Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 21] [p. 21] Awendmijmering (Op die stoep van 'n boereplaas) Dis stil.... Geen blaartjie roer, En die hele werf Rus sag in die skoot van diepe vergetelheid. Die dag is dood En lê begrawe - Stil. Soals op Sabbat môrens 'n tortelduif Die stilte in die lug nog stiller maak, Deur af en toe te koer en dan te swijg - So kan jij hoor Daar onder bij die voor, Waar nou net modder van vroeëre strome vertel, Hoe die paddetjies die ontsaglike stilte verstoor. Hulle kwik en kwek en kwaak, Dat dit kraak! Om dan weer almaal op te hou - Ineens! Maar nie vir lang nie; Ontevrede bid En soebat hul vir reën - Hulle ween En gaan dan slaap, vermoeid en uitgeput. [pagina 22] [p. 22] Ver In die veld Gaan 'n skreeuwende kiewiet te keer. Hij vlieg op en neer, Heen en weer, Verskrik Deur 'n jakhals wat tjank in sij buurt.... Dis roerloos stil. En die sterre, O God, die sterre! Hoe mooi Is die firmament versier En uitgetooi, Alsof daar altijd feeste word gevier Daar bo in die hemel, Ver - Ver van hier! Vorige Volgende