Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 73] [p. 73] Die volste vrijheid Ik wil jou net 'n vragie vra Mij liewe, beste maat. Ik weet nie of ik baje wa - Misskien kom ik te laat. Kan jij voel die gevoel wat 'n volk moet voel Als hij veg vir sij reg en sij taal? En die land om hom heen van die magte krijoel Wat dreig om hom neer te haal? Kan jij voel hoe 'n dapper klein nasie moet voel Onder vreemdeling-heerskappij, Wat hom veel vergun, maar sij lewe se doel In die stilte skipbreuk laat lij? Kan jij voel wat die Brit of die Duitser voel Vir die werk van sij eie hand? Vir sij volk en sij vors en sij hoogste doel: Die heil van sij vaderland? O, ik mis die gevoel wat die volkere voel Als hul veg vir hul eie land, En mij bloed wil kook - maar mij kop blij koel En ik bied teen mij hartstog stand [pagina 74] [p. 74] Tot 'n beter dag, als mij wil en gesag Mij die volste vrijheid sal geef - Als mij hart en mij siel en mij lus en mij mag Sal kan leef in die land waar ik leef. Ik wou jou net 'n vragie vra, Maar of dit veel sal baat - Dit is 'n ander vraagstuk, ja, Wat ik maar daar sal laat. 14 Oktober, 1914. Vorige Volgende