Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 642]
| |
Hoofstuk XIX
| |
[pagina 643]
| |
suksesvol in sy onderhandelinge met die uitgewers nie. As gevolg van die papierbeperkings wat ná die oorlog in Brittanje ingestel is, kan Jonathan Cape nie sy voorlegging van Dick King and other poems vir publikasie aanvaar nie. In 'n brief van 28 Mei 1945 sê die uitgewers egter dat hulle baie geïnteresseerd sal wees in sy boek oor Kaapse wyne waarmee hy besig is en in die manuskrip wat hy oor sy ervarings as mediese skoolinspekteur beoog. Uit die brief blyk dit ook dat hulle in sy voorgenome outobiografie belang stel. Van sy outobiografie sou Leipoldt net 'n eerste hoofstuk in Afrikaans voltooi, terwyl sy ervarings as mediese skoolinspekteur tot 'n reeks artikels in Die Huisgenoot en 'n vroeë manuskrip in Engels beperk sou bly. Sy 300 Years of Cape wine, waarmee hy blykens 'n brief aan Jeff in Maart 1946 byna klaar was, verskyn eers postuum in 1952 en daarna in 'n tweede uitgawe in 1974. Dit is 'n omvattende studie oor die geskiedenis van wynbou in Suid-Afrika wat strek van Van Riebeeck se eerste wingerd tot die Constantia-wyne van Simon van der Stel en die Cloetes en latere ontwikkelinge in die twintigste eeu. Vir Leipoldt, skryf Hastings Beck in die inleiding, ‘an appreciation of good wine and the proper use of it was an essential part of the art of living. And he had a firm faith in South Africa's ability to produce “the best wines in the world”. Each glass of wine was a living thing to Leipoldt, to be approved or condemned by his discriminating palate. He detested snobbishness in wine as heartily as he detested it in people, and he met every wine on its own terms - the simple hermitage or the most sophisticated cabernet. His interest was catholic and he loved to share his discoveries with his friends. If he found a mean, ill-natured wine, he would damn it in no uncertain terms. A fine wine would be greeted with that wholehearted enthusiasm with which he was so abundantly endowed. Whether you agreed with him or not, his comments were worth hearing.’Ga naar eind1 Kort ná die voltooiing van sy ‘wynboek’ het Leipoldt begin met 'n laaste omvangryke werk waarna hy in briewe as sy ‘cookery book’ verwys. Hy moet, soos hy op 6 Maart 1946 aan Jeff skryf, die pot vir sy twee seuns aan die kook hou. Maar dit gaan nie goed met hom nie. ‘My innards are not what they used to be’, skryf hy, en hy sal een van sy kollegas vra om hom te ondersoek. Toe hy op 'n dag teen die hang van Leeukop plante gaan soek, gly hy en val. Die volgende dag, terwyl hy bad, ontdek hy 'n klont in die regtersy wat soos 'n breuk teruggestoot kon word, al was daar ook die moontlikheid dat dit 'n kwaadaardige klier kon wees. Gelukkig | |
[pagina 644]
| |
was dit net 'n breuk, waarvoor hy in die Tamboerkloofse Verpleeginrigting geopereer is. Die operasie het op 'n slegte tyd vir hom gekom en dit het komplikasies gehad wat hom 'n maand in die bed besorg het. In 'n onderhoud met M.P.O. Burgers kon Helen Burton onthou dat Leipoldt in die hospitaal 'n ongesonde asbleek kleur en ingesonke oë gehad het en dat alle wil om te veg by hom ontbreek het.Ga naar eind2 Hy was, soos hy baie jare tevore in 'n gedig geskryf het, ‘soos 'n oumens amper oor sy reis/ En met die Dood se skadu op sy gesig’.Ga naar eind3 ‘I have had a bad time,’ skryf hy op 14 Mei 1946 aan die Allens, ‘and indeed for a couple of days I fancied I saw Jesus beckoning me to come and have a halo fitted - such a dull business that I revolted at it, with the result, I verily believe, that my disgust pulled me through a very trying time.’ Aan Lulu Bolus laat hy weet: ‘I can't go far afield, and even a small walk makes me tired, but I am getting stronger every day and should be almost normal by the end of the month.’ Ná sy ontslag uit die hospitaal bring hy twee weke by Helen Burton deur voordat hy vir verdere herstel na Nortier op Clanwilliam vertrek. ‘It is indescribably lovely, the country round about Clanwilliam, just now,’ laat weet hy die Allens, ‘and every day I recall juvenile impressions, sweetened by the recollection of the very happy days I spent in the veld forty five years ago, visiting the old spots that in those days stood for so much that was beautiful and alluring in my young life.’ Aan Lulu Bolus skryf hy dat Clanwilliam pragtig is, ‘with the air cold and crisp’. In die Nortier-reservaat by Lambertsbaai het hy bolle en talle ander voorbeelde gekry. In die reservaat sien hy drie duikers, vyf steenbokkies, baie skilpaaie, 'n sekretarisvoël, baie valke, drie uile, twee slange, volstruise, dassies, patryse, 'n groot groen verkleurmannetjie en drie dikkoppe. ‘Clanwilliam just now is inexpressively lovely; the mountains have that blue sheen that blends so beautifully with the vivid green that surrounds them; Karooberg is putting on its spring mantle, and already shows patches of chrome...; on the town lands...there are splashes of pink...and clusters of yellow.’ Hy probeer sonder sukses om sy eie oxalis te vind wat niemand weer kon kry sedert hy dit in 1894 uitgegrawe het nie. ‘Dr. Nortier’, skryf hy verder, ‘is very good to me; he has taken it upon himself to act as my medical nurse.’ Op 27 Junie vertrek Leipoldt na dr. Schoch se Bosveldplaas Albatross aan die grens van die Krugerwildtuin. Onderweg terug na Kaapstad bly hy tien dae lank by Jeff in Johannesburg. Op 24 November 1946 laat weet Leipoldt vir Jeff dat die kookboek waaraan hy intussen begin werk het, reeds halfpad geskryf is en dat hy | |
[pagina 645]
| |
dit binne 'n week sal voltooi. ‘But I fiddle around with a chapter for half an hour or so, and then break off to read a thriller, and go on reading till late in the night when it is too disturbing to other folk to begin typing again.’ Inderdaad kon mev. O'Connor later onthou hoe bedagsaam Leipoldt was om nie haar of haar seun te steur nie. Wanneer hy laat ingekom het, was dit sy gewoonte om sy skoene by die voordeur uit te trek en so saggies moontlik na sy slaapkamer te gaan. Soos 300 Years of Cape wine is Cape cookery, die manuskrip waaraan Leipoldt in hierdie laaste jaar van sy lewe gewerk het, eers postuum in 1976 gepubliseer. In sy inleiding skryf hy dat toe hy in 1914 van Europa teruggekom het, dit vir hom 'n liefdestaak was om kookkunsmanuskripte bymekaar te maak en hulle met gedrukte versamelings vanaf 1483 te vergelyk. ‘What we may today call “Cape cookery”’, skryf hy in sy inleiding, ‘is characterised, not by a wholly original, intrinsically national quality, but by a subtle combination of various and diverse fashions in cooking, adapted and modified from many different countries, to which the use of certain locally-grown ingredients has given a new and peculiar tinge.... While there is no dish, with the exception of those for the preparation of which the main ingredient must be something that can be procurred only in South Africa, that can be considered peculiar to the Cape, in so far as its replica cannot be found elsewhere, there are many Cape cookery recipes that have been evolved from prototypes in old European cookery books. But they have been so changed, and possibly improved, by local methods that the dishes prepared from them can be said to possess a distinctive and peculiarly local excellence.’Ga naar eind4 Steeds is dit die aweregse Leipoldt wat, soos in Polfyntjies vir die proe, dikwels op die bladsye van hierdie boek aanwesig is. In sy voorwoord vir Cape cookery vertel Brian Lello van die advies wat Leipoldt aan 'n borrelende, aanstellerige vrou gegee het oor hoe om 'n kwartel voor te berei. ‘Dress a large turkey and place inside it a korhaan; inside of this a chicken which can enfold a partridge. Within the partridge place your quail. Season well and bake and baste with care. Your quail will emerge with unbelievable succulence when you have discarded the rest.’Ga naar eind5 Aweregse uitsprake vind 'n mens dikwels ook in die artikels wat hy in hierdie laaste fase van sy lewe skryf, soos die aanvraag na meer immigrante in Milady van April 1946, die twee stukke oor ‘Die stryd teen pyn’ in Die Huisgenoot van Junie 1946, die artikel oor ‘Ons badplase’ in Die Huisgenoot van 19 Julie 1946 en sy antwoord op die vraag ‘Wat is ouderdom?’ in Die Huisgenoot van 14 Februarie | |
[pagina 646]
| |
1947. In Augustus 1946 lewer hy twee lesings in die jaarlikse reeks van die Hofmeyrstigting aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 'n voordrag oor die kulturele oorsprong van Afrikaans sê hy dat die wortels van die taal sowel in die Nederlandse as die Engelse literatuur te vinde is en dat ons moet wegkom van die eng, nasionalistiese begrip dat Afrikaans op eie bene kan staan. Afrikaans ly juis vandag veel onder die idee dat hy in homself genoegsaam is.Ga naar eind6 In 'n radiopraatjie wat hy op 16 Augustus uitsaai en wat in groot mate op die teks van sy Hofmeyrlesing gebaseer is, sê hy: Afrikaans cannot stand alone, no language, no people, no individual can. It cannot hope to obtain its best and highest fulfilment by a narrow, strictly sectarian, nationalistic interpretation of life, and for Afrikaans writers there can be no honour or gratification in appearing as the propagandists of such limited, outworn views. In dieselfde praatjie spreek Leipoldt weer, só laat in sy lewe, sy bewondering uit vir Multatuli, 'n skrywer wat hy reeds as kind leer ken het en vir wie hy, met die opkomende nasionalisme onder Afrikaners en die diskriminasie op grond van velkleur, die grootste bewondering het. Hy skryf: There is perhaps in all modern literature no better or more eloquent exposition of democratic ideals as well as of the obligations of those who profess to subscribe to them, than the impassioned writings of Eduard Douwes Dekker. Throughout his life, in all his books, he pleaded for the recognition of the fundamental truth that wherever wrong is done to the humblest and the weakest, that wrong is done to all and each of us and that the basest of men are those whose love of right is solely for themselves or their country and not for all their race. Maar Leipoldt kon steeds in gesprekke onderhoudend wees en lekker onsinnige dinge kwytraak as hy die dag wou. Hiervan het N.P. van Wyk Louw by geleentheid vertel. Hoewel Louw en Leipoldt in dieselfde stad woonagtig was, het hulle mekaar nie eintlik geken nie. Hulle ontmoetings was altyd 'n bietjie oppervlakkig; telkens wanneer hulle mekaar teëkom, is hulle aan mekaar voorgestel asof hulle mekaar nie ken nie. Een keer, waarskynlik laat in 1946, toe Louw van sy huis in Clifton deur die | |
[pagina 647]
| |
stad na Rondebosch moes ry, sien hy Leipoldt by 'n bushalte staan. ‘Ek dag ja,’ vertel Louw, ‘hy kan nog lank vir 'n bus wag, en ek het die tyd - waarom nie oplaai nie?’ Toe Louw stilhou en Leipoldt nooi om saam te ry, willig Leipoldt dadelik in. In sy Van Wyk Louw-biografie gee J.C. Steyn hierdie saamryery en gesprek tussen Louw en Leipoldt as volg weer: Nou reken ek dat van Clifton na Kerkplein waar ek hom afgelaai het, in die ou destydse motortjie nie langer as twintig minute kon geduur het nie. Maar ons het begin praat, en ek vra hom toe onder andere waar lê die Hantam wat hy in sy gedigte gebruik: ‘Is dit die Calvinia se Hantam of is dit die Clanwilliam se Hantam?’ En hy begin toe met 'n lang uiteensetting van wat die woord beteken, en hy sê toe ook dis die Clanwilliam se Hantam wat hy in gedagte gehad het. As ek reg onthou, het Hantam iets te doen met waterGa naar eind7 en hy vertel toe hoe waterryk die streke was en hoeveel Boesmans daar gewoon het. | |
[pagina 648]
| |
In 1946 ontvang Leipoldt 'n geskenk wat hom baie vreugde moet verskaf het. Die Nederlandse uitgewer A.A. Balkema, wat hom in daardie jaar in Kaapstad vestig en met 'n uitgewery begin, publiseer W.E.G. Louw se keuse van Vyftig gedigte van C. Louis Leipoldt in 'n besonder keurige uitgawe wat deur J. van Krimpen in Nederland geset en deur Enschedé en Zonen in Haarlem gedruk is. Tot in daardie stadium was dit een van die allermooiste Afrikaanse boeke wat nog op die mark gebring is. Die latere uitgawes is deur die Nasionale Boekhandel en Tafelberg oorgeneem. Hoewel Leipoldt in sy jaar by die Forsyths en sedert middel 1945 by mev. O'Connor nie meer seuns gehad het wat by hom inwoon nie, blyk sy basiese altruïsme en positiewe lewenshouding uit meer as een van sy geskrifte. In 'n artikel wat hy 'n paar jaar voor sy dood in Die Huisgenoot publiseer, sê hy die lewe het hom geleer om nooit in so 'n mate ‘in vertwyfeling weg te sak...dat ek durf ontken dat alles uiteindelik vergoed word nie’,Ga naar eind9 'n uitspraak wat 'n mens onmiddellik aan die refreinreël ‘Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed’ in ‘Wys my die plek’Ga naar eind10 laat dink. Hy gaan voort: om uit wat hopeloos, onvermydelik verlore, onmoontlik herstelbaar is nog die troos te win dat niks in die lewe sonder hoop, niks sonder herstel, niks onherroeplik verlore is of kan wees nie, dit, dink ek, is die nuttigste, die waardevolste les wat die lewe my geleer het. En hy sluit af deur te sê dat hy hom gelukkig ag dat ek nog, hoe ouer ek word en hoe meer ek ondervind, in staat is om te probeer worstel en stoei, selfs as dit lyk dat vir my alle toevlug verlore is. Die les wat ek van die lewe geleer het, is dat stilstand en niksdoen dodend werk; dat lewe werk en woel beteken, en dat sonder stry en worstel daar nooit oorwinning en geluk kan wees nie. | |
IIOp 1 Januarie 1947 werk Leipoldt nog eens aan die manuskripte van The mask en The dwarf wife wat hy vir publikasie voorberei. Hy voel egter, volgens 'n aantekening in sy sakdagboekie,Ga naar eind13 die volgende dag ‘very dull’ as gevolg van 'n kwaai hoofpyn, maar gaan tog voort om die aand verder | |
[pagina 649]
| |
daaraan te werk. Op 3 Januarie skryf hy 'n waardering oor Totius wat ernstig siek is en wie se dood verwag word. Dieselfde middag eet hy saam met die Forsyths, en die aand speel hy brug saam met sy vriend Opperman - vir wie hy Oppie noem -, die pianiste Elsie Hall en Peter Shields. Tydens 'n besoek aan Helen Burton twee dae later besluit hulle om na Clanwilliam te gaan. Leipoldt vertrek reeds op 11 Januarie en gaan tuis in die Criterion Hotel. Die veld is egter leeg en dit is warm en onplesierig. Op Sondag, 12 Januarie, teken hy aan: ‘Very hot. Walked on commonage but found very little. Did not do any writing but read mostly.’ Op die dertiende gaan hy na Lambertsbaai, maar hy vind niks van botaniese belang nie. Feitlik doelloos ry hy na Leipoldtville. Maar ook dáár behandel sy jeugwêreld hom nie goed nie. ‘Dusty and dismal’, skryf hy in sy dagboekie. Die sestiende is hy terug by Nortier op Clanwilliam. Hy kry 'n paar plante by Sandkraal langs die Olifantsrivier en vind ook ná jare weer 'n jasmyn. Saam met Nortier gaan hy weer na Lambertsbaai, maar vind steeds niks van belang nie. Op die twee en twintigste lees hy afwisselend aan D.H. Lawrence se briewe en Aldous Huxley, ‘mostly rubbish’. By 'n temperatuur van 112 grade loop hy langs die Jandisselsrivier, maar die veld bly kaal en hy ooreis hom in die bloedige hitte. Die Nortiers en Helen Burton eet die aand saam met hom in die Criterion. Op die ses en twintigste gaan hy terug na Kaapstad. In Februarie 1947 sien hy Peter Shields en sy vrou Jessamy gereeld en dikwels kom hulle in die klub saam met hom eet. Wanneer Koning George VI en sy geselskap op 16 Februarie op besoek aan Suid-Afrika in Kaapstad aankom, is Leipoldt weinig entoesiasties, al raak die volgelinge van Smuts en die vroue feitlik histeries. Die prosessie rondom die Suid-Afrikaanse Biblioteek die volgende dag vind hy ‘very mediocre’. Op 21 Februarie stuur hy 'n telegram van gelukwense aan Totius met sy sewentigste verjaardag, 'n telegram wat hy later op 27 Maart in een van sy laaste briewe opvolg. Daarin spreek hy sy digterlike tydgenoot aan as ‘Geagte oom Totius’, al weet hy dat Totius net drie jaar voor hom in die wêreld gekom het. Saam met A. Roland Holst, die Nederlandse digter wat juis in hierdie tyd op besoek aan Suid-Afrika is, geniet hy 'n dinee in die klub. Op 28 Februarie gaan hy saam met Lulu Bolus na Clanwilliam. Hy oornag weer in die Criterion en besoek die Nortiers, maar vind in die veld weinig van belang. Hy word weer siek en gaan lê in die rondawel op Nortier se plasie. Toe hy terugkeer Kaap toe, sê hy vir Nortier: ‘Ek sal nie weer kom kuier nie... Jy weet wat om te doen ...’Ga naar eind14 Hy verlaat sy geliefde Hantamland vir oulaas. | |
[pagina 650]
| |
Hoewel Leipoldt in Maart nog baie aktief is en saam met Peter en Jessamy 'n paar dae by die Montagubad deurbring, is hy self bewus daarvan dat sy gesondheid nie meer na wens is nie. ‘I feel very well,’ het hy reeds op 24 Februarie aan Jeff geskryf, ‘but at night my heart sometimes wakes me up and that is a sign that I must go a little carefully as the machinery is no longer first rate although the engine may be expected to last for some time yet.’ Op 20 Maart skryf hy die eenbedryf Die byl, die laaste stuk werk in Afrikaans wat hy klaarmaak. Van tyd tot tyd drink hy koffie saam met Markus Viljoen en eet saam met Balkema by Kelvin Grove in Nuweland. Hoewel dit nie gedateer is nie, was dit in hierdie tyd dat hy een van sy laaste en beste verse skryf. Dit is ‘Chess in South Africa’, 'n gedig met duidelike toespelings op die rasseverhoudinge in die land: The much belauded Fool
Looked wise
And pondered what he saw:
‘I think’ he said, ‘that if
He tries
White still might make a draw!’
The Master smiled and
Shook his head:
‘You've left it all too late.
There is no doubt of it’ he said
‘It's black to move and mate.’
Kort voordat Leipoldt se ou vriend Johannes Smith na die ou Suid-Rhodesië sou vertrek om as spesiale skoolinspekteur op te tree, was Leipoldt by hom op Stellenbosch aan huis. Leipoldt was baie in sy skik met die groenvyekonfyt wat toe aangebied is. Hy het die vye so een-een teen die lig opgehou en ná die tweede of derde gesê: ‘Nou ja, dis nou vir jou die regte soort vyekonfyt - net soos die oumense dit gemaak het. So moet dit lyk - so deurskynend soos groen glas. Die mense van vandag leer die kuns totaal af.’Ga naar eind15 Toe hulle van mekaar afskeid neem, het Leipoldt Smith ‘ernstig en welmenend’Ga naar eind16 die raad gegee om 'n paar kissies goeie, natuurlike wyn by 'n sekere vervaardiger te bestel. ‘Dit sal jou meer goed doen as al die medicyne,’Ga naar eind17 was sy woorde. Op 28 Maart lewer Leipoldt 'n praatjie in die Suid-Afrikaanse Biblioteek wat deur mev. Smith bygewoon word | |
[pagina 651]
| |
en waarin Leipoldt die een en ander oor sy unieke versameling kookboeke vertel.Ga naar eind18 Dit het die skryfster Anna M. Louw, wat ook teenwoordig was, opgeval dat die sweet tydens dié praatjie van Leipoldt se gesig gestroom het.Ga naar eind19 Met sy terugkeer dieselfde middag in Charlton, die huis van mev. Dorothy O'Connor in Seepunt waar hy in twee kamers gewoon het, was Leipoldt reeds baie siek. Mev. O'Connor het gehoor hoe hy water in die bad laat loop. 'n Rukkie later het sy gehoor hoe hy 'n tweede keer die water laat inloop om te bad en sy het onrustig begin word. Terwyl sy in die kombuis besig was, kom Leipoldt in en sê: ‘I'm not well, you know. I've got an awful pain here’, en hy wys na sy hart. ‘I tried baths twice, but I can't get rid of it.’ Hy vra haar: ‘Are you going to be around the house? I don't want to intrude, but I don't want to be alone.’ Mev. O'Connor was nie van plan om uit te gaan nie, iets wat Leipoldt gerusgestel het. Toe haar seun Michael van skool af kom, het mev. O'Connor hom gevra om te gaan kyk hoe dit met Leipoldt gaan. ‘The doctor is not well, Mamma’, was sy woorde toe hy uit Leipoldt se kamer terugkom. Daarop het mev. O'Connor na hom gegaan en gesê hy moet liewer in die bed klim. ‘Yes, that's a good idea’, was sy antwoord. Van 'n dokter ontbied wou Leipoldt egter nie hoor nie. ‘No, you are not sending for any doctor. I'm a doctor. I don't want any doctor.’Ga naar eind20 Die hele nag was mev. O'Connor wakker terwyl Leipoldt, soos hy in sy sakdagboekie aanteken, aan ‘intense umbilical pain’ gely het. In die nag, so vertel Peter Shields, ‘he tore down the curtains in his agony’. Toe die lig uiteindelik daag, het Leipoldt sy hospita versoek: ‘Send for my son Peter.’ Peter Shields was in die anatomie-klas by die Universiteit van Kaapstad en is deur 'n boodskapper uitgeroep. Met sy aankoms in Seepunt was Leipoldt in 'n verskriklike toestand. Hy het dadelik dr. Vernon Brink ontbied, wat Leipoldt ingespuit en 'n kardiogram geneem het. Die bevinding was 'n koronêre infarkt. Hy het Leipoldt verder 'n slaapdrank gegee en 'n nagsuster ontbied. Die hele nag was Leipoldt weer in geweldige pyn en die volgende dag het die dokter morfine ingespuit om tydelike verligting te gee. Tydens sy siekte het Leipoldt aan mev. Dorothy O'Connor baie intieme dinge gesê. ‘I believe in a Supreme Being,’ was sy woorde, ‘but I cannot accept Jesus Christ as God and because a man has to adopt some mode of living, I've moulded my life on the teachings of Buddha.’ Mev. O'Connor, wat van die Rooms-Katolieke geloofsoortuiging was, vertel: | |
[pagina 652]
| |
I nursed him and it was during that time he said, ‘I am going to meet Jesus soon. What am I going to say to Him? What can I show Him for my life - nothing.’ I assured him that Christ was kind and would take into consideration the kindness he had shown in educating boys. He brushed that aside, saying, ‘I did it for my own satisfaction.’ The next day, whilst I was watching him, he said, ‘I've been a very lonely and unhappy man - a misfit. If I had been given your faith thirty years ago, I would have gone to a Monastery and begged the Prior to take me in as a lay-brother. Now, dying, the Prior would bless me and all these horrible gremlins round my bed, that you can't see but I can, would not be persecuting me.’ He then asked me to speak about Heaven and whom did I think he would meet when he passed to the Great Unknown. When I told him Our Divine Lord would come to meet him, he said, ‘No, Jesus will not want me, because I did not want to know him on earth. I shall be unknown in the other world.’ Then to comfort him I said, ‘What about Dr. Kolbe? Do you think he will forsake you? He, too, will come to meet you.’ That consoled him greatly and he said: ‘Ah! My old friend, he will remember me. It will be nice to meet him again. I shall hang onto that thought.’ Then he seemed to settle down and was taken to a nursing home shortly afterwards.’Ga naar eind21 Eers op 31 Maart was Leipoldt se toestand soveel beter dat hy na die Tamboerskloofse Verpleeginrigting vervoer kon word. Peter Shields, Leipoldt se neef Eric Thompson en vriende soos Lulu Bolus en Markus Viljoen het hom gereeld kom besoek. Op 5 April maak Leipoldt sy laaste inskrywing in sy sakdagboekie: ‘Felt much better today but still terribly tired and listless.’ Waarskynlik was dit een van die laaste opflikkeringe, want daar was geen werklike deurbraak ten goede nie. Leipoldt se hart, wat reeds in sy kinderdae deur rumatiekkoors aangetas is, was afgeleef en naby die einde. Ten spyte van sy ernstige siekte was Leipoldt steeds die onnutsige kwajong wat hy sy lewe lank was. Aan Viljoen het hy gesê: ‘Die dokter wil nie hê ek moet hierdie been só optrek nie’, en dan trek hy die been heeltemal in die lug in op. ‘En’, gaan hy voort, ‘die dokter wil ook nie hê ek moet die ander been optrek nie’, en dan trek hy albei bene in die lug in op. Hy het ook baie gekla van die maag en die hardlywigheid, maar speels bygevoeg: ‘Maar oormôre is ek in die hemel en dan kan ek lekker daar gaan skyt!’Ga naar eind22 | |
[pagina 653]
| |
Reeds baie siek, wou Leipoldt op sy sterfbed sy herinneringe, waarvan hy net een skitterende hoofstuk klaargemaak het, vir Viljoen dikteer. Viljoen het egter gevoel dat dit, afgesien van geneeskundige oorwegings, te harteloos sou wees om van die aanbod gebruik te maak.Ga naar eind23 Ten spyte van sy woorde aan mev. O'Connor het Leipoldt tot aan die einde agnostikus gebly. Die ‘gemis aan 'n bo-tydelike pleganker’, skryf Viljoen, ‘het hom in sy laaste oomblikke nie in die minste onthuts nie. Hy het oor die dood gesels soos oor 'n afwesige vriend en voorskrifte in verband met sy begrafnis en die beskikking oor sy letterkundige nalatenskap gegee asof hy oor die voorbereidings vir 'n piekniek gesels het. En terwyl hy die verskriklikste foltering gely het, het hy - altans teenoor my - nooit 'n klagwoord geuiter nie.’Ga naar eind24 Toe hy sy einde voel nader, het Leipoldt die wens uitgespreek om na Clanwilliam vervoer te word sodat hy daar in die omgewing waar hy sy kinderjare deurgebring het, kon sterf. As gevolg van sy hartaandoening was so iets egter onmoontlik. Enkele dae voor sy dood het sy vriend Nortier hom besoek en kon hulle enkele oomblikke alleen gesels. Aan vriende, wat hom gevra het waar sy as begrawe moes word, het hy net gesê: ‘Stuur dit na Nortier. Hy sal weet wat om daarmee te doen.’ Kort voor die einde het Markus Viljoen Leipoldt direk die vraag gestel of hy nie bang is om oor die laaste skeidslyn te gaan nie en wat hy van die dood verwag. ‘Hy was’, skryf Viljoen, ‘al baie swak en die antwoord het byna fluisterend gekom: “Ek dink dit is die end...Anderkant is niks.” En na 'n oomblik het hy met 'n flou glimlaggie, waarin daar iets van die ondeundheid geflikker het, daaraan toegevoeg: “Maar wat daar ook is, ek is verbrands nuuskierig!”’Ga naar eind25 Net so onverskrokke soos hy in die lewe was, het Leipoldt die dood tegemoetgegaan. Terwyl sy bene al besig was om koud te word, het hy sy laaste woorde gesê, smalend en feitlik sardonies: ‘Nou gaan ek na Jesus toe.’Ga naar eind26 Leipoldt is op Saterdagnag, 12 April, in die Tamboerkloofse Verpleeginrigting oorlede. Sondag, 13 April, het Nortier die nuus op sy verjaardag ontvang. Hy het na Helen Burton, wat in daardie tyd reeds na Clanwilliam verhuis het, gestap en gesê: ‘Helen, we have lost our friend.’ | |
[pagina 654]
| |
IIIOmdat Leipoldt op 'n Saterdagaand oorlede is en daar in sy tyd nog nie Sondagkoerante was nie, het die dagblaaie eers op Maandag, 14 April, die tyding van sy dood gebring. In die meeste koerante was daar uitvoerige berigte oor hom en die meeste het in hoofartikels aan hom hulde gebring. In 'n lang hoofartikel in Die Burger, kennelik geskryf deur Markus Viljoen, is veral sy poësie geloof en is hy bestempel as ‘die mees universele persoonlikheid’ onder die ouer geslag digters. Ten spyte van die ‘troosteloosheid wat hy in die wêreld gesien het, ondanks die pessimisme wat uit 'n merkwaardige gedig soos “Reisigers” spreek, het hy tot op sy sterfbed aan die verbetering van daardie wêreld gearbei.’ Die Suiderstem skryf dat die Afrikaanse gemeenskap Leipoldt se dood as 'n besondere slag sal ondervind, ‘omdat hy die Afrikanersiel in sy storm-en-drang-tydperk van die Boereoorlog soos geen ander digter aangegryp en in wonderskone poësie uitgebeeld het nie’. Leipoldt was egter meer as net 'n Afrikaanse digter. ‘Hy was 'n onvermoeide dienaar van ons land en sy bevolking. 'n Mens kan met reg sê dat hy van 'n hartstogtelike Afrikaner tot 'n ware Suid-Afrikaner ontwikkel het wat nooit sy eie persoonlikheid ingeboet het nie, maar altyd geweet het hoe om te dien en te skep.’ Die Cape Times loof Leipoldt se veelsydigheid en die feit dat hy tot wêreldburger uitgegroei het. ‘Dr. Leipoldt's sympathies with humanity were too deep to be tied to localities. He was a writer, hewing his raw material from human flesh and brains; he was a healer, dragging his drugs from the lethe-stocked shelves of the human mind. Nothing, to him, was too fantastic for the human being to achieve; nothing was so small that the human being could not elevate himself by distinguishing it with curious and analytical interest.’ Die Cape Argus sê dat Suid-Afrika met die dood van Leipoldt een van sy merkwaardigste persoonlikhede verloor. ‘His intellectual attainments were unusual, and with them he combined an extraordinary energy and an avid interest in everything around him that was reflected in many of his writings.... While he was more fluent, perhaps, in English, it was in Afrikaans, as one of a band of experimenters in what was then a new literary language, that he produced some of his best work - poems characterised by an essential simplicity, yet strong in sentiment and emotion.’ Die Rand Daily Mail som 'n kenmerkende eienskap van Leipoldt kernagtig op: ‘Dr. Leipoldt preferred to contradict. He was the apostle of the opposite view.’ Ook die British Medical Journal bring in sy uitgawe van 26 April 1947 hulde | |
[pagina 655]
| |
aan Leipoldt, terwyl die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Geneeskunde in sy uitgawe van dieselfde datum wys op die verskeidenheid gebiede waarop die oorledene werksaam was. ‘Leipoldt het dikwels eenders- en andersdenkendes tot sterk meningsverskil uitgelok en groot behae daarin geskep om mee te doen en 'n klein ontploffing te veroorsaak en dan opsy te staan en ander die saak te laat uitbaklei.’ In dieselfde uitgawe sê dr. Alan Sichel, president van die Mediese Vereniging: ‘Within the Association he was feared by some, admired by many and tolerated by not a few.’ Maar ook van sy medeskrywers het hulde gebring aan Leipoldt. Totius betreur dit in Die Huisgenoot van 9 Mei dat hy Leipoldt nooit persoonlik leer ken het nie en skryf oor die groot indruk wat Oom Gert vertel en ander gedigte by die eerste publikasie op hom gemaak het. ‘Daardeur het hy ons verryk nie net vir vandag nie, maar vir altyd. In weemoedstemming neem ek afskeid van hierdie “Leeurik wat opgestyg het in die skemermôre” - woorde wat hy aangaande my in die uiters simpatieke artikel in Die Huisgenoot van 21 Februarie jl. gebesig het en wat ek nou uit volle hart op hom van toepassing maak. Sy vroeë môrelied is ons ontwakingsgeskenk.’ In dieselfde uitgawe spreek D.F. Malherbe 'n huldewoord uit en betreur hy die heengaan van 'n skrywer wat in ‘die dag van klein dinge baanbrekend aan die arbeid gespring het’. In Vandag van April 1947 waardeer Uys Krige Leipoldt as grondlegger van ons poësie. ‘Nie alleen het hy Afrikaans uit die staanspoor uit gebruik met 'n helderheid, 'n vastheid en 'n dwingende onmiddellikheid wat meer as die taal van wie ook al daartoe bygedra het om Afrikaans as skryftaal sy beslag te gee nie, maar het hy ook ryklik geput uit die gewone volkstaal wat dikwels so pittig en tekenend kan wees.’ Krige loof ook die kwaliteit van Leipoldt se Engelse prosa en beskou Bushveld doctor as een van die merkwaardigste boeke wat in die Engelse taal in Suid-Afrika geskryf is. Dit was, volgens Krige, die Anglo-Boereoorlog wat die digter in Leipoldt laat ontwaak het, maar Duitsland se aanval op België in 1914 was vir hom 'n ewe groot skande as die aanval op die twee Boererepublieke. ‘Die Nazi's se aanslag op die hele mensdom, die menslike vryheid waar ook al, was vir hom die gruwelikste misdaad van ons tyd. So was hy een van die min Afrikaanse skrywers wat hom dadelik heftig teen hierdie misdaad geweer het.’ En I.D. du Plessis, wat onder die destydse jonger digters Leipoldt waarskynlik die beste geken het, skryf in Die Naweek van 1 Mei: ‘As mens sal hy deur die menigte wat hom oppervlakkig leer ken het, deur oppervlakkige kenmerke onthou word. Vir die paar wat die kans gekry het om deur die pantser wat hy as verdedi- | |
[pagina 656]
| |
ging gebruik het, te dring, om die sagter vereensaamde mens daarbinne te vind, is sy heengaan 'n verlies wat dieper gaan as die besef dat ons in hom nog 'n geestelike leier verloor het.’ Die essensie van Leipoldt se digterskap en wat hy vir die Afrikanervolk beteken het, word waarskynlik die beste saamgevat in die huldigingsartikels van W.E.G. Louw en N.P. van Wyk Louw. In sy artikel by die dood van die digter sê W.E.G. Louw dat Leipoldt in sy beste verse ‘die onvervalste Afrikaanse spreektaal tot die adelstand, tot die taal van die poësie verhef het’. In teenstelling tot Celliers en Totius, wat aansluiting by 'n verouderde Nederlandse verstradisie gesoek het en daarmee die gevaar van die retorika nie kon ontwyk nie, het Leipoldt se verse ‘die eenvoudige maar innige taal van die hart gaan praat’. Daar is dikwels, sluit hy af, ‘beweer dat Leipoldt as mens en as digter 'n alleenloper, 'n indiwidualis was, en dit is sekerlik waar. Dat hy tog ook 'n volksdigter geword het, moet, glo ek, in ons eeu byna uniek genoem word.’Ga naar eind27 En in seker die treffendste hulde vat Van Wyk Louw die essensie van Leipoldt se digterskap en sy betekenis vir die Afrikanervolk kernagtig saam: In die dae van ons grootste nood was Leipoldt die hart van die Afrikaanse volk. Dit was in die tyd ná 1900 toe dit gelyk het asof ons as volk finaal verneder en reddeloos verlore was, toe dit gelyk het asof ons sou ondergaan en uit die ry van die volke verdwyn sonder om 'n woord na te laat van wat ons kon wees. Toe het Leipoldt gepraat, woorde gegee aan ons smart en hierdie Afrikaanse wêreld van ons laat opglans van 'n liefde wat in honderde jare gegroei het. Elke blommetjie, elke diertjie van ons veld het hy genoem asof dit die laaste keer was wat dit genoem sou word. | |
[pagina 657]
| |
IVDie plek wat dr. Nortier as laaste rusplek vir Leipoldt uitgekies het, lê in die Pakhuispas in die noordelike Sederberge ongeveer sewentien kilometer van Clanwilliam in die rigting van Wupperthal. Die groot rotse naby die skulpagtige bakkrans met enkele Boesmantekeninge word omring deur struike. Die geheel spreek van 'n grootse eenvoud. Dit is asof jy in jou verbeelding Leipoldt se Boggom en Voertsek saam sien swerwe ‘waar die boegoe-bossies bloei’. Die spesifieke plek is vir Nortier ingegee deur die eerste reëls van die gedig ‘Skoonheidstroos’ in Geseënde skaduwees: Vind vir jouself 'n skuilte op die veld
In die eensaamheid waarin die aalwyn troon,
Omring deur grootse kranse, pragtig, skoon,
Verweer deur wind en tyd se kras geweld.Ga naar eind30
By geleentheid het Nortier vertel: ‘Dikwels het ek by hom gesit onder die klipdak van daardie ou rots. Dan het ek gesien hoe hy met verlange in sy oë oor die berge kyk. Soms het hy met 'n klank van weemoed in sy stem gesels oor die kinderdae wat hy in daardie selfde berge deurgebring het. Soms het ons ure lank daar gesit sonder om 'n woord met mekaar te praat, tog sonder om ooit verveeld te wees.’Ga naar eind31 Die verassing was op Maandag, 14 April, in Kaapstad. By die begrafnis in die Pakhuispas op Dinsdag, 15 April, was naas mnr. A.E. Burger, wat as magistraat ampshalwe aanwesig was, net dertien aanwesiges, van Leipoldt se intiemste vriende en van sy grootmaakkinders. Naas Nortier, sy vrou en Helen Burton was daar Peter en Jessamy Shields, Jeff Leipoldt, Eric Thompson, Eric Farquharson, drr. Mouton en Truter, Louis Esselen, dr. J.G. van der Horst en W.S. Visser. Op Leipoldt se uitdruklike versoek was geen predikant aanwesig om die lyksrede te hou nie. Van der Horst se rede was kort en indrukwekkend: Friends | |
[pagina 658]
| |
By die graf het ook Nortier enkele woorde gesê, maar hy was diep bewoë. Terwyl hy gekyk het na die prag van die omringende rotse by die bakkrans waar Leipoldt se as nou ter ruste gelê is, het die woorde by hom opgekom van wat iemand gesê het oor die Engelse digter John Keats, wat in Rome begrawe lê: ‘If you knew that you would be buried in so beautiful a spot, you could almost fall in love with death.’Ga naar eind32 |
|