Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde
(1924)–F.E.J. Malherbe– Auteursrecht onbekend
[pagina XIII]
| |
Deel I.
| |
[pagina 1]
| |
Ter inleiding.Dit was in die tyd van die Renaissance dat die woord umore, voorheen gebruik deur skolastiese medisie om volgens die verhouding van vogte in die liggaam karakter en temperament te klassifiseer, vir die eerste keer, skyn dit, aangewend is in 'n esteties-psigologiese betekenis. Salviati in sy Trattato della Poëtica definieer umore as 'n spesiale eienskap van die natuur, waardeur 'n mens tot een ding liewers as tot 'n ander geneig is.Ga naar voetnoot1) Meerdere definiesies van dié aard uit dié tyd wys op dieselfde gebruik. Maar dit was veral in Engeland van omstreeks 1600, dat hierdie term geweldig opgang gemaak het, toe grilligheid en affektasie mode was, en eksentrisiteit gelykgestel met oorspronklikheid. Starre eensydigheid of eksentrisiteit is humoristies genoem. In sy Anatomy of Melancholy skryf Robert Burton van mense wat aldus humoristies is, wat nou hartlik lag en dan weer sonder uiterlike oorsaak huil; nou sug en bedroef kyk en hul dan weer met ongerymde voorstellinge amuseer. In Ben Jonson se Every Man out of his Humour is daar bestryding, soos ook by Shakespeare, van die misbruik van hierdie woord. Nie elke lafheid of gekheid mag daarvoor deurgaan nie en hy gee in sy Induction die volgende definiesie: .....when some peculiar quality
Doth so possess a man, that it doth draw
All his affects, his spirits, and his powers
In their confluctions, all to run one way,
This may be truly said to be a humour.
| |
[pagina 2]
| |
En so iemand noem hy ook ‘humourist’ in sy spel. Shakespeare in As you like it skyn die woord 'n betekenis as styfkoppigheid te laat aanneem. In King John is dit meer grilligheid (caprice, whim). It is the curse of kings to be attended
By slaves that take their humours for a warrant. (IV.2).
In Hamlet slaan die woorde ‘the humorous man’ op 'n speler van 'n opvallende, ekstrawagante rol, waarby Dowden in sy uitgawe van Hamlet aan karakters as Jacques en Mercutio dink. Ons mag aldus aanneem dat die woord humour in Shakespeare se tyd 'n betekenis gedra het as eensydigheid of eksentrisiteit of grilligheid, wat, soos Höffding aantoon, op 'n enkelvoudige gevoel (Einzelgefühl) nog sou wys.Ga naar voetnoot1) Tereg neem hy egter aan dat Shakespeare deur sy clownwese in die afgeslote tragiese handeling die weg gebaan het na die latere, ruimere begrip van grootse lewensstemming ná rype en diepe lewenservaringe. Erns en skerts, vreugde en smart, hoogheid en laagheid vorm 'n wondere harmonie van totaalgevoel. Maar die gangbare betekenis lewe nog voort en word teen die end van die eeu steeds in verband met 'n sekere oorheersende temperament gebruik en gaan so die betekenis aanneem van wat Madame de Staël ‘plaisanterie Anglaise’ bestempel het: 'n geestige grappigheid en skerts, ooreenstemmende met Engelse oorspronklikheid. Maar tussen wit en humour word selde onderskeid gemaak. Die heersende buitensporigheid op die gebied van ‘humour’ het Addison beweeg om 10 April 1711 in sy Spectator (no. 35) uiteen te sit, dat humor deur die rede moet gelei word, ja, deur 'n noulettende oordeel. In 1762 wys Henry Home in sy Elements of Criticism op die onderskeid tussen skrywers wat in hulself humoriste is en andere wat alleen die humoristiese vorm gebruik. So was Swift en Sterne volgens hom | |
[pagina 3]
| |
humoriste; Addison daarenteen fyn humoristies in sy skepping van 'n Sir Roger de Coverley. Die grilligheid en oorspronklikheid van beskrywing, verwaarlosing van gewone estetiese gebruike in die speling van 'n lugtige fantasie en 'n gevoelige temperament; maar veral die deureenmenging van skerts en erns, van vrolikheid en weemoed het in die 18e eeu in Engeland 'n ryke skat van humor opgelewer, die waarde waarvan nader nog sal aangetoon word. Ook in Frankryk, Duitsland en Italië het die woord vele hoofde en penne in beweging gebring en is hy na veel stryd tog in die woordeskat opgeneem. In eersgenoemde land skyn dit in die begin van die 16e eeu dat die fisiologiese term sy psigologiese betekenis aangeneem het; maar nog lang sou humourist op iemand slaan wat de l'humeur besit, d.w.s. knorrig en onvriendelik is. Montesquieu in 'n fragment kom nader by die juiste betekenis. Baldensperger siteerGa naar voetnoot1) Béat-Louis de Muralt, waar hy in sy Lettres d'un Francais (La Haye, 1745, I. p. 114) van l'humour praat en beweer: ‘si nous n'en avons pas l'expression, nous avons la chose qu'elle signifie’; 'n moontlikheid vir die geringer produksie van humoristiese geskrifte word gesoek in die groter algemeenheid van literêre smaak in Frankryk: ‘c'est parce qu'on y respecte plus les bienséances que l'on y vit plus uniment.’ En hul het aanvanklik aan Engeland oorgelaat ‘ce humeur qu' ils ne trouvent guère que dans leur île.’Ga naar voetnoot2) Maar in die twede helfte van die 18e eeu ontstaan ook hier verteen-woordigende humoristiese werke, al bly humor eintlik iets meer van die triste Nord. Ewenso moes in Duitsland die stryd besleg word tussen die eksotiese woord en hul eie Laune. Die nuwe betekenis van die eerste word ten slotte gewaardeer en aanvaar. Herder het 'n mooi woord van lof vir die humoriste, wie hy ewe sonderling as beminlik vind. In hul sien hy die | |
[pagina 4]
| |
vereniging van die verhewene en die komiese, des âmes humaines.Ga naar voetnoot1) In die twede helfte van die 18e eeu word veral deur die goeie vertaling van die Brunswyker Christoph Bode (1730-97) die Engelse humoriste (met name Sterne) bekend en nagevolg. Maar ook in Italië het die Engelse invloede deurgewerk en sy moes haar eie woord weer gaan opeis en weeg vir die nuwe begrip, wat langsamerhand ook in hierdie land sy oorwinning behaal. So het die woord umore uit die fisiologie in die psigologie sy weg gevind. Die spraakgebruik wys van tyd tot tyd op nuwe oorgange en nuanses, wat in noue verband staan met die moderne strewe om die gevoelslewe dieper te peil en te karakteriseer. Eers in die negentiende eeu is deur verskillende estetisie die begrip humor wetenskaplik bestudeer. Een van die eerste geskrifte is die bekende Vorschule der Ästhetik (1804) van Jean Paul. Erwin (1815) en andere geskrifte van Solger wys reeds op 'n duidelike begrip, dat in humor beide die gevoel van die heerlikheid van die lewe en dié van sy onvolkomenheid na vore tree, waardeur tussen die tragiese en die komiese 'n innerlike verband ontstaan, sodat niks as waardevol voorkom wat nie deur sy begrensing komies sou kan word nie, niks as komies wat nie op waarde sou kan aanspraak maak nie.Ga naar voetnoot2) So is ons genader tot die samegestelde gevoel, wat die onderwerp is van hierdie verhandeling. |
|