Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 20] [p. 20] Amsterdam Aan mijn vriend Eduard Karsen Ou Amsterdam is tog so mooi Met al sijn liggies uitgetooi In donker, donker nagte. Dis liggies hier en liggies daar In lange rije aanmekaar, Wat flikker in die gragte. En honderd duisend ogies loer Op spieëlgladde watervloer Daar bowe uit die hemel. Dis liggies hier en liggies daar En bootjies, wat so saggies vaar, Dat ligte golfies wemel. Die liggies soek mekaar weer op In water, wat teen walle klop Op stormagtig' nagte. So toweragtig, lief en skoon Is liggies, wat op walle woon En flonker in die gragte. Vorige Volgende