Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 99]
| |
VI.
| |
[pagina 100]
| |
En waar 'n Antigone b.v. oor 'n onafwendbare lot heenwys in hoë triomf van menslike liefde, of 'n Orestes versoening met die godheid om sy noodlotsdaad verkry, is in beide gevalle die tragedie tog nog van so 'n sombare ongeklaard-heid en onvryheid van lewensgevoel, dat hier geen sprake van humor kan wees nie. Moeilik is dit in so kort bestek tot definitiewe konklusies te geraak. Die opvatting van tragiek is ook verskillend by die drie groot antieke tragisie. Lang nie alle oorgeblewe stukke is fatum-tragedies in die volstrekte sin van Koning Oedipus nie. Veral Euripides beeld namelose ellende as gevolg van menslike vergryp deur hartstogte. Samevattend kan ons egter met Prof. K. KuiperGa naar voetnoot1) aanneem dat die wese van die Griekse tragedie grote lye is: by Aeschylus deur gods wil en om die sonde van die vadere aan die kinders beskore, by Sophokles deur die oormag van die wyse maar onnaspeurlike godheid, by Euripides deur eie menslike begeerte, hartstog en wysheidswaan. By laasgenoemde is ook die harde, boosaardige godewil soms in werking; in die Bacchanten is daar resignasie in die ondeurgrondelike wil van 'n god. Groot was die verruiming van geesteshorison naas die politieke en groot ook die psigologiese ontwikkeling in die drama gedurende die jare wat tussen die eerste werk van Aeschylus en die laaste van Euripides lê. En tog was m.i. die lewensomlysting nog te eng en te dogmaties-strak en die tragiese begrip self te fatalisties vir die stemming van humor. Humor, soos haar tweelingsuster die moderne tragiek, veronderstel 'n klare bewussyn vir die dualisme van die menslike innerlik: vryheid en gebondenheid, en wie vryheid van die hand wys leer ook nie die glimlag van humor nie. Vryheid van wil of nog beter die wil tot vryheid is ons | |
[pagina 101]
| |
inderdaad 'n noodsaaklikheid van hoë orde geword en nie 'n aanmatiging van 'n fantoom teenoor almag nie. Dit verwek in die tragiese bewussyn 'n voortdurende antinomie, 'n Monistiese grondgevoel bring vir ons moderne begrip onvolmaakte tragiek of laat - in die woorde van Emil Lucka - Moira in milieu ontaard. Maar tragedie met die genoemde dualistiese bewussyn bring moontlikhede vir humor vir wie dié dualisme kan erken en oplos in 'n hoëre sintese van totaalgevoel in versoendheid. Die eerste groot moderne mens Socrates sou eeue later in ironies-humoristiese lewensgevoel sy kuns-broeder in Shakespeare vind. By laasgenoemde is erkenning van natuur sowel as van vryheid, en die tragiese konflik word hier in die mens met verantwoordelikheidsbewussyn gelê as stryd tussen gebondenheid en vryheid. Reeds in 1813-16 wys Goethe op die modernisering van die Griekse treurspel deur Shakespeare. Waar die onver-mydelike antieke ‘Sollen’ deur die teëwerkende ‘Wollen’ alleen verskerp en verhaas word, is in die karakter-tragedie van Shakespeare 'n innerlike konflik tussen ‘Wollen’ en ‘Sollen’ wat nou 'n sedelike beginsel is. Naas dié innerlike konflik erken Goethe 'n uiterlike: ‘wie Hamlet durch den Geist, so kommt Macbeth durch Hexen, Hekate und die Ueberhexe sein Weib, Brutus durch die Freunde in eine Klemme, der sie nicht gewachsen sind.’Ga naar voetnoot1) So wil Goethe ons die verbinding van die moderne met die antieke tragiese begrip aandui. Hier moet egter opgemerk word dat die uiterlike faktor geen ysige dwang is nie, maar alleen aansporing vir wie reeds heimlik gedagtes in 'n sekere rigting koester - alleen versoeking word vir wie reeds heimlik na die sonde verlang. Dit is na te gaan by die karakters deur Goethe genoem. Die profesie van die hekse, wat Banquo ongeroer laat, is vir Macbeth dadelik versoeking | |
[pagina 102]
| |
en aansporing tot ontwikkeling van wat reeds in hom sluimerend is. Dit is die groot gedagte van die hele werk: alleen wie in hom die demonie wil volg val die hel ten prooi. Die selfvernietigende daad word nie deur 'n uiterlike noodlot meer bepaal nie, maar is die oorwinning van die kwade in die mens, die seëpraal oor die wil-ten-goeie. Macbeth kies willende die kant van sy onvryheid, wetende dat dit verkeerd is, al meen hy in 'n lotsbestemming ver-ontskuldiging te moet soek: If chance will have me king, why,
chance may crown me,
Without my stir.
Daarmee gee hy sy eie vryheid op. Skriklik voel hy die waarheid hiervan na die moord. Die volle konsekwensie volg hy van sy eie demonie: die afgrond roep, die lewens-wyn is uitgeskink .... met eie hand. Alleen selfmoord res nog die demoniese mens wie alle vryheid in hom vermoor het. Daarenteen kan die innerlike konflik tot oorwinning van die goddelik-menslike beginsel voer en is dáar 'n versoening of gedeeltelike versoening in vryheid moontlik. In die verskeurde mensesiel woed die tragiese tweestryd tussen waarheid en onwaarheid, liefde en haat, vryheid en gebondenheid, gees en stof, goddelikheid en demonie. Of die mens wil sy innerlike persoonlikheidswet volg, ontmoet teenstand, en ondergaan die tragiese konflik, wat nie met die dood hoef te eindig nie, maar selfs as die ewigheids-prinsiepe van dualisme in die bewussyn kan tree, wat die tragiese persoon tenslotte of in sy bèste momènte kan erken en in hoë sereniteit kan aanvaar in meerderheid teenoor sy lot. Steeds by Shakespeare vind ons nuwe teëstellinge in 'n verbysterend deureengegewe werklikheidsbeeld, maar tog met die nie te miskenne wil tot sintese en die ontdekking van nuwe waardes. So geraak hy tot die wondere deureenklink | |
[pagina 103]
| |
van die groteske met die dwase, die lagwekkende met die verhewene as diepste lewensgevoel - tot humor as moderne katharsis by die skouspel van die wêreld, waarop ons almal spélers is!... Ek wil alhier nie in fantastiese spekulasies tree of Shakespeare wel of nie, gedurende die tydperk waarin sy grootste werke ontstaan het, skokkende gebeurtenisse deurgemaak het en soos Dante waarlik in die hel gewees het nie: genoeg, as ons deur sy werke oortuig raak dat hy bo die botsing van tere nature met 'n ruwe wereld en bo innerlike konflik kon uitstyg tot die glimlag van heroïeke aanvaarding van menslike waarde en grootheid, en teenoor inherente slegtheid sy meerderheidsgevoel nog kon bewaar in hoë sereniteit, selfs as alle moeisaam opgeboude geloofsgronde skyn te wankel in die late Storme van die lewe....
Waar ons verder tragiek as teëhanger van humor wil beskou is dit wenslik om eersgenoemde term nie in sy engere begrip wat die dood van die held veronderstel te neem nie, maar in 'n ruimere, as ernstige konflik waarmee groot lye gepaard gaan. Die ondergang of dood van die held kan in hierdie verband buite beskouing bly. Ons kry so innerlike stryd te sien wat tragieser kan wees as 'n tragiese dood. Die dood is dikwels geen oplossing maar alleen 'n fiesiese, dikwels 'n deus ex machina-slot, ewe onvoldoende as 'n ryk huwelik-oplossing van jonkvroulike lewensprobleme! In vele gevalle daarenteen bevestig en verdiep die dood die tragiese verloop en op die toneel is dit van prakties-aanskoulike waarde. Maar in die tragiese tweestryd en tragiese bewussyn van die moderne karaktertragedie moet in die eerste plaas die essensiële kern gevind word; in die verantwoordelikheidsgevoel teenoor natuuraanleg, sielsbeswarende probleme van te wees of nie te wees nie, konflik tussen wat die mens is en kan wees, stryd tussen die ideale en toevallige, die wil tot vryheid en die lot... By so 'n opvatting van tragiek is daar die moontlikheid | |
[pagina 104]
| |
van oplossing en versoening van die teenstrydige gegee, die moontlikheid van hoë humor. In dié lig sien ons die volle betekenis van die lewenstragiek in humor van 'n nar by Shakespeare, die verlossende optimisme van 'n Faust-skep-ping, maar ook van 'n anders tragiese Don Quixote-gestalte. Die tragiek van gebondenheid word nou belig deur die humor van gebondenheid, die tragiek van kennis word opgelos in die humor daarvan, dié van ongeskiktheid in 'n omgewing in humor ons verklaar. Die wereld is in erns oorwin, sê Höffding, en kan nou in skerts oorwin word. Sulk 'n opvatting van tragiek en verwesenliking van humor hang nou saam met die moderne diepere begrip van indiwiduele psigologie (persoonlikheid), die bewussyn van 'n wil tot vryheid, groter differensiasie, ruimere blik, wyere horisonte. Solger is die eerste gewees om die opvatting van humor as eenheid van die komiese en die tragiese gevoel breedvoerig te beskrywe. In Erwin spreek hy van 'n toestand ‘wo Lächerliches und Tragisches noch ungeschieden inein-ander gewickelt liegen’ en meen verder: ‘Alles ist also im Humor in Einem Flusse, und überall geht das Entgegen-gesetzte, wie in der Welt der gemeinen Erscheinung inein-ander über. Nichts ist lächerlich und komisch darin, das nicht mit einer Mischung von Würde oder Anregung zur Wehmut versetzt wäre; nichts erhaben und tragisch, das nicht durch seine zeitliche und sebst gemeine Gestaltung in das Bedeutungslose oder Lächerliche fiele.’Ga naar voetnoot1) 'n Gegewe konflik kan ons komies of humoristies of tragies voorkom. Immers die komiese (en humor) het geblyk in die konflik tussen werklikheid en ideaal te lê; tussen wat die mens is en wat hy wil of meen te wees; in sy grote gebondenheid aan natuur en lot, ens. - dit ook is die bron van die tragiese. Hoewel die tragiese 'n sielstoe-stand is en die komiese meer 'n wyse van mense en dinge | |
[pagina 105]
| |
te sien, is die twee begrippe dus baie nou verwant. By beide is tweespalt, maar in die komiese is dit verswak tot kontras, teenspraak, ongerymdheid, degradasie. Die dood wat vir 'n Hamlet so veel tragiek bevat word bron van lugtige geestigheid vir die doodgrawers. First Clown: What is he that builds stronger than either the mason, the shipwright, or the carpenter? ....... Cudgel thy brains no more about it, for your dull ass will not mend his pace with beating; and when you are asked this question next, say ‘a grave-maker:’ the houses that he makes last till doomsday. Go, get thee to Yaughan: fetch me a stoup of liquor.Ga naar voetnoot1) Dink aan die humor van King Henry IV. Ek siteer uit die gesprek van Shallow en Silence. Shall. Death is certain - Is old Double of your town living yet? Hier is die naïewe oorpeinsinge en uitweidinge van wie in sy stroewe brein die gemeensaamheid en onverbiddelikheid | |
[pagina 106]
| |
van die dood wil vat, en waar die verlede hom ontval probeer vasklou aan die hede. Minder fyn, maar ook wonderlik getrou aan die werklikheid is Breero se humor in sy siening van die doodgrawer met sy baar. FlorisGa naar voetnoot1) gee die algemene volkswysheid ten beste en is minder onverskillig as wat hy op die eerste gesig wel lyk. Ik ga 's nachts wel met de grafmaker in een kuil
van twintig doon.
Ik deink: sta ik mee in 't rolletje,
Soo sal 't ook kosten mijn bolletje;
En staamen in 't rolletje, al heb je dan al de kruien
en droogen van de stad,
T'en baat geen lieve moeren: men moet voort al had
men een bort veur 't gat.
Wil u nog meer voorbeelde van ‘la poésie vraie, la poésie complète dans l'harmonie des contraires,’ so verwys ek verder na 'n heel aparte wêreld van Breero en Querido, na die tragi-komedie wat die lewe is vir 'n Jerolimo, 'n Robbeknol, die Jordaanse snolle, die pragfigure Mooie Karel en Corrie, Manus Peet ... Om dadelik aan te sluit by die voorafgaande herinner ek aan die oorpeinsinge van laasgenoemde oor die dood. Daar is bitter ironie en sinisme en tog bring die skrywer ons in die breë bespiegeling van 'n Jordaanse filosoof die grote wrange humor van die lewe. Manus in eensaamheid op sy vlierinkie regteenoor die kerkhof ‘Te Vraag’ voel hom sonder dat hy eintlik weet waarom aarselend gelukkig. U hoor sy snerpende spotlustigheid oor die vose praal en huigelary nog na die dood volgehou... 'n onbehoue komedie! Sotte standverskil selfs waar die wurms knaag, huigelende gejammer en salwende leuterpraat... alles was larie en apekool! En hy voel die drang in hom rys om los te ruk van sleur en lose | |
[pagina 107]
| |
gewoonte en ... En tog sit agter die ironie die erkenning van liefde en barmhartigheid en onsterflikheid. Ons vind ten slotte in Manus iemand ‘die het almenschelijke in zich voelde trillen als de diepste, meest omvattende eigenschap van zijn worstelend Ik.’ In hom is die diepere verontrusting omtrent die betekenis van die lewe en veral die dood en die peinsverlangens omtrent die lewe hiernamaals. Maar die ironie was te seer 'n twede aard geword, dat hy sy diepere gevoelens en geloof aan homself wou erken. So trag hy aan sy eie bewustheid onbewustheid wys te maak en vermaak hy hom met ‘ironische verleugeningen van eigen ontroeringen.’ 'n Enkel voorbeeld. Voor een geheel witmarmer zerkje op rotsmossigen steen, bleef hij even aarzelend staan. Het vermeldde niets anders dan: ‘Moeders graf.’ Manus Peet rilde en plotseling voelde hij den regen als een kille narigheid op zich aanstriemen. Hij rilde en weer wist hij niet waarom. Dacht hij aan zijn eigen triestigen moeder wier gezicht hij zich nauwelijks herinnerde? Hij had zich zoo lang als wees gekend, dat hij dacht als wees geboren te zijn, spotte Manus. Zijn ongeboren zusjes en broertjes hadden althans geen last van de mazelen gekregen. ‘Moeders graf,’ las hij weer. So vloei die tragiese en komiese in mekaar omdat hul beide berus op die oer-teëstelling van gebondenheid en vryheid. Dit is daarom dat Socrates in die Symposium gemeen het | |
[pagina 108]
| |
dat dit die werk is van dieselfde man om blyspele en treurspele te skrywe. Ons mag alhier opmerk dat waarom dit lang nie altyd met selfs die mees uniwersele geeste die geval is nie, deur die bepaalde sielshouding van die skrywer verklaar word. Die blyspel is die aangewese gebied vir sulke raak-geestige obserwateurs van mense en maniere, politieke en sosiale verhoudinge soos Aristophanes en Molière. Die diep-inlewende menslikheid van Shakespeare, Goethe en Breero was nie geskik vir die suiwere komedie nie, maar wel vir die komiese in bespiegeling, die lagwekkende en soms demonies-spottende met agtergrond van erns en geloof; die ironiese in die milde lig van erkenning en beskouing; die welkome verademing na intensiteit van tragiese spanning deur komiese intermezzi of slot; die versagtende en versoenende werking van simpatie en liefde vir wie deur eie dwaasheid tragies ly; in een woord: hoë humor. Groot is dus ons bewondering vir die hoë humor. Waar Emil Lucka met Goethe ooreenstem dat ‘der Humorist ist eines der Elemente des Genies, aber sobald er vorwaltet nur ein Surrogat desselben’ (Sprüche in Prosa), kan ons hom geen gelyk gee nie, want hier is humor nog te seer as bepaalde estetiese verskynsel beskou, en nie genoegsaam as lewensstemming, lewensgevoel mèt positiewe inhoud en vooruitstrewende wil nie. Lucka meen: ‘Der Humor ist im Tiefsten Verachtung alles Menschlichen, er hat verzichtet Forderungen zu stellen und die Wirklichkeit an einem Höheren zu messen, lässt vielmehr alle innere Sinnlosigkeit gut sein. Ihm ist das Leben nur ein Schauspiel, das man geniesst, wie immer es sei. Dieser Stellung ist das Wertvolle (das ist aber das tiefere Leben) gleichgültig, sogar komisch. Der Humor is durch und durch unheroisch und das scheidet ihn vom Übertragischen. So enthüllt sich der Humor zuletzt doch als etwas Relatives und sogar Negatives, weil er das Vorhandene zwar gelten lässt, sich aber gegenüber dem Wertvollen indifferent hält. Eine wahrhaftGa naar voetnoot1) | |
[pagina 109]
| |
positive Stellung will das Seiende beurteilen und werten, Sie bejaht nicht schlechthin, nur weil etwas ist und weil man es in all seiner Unzulänglichkeit als ein komisches Spiel zu geniessen vermag. Diese Stellung will vielmehr das Bedingte als Bedingtes verstehen und darüber hinauskommen (nicht bei der blossen Betrachtung bleiben)...’ Ek haal breedvoerig aan om die ónjuistheid van die sitaat; samevattend kan ons aanneem wat humor wèl is deur die teenoorgestelde van die eerste helfte te aanvaar en die ‘wahrhaft positive Stellung’ op humor self toe te pas! Na die bostaande beskouinge van die waardevolle, vergelykende, beoordelende, positiewe, skeppende humor, is herhaling m.i. onnodig. ‘Hier sind zwei letzte Möglichkeiten,’ laat Lucka volg, ‘der Mensch kann seine Freiheit schauend bewähren (die höchste Stellung des humoristischen Weltbetrachters); oder er kann sie darüber hinaus noch urteilend, wertend - schaffend in lebendige Tat umsetzen.’ In die verbinding van beide moontlikhede lê m.i. egter die hoë humor van Socrates en Shakespeare. Ek meen dat die anders so heldersiende, fyn-artistieke skrywer hier op die verkeerde weg gebring is deur die uitspraak van Goethe. Laasgenoemde verklaar nog elders (sien Unterhaltungen mit Kanzler von Müller, 6 Junie, 1824) dat wie die lewe diep-ernstig neem, geen humoris kan wees nie, daar die humoris meer met sy eie stemminge besig is as met dié van andere. Maar Goethe het hierby veral gedink aan die klas humoriste van die 18e eeu met hul willekeurige spel met alles en orals, hul eksentrieke en in baie gevalle oppervlakkige kyk op karakter en lewe. Daarom het hy gemeen dat humor geen ‘Halt’ en geen wet in homself het nie, en lig, vroeër of later, in swaarmoedigheid of bose luim ontaard (Brief aan Zelter, 30 Okt. 1808). Nee, suiwer betragting van 'n punt buite die strydperk Van die lewe, sy dit met innerlike deelname, maar sonder persoonlike kontak en also ‘seine Freiheit schauend bewähren’ - dit is nog nie die standpunt van hoë humor nie, want dit het eweseer as tragiek behoefte aan die werklikheid. Dit is 'n lewenskuns wat die waarde kan onderskei van | |
[pagina 110]
| |
skyn en die disharmonieë van die werklikheid kan deurgrond in die lig van 'n ideaal. Die lewe sal die humoris inderdaad voorkom as ‘ein Schauspiel’, maar dit sal nie afsydige amusement wees nie, maar ernstige deelname aan iets, wat hy nie gesoek het nie, nie vooruit kan bepaal nie, nie mag ontloop nie. Die spel self is hoë erns en te ernstiger omdat dit spel is. Hy mag nie versaak nie. Wee hom as hipokondrie (acedia) sy deel word. Dan sal sy lig uitgeblus word, sy humoristiese lewensstemming omslaan in die groue verdrietlikheid, wat orals onvolkomenheid en waardeloosheid vind - angs vir die grote wat hy nie meer kan omvat nie, walging vir die kleine wat hom plaag... die pool oorkant dié van hoë humor. Die yslikste visioen van hierdie klas van ongelukkiges is vir alle tye opgeteken in Dante's Hel. Die wyse begeleider wys Dante op bemodderde siele in 'n purper-swart moeras: ‘Figlio, or vedi
L'anime di color cui vinse l'ira
En Con gli occhi volti a chi del fango ingozza
luister hul na die rampsaliges: - Tristi fummo
Nell' aere dolce che dal sol s'allegra,
Portando dentro accidioso fummo:
Or ci attristiam nella belletta negra. -Ga naar voetnoot1)
So kan ook tragiek 'n grens vir humor wees. Maar is die grens 'n absolute? Höffding plaas hier sy ‘absolute | |
[pagina 111]
| |
Tragik’, wat in lye en ondergang van die held lê, waarby geen moontlikheid meer vir die glimlag is nie. Die tragiese is volgens hom geen gewilde lye nie, maar 'n storm wat losbars en ons gebroke agterlaat. En al weet die humoris dat die lewe ewegoed 'n tragedie as 'n komedie is, by die katastrofe gaan die totaalgevoel van humor verlore. Helaas is dit dikwels maar te waar, en is daar dus in dié sin absolute tragiek as grens vir humor. Maar tog kom dit my voor dat Höffding sy mening te algemeen wil bekragtig as hy skrywe: ‘Die kosmiese harmonie waaraan die humoris bewus of onbewus glo, stort ineen as 'n absoluut tragiese noodlot aanwesig is - waar lye en ondergang een is. Alleen die tragiese held en nie die humoris as sodanig verteenwoordig by so 'n katastrofe die adel van die mensheid. Die humoris is bereid die tragiese held die hoogste plek in te ruim.’ En weer: ‘die lewenstragedie wat jenseits des grossen Humors lê, kom soos 'n aardbewing...’ (t.a.p. 116) Na my voorafgaande beskouinge en voorbeelde moet ek egter besluit dat daar iets groters is as die ondergang van die indiwidu: die grote idee waarvan hy die draer is; iets magtigers as die vernietiging van ons heroïeke strewe: die geloof aan die ‘kosmiese harmonie’, wat nie deur tragiese lye en ondergang hoef ineen te stort nie; iets hoërs as die lewenstragedie wat aan die anderkant van die grote humor lê: die nog groter humor, wat aan die anderkant van die lewenstragedie lê. Die hoogste humor kan so die hele lewe en die tweespalt van tragiek in humoristiese beligting bring; maar hy alleen sal daartoe in staat wees, wat self die diepste tragiek ook ken. Die sielsworsteling is dan verbygegaan en oor mensheid, lot en wêreld gaan die glimlag na die tragiek. So word humor begrens deur tragiek, wat op sy beurt weer begrens word deur humor. So smelt een gesigs-einder met 'n verdere verskiet saam, namate ons hoër styg bo die omringende land. |
|