Twee oudjes.
‘Sit tog, sit, jij's mos nie so haastig nie?’
‘Sit tog net so'n rukkie, ou suster! Dit 's meneer Groen, jij ken hom mos?’
Ik was verbij die huisie geloop, toen tante Annie mij nageroep het: ‘Ken jij dan niet meer v'n mij nie?’
En waarlik. toen ik mij omkeer sien ik die goeie liewe ou vrouw weer, uit dage lang verlede.
Tenminste dit lijk nou so - 'n mens wil mos almelewe iets wat onaangenaam was uit z'n gedachte verban. Of ons mekaar geken het? Daar is mense, wat nooit mekaar sal leer ken, so's ons mekaar geken het in die sware tijde.
En daaroêr had ons nou juis gepraat. Mijn koffie was al koud van al die gesels, en van al die ‘Weet jij nog?’ of ‘Onthoud jij nog?’
O, ja ons weet, ons weet hoe ons gevoel het, toen die eerste troepe in die dorp het ingekom.
Ons weet nog, hoe ons die aânde om negen uur die lig moes dood maak, en lè en luister naar die stap van die kakie daar buite. Ons weet nog, hoe ons achter op die jaard gefluister het met mekaar, o'er berichte wat ingekom het. Banje daarvan was so maar uit die duim gesuig; maar andere was waar. Ons huise het langs mekaar gestaan, en dit was niet al te veilig om te veul te praat. Maar daar was geen gevaar om 's aânds te fluister op die jaard.