Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 78]
| |
IV.
| |
[pagina 79]
| |
moral judge; only, instead of the calmness of the judge, he has something of the fierce attitude of the prosecutor.’Ga naar voetnoot1) So is die lag van sulke satiere 'n uitdrukking van veragting en 'n middel van straf. Die satiris wil die spot. Hy bring sy karakters in oordrewe belaglike en vernederende situasies. ‘We may say that the satirist takes us back to the brutal laughter of the savage standing jubilant over his prostrate foe.’ Maar ook Sully wys op die versagtende invloede van komiek en humor en op die lange reeks van gevoelstone in satiere, van afsku tot spelende betragting. Höffding neem hoon en veragting as die gees van satiere aan. Die hoon wil steeds stilstaan by die kleinheid en laagheid van andere en kom nie tot die meerderheidsgevoel van humor nie.Ga naar voetnoot2) Leslie Stephens in sy werk oor Swift spreek van die gewonde siel van die satiris. Hazewinkel in 'n teenstelling van humor en satiere meen: ‘De satirist wil het ideaal; hij predikt dat met klem en verfoeit hen, die te kort schieten. Hij voelt zich ver boven de menschen, die hij tot zich opheffen moet.’Ga naar voetnoot3) Maar genoeg uitsprake, wat die leser nog met vele kan vermeerder en in tallose voorbeelde van satiere kan bekragtig sien. Uit die antieke wêreld noem ek alleen die hoon en galsuitspuwing van Juvenalis in sy satiere op die toestande in Rome. Maar tog was reeds in sy tyd die meer komiese en die rustiger satiere ook bekend. Dink hierby nog aan menige gemoedelike voorbeeld by Horatius. Dryden in sy Dedication van Juvenal skrywe oor die satiere as volg: ‘Amongst the Romans it (satire) was not only used for those discourses which decryed vice, or exposed folly, but for others also, where virtue was recommended. But in our modern languages we apply it only to invective poems, where the very name of satire is formidable to those persons, who would appear to the world what they are not in themselves.’ | |
[pagina 80]
| |
Hierby moet egter herinner word dat in ons moderne tyd met sy meerdere begrip van indiwiduele psigologie en verfyning van lewenswys die satiere lig gekompliseerder raak met skertsende en ernstige oorweginge. Tog sal die leser dadelik alhier aan violente satiere van die nuwere tyd dink. Daar is die hekeldigte van Holland se grootste satiris, Vondel, die Martiaal wat niemand en niks ontsien nie en voor wie 'n ieder beef, soos Brand getuig. Daar is die giftige plante van sarkasme en kleinlike hoon, maar ook die bleke bloeme van 'n heerlike haat. Daar is verontwaardiging en diep-menslike droefheid, wat same 'n hoogte van liriek bereik van onoortroffe skoonheid. Daar is ook passie wat nog brand, deur lange jare heen.... Hoor die bittere aanklag in honende satiere, maar ook die smartkreet onder haat, waar Holland's Vader vermoord lê: Had hy Hollandt dan ghedragen,
Onder 't hart,
Tot sijn afgeleefde dagen,
Met veel smart,
Om 't meyneedigh swaert te laven
Met sijn bloet,
En te mesten kray en raven
Op sijn goet?....
Met die wrange: Wees te vreen, haelt Predikanten
West en Oost:
Gaet en soeckt by Dortsche santen
Heyl en troost.....
Dink in verband met satiere ook aan die felle en rustelose aanvalle van 'n totaal andere gees, Nietzsche, op die voorwerpe van sy haat en verguising, hoeveel vermoë hy ook al gehad het vir positief-konstruktiewe lewens-werk. Maar dit kon nie anders nie. Die siener van 'n ‘nog onontdekte land’ van nuwe, grootse heerlikheid roep dit uit: ‘Wie | |
[pagina 81]
| |
könnten wir uns, nach solchen Ausblicken und mit einem solchen Heisshunger in Wissen und Gewissen, noch am gegenwärtigen Menschen genügen lassen? Schlimm genug, aber es ist unvermeidlich, dass wir seinen würdigsten Zielen und Hoffnungen nur mit einem übel aufrecht erhaltenen Ernste zusehn und vielleicht nicht einmal mehr zusehn...’ En let op sy ideaal: ‘das Ideal eines Geistes, der naiv, das heisst ungewollt und aus überströmender Fülle und Mächtigheit mit allem spielt, was bisher heilig, gut, unberührbar, göttlich hiess, für den das höchste, woran das Volk billigerweise sein Wertmass hat, bereits so viel wie Gefahr, Verfall, Erniedrigung oder, mindestens, wie Erholung, Blindheit, zeitweiliges Selbstvergessen bedeuten würde; das Ideal eines menschlich-übermenschlichen Wohlseins und Wohlwollens, welches oft genug unmenschlich erscheinen wird, zum Beispiel, wenn es sich neben den ganzen bisherigen Erden-Ernst, neben alle bisherige Feierlichkeit in Gebärde, Wort, Klang, Blick, Moral und Aufgabe wie deren leibhafteste unfreiwillige Parodie hinstellt - und mit dem, trotz alledem, vielleicht der grosse Ernst erst anhebt, das eigentliche Fragezeichen erst gesetzt wird, das Schicksal der Seele sich wendet, der Zeiger rückt, die Tragödie beginnt...’Ga naar voetnoot1) Dit was sy stemming. Ek laat die leser verder die genot van sy heerlike prosa om in dalende orde van kunstenaarskap 'n derde satiris te noem: Jonathan Swift. Hier kry u louter negasie en vernietiging, veral in die latere hoofstukke van sy Gulliver's Travels. Ek herinner aan die byna waansinnige mensehaat, sy slagvaardige geestigheid en onterende vergelykinge en aantyginge. Pragtig tog word die Lilliputter-gedoente van parlement en hof gekasty en die mens ook, wat in Brobdingnag as 'n veragtelike gogga teen betaling vertoon word. Maar haatlikste van alles is die satiere teen die menslike natuur self, waar hoogsverstandige, edel en wyse perde die mens | |
[pagina 82]
| |
veragtend toeblik as 'n soort van stinkende aap (Yayu). Gulliver in Engeland terug, kan die reuk van geen mens verdra nie (sy vrou mag nie in sy nabyheid aan tafel sit nie); en hy verlang na die paradys van fatsoenlike perde. As kuns moet Gulliver's Travels hoog geroem word om die innerlike noodsaaklikheid en waarheid (as verhaal op homself) en die geacheveerde teks. Maar dit staan buite humor. Humor was ook nie te verwagte van wie as volg oor die mensdom skrywe nie: ‘The chief end I propose to myself in all my labours, is to vex the world rather than divert it, and if I could compass that design without hurting my own person and fortune, I would be the most indefatigable writer you have ever seen....’Ga naar voetnoot1) Maar nog erger in verband met die liederlike ape wat mense is: ‘When I behold a lump of deformity and diseases both in body and mind smitten with pride, it immediately breaks all the measures of my patience.’Ga naar voetnoot2) Waar donkere misantropie die woord neem gaan die positiwiteit van waardevolle kontras en van vernietiging van die skynwaarde verlore .... die positiwiteit waardeur die waarde van die idee moet skyn, wat ons, hoe verdeeld ook ten opsigte van die dwaasheid en verkeerdheid in die wêreld tog tot humor kan lei. Waar 'n sekere mate van geestesvryheid nie aanwesig is nie, daar is haat te verwagte, en dié haat jaag die bloed na die hoof en bring die geestestoestand op een lyn met die arme-slag. Die allegorie is 'n geliefkoosde vorm van satiere, maar vele andere hulpmiddele het hy tot sy diens. Bittere geestigheid, ironie en sarkasme speel hier 'n vernietigende rol. Ook die metodes van satiere is velerlei. Soms tree die skrywer na vore om direk sy satiere tot ons te rig: so by Horatius en Juvenalis, ook by Byron en Heine. In die drama is dit weer dikwels een of ander karakter wat die skrywer | |
[pagina 83]
| |
se satiere moet verkondig: so by Ibsen of Heyermans. In die antieke het die koor soms daarvoor gedien: so in die parabase van Aristophanes. Naas sulke direkte metodes van satiere is daar meer indirekte van louter objektiewe uitbeelding, wat in staat is om ons veragting en haat op te wek. In ander werk weer is die skeppende gées alleen satieries van aard, maar deur die vernietiging van die skynwaarde skyn dit volkome natuurlik te verloop in die komiese spel; eers by nadink word ons bewus van satieriese bedoelinge van die skrywer.
Maar dit word tyd om in die twede plaas op die komiese element te wys, wat die satiere 'n karakter van vryheid en vrolikheid en gemoedelikheid laat aanneem. Want waar die komiese 'n sterk element is, kan die spot getemper word in sy toon. Reeds by Aristophanes klink veroordeling saam met die stormagtige skaterlag oor groteske komieklik-heid en dawerende geestigheid. In die middeleeue oorklink die dolste uitgelatenheid die satieriese erns, b.v. in die kostelike Reinaert, die sotternieë en boerdes. Ook in die volksboeke. Wat 'n skat van vrolikheid in satiere word ook gegee deur Boccaccio, Erasmus, Cervantes of Rabelais... hoe verskillend die onderliggende erns dan ook by 'n ieder. So kan die satiere 'n hoë mate van gemoedelikheid bereik deur die speling van komiek.
Maar, in die derde plaas, is 'n verdere trap van laasge-noemde die satieriese humor, waarin begrip en waardering meespreek met ons afkeer van die waarlik laakbare, en 'n verbinding aangegaan word van twee begrippe, wat in hul uiterste konsekwensies twee pole is: hoon en liefde, satiere en humor. In die satieriese humor is die komiese nie langer onskadelik of sonder angel nie en is die waarnemer verdeel tussen kastyding en waardering. Sy spotlag klink skerp, selfs bitter in die konflik van die verhewene en die laere, maar deur die aanval tree die hoëre reg van eersgenoemde | |
[pagina 84]
| |
duidelik aan die dag, en die satiris, hoewel nog verdeel, bewaar sy beskouende hoogte en gevoel van meerderheid bo die veroordeelde en bespotte voorwerp, waar hy laggend op ingaan. So word sy houding ook die humoristiese. Hier werk die versagtende invloed van kennis van andere en onsself en 'n breër menslike simpatie in op die beskouing van die voorwerp van ons spot. Waar sarkasme geheel blindelings kan veroordeel en vernietig met ewidente meerderheidsverkondiging, daar kenmerk die satieriese humor die ware meerderheidsgevoel, wat nie uit die hoogte die werklikheid verfoei nie, maar wat kan neerdaal tot wie in eie dwaasheid gevange sit en wyl hy hom heen en weer pluk en met spot oorlaai, 'n traan nie kan weerhou nie. 'n Mooi voorbeeld het ek u reeds genoem in Carlyle se filosofie van klere: hier is erkenning van waarde in die satiere. Ook van Potgieter se satieriese humor het ek u siteer. 'n Ander voorbeeld is Siebenkäs van Jean Paul, in wie se eie woorde die Duitse satiere 'n jag was, minder om grootwild, as om ‘Hasen, Hasenfüssen, Hasenbraten und Bönhasen!’ U vind in die geskiedenis van die arme-advokaat, wat die konwensionele sedes van die dag opsystoot en deur 'n skyndood van sy lastige vrou ontslae raak, die botsing van die vrye gees teen die voorskrifte van 'n verdogmatiseerde moraal. ‘Ich pfeife das Leben aus, das Welttheater und was so darauf ist und dergleichen.’ Tog kenmerk die satiere die milde gevoel en spelende betragting van humor. ‘Die beste Ungewitter’ sou hy vir ander werk bewaar. Maar daar is die grote naam van Goethe. Deur sy ganse lewe gaan sy Faust-probleme met hom mee en sy humoristies-satieriese aard is in Mefisto duidelik uitgedruk. Wie die satiere van Kleist teenoor dié van Goethe stel, sien dáar onderdrukte haat en hier diep-menslike verhewenheid agter die satieriese vorm.Ga naar voetnoot1) Die verskil is weer terug te bring op wêreldbeskouing. | |
[pagina 85]
| |
Beroemd om sy satiere is Heinrich Heine. Wie egter alleen die lugtige skerts en skynbaar gevoellose geestigheid en harde satieriese slae opmerk en sy diepere erns en liefde en sware lye verbygaan, doen Heine onreg aan. Hy sal ook nie die weemoedige glimlag en 'n innige sielsverlange gewaar word nie, wat die sprudelende Witz hier en daar tot humor maak. Ek het hier alleen plaas om die gedig wat sulke grenselose verontwaardiging ‘jener Pharisäer der Nationalität’ opgewek het, te noem: Deutschland: ein Wintermärchen. In hierdie geseling van die lakeiegees van sy volk, ‘die grote nar’, die ‘blonde Duitsland, met armsalige bekrompenheid in haar mondhoeke’ - is daar naas bittere spot, tog weer soveel gemengde gevoel en humor dat dit geen rein satiere meer is nie. ‘Gar närrische Sehnsucht’ drywe hom voort na sy vaderland, wat hy striem soos geen ander nog gedaan het nie. U ken die gedig: Das deutsche Herz in meiner Brust
Ist plötzlich krank geworden,
Der einz'ge Arzt, der es heilen kann,
Der wohnt daheim im Norden.
Er wird es heilen in kurzer Frist,
Man rühmt seine grossen Kuren;
Doch ich gestehe, mich schaudert schon
Vor seinen derben Mixturen.....
Denkt euch, mit Schmertzen sehne ich mich
Nach Torfgeruch, nach den lieben
Heidschnuken der Lüneburger Heid',
Nach Sauerkraut und Rüben.
Ich sehne mich nach Tabaksqualm
Hofräten und Nachtwachtern
Nach Plattdeutsch, Schwarzbrot, Grobheit sogar,
Nach blonden Predigerstöchtern.
| |
[pagina 86]
| |
Auch nach der Mutter sehne ich mich.... Oortollig mag dit wees om hier meer van dié satiere te releveer. Noodsaakliker lyk dit my om tenslotte nog eens sy liefde vir sy vaderland te betoon, waardeur so veel spot vir ons 'n dieper betekenis kry. Luister na die weemoedige verlange en stille liefde wat die volgende deurhuiwer: Ich hab' ein neues Schiff bestiegen,
mit neuen Genossen: es wogen und wiegen
die fremden Fluten mich hin und her.
Wie fern die Heimat! mein Herz ist schwer.
Und das ist wieder ein Singen und Lachen,
es pfeift der Wind, die Planken krachen,
am Himmel erlischt der letzte Stern.
Wie schwer mein Herz! Die Heimat so fern!
Of klaend in weemoedig-glimlaggende herinnering: Ich hatte einst ein schönes Vaterland.
Der Eichenbaum
wuchs dort so hoch, die Veilchen nickten sanft.
Es war ein Traum.
Das küsste mich auf deutsch und sprach auf deutsch -
(Man glaubt es kaum
wie gut es klang) das Wort: ‘ich liebe dich!’
Es war ein Traum.
|
|