Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 23] [p. 23] Die lied van die koringboer Aan mij Moeder ‘O sing mij die lied, sing mij die lied, Die lied wat mij hart so raak, Van die Onderveld-boer en sij koringmiet En die donder, wat dreun en kraak.’ ‘Vammelewe het daar 'n boer gewoon, Daar vér in die Onderveld. Sij lande het altijd sij werk beloon Met gerwe haas ongeteld. Toe kom daar 'n grote droogte aan En sij vee vrek hot en haar. Die maande kom, en die maande gaan, Maar die reën blij ver van daar. Dog skielik kom, op 'n somerdag, 'n Grote wolke-skaar. Hulle lijk soos 'n seilende skepe-mag, Wat reg op die aarde vaar. Dit duur ook nie lang of die aarde word bang Vir die wolke, wat toef op hul weg. Want dis man aan man, en rang op rang, Wat klaar staan vir die geveg. [pagina 24] [p. 24] Daar flikker op eens 'n bliksem-streep, Hij slaan soos 'n sweep se slag; En hij snij uit die grond 'n grote reep - Die eerste skot van die dag. En toe begin die rammel-remoer, Kanonne die gaan te keer, Dit dreun en rol op die wolke-vloer, Dit bulder al meer en meer. Dit kletter en gons soos die haelkorrels spat, Teen die klippe klap hulle fijn. Die stofwolke rijs uit die dorre pad En die bliksem-strepe skijn. En hot en haar slaan die weerlig neer - Dit skeur en dit kraak en dit raas. En kort op mekaar, verskeie keer, In die enigste miet van die plaas.... Toe hardloop die boer bij die voordeur uit; Met sij voorlaaier in sij hand Vervloek hij die bliksem, tartend en luid, Om sij koring wat staan in brand. En roekeloos rig hij sij kleine roer Naar die sware donderweer. [pagina 25] [p. 25] Dog die bliksem trèf die arme boer En morsdood val hij neer.... Die hael die gons; en die water giet Op die smeulende vuur van die koringmiet... En dit is die lied van die koringboer Wat die hele jaar se gesaaie - Sij brokkie brood, en sij vee se voer, Sien vergaan 't in ligte laaie.’ Vorige Volgende