Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina 29]
| |
II.
| |
[pagina 30]
| |
Henri BergsonGa naar voetnoot1) weer vind die grond van die lagwekkende in 'n soort van outomatisme; dit veronderstel 'n sekere onhandigheid en verstrooidheid. So is dit veelmeer styfheid en lompheid en gebrek aan aanpassingsvermoë, wat die komiese oplewer, ‘plutôt raideur que laideur.’ Maar al sien Bergson die masien of ding in die komiese, dan tog lê daarin weer opgesluit die werking van kontras en teenspraak b.v. tussen styfheid en soepelheid, lompheid en grasie, werktuiglikheid en lewendige aanpassingsvermoë. En die ongerymdheid wat ons lag opwek, wys weer op 'n sekere ‘degradasie’ wat as algemene grond vir die komiese kan aangeneem word. Ook Höffding verenig die twee teorieë van ongerymdheid en degradasie. Hy wys daarop dat reeds Thomas Hobbes laasgenoemde verduidelik het, wat ook bestempel is as ‘degradation-theory’ deur Sully in sy Essay on Laughter (1902). Sy degradasie-teorie lê die gewig op die kontraswerking in dalende rigting van die eers opgewekte gevoel van sekerheid of bewondering of spanning en die plotselinge ontnugtering of triomfering of verligting van die spanning by die toeskouer. Die plotselinge omslaan van sekerheid, vanselfsprekendheid, betekenis en meerderheidsgevoel van 'n objek in sy nietigheid en onmag wek ons laglus op: b.v. 'n opgeblase persoon wat plotseling in sy nietigheid ontdek staan. En waar Sully en RibotGa naar voetnoot2) die degradasie-teorie stel naas die ongerymdheid-teorie, wat die gewig op die ongerymdheid, die teenspraak lê, daar wys Höffding seer tereg daarop, dat laasgenoemde tog maar 'n besondere vorm van degradasie is: ‘Widerspruch ist ja, eine spezielle Form des Gegensatzes. In seiner inneren Unübereinstimmung und seinem Selbst-widerspruch enthüllt zu werden, ist, ja doch eine “Degradation”. Rein logisch ist das sich selbst Widersprechende gleich Null.’Ga naar voetnoot3) | |
[pagina 31]
| |
Die komiese, in teenstelling met die tragiese - die verwantskap sal later aangedui word - is nie 'n algemene sielstoestand nie, maar 'n wyse om dinge en mense te sien - ‘'n wyse’, sê ek, omdat 'n gegewe konflik soms komies, tragies of humoristies kan werk. Niks is lagwekkend nie of dit moet menslik wees. Wie in die natuur of in 'n dier iets komies vind, sien daar menslike trekke aanwesig. Hierop berus die dierekomiek en dierehumor. Onder die mense word 'n sekere norm veronderstel; wie daarvan afwyk kan komies word. Dit skyn of die komiese 'n eggo nodig het, sê BergsonGa naar voetnoot1), en vertel die geval van 'n man wat by 'n preek in 'n kerk gevra word waarom hy nie huil nie, waar 'n ieder trane stort. ‘Ek is nie van hierdie gemeente nie,’ was die onverskillige antwoord. Meer nog as die huil het die lag so 'n eggo nodig. In die maatskappy lag ons oor dwaasheid en die pose van onbelangrikheid, domme herhaling van woorde en dade, ensovoorts. Soms is dit alleen die fantasie wat die lag verwek, waar die redelike verstand niks onlogies vind nie. 'n Steeds ryke bron vir die komiese is die swakke aanpassingsvermoë aan, of die begeerte vir isolement van die geselskapsgebruike. Verwaarlosing van laasgenoemde word getref deur die pyle van maatskaplike vrolikheid. Veral die toneel laat ons die lewe sien as marionettespel: mense geregeer deur onmiddellike omgewing, gedrywe links en regs deur begeertes en verlangens, ydele wense en kortsigtige verwagtinge. Hier vind ons du mécanique dans du vivant as kuns. Die komiese het tot teenstelling erns; erns as marionettespel is weer dadelik komies. Hierdie komiese van situasie is reeds opgemerk in enige voorbeelde deur my genoem. In alle tye is gelag geword om die sotheid wat die mens beurtelings pla en gelukkig maak. Dink aan die jag op onsekere genietinge en grootheidswaan; die sonderlinge awonture, terugslae en teleurstellinge; | |
[pagina 32]
| |
oorwinninge en sukses, vleiery en kruipende diens; liefde, minne en plesier; affektasie en leuenagtigheid; die klere en uiterlike geneentheid en innerlike gevoelens van die jonge dame; die kleine leuens en velerlei planne, die foppery aan beide kante of snode bedrieëry - in een woord: die hele ‘nobele’ kuns van vryery, met al sy gevolge in velerlei vorme en nuanses, wat die komiese van situasie uitmaak. Hier sou 'n duisend voorbeelde uit werke as Duisend en Een Nag, Decamerone e.a. kan opgeteken word. En daarby die karakterkomiese! Nogmaals, wie om takloosheid, onewewigtigheid, starheid, verstrooidheid of verstoktheid in ‘degradasie’ geraak, wek die vrolikheid op van die toeskouer, d.w.s. as sy gevoel nie meespreek in medelye, vrees of haat nie. En die lag wat sulke onmaatskaplikhede tref, is wat Bergson mooi 'n brimade sociale noem. Wie b.v. deur ydelheid of pedanterie opval, kan dikwels alleen deur die lag van andere tot nadink en bekering kom. Dit bring ons tot die arbeidsveld van die komiese en veral die blyspel wat die geseënde ‘gift’ kan wees in die versugting van Burns: O wad some Power the giftie gie us,
To see oursel as ithers see us:
It wad frae mony a blunder free us,
An' foolish notion.
Die blyspel kasty ons gebrek aan aanpassingsvermoë aan die maatskaplike eise en wys op sosiale pligte, eweas die groentyd dit vir 'n bepaalde studentemaatskappy doen, waar niks so vernederend en effektief is as die lag nie. Die blyspel bring ons die algemene, die tiepe, en hou van die menigvuldiging van tiepes, om sy maatskaplike funksie as brimade sociale des te beter na te kom. Suggestief is sulke tietels as Le Misanthrope, Le Distrait, Les Femmes Savantes, Ipocrito, Warenar, ens. Die lag van die fyne komedie is 'n hoogs estetiese. Molière neem hier die allerhoogste plaas in. By hom is die volmaak komiese, die triomf van mesure et gout. ‘The French have a school of stately comedy, to | |
[pagina 33]
| |
which they can fly for renovation, whenever they have fallen away from it; and their having such a school is mainly the reason why, as John Stuart Mill pointed out, they know men and women more accurately than we do,’ skrywe George Meredith.Ga naar voetnoot1) Hier is subtiele observasie, geestige siening, die deur smaak en matigheid gekontroleerde vrolikheid, die ‘étrange enterprise que celle de faire rire les honnêtes gens,’ in die woorde van die groot meester self. ‘The laughter of comedy,’ skrywe George Meredith verderop, ‘is impersonal and of unrivalled politeness; nearer a smile; often no more than a smile; it laughs through the mind, for the mind directs it. The test of true comedy is that it shall direct thoughtful laughter.’ Siedaar ook sy hoogste funksie: 'n fynere smaak aan te kweek, die geestelike lag te leer in sy afspieëling van die lewe. Maar wil dit krag uitoefen, dan moet dit ook genoegsame begrypers en vereerders vind. Op 'n laaste en vir my doel baie vername punt moet ek nog terugkom: die betreklike afwesigheid van gevoel by die komiese in teëstelling met die humoristiese. Waar ons die komiese sien en geniet, daar is ons toeskouers, en nie deelnemers nie. Die komiese spreek tot ons intellek en het tot vyand die emosie. Hoor hoe Bergson dit weer pragtig-frans saamvat: ‘Insociabilité du personnage, insensibilité du spectateur, voilà en somme, les deux conditions essentielles.’Ga naar voetnoot2) Wie meer op dade as op geste let, na diepere menslikheid soek en verontskuldiging van dade, verlaat die gebied van die suiwer komiese. Die komiese slaan ag op die hede alleen: die teenwoordige handelwyse en gedrag van die komiese persoon. Waar gevoel en wêreldbeskouing bykom, gaan die observasie 'n grotere tydruimte ook beslaan. Die komiese het humor geword.
Sien daarnaas die woordkomiese of geestigheid, wat Bergson | |
[pagina 34]
| |
baie suggestief ‘une certaine manière dramatique de penser’ noem.Ga naar voetnoot1) Dit is 'n geestesspel, 'n op die spits gedrewe willekeurige verbinding van voorstellinge, 'n verrassende kontrastering, ens., waarin 'n komiese oplossing bereik word. Soms kan dit ook enkel spel wees, wat minder daarop uit is om 'n dwaasheid op 'n ongewone wyse te illustreer of te kontrasteer. Eindelik kan dit ook die betragtende houding kenmerk wat weer humor is. Siedaar die allereenvoudigste indeling, waarmee ek die bekoring van breedvoerigheid wil weerstand bied wat my allig in 'n labirint van onderverdelinge sou lei.Ga naar voetnoot2) Maar eers nog 'n paar definiesies. Op die vryheid van die intellek wys Jean Paul as volg: ‘Freiheit gibt Witz und Witz gibt Freiheit. Der Witz ist ein blosses Spiel mit Ideen.’ (Vorschule II, § 54). ‘Der Witz ist ein spielendes Urteil’ (51); en hy toon ‘wie die ästhetische Freiheit in der spielenden Betrachtung der Dinge bestand.’ Van iyd tot tyd is klem gelê op die eienskap van die geestige om die ongelyke te verbind en verborge gelykenis aan die lig te stel. Interessant is die opmerking van Jean Paul alhier: ‘Der Witz ist der verkleidete Priester, der jedes Paar traut’ met die geestige toevoegsel van Th. Vischer: ‘Er traut die Paare am liebsten, deren Verbindung die Verwandten nicht dulden wollen;’ al weet hy natuurlik dat daar ook geestigheid is, waar geen ooreenkoms aangetoon word nie. Meerdere voorstellinge kan die geestigheid met verbluffende snelheid in 'n eenheid oplos. Soms bereik die geestigheid weer sy hoogste triomf in sy verrassende openbaring van onderskeid. | |
[pagina 35]
| |
Groot is die hulp van klankassosiasie en eindeloos die woorden sin-kombinasies, vermenging en versmelting. Ek onthou my van verdere opsomming en noem u nog die woord van Polonius in Hamlet (Act II; 2, 92): Therefore, since brevity is the soul of wit,
And tediousness the limbs and outward flourishes,
I will be brief.
Dit ook in my voorbeelde. Luister na die spot van Heine met 'n sekere uniwersiteit: ‘Dass in jedem Semester die Studenten wechselen aber die Professoren dieselben bleiben wie die Pyramiden Aegypten's, nur dass in diesen Universitäts-pyramiden keine Weisheit wohnt.’ Pragtig is die verrassende uitkoms - ‘ein Schlaglicht.’ Of dink aan die karakteriserende geestigheid van Heine, b.v. in sy Harzreise. Bekend is die beskrywing van die vroulike passasiers in die gashuis van Nordheim. Sien die maer juffrou: ‘Das Gesicht war nur ein Mund zwischen zwei Ohren, die Brust trostlos öde, wie die Lünebürger Haide, die ganze ausgekochte Gestalt glich einem Freitisch für arme Theologen.’ Daarby sy spot met sekere vroulike lelikheid in vergelyking met die hoogste ideale skoonheid: ‘Die Frau glich in vielen Punkten der Venus von Melos: sie ist auch ausserordentlich alt, hat ebenfalls keine Zähne und auf der gelblichen Oberfläche ihres Körpers einige weisse Flecken,’ ens. Ek gee 'n voorbeeld van epigrammatiese geestigheid van Lichtenberg. Dit is die skynverdediging van skoolwysheid. U ken die woorde van Hamlet, dat daar meer dinge in die hemel en op aarde is, as jou skoolwysheid (‘philosophy’) van gedroom het; dit word by Lichtenberg: ‘Aber es gibt auch vieles in der Schulweisheit, dass sich weder im Himmel noch auf Erden findet.’ Of dink aan die woord van Voltaire by 'n gedig van J.B. Rousseau à la posterité: ‘Hierdie gedig sal nie sy adres bereik nie.’ Wat Schiller van die Duitse minnesang getuig, gee ek ook ter oordenking in Suid-Afrika: ‘Dit is die lente wat kom, | |
[pagina 36]
| |
die winter wat gaan, en die verveling wat bly.’ Pragtig die kontras, spitsig die pointe, waar alles op aankom in sulke geestigheid. Daardeur word die getroffe voorwerp des te lagwekkender. Ons vind daarin ook die geesteskrag van die meerderheidsgevoel, so essensieel vir die geestige. So nader die geestigheid ook die reine satiere, en sarkasme word sy uitdrukking. Dink hierby aan die dialoog tussen Bardolph en Falstaff. Let ook op die treffende oxymoron van Jean Paul, waar hy 'n resensent in verband met sy literate-handwerk in Siebenkäs laat sê: ‘Ek kan hierdie boek nie eens resenseer nie, laatstaan lees.’ Ek moet ook ewentjies nog aan die woordspel herinner. Die geringste voorbeelde word aangedui as calembourgs (Kalauer). Waar in die eintlike woordspel die beide betekenisse hul uitdrukking vind in dieselfde woord (‘but me no buts’), daar is dit genoeg vir die calembourg dat die twee woorde vir die beide betekenisse deur een of ander gelykenis aan mekaar herinner, sy dit deur 'n gelykenis van bou, 'n gelyke rymklank, of dieselfde begin-letter, ens.Ga naar voetnoot1). Hier kan die bekende ‘Predigt des Kapuziners in Wallensteins Lager’ genoem word. Kümmert sich mehr um den Krug als den Krieg,
Wetzt lieber den Schnabel als den Sabel,
Frisst den Ochsen lieber als den Oxenstirn,
Der Rheinstrom ist geworden zu einem Peinstrom,
Die Klöster sind ausgenommene Nester,
Die Bistümer sind verwandelt in Wüsttümer,
Und alle die gesegneten deutschen Länder
Sind verkehrt worden in Elender.
Klank-geestigheid is ook in die sin: ‘Antigone?’ - ‘antik, oh, nee!’ van die kritiek op 'n opvoering wat die antieke karakter gemis het. Ek herinner ook aan die bekende woordspel van Heine: ‘Rothschild behandelte mich ganz wie | |
[pagina 37]
| |
seines gleichen, ganz famillionär.’ 'n Andere versmelting kry u in die aanduiding van die Kerstyd as ‘the alcoholidays.’Ga naar voetnoot1) Of dink aan die spot van Sainte-Beuve om die detailskildering in Flaubert se Salammbô, waar hy dit kenskets as Carthaginoiserie (samesmelting van carthaginois en chinoiserie). Ryk ook is die taal aan geestigheid, wat nie meer inhou as geestige spel nie en dikwels die reinste onsin. Ek noem enige voorbeelde, soos hul my inval. Schleiermacher: ‘Eifersucht ist eine Leidenschaft, die mit Eifer sucht, was Leiden schafft.’ Of die bekende: ‘Hoe gaan dit?’ vra die blinde aan die lamme - ‘Soos jy sien,’ antwoord die lamme aan die blinde. Freud vertel die volgende:Ga naar voetnoot2) Twee Jode tref mekaar aan die spoor in 'n Galiesiese stasie. ‘Waarheen reis jy?’ vra die een. ‘Na Krakau,’ is die antwoord. ‘Kyk hier, wat 'n leuenaar jy tog is,’ stuif die ander op. ‘As jy sê dat jy na Krakau reis, wil jy tog dat ek moet glo dat jy na Lemberg reis. Nou weet ek egter, dat jy werklik na Krakau toe reis. Dus waarom lieg jy?’ Eindelik nog 'n voorbeeld van Lichtenberg: ‘hy het hom verwonder dat die katte presies op dié plekke in hul vel twee gate gesny gekry het, waar hul oë sou wees.’ Die domheid daarin is egter 'n skynbare, daar in werklikheid agter hierdie eenvoudige opmerking die grote probleem steek van teleologie in die bou van die dier.Ga naar voetnoot3) Tenslotte kan geestigheid humor wees. Voorbeelde sal u genoeg in die volgende teëkom; ek herinner nog aan Hugo se Hernani, waar die rower, na 'n sameswering teen sy koning, Karel I van Spanje, as hoogverraaier veroordeel staan. Hy weet dat die dood hom wag, maar stel hom nog voor as Grande van Spanje, wat nie die voorreg van sy rang wil ontloop nie. As Grande van Spanje mag hy sy hoof in teenwoordigheid van sy koning bedek. | |
[pagina 38]
| |
Oui, nos têtes, ô roi!
Ont le droit de tomber couvertes devant toi!
So is geestigheid die resultaat van verbeelding en intellek, lugtig spelende met die begrepe komiese en hom vertonende in al die duisenderiei verrassende gestaltes van 'n vloeiende substansie. Geestigheid is die selfheerlikheid van die vrye intellek. Waar egter ‘anything in the objects themselves excites our necessary sympathy or lasting hatred’Ga naar voetnoot1) het ons die gebied van die suiwer komiese ook verlaat. |
|