Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Jy sê my: ‘Boetie, jy skryf onsin’ Jy sê my: ‘Boetie, jy skryf onsin. Dis toiings, nie klere, wat jy dra. Daar is geen einde en skaars begin In jou gedurige tra-la-la. Skryf liewer iets liries; iets wat deug En tot stigting strek van ons liewe jeug.’ Dis bitter jammer jy's al so oud Dat toiings vir jou net 'n aanstoot is. Vir my - nou, 'n pluishoed laat my koud, En 'n sedepreek is 'n ergernis. Dus vind ek genot in my tra-la-la En die ou sambalbroek wat ek dra. Vorige Volgende