Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 126]
| |
I.
| |
[pagina 127]
| |
‘Ik mag nie! - Maar jij mag? Maar zullie mag? - Dus een mooi rekening! - Hulle maak wette voor ander volk en stoor hurle zelven niks daaraan. Hulle kan, bijvoorbeeld, haarle keel met Janever nat maak wanneer hul verkies, en ik moet maar as een eendvogel bij de water blijve! Jij kan jou lekker dronke zuipe, en ik moet dat met nugter ooge aanzien! Wel, dat zal verdomt nie waar wees! - Dat zeg ik jou, maar.’ Die takelasie word van sy lyf geskeur en hy gaan dit verruil vir sopies. Naas en lang voor sulke grapperigheid in die ‘literatuur’ is lewenshumor uit die volksgeskiedenis te illustreer. Die eintlike geskiedenis van ons taalbeweging begin met die oprigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875.Ga naar voetnoot1) Reeds tevore het sporadies geskrifte geheel in 'n soort Afrikaans verskyn. Ek herinner weer aan die Samesprake tussen Klaas Waarsegger en Jan Twyfelaar (1861) en Gesprekke tussen Oom Jan Vasvat en Neef Daantje Loslaat (1873) deur Klaas Waarzegger, Jr. (C.P. Hoogenhout). 'n Voorbeeld van geestige beskrywing uit dié dae vind u o.a. in die ‘Sesde Gesprek’ oor die afneem van die diamantvelde. Waar ons enige aandag moet wy aan die rympies, gediggies, liedere, prosastukkies van Die Patriot en Ons Klyntji, is dit voor alles nodig hierby te herinner dat die werksaamhede van die ou garde veral tot die plattelandse bevolking gerig was, daar van die verengelste Afrikaners in die dorpe en stede, van geleerdes en predikante, eerder haat en verguising as simpatie en hulp te verwagte was. Die leiding het uitgegaan van Ds. S.J. du Toit, Oom Lokomotief (D.F. du Toit) en C.P. Hoogenhout, maar die medewerking meestal van minderbevoorregtes. Aan die eenvoudige vriend op die boereplaas word gesê: ‘Skryf soos jy praat en dig (rym) net waaroor jy wil.’ En as u | |
[pagina 128]
| |
weet dat die opdrag gedaan is aan mense wat maar baie kort in hul lewe op die skoolbanke deurgebring het en haas niks gelees het nie, dan sal die powere resultaat ook niemand verwonder nie. En tog sou dit verkeerd wees om hierdie kunslose periode geheel ongenoem te laat, ook in 'n werk oor humor by ons. Want vind u nie daar reeds die heldere kyk op die ongerymde en komiese in die anders so ongelukkige, selfs tragiese gebeure? Steeds weer tref u, selfs in die banaalste rymelary, die inherente blymoedigheid van die Boer en sy wondere vermoë om onder alle omstandighede nog tyd te vind vir spot. Ek sou die eerste periode dan ook byna die spotperiode wil noem. Die grootste verdriet en teleurstelling slaan altyd weer om in spot met die vyand om sy komiese gebaar. Hierdie volksenergie laat vir my soms die malste geskryf tog nog van enige waarde wees, as ons maar onthou om daarby nie aan kuns te dink nie. In geval ek soms só iets kwoteer, sal die leser my dus ná die voorafgaande hoë begrip van humor nie kwalik neem nie. Maar die eerste skrywery het ook 'n praktiese betekenis gehad. Direk het dit in 'n dringende behoefte voorsien en nie alleen leeslus, wat tevore totaal afwesig was, opgewek nie, maar deur almal 'n rymkoors te laat ondergaan - ‘van wyle generaal Piet Joubert af tot die veewagtertjie in die veld’ - die minsontwikkelde aktief laat deelneem aan die vorming van homself en die bevordering van sy eie taal en tradiesies. Dit is die groot verdienste van die Genootskap, wat ons nie mag verbygaan nie by die beskouing van 'n latere bloei, waarvoor hul die grond berei het. Die taal van die genootskap was die ongekunstelde van die volk met 'n eie frisse geestigheid, wat dikwels in die idioom self lê, b.v. ‘hy loop jakkals-draaie,’ ‘hy sal sy ma vir 'n eendvoël aansien,’ ‘glo my dit het broekskeur gegaan,’ ‘hy is 'n aslêer,’ ‘lappiesmous,’ ‘bondeldraer,’ ens.Ga naar voetnoot1) En dit is sulke natuurkarakteristiek wat dikwels 'n glimlag | |
[pagina 129]
| |
opwek ook as ons die ernstige blaaie van Die Patriot of Ons Klyntji omslaan. 'n Seker liewe naïwiteit tref u steeds weer. So begin Die Patriot in sy eerste nommer: ‘Een Afrikaanse koerant! Wie het dit ooit gedroom! Ja, Afrikaanders! een krant in ons ei'e taal! Dit het baiang moeite gekos om so vêr te kom; dit kan ek julle verseker, want die meeste Afrikaanders is nes steeks pêrde, hulle wil mos nie glo dat ons een ei'e taal het nie ... Oortui'e gaat net so moeilik as om steeks perde te leer pronk in die voortuig ...’ Veel voorbeelde sou ek hier kan aanhaal van die eerste naïewe blydskap, maar ook van grappige trots en komiese uittartingGa naar voetnoot1), wat met die eerste bewuswording van eie besit gepaard gaan. Maar dit sou my te ver voer van humor. Vermaaklik ook is die versoek aan Oom Jan dikwels om 'n powere probeerslag te verbeter. Aardig is Oom se opmerking by geleentheid dat die gedig homself byna nie meer ken nie, en waar hy soms 'n vertaling was, hy ná die verandering byna oorspronklik geword het! Oom het ook les gegee in die digkuns, d.w.s. in die wetenskap van hoe 'n vloeiende vers in mekaar te sit en het eindelik self verbaas gestaan oor die resultaat van sy ywer! Wie had kon dink dat Afrika
Ooit so veul digters had?
'n Menigte ‘gedigte’ vol luim en spot het in verband met die taal self die lig gesien. In die armsalige rym van Albertus Herholdt is tog die end grappig, waar die skrywer al ‘digtende’ sy oog op die braaiboud hou. In Verengelste Afrikaners hoor ons van Afrikaners ‘wat op Engelse sole loop,’ Afrikaanse seuns ‘met 'n Engelse vel,’ Afrikaanse jonkmans ‘met Engelse lyf,’ ens. Komies belig is die verengelste Boeredogter, wat in die | |
[pagina 130]
| |
Boland gestudeer het (vgl. Vooruitgang). Selfs 'n tikkie humor is in die voorstelling van die Afrikaanse taal as 'n beminlike meisie, wat dikwels vir ‘Hotnotsmeid’ uitgeskel is, en tog die voorsprong het bo die Hollandse juffrou. In Die Noitjies van die Onderveld bring ‘Jan wat versies maak’ 'n hulde aan die reggeaarde Boerenooi al ken sy ook geen Engels of pianospel. So word met alles wat van die aartsvaderlike godsdiens, sedes en gewoontes afwyk, die draak gesteek. Predikante wat Engels preek en 'n goewernante daarop nahou, moet dit ontgeld, maar nie minder verwyfde en verstedelikte studentjies nie en almal wat die rooivlag uithang. Die moraal spreek sterk uit Die Vryer van Nig Bettie. Soms word die meisies al te sterk toegetakel en dan moet Oom Jan of 'n ander hul verdedig, al blyk die altruïsme soms te berus op die vrees van self ongetroud te bly (b.v. in die rym van Peteros Pruttelaar, Ons Mysies)! Oom Tys word ons voorgehou as voorbeeld van 'n ware vaderlander in Wat is 'n Patriot, ou Pa. Hy neem sy ‘boeken’ vroeg en laat, drink sy sopie op sy maat en gaan gereeld kerktoe. Hy haat alle nuwerwetsheid: Sy ‘salmboek’ moet ‘met noten’ wees,
Sy Bybel ‘ou-druk’ as hy lees,
‘Ende hij zeide’ ...; want hy vrees
Hierin die ‘nieuwe dwaling’ mees.
Vir vryheid te veg in kerk en staat, daarvoor staan hy altyd klaar. Hierdie vroeg-famielielid van Oom Stoffel het al iets van sy objektiewe humor: Vroeg staat die ou-man 's môrens op
En trek die kam net oer sy kop,
En steek dan gou 'n kleine dop,
En wek die ‘swartgoed’ met 'n strop.
Ons liewe vrind,
Hy is 'n Patriot, my kind.
| |
[pagina 131]
| |
Ek noem nog die gedig Foor Honderd Jaar en nou waarin oupa aantoon dat die sgn. ‘vooruitgang’ absolute agteruitgang is, en dat ons hedendaagse beskawing gekenmerk word deur handelsoneerlikheid, sug na verstrooiing, ongodsdienstigheid, moderne modes, hoogmoed en ydelheid, non-entiteit. Hy sluit sy teëstelling met: Toen hang knapsakkies geld aan di hanebalk fas;
Mar nou is di beurs leeg en die plaas is belas.
Liedere in verband met ons geskiedenis bevat ook menige staaltjie van komies-satieriese siening. Die spotlus van die Afrikaner tref die verwaande of gepierde Engelsman, en die ligvaardige stemming en rymlus van voor die finale katastrofe help daarin mee. Maar dikwels merk u ook gesmoorde leed onder die uiterlike lughartigheid. Tog verbaas u soms die afwesigheid van bitterheid waar ons eerder die welverdiende vloek as die vrolike spot sou verwag. 'n Wonder bly dié blymoedigheid, tensy ons die gronde daarvoor soek in die voorafgaande en verder in 'n sekere oppervlakkigheid, wat die diepte van sy verongelyking nog nie ten volle bewus is nie. Die volle tragiese bewussyn sou 'n absolute vernietiging dreigende noodlot eers skep, en uit die sterwenskrete en die banneling se wee word die bloedende erns gebore, wat eise stel, onverbiddelik as die noodlot self. Eers die stille geween, dan die glimlag deur trane om trou en onuitroeibaarheid, totdat weer die vreugdeklanke opklink van 'n gelouterde optimisme wat wys op 'n groter dag van algemene nasionale volksbewussyn. Die vooroorlogse spot is gedoop in namelose smart, en humor kon gebore word. Die siel is na binne gekeer. Maar dit alles by wyse van vergelyking. In die ou dae was dié innerlike blik selde in die literatuur op te merk. Eerder was dit die oormoed van die jeug, wat met die lagwekkende dwaasheid van die vyand altyd weer moes spot. So sing ‘Republikyn in Jingo-land’ (1879) van die held- | |
[pagina 132]
| |
haftige dood van prins Napoleon en die knapheid van die Engelse om betyds die veld te ruim. Kyk, jonge Napoleon leg dood op die veld,
Mar veilig terug is elk Engelse held.
Die mislukte Jameson-komplot is weer 'n pragtige geleentheid vir H. Bruwer gewees om bittere spot te uit: ‘Di plan stink na wisky, dis dronkmens se werk.’ ‘Volbloed Afrikaner’ lug sy spot in Di Infal fan Jameson en syn Rowersbende. Aardiger is dié van Reitz op Di Lady Roberts, 'n skeepskanon aldus gedoop, en in 1900 afgeneem deur die Boere. Lord Roberts is al huistoe,
Di feldheer het getrap
Mar d'ou frou het hy laat bly,
Sy hou fan milipap.
Ja, Roberts fan Kan-da'ar
Is ni Roberts fan Kan-hiir!
En dat Tommi hiir moet blywe
Is ni net fir syn plesiir.
Nie onverdienstelik ook is die geestige John Mackensie moeni grens ni van Petrus, gedig met die ontslag van dié heer wat aangestel was as kommissaris van Engeland in die klein republiekies Gosen en Stellaland. Hierdie sendeling, swaar lydende aan swartsug, was uiteraard 'n slegte keuse vir Boere-onderdane. Hy is dan ook kort na sy aanstelling weer afgesit. Natuurlik moes iemand met die voorval spot in 'n gedig, temeer omdat op sy naam die resultaat van sy désillusie so uitstekend kon rym. Maar hierdie keer tog werklik met meer as gewone sukses. Die skrywer sien met Boere-klaarheid die komiese van sy retireer, voordat ‘wat in hom woon’ 'n stupiede uitingsvorm kon aanneem, en dit word beskrywe met die krag-termpies van ons taal, sy eenvoudige en nog beskrywende pittige uitdrukkings soos: | |
[pagina 133]
| |
‘in die pad steek,’ ‘laat trek,’ ‘jy moet gly,’ ‘bondel op die rug,’ etc.Ga naar voetnoot1) Die Imperiale Federasie-Ligue in 1884 gestig het lidmaatskap ook aan die naturelle aangebied, en ‘Toekyker’ skets die situasie in verdienstelike satiere. Daar le iets in van die tragi-komedie van Engelse Kaffer-politiek. Aardig is die suggestie van ‘vereende hartjies’ en die sinspeling in ‘rooi-nekke’ en ‘geel-bekke’; tekenend die kaffergedagte: deur die Engelse die salige niksdoen: ‘ons bou net Skool en Kerke.’ Eindelik die kostelike siening van die dikke jan Boel, hand om die lyf met die vette aia in salige Jingo-jolyt! Nog 'n gedig in verband met ons geskiedenis mag alhier 'n plekkie kry. 'n Griekwa vertel in 'n gedig van S.J. du Toit: Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het. Aardig is die kinderlike verwondering, die analogie met bekende sake, die huiwering vir die spookagtige, hul hebsug en wantroue, hul trots: ‘wi Grikwa is het pyl’, hul veronderstelling waarom Duusman wegbly en hul sterk-realistiese siening. Ek haal iets aan van die kernagtige vertelling van die slot: Di Duusfolk skré, hul maak lawaai:
Ons trek; hul steek fuur agter an; -
Di koper hoes; di derrems waai,
En - in di lug di laaste man!
Wat leef di hardloop wat hy kan.
So is ons genader tot die eintlike luimige verhale, waaroor ek met 'n korte beskouing kan volstaan met 'n verwysing na die werk van Dr. van Niekerk en die ou tydskrifte. Sterk spreek die Afrikaner se voorliefde vir die grappige vertelling in hierdie eerste voortbrengsele van ons literatuur. Voorbeelde van humor is hier egter baie skaars. Maar u vind daarin die onbedwonge, natuurlike prosa van eenvoudige | |
[pagina 134]
| |
welsprekendheid, waarin ek steeds weer die bekende intonasie meen te hoor wat terugvoer na die kampvuurtjie aan strand, waar Ds. S.J. du Toit sy soveelste awontuur sit en vertel. Sien u, veel van hierdie vertellinge sal u met my ná die voorafgaande deel nie van die hand wil wys nie, as u dit in die lig van ons geskiedenis wil betrag... dikwels met die agtergrond van rampe en ellende van ons steeds weer opnuut geteisterde land en volkie. Sy opperste bes te doen en dan te berus in die onvermydelike voorbeskikking en die lag te vind.... siedaar die onverwoesbare lewensdrang van die beste: alles sal regkom! In die kring van vriende klink die lag en is die brenger van luim steeds die gevierde. Moeilikheid om Liedjies te maak op 'n Boereplaas deur Oom Jan kan hierdie afdeling gevoeglik inlei. Pa wil 'n liedjie vir Die Patriot dig en eis stilte, maar dan begin die kwelling: eers die hond, dan 'n Jode-kar met vis, dan die gebabbel van Eva die meid, en dan weer die Hottentot wat sy sopie kom vra; buite staan die kleinjong te raas dat al die vee uit die kraal en weg is. Die gedig breek af. Spookstories is steeds 'n geliefde soort gewees. So bewerk Reitz Klaas Geswind na Burns. 'n Ou jong het een aand sy tyd te goed deurgebring op die dorp en moes ondervind dat Plesiir is nes 'n jong komkommer,
As jy hom pluk ferlep hy sommer;
Of nes 'n skulpad in syn dop in,
Soos jy hom fat dan trek hy kop in.
Op pad huistoe moet hy die gevreesde kerkhof verby. Dit spook woes daar. Die geeste dans dat die sweet hul aftap. Toe dryf die noodlot Klaas tot byna fatale onversigtigheid. Di goed was byna poedel-kaal,
En kyk di frouens was te skraal;
Maar een daarfan, 'n bitji dikker,
Maak so 'n uitgehaalde flikker,
| |
[pagina 135]
| |
Dat Klaas plaas fan syn bek te hou
Skré: arri! dit was fluks fan jou!’
Natuurlik sit die helse geeste hom agterna, maar Klaas bereik die drif en is vry, immers 'n Spook is nes 'n bok-kapater
Hy loop ni sommer in di water.
Inderdaad 'n aardige verafrikaansing van Tam o' Shanter. In Kyk na di Klok word in felle taal 'n troulustige ou wewenaar deur die spookverskyning van sy oorlede vrou op die pad van deug en matigheid gebring. 'n Bron van vermaaklikheid is in hierdie periode steeds weer verliefdheid, vryery of die meisies in die algemeen. So hoor ons van oom Fanie Brink in die gelyknamige gedig, dat hy kort na die dood van sy vrou al weer sterk na trou verlang. Hy sit in die kerk en wyl die dominee die tien gebooie lees, het hy op elkeen sy eie aanmerking gereed. ‘Jy moet ni steel ni,’ sê meneer, en oom Fanie pas dit dadelik toe op die liewe Anni Smeer, wat regteenoor hom sit en nie van haar diefstal bewus is nie. Oom Fanie se keel voel droog en in gedagte sien hy al 'n half-aampie heerlik staan. Na tienmaal gaap is hy vas aan die slaap. Dan droom hy dat hy met die liewe Anni trou, en as die ‘jollifikasie’ tuis begin en die ‘meerlekkerste Sampyn’ in die glasies skuim, skree hy in salige verrukking hardop deur die kerk: Drink, Kêrels, drink! En wens my nog
Goeie rys! Dit is myn laaste tog!
Di laaste maal wat jul oom Faan
Di huwliks-bootji siin ingaan;
Toe, Kêrels, die gesondheid weer
Fan myn klyn froutji, Anni Smeer!
Dat hy die liewe kind reddeloos verdroom het, spreek vanself. | |
[pagina 136]
| |
In Neef Roelf deur M.H. Neser is vry aardig die gedagtes van 'n verliefde jonkman oor sy aangebedene weergegee. Op Hartebeesfontein is te noem om die rake plattaal en aanskoulikheid van voorstelling. Lewendig, voorwaar, gaan dit toe op daardie ‘sheepskin’ - dansparty! Kerel pas op! is geen slegte vertaling van Longfellow se ‘Beware’ nie. Die beste oorspronklike gediggie, wat ook iets van humor kenmerk, is die bekende van Reitz, Die Steweltjies van Sannie: Pas altyd vir 'n vroumens op!
Dit help jou net g'n stuk nie;
Steek jy jou nek eers in die strop,
Dan kan jy nooit los ruk nie.
Die digter vertel hoe hy verblind geraak het deur 'n droombeeld, waarin hy Annie met twee splinternuwe steweltjies voor hom sien staan het. Aardig is die liedtoon van die groet met die abrupte vraag na die nooi. Op die staanspoor het hy werk gemaak van die vraery, en sy ideale droomnooi het sy vrou-in-werklikheid geword. Die désillusie het nie uitgebly nie en die humoris eindig: Dit help nou weinig om te huil,
Al het ek spyt van Sannie;
Kon ek die ou ding mar verruil,
Dan sou ek - mar ek kannie!
In die prosa van die Eerste Taalbeweging vind u dieselfde gees as in die versies. Die geselsery met die lesers bring dikwels uit hoe dit veral die grappige is wat die leser soek.Ga naar voetnoot1) Menige verhaal toon weer die moedhou van ons mense. ‘Waarde Neef Klyntji,’ skrywe iemand, ‘daar dit nou so droog is, dat ek ni weet wat te doen saans ni, het ek gedink aan jou te skrywe fir tydkorting grappiis wat | |
[pagina 137]
| |
foorgefal het gedurende di Oorlog’ (O.K., Okt. 1903). 'n Ander tydkorting by uitnemendheid was - vryery. Vrystories met die daarbyhorende plaery, het steeds ingestroom; maar ook naïewe ontboeseminge aan die redaksie, wat dikwels as wyse raadgewer aan die troulustige jeug moet optree.Ga naar voetnoot1) Verder is daar dierestories, grappige awonture, kostelike fop- en kloppartye, sprokies en raaisels, populêr-wetenskaplike opstelle, ens.; maar ook Di Koningin van Skeba, historiese roman van S.J. du Toit, die novelle van Lion Cachet (later uitgegee as Die Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het), Jakob Platji en dier-verhale van G.R. von Wielligh. Met die laaste drie skrywers en nog iets wil ek hierdie korte oorsig sluit. Di Koningin van Skeba, een van die beste geskrifte van die eerste periode, bevat nouliks humor. Grappig, weliswaar, is die nuuskierigheid van die nugter Hennie in die geskiedrolle, ná sy eerste teësin in sulke dwaasheid wat niks materieels oplewer nie. Kinderlik is sy ongeduld waar die vertaling van Ds. du Toit swyg, en leuk die ewe teregwysende spot van oom Gideon.
Die novelle van Jan Lion Cachet (Oom Jan) word nog altyd veel gelees. Reeds het die 9e druk daarvan verskyn, geïllustreer deur Louis Raemaekers en Aschenborn. Hier is die grootste moralis van die eerste periode aan die woord. Oom Jan vertoon hier en daar ooreenkoms met die grootste humoris-moralis van die twede; maar hy is seer sy mindere, waar die moraal hier vooropgestel word en die skrywer baie vlakkies in die lewe gryp. Dit neem egter nie weg nie dat hy hom hier en daar tog inlewe in die eenmaal gekose netwerk van gebeurlikhede, en dat hy dikwels rake observasies gee oor mense en dinge waar hy van naby mee bekend is. Maar Langenhoven is groter in sy menslikheid en oneindig veel ruimer van blik en fantasie. | |
[pagina 138]
| |
Oom Jan gee karakters met slegte hoedanighede, wat jy moet verafsku met frissons impérieux; Langenhoven gee homself en andere in dwase swakheid en win ons simpatie daardeur. Oom Jan wys met waarskuwende gebaar op duiwels en wat hul doen; Langenhoven met bemoedigende stem op goedheid wat nog in die slegste woon. Oom Jan het dikwels superlatief verdoem; Langenhoven meermale komparatief vergewe. Die vergelyking is natuurlik in die algemeen. Laat ons 'n paar sketse van naderby besien.
Die Geldduiwel. Oom Jan, die hoofpersoon, is skatryk en 'n byna ongehoorde vrek, te suinig om 'n kombuis aan te hou of 'n miskoek sonder waardeberekening op die skraal vuurtjie in die bytende winterkou te gooi, en Sondags pas hy self die skape op! Om die plaas van sy suster in hande te kry toon hy hom 'n alleronmenslikste bruut. Op verdere geldjag ontsien hy nie die oorlopende spruit nie en stort in die snelstromende water. Hy word gered deur een van die verongelyktes, vir wie hy enkel gemelike ondank en uitskelwoorde oorhet, omdat 'n stuk van sy plunjie met geld en al die stroom nog afdrywe. Swemmende agter die pakkie armsalige bank-note aan, vind die vrek 'n welverdiende dood. Geen wonder dat die opkoms by die begrafnis so klein is nie. Hierdie karakter is nie alleen besete deur die Geldduiwel nie, maar is ontdaan van alle menslikheid; en sy tweestryd, nie onaardig hier en daar vertel nie, is eintlik tog maar camouflage, en die skrywer laat hom dan ook maar onbekeerd doodgaan! Waar hy dus maar enkel 'n afskrikwekkende beeld van geldsug is, vertoon die skets tog iets aardigs hier en daar. Ek herinner aan die handelstreke wat Oom Jan teenoor Morris aan die dag lê. Maar humor vind ek daarby nie. Dit was ook nouliks te verwagte, gesien die houding wat die skrywer teenoor hierdie aangeklede ondeug aanneem. Iets fyners bereik hy in die volgende. Gerrit, 'n weeskind wat by Oom Willem inwoon, besluit uit edelheid | |
[pagina 139]
| |
van hart om sy wa en span osse te verkoop en 'n arme famielie van ondergang te red. Helaas word hy in sy altruïstiese voorneme gestuit deur siekte onder sy vee. Saans na ete vertel hy dit tuis. In die daaropvolgende vaderlike berisping, wat deur vroulike teerheid en erkenning in 'n spottende laggie oorgaan, lê iets van humoristiese gevoel. In 'n ander skets neem die Liegduiwel meer en meer intrek in die hart van Hans Rietman. Hy verval eindelik tot die grofste bedrieëry deur nl. diamantjies op die grond van Oom Diederik te strooi en die vonds dan bekend te maak. Maar - en dit moet natuurlik - eindelik word die misdaad tog bekend en Lieghans storm weg. By laasgenoemde geval is iets verdiensteliks. En tog is die gegewe wel baie geskik vir komiese, maar ook humoristiese siening: o.a. die oproer in die distrik as die nuus van die diamantevonds bekend raak; die Sondagse diamantkoors van die dominee op die preekstoel af tot by die swartste tater in die kraal; die Maandagse skotskar-brigade; die mekaar-verdringende skaar van boere, winkeliers, kafferkantienhouers, rondloper-Engelse en Jode om die middelpunt van eendagse grootheid: Lieghans en sy storie; die komiese nerwositeit van oormekaar vallende vroue tuis - die hele onsalige ploetery tot die bloed van die hande loop op die jag na onsekere fortuin en geluk wat onrus bring. Wat sou dit alles gaan lewe wanneer 'n kunstenaar en ware humoris ons dit alles in diepe menslikheid gaan uitbeeld. En die moraal? Geen gevaar. Dié sou ook die ontwikkelde leser kan ontroer, waar hy nie gesoek was nie, maar die magtige stu-krag self is van skoonheid. 'n Veel mensliker toon spreek uit die skets Praatduiwel. Hier vergeet die moralis soms sy lering en word dit stille mensewee en besef van eie swakheid. Op die kerkhof in Wepener lê 'n dierbare seun en broer begrawe, eintlik vermoor deur Praatduiwel. Na afloop van die treurige gebeure wys niemand meer met afsku op éen sondebok alleen nie. 'n ln-gemene gierigaard en leuenaar kon die goeie ou | |
[pagina 140]
| |
vader Cachet wel as skrikwekkend voorstel, maar nie lewend uitbeeld nie, maar wel die werk van praatduiwel, want wie is daarvan geheel vry? Een ding het meneer daar tog gekry en dit was 'n teks vir Sondag. Die teks kom wel nie by die ‘aanneming’ te pas nie, maar hy kon dit nie help nie. Toe hy op die preekstoel staan, kom die woorde vanself: ‘Oordeelt niet!’ Meneer het die dag nie 'n teks geneem nie, maar die teks het vir hom geneem en of hy wil of nie, hy moes. Hier is ook iets van die humoristiese stemming. Die Drankduiwel. Hier verval die skrywer weer dikwels in die preektoon, b.v.: ‘As daar onder die lesers van die verhaal vroue van dronkaards is - en altemit sal daar wees - dink hieraan. Verwyt en uitskel sal die drankduiwel nie uitgooi nie. “Dit geslacht vaart niet uit dan door bidden en vasten.” Selfs vermanings, hoe liefderyk ook, doen dikwels só weinig. Maar een ding gee krag. Hoe meer 'n man drink, hoe meer moet daar gebid word.’ Ons voel, die ondergang van Willem is te veel opgesom om die preek te behou: so en so en so sleg gaan dit met die dronkaard. Ook word na melodramatiese effek gestrewe in sterke teëstelling, b.v. Willem in dronkemansroes: Breggie tuis vol kommer en selfverwyt. En die dronkemansdoen kan die dominee kwalik uitbeeld. Sewe Duiwels is een van die belangrikste werke van die Eerste Taalbeweging en vir ons van kultuur-historiese betekenis en kan ook nog aan duisende eenvoudige lesers lering en genot verskaf. Die gewone leser uit die volk let nie op nuanses nie, hy sien die mense as goed of sleg, en dis hulle lewensloop wat hom tot voorbeeld of tot skrikbeeld kan strek. So sal hom ook Cachet se primitiewe voorstelling van die sonde nie hinder nie, nòg die dikopgelegde moraal. Maar so iets bly pseudo-realisme van 'n power gehalte. Wie sewe duiwels vooropstel, in verband | |
[pagina 141]
| |
waarmee sewe verhale moet inmekaar getimmer word, sal altyd nog lesers vind en miskien heel veel nut stig, maar kuns sal hy nie lewer nie. Daarvoor is onmiddellikheid, waaragtige deurlewing, skeppingsmag nodig; en ‘qui dit humour dit esprit de tempérament, par conséquent spontanéité, candeur, naïvité, bonhomie, génialité,’ (E. Montégut).
Voordat ek met Von Wielligh as oorgangspunt tot 'n nuwere periode sluit, gee ek om sy weemoedig glimlaggende blik op die verlede nog 'n laaste gedig, Ou Bles: Ter gedagtenis aan myn ou Ryperd. Die stemming hier is die ware humoristiese, waarby die leser soms dink aan Sentimental Journey of Waarheid en Droomen: ‘une mélancolie souriante, une sentimentalité tranquille.’Ga naar voetnoot1) Ou Bles en ek, ons het gery,
Daar was nog nooit 'n Bles soos hy, -
So begin die stille mymering oor die troue vriend van die oorlogsdae. Bles kon fier pronk voor die nooientjies van die dorp. Maar op kommando het hul baie swaar moes verduur. Later het hy alleen nog 'n ou gelapte jas gehad, waarmee hy in die koue nagte homself en sy dappere kameraad gedek het. Hendsop het hul nie geken nie. Ou Bles en ek het uitgebly
Totdat di oorlog was ferby -
En onse land en flag kapot,
Toen treur ou Bles saam o'er ons lot.
Nog ewetjies 'n medelydende glimlag om die toestand van ou Bles later, en gevoelig deel hy die afloop mee: Syn hart was stuk, syn werk gedaan
En toen het Blessi doodgegaan -
U voel die stille weemoed oor die verlore Vryheid, wat die dappere bittereinder wil afskuiwe op die troue dier en kwalik kan verberg onder goelik-spottende opmerkinge of | |
[pagina 142]
| |
karikatuur van sy nuwe ‘kreupel skulpad-hings’ van die Repatriasie-kantoor. Hy teken onder sy gedig - Nevermind! Beide taal en gevoel sal by Langenhoven kuns word; maar u vind hier reeds ‘a gay treble note ... complicated by an undertone, a resonance of the sadness of its milieu.’Ga naar voetnoot1) En dit is die humor daarin. Hier is nog iets anders as die gewone spot uit die ou dae, hoe raak soms ook van essensiële siening en tekenend deur plastiese uitdrukkingswys. Hier is al iets van die warme stemmingskleur wat groter selfbewussyn en ernstiger lewenshouding aan die komiese weet te gee: ‘la plaisanterie mélancolique, la gaîté qui pleure...’ (Blaze de Bury).
Een van die ou garde wat nóg ywerig besig is aan die ontwikkeling van sy volk in die opbou van 'n eie letterkunde is G.R. von Wielligh. So vorm hy 'n oorgang tot die twede periode, al dra sy werk eintlik die stempel van die waardige Genootskap. In die voorwoord van sy Jakob Platjie gee die skrywer ons die doel aan van sy werk: om aan die nageslag te oorhandig, ‘'n idee hoe die inboorlinge gedink en wat hulle gedoen en gelaat het. Want dit val nie aan te twyfel nie, dat na verloop van enige geslagte van die toekoms, hierdie drie stamme geheel hulle nasionale karakters verloor sal hê.’ Wie hierdie boek dus alleen uit kunsoogpunt wil beskou, doen die skrywer onreg aan. Laat my ook maar voorop stel dat Von Wielligh nouliks kunstenaar is (of homself as sodanig reken), hoewel ek mooie dinge hier en daar sou kan aantoon. Hy is 'n aardige volkskrywer, en wil veel nuttige kennis deur sy jarelange omswerwinge opgedaan vir die nageslag dokumenteer in die vorm van verhale. Sy gebied is veral die van die inboorlinge, wat hy deur en deur ken, en sy verdienste is dat hy hul met liefde en soms met humor sien. Ek glo dat Von Wielligh self humoris is; tog is dit moeilik uit sy werk sprekende voorbeelde aan | |
[pagina 143]
| |
te haal. Hy laat ook dikwels die inboorlinge self aan die woord en by hul verwag 'n mens 'n sekere geestigheid eerder as die milde gevoel wat hoëre ontwikkeling bring. Tog lê oor sy beskrywinge soms 'n nie te miskenne humoristiese waas nie. Die tiepiese plattaal is dikwels besonder illustrerend en komies van werking, soms minder smaaklik en ook onnatuurlik deur die skrywer aangewend. Naas tiepiese hoogdrawendheid (wat Von Wielligh met vele openbare sprekers en skrywers van die ouer geslag gemeen het) gee hy aantreklike eenvoud weer. Nie waar, 'n volkskrywer het ek hom genoem. Wie die Hottentotte en Korannas en Boesmans ken, sal dikwels moet glimlag om hul ligsinnigheid, naïewe lewensblyheid en verbeeldingskrag, slimheid en geestigheid. Die inboorlinge is in vele opsigte kinders; wie hul mentaliteit wil begryp en waardeer, moet met Von Wielligh as 'n kind kan voel en dink. Sy belangstelling in die inboorling is van genoegsame warmte om soms iets van objektiewe humor in sy weergawe van hul persone en lewenswys te bereik. Ek herinner hier aan die geskiedenis van die twee opregte peperkorreltjie-Hottentotte, wat met hul seun Jakob na die Pêrel gaan vir hul maandelikse fuif, en te goed deur die kantienhouer getrakteer word - hul malle jolyt onder die akkerboom, die gaan slaap van die famielie, die diefstal en geveg totdat die bloed vloei en die konstabels hul uitmekaar maak. Waar die uitbundige lewenslol van 'n oomblik tevore? In diepe erns stap die stoet straat op. Indries sug, Sina snik en Platjie huil .... Die skrywer toon hier die glimlag in simpatie. Verdienstelik is sy siening en weergawe van die realiteit. | |
[pagina 144]
| |
Aardig ook is dit waar hy ons die bygeloof van die Hottentotte in spoke bring. Dink aan die verhaal van Toel hoe hy in sy droom geraamtes sien sit en rook het, en na hy 'n paar slukke uit die bottel gedoen het, eers reg koerasie kry. Die siening van Tys Bokkies is ook geslaag; sy vryery luimig vertel. Sterk komies is die weergawe van die Griekwas en die preek van Kleopas Kiepie is vol tiepiese trekke. 'n Ietsie van dierehumor - in die sin hierbo aangedui - bereik Von Wielligh soms in sy vertellinge. Ek verwys na sy Hotnots-Stories. Daar is onder andere Waarom Uil bespot word. Tingtinkie het hoogste gevlie en moet volgens afspraak nou koning word. Maar die trots van die voëls kan dit nie gedoog mie. Weer kom die gryse raadgewer, die jakkals, met 'n listige woord: Ja, maar as Tingtinkie dood is, dan kom die koningskap aan Aasvoël toe. En arme Tingtinkie moet sterwe. Maar hy is te rats vir hul en vlie 'n klipskeur in. En die raad kom: honger hom uit. Aan Uil word hierdie taak opgedra, heel natuurlik, want sy ‘oë is die grootste en sy naels is skerp en gevaarlik.’ Maar Uil was die vorige nag met 'n paar vrinde op 'n ‘spree’ en het dus maar min slaap gehad. Hy dut en Tingtinkie ontsnap. Dan tref die straf van 'n toornende voëldom die pligsversaker. 'n Lewendige voorstelling volg met staccato spel van pittige frases: Toe oorwaks die voëls hom in nyd en woede. Hy gee pad, skud sy vere los en toe hul op hom aanval, hom skop, pik en opstoppers gee, was dit te veel vir hom en daar trek hy - reguit bosse toe met 'n trein voëls agterna, wat hom bespot, beledig en uitlag. En daarop 'n mineure toon van die slepende sin: En sit hy daar snags oor Tingtinkie peins oor al die swaar wat hy moes ly en hoe Tingtinkie ontsnap het, dan vra hy hom gedurig ewe treurig af: hoe, hoe? Og, hoe, hoe, het dit gekom? | |
[pagina 145]
| |
Ewe snel as die tempo van die laaste woorde het sy onheil geskied. Maar ook hier kom troos in die stille verlatenheid van die verguisde outlaw: hy vind genade en veiligheid as muisevanger op die solder van die boer. Op sulke plekke en ook in Boesman-Stories is Von Wielligh op sy beste. Dat die Boesmans geen humor kan gehad het nie, spreek vanself na die voorafgaande. Tog moes Von Wielligh hul dikwels met humor gesien het, nie alleen op sonderlinge jagawonture nie, maar ook in hul naïef-verhewe geloof. Hul erns sou by menige leser die simpatieke glimlag wek. Ek dink aan die gebed wat hul saans geprewel het as die groot blink ster oor die bergrand verskyn of hul aanroeping van die maan. Ons sien die arme Boesman met gesig vaal van die honger en sy maag ingeknoop omdat daar niks te ete is nie - hy wat alleen op sy pyl en boog en die geluk moet vertrou. Dis 'n smeekgebed aan wat so groot, so vet en so blink is en wat dus nie gebrek kan ly nie. In 'n gebed aan 'Kaggen, die Hotnotsgod, kom die woorde voor: Leer ons jou slag en ons sal nie gebrek hê nie. Jy eet gulsig, maar jy eet lekker. Volop-kos is jou naam! Sulke ‘naïwiteit’ van die kinder-psiege sal vir vele in die woorde van Von Wielligh as humor aandoen, so as àndere weer òns geloof met meewarige glimlag kan beskou. Die mymerende vermaak in simpatie is ook die reg van 'n ieder.Ga naar voetnoot1) |
|