deurdringing en bekoorlik van siening nie? Ons kry ook 'n ou hartebees-bul te sien, eensaam en ernstig op die kaal bultjie, waar hy elke aand wag op die verbytrekkende leeus, met die onverskilligheid van wie die gang van die ou lewe ken. Oor hom word niks meer vertel nie, maar sterk staan hy op sy geliefkoosde plek as 'n wêreldwyse ou wewenaar in Stoïsynse gelatenheid! Besonder lief is ook die tekening van die onversigtige leeutjies, as die oueres planne beraam om in die stil maanlignag 'n sebra te betrek. Die kleintjies neem hulle kans waar om te drink onderwyl die wyfies lê; dog toe een, met die stoeiery vir die beste plek, 'n knor laat hoor, kry hy 'n erg harde klap van sy ma. Selfs klein leeutjies het lesse om te leer, en ons drietal moet onthou dat hulle nie die enigstes is wat vanaand honger het nie. Ook die vure van die mens, wat so veel tergende angs in die ouerharte veroorsaak, is vir die babies 'n nuwe bron van nuuskierigheid. Hulle ken nog nie die onrus en ongeduld van die wagtende leeus wat op die grond skuil nie. Na 'n nag vol ongekende vermoeienis slaap die klein woelwaters op die wal, ‘die voetjies na elke rigting uitgestoot,’ wyl ginds 'n moeder bloedbevlek in doodslaap rus, en 'n vader in sy smart 'n skeurende ‘aaôôuu....’ uitstoot en tevergeefs op haar terugkeer wag.... Op 'n ander keer nader die oorgeblewe leeufamielie 'n dooie renoster, en groot is hul ergernis as daar reeds twee | |
[pagina 188]
| |
vreemde leeus aanwesig is. 'n Gevaarlike geveg dreig. Die moeder hou haar kleintjies terug. Maar hierdie drie astrante rowertjies is ná 'n dag van ongesteurde rus weer heeltemal nugter en vol ywer om die nagtelike fees op die renoster te begin; en dat die aarseling van die wyfie glad nie na hulle sin is nie, gee hulle duidelik te kenne deur 'n aanhoudende geknor, presies soos dié van klein varkies, onderwyl hulle met alle geweld dreig om storm te loop. Wat sou daar ook te dugte wees? Vir hulle beteken die dreigende houding van die groot leeus blykbaar niks meer nie as 'n herhaling van die seremonie van nou die aand toe die jong paar by hulle aangesluit het. Hoe meer leeus hoe meer pret, is hulle gedagte oor die saak. 'n Diepere lewenshumor voel ons in die smartvolle poging van die jongmannetjie om sy gesneuwelde wyfie weer by te kry en in die vergelyking van sy liefde met dié van die ou kraagmannetjie. Toe liefde en lewe orals in die natuur was, het hy die lokstemmetjie van 'n eensame, verliefde leeuwyfie gehoor en haar gevind. Sy het hom gevolg, en so kort reeds daarná, ‘nog in die viering van hulle eerste blye ontmoeting,’ is die wyfie doodgeskiet. Geen wonder dus nie dat die jong mannetjie sy verlies soveel meer voel as die ou kraagmannetjie, wie se rol as liefhebber haas uitgespeel is.
Besonder teer is die gevoel waarmee in die noodlottige nag by die renoster die beweginge van die klein leeutjie gadegeslaan word van uit 'n digte struik. Die vroulike spruitjie is speels en nuuskierig, maar skugter-bevrees. Wie so observeer is poëet. Sy siening is kuns, sy bewussyn het iets tragies, en sy hart is so ver verwyderd van moordlus, dat die geweer in sy hande 'n onvergeeflike sonde word! Maar sien verder waar die ou dikkerdjie, die toekomstige maanhaar, met sy moeder stoei en sy fiere jonge krag toets | |
[pagina 189]
| |
En die nuwe waagtoer: sou hy binne die renoster kan inkruip; wat sou daar in die donker ruimte skuil? 'n Oomblik loer hy met uitgestrekte hals deur die opening, toe sit hy 'n lomp met bloed bemorste voorpootjie op die rand en waag sy lyfie binnekant. Die aasvoëls het hom reeds voorgegaan, het al die ingewande uitgesleep en verteer; en ver voor sien hy lig deurskemer. Daar moet dus 'n uitgang wees daar, dink hy, en manmoedig kruip hy die donker gang in. Inderdaad het die aasvoëls 'n nuwe opening, waar die jagters vanmôre weer die vel vir die leeus uitgesny het, tot in die borsholte gemaak; en so kom die leeutjie tot sy groot verwondering en met geen geringe selfvoldoening nie, na 'n oomblik voor by die keel van die renoster te voorskyn. Dit was 'n baie vuil maar heeltemal gelukkige leeutjie wat toe sy borsie uitstoot en oor die lengte van die renoster terugkyk na sy ma, wat hy daar agtergelaat het. En as 'n leeutjie kon lag, sou hy dit gedoen het. ‘Waar sy lyfie kon ingaan, sou hulle nie omdraai nie,’ dink die ander, en volg die kleine leier. U sien dit alles in 'n omgewing van donkere smart oor gevalle helde, wat die dappers ouers - die moeder is reeds gewond - in bittere wraakgevoel verskeur, wyl reeds die moordtuie op die noodlotsoomblik wag. Vanaand nog sal daar hulpelose wesies wees, wat tevergeefs nog aan hul dooie moeder sal wil drink, en is die kinderspel die laaste van hul lewe ... So word hul komiese speelsheid en die oefening in leierskap vir ons weer humor. Wyl jagters elders die uiterlike van hul vermoorde ouers roem, sluip drie verlate leeutjies in geheimsinnig-donker skaduwees, uitgehonger in verlatenheid, en verdwyn ten slotte met ander leeus in die wye wildernis. En op die verlate vlakte staan nog daar op eensame | |
[pagina 190]
| |
brandwag, met soekende oë en vol verwondering, ons oue vriend, die vereenselwigde ou wewenaar, die hartebeesbul...
Moeilik is by 'n skrywer as Sangiro die eis van beperking in beskouing. 'n Enkele blik alleen op enige momente van Renosterlewe - die kinder-humor daarin. Hy was nog baie jong, die klein dikhuid met sy sagte gekwiek, en op trek met sy ouers, toe die moordende staal hom 'n wesie agterlaat. Goed word sy angs daarna ons aangedui, roerend sy hulpeloosheid. Dan die vriendskap met 'n seekoeitjie, wie se verskillende aard die humor van die skets bied. As die dag daar is, dompel die seekoeitjie hom in die veilige element en dan staan sy maatjie weer verlate daar met ‘sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige renostergesiggie.’ Niks anders bly vir hom oor as om sy dooie moeder in die gevaarlike leeue-omgewing maar weer op te soek nie. Aardig is die teëstelling van sy swaarmoedigheid met die dartele speelsheid van rondjakkerende elandjies, wat met hom wil pretmaak. ‘Dog hy laat hom nie uit sy ernstige renoster-waardigheid bring nie ... Daar om 'n bos verdwyn die somber klein swerwertjie, die lughartige elandjies aan hulself oorlatende. Wat weet hulle van sorg en kommer?’ Groot is sy geluk as hy sy vriendjie terugvind; maar nooit kan hy hom heeltemal vertrou nie. Selfs as hy dood van die vaak is, loer hy nog deur 'n skrefie uit vrees van verlaat te word deur wie ‘al weer onrustig oor die water tuur, asof hy soek na iets daar in die diepte.’ Daardie watergewoonte van die kalfie het die vriendskap dikwels swaar op die proef gestel ... Die renostertjie staan 'n rukkie stil te kyk, met komiek-serieuse plooigesiggie, na die uitspattinge van die seekoei-kalfie en wonder wat 'n mens moet aanvang met so 'n maat, wat net gedurig in die water wil wees; toe laat sak hy sy knoestige koppie laer | |
[pagina 191]
| |
en laer oor damp-uitwasemende grond en versink weldra diep in prehistoriese gedagtes. Komies is die siening van die watervriendjie as gevaar naak; sy saggies vraende pfrrr as die gevaar verby is. Humor bevat ook die gedrag van die renostertjie wanneer hy besef dat hy gevrees word - die keerpunt in sy lewe. 'n Bosvark moet dit gewaar! Die stoommasientjie staan nog te snuiwe 'n minuut na sy vyand die veld geruim het, verseker ‘dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is.’ Later word dieselfde bosvark sy wagpos, en sy leermeester in die kuns van wortels-grawe. Hy gaan die panne liefkry en gee nie meer toe aan sy buie van swaarmoedigheid nie. Tog het hy vlae van verlange gehad na die ou tye en die plekke van vroeër ... Sal hy wegdroster? ... Maar sy vriendjie verlaat? ... Die ewige vyand drywe hul weer die oerwoud in. Die vriendskap in droewe tye gesluit het standgehou, tot die oomblik dat 'n koeël die seekoeitjie dodelik tref. Dan gaan die renoster die vlakte oor, eensaam en verlate is sy groot verdriet ... Verdere uiteensetting moet agterweë bly. Die klein dappere dikhuid met sy sienterstappie en wys-melankolieke plooigesiggie is met tere, liefdevolle humor gesien in sy sonderlinge vriendskap met die volgsame, maar swakke en onbetroubare klein maatjie, dáar in die grootse natuur van oerwoud en vlakte.
Diepe en ryke kwaliteite bring u hierdie werk. Hier is geen herinneringsbeeld van dierelewe nie, nog minder fotografie, maar die spontane aandoeningslewe en aanverwante innerlike en verpuurde stemming in heerlike ekspansie. My onderwerp beperk my hier tot minder aangrypende gedeeltes, maar wie die geheel (waarvan ek alleen enige kinderlik-eenvoudige motiewe na vore haal) navoel in sy volle vreemde en tog weer so warm-vertroude lewensbesef, | |
[pagina 192]
| |
sal met my inleidende woorde hierbo instem, dat hier meer as loutere realistiese siening gegee word, en die skrywer ons iets bring (sy dit nog in konwensionele vorm) van die diepere lewenskern in die toevallig-naturalistiese omhulsel - iets van die uniwersele abstraksie, waarna ons modern gevoel weer haak: die diepe sintetiese en visionêr-digterlike skoonheid. | |
C.J. Langenhoven.'n Mooi voorbeeld van 'n humoris, wat die teenspraak in ons daelikse lewe so raak weet te vat en prys te gee aan sy kostelike spot; wat met sy geniale woord die weg baan tot dade en met sy sprankelende geestigheid opposiesie laat uiteenspat en ons Afrikaanse maatskappy 'n vuurdoop laat ondergaan van pragtige vrolikheid; maar wat ook die rykdom besit van stille mymering en weemoedig glimlaggende herinnering is Senator C.J. Langenhoven. Hy toon van sy allereerste optree as kenmerkende eienskap 'n rake opmerkingsgawe, vlug begrip vir die teenstrydige om hom heen. So het hy al lank voor die gulde jaar 1914, waarin, deur sy kragtige ywer veral, die offisiële erkenning van Afrikaans 'n voldonge feit geword het, die komies-verdrietlike dualisme tussen skryf- en spreektaal met al die wapens van sy vlugge gees bekamp en bespot. By sy snydende frases en vernietigende lag en warme persoonlikheid moes selfs taalopposiesie 'n bekering ondergaan. En is die sege eenmaal ingehaal, dan is hy een van die ywerigste werkers om 'n eie literatuur op te bou, met merkwaardige sukses! Sy blyspele kan buite my beskouing val. Alleen moet nog herinner word dat die geestelike wrywing daarin, die skerts en plaag, anekdotes, kwinkslae en woordspelinge, die aard van die gemoedelike humoris kenmerk. U kan as voorbeeld neem Die Familie-Saak,'n knap intriege-stukkie wat Afrikaanse tiepes op die toneel bring. Ons maak daarin kennis o.a. met ou Kootjie Hoog-spraak, wie se ‘hebbens’ en se ‘zijns’ | |
[pagina 193]
| |
ook krioel ‘soos papies in 'n perd’; ou Antjie Taterat (kekkelbek, skinderkous, nuusdraer), ou Katoo, die Kaffermeid. Pragtig word die fatale swakheid van die swartgoed om hul mond verby te praat uitgebring in haar tewoordstaan van Tant Antjie (p. 16). Ek wil 'n staaltjie van haar taal aanhaal uit 'n ander blyspel: Die Wêreld die Draai. Sy en haar ou man is deur die swart sendeling bekeerd en die kierie van oubaas maak kennis met die astrante Masbieker. Katoo, die kaffermeid, is besig om voorhuis uit te vee. Sy rook 'n kortsteel erde-pyp. | |
[pagina 194]
| |
hart nie swart nie.’ Oubaas hy hake af met die kierie. Daar leg Jafta. Jafta byna gevrek. Hoe sien ons hier die ou meid vlak voor ons in al haar gelaatstrekke en gebare van haar ronde lyf, wyl sy besig is in die voorhuis. Kostelik is haar gedagtewêreld ons geopenbaar in haar goedgelowigheid, Masbieker-trots, selftevredenheid, realisme en plastiek, wat dikwels die taal van die naturel kenmerk. En stel u die haastige oubaas voor teenoor die ‘verkeerde’ Masbieker wat hom sy ‘broer’ reken! Maar na humoristiese verdieping moet in sy blyspele nie gesoek word nie, al is daar soms 'n sekere latente humor aan te toon. Ek herinner aan die plek in Die Wêreld die Draai waar ou Karel insien dat die Engelsman 'n witman is en dubbel en dwars sy agting verdien. Sy gewone norsheid word nou 'n masker vir 'n teerder gevoel. Dat Langenhoven hom ook skuldig gemaak het aan oordrywinge en romantiese weeïgheid en mooidoenerige dialoog, getuig o.a. die sentimentele superlatiwiteit van Vrouetrou. Misluk is die poging om dramaties te wees; onwaar die taal as deel van 'n bepaalde persoonlikheid, as logiese uiting van die skeppingsdaad. Maar reeds in die vergewensgesindheid van oom Hendrik en 'n sag-vroulike liefkosing van blommetjies is ons outeur weer heeltemal homself. So moet ook Langenhoven waak teen oorgevoeligheid. Soos ander humoriste het ook hy nog geen breed-objektief opge-boude drama of roman kan lewer nie. In sy verbasend snel geskrewe ‘dramatiese fantasieë’, Die Hoop en Die Vrou van Suid-Afrika, is op enkele humoristiese plekke te wys; van meer belang is hier die bepaalde lewenshouding en historie-beskouing van die humoris, wat self so 'n bietjie Vader Tyd is ... 'n rol wat hy ook al op die planke gespeel het. In hoeverre die siening van die wyse Vader geslaag is, gaan eweseer buite my bespreking as die beskouing van die stukke as dramas. Hy verteenwoordig sowel die ironie as die humor van die tydgebeure, en sy | |
[pagina 195]
| |
ongeduldige dogter Hoop, wat in haar wese so nou verwant met Wanhoop is, moet dikwels die glimlag opwek van wie die betreklike van alles ken. Ook word hy voorgestel as geen onverskillige toeskouer nie. Mooi is, waar Vader Tyd om die kinderlike blydskap van Hoop moet glimlag as sy 'n ware man teëkom in Piet Retief. Die wyse weet hoe gou die sonnestraaltjies weer verdwyn en donkerheid nader. As smarte wanhoop baar, kom Vader Tyd vertroos: hy bied sy steun aan die arme weeskinders op wie die hoop van die toekoms gegrond is. Om kort te wees, Vader Tyd is 'n gedagte, 'n sintese van veranderlike en onveranderlike, van sonneskyn en skaduwee; en in sover as Langenhoven in hom 'n simpatiserende wese sien, sal hy ook by uitstek in staat wees om met humor die ondermaanse te besien. So val in hierdie ‘fantasieë’ 'n helder lig op ons outeur: sy ruimheid van blik, sy droefheid om die tragiek in ons volksbestemming, en vreugde om die heldemoed en wondere trou veral van die vrou; sy ondoofbare geloof in die uiteindelike seëpraal van waarheid en geregtigheid en in die heerlike herrysenis van sy volk. En al bereik hy daarin nie die volmaakte samesmelting in totaalgevoel nie, is die stemming van 'n glimlag deur trane tog dié waarin Langenhoven in sy beste oomblikke ons geskiedenis betrag, en bereik hy soms in Die Pad van Suid-Afrika iets van die hoë humor, wat oprys uit die oorwinning van die tragiese gebeure.
Ons Weg deur die Wêreld bring 'n skat van skerts en vrolikheid, geestigheid en humor; maar ook die stille meditasie en rype lewenswysheid van die ware humoris. Die drie bundels bevat samesprake en alleensprake, verhaaltjies en karaktersketse, versies, spreuke en preke. Eersgenoemde sluit aan by sy blyspele wat die geestigheid en komiek daarin betref. Ek gee 'n voorbeeld: Die Tweetalige Vonnis,Ga naar voetnoot1) met iets van galgehumor aan die end. Die Engelse regter, | |
[pagina 196]
| |
wat geen woord Afrikaans verstaan nie en van 'n indrukwekkende rede hou, veroordeel 'n swarte tot die dood; die tolk lug sy ongeduld en wrewel op die arme tater, deur die verhewe-digterlike uitdrukkinge en stralende preektoon van die regter om te sit in laag-by-die-grondse liederlike uitskelwoorde, en gun die veroordeelde jong selfs nie eens die voorreg van bekering nie. Kiewiet sê in die hele stuk alleen die slotwoord: Regter: Prepare, therefore, Keywhit Tarantula, for that fearsome and lonesome journey to the undiscovered country from whose bourn no traveller returns. In sy verhaaltjies en karaktersketse kry ons weer die milde gevoel van gemoedelike humor. Sien hier ‘'n Brief van sy Ouers aan Jan op die Kollege’. 'n Vaderlike vermaning word gegee in humoristiese taal, waarin trots en liefde agter die kwasi-teleurstelling en waarskuwing spreek. Die oubaas se sonde met die bure word in kragtige taal meegedeel - sy skutmisère, water-verdriet, ook dippery-gefoeter en Hottentot-beproewing. Hy is nukkerig en kort van draad: hy ransel die seuntjie van die man wat sy vee skut-toe stuur; die jong van die baas wat sy water steel, slaan hy oor die korrelkop en rol hom dan in die voor vir lafenis, ens.; en tog is hy ons baie simpatiek geteken. | |
[pagina 197]
| |
Ek gee twee fragmente, verkort, uit die brief van die vader en die naskrif van die moeder: ‘In die laaste koerant het my oog toevallig op 'n rapport geval van 'n voetbal-wedstryd in die Kaap ... Jy moet 'n soort van Kaatjie van die baan gewees het by die spulletjies; en die opmerkings wat die koerant maak oor die begaafdheid wat jy daar aan die dag geleg het sou jou tot grote eer gestrek het, was dit 'n edeler doel waar die begaafdheid aan bestee was. Hoe dit ook sy, ek neem jou nie kwalik dat jy aan dié bog-spulletjie deel neem nie. Sorg maar dat ek nie dokters-rekenings kry wanneer hulle éen van die dae, soos ek verwag, jou twee knieskywe afskop nie. Ek kan verstaan dat jy die liggaams-oefening, waar jy min van skryf, nodig het om die geestesinspanning, waar jy baie van skryf, nou en dan te laat blaas. En as jy met die aanstaande vakansie huis-toe kom sal ek sien dat jy meer van dié onont-beerlike liggaamsoefening geniet. Dit sal net wingerd-skoffeltyd wees. Naskrif (in 'n vrouehand): Moeder se kind, ek het weer die koevert oopgemaak om vir jou stilletjies hier 'n vyf pond noot in te sit. Moenie laat jou Pa dit agterkom nie; ... Ek verlang tog te veel al. Hessie is tog te 'n liewe kind, sy laat groetnis weet. Dit reënt so baie daar op Stellenbosch; kyk tog dat my kindjie nie met nat voete in die skool gaan stil sit nie; en dra gereëld die flennel onderhempies wat ek vir jou gemaak het ... | |
[pagina 198]
| |
die lys was by die laaste eksamen. Maar moenie so hard leer nie, may kind, dat jy naderhand kapot word nie, en wees tog versigtig met die voetbal dat hulle my kindjie nie seermaak nie. Honderd soentjies van Humor bevat ook die skets Meester. Die Hollandse onderwyser het dit alles so nobel bedoel en tog het sy onpedagogiese ywer vir Nederlands met ‘suiwer aksent’ tot groteske dwaasheid gelei, waaroor die skrywer-in-Afrikaans sy glimlag laat gaan vol innige medelye. Hoe duidelik staan alles nog voor sy blik: En ek sien nog éen vir éen outjie, - myself inbegrepe - met die eenvoudige, in die was verbleekte, ferweel-broekies en velskoentjies sonder prag of praal van kous of sokkie, vorentoe kom naar die tafel toe, met sy lei waarop hy suiwer foneties begint het: ‘Ijns op ijn hijten dag ....’ Vir hul het inderdaad meester se ‘e’ presies die Afrikaanse ‘ij’ geklink. By dié haakplek het hul gou verby gekom, maar maandelang het hul aangehou om ‘sluitel’ en ‘verhuigen’ te skrywe! Engels het hul met afgryslike aksent gepraat; maar Neerlands! Alle wêreld, boetie, dié verseker ek jou het hy sy leerlinge suiwer laat aankweek (nie vir my nie, want ek was altyd 'n taalketter en 'n rebel wat stroom-op dwing). 'n Uitsonderingsvoorbeeld was Piet Rympies met die kraak in sy kop. 'n Entoesias vir Neerlands het hy ook gemeen: ‘Vir rymwerk lyk dit nou vir my, dat Hooghollands vér bo dryf. Kyk daar is mos soveel meer vorms van dieselfde woord, as 'n mens moeite het om 'n rympie uit te kry. Byvoorbeeld, ons het net ‘is’ en ‘was’. In Hooghollands kan 'n mens nog sê: ‘zijn’ om te | |
[pagina 199]
| |
rym met ‘pijn’ of ‘zijt’ met ‘konfijt’ of ‘waren’ met ‘garen’, en so voort. Die volgende ‘Engelse’ vers het Piet toe vertaal: ‘Ou jong Louchinvar is kom out of die wes,
Troe ol die waait Borde his stiet was die bes.’
Ek haal 'n strofe aan: Hij gaf om geen doorn, hij geef om geen klip:
Hij jaag deur den vuur en hij joeg deur die wip;
Maar eer hij den hek van zijn liefste behool,
Heeft ander jong boggie zijn meisje gestool!
Een vrotsige vrijer en papbroek-bakleier
Had Elsie gevroeg, en sij heef nie geweier!
Mooi is deur die ironie die skrywer se opreg gemeende waardering vir meester se edel karakter, toewyding en trou. Na 'n liefdesroman en liefdestragedie lê meester nou onder die groen sooie daar op die Afrikaanse boereplaas, vèr van die vaderland.... Die komiese en verhewene word hier opgelos in die juiste stemming van humor, wat in die slot onmiddellik uit die situasie oprys: Arme Meester! Hoe sou hy sy hoof nie skud oor die Hollands waarmee sy leerling hom hier ont-eer nie. In die vergewende spot lê 'n fyne satiere teen die ou régime van Nederlandse taalonderwys by ons. So is ten spyte van werk-ywer en liefde soos dié van meester, miskien selfs daardeur, Afrikaans geword tot die enigste beskaafde ‘Hollands’ van Suid-Afrika. Ons sou verskillende karakteristieke eienskappe van gemoedelike humoriste alhier kan nagaan. Daar is b.v. sy liefde vir diere, veral sy hond Jakhals, in Twee Oues van Dae en in die gedig, Ag wat, dis maar 'n Hond. Die vrolike aard van sy hond word beskrywe, sy pret en vermaak, sy ondeunde streke, maar ook sy trou en vriendskap. Aan laasgenoemde is ook sy Loeloeraai opgedra. | |
[pagina 200]
| |
Algemeen is by humoriste die liefde vir kinders. HazewinkelGa naar voetnoot1) herinner hoe Hood, soms nog diep in die nag, 'n paar tekeninge op die kussings van sy kindertjies gaan lê het om hul te verras in die môre. Dickens, by al sy gejaagde arbeid, was altyd op die hoogte van alles wat in die hartjies van die kleine omgegaan het. Thackeray het versies gemaak op die name van die poppe van 'n klein meisie. Hebbel kon ure deurbring met hul, en die liefde en verlange van Lamb spreek dikwels uit sy werk (vgl. Dream Children). As onderwysers het Reuter, Brinckmann, Hasebroek, Goldsmith baie gelief gewees. Selfs Sterne het vir sy dogtertjie grote teerheid gehad. Beets was soms geneig om meer die imponerende vader te wees, maar hy is dan ook nie die beste voorbeeld van 'n humoris nie. Ek wil ook nog herinner aan wat Felix Timmermans omtrent die ‘Pastoorken van Parijs’ - die prototiep van sy goeie pastoor in Pallieter - meedeel;Ga naar voetnoot2) sy eie vertellinge, b.v. Het Kindeken Jezus in Vlaanderen; of die ware humoristiese aard van sy vader, wat 'n keer temeer geblyk het, toe hy geen geld genoeg had om presente vir veertien kinders te koop, en 'n hoededoos vol meikewers tuis gebring het, wat snags die geleentheid verskaf het vir meikewerjag in hemp!Ga naar voetnoot3) Hierdie liefde kenmerk ook onse outeur. Dink aan sy prekies vir kinders en die mymering oor sy eie kinderdae. Langenhoven is ook sy lewe lang 'n kind gebly. En soos vele humoriste skrywe hy vir sy klein vriendjies verhale en versies. Daar is o.a. Die Eensame Hoop ‘Aan Kinders van agt tot agt-en-taggentig vertel uit 'n ou Kinderhart,’ | |
[pagina 201]
| |
waarin Vader Tyd en die ‘liewe nooientjie’. Hoop as vernaamste persone voorkom. Eersgenoemde waarsku as dit baie goed met ons gaan; dan weer moet hy vertroos. Hoop is de goeie genius wat nou vrolik is en dan weer treur. Die hele vertelling is pragtig aanskoulik gedaan, vol diep navoele van die kindersiel. Een voorbeeldjie van die lief-naïewe siening moet ek aanhaal. Ons sien Hoop bo op Tafelberg verlangend wagtende, tot eendag 'n witmens-skippie nader kom en Hoop laat juig. Maar 'n storm breek los en 'n misbank trek oor Tafelberg, sodat Hoop vanuit see nie meer te sien is nie. En die skippie seil verby. Daar staan Hoop weer net so eensaam en treurig as tevore. Die skippie het na enige tyd weer terug gekom en weer het 'n misbank opgetrek. Maar van die mense op die skip het 'n paar tog die nooientjie op die berg sien staan, maar hul kon haar nie duidelik beken nie, en toe hul dit aan die kaptein vertel wou hy hulle nie glo nie. ‘Hy sê dit was stellig maar sommer 'n los flentertjie van 'n misbank waar die son teen geskyn het en reenboogkleure gemaak het, dis mos die sonnetjie se ou manier om so te maak ......’ Hoe getrou alles aan die wese van die Hoop, hoe natuurlik tewens alles vir die kinderfantasie volgehou, hoe teerdigterlik ook die stemming waarmee die historiese reis van Vasco da Gama (1468) ook vir oue kinders weer gaan lewe. Neem ook as voorbeeld sy Liefdes-Onsin, 'n Wiegliedjie wat vir kinderlike harte is en niemand met geleerdheid mag besoedel nie: Lamtietie, damtietie, doedoe my liefstetjie,
Moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie:
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
‘Doedoedoe bladertjies,
Slapenstyd nadertjies;
Doedoedoe blommetjies,
Nag is aan 't kommetjies:’
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.
| |
[pagina 202]
| |
Wiegende op die gevoelige ritme van verkleinwoordjies murmul dit so voort in moederlike teerheid om te gaan waar sorg en verlange saggies kom huiwer ... Onskuldig ogies en voetjies en handetjies!
Wie weet hoe vèr moet my kleintjie nog ganetjies
Ver deur die wêreld se kronkels en gangetjies!
Bly tog maar kleintjies en bly dit maar langetjies.
Bly maar by moedertjie,
Kindlief se hoedertjie -
Slaap in haar arrempies
Saggies en warrempies,
Doekies dan, doekies in moeder se arrempies!
Maar mooiste van alles is sy fantasieë oor ele gelukkige kinderdae. En hier dring so baie hul aan my op en moeilik is die keuse. Daar is die rêverie Skemermymeringe. Vroutjie het gemeen, dit was nog te vroeg vir kersopsteek, en ons digter mymer in die skemering. Sy lewensgesel is by hom - ‘die verraderlike vriend wat so dikwels op soek is as ek hom die hoogste nodig het; die onversoenlike vyand wat ek so dikwels te vergeefs trag om van ontslae te raak; die gedienstige handlanger van 'n al te hinderlike gewete, maar tog die trooster van menige droewe uur: my dienaar en dwingeland, my Geheue.’ Wonderlik geheimsinnig is die prinsiep van sy werking: hy bewaar die stukkies pad daar vèr in die verlede, skynbaar so sonder betekenis. Hoe veel leliks sou hy nie op die middelskofte van sy lewe kan aantoon nie! En saggies gaan dit oor die toneeltjies van sy kinderlewe in blyweemoedige herinnering. Maar as die beelde van die rypere leeftyd na vore dring dan wil hy liewers maar die kers opsteek! 'n Ou wa, in die koelte getrek onder 'n perskeboom, op die wal van 'n sloot water. Die wa moet laaste gebruik gewees het om brandhout te haal of heiningtakke aan te ry, want die buikplank lê vol stokkies wat skerp en seer in my knietjies indruk, | |
[pagina 203]
| |
terwyl ek kniel en oor die lere loer of niemand kyk nie, en 'n groen perske pluk. Dan 'n hap deur die harige wang - die vetwang wat eerste saf word - en ek proe nog die wrange smaak; ek voel nog my tandjies afglip oor die rimpels van die pit. En verder kom ek nie. Het ek die perske klaar geëet? Het hulle my gevang daarby? Het ek die pit begrawe om die spore van my misdaad te verberg? Ek moet opgeklim het op die wa want ek was nie daar gebore nie; ek moet afgeklim het, want ek is nie nou nog daar nie. Maar hóe en wáar - vóor of ágter? Weg, hopeloos verlore - buiten die éen sekonde van die toneel: die sekonde van die inbyt. *** Nou weer, die groen skemerlig van 'n digte populierbos en die mufruik van die dooiblaar-tapyt. 'n Span swartbont osse aan 'n afgekapte boomstam om dit uit te sleep. 'n Swart hondjie in my arms. Sy spring uit: ‘Vat!’ sê die ou jong wat die sweep het. Die stomp rol om, één kort afgebroke tjankie, en ‘Fido, Fido,’ sê ek, ‘is jy dood?’. Pappie of mammie, wie was dit weer? tel my op met dooi hondjie en al om my te troos. En weg is die beeld. Het ek die hondjie daar in die bos begrawe? Die leser sal ver moet soek na wat suiwerder van tekening en stemming is. Dubbel bekoorlik is die eerste om die sterkplastiese uitbeelding van 'n ophomself onbelangrike gevoelsindruk met die skraalste materiaal moontlik. In die skets oor Die ou Wa vind u die liefde van die humoris vir die beminde voorwerpe van sy jeug.Ga naar voetnoot1) Hy neem afskeid van wat hom eens so diensbaar en lief was. En innig is sy humor oor die geskiedenis van die ou wa ..... vol soete geur en lief-weemoedige herinnering. Hoe teer | |
[pagina 204]
| |
voel hy weer die gelukkige kinderjare, toe hy gemeen het dat sy pa by die skaafbank net vir hom die krulletjies gemaak het. ‘En dan moes jy hom sien sit in die hoop krulle, self met 'n weelde van wit sye krulletjies, baie fyner as die houtkrulle en baie mooier, op die koppie en oor die skouertjies af, en om die oortjies en vóor die bloue ogies, sodat hy hulle kort-kort moes wegvee nes 'n nooientjie.’ Ons leef geheel mee in die liewe naïwiteit van die kindersiel op die tydstip: .... when meadow, grove and stream,
The earth, and every common sight,
To me did seem
Apparell'd in celestial light,
The glory and the freshness of a dream.
Ons hoor ook van die gemoedelike toggies van die ou wa, sy noeste ywer, maar ook van die rustige godsvertroue op die lange sukkelende gang. Nou het die motor sy verskyning gemaak, maar in die groot nuwe wêreld word alleen haas en onrus gekoop en weemoedig vra hy: kan ek jou nie weer regsukkel nie, my ou wa? .... ‘Nou, ja, en as ek jou nog kon regkry, hoe sou ek myself regkry om weer geduldig stappie vir stappie van die pad te gaan en in elke bossie belang te stel soos hy langsaam verbytrek? .... nee ou maat, jou kleinbaas is bederwe. Die woeste haas van die nuwe tyd is in my bloed; die gedreun van inasiene is in my ore.’ Boet Nelie swyg en dink diep ..... Uit die hele skets spreek weemoed en verlange, maar geen sinisme nie. Hy is geen blinde laudator temporis acti nie, maar kan die teenspraak wat hy orals opmerk tot 'n oplossing bring in die rustige wete, dat die hoëre ideë van die verlede ook in die bewussyn van hede nog kan voortlewe. Die òu wà voel dit: ‘Ek verbeel my hy is nie so ongelukkig in die nuwe wêreld as hy wil uitmaak nie’ ..... ‘Net | |
[pagina 205]
| |
soos hy 'n sonnestraaltjie was vir pappie en mammie op ons togte van lank verlede, so is ek seker is hy dit nog vir mensies rondom hom. En soos sy wonderogies toe met al die wonderdiepte van 'n kindersiel geskyn het, so kyk hulle nog op die ou wêreld uit: net so onskuldig en met net so 'n kinderlike uitdrukking. Ek weet - die baie masiene het Boet Nelie nie bederwe nie. Dan sou hy mos nie nog 'n hart hê vir die ou wa nie. Hy voel nou vandag 'n bietjie treurig. Maar ons het ons dae gehad - laat die masien-waens nou aan die beurt kom. Hier spreek die ware humoris, wat bo pessimisme kan uitkom en in vrye selfheerlikheid die lewe en homself kan beskou met weemoedige glimlag. Die teenstrydigheid van die moderne onrus en die rustige skoonheidsgenieting in die vrye natuur word opgelos in die gloedvolle ditirambe van sy gemoed. Soos Alph. Daudet en Lamb soek hy as die ruwe werklikheid van die alledaagse lewe te seer knel, na vertroosting en krag in die stille drome van sy verkwikkende fantasie... 'n Biografie van Langenhoven word soms versoek. Vind dit in die openbaring van sùlke innerlike verhouding. In sy liriek lê die verhewenheid van sy diepste self. Die humoris geraak dikwels tot metafiesiese bespiegeling. Ek noem Onder die Eik waar Neelsie rustig mymer oor die wondere van natuur en God en die komiese vraag aldaar: ‘blaas die liewe God ook in die neusgate van die vark 'n siel, sodat hy vir sy stoffelike bedrywigheid 'n geestelike heerser bykry?’ En verderop: ‘die vark het die voorreg dat hy kan hoër opkyk naar sy verstandelike meerdere: hom sien en voel en nie begryp nie. Vir my is daar so 'n opkyk in die blou lug in ...’ Langenhoven ken ook die twyfel, maar altyd weer vind hy berusting in die hoë Liefde. Onder die DenneGa naar voetnoot1) bring | |
[pagina 206]
| |
ons die digter se smart, sy lydensweg en wanhoop, totdat 'n nuwe lig in sy siel geskyn het van nuwe liefdediens. Waar hy gevlug het om homself te ontvlug, was hy tot inkeer gekom om homself te vind. Mag ons hierby ook aan die Grote dink: Augustinus, Petrarca, maar ook Carlyle? Ook onse outeur gaan nou die nuwe weg van sy weergeboorte tegemoet: ‘Ik zal opstaan en tot mijn vader gaan. Want daar is Hy - daar waar daar 'n kruis is om te dra, waar daar liefde is om te gee, waar daar boetedoening is en berou, waar daar diens is om te doen.’ Dit ook is die boodskap van die volgende. By Langenhoven se Loeloeraai sou ek na allerlei werke en motiewe van elders kan verwys. Maar so ‘geleerd’ wil hierdie werkie nie beskou wees nie, wat deur 'n woord van Vader Tyd ingelei word en opgedra is aan ‘die uiterlikste volmaaktheid wat ek op die aarde aangetref het van liefde en trou en deug’: sy vriend en hond Jakhals. Die verhaal van Jules Verne is in hierdie reis na die maan geheel verander van gestalte en tot die gevoeligheid van die humoris geword wat die blik op groter volmaaktheid deur die liefde rig. Dit lees soos 'n sprokie met 'n dieper betekenis .. vol geestigheid, maar ook ryk aan mildheid van 'n bemoedigende humor. By die markantste navolging is daar nog iets geheel van Langenhoven. Sy doel bereik hy dan ook gewis en die werk is by uitstek ‘vir almal’. Loeloeraai, 'n bewoner van die ster Venus, daal na die aarde toe in sy goue sfeer. Hy is 'n edel wese, wat deur sy hoëre beskawing, wetenskap en veral sy groter liefde die weg wys na hoëre geluk op aarde. Hy dwing die stille hulde af van almal, behalwe die maghebbers, en moet dadelik weer laat vat. Met hom doen die Langenhoven-famielie èn oom Stoffel natuurlik 'n reis na die maan. Deur die erns is orals skerts en plaag oor die klere van Engela (Neelsie se dogter), die nukke van Soetlief (sy vrou) en die gedrag van hond en olifant - almal reeds bekend uit Sonde met die Bure. Oom Stoffel, Neelsie se politieke | |
[pagina 207]
| |
dubbelganger - so seer is hul éen - staan van die begin af in sy simpatieke naïwiteit helder voor ons. Hy is besorg oor die wonderlike verskyning van die vreemdeling: ‘wat sal ander mense sê as hulle hier kom en 'n onaardse kulergas loop hier met 'n blink naghemp rond?’ Komies is die angs van die swartgoed oor die spookmens wat in die donker aand aangevlie kom, uitgedruk in die nieklassieke Afrikaans van die Hottentot! Aardige tikkies karakteristiek vind ons ook in die ongelowige ‘Watwo’. Satieriese toespeling is daar volop. Die wyse vreemdeling wys by sy afskeid op die onreg en wreedheid, onnodige leed en ellende wat daar op aarde is, maar ook op die ontworsteling daarvan wat heerskappy beteken: uit die slawerny tot vryheid. Maar die wèg moet die mens self vind omdat kennis, anders as selfstandig verwerf, tot groter ellende lei. Opoffering is nodig. ‘Elke nederige onerkende offerdiens, elke liefdegawe sonder berekening van terugkeer, is 'n bydraag tot die vermenseliking van die mensheid!’ Maar Langenhoven sou geen humoris wees as hy nie ook 'n oog het vir die goeie op die ondermaanse nie: die liefde wat tog aanwesig is en veel laat verwag. By die afskeid hoor ons weer van Neelsie se altyd-drukkende skulde, wat Watwo vir hom betaal omdat hy hom daardeur vergoed van die aarde weghelp; van sy voorneme: ‘as ek weer terug is ... sal ek (om die teëparty te plaag) naar van my home gesels daar op die maan!’ maar veral is dit oom Stoffel wat die belangstelling van die werkie het. In die hemelruim herken hul die oppervlakte van die draaiende aarde en oom Stoffel is bekeerd tot die nuwere wetenskap. Hy laat weet aarde-toe op Loeloeraai se telefoon: ‘Sê hulle moet tog asseblief aan Soetlief telegrafeer ek is pêrdfris en ek stuur liefdegroete en die vervlakste Engelse het gelyk: die aarde is rond en hy draai en sy moet vir Adoons sê hy laat nie my vleiland versuip van luiigheid nie en as ou Galbroek Hawerhaas | |
[pagina 208]
| |
daar kom steek hy hom onder die klippe en hy laat Steekbaard sy laatste draad van sy broek afskeur.’... 'n Gevoeliger toon kry ons as hul uit die ewige ruimte verlangend na hulle eie ou plekkie op die aardbolletjie soek. ‘Alle wereld,’ sê ek, ‘die tyd gaan hier gou om. Kyk daar is Madagascar en Arabië, en die hoek-land daar by die Persiese Golf...’ So is ons genader tot die moralis Langenhoven. Dit lê in die aard van die humoris om moralis te wees. Sy spot tref die lelike wat hy orals in die wêreld en ook in homself gewaar en hy streef na verbetering. ‘Vice and folly and not particular men were to become the object of his ridicule’, skrywe die biograaf van Fielding. Steele wou weer ‘the improvement of human nature and the reformation of society, to help in raising mankind to a higher level.’ Onverdraagsaam is hul egter nie, en hul sien in die slegte nog veel goeds en ook in hulself veel kwaads. ‘Quick to encourage, | |
[pagina 209]
| |
slow to disparage’ word van Dickens gesê en geld vir die meeste.Ga naar voetnoot1) Ek beperk my by Langenhoven tot sy spreuke en lekeprekies, waarby ons ook verder die humoris leer ken. Sy etiek van huislike liefde, trou en waardering en rype lewenswysheid laat soms dink aan Huygens, Roemer Visscher en is nooit die platheid van Cats of sy geveinsdheid nie; sy kinderlike opregtheid en naïewe bekoring herinner aan Lamb en Reuter; sy kernagtigheid aan Staring, maar is warmer; sy geestigheid aan Multatuli, maar is gelowiger. Sy maximes herinner aan Seneca, Rabelais, Montaigne, Vauvenargues en vele andere uit die groot land van moraliste, Frankryk. En tog is Langenhoven tenslotte geheel homself en sal hy medelydend glimlag om geleerde vergelykinge met uitsprake van elders. Ek wil hom dit so ver moontlik spaar, en volstaan met 'n enkele verwysing na verwantskap. In die godsdiensGa naar voetnoot2) is humoriste ver van dogmaties en die meeste is ongereelde kerkgangers. Hul godsdiens is prakties en op die daelikse omgewing gerig, is persoonlik en warm, soos ook hul naasteliefde is. Die humoriste voel hul kindere van 'n liefdevolle Vader, en wat teen Sy liefde en barmhartigheid skyn in te gaan in gedeeltes van die Bybel word eenvoudig nie aanvaar nie. Dink aan Hebbel, wat b.v. die geskiedenis van Jephta nie wou glo nie, nòg die woorde: ‘vele is geroepe, maar weinige is uitverkore’, as van Jesus afkomstig. ‘Ek kan my nie indink nie’, skrywe hy, ‘dat God soos 'n nukkige weldoener sou wees, wat al sy weldade aan wonderlike voorwaardes sou vasknoop; .... oor die rand van die graf sal dit weinig opaan kom of jy nie geglo het wat jy nie kòn glo nie; wie sònder die geloof goed handel, ook vir hòm sal God genadig wees.’ En dit kom uit die mond van 'n predikant, wat bowendien | |
[pagina 210]
| |
nog hoof van die Badense landskerk was. Dink ook aan die vrysinnigheid van die ware humoris, dominee De Genestet, of aan die verdraagsaamheid van vele predikante by ons, wat tewens ook ware humoriste is. Sien in dié lig ook onse outeur: ‘Moenie met 'n ander se godsdiens spot nie. As jou eie soveel beter is, het jy àl jou tyd nodig om dit te waardeer en te beoefen’, en in 'n prekie daarop: ‘Ons soek en sug en smeek almal na ons Eén Vader, al noem ons Hom by verskillende name, en al die weë is goed wat na Hom toe lei. En in éen opsig is daar maar éen weg: die weg van diens en gehoorsaamheid.’Ga naar voetnoot1) Die geloof is vir die humoriste iets waar hul nie sonder kan nie. Ons lees soms dat hul kinders die gebede en bybeltekste moet leer, wat vir hulself van groot waarde was. Ek dink hier ook aan die psalmvertalinge van Langenhoven waarvan sommige so besonder skoon geword het. Die persoonlike daarin laat hom dié beelde uit sy onmiddel-like omgewing vind wat in sy ondogmatiese gevoelslewe adem. In die maatskappy soek Langenhoven na verdraagsaamheid, pligsbesef en liefde. ‘Ek had nie die geleëntheid nie, en jy had nie die begeerte nie, maar ons twee veroordeel darem ons naaste wat geval het omdat albei hom gelyk getref het (111, 142). Deur die spesiale landskondiesies is die Afrikaanse humoris, in teëstelling met sy oorsese kollegas, ook ywerige party-polietikus. Tog geld ook hier sy humoristiese woord onder die teks: Dit betéken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man. As alle humoriste haat hy huigelary, ‘die Judasse van ons deug’, bo alles. Teenoor homself is hy eerlik en streng | |
[pagina 211]
| |
(111, 177). Ook Langenhoven sou met Rosegger in die voorwoord van sy Sünderglöckel kan getuig: ‘Wem sie aber zu grell ins Ohr klingen sollte, der denke daran, dasz der Mann der so eifrig das Glöcklein schwingt - auch für sich selber läutet.’ Groot is die bewondering en eerbied vir die vrou by humoriste, by wie vriendskap, camaraderie die plek inneem van hartstog. Reuter, Steele, Fielding, Hood, Rosegger e.a. het hul vroue as goeie genius vereer. Steeds het hul behoefte na 'n simpatieke vriendin, wie nie altyd hul eie vrou is nie. Ook word hul bemin deur die vroue. Ook hier is Langenhoven 'n waardige verteenwoordiger. Ek noem hier III, 104, III, 120 en III, 101. So sou die leser verdere aspekte van die humoristiese voel, dink, wil en handel self kan nagaan by ons outeur. Langenhoven is steeds weer die wyse raadgewer in sy Honderd Prekies en Duisend Spreuke wat die hele menslike lewe byna beslaan. Hy waardeer die rustig-mediterende ouderdom wat wysheid is; maar verheerlik die mannewerk van jeugdige wil en energie: ‘vandag is sy nooi sy ideaal: môre sal sy ideale sy nooi wees’ (III, 183). As een van sy besgeslaagde prekies noem ek ‘Die grootste van ons helde’ onder die teks: Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie (III, 168); wat laat dink aan Montaigne: Dit is nie vir die dood wat ons ons voorberei nie, want die doodstryd is so kortstondig: 'n kwartiertjie ly sonder erge gevolge verdien nie sulke besondere voorskrifte nie (Essais III - 12). En vir die lewenskuns is nie alleen liefde nodig nie maar tak. Draai jou verkyker óm om jou buurman se foute wáar te neem: hy sal van die ander ent af daardeur kyk en jou deugde vergroot sien (III, 222). | |
[pagina 212]
| |
skrywe Langenhoven; en Comtesse Diane: ‘tak is goeie smaak in handel.’ Oor alles gaan die diepere optimisme van die humoris: Lag die ou wêreld maar 'n bietjie uit oor sy mishandeling, dan het jy die tande uit sy bek uit getrek en die kloue uit sy pote (III, 186). Nog eens, veel sal die leser aan wysheid van elders herinner; maar wat is oorspronklikheid ten slotte? Alles is al eens gesê, en 'n mens kom altyd te laat, sedert daar meer dan sewe duisend jaar mense is wat dink, merk La Bruyère êrens op in sy Caractères. Selfs die skat van wysheid van 'n Montaigne, is dié nie in die meeste gevalle terug te voer op antieke uitsprake nie? Hyself getuig dat as Plato en hy een en dieselfde mening het oor 'n bepaalde onderwerp, dan behoor die mening net so min aan Plato as aan hom (1-25). Seer tereg merk dan ook Dr. FranckenGa naar voetnoot1) op dat die kuns van maximes-skrywe nie so seer bestaan in die ontdekking van nuwe waarhede nie, as in die bewus maak en tot besinning bring van waarhede wat wèl alreeds bekend was, maar wat as in sluimerende toestand nie helder voor die gees gestaan het nie. Die maximis bring 'n nuwe gesigspunt, 'n nuwe kompleks van waarneminge, 'n nuwe geniale seggings-wys, waardeur 'n ou waarheid ons as nuutgebore tref. Groot is so die nut van goeie spreuke, waar hul ons lewenswysheid in pakkende vorm bring, die gees wakker en skerp hou en die essensiële tussen bykomstighede laat gewaar. Deur 'n pittige styl is hul 'n aanwins vir 'n taal. Met Langenhoven is ons Afrikaans dan ook sterk bevorder in rykdom en krag, lenigheid en helderheid. By hom eerder as by 'n ander moet die hele volk te skool gaan. Waar Voltaire êrens opmerk oor die maximes van La Rochefoucauld: dat dit een van die boeke is wat die meeste bygedra het om die smaak van die volk te vorm en hom 'n gees van regverdigheid (de justice) en presiesheid te gee, moet dit ook in enigermate waar word van Ons Weg deur die Wêreld. | |
[pagina 213]
| |
Dit sou onbillik wees om van enige maximilis te verwag dat hy steeds beter as 'n ander 'n gedagte moet weergee. As u met hierdie spreuk van Langenhoven: Vertel jou geheim aan 'n ander en maak staat op hom om dit beter te bewaar as jy dit self kan bewaar. vergelyk die volgende van La Bruyère: Elke onthulling van 'n geheim is die skuld van hom wat dit toevertrou het; dan sal 'n ieder dié van die Fransman pittiger vind. En menige prekie, hoe verdienstelik ook, sou as kuns kan win deur ‘mettre une page en une phrase, une phrase en un mot’ (Joseph Joubert). Maar daarteenoor sal die leser van die spreuke dikwels verwonderd staan oor die oorspronklike, soms uitstekender seggingswys van Langenhoven. Daar hierdie gedeelte uit verhouding dreig te groei, moet ek volstaan met twee laaste voorbeelde. Waar Rabelais sê dat wetenskap sonder gewete die ondergang van die siel is, en Montaigne daarby voeg dat wetenskap sonder eie oordeel die ondergang van die gees is, daar word dit by Langenhoven: Soos 'n skeermes in die hand van 'n aap, so is geleerdheid in die kop van 'n dwaas (445). Verder: Vir 'n gesonde neus moet die vuiligheid nog erger stink, as dit sy eie persoon besoedel (Montaigne, Essais, III - 8). Die witz van Langenhoven is nie 'n afsonderlike alleenstaande geestigheid nie, maar weerspieël ons 'n persoonlikheid, en so word dit tot 'n bekendmaking van 'n eie innerlike, | |
[pagina 214]
| |
'n eie wêreldbeskouing.Ga naar voetnoot1) Sy gelukkige invalle kenmerk tewens die selfsekerheid wat weet dat sy pyle tref. Ek noem u nog enige voorbeelde. Die man wat die meeste besorg is dat sy bure se byle moet blink, is die wat slypstene het om te verkoop. Goed is hier die vereniging van alledaagse en verhewene. Die beeldspraak is dikwels 'n suiwer Afrikaanse: 'n Man wat 'n verkeerde roeping kies is nes 'n boer wat sy kliprante omploeg en sy geil grond laat leeg lê. Of neem die volgende: Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit 'n goeie wa-maker was. Die kombinasie is verrassend. ‘Der Witz ist der verkleidete Priester ...’ U sien die komiese teenstelling ook in die volgende met die tiepiese selfbespiegeling in skerts: Waar die moeilikheid so groot is as 'n berg klim die wyse bo-oor; die dwaas graaf 'n tonnel onderdeur en bly binne vassteek; die lafaard draai om. | |
[pagina 215]
| |
(En waar sou jy my rangskik, Boet Nelie? Ek loop eenkant om.) (481, 482). Spottende met die hoë lewe wat tot armoe lei, gee hy die plotselinge oplossing van iedere antitese met moole spanning: Die hoë modes nastrewende het ek my arm geërf, moeg gerus, dors gedrink en amper dood geleef (828). Spelend vind die gedagte dikwels die vorm van 'n pointe, wat die waarheid van die opgeloste komiese teenspraak blootlê: Die luiaard is die enigste man wat van sy slaap sal moet rekenskap gee. Snelle oorgang en willekeurige verbinding sien u ook in die volgende: Hou jou glimlag vir jou vyand, jou trane vir jou vriend, jou hart vir jou ewemens, jou oordeel vir jou-self, en jou gewete vir jou God. Sien die gemeensaam maak van hoog en laag in die waarheid van die komies aangeduide misplaaste godsdienstigheid: Daar is mense wat hulle oë so knaend daarbo op die hemel gevestig hou dat hulle nie sien hoe min goed hulle hande hieronder op die aarde doen nie. Ook sinvolle onsin kan ons by Langenhoven aantref: Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is die wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt. Geestigheid is soos reeds uiteengesit 'n spelende oordeel, oombliklik en verrassend van oorgang. Ek gee as laaste voorbeeld: | |
[pagina 216]
| |
Koop 'n blous wat nie pas nie en reken hy sal regkom met die dra. Trou 'n jongetjie wat nie deug nie en reken hy sal verbeter met die getroude lewe. Vir sommige lesers wat deur die ‘tydgees’ nouliks meer in staat mag wees om na soveel ‘ouderwetsheid’ te luister, is dit goed om te herinner aan die kultuur-toestande in Suid-Afrika waar sulke literatuur natuurlik en mooi opbloei. En wie weet of Europa nie weer ontwikkel na die verkwikking van sulke ouderwetsheid toe nie? In elk geval is Langenhoven as moralis ongetwyfeld van betekenis en neem hy 'n besondere plek in die Groot-Nederlandse literatuur in. En tog is dit eerder die mymerende stemming, die weemoed en verlange, die gelowige liefde en kinderlike aard van die humoris wat tot my die meeste spreek. Wie dit alles so suiwer deurvoel, het ook ons kuns-simpatie. Langenhoven is ten slotte nie die prikkelbare polietikus of mens soos vele hom van naby beoordeel nie; maar die liefdevolle dromer, die beminlike ou kinderhart aan sy Stille Waters. Waar die biograaf van die humoris Barrie êrens opmerk: ‘he has laughed so heartily and joked so frankly at his own expense that he has left his enemies - if such there be - quite without slings or arrows’; daar kan ons nouliks die nodige mate van begrip verwag by wie uiter-likhede met essensie nog verwar. Vir my is Langenhoven die baie menslike humoris, wie diep sy menslike swakhede ook ken, gelowig en vergewende is, verdraagsaam omdat hy veel gely het, prikkelbaar ook om dieselfde rede; maar wys, weemoedig mymerende in die eensaamheid ...... Só sien ek Langenhoven, wie ek in sy daelikse lewe heeltemal nie ken nie en in sy patrioties-politieke oortuigings buite beskouing moet laat - só sien ek hom as mèns, dáar aan sy stille waters, op sy hoë berg, in die skaduwees van die naderende nag ..... |
|