| |
| |
| |
Politiek.
Die mense, wat daar in die straat blij, het gedenk, dat daar 'n ‘meeting’ was bij die huis van Hans Steenbeek, maar dit was nie so nie. Dit was daarom 'n soort van 'n vergadering, maar hulle het so maar so bijmekaar gekom. Hans woon nou in zijn nieuwe huis v'r 'n jaar. Hij het dit zelf gebouw en 'n groot veranda daar rondom gemaak. Sijn vrouw is 'n skone eenvoudige moeder van vijf kinders en omdat hij 'n arbeidsame man is, wat ruim sij brood verdien met vragrij, en veel van sijn vrouw en kinders hou, is dit 'n gelukkige huisgesin. Hans gaat, soals sijn werk dit mee breng, baje rond en hoor veel en praat bietjie. En als hij dan 's aands sijn muile nagekijk het en die kaffers gevra het of die trolleys al gesmeer is en sig o'ertuig het, dat alles in orde is, dan stap hij huistoe en speel met die kinders en als die spul gaan slaap het, gesels hij met die vrouw. Hans het éen goeie ei'enskap onder baje andere - en dit is: hij kan lekker lag. Als hij lag, begin die vrouw en kinders ook, en andere mense wat hom hoor, kan nie help saam te lag nie. Want jij voel somaar dit kom uit sijn hart. En nou in die laatste dage gebeur dit baje keer, dat hij in die aand stil sit en sijn pijp rook en dan begin hij opeens dit uit te skater, dat die vrouw amper skrik en die naaldwerk laat rus met die vraag:
| |
| |
‘Maar wat is dit dan nou weer?’
En als Hans dan klaar gelag het, vertel hij sijn vrouw een of andere storie van mense, die met hom o'er politiek gepraat het en v'r hom baje snaaks is. Hans is Afrikaner van sijn haar tot aan sijn voetsole, maar hij sê: Ik moet brood verdien v'r mijn vrouw en kinders en ik werk v'r iedereen, wat mij betaal. Dit sal mij toch nie betaal om potitiek te praat - laat staan die ding. Als ik stem, dan stem ik en ik weet v'r wie ik stem - dit is seker!
Nou een van die aande nog, kort gelede, sit Hans weer bij sijn vrouw en bars opeens uit, sodat sij amper uit die stoel spring.
‘Jij laat 'n mens skrik’, sê die vrouw.
‘Och mij hart’, sê Hans, ‘maar nou moet ik jou 'n storie vertel!’
Vanogtend, toen ik inspan kom daar 'n kerel met so'n swart ding onder sijn arm met 'n klomp papiere daarin bij mij in die stal.
‘Is u Mr. Stienbiek?’ sê hij in Engels.
Ik sê: ‘Ja.’
‘Wel Mr. Stienbiek,’ sê hij, en hij maak die boek met papiere los, en kijk baje slim, ‘ons ken jou als een van die vooruitste Afrikaners, en ons weet dat jou hart warm voel v'r jou land.’
Ik sien, die ou wil mij nou mooi stroop smeer en ik denk: wag jong, jij is laat. Maar hij gaat aan en sê: ‘Ons het al baje mense so's jij, wat 'n warm hart het v'r hulle land....’
Toen val ik hom in die rede: ‘Wil meneer kole hê?
| |
| |
Mij swa'er wat in die volgende straat blij het goeie kole, hul ‘burn good’ en die mense sê, dat hul die haard baje warm maak.
Toen kijk die ou mij aan en sê: ‘O, nee, Mr. Stienbiek, u skijn mij nie te verstaan nie - ik praat o'r politiek, - ik wil jou “vote” hê, ens., ens.’
Ik verroer nie 'n spier nie, en sê: ‘Ja ons het almal ons foute, maar jij moet mij nou ekskuus meneer, ik moet rij.’ Die ou stap weg en sê: ‘onnosele boer, weet nie eers nie wat 'n “vote” is!’
Toen sak ik ook somaar op die baal-voer neer en lag tot die ou muil begin en skop!
'n Paar dage na die gesprek is dit Saterdag. Hans het sijn werk klaar en sit op die veranda en lees die koerant. Die kinders speel voor die huis en die vrouw gooi net koffie in. Dit is een van Hans sijn gelukkige da'e en hij is altijd blij, dat daar nie mense is nie. Maar die slag het hij 'n misrekening gemaak, want die hekkie gaat ope en in stap ou Gjert - 'n ou man, wat baje gesels - baje le'uns vertel en 'n bietje doof is.
Hans kijk nie erg plesierig nie, maar hij het nog die ou afrikaanse gastvrijheid en sê: ‘Middag oom Gjert, sit!’ en hij gee die ou man 'n stoel. Oom Gjert sit en drink koffie en sê (hij praat baje soetjes): ‘Ou neef, weet jij, dat ons in onse distrik al 3,000 stemme vóór is?’ Hans glimlag en skreew: ‘So, oom Gjert.’ ‘Ja,’ sê die ou, ‘en die generaal het gisteraand gepraat en hij sê, hij sal ons arm ou mense almaal pensjoene gee!’ Hans knik met die kop.
‘Ja,’ vervolg oom Gjert, ‘en ons krij ook plase en ons
| |
| |
sal almaal “gesettel” word op die andere distrikte, en....’
Die hekkie gaat weer ope en twee manne stap op die stoep. Oom Gjert het nog net tijd, om Hans te waarskuw v'r van Rijnen, wat 'n ‘verraaier’ is, so's hij fluister.
Hans sien daar is nou g'n kans meer om die koerant te lees en groet die mense. Van Rijnen is 'n lange magere man, met almelewe 'n glimlag op sijn gesig, maar hij kijk nooit 'n mens reguit in die oge. Die andere is 'n klein kereltjie met 'n rooi gesig, wat, als hij 'n kans krij, nooit 'n ander mens laat praat en, wat aan alle mense vertel, dat hij groot vrinde is met die hooggeplaatste mense in Pretoria. Sijn naam is Geduld, maar hij het 'n bietje van die ei'enskap.
Hans nooi die mense in die eetkamer, want daar kom nog 'n meneer die hekkie binne, en Hans hou nie van die groot vergadering op die stoep nie. Daarbij kom dat die man wat nou binne kom iemand is, die Hans glad nie kon uitstaan nie. Dit is meneer Krollop, 'n bietjie grijserige man, sonder baard of moestas, en 'n dikke ronde gesig. Als die ou begin o'er 'n ding te praat, kon jij maar loop slaap. Hij is vreselik vervelend en denk, dat hij alles beter weet dan 'n ander mens. Als hul almaal weer sit, gaan die praatjie eers o'er die droogte en o'er die stof. Maar dan sê Mr. van Rijnen (en hij glimlag te'en Hans): ‘en hoe lijk dit met die verkiesinge?’
‘Ik weet tog nie,’ sê Hans met 'n suur gesig, want oom Gjert (om hom te waarskuw) gee hom 'n goeie skop onder die tafel, sodat hij sijn been vrijf.
‘Nee, ja,’ val Geduld in, ‘die ding gaat goed, man
| |
| |
eerste klas. Ik was gister nog in Pretoria en het 'n lange gesprek met Smuts gehad. Ik sê v'r hom: Jannie, kijk ou broer, jullie moet nou 'n bietjie mooi werk met ons mense en nou nie te haastig wees nie. Sê v'r Loewie, sê ik v'r hom, hij sal die stem van al die mense krij, maar...’
‘En man’, vervolg Geduld net so's ik met Jannie praat, kom Botha in en hij klop mij op die skouwer en sê: Mij mastig, ou broer, ik is blij jou te sien. Kom saam en vat 'n drink', ik sal die vergadering maar laat staan - jij kom nie aldage in Pretoria. Toen het ons drie gaan eet.’
‘Het hij nog gepraat o'er die setlaars hul plase?’ vra oom Gjert, wat met die hand aan sijn oor geluister het.
‘Nee,’ sê Geduld, maar vóór dat hij kon verder gaan, val meneer Krollop hom in die rede en sê, op sijn droge toon: ‘Nou kijk, die kwessie van die setlaars is 'n moeilike kwessie. Dit is die swaarste kwessie, wat ons het. Dit is nie ei'entlik so'n danig sware kwessie nie, maar die mense verstaan hom nie. Kijk, daar is nou die land, sal ik maar sê, en daar is nou die setlaars en hul moet mekaar nou mooi leer verstaan, als die setlaars die land nie verstaan nie, is die land ook ongeskik v'r die setlaar en daar....’
‘Wil meneer Krollop nog koffie?’ val Hans hom in die rede.
Hierdoor verlies hij die draad van sijn rede en oom Gjert hou nog steeds die hand bij die oor om te luister. Maar daar kom niks meer nie. Toen wil hij ook praat en begin op sijn gewone bromfluister toon: ‘Die setlaars se kwessie is nie die ding nie, maar die arm mense....’
| |
| |
Geduld gee hom geen kans. ‘Ach tog,’ sê hij, ‘oom Gjert dit is almaal nou klaar; die generaal het mij gister gesê: d'is nou klaar. Ons moet nou werk v'r goeie mense in die raad. Wat dink Mr. Steenbeek?’ Hans sê, dat hij baje graag sou sien, dat die voer wat geregelder aankom in die morre. - ‘Ja maar,’ sê Geduld, ‘van die lede v'r die raad.’ -
‘Ja,’ sê Hans, ‘d'is die kwessie!’
Mr. van Rijnen met sijn soetste glimlaggie op sijn gesig, val nou in: ‘Ons moet net v'rsigtig wees, ons moet oppas! Of daar nou 'n Boer of 'n Engelsman gekies word, die belang van die nasie is die grootste ding!’ Oom Gjert het met meer dan gewone aandag geluister en hij het dit goed verstaan. ‘Nee, ou maat,’ brom hij, ‘ik het jou al lank al deurgekijk. Jij is éen van die wolwe wat ronddwaal in skaapklere.’ Oom Gjert is kwaad en skreeuw nou hard: ‘Pas-op voor desulke!’ Geduld lag en sê alles is klaar, ons win. Krollop sê: ‘Wie is ons? Kijk ons verkeer in 'n sware tijd, 'n tijd dat ons nie weet, wie is watter en watter is wie. Die mense weet nie hul eige best en die gesteldheid van die menselike natuur is....’ Van Rijnen wordt ongeduldig maar glimlag nog steeds en val Krollop in die rede: ‘Ik neem die ou man glad nie kwalik nie, want hij praat van dinge, waarvan hij g'n verstand het en....’ Oom Gjert is rooi van kwajigheid. ‘Jij is 'n verraaier, 'n....’; maar opeens hou hij op en vra v'r Hans: ‘Wat het ik jou gesê?’ ‘Ja,’ sê Geduld, ‘wat sê jij Hans?’
Hans is al tot aan die keel toe vol. Hij staan op.
| |
| |
‘Kijk,’ sê hij, ‘ik sê dat julle spul moet loop. Als julle weer wil praat o'er politiek, kom dan in die stal bij die muile. Dit val al mij politiek om met hul klaar te kom, en hul is net so goed om jou te leer als die mense. Als jij mooi met hom werk, is hij tevrede, maar so nie, dan skop hij. Dit is al mij politiek. Naand mense.’
En als Hans die deur agter hom sluit en die besoekers die hekkie agter hulle sluit, is hul dit eens, dat 'n mens Hans nie kon vertrouw nie, want 'n Afrikaner moet daarom 'n opinie hê en hij het niks.
Hans sit weer in sijn stoel en lag tot sijn vrouw vra: ‘Wat is dit?’
‘Och niks,’ sê Hans, ‘gee mij nog so'n bietjie koffie, mij hart.’
|
|