Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe–
[pagina 39]
| |
III.
| |
[pagina 40]
| |
weer: ‘Mr. van Rossem heeft in sommige van zijn stukken getoond, dat hij verstand heeft van zuiveren humor en zou misschien een voortreffelijk blijspel kunnen schrijven.’ Ja, ja, die verstand van humor wat blyspele laat ontstaan! Verdere voorbeelde kan agterweë bly waar ek u na die groot Nederlandse woordeboek verwys. Die volgende betekenisse word opgegee vir ‘humor’Ga naar voetnoot1): ‘1. Oog en gevoel voor vroolijk makende tegenstrijdigheden tusschen voorkomen en bedoeling of beteekenis van eene zaak, eene handeling of gebeurtenis, of tusschen hare onderdeelen; de neiging het vroolijkmakende in eene gebeurtenis of handeling het meest te doen uitkomen, hetzij spontaan, hetzij als tegenwicht voor somberder indrukken.’ ‘2. De tegenstrijdigheid, het vroolijkmakende onder 1 omschreven; de uitdrukking daarvan in woord, geschrift, beeld, klank of gebaar; luim.’ Ons hoor verder dat 'n ‘humorist’ iemand sou wees, ‘die er naar streeft vooral in geschrifte, humor uit te drukken,’ b.v. ‘de humorist Saphir beweert dat het eten “de wijsbegeerte der maag is,” Laurillard, Zeven Hoofdz. 33.’ (Gewoon geestigheid, M.) Ook moet by hierdie definiesie glo die volgende voorbeeld pas, ‘“de goelijke glimlach van den humorist,” Pierson, O. Tijdgen. 105.’ Ook die Bnw. en Bijw. is ewe ‘grappig’ met voorbeelde as: ‘Een humoristische scheurkalender;’ ‘Eene humoristisch ingekleede klacht over den gang van zaken.’ Maar genoeg. Laat ons terugkeer tot die twee definiesies van ‘humor’. Die leser sien al dadelik dat hier die ongerymdheid van die komiese, sy dit van uiterlike, handeling of karakter, soos hierbo uiteengesit, as humor moet deurgaan. Nie na erns agter die skerts word gesoek nie; die ‘vroolijk-makende’ (wat 'n woord!) moet die meeste uitkom. Die klug, b.v., as teëwig vir somber indrukke sou ook al humoristies wees. | |
[pagina 41]
| |
Verstaan my goed. Dat die skrywers hul definiesies by die woordgebruik probeer aanpas is natuurlik in orde. Maar seer te laak in 'n werk van die wetenskaplike gehalte van die groot Nederlandse woordeboek is, dat die essensiële in die begrip, wat wel deeglik ook in die spraakgebruik voorkom, ontbreek. In die twee aangehaalde betekenisse is niks (tensy dit in die een woord ‘gevoel’ moet veronderstel word) wat sou kan wys op die mildheid van humor, die vergewend spottende van 'n bepaalde stemming, die medelye in die sagte glimlag, om nie van meer ingewikkelde elenskappe te praat nie (wat 'n mens buite 'n woordeboek, selfs die grootste, sou soek). Wèl kom daar 'n goeie voorbeeld onder 1 voor. ‘“Toen gij schreeft van de humor-glimlachjes van Nathan der Weise, dat die op zijn oud, vredig ge-laat kwamen schijnen,” v. Deyssel 3, 44.’ Ek versoek die leser om met die beste wil van die wêreld hierdie glimlag op die ‘oud, vredig ge-laat’ van die verdraagsame Nathan, by daardie ‘vroolijk makende’ no 1 tuis te bring. Te laak is dus, dat die bewerkers nie in 'n derde definiesie die juiste spraakgebruik uiteensit nie. En sou in 'n Nederlandse werk van die jaar 1908 nie de Genestet nog van diens kan wees nie? En by ons in Suid-Afrika is die geval natuurlik nie veel gunstiger nie. 'n Enkel voorbeeld. Ek neem die pasverskene artiekel van Dr. J.D. du Toit oor Humor in die Ou Tyd van Transvaal en Vrystaat.Ga naar voetnoot1) Die artiekel is populêr bedoel, daarom gebruik die skrywer ‘die woord humor sonder spesifieke beperking’ en wil daarby laat dink aan, ‘'n blymoedige en opgewekte geestesgesteldheid, wat ook in ons volkslewe openbaar geword het.’ So ver is dit in orde. Maar waar die skrywer tog sy mening van humor toelig met die bekende en seer verdienstelike definiesie van de Genestet: ‘Een rijke taal vol geest en -ingehouden tranen’ en met die woord van Jean Paul: 'n lag met trane, daar is die gegewe | |
[pagina 42]
| |
staaltjies van ‘gesonde’ en ‘egte volkshumor’ bietjie ongelukkig gekies, daar met uitsondering van een twyfelagtige geval, ons alleen die komiese en grappige geïllustreer vind. Ek kom op hierdie punt later weer terug. Alhier moet nog opgemerk word, dat 'n anekdote wel deeglik illustrerend kan wees, en dikwels by ons ook is, van die diepere lewensstemming wat oor smart en teleurstelling lig, maar dan moet die leser daarvan bewus wees, of daarop gewys word deur wie daar humor vind. Maar op sigself is 'n grappige geval in 'n winkel of geregshof in ons ou primitiewe dae nog nie humoristies nie. Om met Höffding e.a. alhier 'n ‘ganz kleine Humor’Ga naar voetnoot1) aan te neem lyk my onverdedigbaar, omdat die essensiële van die begrip ‘humor’ juis in die gevoeg lê, wat hier nie aanwesig hoef te wees nie.
Reeds het uit die bowegenoemde voorbeelde geblyk dat humor 'n sekere gevoel en betragtende houding in verband met die lagwekkende bring, die aard waarvan nog nader sal bepaal word. Die lag van humor is vol mildheid, is innerlik en vol betekenis.Ga naar voetnoot2) Hy is getemper deur medelye. Die humoris ken die spot en laggende kritiek, omdat sy rype lewenservaring onder die mense hom 'n lewensbeskouing laat vorm het, waarin alle skynwaarde opgelos word, en waarin die kleine en geringe sy simpatie win. Hy is bewus van 'n ideaal en in die lig daarvan leer hy die betreklike waarde van alle dinge in die realiteit, wat hy liefhet, ken; en sy spot gaan oor die komiese gebreke en swakhede van sy medemens. So toorn hy nie as die verbolge profeet nie, hoog bo sy volk verhewe in heiligheid; maar één met die mensdom, besef hy die tekortkominge van eie hart en gees en is sy stemming eerder dié van vergewende spot. Reeds is opgemerk dat sy karakters nooitGa naar voetnoot3) heilige, of barre | |
[pagina 43]
| |
duiwels is nie, maar mense wat, òf naas afkeurenswaardige trekke ook goeie besit, òf juis òm hul komies-swakke trekke beminlik is. Ek noem weer Parson Adams en die ridder van Mancha, van wie George Meredith skrywe: ‘Heart and mind laugh out at Don Quixotte and still you brood on him.’Ga naar voetnoot1) Want humor is die gawe van liefde, 'n vergoeding aan die moderne tyd vir sy grotere las en druk; maar ook in sy innigheid van harmoniëring van skerts en erns, vreugde en smart, geluk en weemoed, 'n uiting tewens van gemoedsverfyning na die uitgelate lag van die antieke blyspel en middeleeuse klug. Op die gevoel in humor word as volg die klem gelê. Höffding spreek van ‘das Gefühl des Lacherlichen auf Grundlage der Sympathie.’Ga naar voetnoot2) Backhaus sê: ‘Der Humor trägt die Versöhnung im Gemüte. Er unterscheidet sich von dem Witze, dasz er an den Dingen mit denen er spielt einen innigen Herzensanteil nimmt, und das die Lust des Lachens ein inniges Mitgefühl der Rührung für das Verlachte begleitet und durchklingt.’Ga naar voetnoot3) Ook Hartmann meen: ‘Erst das Gemüt ist es, was den Narren humoristisch macht, das warme Herz das unter seiner Narrenjacke schlägt.’Ga naar voetnoot4) Ek herinner ook nog aan die definiesie van de Genestet en Jean Paul hierbo gesiteer. Hettner wys op die onderskeid tussen die komiese en humor as volg: ‘Der Komiker nimmt die Dinge, wie sie sind, und lässt sie sich in ihrer eigenen Lust, Laune und Lächerlichkeit entwickelen; der Humorist aber setzt nicht blos die Dinge sondern weit mehr die lyrik seines eigenes Gemüths in Scène.’ Simpatieke betragting neem dus die plek in van blote waarneming. En verder: ‘Wenn man den Humor gewöhnlich als ein Lächeln durch Thränen zu bezeichnen pflegt, so soll dieser sinnige Ausdruck auf die | |
[pagina 44]
| |
gluthvolle Dithyrambe des Gemüths deuten, die alle Töne zugleich anschlägt und doch dieses rastlose auf und ab, weil es nur das treue Echo des vieltönigen, aber in sich einigen menschlichen Herzens ist, zu der Wohlthuende Empfindung reiner und in sich befriedigter Harmonie zu zwingen weisz... Das Gemüth des Humoristen muss ein reines und liebenswürdiges Gemüth sein.’Ga naar voetnoot1) Op lewenshouding kom dit veral aan: 'n wêreldbeskouing waarin na versoening tussen werklikheid en ideaal gestrewe word. Reeds Jean Paul het daarop gewys. In sy Quintus Fixlein (inleiding) praat hy van drie weë wat na geluk toe lei: die idealisme wat die reële wêreld minag; die hartlike humor wat hom tevrede verklaar met die oneindige kleinheid wat sy lot is, omdat hy aan sy mikroskopiese wêreld al die prestiege van die gees en die verbeelding toebring; en 'n kombinasie van hirdie twee standpunte, wat volgens hom praktiese humor is. Wie as 'n Plato die ware realiteit èlders, om hom heen alleen skaduwees vind; of as 'n fanatiek gelowige alles aards minag in die lig van die ewigheid: sal nie tot humor kom nie. Die ware humor sien die realiteit, maar in die lig van idealiteit; sien die onvolmaakte, maar tewens ook die waardevolle van die kleine. Sy wêreldbeskouing is uit volheid van sien en belewe geskep. Die humoris bring ons die gelouterde lag, die vrolikheid verfynd tot 'n vreug, ingegee deur teerheid en liefde, dié wat ons dikwels opmerk by mense wat sorg geken het.Ga naar voetnoot2) Sulke humor werk verkwikkend, omdat dit ons die waardevolle van die lewe aantoon, wat tenspyte van teëspraak en onvolkomenheid die lewe lewenswaard maak. Dit is die vertroostende en versoenende boodskap aan wie vermoeid en belade is. | |
[pagina 45]
| |
Vervolgens wil ek met enige illustrasies op bepaalde aspekte van humor nader ingaan. My voorbeelde uit literatuur en kuns in die algemeen sal om my beperkte plaasruimte dikwels enkel herinneringe moet wees. Daar is dan die bespiegeling in humor. Die humoris kontrasteer eindige met oneindige en kom so tot metafiesiese bespiegeling, waarin die eie-ek mee beskou word. Eie innerlik word dikwels beeld van die wêreld met al sy ververhewenheid en dwaasheid, geesdrif en teleurstelling, vreugde en verlange. Die bestaande word op die idee gelê, maar, nie as loutere dwaasheid nie, maar tewens in sy relatiewe waarde. Wie anders handel, mag comédien of satiris wees, is geen humoris nie. Die satiris tref die persoonlike tekortkoming veral; die humoris die algemeen menslike swakhede en gee humoristiese totaliteitGa naar voetnoot1) - om met Jean Paul te spreek. ‘Der eigentliche Grund und Kern des Humors,’ getuig ook Theodor Lipps, ‘ist überall und jederzeit das relativ Gute, Schöne, Vernünftige, dass auch da sich findet, wo es nach unseren gewöhnlichen Begriffen nicht vorhanden, ja geflissentlich negiert erscheint.’Ga naar voetnoot2) So is humor 'n wyse van mense en lotgevalle skertsendernstig te betrag met behoud van innerlike vryheid.
Dat sekere lewenshoudinge meer dan andere vir humor geskik is, spreek wel vanself. Wie b.v. die lewe, met alles wat daarmee gemoeid is, altyd dadelik uit die oogpunt van plig beskou; altyd klaar staan met 'n maatstaf, 'n dogma of 'n moralisasie: is nie deur humor uitverkore nie. Ewemin as wie met sy verstand alles trag te analiseer en te verklaar, op 'n vaste sekerheid meen te kan roem, 'n skool aanhang, en afgeleer het om oor sy eie pretensie te lag. So | |
[pagina 46]
| |
ook skaad 'n lewenshouding wat indiwidualiteit fnuik, humoristiese vermoë. Humor vereis vrye ontwikkeling van die indiwidu en 'n rake blik vir die teenstrydighede wat andere aanneem as konwensioneel in orde, en goed volgens die bestaande moraal. So is menige humoris vry anti-sosiaal en loop hy lig die ergernis op van dogmatiese geeste.Ga naar voetnoot1) Bevorderlik vir humor is die sin vir die pessimistiese kante van die lewe. Humor is onmoontlik met vlakke optimisme te dink, tensy dit 'n ooreenkomstig oppervlakkige is. ‘Unendliche Smerzgefühle’ is die agtergrond van menige skerts ...... ‘das tiefste Unglück des Bewusstseins.’Ga naar voetnoot2) Ook Savage Landor wys op die ernstige aard van die humoris: ‘Genuine humour and true wit require a sound and capacious mind, which is always a grave one.’Ga naar voetnoot3) En Tennyson: ‘Humour is generally most fruitful in the highest and most solemn human spirits.’Ga naar voetnoot4) By die grootste humoriste is dit ook na te gaan. Wie 'n grondtrek van pessimisme in sy wese het, kan die diepere antitese van die wêreld die beste aanvoel. Tog lyk dit my verkeerd om die humoris 'n pessimis te noem, daar hy die hoogste humor bereik júis in die tebowekom van pessimistiese oorweginge. Toe Felix Timmermans ‘in die skaduwees van die dood’ geskrywe het, was hy volslae pessimis en kon ook geen humor bring nie; die ervaringe wat hom die ligpunte van die lewe moes wys, is te gering geskat of teruggedring. Maar toe eenmaal die verlange na die lewe hom oormeester het en eindelik Pallieter dit kon uitjubel in loutere bewondering, toe was ook die donkere skaduwees van pessimisme gewyk. Hoe sterk ook die pessimistiese voele in die humoris aanwesig, tog leef steeds die drang om die newele op te | |
[pagina 47]
| |
klaar en waarde aan te toon en die idee te erken en te aanvaar. Aldus geraak die humoris tot sy wêreldbeeld waar goed en kwaad beide ingeorden is en ook hul konflik as die stu-krag van die werklikheid.
Essensieel bly vir die humoris om in die lewe te staan en die daelikse werklikheid in hom op te neem; te behou ‘le sens de la vie reelle, le contact direct avec elle. L'éloquence, la poesie, l'esprit, peuvent être parfaitement abstraits, exister à une grande distance des choses. L'humour a besoin de s'appuyer sur elles....’Ga naar voetnoot1) Reeds is opgemerk hoe die Romantiek weer natuur en waarheid opgeëis het; maar reeds vroeër, waar daar maar sprake is van humoristiese siening, daar gaan dit van die werklikheid uit. Vir die konflik tussen ‘le sublime et le grotesque’ het die humoris 'n skerpe blik. Ek wil vervolgens, liewer dan voort te gaan met psigologiese beskouinge in die algemeen, u 'n enkel vroeë voorbeeld voor oë stel. Humor as trou aan die werklikheid vind u, hoe onvolmaak dan ook, reeds in die volledige Karel-roman van die dertiende eeu. Dit is die eerste groot werk, waarin die Nederlandse aard in sy liefde vir die realiteit selfstandig aan die dag tree. In Karel ende Elegast bevat reeds die opset humor. Die groot Keiser Karel, wat steeds rowers vervolg het, word deur God beveel om te gaan steel. In 'n bos tref hy die swart ridder Elegast, wat deur hom verbanne is, maar nog trou bly aan sy vors. Karel stel hom voor as Adelbrecht, 'n groot rower. Saam gaan hul dan uit, maar gou blyk dit dat die koning maar baie swak tuis is in die steel-kuns. By die inbreek in die huis van Eggeric van Eggermonde, hoor Karel van dié se snode planne en word dit hom duidelik, waarom God hom op so 'n sonderlinge weg gelei het. Elegast word in sy eer herstel en vorstelik beloon. Kostelik al dadelik | |
[pagina 48]
| |
is Karel in sy verbasing oor die sonderlinge opdrag van die Engel, en in sy oorweginge van sy grote rykdom en mag: Ic ben soe rike,
En es man in ertrike,
Weder coninc no grave
(Die so rike si van haven)
Sine moeten mi sijn onderdaen
Ende te minen dienste staen.
............
Wat node soude mi sijn dan
Te stelene ellendich man?
Sal die skrywer wat dit alles en nog meer aldus opsom van Karel se oorweginge, by sy meely en eerbied vir die koning, die glimlag kan weerhou? Sy gesond Vlaamse sin vir die ongerymdhede in die werklikheid, wat hy orals aan die dag lê, was reeds al énigermate toegerus vir die gevoel van humor. As u die oorweginge van Karel, ná die wonder-baarlike nagtelike opdrag deur die engel, vergelyk met die oorpeinsinge van 'n mistikus na 'n visioen, dan sien u dadelik 'n verskil van werklikheidsbeeld. In die laaste geval is die werklikheid God en Sy mistieke wese oweral, en geld dit verder sy kerklike dogma, wat die ervaring in bepaald religieuse omlysting inorden. Maar by eersgenoemde is die werklikheidsbeeld 'n aardse, die resultaat van al sy belewinge in die realiteit van elke dag; en as die sonderlinge roepstem tot hom kom in die nagtelike uur, dan is dit nie sy religieuse lewe wat in die eerste plek (of in die geheel) 'n gaotiese element voel binnedring nie, - 'n ondeug hier wat hy by andere swaar straf - maar is sy nugtere kyk op die werklikheid vertroebel en staan hy verbouereerd oor die nodeloosheid van diefstal vir wie skatryk is. Daarom staan hy voor ons in sy lagwekkende raideur. Ook die skrywer stel sy rykdom voorop in die allereerste verse. So kry ons die konflik in die werklikheid, wat so sterk komies werk en in die lig van die ideale en geestelike, maar veral menslike, 'n sagtere toon bereik. | |
[pagina 49]
| |
Ons skrywer soek steeds na die realistiese teëstelling. Karel ontmoet die swart ridder in die nag en meen dat dit die duiwel is: ‘Waer hi van Gods halven iet
Hi en ware soe swart niet.’
Rake psigologie verder in die siening van Karel na die tweegeveg, as hy hom voorstel as 'n groot rower met nog veel minder gemoedsbesware as Elegast self. Waar hy in sy hart God nog dank dat hy waarlik hulp het in Elegast vir die hom onbekende taak, daar lieg hy uit nood. Pragtig is die voorstelling teen die werklikheid van ons wete met opset gestel. Weer sien u die glimlag van ons gemoedelike outeur. Dink verder aan die kostelike kouter-geskiedenis, met die naïef-gemoedelike siening van Karel, wat dadelik 'n leun beraam, alles in die trant van sy fantasie. En dan die towerplantjie waarmee Elegast die taal van die diere verstaan en te hore kom dat die koning daar is; die vrees van die ridder en die floue uitkoms van die koning! Ek is my bewus van die gevaar in dit alles iets moderns te wil lees en tog glo ek dat ons hier met 'n vroeë, sy dit dan ook nog baie onvolmaakte, voorbeeld van humor te doen het. Die skrywer begin homself al rekenskap te gee van sy eie belewinge. Hier is ook al die frisheid en klaarheid wat ons later so seer bewonder by 'n Matsijs of 'n Van Eyck. Naas Karel ende Elegast moet ek tenminste noem die heerlike Reinaert met sy werklikheidshumor. Deur Prof. PrinsenGa naar voetnoot1) e.a. is reeds breedvoerig die aard van die vertelling gekenskets: die geestige spot met die ridderromans, die kostelike satiere op logge gesag en vorstelike domheid en hebsug, die sluheid van die opkomende nuwe volksgees in die vos gesimboliseer. My res alleen die voorreg van 'n enkele herinnering. | |
[pagina 50]
| |
Sien die lykstoet van die hen Coppe, deur Reinaert om die lewe gebring, met Canticleer die haan voorop, ‘sine vederen sere slaende’, en haar jammerende broers met die brandende kerse in hul hand. En dan die roerende verhaal van die haan in sy gekwetste fierheid! Hier is ware realisme, wat tog soos in die voorafgaande weer getemper is deur iets idealisties. En alles so pragtig vry van die latere dogmatiese toon. Dit is die werklikheid gesien deur iemand wat dit deurvoel en hom daarbo kan verhef, bewus van meerderheid. Dit sien u later nog beter in die treurige lot wat die arme skyn-belangrike wolf en beer tref, as hul geboei en gemartel word en Reinaert verhoog in hul plaas. Hier weer die lag in medelye. Die satiris deur waarde te gevoel ook by wie hy bespot, is tot humoris gestyg. F. Buitenrust-Hettema neem as volg die geheel same: ‘zo, vol humor: vol fijne medelijdende glimlach, onder al het ergernis opwekkende treurige, de overtuiging dat het recht wint - is de vite van den Vos Reynaerde.’Ga naar voetnoot1) Karel ende Elegast, De Reinaert, pragtige voorlopers van die realistiese blik op die daelikse werklikheid, wat, soos Prof. Prinsen duidelik uiteensit (Handboek), die ganse periode van literatuur en kunsontwikkeling kenmerk. Naas die geestelike is dit die grootse lyn van skoonheid en waarheid wat die krag en glorie uitmaak van die Nederlandse literatuur, naas die nog groter heerlikheid van die Nederlandse skilderkuns. Maar nog 'n groter naam as Breero of Rembrandt wil ek hier tenslotte noem, want ook in humor van die werklikheid is dit: Shakespeare und kein Ende! Waar Plato en Dante as 't ware deur die werklikheid heen geskou het na 'n idee, daar het hul ook nie die hoë humor bereik nie. Vir Shakespeare was dit gegee om in die werklikheid te staar, miskien op 'n bepaalde gebied nie so diep as Dostojefski nie, maar van 'n punt hoog genoeg om die ganse lewe te | |
[pagina 51]
| |
öorsien en sy diepste komiek en tragiek saam te laat smelt in sy werklikheidsgevoel as die hoogste humor van die hoogste begenadigde. Die groot humor weet dit tot 'n totaalgevoel te bring, wat sy werklikheidsbeeld verder belig. Maar dit veronderstel 'n sekere agtergrond van kennis, en hiermee bedoel ek natuurlik nie juis wetenskaplike kennis nie, maar die resultaat van daelikse ervaringe en nadink daaroor. Sulke kennis moet breed genoeg wees om storende elemente in die werklikheidsbeeld te kan inorden; ook moet dit gekonsen-treerd kan optree as intuïesie. So 'n prakties intellektuele agtergrond dan is nodig, naas ons liefde en skerpe blik vir die realiteit. Natuurlik is dit nog nie die enigste vereistes vir humor nie. Te grote gebondenheid aan die realiteit kan selfs humor uitsluit, daar die nodige vryheid van bespiegeling en die verbinding met die ideale nie bereik word nie. Daarom is so vele realiste en naturaliste tog tenslotte humorloos. Tereg merk Goethe êrens in Grenzen der Menschheit op: ‘Erheben wir uns in die Höhe, so können wir keinen festen Fuss fassen, und stehen wir fest auf der Erde, so gelangen wir nicht in die Höhe.’ Die groot humoris is Carlyle se ‘philosopher’, ‘to whom the Highest has descended, and the Lowest has mounted up; who is the equal and kindly brother of all.’Ga naar voetnoot1)
Ook 'n sekere meerderheidsgevoel gaan met die bespiegeling van die realiteit gepaar. Ek doel hier op die innerlike vryheid van wie bo sy observasieterrein kan uitstyg, en natuurlik nie op enige selfverheerliking of 'n gevoel van eie voortreflikheid nie. Nog minder is dit die afsydige houding van Stoïsisme. Dit is 'n sielshoogheid wat geen teëspraak of weerstand ontwyk nie en vol simpatie teenoor die geringe en swakke staan. Dit is nie die neerbuigende vriendelikheid van 'n Beets-in-pose, of sy nou en dan na vore tredende braafheid nie, maar die geesteshoogheid van 'n | |
[pagina 52]
| |
Betje Wolff teenoor huigelary en bekrompenheid, ongeloof in die godsdienstige, onhebbelike gedrag in die skouburge, geleerdheid by savante vroue, sekere sedes van ‘brave lieden van den ouden tijd’, ens. - waarby sy haarself teken as byna prooi van ligsinnigheid in Saartje Burgerhart. Dieselfde gemoedshoogheid toon Aagje Deken deur in die bedilsieke Anna Willis haarself in humoristiese beskouing te neem. Selfs in die hewigste hekelinge van skraaplustige huigelary vertoon hul 'n innerlike waardigheid. Maar waar simpatie meespreek, tree 'n pragtige grootmoedigheid aan die dag. Daar is die enigsins vals-beskeie, maar in-goeie Abraham Blankaart, wat die skrywers met soveel liefde en humor gesien het. Ek kom hier alleen op sy meerderheidsgevoel terug, waar hy die stroewe brompot Jan Edeling, wat in sy huis alléén die wet afkondig, en meen dat 'n huwelik tussen mense van verskillende kerklike gesindheid verkeerd is, op 'n keer heerlik in sy swak weet aan te tas, hom onder enige vleiwoordjies wel goed weet te roskam en tenslotte te oortuig met 'n geestige argument gebaseer op 'n Bybel-teks. Ek haal alleen die endreëls aan: God de Heer geeft ons, zijne kinderen, wel reden van zijne bevelen: ‘doe dat, opdat het u welga,’ staat er dat niet in den Bijbel? En zullen wij nu zoo misselijk en zoo boos zijn, dat wij onze kinderen, in plaats van brood, slangen en schorpioenen in den mond proppen? Had, bij gelijkenis, Luthers vader eens gaan zeggen: ‘Luther, ik versta niet, dat je Luthersch wordt, jij zult paapsch blijven, want wij zijn van 't begin van de wereld af allemaal paapsch geweest; en zoo jij 't in je kop krijgt om van ons oud geloof af te gaan, zullen wij eens wat anders bij de hand vatten.’ En was Luthers vader evenwel zoowel de vader van Luther niet, als Jan Edeling vader is van zijnen zoon Hendrik; en waar was dan je heele geloof gebleven? | |
[pagina 53]
| |
Sien u, Edeling is streng Luthers en wil nie in die huwelik van sy seun met die vrysinnige Saartje Burgerhart toestem nie. Maar hy onderwerp hom aan Abraham Blankaart en is groot genoeg om dit te erken in 'n brief aan sy swaer. Hierin blyk weer die ruime simpatieke blik van die skryfsters op mense van ander gesindheid: ‘Lag me nu eens helder uit, Pastoorsche, gij hebt gelijk: maar ik zal uw man de heele zaak vertellen. Zoudt gij ooit geloofd hebben, dat Jan Edeling, die, hetgeen hij ééns begreep, om lief noch leed losliet; die van geen Christenmensch op de heele wereld tegenspraak dulden wilde, dan van u; dat Jan Edeling, zeg ik, door Blankaart zoodanig overhoop gegooid is, dat ik met mijn hoed onder de arm, zijne pupil voor onzen Hendrik ten huwelijk gevraagd heb? en 't geen nog meer zegt, dat ik zeer met dit door mij gedaan verzoek in mijn schik ben? Die Bram! Zoo een man leeft er niet meer. Hij heeft mij zoo vast gezet en zoo ouderwetsch mijn zaligheid gezegd, dat ik boos op mijzelf werd: want er is wat aan Pastoor: ik ben nooit een vriendelijk man of een minzaam vader geweest: 't wil maar van hem gezegd worden; 't is een raar mensch!’ Edeling vertel verder dat dit baie swaar is vir 'n man van sy soort om skuld te erken, veral teen sy kinders. Hy erken ook dat sy ‘Satansche nukken’ hom dikwels 'n minder goeie eggenoot gemaak het. En vervolg: ‘Ik zou 't mogelijk nog niet opgegeven hebben: doch mijn arme jongen zag er uit, of hij uit een gieter gedronken had: en toch, ik houd veel van den knaap; hij heeft mij altoos zoo op mijne gedachten gediend. Met Kees heb ik nog wel zoo eens een aardigheidje gehad; maar Hendrik was altoos, zooals ik (tusschen ons) in zijne jaren niet was. Hij is geheel zijns moeders kind; week gebakken! Hij kan geene | |
[pagina 54]
| |
moeite verdragen; met een benauwd hart ging hij op reis (ik kan op hem af) en heeft alles in zoo korten tijd afgedaan, dat het zoo niet te zeggen is. Kort gezegd, het mannetje van binnen klopte zoo verbruid bij mij aan, dat ik besloot om den jongen zijn zin te geven; en nu is hij zoo dankbaar en luikt zoo op, dat mijne oogen overloopen.Ga naar voetnoot1) Dit is die konfessie van 'n eenvoudige man, grootmoedig en eerlik, met juis dié gevoelige en naïewe trekkies wat dit tot so 'n innige genot vir die leser maak. 'n Skepping, geheel volgroei in die simpatieke atmosfeer van lewenshumor, is die kostelike heerlikheid wat Saartje Burgerhart vir ons is en bly. Die meerderheidsgevoel van die dames Wolff en Deken, wat ek hul humor-ὕβρις wil noem, gee hul die rustige kyk op die lewe, die krag van logiese analiese en die beheersing van hul satieriese gevoel, wat my hul kuns van so 'n veel klaarder en dieper skoonheid maak, as die, weliswaar geniale, maar vermoeiend daar op los slaan van die stormende Multatuli.
'n Punt wat ons alhier met 'n enkele opmerking nog kan bespreek is 'n sekere naïwiteit, wat ons reeds by verskillende humoristiese karakters teëgekom het. Dit is die liefdevolle sien van die naïef-komiese, wat soveel meer 'n jongere land of natuur-ryke lewensverhoudinge kenmerk, as 'n verintellektualiseerde kultuur of tydstip daarin. Hier moet 'n grond gesoek word vir die afwesigheid van humor | |
[pagina 55]
| |
by die Tagtigers en die bloei daarvan in die 18e eeu en vandag nog in Vlaandereland. Humor is die atmosfeer van natuurlikheid, wat as naïwiteit geld by materialisme, egoïsme en decadence, die hoë kultuur met sy gêne en sware (of mode-)ernstigheid. Natuurlik kan laasgenoemde ook weer die grond vir meewarige spot word deur wie die verstandigheid van dwaasheid wil verheerlik. Nog bly die Erasmus uit om 'n lof te sing op naïewe oubollige sotheid! Maar in 'n ruimere sin gaan humor en naïwiteit saam. Selfs by die so tragiese Hamlet of die ironiserende Faust sal u iets van die diepere natuurGa naar voetnoot1) vind, wat hom so dadelik gee in naïewe eerlikheid - in humor. Dikwels is die humoristiese voorwerp homself bewus van sy lagwekkende doen, maar tog eweseer ook dat daarin 'n onaantasbare kern van waarde aanwesig is.Ga naar voetnoot2) So kan iemand oor sy eie swakhede lag met die lag van die humoris, wat nie, soos Lipps opmerk, die laaste lag nie, hoewel ‘am besten.’ So kon die groot humoris, Socrates, welbewus oor sy eie gedramatiseerde optreë in Aristophanes se Wolke met die skare saamlag, nie alleen omdat hy hom bewus was van die endseëviering van sy ideë nie, maar ook omdat hy die skare volmaak begryp het en in staat was om hul houding teenoor hom in sy ervaringsbeeld te kan tuisbring, selfs die relatiewe reg daarvan te kan erken. Dit is die volle selfkennis, waarop Burns in die bowevermelde strofe doel. Kuno Fischer betoon êrens die waarheid, dat sulke selfkennis van 'n Sokrates nie moontlik is nie, sonder helder beligting van eie karikatuur, sonder die komiese voorstellinge van andere vrolik oor ons te laat gaan. Dáárop was nie alleen die onverstoorbare wysheid van Socrates gegrond | |
[pagina 56]
| |
nie en sy oorblik van tydelike horisonte, maar ook sy titaniese verhewenheid bo almal en alles in sy tyd. Dit ook is die volle betekenis van 'n sin vir humor te besit: nie, soos in die populêre spraak verstaan, die vermoë om die lagwekkende van 'n persoon, handelwyse of situasie snel te kan vat nie - want dit kan nog alleen vir ons sin vir die komiese pleit - maar om ook onsself in humoristiese beligting te kan sien. En dit vermag weiniger mense as ons allig vermoed. Dit veronderstel innerlike grootheid, krag van logiese toepassing en 'n stemming teenoor die werêld en onsself wat gebaseer is op ryke, eerlike en versoende innerlike ervaring.
Sien vervolgens 'n ander grond vir humor, n.l. weemoed en verlange. U vind die stemming, hoe onvolmaak van harmoniëring ook, reeds baie vroeg in die literatuur. Neem as voorbeeld die Decamerone, waarin 'n sekere eenheid van menslike gevoel is na te gaan, 'n bepaalde verlange na iets wat Boccaccio in die lewe moes ontbeer. Dié gevoel het menige liefdespel - deur preutse krietisie dadelik as immoreel veroordeel - vir ons 'n hoëre betekenis en diepere sin laat kry, waarin so veel liefdesverlange, liefdes-oorheersing en - plig, daelikse lewenstragedie ook, opgelos word in 'n skynbare uitgelatenheid, wat inderdaad húmor verraai. Liefde is 'n heerseres wat met geluk of onverskilligheid of bittere teleurstelling, ook met weemoed en verlange soms vervul. Onder die lugtigste vertelling hoor u dikwels 'n sug van die outeur om liefdesherinnering en u sien 'n weemoedige glimlag op die gelaat van wie alleen skerts en vrolikheid skyn te pleng. Plaas naas Elena of Madonna Ermelina of menige hoogmoedige of trouelose vrou uit die vertellinge, een van u eie kennisse uit verdigting of die lewe, en u sien ooreenkoms in lewenswaaragtigheid, hoe verskillend ook die Toskaanse milieu. Liefde is hier die bron van verlange... Hierdie mening is o.a. ook Prof. André Jolles toegedaan in | |
[pagina 57]
| |
sy pasverskene werk.Ga naar voetnoot1) ‘Steeds blijft hij (Boccaccio) trouw aan zijn opzet om de wereld geluk te schenken, als vergelding voor den troost, dien anderen hem in moeilijke levensdagen gegeven hebben, om leniging te brengen aan zwakken, bedroefden, in het bijzonder aan de vrouwen. Op het toppunt van zijn kunst geeft hij zich geheel: met zijn geresigneerdheid, die geenszins zijn kostelijken levenslust kan vernietigen, met zijn zwaarmoedigheid, die elk oogenblik bereid was, in ironie - ook in zelfironie om te slaan, met zijn wereldverachting, die nimmer een innige vreugde aan de schoone en vermakelijke dingen dezer vriendelijke aarde uitsloot, met zijn gemor en gepruttel, dat zich toen ter tijd zoo goed en zoo gaarne verbond met een gevoel van weelderigen overvloed. En als wij ons van deze dichterstem eenmaal doordrongen hebben, dan hooren wij haar ook in de novellen.’ En verderop: ‘De novelle moet een gebeurtenis geven, die ons als waar aandoet, maar het moet een gebeurtenis zijn van dringende beteekenis, dat wil zeggen een waarheid, waaraan wij behoefte hebben, wier tragische of komische inhoud aan onze gedachten, aan ons leven ontbreekt. Wanneer de waarheid een spiegelbeeld is van hetgeen wij zelf beleven, gaan wij haar onverschillig voorbij; eerst als zij een geestelijke leemte vermag te vullen, grijpen wij naar haar. Zoo is in de erotische novelle de liefde niet hetgeen wij bezitten, maar hetgeen wij missen; Amor niet de God van wat wij hebben maar van hetgeen wij verlangen. Niemand heeft het beter geweten dan Boccaccio; hij schreef voor de vrouwen, wier gemis hij in zijn voorrede gedenkt, misschien voor zich en zijns gelijken - niet voor gelukkige minnaars, laat staan voor losbandigen.’ Dit is die diepere betekenis van die baie gesmade, maar eeue lang alom gelese Decamerone; dit ook is Boccaccio se humor van verlange. | |
[pagina 58]
| |
Weemoed en verlange is ook 'n spesiale kenmerk van die Romantiek. 'n Karakteristiek van sy humor is dikwels die afwesigheid van die teenwoordige in die fantastiese droomwêreld van die outeur. Op die uitgebreide humoristiese literatuur van die Romantiek kan ek nie alhier ingaan nie. My is dit alleen om enkele voorbeelde te doen wat wys op die verlange wat die werklikheid nie meer kan bevredig nie, die sug na die verlede en die glorie van weleer, met die humor van die tweespraak. 'n Hele skaar van Engelse humoriste beweeg voor u. Daar is verder Jean Paul en Heine in Duitsland; in Frankryk die singende en verlangende De Musset. ‘De humor, den tweestrijd beschertsende - de blijde voortgang uit tegenstrijdige beginselen - wat anders dan zulk een ontwikkeling is het karakter van de negentiende eeuw geweest? - evolutie is het woord in de wetenschap,’ skryf VerweyGa naar voetnoot1) en wys so op die twede element: verlange. Ek wil die romantiese humor van Potgieter hier toelig, seker nie omdat hy die beste gee nie, maar omdat hy wel die mees verteenwoordigende romantikus in Holland is en ek Carlyle reeds genoem het. Vereerder van die 17e eeu, verteenwoordig hy ook die vooruitgang van sy tyd en wys hy op die toekoms. Sy weemoed en verlange dra soms die glimlag van gees en hart. Tog dien opgemerk dat hy dikwels bly staan by ‘een spel van den geest met de verbeelding.’ Wat Verwey so mooi opmerk in verband met humor: o.a. ‘haar (verbeelding) ongerijmdheden te begeleiden met deernis, de botsing van haar zielsstrijd, den schreeuw van haar pijn, het snikken van haar hartstocht te troosten en te verzoenen in den weemoed van zijn weten...’1): dit alles kan ons by buitelandse skrywers so veel skoner verteenwoordig vind. In Het Noorden vind u reeds die romantiese grilligheid en sy skerpe kontras tussen verbeelding en werklikheid, sy | |
[pagina 59]
| |
rustelose gang en geestige spel in tallose uitweidinge, maar ook die toon van verlange. Sitate moet agterweë bly. Ek noem vervolgens die humoristiese Lief en Leed in het Gooi. By alle waardering vir die waarlik mooie dinge daarin, steek so 'n werk tog enigsins af by Engels-gevoelige en -realistiese humoristiese geskrifte. Stel teenoor Potgieter se humor die mymerende stemming van 'n essay van Elia en u maak 'n onderskeid tussen 'n hoogstaande kunsvoort-brengsel en die gloedvolle ditirambe van die gemoed. Ek meen in Lief en Leed in het Gooi te vind die uiterste konsekwensie van Potgieter se intellektualiteit in die geestige en humoristiese van kultuur; waar ek in Pallieter die suiwerste konsekwensie van Vlaamse aard en humor vind in al die malsheid en sappigheid van natuur. By Potgieter vind u droom en tug - siedaar hoe Verwey Potgieter weer raak kenskets - droom oor die verlede en toekoms, die goeie in die mens, in een woord: vryheid; tug, die kind van sy welbeoefende en verfynde rede, wat die praktyk ken, en dit weet in te order in sy fantasie. Deur sy etiese aanleg onderskei Potgieter hom dadelik van die volbloed romantisie van ander lande. In Potgieter is die moralis en die estetikus een. Sy psiegiese energie was trouens ook te swaar vir loutere fantasie-lewe. In Lief en Leed in het Gooi spreek sy liefde vir die verlede en vind ons intellektuele spel, wat soms herinner aan die Sentimental Journey of die Harzreise. Daar is ook die sekere verlange van sy idealisme wat sy humoristiese uitweidinge verinnig. Mooi klink tussen die dikwels so gemaniëreerde geestigheid die warme: ‘O, de luite van Hooft, wie bespeelt haar weer?’ Waar die verhouding tot die teenwoordige wegval kry ons die suiwer romantiese humor, maar by Potgieter is dit nooit heeltemal die geval nie en bly sy humor verbonde met die daelikse lewe. Na dit alles ontbreek my plaasruimte vir 'n volle waardering. Ek gee aldus enkel 'n sitaat uit die wonderlik mooie Jan, Jannetje en hun Jongste Kind, waarin die futloosheid | |
[pagina 60]
| |
van die nageslag van stoere voorouers gestriem word, met sy ondertoon van weemoed om die waardevolle wat uit die lewe verdwyn het, maar ook met 'n toon van blye verwagting, wat gebaseer is op die hede. Sien dan: Den langen slungel die ginder slemp schenkt en ginder slemp lept: welke doffe oogen! - welk een meelgezicht! - welk eene houding van slierislari! - welk eene ergernis vooral, als ik het u niet langer verhelen mag, dat dit ongeluk de jongste zoon is van Jan en Jannetje; hij, de patroon aller slaapmutsen, aller soepjurken, aller sloffen ten onzent! hij, Jan Salie!Ga naar voetnoot1) Pragtig is dit waar Jan, deur die vurige woorde van die energieke Jan Compagne opgewek tot nuwe lewensmoed en 'n vaste vertroue op wat nòg in die volksiel lewe, sy verwyt omsit in selfbeskuldiging. Hier klink vreugde, berou, verlange en verwagting saam in kostelike humor (waar ook die naïewe nie uitgesluit is nie). Hy vervolg: ‘Janmaat! ... kom naast mij, jongen!’ - en de trouwe borst springt op, alsof hem het sein werd gegeven in zee te steken, zoo rap en zoo blij! - ‘Janmaat! gij zijt altijd een man van daden geweest en niet van woorden, - vergeeft ge mij? ik zal me beteren!’Ga naar voetnoot2) Leunende op die arm van Janmaat, gaan Jan na die Hollandse tafelvreugde. En die moeder vra: ‘Vader! mag Jan Salie meê aanzitten?’ | |
[pagina 61]
| |
Dit is van die merkwaardigste prosa in die Nederlandse taal en van die pragtigste satieriese humor daarin. Maar wil u die gemengde stemming van weemoed en verlange in humor so kan u ook goed tereg by de Genestet. Ek noem u sonder meer die bekende St. Nicolaasavond en 'n Liedje van Verlangen. Weemoed en verlange sal ook dikwels nog in ons Afrikaanse literatuur aangetref word. Maar buiten alle literatuur om, let op die moedige aanpak van die daelikse lewe en die weemoedige glimlag op die gesig van vele stille heldinne by dinge, wat omstraald is deur die lig van verwagting om wat sàl kòm, of van herinnering. Orals is die humor wat van triestige geluk vertel, van stille lewenstrou. George Elliot is in haar briewe die tolk van die poësie en patos, wat in 'n mensesiel kan verborge wees, wat mat uit groue oë blink en met 'n stem van o, so gewone klank spreek...
Die simpatie wat aan die realiteit en ons kennis die juiste grondstemming gee, wil ek nog wat nader illustreer. Dit is die simpatie wat agter die lagwekkende waarde ontdek en sigself weet te gee, waar egoïsme en starre dogma afsydig staan. Die humoris bly mens onder die mense. Hy beoefen die gebod van liefde, wat alles begryp en so baie kan verdra. Sy simpatie is dikwels in die skool van lye gebore. Vele mense leer om hul grense van grootmenslike simpatie uit te sit eers deur die broederskap van smart. Waar dogma dikwels verstar tot onverdraagsaamheid saam met die woord van liefde, daar is dit sùlke medelye wat die glimlag bring en deur dade spreek. Laat my u alhier verwys na die ruimere blik van die nuwere letterkunde. In die eerste plaas dan humor van simpatie. Naas die voorbeelde reeds deur my genoem, mag ek selfs nie in 'n vlugtige uiteensetting die naam van Felix Timmermans verbygaan nie. Prof. Vermeylen skrywe van hom: ‘Niemand heeft wellicht op zoo aantrekkelijke wijze die twee hoe- | |
[pagina 62]
| |
danigheden vereenigd, die dikwels de beste Vlaamsche kunst kenmerkten: den klankrijken kleurenglans der zinnelikheid, mèt de innigheid van het gemoed, - die liefde voor den uiterlijken luister van het leven, mèt dien intuïtieven zin van een hart, dat zich door zijn eenvoud zelf gelijk voelt met het mysterie.’Ga naar voetnoot1) Die eerste sal veel glundere komiek inhou, die twede veel simpatie: tesame die breë, malse Vlaamse humor. Rond het Ontstaan van Pallieter gee u reeds die wording van die werk aan. Die onbekommerde, onverantwoordelike swelg in die genot van die oordadige natuur, die jubelende natuurliefde, is uit ‘zielstribulatiën’Ga naar voetnoot2) gebore. In die skemeringe van die dood was die groot eenvoud van die lewe aan die vermoeide soeker na die raaisels van ons syn geopenbaar in grote glans, en toe was 'n eindelose verlange in hom opgekom om enkel maar te lewe, léwe. Só het Pallieter ontkiem in die donkere aarde. Sùlk 'n uitlewing van verlange moes 'n groot alomvattende liefde vir die ganse natuur en 'n uitgelate gevoel van broederskap kenmerk. Pallieter, Charlot, die Pastoor, Fransoos, Marieke, tot die ooievaar en die bok toe, is met groot simpatie gesien. 'n Pragfiguur al dadelik is Charlot, die ‘gelovig vliespaleis’, in haar beminlike naïwiteit. Sien haar opgewondenheid voor die Prosessie in haar ydelheidjie met die mooi mandjie strooisel: ‘Wa zal onze Lieven Hier blij zijn mé zoe schoe stroessel!’ zei Charlotte handenwringend. Pragtig is haar verbysterende geluk as sy van Pallieter se voorgenome huwelik hoor: | |
[pagina 63]
| |
‘Is man bed bried genoeg veur ons getwieë?’ vroeg Pallieter. In haar blydskap en teleurstelling, haar humeurigheid en uitgelatenheid, met gebedeboek of by die wyn, altyd bly sy die eg menslike, mooi objektief-humoristies gesiene karakter. Uit vele voorbeelde het Timmermans hierdie Charlot geformeer: 'n greep uit die malse en sappige Vlaamse aarde. Ewe eg is ook die jowiale Pastoor, so beminlik in sy menslike swak vir goeie ete, drinke en lewensvreug. Hy leef met ons held mee, deel in sy lewensjubel, en waar onverdraagsaamheid van gewaagdheid in behandeling spreek kan ons hom alleen liefhê. Sien die kostelike stelletjie: Marie met haar drieling, Charlot, Pallieter en die goeie Pastoor: ‘Haalt Bakels, peters, wiegen en suikerboene (roep Pallieter)! De drij hemskindere zen gebore!’ | |
[pagina 64]
| |
saam en hij keerde zich om tot Pallieter, en zei: ‘Gelukkigen druivelaar,’ en dan tot Marieke: ‘Meske, meske, God zied oe gere,’ hij drukte hun de handen, en de tranen schoten in zijn oogen. Pallieter self is die derde groot objektief-humoristies uitgebeelde karakter in die Nedl. letterkunde en neem 'n waardige plek in naas Reinaert en Uilenspiegel: aldrie uit die groot land van humor, waarnaas niks in die Dietse literatuur te stel is nie. Die natuur-abondansie van Vlaandere is mens geword - siedaar Pallieter! Die leser moet egter nie Timmermans vereenselwig met Pallieter nie. Pallieter is, soos reeds opgemerk, 'n verlange, en ook die rykste verlange van ons matte psigo-analiese na 'n nuwe jeug! Pallieter is die weelderige natuur self, maar deur 'n mens gesien uit 'n donkere grot en só met lewenshumor deurtintel. Ek durf hier nouliks siteer waar alles ewe kostelik is. Maar sien hom staan in sy kostelike uitgelatenheid van lewens-vreug en aardse geluk, sy pragtige naïwiteit, met sy komiese woord en daad. In die liewe lenteson sien hy die pastoor uit sy kerkboek lees en meteens kry hy ‘goesting om het | |
[pagina 65]
| |
goede weer te psalmeren.’ Maar as hy in die ou verlugte Bybel lees van al die vettigheid van die aarde, kry hy so lus vir heuning, dat hy dit moet gaan eet op 'n bruin beskuitjie. Hy is dronk van natuurweelde: ‘O Heer, mijn billen worden licht als strooi en omhoogwillend lijk sprinkhanen. Het is, o Heer, alsof Gij in mijn buik een orgeltje hebt geplaatst.’ Voor die wasse beeldjie van Maria steek hy 'n kers aan en sê: ‘As da schoe weêr ij schuld is, dan heddet verdiend!’ Die teënhanger van Pallieter is die filosoof wat die son verbygaan om 'n wêreld-sisteem te soek! Tog is Pallieter nie sonder iets van weemoed opgebou nie. Ewentjies huiwer op 'n enkele plaas die sagte droefheid om die skoonheid wat moet sterwe.... Ek herinner aan die plek waar Pallieter twee reiers in die verre lugte sien swewe: ‘Ze waren vol mysterie en gaven een diepe indruk.’ Iets van hul siel skyn in die lug agtergebly en as hy na huis toe loop voel hy geroerd ‘tot in die klokhuis van sy siel.’ Ek wys u eindelik waar Pallieter 'n boom koop in die Begijnenbosschen. Dit was die koning van die woud en Pallieter kon dit nie oor sy hart kry dat hy gevel sou word nie. ‘Groeit!’ (roep hy die boom toe) ‘groeit! mokt blare en neutjes, groeit gelijk ge wilt, en verberg de konijntjes onder uwen grooten voet, groeit!’ En in die skors skrywe hy: ‘Melk den dag!’ Weemoed daal in sy siel: wyl hy hier so sielsgelukkig is om 'n boom, is ginder die wêreld vol ellende en verdriet | |
[pagina 66]
| |
en lewe die ongelukkige mens om te sterwe ... In die lig van sulke oorpeinsinge kry die humoristiese aard van Pallieter vir ons 'n dieper toon. Naas Pallieter staan die groot-humoristiese figuur van Pirroen uit Annie Marie ... die kort-af, dwase, in-goeie Pirroen, met sy sonderlinge Dolfijn-camaraderie en sy humor-ryke en hopelose liefde vir die adellike Césarinne! U moet lag om Pirroen waar u vir hom die meeste jammer kry. U hou van hom juis om sy sonderlinge doen en vergeet hom nie weer nie. Pirroen en Césarinne gaan uit wandel. ‘Vandaag komen wij arm aan arm terug de stad in, recht naar den pastoor,’ dacht Pirroen. Sy het haar so mooi as moontlik gemaak om Pirroen die huweliksvraag uit die mond te lok. Maar Pirroen durf nie. Tog meen hy al dat dit gemaklik sal gaan om haar te kry. ‘Maar ze moet eerst beginnen, ze weet genoeg voor wat ik met haar ga wandelen,’ dink Pirroen. En zij wandelden en hij plukte bloemen voor haar, boterbloemen, madelieven en klaverpluskens, en hij vong zelf een vischken uit een beek en gaf het haar blij en fier, als gaf hij haar de grootste schat. Césarinne murmel 'n lied. Pirroen fluit op 'n rietjie en | |
[pagina 67]
| |
maak 'n gons-musiek. Dit was 'n egte pastorale in die mooie landskap. Maar 'n bloemkoolwolk het opgedik en dit donder. ‘Het dondert,’ zei Césarinne verrast. Hy wou haar nie vra nie, hy moes hom groot hou: en sy het niks aan hom te sê gehad nie. Op 'n ander keer het sy hom wreed geweier, en hy besluit om eers 'n begrafnisfees aan die Dolfyne te gee en dan die lewe te te verlaat. Pragtig is die macabre humor hier. Die sonderlinge voorbereidsele word vir die selfmoord gemaak, maar ... Césarinne kom binne. ‘Dat pistool, Simon?’ | |
[pagina 68]
| |
Maar as sy hande eenmaal skoon is! ‘Dezen avond gaan wij nog naar den pastoor,’ zei hij bevend van geluk. Met meer plaasruimte sou ek ook wil aanhaal uit die lieftére humoristiese siening van die Kersverhaal wat in Vlaandere speel, en die fyne, soete, weemoedige, graselike humor van De zeer Schoone Uren van Juffrouw Symforosa Begijntje. Juis in die liefdevolle sien van die kleine, geringe en eenvoudige toon Timmermans hom so 'n ware humoris, en daarom sal die leser my lang sitate miskien verskoon. Sulke kwaliteite is van seldsame betekenis. Timmermans is m.i. die mooiste deur-en-deur humoris in die Nederlandse literatuur.Ga naar voetnoot1) Maar dit word tyd vir my twede onderdeel: humor rond onverdraagsaamheid.
Ek noem alhier die skrynende lewenshumor in die sublieme kuns van de Meester. Sien humor-in-tragiek, waar 'n eenvoudige dorpskind Geertje, in die gelyknamige werk, haar-self geheel verlies en vind in 'n edel-sinnelike liefde tot 'n poenige ‘meneer’. ‘Er gaat een broze ontroering doorheen, een nerveus-dichterlijke liefdesdrang die weemoed en jubel tegelijk is, maar de jubel zacht gesmoord door den weemoed en de weemoed doorklankt van den jubel.’Ga naar voetnoot2) In weiniger woorde as Is. Querido alhier het niemand die duister-deurligte stemming van die groot romanskrywer aangedui nie. Dit ook is die diepere humor van Geertje: jubel om hoogedele liefde | |
[pagina 69]
| |
in 'n eenvoudige werksmeisie; weemoed om haar lye in 'n liefde-lose wêreld, om die laagheid en loosheid van loutere lyfsbegeerte, die teregwysing van kruipende huigelary en die opreg-bedoelde, maar droewig-enge sekerheid van steile dogmatiek met sy ‘kast met laadjes’, wat binne 'n bekrompe ervaringshorison die doodeenvoudige, reghoekige lewenskode van homself en brawe dorpsgenote gaan aanwend, om die struikelende gaan op hom onbekende kronkelweë te beoordeel. En waar begrip faal, hoe sou met die beste bedoelinge simpatie en vergewensgesindheid, d.w.s. ware menseliefde die helpende hand kan reik? En daar waar die bybelwoorde so dik in die mond lê, word tog die hoogste gebod van die liefde gesmoor in gekwetste eiegeregtigheid, gevoel van verongelyking, kille veroordeling en daarna - praktiese konsiderasies! Sonderlinge ironie, voorwaar. Maar bo alles triomfeer die idee, die vertrapte liefde van 'n edel siel: ‘Die man heb ik lief, en altijd, verstaat u, na me dood nog, ten eeuwigen dage, zal ik van hem houe, dié man!....’ Dit is die diepere lewenskern, wat so hoog-moreel is en ten spyte van alle tragiek nog die glimlag van verlossing bring. Ek kan hier ewe nog noem De Meester se ander groot werk: De Zonde in het Deftige Dorp: die verhaal van die mooie Dina, wat deur die seun van die dominee by wie sy werk, verlei word. Die slagoffer tref alleen kille veroordeling, selfs felle verafskuwing; die simpatie van die hele hoog-adellike omgewing gaan uit tot die deftige pastorie, en Mevrou vind soveel liefde en meegevoel - heerlik! Treffend is die vergelyking van QueridoGa naar voetnoot1) alhier met die gewoonte by sekere oervolke, dat die moeder onmiddellik na die bevalling uit haar bed geja word en dat haar frisgesonde man dan daarin kruip, geweldig lê steun en kreun | |
[pagina 70]
| |
(wat aan die sieke moeder verbode is), en wyl hy 'n uitgeputte houding aanneem en oor hewige kraam-pyne jammer .... sy maag met allerlei lekkergoed oorlaai! Hier is felle spot, maar tòg ook medelye met wie deur eiegeregtig-heid, waan en materiële voordeel so jammerlik-blind geslae is vir die waarlik kristelike moraal. Nog een verwysing in hierdie verband: Verborgen Bronnen van Augusta de Wit. U vind daar die verhaal van Nellis, die jong smokkelaar, wat deur die gore benoudheid van sy ouderlike krot na die vrydom van awontuur op die grense gedrywe is. Deur die koeël van 'n grenswagter swaar gewond, vind hy verpleging in die huis van 'n plattelandse dominee, wie hy in sy opregte trou meen te kan beloon met 'n paar gestroopte hase. Die liewe in-goeie man het egter 'n dogmatiese sekerheid in sy klein wêreldjie verkry wat mettertyd so verstar was, dat dit geen uitsetting van grense van waardes en middele meer toegelaat het nie. So maak hy aanspraak op absolute geldigheid van op sekere leerstellinge en ervaringe gebaseerde oortuiginge en kan hy nie meer middel wees om die op ander grondslae geboude lewensbegrip van 'n arme skepsel as Nellis te deurgrond nie en hom ware steun te verleen op die weg tot verbetering. En juis omdat sy hart so opreg-kristelik klop is sy onkristelik fale 'n medemens te red so dubbel jammerlik. Des te skry-nender is ook die humor van die gegewe. Hoor hoe diep die skryfster hierdie psigologiese waarheid voel. Veertig jaar lang het die liewe man in die eenvoudige dorpie sy be-treklik probleemlose lewe gelei: ‘alles was altijd geweest zoo als het wezen moest.’ ‘Maar nu was ineens de smokkelaar voor hem komen te staan. Het was als eene openbaring uit eene andere wereld, uit een booze, wilde wanorde van dingen. Van zijn eerste ontzetting bekomen, peinsde hij erover, met de half-angstige nieuwsgierigheid van vrome zielen naar het kwade, wat toch wel het innerlijke | |
[pagina 71]
| |
wezen en het bestaan mocht zijn van zulk een man des gewelds.’ Met diepe medelye toon die skryfster ons dan die hulpeloosheid van die sieleherder om iemand te begryp, wie deur sy geboorte en daelikse omgewing nie te verwagte was om die geestelike te begryp nie. ‘Weet je dan niet dat stelen zonde is?’ Nellis zag hem wezenloos aan. De oude man wees met een bevenden vinger op de hazen. ‘Neem dat wild weg, en breng het terug aan dengene, wien het toekomt. Ongelukkige jongeman! hoe ben je er toe gekomen zoo te bedriegen en te stelen?’ | |
[pagina 72]
| |
Lees die hele smartvol-komiese dialoog. Nellis se begrip van reg en regvaardigheid en sy stille hondetrou word met bybeltaal weggestuur. Bedroef gaan hy die nag in, en deur sy siel skryn die sekerheid: ‘de eenige, die ooit goed voor hem geweest was, wou zijn dankbaarheid en zijn geschenk niet hebben.’ In 'n kroeg verdrink hy sy smart en rol dronk op straat ....
Om weer saam te vat: humor is dus tereg genoem die gevoel van die lagwekkende op grondslag van simpatie en in verband met 'n sekere lewenshouding gebring. So vertoon humor hom as 'n bepaalde lewensstemming of 'n totaalgevoel van veel smart en sinloosheid en ongerymdheid in die wêreld, van 'n betreklikheid van alle waardes, van simpatie met die lewende en 'n geloof aan die magte wat in die natuur en geskiedenis regeer. Voor ek egter hierdie afdeling sluit wil ek nog na die verdeling in soorte vra. Liewer dan in sulke onderlinge verskille van humor as die burleske, groteske, skalkse, grappige, roerende, dwase, ens., te tree, wil ek u, veral om misverstand te voorkom by wat volg, op 'n laere en hoëre humor wys. ‘Humor’ is dikwels in 'n engere sin opgevat as ek dit alhier beskou. Hazewinkel in sy Bijdrage tot de Psychologie der Humoristen gee 'n uitstekende karakteristiek van 'n twintigtal humoriste en toets dié aan die herediteits-enquête van Heymans en Wiersma. So kry ons 'n beeld ‘der Humoristen’, wat 'n beeld van 'n bepaalde groep is.Ga naar voetnoot1) Waar nou die algemene grondslag deur ons aangeneem tog toets bly vir alle humor, is dit hoogs noodsaaklik om alhier aan te dui wat dan wel die onderskeid uitmaak tussen die | |
[pagina 73]
| |
laere en hoëre humor; m.a.w. wat is die onderskeid tussen die humor van Sterne, Beets of Gottfried Keller en dié van Shakespeare, Breêro of Cervantes. Ons vind by Höffding die verskil uiteengesit tussen 'n ‘kleine’ en 'n ‘grote’ humor. Ek wil dit vir 'n oomblik beskou - ook omdat dit ons 'n nader kyk gee op die aard van die gevoel in humor. Höffding noem die kleine humor die populêrste vorm, wat meer of minder goedmoedige skerts is. Die goedmoedigheid kan vele grade hê, waardeur die humor tot ironie, tot satiere of tot hoon kan oorgaan. Dit is dikwels die kleine humor waaraan by die gebruik van die woord ‘humor’ of ‘humoris’ gedink word, en is 'n ‘Einzelgefühl’, nie 'n ‘Gesamtgefühl’ nie. Dit is 'n enkele ervaring (‘einzelnes Erlebnis’), wat in ligte, skertsende vorm opgeneem word, in die reël met 'n onderstroom van begrip en simpatie en so ‘dass der Scherzende sehr wohl seine eigene Person und sein eigenes Verhalten in seine Gegenstände mit hineinziehen kann.’Ga naar voetnoot1) En weer: ‘Er hat nicht die tiefe Grundlage des grossen Humors, der eine Lebensanschauung ist oder richtiger eine Sinnesart gegenüber dem Leben, ein Gesamtzustand zu dem alle Erlebnisse und Bestrebungen ihren Beitrag geliefert haben.’ Die grote humor berus volgens dié Deense filosoof op 'n totaalgevoel (‘Gesamtgefühl’). Laat ons sien wat Höffding presies daaronder verstaan. ‘Einzelgefühl’ noem hy: ‘einen seelischen Einzelzustand in dem die Gefühlselemente überwiegend und entscheidend sind und der nicht nur durch ein einzelnes Erlebnis bestimmt ist, sondern zugleich verhältnis-mässig einfach in seiner Natur ist.’Ga naar voetnoot2) So 'n ‘Einzelgefühl’ is b.v. die welgevalle aan 'n kleur of 'n reuk, die vreugde aan 'n gedagte of 'n beeld. Vreugde en droefheid, hoop en vrees, toorn en liefde kan as sulke ‘enkelvoudige’ gevoelens optree. Sulke ‘Einzelgefühle’ kan verbindinge aangaan, waaruit | |
[pagina 74]
| |
‘Gesamtgefühle’ na vore kan tree. Dit kan gebeur deur versmelting, waarby ons die innige verbinding en vermenging van droefheid en vreugde b.v. vind; maar ook kan deur reorganisasie van gevoelens 'n totaliteit bereik word. Hier wek 'n reeks van gebeurtenisse gevoelens op, wat wel in wedersydse samehang met mekaar staan, maar elk op homself nie heeltemal sy eie aard verlies nie en saam 'n geheel vorm waarvan die innerlike ordening deur 'n enkele waarde, 'n leidende doelwit as organiserende mag bepaal word. So 'n reorganisasie vertoon 'n grondwaarde wat in die geval van sommige mense hul hele lewe bepaal, waar dit vir andere weer alleen op sekere gebiede: kuns, wetenskap of politiek, ens., bestaan. Dit alles wys op 'n neiging in ons om te konsentreer, 'n totaliteit teenoor die omgewing te vorm - 'n neiging tot sintese van ons sielsbeweginge. Dit wil my egter voorkom, dat by alle ware humoriste, sy dit van die emosionele of die hartstogtelike tiepe, ons die versmelting of reorganisasie van gevoelens in meer of minder sterke mate sal teëkom. Daarom kan ek nie met Höffding in hierdie opsig prinsipiële onderskeid sien tussen die alledaags so begrepe humoriste (ek bedoel nie enkel terloopse gewers van humor nie) en die hoëre soort nie. By eersgenoemde is óók totaalgevoel, óók lewensstemming, hoe dikwels dan ook deur emosionele opwellinge reagerende met ‘Einzelgefühl’. Lag en huil wissel by Dickens af as by geen andere nie, en tog waar hy waarlik humoris is, vind ons dié samesmelting, dié totaalgevoel, wat op 'n seer bepaalde lewensstemming van Dickens wys. Sou die kenner van de Genestet of Gf. Keller wil toestem dat ‘Gesamtgefühl’ nie hul humor kenmerk nie, of dat hul nie humoriste is met die humoristies gekompliseerde lewensstemming en sy bepaalde grondwaarde nie? En tog kan ek nòg Dickens, nòg de Genestet, nòg Keller tot die hoëre humoriste reken. En waar die indeling van Höffding in bepaalde gevalle natuurlik opgaan vind ek dáárin prakties nog nie genoeg hulp nie. Hy erken verderop self: ‘Im einzelnen Falle kann | |
[pagina 75]
| |
es schwierig sein zu unterscheiden, ob man den kleinen oder den grossen Humor vor sich hat, und im ersten Falle, in wessen Dienst er steht.’ Die onderskeid skyn my eerder te moet gesoek word in die diepte en breedte van die totaalgevoel, of in die meer of mindere mate van versoendheid met die lewe; in die aan- of afwesigheid van innerlike konflikte en beangstigende lewensprobleme .... die onderskeid tussen 'n beskutte vywer en 'n tot rus gekome see. Die hoë humor, wat nog seldsamer is as hoë tragiek, moet die ganse lewe en alles mensliks tot in die laaste gronde omvat en verklaar.Ga naar voetnoot1) Die laere is sonder ernstige konflik in sy lewensbevestiging. Tog mag ons nie die onmiddellikheid, naïwiteit, kinderlike menslikheid van die gemoedelike humor geringskat nie. Groot is daarin die ontvanklikheid vir skoonheid en waarheid in die kleine gebeurtenisse van elke dag. Die gevaar daarvan is natuurlik te vlakkies in die lewe te bly staan. Deur haar sterke gevoeligheid geraak die kleinere humor lig tot die excesse van 'n Dickens. Sy is ook geneig om oordrewe moralis te speel en verloop dikwels in opsetlike kultus, soos by Sterne of nog erger by Vlerk die geval is. By wie humor meer skryfwyse geword het as uiting van lewensstemming sal ons die toestand deur Höffding by sy kleine humor aangeneem duidelik te sien kry: die emosionele behandeling van gebeurtenisse met enkelvoudige gevoel. Om saam te vat: die laere humor verklaar die kwaad en dwaasheid met goedmoedige skerts en is ryk aan gevoeligheid, wat in die innigheid van ons bespiegeling van die wêreld in onsself 'n laggende of skertsende tevredenheid opwek. Haar kring van belewinge is eng en afgeslote van ruwe botsinge. Sy is eerlik, maar sku en wil die integriteit van haar gelukkige gevoel in kalmte bewaar. Sy wil eerder vertroos wie heen en weer geslinger word, dan grotere vertwyfeling in die strydperk naloop. Sy is te seer sag- | |
[pagina 76]
| |
moedigheid om in die ruwe stryd van die openbare lewe behae te skep. Sy vertoef graag op die mark, of waar die volk vergader is; maar verlang dan na die stille hoogtes van bespiegeling of die ruisende beek van mymerende gedagtes. Sy is 'n stille in den lande. Daarenteen, wie bittere lewenservaringe deurgemaak het en die leë ydelheid van die lewe of van die maatskappy of 'n bepaalde orde in naakte lelikheid aanskou het en genoegsaam bo sy verskeurdheid en hartstog kan uitstyg, om sy lag te laat gaan oor die ongeregtigheid en huigelary, die ondank en laagheid van die mensdom, kan oneindig hoër in humor te staan kom bo die sag-vroulike nature, vol teer en innige gevoelens en mooie vergewensgesindheid. So kon Shakespeare sy diepere deurskouing van menslike laagheid en voosheid in brandende humor uitbeeld. So kon ook Breêro in skrynende humor sy blik laat gaan oor 'n bloeiende wêreldstad, vol liederlike skraapsug, afskuwelike goorheid en skreiende mensewee.Ga naar voetnoot1) Maar Querido nog heerliker as Breêro, in sy gigantiese siening van 'n geheel eie menseras, met al sy dolle lewensjolyt, weemoedige beklemming en galbittere sinisme: ‘pôferblomme in de maneschijn, alles larie en apekool, waterverf en dun spoelsel’.... waaroor tog die begrypende glimlag lig van wie in eie siel groter is as milieu, selfs dié van 'n donker geteisterde Jordaan-buurt! Ja, daar is humor wat ons sag en week stem, ons die lewe en die wêreld laat lief kry; daar is ook humor wat as die grotesk-lugubere van 'n droewe komedie ons aandoen en tog sonder bitterheid is en ons kan versoen met die lewe. Maar oor pessimisme en vertwyfeling moet daar 'n ander gevoel triomfeer, dit moet tot 'n oplossing van die tragikomiese geraak: dan pas kom die bevryding, waar liefde weer kan meespreek en wat karakters as Hamlet, Don Quixote, | |
[pagina 77]
| |
Teufelsdröckh, selfs Mephisto laat ontstaan. Op dieselfde gronde was van Multatuli selde humor te verwag, van Swift enkel bittere ironie. Want ten slotte is humor tog die gawe van die liefde en geld ook hier die hoë woord: ‘De liefde is lankmoedig; zij is goedertieren, de liefde is niet afgunstig; de liefde handelt niet lichtvaardiglik; zij is niet opgeblazen; zij handelt niet ongeschiktelik; zij zoekt zichzelven niet; zij wordt niet verbitterd; zij denkt geen kwaad....... |
|