Voorwoord
Hulle sê, bij wijse van 'n grap, dat die meeste gedigte oor die skoonheid van die lente geskrijwe word in die winter. So kan ook beweer word, maar dan in alle erns, dat die vaderlandse digter dikwels pas die eintlike skoonheid van sij vaderland ontdek, als hij in die buitelane vertoef. So het dit b.v., met onse baanbreker, Jan Celliers, gegaan, terwijl hij in die Switserse gebergte sit. En so het die skrijwer van hierdie bundel pas in Holland, waarheen hij getrek het om vir dokter te studeer, gedigte oor volk en vaderland begin skrijwe. Die meeste van die gedigte onder hierdie rubriek dateer uit die tijd van die grote wereldoorlog; enkele, soos die leser sal sien, meer bepaald uit die spannende, tragiese rebelliemaande van 1914; andere weer, is geinspireer deur die jongste politieke gebeurtenisse in Suid-Afrika.
Verse van liefde bestaan daar glo nog maar min in Afrikaans. Val sijne in die smaak, dan sal