Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 18] [p. 18] Winter Sonnetjie skijn! Sonnetjie skijn! O, skijn bij mij venster in. Koud is die wind, wat daar buite waai; Donker die wolk, wat daar bowe draai; Sonnetjie, kom tog in. Sonnetjie klein! Sonnetjie rein! Steek tog jouw koppie uit; Jaag tog die wolke daar bo uitéén; Soen tog mij oë, wat ween en ween, Reg deur mij venster-ruit. Sonnetjie fijn! Sonnetjie mijn! Kom tog, ik soebat jou. Weg met die wind, wat daar buite waai; Weg met die wolk, wat daar bowe swaai; Sonnetjie, kom tog gouw. Vorige Volgende