Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 87]
| |
V.
| |
[pagina 88]
| |
uitgebeeld, 'n verandering in die begrip teweeggebring; en by Aristoteles word die ironikus teenoor die praler gestel, al word hom nog met laasgenoemde 'n sekere gebrek aan waarheidsliefde toegereken (Eth. Nic. IV. 3.). Maar nog afgesien van die pedagogiese metode, was die gereserveerde houding in ironie seker die verstandigste vir 'n man met so 'n ruime siel (ὸ μεγαλὸφυχος), temidde van 'n domme kudde of pedante eenlinge. Ook Aristoteles erken die wenslikheid van sulke ironiese gedrag (Eth. Nic. IV. 9). Latere Grieke het die teenstelling tussen uiterlike en innerlike houding egter minder sag beoordeel en 'n Zeno nog het in Socrates 'n scurra Atticus of Attiese poetsebakker gesien (Cicero, De Natura Deorum, I. 34). Die ironiese standpunt van Socrates kenmerk sy hele houding tot die kosmiese wêreld, die maatskappy, die teensprake en harmonieë buite en in homself. Die diepere erns van sy skerts - die humor ook daarin - sou veel later eers sy volle waardering vind as waarheid en skoonheid, die diepere lewensessensie en geestesadel van 'n persoonlikheid wat eeue voor sy tyd gebore word. O, pazienza, pazienza, che tanto sostieni!
Die hoëre ironie is dus iets anders as negasie en neerhaling van alles wat waarde het, soos so dikwels verkondig. So 'n opvatting van alle ironie doen ook Socrates onreg aan, want deur sy vrye ontwikkeling van die persoonlikheidsprinsiepe kon hy die positiewe waardes bereik, wat hom verhef bo loutere oplossing van 'n bestaande geesteslewe, al was die ryke volheid van sy innerlike nog nie altyd genoegsaam georden vir 'n definitiewe standpunt teenoor alle probleme nie. Socrates dan is ons 'n pragtige voorbeeld van die mens wat die ironie kies as algemene lewenshouding ten opsigte van die vele dwaashede van konvensie, invensie en pretensie en die paradokse van eie siel en lewe. Die ironiese gees kan inderdaad dié wees van die grootste ewewig en wysheid | |
[pagina 89]
| |
en die stu-krag van ewolusie na 'n beter en hoër moraal. Want die soeker na diepere waarheid en die strewer na vervolmaking van eie innerlik en na die verbetering van 'n paradoksale werklikheid moet veel gaan betwyfel, vele gode aanrand met sy spot, vele ‘waarhede’ blootlê in hul essensiële huigelary, verstoktheid en ondeug. Die antagonisme tussen die eise van die indiwidu en die maatskappy moet hy probeer opruim en die weg baan na groter harmonie en vryheid. Mooi wys Fr. Paulhan op die aard en funksie van die ironie, wat hy ‘notre réaction synthétique’ noem.Ga naar voetnoot1) Dit veronderstel dat ons die kontras tussen die werklikheid en sy verskyning kan waardeer, tussen die natuur van dinge en die konvensies, waaronder ons dit verberg vir andere en ook vir onsself. Dit stel ons gees in staat om sy handelwys by die teenwoordige toestand aan te pas en die toekomstige handeling voor te berei. Dit laat ons gevoelens en ons gedagtes hul organiseer sonder styfheid en hul plastisiteit bewaar. ‘Elle est la réponse naturelle de l'homme, réponse contradictoire et unifiée à la fois, aux contradictions du monde, de la vie et de l'esprit, elle le laisse à la fois s'adapter à la réalité la plus large et tâcher d'adapter la réalité à lui, dans la mesure où cela est possible.’ Die ironie hou ons wakker en op die hoede teen skyn van waarde. Dit ken die betreklike van alle grootheid en die verbygaande aard van wat so gou wil imponeer. Deur dit alles blyk sy geestesmeerderheid, wat berus op 'n ryke en algemene ervaringskring. Die ironie - nog altyd die goeie soort - werk nie onverskilligheid in die hand nie, maar wil dade en gevoel op die proef stel en ons lewe kontroleer. So is dit nie onvrugbaar nie en kan die aktiefste lewenswys vergesel. Daar is ironie van die swakke en ook van die sterke. Paulhan noem afsonderlik Hus, Bismarck en Napoleon (‘après ma mort, le monde fera: ouf!’). Selfs | |
[pagina 90]
| |
nie eens teen geesdrif is sulke ironie nie, maar weet hoe dit te lei en om te swyg waar geen klátergoud lok nie. Die naïwiteit van ons kinderlike bewondering sal sy spot dikwels tref, maar nie minder die naïwiteit van afbreek uit waanwysheid nie! Ironie is 'n heilsame drank vir die pretensie van kortsigtige wysheid en waarheid. Smadelike ironie kan soms die verhewene trag te beledig; maar dikwels win die verhewene juis deur vergelykinge met die laere. So kom die ironie ons ook die waarde van die kleine leer, waar al ons menslike onderskeidinge in die lig van die tydelose so lagwekkend skyn. Waar goedheid en simpatie die ironie vergesel is dit weer moeilik onderskeid met humor te maak. Die ironiese gevoel het weer die gekompliseerde totaaltoestand bereik wat deur ons humor genoem word. Trouens, die hoëre ironie kenmerk 'n besonder mate van menslikheid en diepere erns agter die skerts wat as erns begin. Dus is die formule van ironiese humor: - erns > skerts > erns. Die skerts van ironie wys hier op 'n erns wat 'n rigting inslaan verskillend van dié van sy omgewing, en het die gemengde stemming van humor. En die humoris lag nie die luidste en nie die laaste nie. So is ironie nie langer enkel vorm en middel nie, maar 'n humoristiese lewenshouding. In die twede plek moet ek egter daarop wys dat lang nie alle ironie iets positiefs inhou nie. Daar is ook ironie wat as die karikatuur van eersgenoemde kan beskou word: b.v. die ironie van wie blasé, opgeswolle, blind of afgunstig is. Dink aan die mense wat daar altyd behae in skep om met ironiese toon oor dinge te praat wat algemeen bewondering en eerbied afdwing, of nêrens iets goeds wil sien nie. Daar is andere wat met 'n soort affektasie van meerderheid smalend verkies te praat oor dinge wat hul nie in staat is om te begryp nie of wat hul te lui is om te probéer begryp. Sien ook die ironie van wie die druiwe suur noem | |
[pagina 91]
| |
wat hul ontseg is. Die ironie van afguns is algemener as menigeen sou wil erken. Daar is die kleine spytighede b.v. wat soms deur die gelukwens glip of êrens op die gelaat skuil, waar geluk 'n ander tebeurt val. Dit bly altyd nog so veel makliker om met die ongeluk van iemand te simpatiseer, as om in die vréúgd, selfs van 'n vriend, volmaak te deel. Maar genoeg. Daar is dus velerlei soorte ironie: goedwillige, boosaardige, indifferente. Maar die hoog-menslike ironie in die voorafgaande aangedui, is tereg deur Paulhan in staat beskou om die maatskaplike lug te suiwer, 'n nuwe gees op te wek, wat veel onenigheid en stryd kan probeer oplos op die weg van ewolusie na groter eerlikheid, helderder begrip en meer verdraagsaamheid en vryheid en 'n waardiger moraal. Eers as alle disharmonieë opgelos is, sal die ironie sy plig volbring het en ... verdwyn!
Ons moet alhier nog ewe terugkeer tot die ironie in verband met innerlike stryd om oor die soms verbysterend problematiese in die sielelewe, ja in die hele bestaan, heen te kom tot die positiewe lewenshouding in humor, waarvan hierbo sprake was. Daar is die negatiewe houding van die onverskillige en swakkeling, maar ook die ontkenningsdrang in die worstelaar na geloof en lig.Ga naar voetnoot1) Waar die onverdeelde, harmonies ontwikkelde humor dankbaar gestem is teenoor die gawe van natuur en lewe, moet die ironikus dikwels eers die vaevuur van wantroue, krenking, haat en walging deurloop. Hy vind dan in die werklikheid alleen kwaad en onreg gedy, agter die masker van deug die boosheid gryns. Dit kan tot 'n innerlike verskeurdheid lei wat met Hamlet tenslotte tot oorweginge van selfmoord geraak: Ja, om te wees of nie te wees nie, dis
Die vraagstuk: of dit eed'ler is om in
Jou gees te ly die slingerstene en
| |
[pagina 92]
| |
Die pyle van 'n roekelose lewens-
Lot, of om teen seë van verdriet
Die wapen in die hand te neem en hul
Met teëstand te eindig? Om te sterwe:
Om te slaap; niks meer nie, en om met
Die slaap te sê ons het 'n ent gemaak
Aan harteleed en aan die duisend skokke
Wat die vlees se eie erf'nis is –
Dit sou 'n uitslag wees om biddend te
Begeer. Ja, om te sterwe, om te slaap,
Te slaap ... wie weet, - miskien te droom ... daar lê
Die knoop. In daardie slaap - dié van die dood –
Na afskud van die sterfelike stof –
Wat kan daar nie vir drome kom nie: dis
Wat ons laat huiwer. Dáar is die ontsag
Wat tot 'n ramp 'n lewe wat te lank
Is, maak. Want wie ooit sou die swepe-slae
En die smaad van hierdie lewe dra,
Die onreg van die dwingeland, die hoon
Van hovardy, die steke van versmaaide
Liefde, die versuim van die gerég,
Brutaliteit van huurlinge, die afjag
Wat geduldige verdienste van
Sy minderes moet neem - as hy hom self
Met niks meer as 'n blote els-steek kan
Bevry? Wie sou dan laste dra, en kreun
En sweet van moeë lewensdruk - as daar
Die vrees nie was nie vir wat na die dood
Mag kom? Die onondekte landpale
Vanwaar geen reisiger ooit trugkom nie
Bedwelm die wil en laat ons liewer maar
Die ellende uithou wat ons het as om
Na ander euwels heen te vlieg wat ons
Nie ken nie. Só maak ons gewete van
Ons almal lafaards; só word ons besluit
Se eie kleur tot sieklikheid verbleek;
| |
[pagina 93]
| |
Om hierdie rede stroom gewigtige
En grote ondernemings skeef opsy
En loop daar sonder dade dood.Ga naar voetnoot1)
Volmaakter sou ek u nie die keersy van die humoristiese lewensgevoel kan aantoon nie. Daar word ellende met euwels wat mag kom vergelyk, en die wil tot sieklikheid verbleek; waar die humoris ook deur vergelyking, maar van waardes, tot lewensdurf en -daad geraak. Dit is dieselfde munt uit die handel van die lewe met 'n positiewe en 'n negatiewe afdruk van die werklikheid. Eers hỳ ken die volle waarde daarvan, wie beide kante leer sien het. Eers hỳ is humoris. Waar 'n Hamlet selfmoordplanne koester, kom hy tog soms tot die spelende bespiegeling, maar kom sy outeur seker dikwels tot die wondere hoogte van versoening met die tragiese en ironiese gebeure. Waar Werther tragies ondergaan, styg Werther-Goethe bo die denkersmart en lewensironie uit tot die hoë humor van sy Faust-idee ten slotte. Hier is geen passief ondergaan meer in seë van verdriet nie, maar 'n kragtige ‘vouloir nager’,Ga naar voetnoot2) erkenning van die waardevolle in die lewe, en 'n geloof in die selfvernietiging van die bose en die vooruitgang en uiteindelike sege van die idee. En in die mees verwarrende werklikheid voel ons nog die idee, soos Lipps êrens opmerk: ‘als das Geltende, als das nicht äusserlich aber innerlich Mächtigere, als dasjenige dem gegenüber das sich spreizende und blähende Nichrige vergeblich sich spreizt und bläht.’ Goethe skrywe in 'n brief aan Zelter dat hy nie tot 'n tragiese digter gebore is nie, daar sy natuur versoenend is. Daarom kan ook die rein tragiese gevoel hom nie interesseer nie, daar dit s.i. in die grond van die saak geen versoening toelaat nie. | |
[pagina 94]
| |
Die humoris gebruik die skerts om hom te vrywaar teenoor die grote, soms al te ruwe, werklikheid van waarde en skynwaarde. Hy vermy daarmee te grote oorgawe aan wat tydelik en relatief is, te geringe deelname aan wat die lewe lewenswaard maak. Hy behou teenoor die botsing van teenoorgestelde waardes die indirekte waardering van die skerts en sy meerderheidsgevoel. Sy skerts word verstaan deur wie ewe as hy die diepere grondslae van die werklikheid ken en ook die angel daarvan gevoel het. 'n Eensaam verlangende sal die humoris hom dikwels gevoel, maar tog sal hy in die werklikheid sy vertroosting vind (nie soos Werther en Paul in die dood of 'n lewe daarná nie). Dit is die hoë humor wat met weemoedig laggende herinnering die waarde in teenstelling mèt sowel as 'n deel vàn die werklikheid beskou. Die humoris weet hoe sy werklikheidsbeeld te orden en sy gebied is skier onbeperk. Goethe kan selfs die verhouding tussen God en Satan in humoristiese beligting bring. Mefisto sien God in sy eie wêreldorde en God hom: Du darfst auch da nur frei erscheinen;
Ich habe deinesgleichen nie gehasst.
Von allen Geistern, die verneinen,
Ist mir der Schalk am wenigsten zur Last.
Die kwaad moet die goeie dien. Des Menschen Thätigkeit kann allzu leicht erschlaffen,
Er liebt sich bald die unbedingte Ruh';
Drum geb' ich gern ihm den Gesellen zu,
Der reizt und wirkt und musz, als Teufel, schaffen.
En Mefisto: Von Zeit zu Zeit seh' ich den Alten gern,
Und hüte mich, mit ihm zu brechen.
Es ist gar hübsch von einem grossen Herrn,
So menschlich mit dem Teufel selbst zu sprechen.
| |
[pagina 95]
| |
‘Der Geist der stets verneint’ gaan die stryd aan teen die oneindigheidsdrang van die mens om tenslotte beskaamd te staan. Immers: Ein guter Mensch, in seinem dunkeln Drange,
Ist sich des rechten Weges wohl bewusst.
Dit is 'n woord van verlossende optimisme eers na lange bittere stryd in eie ironie en lewenswanhoop losgeworstel. Inderdaad, ‘the stroke of the great humourist is worldwide with lights of Tragedy in his laughter.’Ga naar voetnoot1) 'n Punt deur my met opset verby gegaan, maar wat ek tog tenslotte nog moet noem is ironie as uiting van demonie. Die gees van ironie is dié van sy draer. Naas die ironie met positief hoog-menslike strewe, en die speels-gemoedelike karakter dikwels, wat so lig weer tot humor oorgaan; en naas die kleinlik-slegte soort, hierbo kortliks aangedui, word nog 'n soort genoem wat duiwels is, en wat miskien eerder onder loutere sarkasme tuishoor. Daar sulk 'n ironie in uiterste teëstelling staan met die liefdesgawe, humor, val dit eintlik buiten die bestek van ons beskouing. Ons maak daarin kennis met die vernietigingsdrang wat verhewe dinge aanrand deur hul smalende in twyfel te trek ... 'n motieflose motief van perverse energie wat geen loon, geen genot wil nie, maar louter homself. Dit is 'n nihilistiese beweging teen alle werklikheid en orde, goedheid en skoonheid. Dit voer 'n nimmerrustende kamp teen goddelikheid en veral die vryheid in die mens. Dood en vernietiging soek die bose gees, ook van homself tenslotte. 'n Besonder lesenswaardige artiekel, wat ek in hierdie verband wil noem, is die essay van Dr. J.D. Bierens de Haan oor Humor en Ironie. Laasgenoemde word hier omskrywe as ‘de koude van den haat... het uiterste en die verre horizont van den haat, waar nog geen mensch met | |
[pagina 96]
| |
onverdeeld verlangen heeft getoefd ... 'n koud-wetende verloochening der grondslagen van ons menschelijk bestaan.’Ga naar voetnoot1) Die volslae ironikus sou aldus 'n duiwel moet wees, en voorbeelde as Job se versoeker en Mefisto doen hul voor. In hoeverre dié karakters my aandoen as die koue van die haat kan ek alhier nie bespreek nie. Seker egter sal hy wie getuig: Ich bin der Geist der stets verneint
Und das mit recht, denn alles was entsteht
Ist wert dass es zu Grunde geht
dikwels die ironiese grynslag vind. Inderdaad sou die volslae demoniese mens 'n Satan moet wees, wie teen mensdom, lot en wêreld sy koue duiwel-vuis verhef, die verhewenheid wil neersleur en die lig uitblus saam met sy duistere drang. So word sataniese energie tenslotte 'n selfvernietiging van eie demonie. Die ironikus keer hom teen homself. 'n Voorbeeld wat Bierens de Haan nie noem nie en wat m.i. van besonder veel belang in hierdie verband kan wees, is die ironies-verskeurde, goddelik-sataniese worstelaar Dostojefski en die ewige stryd tussen gaos en orde, duisternis en lig, God en sy dubbelganger, die Duiwel, gelê in die innerlike van 'n deur twyfel gemartelde siel as stryd tussen gebondenheid en vryheid. Daar is die sataniese ironie van die karikatuur en dubbelganger van die mens, die Judas-kus van Iskariot weer oor, die ironie van die Antikris, wie aldeur die woord van Kristus op die lippe het en tog sy demoniese dubbelganger is. In een en dieselfde mens vind u die demonie kamp met die goddelikheid om die heerskappy. Sien dit veral in die merkwaardige gestalte van die Groot-Inkwisiteur as verteenwoordiger en woordvoerder van Roomse Katolisisme, van die - Antikris. Ons vind hier in parabel gebring die geweldige stryd tussen die meganiese wêreld en Kristus - die groot gedagte van | |
[pagina 97]
| |
Dostojefski - in die vertwyfelende siel van sy mees verskeurde karakter, Ivan Karamasoff. Uit die mond van die Groot-Inkwisiteur vloei die woorde en leer van Kristus en tog bring hy die geweldigste aanklag teen die goddelikheid en verantwoordelikheid wat Hy die mensdom wou gee, maar waardeur Hy sou blyk die vyand van die swakke mens te wees wat Sy vryheid nie kan gebruik nie, maar om die daelikse brood, die wonder van die kerk, die vergewing van die geestelike middelaar bly roep. Die Groot-Inkwisiteur noem homsèlf die wáre vriend van die mensdom, wie hy die gelùk op aarde skenk, alleen geen goddelikheid daarná nie. Lees die geweldige aantyging. Ek wil dit waag om u die slot te bring. Die Groot-Inkwisiteur tot Kristus, wie, andermaal op aarde teruggekeer, deur hom gevange geneein is: Weet dat ek Jou nie vrees nie, weet dat ook èk in die woestyn gewoon het, waar sprinkane en wortels my voedsel was, dat ook èk die vryheid kon seën waarmee Jy die mense geseën het, dat ook èk my voorberei het om onder die uitverkorene te tree, onder die trotse en die sterke, dorstende dat die getal sou vol word! Maar ek is ontwaak en wil Jou nie meer met dié waansin dien nie, ek het omgekeer en my by die skaar van diegene aangesluit wat Jou daad wou verbeter. Uit die kring van die trotse het ek my afgesonder en my toegekeer na diegene wat hul verneder het tot heil van die sterflike. Dit, wat ek tot Jou gespreek het, sal gebeur; en ons ryk sal gegrondves wees. Ek herhaal: môre sal Jy self die gehoorsame menigte sien, wat op die eerste wenk van my hand op die brandstapel sal aanstorm om die vuur aan te wakker, waarop Jy sal brand, omdat Jy gekom het om ons te stoor; want as daar één is, wat meer as àlle ketters ons brandstapel verdien, dan is dit Jy! Môre sal ek Jou verbrand ....................... | |
[pagina 98]
| |
Toe die, Inkwisiteur sy rede geeindig het, wag by dat die Gevangene hom moet antwoord. Hy voel bedruk onder sy stilswye. Hy sien hoe die Gevangene hom die hele tyd opmerksaam aanhoor en hom daarby stip in die oë kyk, sonder dat Hy ook maar in die geringste die wens verraai om hom te antwoord. Die grysaard wou so gráag, dat Hy hom alleen een woord sou antwoord, al was dit ook 'n bittere, 'n vreeslike. Maar Hy staan plotseling op, loop na die grysaard toe, en kus hom saggies op sy bloedlose lippe. Dit was sy antwoord ... Die grysaard sidder. Sy mondhoeke beef. Hy gaan na die deur, open dit en spreek tot Hom: ‘Gaan uit en keer nooit weer nie - keer nooit weer nie - nóóit, nóóit!’ Hy laat Hom uit op die donker, swygende plein van die stad. Die Gevangene gaan weg. Ek weet dit nie. Hier is geen plek meer vir die skerts, die glimlag ... Tensy op 'n hoër plan. En tog doen die geheel my aan met smartlike skyn en wese as skrynende ironie, maar oorwonne deur die kus van goddelikheid op die bloedlose lippe van demonie. |
|