Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 13] [p. 13] Van die natuur [pagina 15] [p. 15] Kinderlied Kom, kom kindertjies Buite vlieg die vlindertjies - Hier, daar, oweral. Al die kleine stakkertjies Soek hul bonte makkertjies: Kijk, kijk, ag, hoe mal! In die kleine kommetjies Van die bloedrooi blommetjies Duik, duik, duik hul in. Reguit naar die suikertjies Vlieg die bonte duikertjies: Suig, suig, suig daarin. Kom, kom kindertjies Speel soals die vlindertjies - Hup, hup, spring en val! Blossies op jul wangetjies, Sing hier soete sangetjies Op die vlakte, oweral. Vorige Volgende