Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 85] [p. 85] Maar één Suid-Afrika Gee mij 'n roer in mij regterhand, Gee mij 'n bok wat vlug oor 'n rand - En 'n flukse perd om hom weg te dra: Gee mij Suid-Afrika. Gee mij 'n kamp waar bossies groei, Gee mij 'n fraai volstruis wat broei - En 'n Boere-seun wat baje wa: Gee mij Suid-Afrika. Gee mij 'n koppie om op te staan, Gee mij die Swartland met al sij graan - En nooit of te nimmer hoor jij mij kla: Gee mij Suid-Afrika. Gee mij 'n vlakte ruim en wijd, Gee mij die veld se oneindigheid - En die lekker geur wat die lug daar dra: Gee mij Suid-Afrika. Vorige Volgende