Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 113]
| |
Deel II.
| |
[pagina 115]
| |
Ter inleiding.In die voorgaande het ek probeer aantoon wat die hoë humor is, wat 'n gehele lewe sy bepaalde kleur en toon gee - die totaalgevoel ten opsigte van omgewing, lewens-ervaringe, andere, onsself. En al is humor as sodanig eerder die besit van indiwidue as van volke, hoop ek dat dit nie àl te gewaag is om alhier in die algemeen op enige faktore te wys wat in verband kan gebring word met die lewens-vermenging van tragedie en komedie, van sege en nederlaag, van vreugde en smart, in sover as dit ons Afrikaanse volkskarakter kenmerk. My plaasruimte beperk my hier tot algemene korte notiesies. Oor hierdie vraagstuk sou 'n hele boek te skrywe wees, ook buite die literatuur om.Ga naar voetnoot1). By my korte suggesties sal die leser sy eie voorbeelde uit ons volksgeskiedenis, maar ook uit die daelikse lewe wil toepas. Waar tragies gely word sien ons die diepste van 'n persoonlikheid hom uit in die wyse waarop die lye ondergaan word; dáar vind ons 'n beeld van sy diepte en sy hoogte; die innerlikste openbaring van sy nooit-vermoede grootheid, van die fynste weefsele van 'n persoonlikheid, van die verborgenste roersele van 'n mensehart.Ga naar voetnoot2) Of die persoonlikheid sal standhou of ondergaan, word die vraag; of hy sedelik gebroke uit die stryd sal kom. Sal die grootheid van sy innerlike tragies verwoes word? Sal die vyandelike magte seëvier? Of sal die liggaam vernietig word, opdat die siel mag lewe? Maar waartoe weer die storie van ons sterfte? Genoeg as u weet dat ons worstelstryd heroïeke tragiek was, en dáar die oorwinning van ons lye lê waar die vrye gees | |
[pagina 116]
| |
geen boeie duld nie. U vind daar selfs die glimlag weer, die vryheidsadem van onuitroeibaarheid. Siedaar ook in een woord wat ons hoogste humor is! Die pad van Suid-Afrika is 'n lydensweg gewees. En tenslotte het nog 'n storm losgebreek, wat kleine vlammetjies van vaderlandsliefde tydelik uitgeblus, maar die grote vuur van nasionale gevoel, ons vryheidsin, hoog aangewakker het. Maar wàt 'n lye! Hoewel ons literatuur grootse sange van smart inhou wat u steeds weer jusqu' au bord des larmes bring en u ontroer deur die hoog-morele noblesse daarin, bly die aangrypende historiese waarhede nog van oneindig meer sidderende bewogenheid as die lieriese verdigting. Ons lye, ons verheffende, glorieuse smart! ... die wegsinking in 'n inferno van trane, om só te mag staar op 'n monument van onsself ... die visioene van heerlike herrysenis! Dit alles is van 'n tragiese skoonheid wat alleen die hoogste begenadigde huiwerend sal uitbeeld. En sy weergawe sal 'n simfonie wees. Deur smart tot heerlikheid, deur ironie tot hoë humor! Die grootheid van sy vryheidsideaal het die Boer geleer om te verbind met die kleinheid van sy kranke poging en te volhard tot aan die einde toe, tenspyte van herhaalde hoops-verydeling 'n Lewensstemming soos dié van humor word moontlik deur die samevloei van die vyandelike werklikheid en die waardevolle daarin; ja, selfs teenoor die oorweldigende mag van ongehoorde massas kan 'n humoristiese stemming nog bestaan, as die oor nog nie deur krygsrumoer vir die klank van waarde heeltemal verdoof is nie. Teenoor kwantiteit kom dan innerlike grootheid te staan. Die wind wat om u huis weemoedig draal is pelgrim van verwagting. Die storm wat u land verwoes bring eenheid in u huis en hart.
Die vryheidsdrang wat vir geen ondergang of dood gestuit het nie en altyd weer 'n nuwe hoop gewek het, wortel diep in die religieuse grondslae van ons volksiel. Laat niemand nou vermoed dat die starheid van Kalvinistiese dogma wat | |
[pagina 117]
| |
hy by sommige aantref, met die wesenlike kern van iets te vereenselwig is nie, wat inderdaad - wat ook owerigens daarteen filosofies mag aangewend word - bevorderlik vir humor is. Die godsdienstige geloof, soos dit in Suid-Afrika by die opregste lewe, met sy warme gevoelselement, sy heldere blik op die werklikheid en die ongerymde daarin; maar veral sy diepere erns,Ga naar voetnoot1) byna melankolie en tog weer innerlike geluk, lewensblyheid en berusting, - skyn my besonder gunstig vir die gemengde stemming hierbo uiteengesit. Daarby (ek weet dat ek op gevaarlike terrein is) mag ook nie vergeet word nie, dat die Kalvinisme by ons 'n bepaalde, eie ontwikkeling deurgemaak het en verre van 'n humor-lose, dor-intellektuele dogmatiese godsdiens is. Hoe kon dit ook anders? Ons wonderbaarlike geskiedenis vanaf ons volksvermenging; ons uitgestrekte eensame vlakte met sy eertydse afgryslike verskrikkinge en eindelose gevare, maar ook sy grootse skoonheid; die afwesigheid by 'n groot aantal van ons dieps-gelowige van kerk en skool vir vele jare; maar tog ook weer vreemde invloed deur die suide, ens., - móes ons Kalvinisme tot 'n geheel inheemse reliegie gemaak het, en een van die hart veral. Die geloof vind veral sy uiting in vertrouing op God as liefdevolle Vader. Tallose voorbeelde sal u te binneval. Dink aan Eensaamheid van Jan Celliers: My vuurtjie en ek is op wag -
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver
en die velde slaap omheen.
............
Maar al is ek ver van die skaar
in eensaamheids woning getrede,
ek voel my soos een
| |
[pagina 118]
| |
met die Heer alleen -
'n kind aan sy boesem tevrede.
Hier moet nog bygevoeg word dat die stoere uithouvermoë ook buite die godsdiens om natuurlik histories ontwikkel het en telkens op die harde lesse van die omgewing met humor reageer het.
En die realiteit? Word dié verwaarloos om die bowereële? Die Afrikaner is te nugter-prakties en aktief vooruitstrewend en 'n te groot liefhebber van sy skone land en die gawe van die lewe, hoe vol teleurstelling en rampe ook, dat hy hom gemaklik kan verlies in godsdienstige dromery, wat die realiteit minag in die lig van die ewigheid. Natuurlik spreek ek in die algemeen. Godsdienstige drywery, kunsmatig in die lewe geroep en terende op die gevoeligheid wat ons immense ruimte en wisselvalligheid van die lewe by sommige aankweek, moet met kunsmatige middele aan die lewe gehou word. Die robuuste Boer kenmerk die berusting in teenspoed en rampe, siekte en dood; maar ook die liefdevolle en humoristiese betragting van waardes in die groot werklikheid wat ons omring. Die dominee sal in die reël eerder moet kla om te grote liefde vir die tydelike, as die humoris van te grote negering van die waarde van ons aardse goed. En waar dit wel voorkom klink die spot van die humoris.Ga naar voetnoot1) So geraak ons tot die état d'ame wat humor tewens is. Ons volk het met geloof en blymoedigheid die daad vir die droom aanvaar en hul drome, sover moontlik was, omgesit in dade. Die skerts het dikwels opgeklink van 'n basis van diepe teleurstelling, smart- ja, sielsgebrokenheid. Maar die grote humor het ook van leë wense en ydele hoop en angs bevry en verdere horisonte opgeklaar. | |
[pagina 119]
| |
En dit alles in die grootse natuur van ons land, onder die gewelf van eindelose ruimte. Klein moes die Boer hom voel op die immense uitgestrektheid van die skier oneindige vlakte waar: hul wekgesang gebrul der leeue,
hul sluimerlied die wind der eeue,
die heldere lug hul tentgordyn
was; waar wolkgevaartes hul ryke las laat stroom oor weiland en akker in smagtende dorheid en weer 'n wondere vrugbaarheid te voorskyn roep; waar serene nagte en majestieuse môre-glore, ons sonneskyn en bloue hemel altyd weer vreugde in skoonheid skep. Ja, daar is weemoed in ons atmosfeer, maar steeds weer kleur die reën-boog: Ek is nog in Oktober:
My tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
Met bloeisels van lemoen.
So pragtig in die môre,
So heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
Die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter,
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later
Weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
Die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
So pragtig elke aand!
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
| |
[pagina 120]
| |
Sien u agter die wondere ligbreking die yle wolkies nog verbyseil? En voel u wat ek hierbo genoem het ‘pessimistiese optimisme’?
Hoewel dit vanself spreek dat indiwiduele gevoels-karakter nooit in te sterke mate moet gesoek word in 'n ongedifferensieerde volksklas nie, moet tog seer beslis gelet word op die sekere indiwidualiteit wat ons volksaard kenmerk. En ook hier moet ek die leser verwys na ons geskiedenis. Ek noem u die groot woord van Langenhoven, wat as 'n gebod oor ons hele volksbestemming geskrywe staan: Kies! Al dadelik het die Afrikaner voor die teëstelling gestaan tussen die groot gang van die lewe, soos hy dit as ideaal gesien het, en sy begrensing deur vreemde willekeur, wat hom tenslotte uitgedrywe het na 'n woesteny, waar hy 'n nuwe staatsvorm sou ontwikkel en 'n nuwe erediens. Voorwaar, hy moes kies, wat sy eie vader of broer ook al mog doen: Om eer in woestyne te swerwe,
Te vergaan van gebrek en ellende,
verslind of gefolter te sterwe,
As om sonder ons vaad're se aard te bly
woon op ons vaad're se erwe.
Sulke indiwiduele keuse, telkens weer gedaan, is alleen moontlik by 'n volk wat aan die onuitroeibaarheid van sy lewenswil glo - so vas as die berge. Laat dan mense en diere, droogte en viere,
Met al wat hul kwaad het versin,
Maar kom om te kap, te brand en te trap -
Ek leef en sal lewe; my dood kry is min.
Die Grote Trek het aangevang. Luister na die bode wat na die trekkerskamp gestuur is om die oorsaak van hul landverhuising te verneem: | |
[pagina 121]
| |
‘Ek verstaan hulle
nie. Die siel is onpeilbaar diep.
Hulle gaan hulle ongeluk soek; hulle
gaan met bedroefde hart;
Hulle gaan sonder dwang uit hul eie
keus. En mal is hul nie,
Maar karaktervas, onwankelbaar, soos
'n rots in die hart van 'n berg.
Elke gelaat straal van heilige vuur soos
die aangesig straal
Van die vrou wat die smart van die
koms van haar eersgeboorne verwag.’
En vèr weg van die skool, kerk en eintlike beskawing moes die Boer in die vrye ruimte ontwikkel tot 'n onafhanklike mens. Sy Bybel-toepassing was 'n mooi resultaat van natuur-opvoeding; sy godsvrug was ewe waar as wat dit binne bepaalde grense weer oorspronklik was. Geen Boer sou sy handelwyse laat veroordeel volgens 'n geleerde interpretasie van 'n teks deur 'n vreemde dominee nie. Hyself was priester, 'n patriarg soekende na 'n nuwe land vir sy eie volkie. Probleme wat in die ‘beskawing’ deur 'n dominee vir 'n hele kudde sou uitgemaak word, moes hy in die woeste wêreld vir homself oplos. En dit het vir hom 'n persoonlike waarde geword soos die velbroek wat hyself moes vervaardig, of die koeëls wat sy vrou persoonlik moes giet vir die immerdreigende konflik met die barbaredom. Hom een te voel met 'n groot sosiale groep en die gemeensame steun van konvensie te geniet en die onvermydelike mengelmoes vir almal op dieselfde wyse toegedien, sodat met weinig verskil vrees en hoop, leed en vreugde altyd weer op dieselfde voorgeskrewe monotone ritme hul beweeg... dit alles het hy in die wildernis moet ontbeer. So het sy wêreldbeeld en horisont steeds meer uitgesit, dog sy oog ook meer geskerp geraak vir die waarde van die kleine in die grote relatiwiteit van alle | |
[pagina 122]
| |
waardebepalinge. Siedaar éen aspek van indiwidualiteit wat u in verskillende tye onder die verskillende landsomstandighede by ons volk kan nagaan.
Deur dit alles en veelmeer het 'n sekere gemoedshoogheid, so essensieel vir die humoristiese lewensgevoel, ontwikkel. Die Boer is koning op sy plaas, of in die woorde van Prof. Casimir, 'n oudtydse edelman op sy landgoed, met 'n hoogheid van gees, wat die land sy eie noem en trots is op sy afkoms en meerderheid onder uitlanders of inboorlinge - 'n innerlike aristokrasie en fynheid van eie beskawing, wat maar ook nie in die verste verte laat dink aan die uiterlike gewigtigheid van mense by wie humor vreemd is nie. Dié hoogheid, wat sy geestesadel is, kenmerk ook die warm-menslike simpatie wat vergewend spot. In verband hiermee moet ook sy bekende gasvryheid genoem word. Om die vuurtjie saans of op die breë stoep na die arbeid van die dag, tree die gewenste rus in vir die bespiegelende idee wat diep in die volle ryke lewenservaring tas. Hier maak ons kennis met die lugtige skerts en vrolikheid, maar ook met die weemoedig-glimlaggende herinnering: die lag met die traan. Sy prakties gewonne kennis weet hy binne die sfeer van humoristiese beskouing te bring. En daarvoor besit hy die nodige verposing en geestesvryheid van die vaevuur van daelikse beslommeringe en stryd om die lewe. Hierdie punt skyn my nog besonder aandag waard en kan selfs aandui dat die vrou minder humoristies is as haar man. Sy besit minder vrye tyd en is te besig vir die rustige mymering onder die eikeboom; moet vir die ete sôre as die skemer-uurtjie kom; versorg die kinders as op die stoep die Magaliesberg in kringe draai. Inderdaad hou haar werk nooit op nie. En tog lê die oorsaak dieper: sy besit minder geestesvryheid. Die geestigheid en kleine ironie is veelmeer haar sterkte as humor; eerder is sy voorwerp van laasgenoemde. Dat die vrou die komiese èn die erns moeiliker | |
[pagina 123]
| |
saam deurvoel, gaan terug op die onverdeelbaarheid van haar wese, wat ook in die geringer tragiese bewussyn hom openbaar. Die vrou is onverdeelbaar een en al erns, waar pligte en passie tot selfopoffering en lye roep. Dit het haar 'n bitter-einder in ons worstelstryd gemaak, soos nooit 'n man nie. Haar haat is soos haar liefde, eenmaal voldoende opgewek, 'n blinde mag, wat meedoënloos, selfs tot self-vernietiging toe, voort-stu. Kalm oorweeg, konsiliasie, skipper met die vyand ... ken sy nie. Sy volg die ingewing van 'n verenigde siel en liggaam. Waar humoristiese vermoë haar minder kenmerk, glo ek ook dat sy minder tragies verskeurd kan wees om dieselfde eenheid van haar wese. Sielsverskeurdheid sou by haar nie dié volle mate van heftigheid kan bereik nie (nog minder die triomf daaroor in die hoogste humor) of dit verloop in 'n fisiologiese toestand. Het die grootste mensekenner, Dostojefski, nie êrens opgemerk dat die natuur in sy goedheid aan die vrou die histerie geskenk het nie? 'n Groter gawe van die natuur aan onse Afrikaanse vrou was die ongehoorde fiesiese en psiegiese uithou-vermoë, waarby haar man in die geskiedenis weleens 'n jammerlike figuur slaan, 'n Ongetemde leeuin was sy op die onherbergsame vlakte - ewe groot in haar onbuigsame sedelike wil, as in haar hartstog vir ons vryheidsideaal. Ja, ongedeeld, dáar op die vrouemonument van Bloemfontein, staar haar mart'laarsaangesig, smart ingetoom, nòg in die blinde vert!... Dit gee haar byna 'n oureool van heiligheid. Maar die uitbeelding van haar weedom en veral die skeurendste tragiek en hoogste humor van die lewe, skyn die man ons eerder te kan bring.Ga naar voetnoot1)
Simpatie, weemoed en verlange, siedaar die vernaamste kenmerke van ons humor. Hoef ek nog wat by te voeg oor | |
[pagina 124]
| |
eersgenoemde? Maar is simpatie dan nie die rykste menslike gawe van wie deur die skool van smart heengegaan het nie? Laat my volstaan met 'n woord van Shakespeare. Gloster: Now good Sir, what are you? 'n Beeld, nie waar, van die ras-egte Boer! Ook weemoed en verlange is twee grondtrekke van ons volksiel. En wie met weemoed terugdink aan die verlede of in verlange uitsien na 'n skoner dag, sal temeer vatbaar wees vir die glimlag deur trane. Leipoldt vind die oase van sy vryheidsgedagte midde in die woesteny van werklikheid. Langenhoven op sy berg hoor die stille suise van die wind, waarin vertroosting is. Dis daar waar hy so rein sy meerderheid deurleef in die fantasieë oor die tye wat was en tog deurdronge ook van die waarheid dat in die werklikheid eweseer die waardevolle bestaan, as die onverskillige en wreed onverstandige. Blinde kousaalwette dien tenslotte die idee self, waarna ons strewe as na lig en skoonheid. So vloei die komiese en tragiese eindelik ineen tot 'n kompleksgevoel van humor. Dit getuig van volksenergie nie alleen in die teenwoordige te lewe nie, maar enigsins daarbowe. Waar herinnering of verwagting van grote dinge oorheers, sê Hoffding, sal veel wat anders as betekenisvol, ingrypend, schicksalsschwanger sou kan gegeld het, nou alleen 'n glimlag opwek.Ga naar voetnoot2) Ek herinner hierby aan die humoristiese siening van sommige gedurende die laaste oorlog en aan die verengelsing van Afrikaners, wat u hieronder by Langenhoven sal uitgebeeld vind. Nie alleen is die aangehaalde waarheid bron van humor nie, maar ook van hoon en satiere. | |
[pagina 125]
| |
Waar humor wat op simpatie veral gebaseer is, veelmeer gawe van die liefde is, wat alles verdra en nie verbitter raak nie; daar tree humor van weemoed en verlange dikwels meer as verdediger van ons regte op. U vind dan ook al in ons literatuur die gemoedelike, liefdevolle humor vol versoening, die satieriese gebroke soort en die wéer-versoende humor. Maar staan nie stil by ons begin-literatuur alleen nie - dit is jong en onvolledig; ken ons volk in sy geskiedenis, in homself. Luister na die opgeruimde taal van wie sy weemoed wil verheel. Die humor moet u leer gewaar in die ligte bewe van 'n mondhoek, of die nerveuse aanpak van die sakkie tabak, in die flonkering van 'n dowwe blik, in die preweling van dankbaarheid na ramp en teëslag, in die berusting as die skaduwees val...
So sou ek kan voortgaan om die agtergrond van ons volksaard te skets, waarteen u ons literatuur moet sien. Maar genoeg vir my doel, as dit uit die algemeenhede duidelik geword het, dat hier onderskeid moet gemaak word tussen ons kunshumor en humor as lewenskuns in Suid-Afrika. Waar ons lewenshumor by Langenhoven en Leipoldt sulke skone vertolkers gevind het, daar geniet ons met grote verlange. Maar die leser sal nie by matige artistisiteit op menige plaas of afwesigheid van grote voorbeelde wil vergeet dat ons grootse lewe nog altyd wag op die hoogbegenadigde herskepper in geweldige tragiek en hoë humor. Ons kan eerder met verbasing bewonder wat reeds in so korte tyd daar skoon en algemeen ontspruit. Hy sal ook my oormoed wil vergewe van die hoogtes af te daal om in die vlakte by die nietigste aanvangstadium en powere relasies, selfs in loutere komiek en mindere geestigheid, die tekens na te gaan wat wys op eie groei. Siedaar dan na wat in Europa oor lange eeue heen as hoogste glorie ons aandoen: 'n nuwe vrugbaarheid in 'n nuwe land. |
|