Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 19] [p. 19] 'n Lied van die see Die branders breek, die branders breek, In die dag, In die aand Elke week, elke maand: Breek, branders, breek! Die golwe dreun, die golwe dreun Hulle kreun, Hulle steun Op die ou, ou deun: Dreun, golwe, dreun! Die aarde blij maar stil en swijg In die dag, In die aand Elke nag, elke maand: Swijg, aarde, swijg! Vorige Volgende