Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 619]
| |
Hoofstuk XVIII
| |
[pagina 620]
| |
die wêreldpolitiek sou Smuts as raadgewer vir die Britse regering dien en internasionale aansien as staatsman geniet.Ga naar eind2 Van die begin af was Leipoldt sterk ten gunste van Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog en het hy Smuts nie alleen ten volle gesteun nie, maar wou hy ook graag aktief by die oorlog betrek word. Reeds op 4 September meld hy hom by die militêre owerheid vir diens aan. Hy word gevra om sy ou rang as luitenant-kolonel te hervat en as een van die sensors op te tree, 'n funksie wat Leipoldt nie besonder aanstaan nie. Hoewel hy kritiek gehad het op die wyse waarop Smuts in die voorafgaande jare Hertzog ondersteun en sy beleid stilswyend goedgekeur het, verklaar Leipoldt hom in 'n gesprek met Smuts op 4 September 1939 bereid om enige werk in belang van Suid-Afrika te onderneem. Smuts se antwoord was egter dat hy Leipoldt hiér wil hê, nie uit die land nie.Ga naar eind3 In sy hoedanigheid as sekretaris van die Mediese Vereniging doen Leipoldt 'n oproep op praktiserende medici om vrywillige mediese diens tydens die oorlog te verrig. Die reaksie was oorweldigend. Ongeveer 1 500 dokters het hulle bereidwillig verklaar om hulle dienste te lewer indien die staat dit sou vereis.Ga naar eind4 Op sy inisiatief reël die federale raad van die Mediese Vereniging vergoeding aan die afhanklikes van dokters wat tydens militêre diens ongeskik raak of beswyk, en planne word in werking gestel om pasiënte van diensdoende geneeshere in die dokters se afwesigheid teen verwaarlosing te vrywaar.Ga naar eind5 Deur bemiddeling van die Mediese Vereniging word, weer op inisiatief van Leipoldt, 'n beperkte getal medici toegelaat om vrywillig diens te doen in Kenia, waar dokters dringend deur die militêre benodig is.Ga naar eind6 Gedurende die oorlog het baie Nasionaalgesinde Afrikaners, wat nog altyd isolasionisties gedink het, Smuts beskou as iemand wat die belange van Brittanje bo dié van Suid-Afrika stel. Anti-Britse gevoelens, wat na die Anglo-Boereoorlog teruggevoer kan word, sou sommige groepe onder die Afrikaners tot openlike verset teen die regering en toenadering tot Duitsland en die nasionaal-sosialistiese ideologie lei, waarop die regering met aanhoudings en interneringskampe geantwoord het.Ga naar eind7 Hoe sterk Leipoldt oor Afrikaners se gesindheid tydens die oorlog gevoel het, merk 'n mens reeds uit briewe wat hy nog vóór Smuts se oorlogsverklaring aan Jeff skryf. ‘There are still idiots’, skryf hy op 4 September 1939, ‘that seem to think that South Africa can be neutral, and indeed some of them have power and influence; it is of course the sheerest tripe. I never felt more indignant and warlike - being by nature a pacifist - | |
[pagina 621]
| |
than I did when Hitler started on Poland, and I have no doubt that many South Africans will volunteer.’ Aan Jeff, wat in die Paarl op kosskool met baie Afrikanerseuns bevriend was wie se ouers anders as Leipoldt oor dié sake gedink het, gee hy in 'n brief van 5 September dié advies: ‘Keep your courage and your head. Don't answer the disloyalists when they talk to you about the war; we've had quite enough treason and disloyalty, but thank God all the Jaaps are not like that. Three fourths of the names on the Delville Wood monument are Jaap names - many from Paarl, too - and that's where we won anything we have reason to be proud of in South Africa.’ Nog duideliker blyk Leipoldt se oortuiging uit 'n artikel wat hy oor Suid-Afrika se standpunt oor die oorlog in Die Volkstem van 8 September 1939 skryf. Hy sê dat daar sedert 1933, toe die Nazi's aan die bewind gekom het, nie meer op die beloftes en versekerings van die Duitse regering gereken kan word nie. Sedert 1933 is die geskiedenis van Hitler se politiek ‘een van troubreuk, kierangspeel en aanmatiging, gepaar met verregaande ontkenning van die regte van kleiner volkere en 'n growwe verontagsaming van die gebruiklike beleefdheid wat volk aan volk verskuldigGa naar eind8 is. Nog nooit in die geskiedenis van die mensdom is daar bewys gelewer van so 'n domastrantheid as dié wat Hitler aan die dag gelê het nie; nog nooit tevore, miskien, het 'n regering sy eie volk so om die hoekie gelei dat dit nie eers besef wat die wêreld van die politiek wat deur sy leiers gevolg word dink nie.’ Vir ons in Suid-Afrika, gaan hy voort, is daar die keuse tussen neutraliteit of daadwerklike deelname aan die stryd. Ons kan egter alleen neutraal bly indien ‘ons gewillig is om te verklaar dat ons geen belang stel in die regte van die mensdom, dat ons geen meegevoel besit vir diegene wat voel, en daarvan oortuig is, dat die teenswoordige Nazi-beleid 'n bedreiging van ons bestaande beskawing is wat ons op die ou end in 'n toestand van onbeskryflike slawerny sal dompel nie.... Ook ons is deel van die mensdom; ook ons stel belang in die ondergang en oorheersing van 'n klein nasie. Ons kan, en mag, nie toelaat dat menslike regte geskend en vermink word, hoe danig ons ook besef en daarvan bewus is dat die verdrag van Versailles verkeerd is en wysiging en verandering verdien.... Ons kan..., watter krag ons besit, aanwend tot hulp en bystand van diegene wat besef dat daar vandag 'n end moet gemaak word aan die ondraaglike toestand wat tans bestaan. Deur dit te doen, bewys ons net dat ons getrou bly aan die ideaal wat ons totnogtoe gekoester het - die ideaal van vryheid, wat niemand sy regte ontsê nie | |
[pagina 622]
| |
maar wat met nadruk daarop wys dat die mensdom een is, en dat wat vir ons geld, ook van toepassing is op ons medemense.’ In Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog het Leipoldt dus 'n verset gesien teen die oorheersing van klein nasies deur 'n grondhonger despoot en die verdediging van menslike regte en vryheid - waardes wat oor eeue heen as die kosbaarste erfenis van die Wes-Europese beskawing gegeld het. Kort ná die uitbreek van die oorlog skryf Leipoldt in Die Huisgenoot van 6 Oktober 1939 'n artikel oor ‘Die tragedie van Pole’ waarin hy die lang stryd van dié land om sy vryheid skets, andermaal 'n voorbeeld van hoe bruikbaar Leipoldt as joernalis met sy breë kennis van aktuele aangeleenthede was. Dat hy nie verniet in sy artikel in Die Volkstem op die skending van die regte van klein nasies gewys het nie, blyk uit die gebeure van 10 Mei 1940 toe Duitse troepe sonder waarskuwing die neutrale Nederland en België binneval en Rotterdam bombardeer. Toe Leipoldt dié Vrydagoggend om halftien op kantoor kom, moes hy - wat tot in daardie stadium nog nie 'n radio in Arbury wou duld nie - van die Duitse inval verneem. DadelikGa naar eind9 het hy Van Swinderen, die Nederlandse konsul, getelefoneer en 'n afspraak gemaak om hom om elfuur dié oggend vir koffie te ontmoet. By dié byeenkoms, wat ook deur Markus Viljoen bygewoon is, doen Leipoldt aan die hand dat Smuts so gou moontlik oor die radio 'n boodskap van deelneming moet lewer en dat die opposisie sy steun aan die deelneming moet gee. Onmiddellik daarna is Leipoldt na die Volksraad, waar hy H.A. Fagan gespreek het. Fagan was bereid om saam te werk indien sy party (die Herenigde Nasionale Party van Hertzog) daartoe sou instem. Op sy voorstel is Leipoldt na dr. D.F. Malan, onderleier van die HNP. ‘Dit is nou die tyd om partyverskille eenkant toe te skuif en jou party se simpatie met Nederland te toon. Ons is altwee Afrikaners, doktor, en jy en ek voel saam’, was sy woorde. ‘Ja, dis 'n aaklige affêre’, het Malan geantwoord. ‘Dit is, doktor,’ het Leipoldt voortgegaan, ‘maar dis nou die tyd om 'n end te maak aan ons verdeeldheid en saam te staan.’ ‘Wat bedoel jy? Ek sal dit eers moet bepraat’, het Malan geantwoord. ‘Wat ek bedoel’, gaan Leipoldt voort, ‘is dat julle vir die regering sal sê dat julle sal saamwerk solank as Holland in die oorlog betrokke is...’ ‘Nee’, het Malan vererg gereageer, ‘die oorlog-deursien-politiek - dit nooit nie.’ ‘Ons is tog in die oorlog; daaraan kan niks gedoen word nie. Maar dink oor die saak, asseblief’, was Leipoldt se afskeidswoorde. Ook met Frans Erasmus, Nasionale voorbanker en later minister van verdediging in die Malan-kabinet, | |
[pagina 623]
| |
het Leipoldt gepraat. Erasmus was simpatiek, maar heeltemal onwillig om tot enige praktiese optrede in te stem. Van Smuts se private sekretaris het Leipoldt verneem dat die eerste minister te besig was om hom onmiddellik te woord te staan, maar of hy bereid sou wees om te wag. Leipoldt is terug om met Deneys Reitz, Izaak Wallach, Colin Steyn en Karl Bremer te gesels. Met senator Francis Robertson het hy die wenslikheid van 'n spesiale boodskap van simpatie vir publikasie in Die Volkstem bespreek. Wallach het die korrespondent van Die Volkstem in die hande gekry en hy en Leipoldt het die aard van die boodskap bespreek. Aangesien Smuts te besig was om self 'n boodskap te skryf of te dikteer, het Leipoldt gaan sit en 'n boodskap begin tik. Toe die klokkies daarop begin lui en hy sien hoe Smuts aanstaltes maak om die volksraad binne te gaan, hardloop Leipoldt na hom toe, neem hom aan die arm en plaas die vel papier in sy hande met die woorde: ‘Oom Jannie, just glance over that and if you approve let Viljoen [Die Volkstem se korrespondent, nie Markus Viljoen nie] wire it to Volkstem as your message.’ Leipoldt het nie gewag op Smuts se antwoord nie, maar later by die Civil Service Club verneem dat die eerste minister ‘an excellent sympathetic message’ gelewer het. In The Cape Argus het Leipoldt gesien Smuts het die teks sonder 'n enkele wysiging gebruik. Leipoldt se teks, soos deur Smuts uitgereik, lui as volg: It is with the greatest sorrow and concern that we learn that Holland - the mother country of so many of us, the land to which we are bound by so many bonds of friendship, relationship and cultural and religious affinities, that land for which we have such a deep feeling because its people are related to us not only by blood but also in spirit - has been attacked by the enemy in his usual disgraceful manner. | |
[pagina 624]
| |
Die hoofartikel van Die Burger oor die Duitse inval in Nederland was in skrille kontras met Smuts se verklaring en Leipoldt se gevoelens. In oorleg met Recht Malan en Phil Weber skryf A.L. Geyer, die hoofredakteur, dat die simpatie van die Afrikaanse volk uitgaan na elke klein nasie wat die slagoffer van die magspolitiek van een van die grotes word. Dit is egter geen rede waarom Suid-Afrika in die Europese stryd moet inmeng nie. Hitler se jongste stap bewys slegs dat hy die oorlog wil wen. Dit is die tragedie van die klein state van Noordwes-Europa dat hulle tussen die grootmoondhede vasgedruk lê en dat hulle die ongelukkige slagoffers van hulle geografiese ligging is. Suid-Afrika staan opsy hiervan en is nie gemoeid met hulle oorloë nie. Sy belange is nie betrokke nie. Dié hoofartikel, een van die swartste momente in die geskiedenis van Die Burger, het van vooraanstaande Afrikaners heftige reaksie ontlok. In 'n brief aan Geyer skryf prof. D.B. Bosman dat hy, as hy dink aan die Nederlandse meelewing met die lot van die Boererepublieke, bedroef en skaam voel oor ‘die flou en bedeesde toon van ons Afrikaans-nasionale pers’. Dr. Petronella van Heerden skryf dat die hoofartikel vir haar net so 'n pynlike skok as die nuus van die Duitse inval was, terwyl W.E.G. Louw vra: ‘Hoe is dit moontlik dat die toonaangewende Afrikaanse dagblad van ons land selfs in die beoordeling van hierdie saak nie in staat blyk te wees om ook maar één dag uit te styg bokant die geskille van ons binnelandse politiek nie.’Ga naar eind10 Op die hoofartikel het Leipoldt nie regstreeks geantwoord nie. In die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde van 25 Mei 1940 verseker hy egter Nederlandse en Belgiese medici van Suid-Afrikaanse dokters se bystand: ‘Ons hoef nie aan ons Nederlandse en Belgiese kollegas, so swaar beproef onder die las van die gebeurtenisse wat tans plaasvind, formeel ons innige, hartelike deelneming te betuig nie. Hulle kan daarop reken dat ons in alles met hulle saamgaan, en dat ons, sover dit vir ons moontlik is, hulle sal bystaan totdat die oorwinning uiteindelik behaal is oor die barbaarsheid waarteen ons saam met hulle, as bondgenote, nou stryd voer in die belang van ons gesamentlike beskawing en kultuur.’ In 'n latere uitgawe wys hy op die regte wat die staat, ook met betrekking tot medici, in 'n oorlogsituasie het: ‘The State has...in time of war, or indeed in any emergency, a right to call upon the doctor for aid. This right, as we know, has been contested by members of the profession who believe so much in the liberty of the individual as to deny to the State the privilege of making use in war-time of the service of medical practitioners who may be paci- | |
[pagina 625]
| |
fists or for some other reason be disinclined to volunteer for service. But in a modern State few citizens will question the right of the State to call upon all citizens in time of war to do their fair share in the defence of the country. The medical profession at least recognises and respects that right on the part of the State, and has never been behind in volunteering its services in time of war or emergency.’Ga naar eind11 Dat die verdeeldheid oor Suid-Afrika se toetrede en die reaksie van Afrikaners op die oorlog vir Leipoldt 'n pynlike aangeleentheid was, blyk uit 'n verdere artikel in Die Volkstem. Onder die opskrifte ‘Waar die stryd om gaan’ en ‘Regverdigheid van ons saak’ verskyn daar op 4 Junie 1940 van hom 'n stuk waarin hy andermaal op die erns van die stryd en die essensie van die konflik wys. ‘Die verdeeldheid wat onder ons heers’, skryf hy, ‘is 'n verdeeldheid nie van beginsels nie, maar van kleinsielige vashou aan 'n vooroordeel wat reeds lank al verjaar het en wat teenswoordig hoegenaamd geen praktiese betekenis in ons lewe het nie.’ Die geweldige magte wat tans in Duitsland ontketen is, gaan hy voort, ontsê die burger ‘alles wat beskawing en kultuur in die afgelope ses honderd jaar aan hom gewaarborg het - die reg op 'n eie mening, die voorreg om vir homself te dink en te handel (binne die perke wat die gemeenskap vir gesamentlike beskerming van mekaar se belange stel), die vryheid om sy siel, sy gewete, sy gedagte as vry te beskou, en dienooreenkomstig sy lewe in te rig volgens sy eie beskouing van wat hy voor God en homself aan sy medemense verskuldig is.’ Aan die ander kant is daar die ideaal van 'n liberale opvatting van die pligte en voorregte van die burger, ‘die eeue deur erkende begrip van individuele vryheid wat 'n kenmerk is van die demokrasie. Ons hoef nie te vra of die begrip logies of wetenskaplik aanneemlik is nie. Ons het dit aanvaar as die begrip waarop ons vandag ons kultuur bou, waarop ons in Suid-Afrika ons konstitusionele en gemeenskaplike fondamente gevestig het en wat ons volmondig erken as die kiem en kraggewende suurdeeg van ons maatskaplike en politieke instellings. Vir die behoud daarvan veg ons en ons bondgenote vandag. Ons veg vir die behoud van eie regte, eie instellings, eie kultuur, eie beginsels, algar dinge wat ons vrywillig en ongedwonge erken en aangeneem het. Ons veg nie, soos ons teenparty, om ons eie ideologiese opvattings op iemand anders af te dwing nie, om vreemdelinge aan ons onderdanig te maak nie, om ons gesag buite ons eie land uit te brei nie. Ons veg vir ons eie regte en vir die behoud van die beskawing en skatte wat gesamentlik aan die hele wêreld behoort.’ | |
[pagina 626]
| |
Hoe sterk Leipoldt oor hierdie sake gevoel het, blyk ook uit die gedigte wat hy in hierdie jare skryf. Oor die magte wat in Duitsland werksaam was, laat hy hom as volg in ‘War faith’ uit, 'n gedig wat postuum in The ballad of Dick King and other poems verskyn: We will not brook a power that shames
All that humanity acclaims
Worth living for, worth dying for.
We will not rest until the right
Has triumphed over tyranny,
Nor suffer doubt to dim the sight
Of the declining day-star's light
That shines for us as augury.Ga naar eind12
In 'n gedig wat hy op 21 Oktober 1939 in Forum publiseer, verwys hy na Hitler as 'n ‘self-verhefde herder, held en heer / Van pure potklei’ en praat hy van die Duitse leier se ‘troubreuk, valsheid en verraad’;.Ga naar eind13 Aan Jan Greshoff, die Nederlandse digter wat sedert 1939 in Kaapstad woonagtig was, gee hy 'n reeks van sestien verse waarin sy gevoelens oor die oorlog en sy verontwaardiging oor sommige Afrikaners se slap reaksie op die Duitse inval in Nederland tot uiting kom. Greshoff stuur die gedigte aan De Stoep, 'n Nederlandse tydskrif in die destydse Batavia, wat dit in sy uitgawe van April 1944 publiseer. Dit word in Die Volkstem van 24 Julie 1944 oorgedruk. Die reeks verskyn onder die titel ‘Holland 10 Mei 1940, Gedagtes toe en daarna’. Uit die eerste gedig in die reeks spreek 'n moedeloosheid en uitsigloosheid by die tirannieke oorheersing van die Nazi's: Ek kan nie huil nie, ofskoon my hart vandag,
Oorlaai met jammer, droefenis en pyn,
My dwing tot trane as my troos verdwyn
In moedeloosheid en ek na uitkoms smag.
Ek staar met droë oë in die nag,
En sien geen ster wat in die donker skyn,
Geen teken dat die middernag sal kwyn
En sonlig weer sal straal in suiwer prag.
Die wêreld, deur 'n wrede tirannie
| |
[pagina 627]
| |
Geteister, kreun, want op hom druk 'n las
So vreeslik swaar dat vryheid dood moet gaan.
Die groot verdrukking is alom, en wie
Sal kans kry om sy klere wit te was
En veilig sonder vlek orent te staan?Ga naar eind14
In die tweede gedig verwoord hy sy verontwaardiging dat so baie Afrikaners niks wou doen tydens die besetting van Nederland nie: Wat sal ek antwoord as my kleinkind vra -
Met die eng'le-stem wat elke kind behou
Van wonders-weet vanwaar - ‘Kan Oupa nou
Vir ons vertel hoekom die mense kla
Daar is vandag nie meer 'n Holland nie,
Wat vroeër ons moederland gewees het? Wie
Het hom so vreeslik, gruwelik dood vermoor?
Ons wil so graag die hele storie hoor.’
Sal ek dan paai met praatjies oor die Trek,
Dingaan se dwingelandy, Retief se dood,
Die weë van ons volk in baringsnood
Van Adam Tas se tyd tot Slagtersnek,
Van elke punt in ons geskiedenis,
Ons hoër status en ons broedertwis,
Ons vryheid en ons lafheid, lof en blaam
Waaroor 'n man moet trots voel of hom skaam?
Of sal ek durf om eerlik te bely,
‘My kind, ek het daar skuld aan, tot my spyt,
Dat Holland dood vermoor is. Daardie tyd
Was ons aan siel en gees en moed bankrot.
Ons was so mislik klein, so bangkat vrot,
Ons het besluit dat ons “neutraal” sou bly.’Ga naar eind15
In die elfde gedig in die reeks sê Leipoldt dat die Afrikaner, wat trots is op Retief en Piet Uys, die Nederlanders alleen laat in hulle nood. Hy gaan voort: | |
[pagina 628]
| |
Ek skaam my vir my volk,
Wat vrinde plig vertolk
As eie wins en baat,
Of iets om oor te praat.
'n Volk so eerloos vrot
Verdien die skimp en spot
Wat soos 'n golf sal skuim
Oor die wat plig versuim.Ga naar eind16
Ná die verskyning van dié verse skryf W.E.G. Louw in 'n brief aan Van Wyk Louw: ‘Het jy die simpel verse van Leipoldt in 'n onlangse no. van De Stoep gesien? Werklik, dit lyk my hy is heeltemal uitgeskrywe. Dit is eenvoudig 'n kindse gerymel.’Ga naar eind17 Leipoldt se verse oor Hitler, die Tweede Wêreldoorlog en die inval in Nederland staan ver agter by sy sterk gedigte oor die Anglo-Boereoorlog, maar uit hulle spreek tog 'n heftigheid wat 'n mens vandag nog plek-plek aangryp en wat W.E.G. Louw klaarblyklik nie raakgelees het nie. Na aanleiding van die verdeeldheid onder die Afrikaners en sommige se openlike simpatie met 'n Duitsland wat alle demokratiese regte van die indiwidu volkome geïgnoreer het, kon Leipoldt weer, met die woorde uit sy gedig ‘Op 'n leiklip’, sê: ‘Ons harte is vol van gemors en verdriet.’Ga naar eind18 As tydsdokument is dié verse in elk geval 'n belangrike reeks gedigte. Waarskynlik sinspeel Van Wyk Louw op hierdie verse as hy by Leipoldt se dood in 'n huldeblyk sê: ‘(I)n sy laaste jare - hoewel hy sy oortuiging nooit tot so 'n skoon bewoording soos in sy jeug kon bring nie - was hy in groter mate as ons besef 'n gewete in ons volk, 'n gewete wat ons onsuiwer strewe, ons verwarring en selfbedrog veroordeel het.’Ga naar eind19 Maar nader tuis sou Leipoldt die Tweede Wêreldoorlog aan die lyf ervaar. Toe hy op 'n keer, kort ná die oorlogsverklaring, Peter Shields en Jeff Leipoldt op die stasie moes afhaal, het albei te kenne gegee dat hulle hul by die Suid-Afrikaanse magte wil aansluit. ‘They want men, not babies’, was Leipoldt se eerste reaksie.Ga naar eind20 Peter was reeds student aan die Universiteit van Kaapstad, maar Jeff was nog op skool in die Paarl. ‘There can be no question of you or Peter going yet’, skryf Leipoldt op 5 September 1939 aan Jeff, ‘but later on it may be necessary that you, like all of us who have any respect for civilisation and freedom, should make up your mind to sacrifice yourself for both.’ Sy eie aandeel, gaan Leipoldt voort, sal klein wees, omdat hy al te oud en sy gesondheid nie meer van die beste was nie. | |
[pagina 629]
| |
Tog het sowel Peter as Jeff hulle later by die Suid-Afrikaanse magte aangesluit. Peter was lid van die Cape Town Highlanders en het later in Noord-Afrika en verskeie ander lande geveg en by herhaling toekennings vir sy voortreflike diens ontvang. Ná sy matrikulasie in 1940 het Jeff hom by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit en as lugkanonnier van 21 Eskader Suid-Afrikaanse Lugmag in Noord-Afrika en Italië diens gedoen. Tydens die oorlog het Leipoldt self by herhaling sonder sukses probeer om die een of ander aanstelling in belang van Suid-Afrika te kry. Met die verkiesing van 1943 is hy gevra om op Worcester kandidaat vir die Verenigde Party te wees. Aan Jeff skryf hy op 26 April 1943: ‘I could not accept as I think younger folk should have a chance, and anyway I should be a lone pigeon in parliament, constantly at loggerheads with my own party especially now when the party is so dreadfully stupid.’ Hy skryf dat sy gesondheid oor die algemeen goed is, maar dat hy in sy toenemende luiheid en sy onvermoë om selfs eenvoudige rymwoorde te vind, 'n sekere mate van seniliteit bespeur. Arbury lyk vervalle en verwaarloos en hy slaag nie daarin om 'n betroubare tuinman te kry nie. ‘I am getting very much fed up, and want to do a bit myself,’ skryf hy feitlik pateties op 16 Junie 1943 aan Jeff, ‘but it seems that no one wants my services here.’ Onheilspellend meen hy dat Suid-Afrika ná die oorlog geen rol in die wêreld sal speel nie, ‘for we are not fitted to be one of the Charter Nations. Bear in mind that seven eights of our population have no rights and no economic privileges, and that we are therefore no more democratic than any Nazi country. I do know that very few South Africans can see further than their noses; they will not realise that colour bars and race and class distinctions are things of a bygone age and that the customs and thoughts of the Voortrekkers (who were, after all, little better than the worst type of the population) are of a bygone age.’ Die Unie van Suid-Afrika, skryf hy op 24 Oktober 1943 aan Jeff, sal in internasionale sake 'n ‘back seat’ inneem, behalwe as die land sy siening ten opsigte van die kleurslagboom wysig. ‘My own view is that it will be absolutely useless, after this war, to even try and keep what remains of the colour bar; if the war has done anything it has abolished the silly distinction between coloured and white.’ In 'n gedig wat hy vir sy swart vriend prof. ThaeleGa naar eind21 skryf en wat hy ‘Segregation’ noem, spreek Leipoldt hom uit teen politici wat mense op grond van kleur en ras van mekaar skei. Mense wie se beleid hierop berus, ‘look to a shadowy future for a strength that cannot last,/ Because it is based on evil’.Ga naar eind22 En na afloop van die oorlog sê hy feitlik profeties in 'n brief van 15 Mei 1945 aan Jeff: ‘I imagine that we | |
[pagina 630]
| |
shall have to work overtime to prevent the OB's and the Broederbond folk getting power and landing us in the same mess in which the Huns have been landed by Hitler and co.’ Die mening oor die uitwerking van die oorlog, die implikasies wat dit vir Suid-Afrika sal hê en die immoraliteit van segregasie spreek Leipoldt uit in 1943 nog voordat daar 'n beslissende wending vir die Geallieerdes in sig was. Dit is 'n merkwaardige insig wat hy hier feitlik aan die vooraand van die apartheidsera openbaar. Leipoldt was steeds teleurgesteld dat hy nie oorsee kon gaan en deel aan die oorlog kon hê nie. Orals, so laat hy Jeff weet, hoor hy egter: ‘You're too old for that sort of thing.’ Ook teenoor sy vriend Nortier op Clanwilliam kla hy op 27 Maart 1944: ‘They won't let me have an exit permit for going overseas; say I'm too old. I feel like the oudstryder who turned up at the recruiting office, and when told that he was too old said: “Te oud? Ag wat, gee my net 'n Mauser en wys my waar die Engelsman is en ek sal jou wys of ek te oud is.”’ Leipoldt leef egter intens mee met die lotgevalle van sy pleegseuns. Wanneer Jeff einde 1940 saam met troepe na Libië vertrek, skryf hy 'n sonnet waarin hy hom versoek ‘(to) hold love for me in keeping’.Ga naar eind23 Wanneer Jeff ná 'n lugaanval vermis word en vermoedelik dood is - 'n rapport wat, soos later geblyk het, foutief was - skryf hy dat so 'n dood 'n waardige einde is, want ‘We have striven/ For all that is more precious and more dear/ Than life itself’.Ga naar eind24 Sy mooiste vers uit hierdie jare is egter ‘To Squadron 21, S.A.A.F.’ In 'n brief van 25 September 1944 stuur hy dit aan Jeff en verstrek hy inligting oor die gedig: ‘It attempts to express what we feel - we old humble men who sit here and are debarred from sharing in your efforts but have a reflected glory (like the fathers of Crusaders who blazoned on their shields “by courtesy” as the heralds say, the half moon or the rising horn to show that they had some share in what their sons had achieved.’ Die gedig is 'n sonnet waarin hy as een van die ou ‘humble men’, wat ook graag deel aan die oorlog wou hê, met trots na die heldedade van sy seuns kyk: Could we have joined, even in imagination,
In what you did through four full perilous years,
Our hearts would surge with pride and exultation,
Even though our eyes be curtained by our tears.
We old humble men, no longer fit to perish
In battle, may yet blazon on our shield
By courtesy the fame of those we cherish,
| |
[pagina 631]
| |
By sad reversion sharing in its yield ...
That rich remembrance of heroic men,
Who, young in years but in experience old,
Dared in their youth to give so much...so much.
Aye, all they had to sacrifice - that when
In after days a hero's tale is told
We old humble men may say, ‘Our sons were such.’Ga naar eind25
| |
IIIn die veertigerjare is Leipoldt nog baie aktief as joernalis en skrywer, maar nie alles vorder na wens nie. In Junie 1942 begin hy met 'n roman oor die Hugenote waarvan hy ses hoofstukke skryf maar wat onvoltooid bly. In April 1943 skryf hy ‘The ballad of Dick King’, die lang gedig waarmee sy postume Engelse bundel open. Ook 'n ander roman, waaraan hy die titel Pasjent in die donker gee, voltooi hy nie. 'n Boeiende kortverhaal wat in die trant van Orwell se 1984 met toespelings op Hitler en sy konfraters werk, is ‘Die oulike bobbejaan’, wat in Die Huisgenoot van 22 Mei 1942 verskyn. Van tyd tot tyd hou Leipoldt radiopraatjies en neem hy deel aan debatte. Van die onderwerpe vir dié praatjies is sake soos ‘Kennis en geloof’, ‘Beskawing’ en ‘Gedagtes en dade’. Op 29 Maart 1940 is hy en die musiekkenner prof. Gerrit Bon byvoorbeeld in gesprek oor 'n geliefde tema van Leipoldt: ‘Musiek is die duurste geraas in die wêreld.’ Hy is saam met prof. W. Hutt van die Universiteit van Kaapstad lid van 'n ‘Brains' Trust’ wat gereeld voor besoekende soldate optree. Met sy breë algemene kennis kon Leipoldt meestal onmiddellik antwoord op vrae soos waarom mense lag as hulle gekielie word. Hutt het dikwels nie oor dieselfde hoeveelheid feitelike inligting beskik nie, maar sy ortodokse wysgerige inslag het soms met dié van Leipoldt gebots, iets wat die gehoor geniet en wat hulle daartoe gelei het om die twee tot aanvalle aan te por. By die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, waar hy steeds as sekretaris opgetree het en vir die redigering van die tydskrif verantwoordelik was, het sake egter drasties begin versleg. Reeds in Maart 1943 het dr. J.H. Harvey Pirie, president van die federale raad van die Mediese Vereniging, dit oorweeg om die poste van sekretaris en redakteur te skei, 'n aanbeveling wat uiteindelik nie deur die raad goedgekeur is nie. Leipoldt is later meegedeel dat die pos van redakteur en sekretaris aan dr. P.J. de Vil- | |
[pagina 632]
| |
liers aangebied is. Leipoldt, wat persoonlik met De Villiers bevriend was, het die aanstelling van harte goedgekeur, maar gesê dat so 'n aanstelling nie gemaak kan word voordat sy kontrak met die vereniging beëindig is nie. Op die daaropvolgende vergadering het die president aan Leipoldt 'n brief oorhandig waarin hy meegedeel word dat sy kontrak gekanselleer is. Toe dit later blyk dat De Villiers nie die pos gaan aanvaar nie, het die federale raad teruggekrabbel en die betrekking opnuut, maar dan tydelik vir 'n jaar, aan Leipoldt aangebied. Die raad was nou in 'n penarie. Verskeie voorstelle is aan Leipoldt gedoen, maar hy was alleen bereid om deur sy regsverteenwoordigers met die raad te onderhandel. Uiteindelik is die saak opgelos. Leipoldt sou nog vir 'n jaar die tydskrif redigeer, hy sou absolute onafhanklikheid as redakteur geniet en hy sou ekstra betaal word indien hy sy opvolger moes oplei. ‘They were very sour but had to sign’, skryf hy vir Colin Allen. Onderliggend aan die hele onsmaaklike affêre, soos Leipoldt dit in 'n brief van 18 Maart 1944 aan Allen stel, was 'n noordelike kliek wat van die begin af teen sy aanstelling gekant was en van hom ontslae wou raak. Dat dit met Leipoldt se besonderse indiwidualiteit saamgehang het, blyk uit 'n persoonlike brief wat Pirie in Augustus 1944 vir hom skryf. Pirie sê dat Leipoldt deur baie mense as 'n geniale man beskou word, with the advantages of that class, but also with some of its disadvantages. You have literary, linguistic and journalistic qualities, the equal of which I don't suppose we are ever likely to obtain again. You have a very strong individuality which, at times, is a very fine thing in an Editor, but which, at times, we common men have resented. | |
[pagina 633]
| |
Die raad het prof. M.R. Drennan aangestel as redakteur en sekretaris met ingang van Januarie 1945, terwyl die redaksionele werk later deeltyds deur dr. J.S. du Plessis oorgeneem is.Ga naar eind26 Op 10 Oktober 1944 skryf Leipoldt aan Jeff: ‘I have definitely been sacked, and go at the year's end.’ Oor 'n paar maande, voeg hy wrang by, is hy ‘los Hotnot’ en sal hy in alle erns met sy literêre werk kan voortgaan. Intussen het hy 'n uitnodiging van een van die Londense ‘dailies’ ontvang om vir hulle te gaan werk, maar hy sien swarigheid om dit in dié stadium te aanvaar. In een van die laaste nommers wat hy van die tydskrif redigeer, maak hy belangrike uitsprake oor die medikus se verantwoordelikheid in 'n land waarin daar 'n kleurslagboom bestaan, uitsprake wat aansluit by wat hy in briewe aan Jeff skryf en wat sy liberale politieke oortuigings andermaal onderstreep. Op 8 Julie 1944 skryf hy in 'n hoofartikel hy aanvaar die lede van die Mediese Vereniging ‘subscribe to the principles universally accepted by our profession, namely, that medicine knows no distinction of colour, or creed, or kind, or kin; that its purpose is to alleviate pain and suffering, and its ambition to prevent both; that its masters have held in the past, and will presumably in the future hold, that their knowledge and experience must be shared by everyone who becomes a doctor, and that no political, social or other considerations whatsoever can at any time and in any circumstances be allowed to interfere with or to modify the education that a medical student must receive.... In this matter of the colour bar in medicine our Association has not, as yet, taken up an attitude that supports, or conflicts with, what may be called the liberal and conservative schools of thought in the Union. It has, however, on more than one occasion unequivocally stated that it adheres to the traditional conception of what we and our profession stand for. About that there can be no ambiguity. Medicine is itself a liberal profession, impatient of any fetters, whether these be intellectual or conventional, and it will continue to be such so long as we are still in a position to speak and act freely and decline to succumb to the prejudices engendered by any fear that makes us untrue to our principles and indifferent to the results that must follow when we transgress these principles.’ Die uitgerekte onderhandelinge en onenigheid wat hy moes duld, was vir Leipoldt baie onsmaaklik. Hy laat op 27 Maart 1944 sy vriend Pieter le Fras Nortier weet: ‘If you knew what I have had to put up with these last three years you'd be indignant.’ Van verskeie kollegas ontvang Leipoldt in hierdie tyd briewe van waardering vir die groot werk wat hy as redakteur | |
[pagina 634]
| |
en sekretaris gedoen het en meegevoel met die wyse waarop hy die vereniging verlaat. Dr. L.B. Goldschmidt skryf: ‘I am grieved that such a situation has arisen and that you should reach the retiring age in the middle of a controversy instead of enjoying full honours.’ Dr. Robert Friel sê: ‘It is given to very few to see so much in life as you have done and to make a success of it.’ En dr. R. Campbell Begg laat weet: ‘You have done a great work for the Association, and you can be assured that many of us do fully appreciate the amazing work for the association which you have carried out in your dual capacity. I doubt if anybody else could have done it especially with a bilingual journal, bombarded as it must be with all sorts of indifferent contributions designed to advertise the writer who is not at all pleased if his articles are rejected. I take this opportunity of thanking you for the great pleasure I have had in your literary work both in prose and poetry. From the latter I have learned much of the spirit that breathes through the history and traditions of the Afrikaner people, a knowledge which I think for the future of our country should be more fostered among those of us who are by birth English speaking.’ 'n Ligpunt vir Leipoldt in die somber 1944 was die huldiging wat die Afrikaanse Skrywerskring op 3 Oktober 1944 in Johannesburg vir hom reël. By dié geleentheid praat M.P.O. Burgers oor sy werk en vertel Leipoldt die een en ander oor hoe hy as kind begin skryf het. Vroeg in 1945 moet hy egter drie mense wat baie na aan hom was, aan die dood afstaan. Nog voor Pase sterf sy broer Johnny, sy neef Louis Esselen en sy vriend Frank Bolus, eggenoot van Lulu. Met Jeff en Peter aan die oorlogsfront en van sy vriende dood kom daar iets koersloos in Leipoldt. Daar is nog drie seuns in Arbury, wat almal goed aanpas, laat hy Jeff weet, maar hulle het 'n besonder nat winter met voortdurende reën wat die tennisbaan na 'n meer laat lyk. Hy skryf verder dat hy miskien by Ewald Esselen op sy plaas sal gaan kuier, maar ‘it is no great pleasure to go by myself...You can have no idea how much I miss you and Peter.’ Uit sy briewe aan Jeff spreek 'n vereensaamdheid. In hierdie tyd stel Leipoldt sy laaste testament op. Hy bemaak aan sy neef Eric Esselen Thompson die bedrag van £1 000, aan die Universiteit van Kaapstad die boekery wat hy van dr. Bolus geërf het en aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek sy kookboeke. Die res van sy besittings bemaak hy gelykop aan sy aangenome seun, Jeffrey Barnett Leipoldt, en Peter Shields (‘whom I also regarded as my adopted son’). Jeff en Peter word gesamentlik aangewys as houers van die kopiereg op Leipoldt se publikasies. | |
[pagina 635]
| |
IIIMet die seuns weg en die komende beëindiging van sy diens by die Mediese Vereniging besluit Leipoldt dat hy Arbury moet verkoop, 'n gedagte waarmee hy geruime tyd reeds rondgeloop het. ‘On the whole’, skryf hy op 21 Junie 1943 aan Jeff, ‘it seems to me best to sell the whole thing, and then to sell the furniture as well, just keeping out such things as may have a personal interest to us three who have always lived there; Eric can of course choose whatever he wants for his place, where by the way, you or Peter could always stay, at least for a time if you come down on leave.’ Hy besluit om op 'n vendusie van alle losgoed ontslae te raak en slegs enkele persoonlike besittings te behou. Maar om ná sestien jaar van so 'n huis afskeid te neem, is nie maklik nie. In April 1944 skryf hy aan Jeff hoe mooi en fris dit op die oomblik is: ‘air at Arbury, especially in the morning when there's a breeze from both bays, delightfully sea-ish; trees just browning; cannas mellowing; dahlias gone.’ In Mei verkoop hy Arbury vir £5 000 aan ene mnr. Duminy, 'n boer van die Paarl, wat graag in die stad wil kom woon. ‘Need I say how sorry I am to part with the place?’ skryf hy aan Jeff. Leipoldt moes al in die verlede plekke verlaat wat vir hom dierbaar was, soos Ampthill Square in Londen, waar hy van sy gelukkigste tye deurgebring het. ‘One retains the memories, and that after all is the principal thing.’ Die meeste meubels sal verkoop word. Lulu Bolus het egter baie van die kopergoed en 'n paar skilderye geneem, terwyl Peter se meisie, Jessamy, 'n lessenaar met 'n geheime laai weg het. Alle boeke, behalwe dié wat hy om sentimentele redes hou, gaan na die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad. Verder het hy woordeboeke en die ‘tools of the trade’ bewaar. In 'n verdere brief aan Jeff mymer hy oor die gelukkige tye in Arbury en hoe hy die klein seuntjie uit Engeland saamgebring het: ‘we had lots of very pleasant times in it, and I shall, when I remember it, always also remember the struggly little frog I brought there from England; that is my best memory; other memories change and die; get distorted and twisted, just like we do, and some are better forgotten.’ Aan Eve en Alf Allen skryf Leipoldt op 16 Mei 1944 dat die nuwe eienaar van Arbury en sy vrou baie aangename mense is en dat hulle allerlei veranderinge wil aanbring. ‘The tennis court becomes a plum-peach orchard; two garages are to be built, with the large gate where the small one is now and an entrance also from Abingdon Road; the lawn (which I have | |
[pagina 636]
| |
always disliked) is to be got rid of; so too are all the trees; a brick wall instead of the horrid hackea hedges.’ Sy vendusie vind op 22 Junie plaas en hy moet op 30 Junie woonreg gee. Op die vendusie is spogpryse behaal vir baie van die meer as tweehonderd en vyftig artikels wat onder die hamer gekom het. Onder die artikels was besondere oudhede soos 'n kopertertpan, 'n ou voorvaderlike huishorlosie, Sjinese erdewerk, 'n ou koperwaterkan, 'n silwersigaretdoos, 'n trekketel, 'n koperkonfoor, Persiese tapyte, skilderye, etse en 'n ou snuifdoos. Onder die groot aantal meubelstukke was sowat dertig van stinkhout en verskeie ander van mahoniehout.Ga naar eind27 Volgens Jeff, wat, om Leipoldt te verras, sonder aankondiging op die dag van die vendusie opgedaag het, is baie van die kosbare skilderye en ander besittings eenvoudig deur van die aanwesiges weggedra.Ga naar eind28 Met die verkoop van Arbury en die seuns weg verloor Leipoldt sy laaste ankers. As iemand wat sy lewe lank nooit aan geld aandag gegee of beleggings gemaak het nie, moet hy nou die pot aan die kook hou op 'n pensioen van £ 35 per maand en sy inkomste uit joernalistieke werk, waarmee hy sowat £50 per maand verdien. Hy trek in by sy kollega dr. Bobby Forsyth se huis Ochterlony in Camp Ground-weg, Nuweland, terwyl Forsyth op militêre diens weg is. Aan die Allens skryf hy: ‘I myself, after trying in vain to get a flat - so as to keep at least two of the evacuee boys (whom I like very much) with me, have decided to go and stay, for the present at least, with Dr. Forsyth and his wife; he is going to Italy next week and would like me to be there; I am to have his study, the guest room, a very large one with divan bed in case I want to put up anyone, garage, phone etc.; and to get my meals either at the Civil Service Club in town or at the Kelvin Grove Country Club, which is practically next door; station just 800 yards from my french window. So that is very satisfactory, although of course I and the boys will feel the loss of Arbury very keenly.’ In briewe aan Jeff verwys hy telkens 'n bietjie wrang daarna dat hy nou ‘lekker los-Hotnot’ is, maar 'n mens kry die indruk dat die eensaamheid soms vir hom effens ondraaglik word. In Oktober 1944 besoek hy Klawer, Vanrhynsdorp en sy geliefde Hantam van Clanwilliam en stap hy tot drie en twintig myl per dag om plante te versamel. In Kaapstad besoek hy dikwels Keeromstraat en die kantoor van Markus Viljoen om sy talryke bydraes vir Die Huisgenoot af te lewer. Steeds is dit die stroomop Leipoldt wat in verklarings aan koerante uitdagende dinge kwytraak. In Januarie 1945 versoek hy byvoorbeeld die regering om wetgewing in te dien om | |
[pagina 637]
| |
kwaksal wers met sogenaamde wondermiddels hok te slaan.Ga naar eind29 Dikwels eet hy by die Civil Service Club aan Kerkplein. Hy besoek die Suid-Afrikaanse Biblioteek gereeld, waar hy soms twaalf boeke op 'n slag uitneem en vier boeke per nag lees. Oor naweke gaan hy meestal na Rondevlei en Zeekoevlei. ‘Went vleiing’ teken hy dikwels in sy sakdagboekie aan. Aan die einde van Januarie 1945 begin hy met die eerste hoofstuk van wat 'n outobiografie sou word. Daarvoor herlees hy in die biblioteek weer die stukke wat hy in 1896 oor Clanwilliam geskryf het - ‘not so bad after all’, teken hy in sy sakdagboekie aan. Steeds verras hy mense met sy merkwaardige optrede. Op 'n dag in die najaar van 1944 kry Lew Gericke, later mederedakteur by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op Stellenbosch, sy aangetroude oom dr. Karl Bremer in druk gesprek met Leipoldt in Adderleystraat. Bremer stel hulle aan mekaar voor. Leipoldt kyk Gericke net so 'n oomblikkie woordeloos aan en sit dan sy gesprek met Bremer voort. Nadat Leipoldt hulle verlaat het, sê Bremer vir Gericke: ‘Lew, dié Leipoldt is darem 'n baie merkwaardige man, maar ook 'n eienaardige mens. Ek loop hom nou die oggend op die trappe van die Parlementsgebou raak. Weet jy wat hy toe vir my sê? “Karl”, sê hy, “ek kry nou net vir regter Lourens hier voor die gebou en hy sê ek moenie bekommerd wees nie, die oorlog is volgende jaar verby.”’ Dié voorspelling het 'n jaar later inderdaad waar geword. Soos Bremer het Gericke egter goed geweet dat regter Lourens, wat getroud was met Bremer se tante Gretha, al 'n jaar vóór dié gesprek oorlede is!Ga naar eind30 | |
IVTerwyl hy in Ochterlony gewoon het, kon Leipoldt vriende soos Helen Burton en Lulu Bolus gereeld sien. Dikwels het van sy vriende vir brugaande oorgekom, maar Leipoldt se rusies tydens potte was só erg dat mev. Forsyth verplig was om dié byeenkomste stop te sit. Leipoldt moes noodgedwonge sy brugpartye elders gaan hou! Skynbaar het sy lewe rustig verloop, al was hy steeds met sy joernalistieke werk elke dag druk besig. Peter is getroud met Jessamy en het na afloop van die oorlog sy mediese studie aan die Universiteit van Kaapstad hervat. Leipoldt moes ernstige bekommernisse gehad het oor die rigting wat Jeff met sy lewe ingeslaan het. Op skool het Jeff ten spyte van sy klaar- | |
[pagina 638]
| |
blyklike intelligensie swak gepresteer. Hy het bitter min gewerk, maar volgens Peter ‘he didn't care a damn and didn't bother’.Ga naar eind31 Ook in die lugmag ‘he mucked up everything’.Ga naar eind32 Op 'n dag het hy uit pure roekeloosheid met sy vliegtuig onder elektriese drade deurgevlieg. Een van die instrukteurs het die hele petalje gesien. Die voorval het groot reperkussies gehad en Smuts, iemand wat nie vir sy humorsin bekend was nie, het gesê Jeff behoort voor 'n krygshof gedaag te word. Gelukkig het Leipoldt genl. Pierre van Ryneveld, hoof van die generale staf, geken en is die aangeleentheid in der minne geskik.Ga naar eind33 Nadat sy vliegtuig by Jesi afgeskiet is en hy ure lank in modder en slyk vasgesit het, was Jeff erg aangetas en 'n bietjie onstabiel. Saam met ander soldate het hy sy dae omgedrink, totdat hy uiteindelik, intens ongelukkig, medies ongeskik verklaar en teruggestuur is huis toe.Ga naar eind34 Later van jare was Jeff, wat as mediese verkoopsman vir farmaseutiese firmas gewerk het, dikwels in finansiële moeilikheid. In dié omstandighede ‘he traded much on his adopted father's name’, soos prof. C. Lewer Allen dit by geleentheid gestel het.Ga naar eind35 Met sy terugkeer in Kaapstad ná sy militêre diens het Jeff halsoorkop verlief geraak op Grace Bradford, 'n meisie tien jaar ouer as hy. Dit was nie sy bedoeling om met haar te trou nie, maar van haar Joodse vriende het hom daarvan beskuldig dat hy haar swanger gemaak het - wat, soos agterna geblyk het, nie waar was nie - en hom feitlik gedwing om met haar te trou.Ga naar eind36 Die skielike huweliksplanne het Leipoldt erg ontstig. ‘If you want sex, why don't you go to a prostitute,’ was sy nogal kru woorde aan sy aangenome seun.Ga naar eind37 Vir die Allens het hy op 12 Januarie 1945 geskryf: ‘I shall not tell you what I think of his choice; after all, it is his, not mine.’ Sy is vir Leipoldt nie so mooi soos Peter se Jessamy nie, maar sy het karakter ‘and seems to have a powerful hold over both his affections and his will.’ Teen sy beterwete in, so wil dit voorkom, het hy gehoop dat die huwelik goed sal uitwerk. Jeff en Grace is op 17 Januarie getroud. By die huweliksonthaal het Leipoldt 'n wyn uit 1863 van Koos Mosterdpotjie van Worcester ontkurk. Die wyn, skryf Leipoldt, was ‘mahoniehoutbruin, baie geurig, met 'n amper brandende smaak’.Ga naar eind38 Ná 'n wittebroodsnaweek in Kommetjie is die egpaar na Johannesburg, waar hulle in 'n woonstel ingetrek het. Van die begin af was die huwelik 'n klaaglike mislukking. Hulle het nie by mekaar gepas nie en rusies het nie uitgebly nie. Jeff was steeds, soos Peter Shields dit stel, geneig tot 'n ‘charming misuse of alcohol’Ga naar eind39 en Grace het haar by dié drinksessies nie onbetuig gelaat nie. | |
[pagina 639]
| |
Teen die einde van Junie 1945 was Leipoldt op besoek in Transvaal. Op Saterdag, 30 Junie, het hy onderweg na Pretoria Jeff en Grace op die Johannesburgse stasie ontmoet, ‘as jolly as larks’, soos hy dit in 'n brief van Sondag, 1 Julie, aan Lulu Bolus stel. Hy het Grace haar verjaardaggeskenk gegee en van haar 'n soen ontvang. Agtuur die aand het Jeff hom gebel. Hy het opgewek en vrolik geklink en hulle het gereël dat Leipoldt hom die volgende week sou sien. Leipoldt het in Pretoria oornag. In sy sakdagboekie teken hy op 1 Julie 1945 aan: ‘Grace's tragedy. Ribbink phoned and came over to Pretoria to get me at 3 a.m. Found Jeff at casualty ward, shocked and incoherent.... Awful tragedy. Brought Jeff back to Pretoria where he stayed at Reggie's.’ Die grusame besonderhede van wat gebeur het, blyk uit drie briewe wat Leipoldt ‘under an awful strain’ aan Lulu Bolus skryf. Hy is die oggend om twee-uur deur kaptein Ribbink, 'n militêre vriend van Jeff, gebel met die woorde: ‘I'm coming to fetch you. Grace had a quarrel with Jeff this evening and threw herself over the balcony and was picked up dead. The boy's in a terrible state and I've taken him to the casualty ward where he keeps crying for you to help him.’ Onderweg na Johannesburg kon kaptein Ribbink Leipoldt nie veel nader besonderhede gee nie. Grace het die vorige dag sy sekretaresse, Jean Papert, gebel om te sê dat Jeff vir altyd weggaan. Toe Ribbink by die woonstel aankom, was die polisie reeds daar. Ribbink het Jeff na die ongevalle-afdeling van die hospitaal geneem en die polisie het besef hy is te geskok om ondervra te word. Toe Leipoldt by die hospitaal aankom, was Jeff omtrent in 'n bedwelming. ‘He knew me’, skryf Leipoldt aan Lulu Bolus in sy brief van 1 Julie 1945, ‘and cried on my shoulder and I let him do that for a bit, and then pulled him up very sharply - cruelly - so, but that's the only way to deal with hysterics.’ Jeff het vertel dat Grace, toe hulle die vorige aand by die woonstel aankom, hom begin beledig het. Hy mag dan nie 'n troue bywoon as sy nie ook genooi is nie. Sy het hom aangeval en met die naels deur sy gesig gekrap. Toe het sy uitgehardloop en die deur toegeklap. Hy het agter haar aan gehardloop en gemeen sy is met die brandtrap af. Toe hy die deur na die balkon oopmaak, kon hy nie daarin slaag om haar te gryp nie. Sy het agt verdiepings afgespring. Van ander vriende van Jeff het Leipoldt verneem dat Grace feitlik ‘insanely jealous and moody’ was wanneer sy 'n paar drankies ingehad het. Sy het teenoor ander gedreig dat sy selfmoord sou pleeg as Jeff haar nie langer liefhet nie. Sy het hulle ook vertel dat sy met Jeff getroud is in die wete dat sy nooit vir hom 'n kind sou kon gee nie. | |
[pagina 640]
| |
Jeff, gaan Leipoldt voort, is steeds ‘half demented’. Hy het Leipoldt verseker, ‘and I believe him’, dat hy nooit sy hand teen haar opgelig het nie en op geen wyse verantwoordelik is vir wat gebeur het nie. ‘But the circumstances are so awfully bizarre that the public may easily seek another explanation of the tragedy. I now see that the marriage was a mistake - Jeff still believes in and swear by her and the sense of physical loss for the moment obscured with him everything else.’ In 'n verdere brief wat hy die aand van 2 Julie 1945 aan Lulu Bolus skryf, sê Leipoldt dat hy by die polisiehoofkwartier gelukkig baie ou vriende gehad het wat kon help. Jeff se verklaring, wat nagegaan moes word, het die hele oggend in beslag geneem. In die namiddag is Leipoldt met vriende na die lykshuis om Grace uit te ken, aangesien Jeff sou ineengestort het. ‘She lay behind the usual glass screen, only her poor much battered face showing’. Een van Jeff se vriende het haar dadelik herken. ‘So did I, but wanted to be quite sure, and went behind and looked at the ears and hands and only then officially identified her. The fall from 8 storeys into the paved area beneath had almost crushed her body with multiple injuries to head, legs and spine and her death must have been instant which is a mercy.’ Uit mededelings van Jeff se vriende kon hy aflei dat Grace twee keer tevore selfmoord probeer pleeg het, ‘and had been forcibly prevented from achieving her purpose’. Deur die invloed van Ribbink het die koerante slegs klein beriggies gepubliseer, maar vanselfsprekend verwag Leipoldt dat daar allerlei pratery en onaangenaamheid sal wees. Hy is verskriklik moeg, maar tog ook op 'n vreemde wyse verlig. ‘Indeed I am wondering if this horrible tragedy may not be a blessing in disguise.’ Op Woensdagaand, 4 Julie, skryf hy aan Lulu Bolus dat Grace dié oggend begrawe is. Jeff word ondersteun deur vriende. Leipoldt self gaan na vriende se plaas in Noord-Transvaal, waar hy veertien dae sal bly. Dan gaan hy 'n week lank na Johannesburg toe en van daar terug na Kaapstad, waar hy op 3 Augustus sal aankom. ‘There is nothing else to say - the shock of the tragedy is still too poignant - but from what I have gathered the union was bound to be wrecked, tho' no one imagined the rupture would be so dreadfully catastrophic.’ Die bevinding van die magistraat wat die saak verhoor het, was, volgens 'n berig in The Star van 6 September 1945, dat Grace se dood die gevolg was van ‘multiple injuries, sustained when she jumped off a balcony’. In 'n beëdigde verklaring het Jeff beweer dat hulle die aand van 30 Junie 1945 omstreeks halftwaalf van 'n besoek aan vriende by die huis aangekom | |
[pagina 641]
| |
het. ‘They had a quarrel during which he entreated her to keep calm. Eventually she turned to the door, rushed out and slammed it. When he got to the door he saw her falling from the balustrade. He grabbed at her but she was out of his reach and she fell to the basement.’ Tydens die verhoor het mnr. Joseph Harris Burton, 'n vriend van die Leipoldt-egpaar, gesê dat Grace by 'n vorige geleentheid ná 'n aanval van histerie haar lewe probeer neem het. Met sy geskiedenis van geen flenter om te gee nie, om alles op te mors wat hy aanpak en sy drankmisbruik wat reeds bekend was, het die tragiese gebeure 'n baie negatiewe beeld van Jeff by Leipoldt se Kaapse vriende gewek. Mev. Helen Burton het by geleentheid aan M.P.O. Burgers gesê dat Leipoldt alles moontlik vir Jeff gedoen het wat 'n vader kan doen, ‘but he turned out to be a rotter’. Aan Nortier het Leipoldt volgens Burgers gesê dat hy vir Jeff gedoen het wat hy kan en dat hy nou sy hande van hom was.Ga naar eind40 Uit Leipoldt se briewe aan Jeff ná die dood van Grace blyk egter 'n ander storie en van verwerping is daar geen sprake nie. Op 14 September 1945 skryf hy aan Jeff: ‘It has been a most unpleasant experience, but even from an unpleasant experience you may learn a good deal, and this, probably, will have taught you something.’ Hy bied ook aan om Jeff, wat in 'n finansiële verknorsing was, te help. En in 'n brief van 29 November 1945 spreek hy hom uit oor wat seksuele aantrekking en liefde presies is. Dit is klaarblyklik bedoel as 'n riglyn vir Jeff, maar daarmee formuleer Leipoldt andermaal sy diepste oortuigings: Sexual attraction which in adolescence is the mainspring of love, can never by itself justify marriage, or that lasting companionship that, even without the formal marriage tie, may satisfy a man and a woman. There must be something more than mere lust, which, after all, anyone with commonsense and the precautions that modern conventions demand can occasionally satisfy without binding either party to something that is irrevocably fixed by contractual obligations.... Between man and woman, the gratification of sexual lust is of course that implied selfishness which is, equally of course, a perfectly natural result of man's desire to procreate. But obviously the far higher friendship is the companionship that asks no such gratification, the Bhuddist's ‘love without desire’ that should be the ideal. |
|