Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 72] [p. 72] Dingaansdag (1914) Soals 'n drenkeling, bedreig deur Dood, Spartel en spat en sij ganse mag verset Teen woedende waters; en dan ternouernood Deur magtige hande uit grote gevaar word gered - So worstel ons Verlede rond vandag Voor mij verstand se oog. Ons hef hom bo Die See van Lang-Vergeet-Al met die krag, Wat ons Geheue noem .... En ons sit so En peins oor wat gelij is in die hoop, Dat volle vrijheid onse lot sal wees. Maar ag, ons land het ons met bloed gekoop - Op menig grafsteen kan 'n mens dit lees - En tog moet ons, die brekers van die baan, Die Pioniers, ons pad nog oral slaan! Vorige Volgende