Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 34] [p. 34] Gelijkenis Hoog en helder skijn die maan Baje mijle hiervandaan. Wolkies kom en gaan verbij, Stil en langsaam, op 'n rij - Wolkies wit en wolkies geel, Almal deur die maan gestreel. En die wolkies gaan verbij, Stil en langsaam, op 'n rij. Soos die wolke trek en glij Langs die lugbaan, op 'n rij; Soos die maan daar rustig staan Mijle, mijle hiervandaan, Is die lewe - glo vir mij: Almal trek en gaan verbij, Net die wêreld blij maar staan Met sij sterre en sij maan. Vorige Volgende