Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 16] [p. 16] Sneeuw Sneeuw, sneeuw, lieflike sneeuw Daal op die aarde neer; Dit val en dit swewe, Dit sterf en dit lewe - O kijk tog, hoe kòm dit al weer! Sneeuw, sneeuw, heerlike sneeuw, - Moeder, kom kijk tog hoe fraai! Miljoene klein vlokkies In stukkies en brokkies Word wijd oor die wêreld gesaai! Lieflik en rein en wit is die sneeuw, Moeder, dit val en dit sweef In brokkies en stukkies Met stote en rukkies - Presies of die hele lug leef! Vorige Volgende