Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 592]
| |
Hoofstuk XVII
| |
[pagina 593]
| |
jong Johnny Hughes in, ‘the small Jaap kid leaving early as he wanted his ma’. In 1931 kom Denton Wilmot by, 'n stil, skaam seun met goeie maniere, terwyl Leipoldt se nefie, die enigsins ouer Eric Thompson, in 1935 bykom om as prefek oor die jonger seuns op te tree. Om die huishouding vlot te laat verloop, het Leipoldt naas 'n gewone huishulp dikwels van die dienste van 'n huishoudster gebruik gemaak. Ook hier het alles egter nie altyd voor die wind gegaan nie. Leipoldt het die personeel te veel vryheid toegelaat, met die gevolg dat hulle later van sy besittings begin steel of eenvoudig niks gedoen het nie. Die bruin huishulpe het selde langer as 'n jaar gebly, terwyl die blanke huishoudsters dikwels nog vinniger ontslaan is. Op 6 April 1933 skryf Leipoldt aan die Allens van Johannesburg, 'n familie wat hy reeds in sy Transvaalse jare leer ken het en met wie hy altyd hegte bande sou handhaaf, dat hy Maria die huis moes uitboender. Sy het sonder sy medewete haar hele familie op sy koste onderhou, dinge links en regs gevat en twee wynvate in die spens leeggetap. In haar plek kon hy 'n Duitse mevrou van Windhoek aanstel wat die hele huis met die hulp van 'n ‘Swahili-boy’ silwerskoon gemaak het. Maar ook dié reëling was van korte duur. Met tipies Duitse deeglikheid het die mevrou Arbury met 'n ysterhand geregeer en 'n onvermoë geopenbaar om etes smaaklik te berei. ‘The housekeeper is the limit’, skryf hy op 29 Junie 1934 aan Eve Allen, ‘for she is ruining all our digestions... due to her bad cooking. She had and has no way of dishing things up so that they inspire dietetic confidence...anymore than she has of arranging flowers.’ Een van haar opvolgers was sogenaamd 'n geheelonthouer. Op 25 Maart 1937 laat hy egter sy vriend F.V. Engelenburg weet dat dié vrou ‘stelselmatig’ sy brandewyn gesteel het en dat hy nou weer 'n nuwe huishoudster moet oplei. ‘Dit is tog teleurstellend’, skryf hy, ‘dat 'n mens vir sestien maande onder die indruk gewoon het dat jy ten laaste 'n eerlike skepsel gevind het wat jy allengs sou kan oplei om “sole a la Fecampoise” en egte Russiese “Bortsch” te maak - sovér het ek haar nie dis waar, maar sy kon, onder my toesig ten minste, 'n goeie kerrie sop, 'n eersteklas pruimedantesop, en verskillende ander geregte maak, en dit sal my voor die heilige Petrus as saligmakende verdienste aan erken word dat ek haar afgeleer het om haar groente in water uit te kook sodat dit hoegenaamd geen smaak of nut meer besit nie.’ In die veertigerjare slaag Leipoldt daarin om die bekwame Tito aangestel te kry, 'n swart man uit die Kongo met wie hy in Frans kommunikeer en wat ook van tyd tot tyd as sy chauffeur optree. | |
[pagina 594]
| |
Hoewel Leipoldt basies 'n alleenloper was, het hy in sy jare in Kaapstad hegte vriendskappe gesmee en 'n groot aantal kennisse gehad wat gereeld by Arbury op besoek was en aan sy dinees meegedoen het. Onder hulle was van die destyds voorste mense in Suid-Afrika, soos ‘klein’ Jannie Hofmeyr, befaamde ‘liberale’ politikus en in die veertigerjare Smuts se minister van finansies en later adjunk-premier. F.S. Malan, vroeër minister en SAP-senator, was dikwels 'n gas, soos ook Leipoldt se neef Louis Esselen, organiserende sekretaris van die Verenigde Party, sir Carruthers Beattie, prinsipaal van die Universiteit van Kaapstad, en A. van de Sandt Centlivres, latere hoofregter. Onder die Afrikaanse literêre figure was Markus Viljoen van Die Huisgenoot en I.D. du Plessis, lektor aan die Universiteit van Kaapstad, gereelde gaste, al het Leipoldt geestig-goedig bedenkinge gehad oor Du Plessis se kennis van die Ooste, waar hy dikwels in dié jare op besoek was. Vir prof. D.B. Bosman, hoof van die departement Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad, het Leipoldt waardering gehad, maar behalwe met Johannes Smith was sy kontak met Stellenbosse geleerdes taamlik oppervlakkig en in E.C. Pienaar het hy bepaald 'n renons gehad. Wanneer die Nederlandse digter J.J. Slauerhoff Suid-Afrika in 1935 besoek en siek is aan die griep, word Leipoldt gevra om hom te ondersoek. Hy ‘found him depressed with temperature’, teken hy op 13 Augustus 1935 in sy sakboekie aan. Hy reël dat 'n ander dokter hom verder ondersoek.Ga naar eind1 Ten spyte van wat dikwels beweer is, was Leipoldt allesbehalwe 'n vrouehater en het hy in die Kaapstadse jare hegte vriendskappe met veral vier vroue gehad: dr. Lulu Bolus, Dot Sauer, wat met Hennie van Zyl getroud was, haar suster Magda Sauer en Helen Burton, wat in Constantia gewoon het. By Dot, wat as gevolg van die kanker in haar gesig nie 'n normale sosiale lewe kon lei nie, het hy dikwels gaan brug speel. In die laaste weke van haar siekte het hy iedere dag, tot haar dood op 7 Augustus 1937, langs haar bed bly sit. Feitlik weekliks was hy by Lulu en Frank Bolus op besoek; in briewe verwys hy na hulle as die Boli. Die Burtons het hy dikwels besoek as hy oor naweke ná 'n swemuitstappie van St. James teruggekom of as hy saans by hulle brug gespeel het. Soms kon Leipoldt kinderagtig en bestudeerd kleinlik-beledigend wees. Magda Sauer vertel byvoorbeeld dat sy een keer 'n uitnodiging van Leipoldt om te kom brug speel, as gevolg van onverwagte familiebesoek op die nippertjie moes kanselleer. Toe sy hom 'n tydjie daarna vir brug by haar nooi, kanselleer hy die afspraak op die betrokke dag. 'n Tydjie daarna nooi hy haar weer vir brug, maar kanselleer dit | |
[pagina 595]
| |
kort voordat sy moes kom. So het dit 'n jaar aangegaan. Sy het die saak nooit met hom bespreek nie en altyd, wanneer hulle mekaar teëgekom het, vriendelik gesels. Uiteindelik het hy weer 'n uitnodiging aangeneem en opgedaag en het alles hulle normale gang gegaan.Ga naar eind2 Die seuns wat by Leipoldt in Arbury ingewoon het, was verseker van 'n heerlike bestaan saam met een van die boeiendste persoonlikhede denkbaar, 'n man wat die belange van kinders op die hart gedra het en in alle opsigte 'n kindervriend was. Dikwels het van die seuns in die somermaande op die balkon geslaap, wat vol van treintjies en spore gelê het.Ga naar eind3 Die spens is nooit gesluit nie en in die nag het hulle dikwels afgegaan en hulle trommeldik geëet aan koek en jelliepoeier. 'n Ouer seun het, in ooreenstemming met die stelsel in die Britse private skole, as prefek die orde gehandhaaf en het die reg gehad om lyfstraf toe te dien, iets wat Leipoldt self verafsku het om te doen. Tog het hy telkens nougeset die straf in sy dagboekie aangeteken en kry 'n mens die indruk dat Leipoldt hom in die rottangslae verlustig het. Wanneer sy neef Eric Thompson in Arbury kom woon, kry hy die opdrag om die jonger seuns met die rottang te straf wanneer dit nodig is. Op 15 September 1935 teken Leipoldt in sy dagboekie aan: ‘Eric came late and used cane most effectively - by far the most painful flogging yet given - cried & struggled a good deal - marks well shown and soreness lasted.’ Uit 'n aantekening by die M.P.O. Burgers-versameling lei 'n mens uit 'n mededeling van Markus Viljoen af dat Leipoldt van hierdie sadistiese komponent in sy samestelling bewus was en dit probeer onderdruk het. Soos in sy jare as student in Londen het Leipoldt selde ontbyt geneem. Voor skool is die seuns egter dikwels na sy kamer om 'n bietjie te gesels. Gewoonlik het hulle dan op sy bed gaan sit en hom van die vorige dag se doen en late vertel. Eers teen vyfuur die middag het hulle hom weer gesien, altyd met die bekende Gladstone-sak in die hand. Meestal het hy vrugte of lekkergoed vir hulle saamgebring, terwyl 'n stuk of ses speurverhale of ander boeke, wat hy by die Suid-Afrikaanse Biblioteek gaan uitneem het, uit die sak gepeul het. Dan sal hy 'n slaggie in die kombuis 'n draai gaan maak, sy baadjie uittrek en in sy kamer begin om die speurverhale teen 'n ongelooflike spoed deur te lees. Boeke waarmee hy klaar was, het hy eenvoudig voor die bed op die vloer laat val of aan die seuns gegee om te lees. Dikwels het die seuns getwyfel of hy teen so 'n spoed die verhaal in hom kon opneem, maar hy kon soms nog maande later die storie vertel en name van die karakters weergee. In die sak was daar dik- | |
[pagina 596]
| |
wels ook baie naslaanwerke, wat hy ook met 'n ongelooflike snelheid kon deurwerk wanneer hy met een van sy boeke besig was. Dan het hy in sy studeerkamer voor die tikmasjien met sy pyp in die mond begin te tik of soms in die leunstoel gesit en aantekeninge maak. Penne het hy gehaat en verkies om met potlood te skryf. As hy die middag in die stad geëet het, was hy nie weer lus vir 'n groot aandete nie. Dan het hy net 'n bietjie sop geëet, maar altyd 'n glasie wyn daarmee saam geniet.Ga naar eind4 Ná ete het hy daarvan gehou om 'n blokkiesraaisel in te vul en allerlei vraagstukke van die dag met die seuns te bespreek. Soms het hulle ‘woord maak’-speletjies gespeel of het hy hulle spookstories vertel. Daarna is hulle na hul kamers om huiswerk te doen, terwyl Leipoldt na sy studeerkamer is, van waar sy knetterende ou tikmasjien tot in die vroeë oggendure gehoor is. Hy het die seuns aangemoedig wat hul skoolwerk betref en sy bes gedoen om hulle in plantkunde geïnteresseer te kry. Dikwels moes die seuns op skool van Leipoldt se gedigte leer, maar selfs by onduidelike passasies het hy geweier om enigiets aan hulle te verklaar. Hoe de duiwel, het hy dikwels gereageer, kan hulle verwag hy moet weet wat hy bedoel het? Die onderwyser is veel beter in staat om dit te verklaar, want dit is mos sy werk!Ga naar eind5 Naweke en vakansies is hulle dikwels platteland toe om in die veld te kampeer en te botaniseer. Dan het hulle onder die blote hemel geslaap, met net 'n groot seil vir beskutting teen die dou. In die somer is hulle oor naweke dikwels op 'n Sondagoggend na St. James om in die getypoel te swem. Baaibroeke is tuis aangetrek met kamerjasse bo-oor; dié van Leipoldt was 'n argaïese uitrusting: 'n stokou baaibroek met 'n Japanse kimono bo-oor waaraan hy die naam ‘coshment’ ('n samestelling uit ‘costume’ en ‘garment’) gegee het. Sondagmiddae het Helm en Paul van Zyl, seuns van Hennie en Dot, vir die tenniswedstryde bygekom, dikwels ook met een van die WP-tennisspelers as gas om die seuns van die baan af te vee. Leipoldt was self dikwels in 'n slordige hemp en broek op die baan, met wit skoene en swart kouse en met 'n das as gordel rondom sy broek. Die raket het hy in die middel van die steel vasgehou en 'n ‘pitty-pat’ tipe tennis gespeel.Ga naar eind6 Daarna was dit tyd vir snoeker, wat hy ewe onortodoks bedryf het. Dieselfde was die geval met sy brugaande, wat hy intens geniet het, al het hy nie geaarsel om heftige argumente, sowel met sy maat as met sy opponente, aan die gang te sit nie. ‘Omdat hy die spel so goed geken het,’ skryf Markus Viljoen,Ga naar eind7 ‘kon hy blykbaar nie begryp dat 'n ander ernstige foute kon begaan nie, en hy het die oortreder gewoonlik daar en dan ingevlieg.’ | |
[pagina 597]
| |
Iedere jaar het Alf en Eve Allen, saam met hulle seuns, Alaric, Colin en Keith, op uitnodiging van Leipoldt in Arbury vakansie kom hou en soms tot ses weke gebly. Dan het Leipoldt die drie Allen-seuns, aan wie hy baie geheg was, saam met sommige van sy grootmaakkinders in die stad rondgeneem, teen Tafelberg uitgeklim en selfs botaniese uitstappies tot na Clanwilliam toe gereël. Aan die Allens skryf hy soms onomwonde oor sy voor- en afkere. Ná George Bernard Shaw se besoek aan Kaapstad in 1932 laat weet hy sy vriende: ‘Your clownish friend GBS has left, after telling us what he thought about Cape Town. He seems to have thought the ordinary thoughts and not the long, deep thoughts of youth and genius, but the papers have splashed him and so I suppose he and his publicity men are quite satisfied.’ Met Sarah Gertrude Millin se Smuts-biografie, so skryf hy op 20 Maart 1936, het hy met die oog op 'n resensie vir die Natal Mercury moeite om dit as swak te bestempel sonder om binne bereik van die lasterwette te bly. Afgesien van die nare taal en styl het hy dit teen die vulgariteit van die hele gesous: ‘The book is really beyond redemption by clergy or anyone, and it will do Oom Jannie a wealth of harm.’ Telkens wanneer die Allens op besoek is, gaan hulle saam met Leipoldt na Rondevlei naby Muizenberg om na die voëls te kyk. By een so 'n geleentheid, vroeg in 1943, skryf Leipoldt die gedig ‘Pelicans on Rondevlei’. Die vers, wat later in sierskrif op 'n lampskerm oorgeskryf is en tans in die museum op Clanwilliam bewaar word, getuig aan die slot van die angs en spanning tydens die Tweede Wêreldoorlog: Like a nacre in a shell, the noonday sheen,
Grey pearl with pale caerulean where the sky
Melts in the water's dark translucency,
Glistens upon the shallows: in between
This and the farther shore lies tangled green
Where coots and crested grebes and cormorants ply,
And pelicans with placid dignity,
Their feathers in the midday sunlight preen.
They sail in row, a rank of shimmering white,
Grave, freakish-featured fowls, like those grotesque
Imagined monsters, gryphons mailed for flight
Sculptured on architraves in arabesque -
May solace of such beauty bring surcease
From timorous fears in troubled times like these.Ga naar eind8
| |
[pagina 598]
| |
Vir die kombuis in Arbury het Leipoldt self alle bestellings vir groente geplaas, maar soms sulke groot hoeveelhede aangekoop dat die grootste deel daarvan gevrot het. Wanneer hy vir 'n dinee moes voorberei, het hy met allerlei pakkies kos huis toe gekom en self die ete gekook. Dan het die kombuis gelyk asof 'n klein orkaantjie dit getref het - alles was vuil en deurmekaar.Ga naar eind9 Die befaamde maaltye in Arbury was nie net gewone etes nie, maar kunswerke van besondere formaat. Leipoldt het by sulke geleenthede, soos Markus Viljoen dit stel, ‘'n bykans outydse deftigheid’Ga naar eind10 geopenbaar. Viljoen kon hom nie herinner dat hy in al sy omswerwinge, ‘hier sowel as in die buiteland, ooit 'n maaltyd geniet het wat van soveel kunstenaarskap getuig het as 'n paar wat ... (hy) by Leipoldt genuttig het nie’.Ga naar eind11 Die tafel is keurig gedek, elke gas het 'n sitplek aangewys gekry en elke dame het 'n mooi ruiker, veral van katjiepierings, ontvang.Ga naar eind12 Die spys- en wynkaarte is fyn beplan, ‘die wyne (is) versigtig gekies om die karakteristieke eienskap van elke gereg te aksentueer’Ga naar eind13 en dit is by die regte temperatuur bedien. Die eetservies en glasware, tot selfs die blomversierings, by elke ete het organies aangesluit by die geregte wat Leipoldt wou voorsit. Soms was die etes erg eksoties, en iemand wat nie van eksperimente gehou het nie, moes lig loop.Ga naar eind14 Dikwels is die geregte gekies om die gaste te skok, te verbaas of te betower. So het Leipoldt dikwels byvoorbeeld vreemde soppe soos padda-, klipkous-, aalwyn-, papkuil- en kafferskuilsop berei of alikruikels en geroosterde tuinslakke voorgesit in 'n tyd toe sulke geregte in Suid-Afrika nog baie onbekend was. Hy was lief om biltong van leeuboud as peuselgereg en 'n verskeidenheid voëls, wild (soos eland berei in seekoeivet) en sigeunerkos (soos paddas) voor te sit, terwyl eekhorings en krimpvarkies dikwels op die tafel verskyn het. By geleentheid het hy by 'n byeenkoms van die Oranjeklub gesê dat pasgebore muisies in warm heuning gedoop en heel-heel - ongeveer soos oesters - gesluk die heerlikste gereg is wat hy ken,Ga naar eind15 al vermoed 'n mens dat dit weer 'n voorbeeld van Leipoldt se uitspattighede was. Lawrence Green vertel Leipoldt het selfs 'n resep gehad vir suikerrietrotte wat as lekkerny in Natal geëet word. Die Britse seeman sir Sidney Smith het volgens Leipoldt baie van rotgeregte gehou en gesê dat rotte wat skoon kos gevoer word, lekkerder smaak as varke of eende.Ga naar eind16 Of Leipoldt werklik muisies met heuning geëet en inderdaad leeubiltong voorgesit het en of hy sy gehoor en gaste maar net aan die gis wou hou, was dikwels nooit heeltemal duidelik nie, al vermeld Markus Viljoen | |
[pagina 599]
| |
dat hy op 'n keer vir sy vriend op sy spesiale versoek 'n mooi garingbiltong van 'n leeu uit Betsjoeanaland (vandag Botswana) saamgebring het. By geleentheid het een van die gaste hom 'n rukkie voor die ete in sy tuin tussen die koolplantjies aangetref, besig om met 'n groot mes in die grond rond te krap terwyl hy mompel: ‘Must be gone. The cat must have taken it.’ Toe hy gevra word wat presies weg is, kom die antwoord: ‘'n Vissie. Ek het dit gister hier begrawe en wou dit vir die sop hê.’Ga naar eind17 Of Leipoldt inderdaad die vis vir 'n soort Oosterse kerriesop in die tuin begrawe het en of dit weer deel van sy skoktegniek was, kon die gas nooit vasstel nie. Veral mense wat taamlik versigtig was met wat hulle eet, kon by Leipoldt maklik in die moeilikheid beland. By geleentheid is Herk van Gend, Kaapstadse prokureur en vennoot van D.P. de Klerk, vader van die skrywer W.A. de Klerk, saam met ander gaste genooi om in Arbury te kom eet. Tot sy ontsteltenis, so vertel Viljoen die voorval oor, moes hy ‘verneem dat 'n vername bestanddeel van die soep waaraan hy so lekker gesmul het, alikruikels was. Hy was nog skaars van die skok herstel - want hy is vol fiemies wat sy ete betref - toe daar 'n groot skottel geroosterde tuinslakke op tafel kom. Hiervoor het hy beleef bedank en toe maar begin peusel aan'n bakkie gekerfde biltong wat daar gestaan het. Die eerste happie het egter in sy keel bly vassteek toe sy gasheer dit aanprys as egte leeubiltong.’Ga naar eind18 In Die uur van verlange gebruik W.A. de Klerk sy kennis van Leipoldt as gastrosoof wanneer die verteller in die roman voor sy vertrek na Amerika by dr. Schaeffler, duidelik gemodelleer op Leipoldt, gaan besoek aflê en by hom eet: Op 'n middag gaan ek na die adres in die suidelike voorstede ... om Martin Schaeffler te soek. Eindelik vind ek die huis: 'n ou plek met 'n groot tuin wat hom uitvly onder dennebome en eike. | |
[pagina 600]
| |
| |
IIOp 15 Junie 1928 vertrek Leipoldt op die Carnarvon Castle, vergesel van sy Jack-vriende van Johannesburg en nog twee onderwysers, met 'n groep van vyf en vyftig seuns en dogters op 'n opvoedkundige reis na Brittanje. | |
[pagina 601]
| |
Reeds op die skeepsreis moes die kinders - naas gereelde liggaamsoefeninge, georganiseerde sport en skaak- en dambordwedstryde - klasse volg en aantekeninge maak in verband met alles wat hulle in Brittanje sou ervaar. Die goewerneur-generaal, die graaf van Athlone, wat saam met sy vrou aan boord was, het die kinders een oggend kom toespreek en hulle baie vertel van die Kongo, Liberië en Nigerië. Op 2 Julie kom hulle in Southampton aan. In Londen neem hulle hul intrek in 'n klein hotelletjie in Gower Street, dieselfde straat waarin Leipoldt met sy aankoms in Londen in 1902 huisvesting gekry het. In die dae wat volg, sien hulle die bekende toeriste-attraksies van die Britse hoofstad, vaar hulle op die Teems, besoek hulle die geskiedkundige oudhede in Canterbury en besigtig hulle Oxford en Stratford-on-Avon, Shakespeare se geboorteplek. Hulle reis ook deur Wallis en Skotland voordat hulle op 3 Augustus met die Arundel Castle na Suid-Afrika terugvaar en op 20 Augustus in Kaapstad aankom.Ga naar eind20 Nog voor hulle vertrek was dit Leipoldt se voorneme om 'n Britse seun wettig aan te neem en het hy die nodige aanvoorwerk met die oog daarop gedoen. Die gedagte was dat hy in Brittanje 'n keuse sal moet maak uit seuns wat vir aanneming beskikbaar was. ‘I am looking forward to selecting him in England,’ skryf hy op 2 Junie 1928 aan Eve Allen, ‘but it will be a tremendous adventure fixing on a boy after knowing him for a day or two only; I shall have to use all my expert knowledge and all my intuition.’ In 'n brief van 16 Julie 1928 noem J. Bernard Lamb, sekretaris van Epson College, vir Leipoldt die name van enkele kinders. Die keuse was egter beperk, aangesien die meeste ouers of familielede nie die kinders uit Brittanje wou laat gaan nie. Die seun op wie Leipoldt uiteindelik besluit, word beskryf as van bogemiddelde intelligensie met goeie algemene gesondheid, al is hy 'n bietjie aan die maer kant en moet sy mangels in die nabye toekoms verwyder word. Dr. Donald Paterson, wat hom ondersoek het, sê hy is ‘an excellent child for adoption’. Die seun, wat weldra die naam Jeffrey Barnett Leipoldt sou dra en Jeff genoem sou word, is op 28 Junie 1921 in Reading gebore en was dus net oor die sewe jaar oud toe hy by Leipoldt kom woon het. Jeff se vroegste herinnering aan Leipoldt was die dag toe hy hom in Southampton die eerste keer ontmoet het. Leipoldt het hom opgetel en sy kop hard teen die dak geslaan. Jeff wou nie huil nie, maar hy kon die trane nie keer nie. ‘Cry, child, cry’, was Leipoldt se woorde, ‘if one cries, it doesn't hurt so much.’Ga naar eind21 In latere jare kon Jeff onthou hoe hy as jong seuntjie in 'n groot | |
[pagina 602]
| |
huis met uitgestrekte grasperke en klimopplante gewoon het, met slegs 'n goewernante, huisbediendes en 'n butler om na hom om te sien. Na alle waarskynlikheid was hy die buite-egtelike kind van 'n gestorwe adellike dame en 'n burgerlike vader, maar die groot huis se kamers was almal leeg en hy het klaarblyklik geen ouers of grootouers gehad nie.Ga naar eind22 Op 'n aand in die veertigerjare, toe Jeff vir 'n reis na die noorde op die Kaapstadse stasie afgelaai moes word, het Leipoldt, as gevolg van die reën geklee in 'n mantel met 'n kap wat hom soos 'n monnik laat lyk het, hom gevra of hy wil weet wie sy moeder was. Jeff het geantwoord hy het geen begeerte om iets oor sy verlede uit te vind nie. Hy is gelukkig by Brother (of Bov, soos hy sy pleegvader aangespreek het), en hy wil net hê Leipoldt moet nog daar wees as hy van die reis terugkeer, 'n aanduiding van die sterk toegeneentheid wat daar tussen die twee ontwikkel het. Sowel vir Leipoldt as vir Jeff het die seereis voorspoedig afgeloop en die seun was baie gou tuis in Arbury. ‘The pet is a great source of joy’, skryf Leipoldt op 27 Augustus 1928 aan Eve Allen; ‘he is a jolly kid, very alive, naughty and with a keen disinclination to wash his face and a similar dislike to take to books or to do anything really useful.’ Baie gou begin Leipoldt Jeff met die troetelnaam Guggug aanspreek, 'n naam waarmee hy die geluide naboots wat Jeff gemaak het wanneer hy gekielie is. Wanneer Guggug se blindederm uitgehaal moet word, is hy die ene ellende. Guggug, skryf Leipoldt op 22 Augustus 1930 aan die Allen-egpaar, ‘pathetically wishes to know whether “chloroform hurts” and whether the scar will be red and whether the stitches will pain and so on and so forth. As he is in the children's ward the other occupants have already told him of chloroform, vicariously or personally experienced, and of stitches taken out to the accompaniment of squalls. All this has not been good for him, but I must say he has taken it very well, although he has cried a little and it needed a devil of a lot of firmness to take him to hospital in the first instance. He even thought he might just as well “go to Jesus at home as in the hospital” which I thought was very logical indeed.’ Hoe geheg Leipoldt aan ‘little brother’ Guggug was, blyk uit die gedig wat hy skryf wanneer Jeff oor Kersfees pampoentjies het: When Christmas came and all was ready
For crackers, cake and bunting,
The Eldest Mump-Bug called out: Steady
We'll all go out a-hunting.
| |
[pagina 603]
| |
There lives at Arbury, Ascot Road
Quite close to Kenilworth station,
(The children's doctor's own abode
Though not his own creation)
His little brother called Gug-gug
Who doesn't brush his biters,
He's just the sort of chap to plug
With our bug scattering sighters.
We might get just one chance to bung
A mump-bug ere he knows it
Right where his hind back teeth are hung
And then you know we grows it.
We makes it grow ten million times
So that his face grows bigger
Till he no longer hears the chimes
The hall clock makes a-jigger.
They came each dirty mumpish bug
And settled in his smeller
And little brother called Gug-gug
Grew sweller still and sweller.
His face was all one swollen head
Or like a sweet potato.
He spent his Christmas in his bed
And ate and ate and ate, oh
I cannot say how much he ate
But nothing makes him fatter
But now he'll brush his teeth and hate
All mump bugs like a hatter.
Yes, it's really true -
Guggug can't chew ...
Guggug's in the dumps,
| |
[pagina 604]
| |
Guggug's got the mumps.
Christmas Day for him
Was rather more than dim,
Up in bed he lay,
Couldn't chew or play
Couldn't just be petted -
That is why he fretted -
Couldn't just be kissed -
What a lot he missed.
Just because a little bug
Flew into his mouth and Gug-
Gug-gug-gug
By that little bug
Was given mumps so that his mug
No longer looked so nice and smug.
Yes, it's really honest Injun true
Guggug's got the mumps and cannot chew.
En by geleentheid spoor die digterlike muse in Arbury die dikwels luierige Jeff ook aan tot 'n rympie wat soms nie onaardig klink nie, soos die volgende waaraan hy die titel ‘On his illness’, geskryf deur Milton Guggug, gee: Tho' many's the time I'm useless
And many a time called fool,
The day of reckoning must come,
As is ever and always the rule.
I know I'm silly and hopeless,
Yet what young kid is not,
So keep your faith, my Bov dear,
Till I all the virtues have got.
I'm trying, my Bov, I'm trying,
I beg you, believe me now.
My selfish heart is crying
For a chance to show you how.
| |
[pagina 605]
| |
Hoewel Leipoldt met Jeff se aankoms ook ander seuns in Arbury gehad het, was Jeff sy gunsteling en het hy al sy liefde op die seun uitgestort. Van die ander seuns was te ‘Jaapish’ vir Leipoldt, 'n woord waarmee hy 'n sekere gebrek aan opvoeding en ontwikkeling aandui. Van die ander kinders was volgens hom nie 'n goeie invloed op Jeff nie, terwyl party weens luiheid en onvermoë om op skool enige vordering te maak, sy tyd mors. Aan die Allens skryf hy op 8 September 1930: ‘It is a pity these Jaaps are not made of better stuff. Little Jeff is worth a ton of them.’ Markus Viljoen gee 'n beeld van die innige verhouding tussen Leipoldt en Jeff: ‘Op 'n aand het ek by Leipoldt gaan eet, en ek was die eerste gas wat aangekom het. Toe daar op my klop aan die voordeur geen antwoord kom nie, het ek na binne gegaan en die eetkamer ingestap. Daar het my gasheer in die halfdonker op 'n groot stoel gesit met die klein Jeff op sy skoot, die armpies liefderyk om sy nek geslaan - kompleet nes 'n moeder wat 'n baba vertroetel.’Ga naar eind23 Tog het Leipoldt gevoel dat hy 'n goeie maat vir Jeff behoort te kry. Op 4 Julie 1932 skryf hy aan die Allens: ‘We are just trying an English lad - ... whose pa was a doctor - dead five years ago; the mama was found living under very impoverished conditions at Stellenbosch whither she had come three years ago in order to live cheaply; the exchange had reduced her income almost to nothing.’ Hierdie seun, Peter, was die seun van dr. J.M. Shields, wat onderweg vanuit Brittanje na Australië oorlede is. Aanvanklik het die vrou, wat met vyf kinders agtergelaat is, in Johannesburg en Oudtshoorn gewoon voordat hulle in swak omstandighede op 'n plaas naby Stellenbosch beland het. Peter, gebore in 1918, was agt jaar oud toe hulle Brittanje verlaat het en dus veertien toe hy in Arbury kom woon het, vier jaar ouer as Jeff. Reeds toe sy pleegvader hom op Stellenbosch kom haal en hulle na Kenilworth ry, het hy 'n aanduiding van Leipoldt se terglus gekry. Jeff was dan kwansuis 'n geweldige groot kêrel, byna sewe voet lank en met geweldige bene, 'n kontras met die maer en destyds nog korterige knaap wat hom in Arbury ingewag het.Ga naar eind24 Leipoldt het onmiddellik van die oop en eerlike karakter van die enigsins introverte Peter gehou en hy is gevra om in die huis aan te bly. Saam met Jeff is Peter na die Wynberg High School. Na matrikulasie het hy medies begin studeer aan die Universiteit van Kaapstad, maar sy studie tydens die Tweede Wêreldoorlog onderbreek om hom by die Suid-Afrikaanse magte aan te sluit. In 1949 het hy as dokter gekwalifiseer en in Plumstead 'n praktyk gehad, totdat hy hom in 1978 in Brittanje gevestig en daar gepraktiseer het. | |
[pagina 606]
| |
Omdat Jeff, ten spyte van sy klaarblyklike intelligensie, nie na wens op skool kon vorder nie, het Leipoldt besluit om hom van die tweede kwartaal van 1936 in die kosskool by Boys' High in die Paarl te plaas, 'n verskuiwing wat hom steeds die geleentheid gegee het om sportsoorte soos rugby en tennis, waarin hy uitgeblink het, te beoefen en goed tweetalig te word. Deel van die probleem was dat Jeff in hierdie stadium meer as net verlief was op Peggie Rudd, 'n dogter wat om die draai van Arbury in Gibsonweg gewoon het. In sy dagboek uit hierdie jare skryf Jeff dikwels oor sy meisievriende en wei hy uit oor dié by wie hy moontlik ‘a chance’ sal hê. Maar in hoofsaak draai sy gedagtes om Peggy, van wie hy droom en vir wie hy liefhet. Op 11 April 1936 teken hy aan: ‘Stayed in bed in morning, and Peggy came to see me. Right upstairs & sat on the bed. Saw her again in afternoon, & went for a walk. Then again in the evening she came here....We sat on sofa, and later she kissed me. She is marvellous, exquisite. Kissed her goodbye, a long kiss. She really cried. Goodbye, Peggy, goodbye.’ In die Paarl was Jeff wel 'n bietjie verwyder van Peggy, maar steeds kon hy haar sommige naweke en tydens skoolvakansies sien. Kort na sy aankoms by die kosskool skryf hy in sy dagboek: ‘I am still thinking of Peggy. Peggy, Peggy. Everywhere, her name, such a sweet personality.’ Hy kla omdat hy in die koshuis so vroeg moet opstaan en is verveeld op skool. Later teken hy aan hoe hy Peggie weer een aand gesien en watter ‘marvellous time’ hy saam met haar gehad het. ‘Came home late, with Peg later. Hell but she's a sport.... Peg and I went down to St James for morning. Had wonderful time.’ Sinister voeg hy by: ‘Won't do it again, I hope, if she doesn't mind. But felt so damn hot, couldn't help it.’ Dié warm vryery het Leipoldt nie aangestaan nie. ‘The trouble here’, skryf hy op 20 Maart 1936 aan Alf en Eve Allen, ‘was the manner of association out of school - not the gang but the girls; Peggy, apparently, was not the only one, and the look of them did not like me. Peggy herself is not so bad but she is excessively silly and does Jeff no good. He now writes regularly to her, but I don't think that there is much reciprocity. The difficulty with Jeff has always been his extreme extrospectiveness; he is a flibbertygibbet in every sense of the term, and innately selfish, although he has a sense of affection which should be a saving grace.... Eric (Thompson) is shaping excellently and so too is Peter. Both of course are introverts, and very easy to manage.’ Ten spyte van sy voorbehoude oor Jeff se jeugdige liefdeslewe was Leipoldt baie geheg aan die seun. Jare later kon Jeff nog baie amusante voor- | |
[pagina 607]
| |
valle oor sy lewe saam met Leipoldt onthou. By geleentheid is hy saam met sy pleegvader per trein in na Kaapstad. Terwyl hulle met Adderleystraat opstap, merk hy Leipoldt se gulp is oop. ‘Bov, your fly is open’, sê hy, skaam dat die verbygangers dit sal merk. Leipoldt het gaan staan, 'n paar oomblikke na Jeff gekyk en gevra: ‘Are they looking at you or at me?’ Jeff het die boodskap gekry. Hoewel Leipoldt besef het sy gulp is oop, sou hy dit in geen omstandighede op daardie oomblik toetrek nie!Ga naar eind25 By 'n ander geleentheid was hulle ook in die stad. Leipoldt het sy Gladstone-sak by hom gehad en van die biblioteekboeke daarin het begin uitval. ‘A very well meaning person in the street’, so vertel Jeff,Ga naar eind26 ‘gathered up some of these books trailing some yards behind and caught up with Louis and handed them to him. Louis's only reaction was to pick up - or accept rather - the book from the person and briefly look at the title and immediately ask the person: “Have you read it?” Invariably the person hadn't. Louis would thrust it in his hands and say, “Well, it's about time you had” and walk on.’ Van Jeff se termyn by die Paarlse Boys' High dateer die bykans tweehonderd briewe wat Leipoldt aan hom geskryf het en wat gesamentlik 'n pragtige beeld gee van die groot liefde wat hy teenoor sy pleegseun gekoester het en die vaderlike advies wat hy hom telkens gegee het. Nadat hy Jeff by die kosskool besorg het en taamlik abrup daar weg is, verduidelik hy in 'n eerste ongedateerde brief dat hy sou begin tjank het indien hulle afskeid verder uitgerek was. ‘This is the first time you have been faced with a difficulty,’ skryf hy, ‘and the gold that's in you should be strong enough to help you to overcome it.’ Hy vertel Jeff wat alles in Arbury gebeur en vra hom om te skryf. ‘There's nothing better than good letter-writing,’ sê hy. ‘A letter must be a talk, onesided but none the less a talk.’ Wanneer Jeff daarop net 'n kort afskeepbriefie aan hom stuur, antwoord Leipoldt dat Jeff net moet skryf as hy genoeg tyd vir 'n ‘decently long letter’ het en nie die ‘prep hours’ daarvoor moet gebruik nie. ‘You must learn not to be slipshod and careless’, adviseer hy sy peetseun, al wil hy nie preek nie. 'n Preek ‘never does any good, for one must learn sense for oneself’, maar ‘it depends entirely on yourself what sort of life you make of your youth’. In sy briewe wei Leipoldt uit oor die bedrywighede in Arbury, wat hulle naweke doen en die werk waarmee hy besig is. Hy gee Jeff advies oor hoe om te skryf. ‘I started writing when I was a mere kid. I think I wrote my first story when I was six and illustrated it too.’ Skryf, gaan hy voort, help jou om jou gedagtes en gevoelens te orden. 'n Mens kan egter | |
[pagina 608]
| |
nie goed skryf as jy nie eers gely het nie: ‘felt things you, for instance, have never yet felt; lost things one loved; seen beautiful things torn and destroyed for nothing, and wondered why - why - why?’ By tye is hy bekommerd oor Jeff se gesondheid en hy hou nie van die herhaalde verkoues en hoofpyne wat sy pleegseun kry nie. Hy raai hom aan om gesonder te eet en baie vrugte in te kry. Hy wil ook hê Jeff moet 'n staat van sy uitgawes hou ‘to make both ends meet’. Voortdurend stuur hy hom boeke en tydskrifte, terwyl hy koekies deur Garlick en Cartwright laat aflewer. En hy spoor Jeff aan om volkome tweetalig te word: ‘You must really work at Afrikaans and get quite proficient at it; it is a disgrace that Dr Leipoldt's little boy - by no means little now - should not talk and write it fluently.’ Hoe sterk die liefde en toegeneentheid van Leipoldt teenoor Jeff was, blyk wanneer Jeff tydens 'n naweekbesoek feitlik die hele tyd agter Peggy en sy ander nooiens aanloop en Leipoldt hom omtrent nooit sien nie. ‘That hurt, Guggug - that hurt damnably’, skryf hy. ‘You must know... that you are my real brother, the only thing that matters anything to me on earth.... You have been a great help, pleasure and satisfaction to me, Gug-gug, for all our quarrels and tiffs, and I should like you to know that, not to make you feel swanky but just to let you feel that I think of you as my darling brother, and that you are just now very much in my thoughts.’ Wanneer Jeff begin te rook, het Leipoldt, in ooreenstemming met wat hy in Skoolgesondheid oor dié gewoonte by skoolkinders skryf, geen beswaar daarteen nie. Wanneer 'n mens baas oor die gewoonte is, so laat hy Jeff weet, doen dit jou geen kwaad nie. ‘As soon as it masters you and you become its slave, it does harm, not only because it causes you to loose your selfrespect ... but because indirectly it reacts upon your health by making you less resistant to other habits.’ Peter, so laat hy hom weet, sal waarskynlik 'n ‘eerste’ kry, al het sulke dinge vir die latere volwasse lewe nie veel waarde nie. ‘It is the final that counts,’ skryf hy, ‘whatever that final may be, and the general education, which is after all merely a preparation for after life. Education is not merely book-learning; it should be something that makes you learn control, self-control, control of your emotions and feelings, so that you may conduct in life like a gentleman, who is, above all, considerate of other folk's feelings, and tries to be as unselfish as it is possible for him to be.’ Elke mens, gaan hy voort, het uit selfbehoud 'n stuk selfsug in hom, ingebore deur die natuur. ‘But there are times’, skryf Leipoldt die altruïs, ‘when even that strong urge for selfpreservation should yield to the higher and nobler desire to do something | |
[pagina 609]
| |
for others, even if it costs you something more than you think you can spare.’ Wanneer Jeff probleme met King Lear as voorgeskrewe werk ondervind, is Leipoldt maar te gretig om hom te help. ‘Lear is a great play; the fool is one of Shakespeare's best fools; he is the chorus of a Greek play, supplying the outsider's view and like Polonius in Hamlet, he tells home truths. You should study the play carefully for it is a great work of art - quite different from the stupid Afrikaans set works.’ Dat Leipoldt haas geen woorde gehad het om sy afkeer van die keuse uit Grosskopf en Malherbe vir die voorgeskrewe lyste te formuleer nie, blyk uit wat hy oor dié boeke sê: ‘The Esau is a silly bit of work, and the Moab absurdity is too awful for words; it should not be prescribed, but one can do nothing about it, as some fools regard it as “literature”.’ Wanneer Jeff ná 'n slegte Latyn-uitslag die onderwyser van slawedrywery beskuldig, hou Leipoldt nie van sy reaksie nie. Probleme soos dié, skryf hy, moet oorwin word en jy versterk jou karakter deur dinge te doen waarvan jy 'n afkeer het. ‘Disappointments’, gaan hy voort, ‘come thick the older you grow; you sometimes get despairing of what the future will bring, but if you lose courage it is all up for you never feel quite the same again as you know that you have been given in and surrendered. Play the game to the end, no matter if you win or lose, and play the game like a gentleman.’ En wanneer Jeff, wat gewoonlik baie goed in sport was, slegs derde by die intersport eindig, troos Leipoldt hom met 'n aanhaling uit Arthur Hugh Clough: ‘Say not the struggle nought availeth, the labour and the wounds are vain ...’ Hy voeg by: ‘You have as yet no idea of what use and help and comfort poetry can be, but these are things you must find out for yourself.’ Telkens in Leipoldt se korrespondensie met Jeff is daar sulke pragtige stukke wysheid. Uit die briewe leer 'n mens Leipoldt as vader ken, maar ook Leipoldt die opvoeder, die didaktikus en die altruïs. Hy was iemand wat, om M.E.R. se woord te gebruik, in alle opsigte 'n gewer was en wat die Boeddhistiese ideaal om liefde te gee sonder om weerliefde te verwag of te eis, volkome uitgeleef het. Aan die ander kant blyk uit die briewe telkens hoe verskriklik Leipoldt sy pleegkinders kon bederf. Hy gee hulle geweldig baie sakgeld en geskenke - soms is dit gewone geldmorsery - nooi hulle vir etes en vra hulle dikwels wat hulle 'n spesifieke naweek of vakansie wil doen. Vir Jeff bederf hy tot in die afgrond en laat telkens vir hom via Cartwright 'n hele doos lekkergoed stuur. Op 'n keer vra hy selfs: ‘Would you like some ham or sardines?’ In 1937 skryf hy voorin Die goue | |
[pagina 610]
| |
eier: ‘Aan my boetie Guggug’, terwyl hy in 1939 Moord in die Bosveld in sy opdrag Jeff by die naam noem - andermaal 'n aanduiding van sy groot toegeneentheid teenoor sy pleegseun. Maar sy toegeneentheid blyk die sterkste uit die twee rymbriewe tydens Jeff se Paarlse kosskooljare: I need not start by stating that I miss
My precious Gug-gug (in parenthesis
There's something in the proverb that declares
The farther off one's love, the more one cares)
But Gug-gug darling, neither you nor I
Should grudge the purchase price we pay to buy
Something that is of all things surely best
The knowledge that our love can stand the test
Of separation, but can even thrive
How far apart we be and keep alive.
I sometimes thought, when you were but a kid
So small no shop would buy you for a quid,
That if you went to Jesus (which was quite
A possibility - you were so slight)
I could not stand it but would have to try
Myself some easy way in which to die.
That was all bunk, for even when one loses
What is most precious of all things one uses,
One can remember how much joy one had
In using it before, and still be glad....
Some one in Germany has had the cheek
To translate my Van Riebeeck, and this week
I got a trifle on account and trust
To get some more because the beggar must
Pay for the privilege of turning gold
To brass; old Riebeeck sells, so I am told,
Quite well, and what I get this year will pay
Your togs and trivial toyshop busts, but say
What do you want with Outspans? Why not read
Something less trashy. Do you still get Speed?
That is, at least, worth reading. Never mind
A weekly three pence' neither here nor there
| |
[pagina 611]
| |
And if you really like it, I don't care.
I hope the work's still going strong and play
As strong, and that tomorrow or next day
There'll come a letter from you. Bear in mind
‘Not to write re-gu-larly is unkind’.
So take the grumble and the “preek” as read
And all my love before I go to bed.
Good night, my Guggug; al this rhyming pother
is just a letter from your longing
Brother.
| |
IIIHoewel Jeff as skolier só lui was dat hy matriek gedruip het en in sy latere jare onverantwoordelike dinge aangevang het, was hy 'n vreugde in die huis en het hy as opgeruimde kind vir Leipoldt iets gegee wat vir die groot gemis in sy lewe kon vergoed. Op hoë ouderdom kon hy steeds met deernis en liefde oor sy jare saam met Leipoldt praat.Ga naar eind27 Ook Peter Shields, die ander bekende grootmaakseun en latere uitsluitlike kopiereghouer van die Leipoldt-manuskripte, kon met vreugde aan sy jare in Arbury terugdink. ‘I think of Leipoldt as a big bear, an endearing and very kind person who joked most of the time and never stopped pulling our legs’, was sy woorde oor sy pleegvader in 1996.Ga naar eind28 Vir Leipoldt self was dit iets besonders om, naas die inwoners van Arbury, jong mense te ken wat gereeld Sondae kom tennis en snoeker speel het. Om mense van jou eie ouderdomsgroep te ken, het hy gesê, is vanselfsprekend; om vriende ouer as jy te hê, is 'n eer; en om mense jonger as jy te ken, is 'n voorreg.Ga naar eind29 Hoewel Abraham van Zyl, een van die seuns wat gereeld vir tennis by Arbury op besoek was, geweet het Leipoldt hou niks van wiskunde nie, het hy in 1942 sy boek Mathematics at the crossroads vir hom present gegee, iets wat daartoe gelei het dat Leipoldt 'n gunstige resensie oor die boek geskryf het.Ga naar eind30 Laurie Jackaman, een van die grootmaakseuns in Arbury, skryf in 1941 aan Leipoldt: ‘I often recall the wonderful times we had when with you, though we were too young to fully appreciate all you did for us.’ Paul van Zyl, seun van Dot en Hennie, onthou die magnetiese persoonlikheid van Leipoldt met sy mooi gelaatstrekke, sy ontsaglike kennis en sy wonderlike vertellings waarna hulle gehipnotiseer kon luister. Ty- | |
[pagina 612]
| |
dens ritte oor die Knersvlakte kon hy plante vir hulle uitwys of soms met aanhalings uit die Engelse poësie lostrek wat 'n fees was om aan te hoor. Hy was iemand wat met sy onkonvensionele benadering van die lewe hulle daartoe kon bring om nie kuddemense te word nie, alles te ondersoek en niks vir soetkoek op te eet nie.Ga naar eind31 Paul se broer Helm het Leipoldt se wonderlike gawe onthou om, as hy van jou gehou het, openlik met jou te gesels, sonder om jou as kind te behandel. Hoewel hy jou soms met sy provokasies wou skok en dikwels wou toneelspeel, het hy sy bogtery gelos as hy sien dit gaan nie op nie. Basies wou Leipoldt sy jong vriende aanmoedig om te dink en niks as verbode terrein vir ondersoek te beskou nie. Wanneer jy saam met hom in die veld was, het jy in sy reaksies die digter aangevoel, al het hy sy verwondbare innerlike van mense probeer wegsteek. Aan Helm het hy dikwels op Sondagaande, wanneer die ander besoekers reeds weg was, groot dele van sy lewenservarings vertel. Hy het gehoop, soos hy dit gestel het, Helm sou sy Boswell word, 'n toespeling op James Boswell se Life of Samuel Johnson (1791), vir baie mense nog steeds die belangrikste en invloedrykste biografie van alle tye. Maar Helm het gevoel hy het nie die temperament van 'n Boswell nie, al het hy Leipoldt as die intelligentste en fassinerendste persoonlikheid beskou wat hy ooit ontmoet het.Ga naar eind32 Veral die gereelde besoeke saam met Leipoldt aan sy jeugwêreld, Clanwilliam, was vir die seuns besondere ervarings. Dikwels het hy hulle teen Karooberg uitgeneem of in die seekoegate in die Olifantsrivier of die Jandisselsrivier laat swem en by dié geleenthede met 'n eenvoudige kamera foto's van hulle geneem. Soms het Leipoldt alleen, of net vergesel deur sy chauffeur, na Clanwilliam gereis en in die Criterion Hotel tuisgegaan. ‘Raai wie's weer by die hotel?’ het van die dorpskinders dan aan die koshuiskinders gevra. Wanneer hulle gaan kyk, het Leipoldt op die stoep gesit met sy groen gabardienbroek, bruin baadjie, swart sokkies en bruin skoene aan, met die dik bos bruin hare deurmekaar op sy kop.Ga naar eind33 By een geleentheid is Leipoldt, ná 'n velduitstappie in taamlik vuilerige klere, deur 'n nuwe ontvangsdame na die chauffeur se buitekamer gestuur. Toe die eienaar, mnr. Ginsberg, later vra waar dr. Leipoldt dan is, tref hy sy gas in die buitekamer aan, besig om lekker te lees en glad nie ontsteld oor die vergissing nie!Ga naar eind34 Op 'n dag in 1926 het die twaalfjarige Michiel Smuts gesien hoe 'n oom met 'n kuif oor sy voorkop besig is om voor die garage op Clanwilliam goudkleurige nartjies in sy ou motor, 'n Essex, te laai. Toe hy nader staan om te help, kyk die man hom aan en vra: ‘Vang julle nog paddas in die Jandissels?’ Smuts vertel: | |
[pagina 613]
| |
Voorbarig het ek geantwoord: ‘Baie, oom, somaar stroopblikke vol. Ons gebruik die pieringoë vir aas om die kalwerkoppe uit te sleep.’ Ongelowig het hy my aangestaar en gesê: ‘Bog, daar is nie meer groot visse in die Jandissels nie; al die seekoegate het toegespoel.’ Ek het gesteurd gevoel. Wat weet hierdie Kaapse vreemdeling van my rivier af; hy mag die Kaap ken, maar my kontrei moet hy uitlos. ‘Oom, daar by Lemoentuin, daar waar die rivier so 'n draai maak, daar tussen die kafferskuil, is blou gate waarvan ek nog nie die bodem gekry het nie.’ Uitasem het ek voortgegaan. ‘Oom, Dowe Willie en ek is die beste duikers met die langste asem in die hele skool; ons ore het al gesuis, ek het tot by twintig getel, maar daardie maalgat het g'n einde nie.’ Ná die vreemdeling se vertrek het Michiel by oom Pieter, die garage-eienaar, ingedraf en gevra wie die man met die kuif in die Essex was. ‘Oom Pieter het geantwoord: “Dit is dokter Leipoldt. Hy is 'n baie slim man; hy skrywe boeke en maak glo versies ook.”’Ga naar eind36 Leipoldt, wat volgens sy eie mededeling in hierdie jare altyd goue mansjetknopies gedra het wat vervaardig is uit spoelgoud wat hy en sy broer uit die Jandisselsrivier opgediep het toe hulle kinders was, het dikwels op sy besoeke aan Clanwilliam in die Criterion Hotel tuisgegaan. Meermale het hy egter oorgebly by Pieter le Fras Nortier, distriksgeneesheer en bekend as ‘the Laird of Clanwilliam’. Nortier, vier jaar jonger as Leipoldt, was 'n boorling van Willowmore en het ná sy studietermyn op Stellenbosch as Rhodes-beurshouer in Oxford en later Liverpool grade in die medisyne verwerf. As algemene praktisyn op Clanwilliam moes hy die distrik aanvanklik met 'n Kaapse kapkar en perd en later met 'n T-model | |
[pagina 614]
| |
Ford agter sy pasiënte aan deurreis en kon hy op dié wyse 'n goeie kennis van die veld en die plantegroei opbou. Soos Leipoldt was hy dus naas mediese dokter ook botanikus. Op sy plaas langs die Olifantsrivier het hy begin eksperimenteer met plante soos mango's, avokado's, papajas, pomelo's en pekanneute. Omdat die gewone Clanwilliam-lemoen 'n kraakskil gehad het en vol pitte was, het hy deur kloning begin om die swakhede uit te skakel en 'n pitlose lemoen te kweek wat gereeld dra. So het die Clanor-lemoen ontstaan, 'n naam wat die woorde ‘Clanwilliam’ en ‘orange’ verbind het, al was die ‘-nor’-gedeelte ook 'n toespeling op Nortier. Ongelukkig was die lemoen as gevolg van 'n kort raklewe nie so ekonomies bemarkbaar nie. Nortier het ook 'n belangrike aandeel gehad aan die ekonomiese bemarking van rooibostee en het later vir sy werk op dié gebied 'n eredoktoraat in die landbou van die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Op Clanwilliam was hy 'n taamlike legende en in W.A. de Klerk se roman Die uur van verlange figureer hy as die karakter Ou-dokter. Deur hul gemeenskaplike belangstellings en liefde vir die buitelewe het daar oor drie dekades heen 'n baie hegte vriendskap tussen Nortier en Leipoldt bestaan en het Nortier Leipoldt waarskynlik beter as die meeste ander mense geken. Soms was hulle weke saam in die veld om plante te soek, en dan het hulle onder die oop hemel geslaap. Saans om die kampvuur kon Leipoldt van sy intiemste gedagtes aan hierdie vriend van hom bekend maak. Op dié wyse het Nortier insig gekry in Leipoldt se lewensuitkyk en -beskouing, 'n beskouing waarteenoor hy self baie simpatiek gestaan en wat hy in groot mate gedeel het. Mev. Nortier was minder ingenome met Leipoldt se besoeke. Dikwels het hy van die hotel af tot by hulle huis geloop, ingestap, niemand gegroet nie en deurgestap kombuis toe, waar hy die potte op die stoof oopgemaak en hier en daar geurmiddels bygevoeg het. Dan kon hy die huis weer net so verlaat. Op 'n dag besluit mev. Nortier en haar dogter Clemency om 'n wildpastei vir die besoekende Leipoldt te berei. Toe Clemency Leipoldt die volgende dag vra hoe dit was, antwoord hy: ‘Die wildpastei? Daardie wildpastei? Ek was dankvader bly dat my lewe verseker was - al daardie klein beentjies! Het julle nog nooit van 'n skêr gehoor vir wild opsny nie? Daardie bene is almal fyn gekap!’ Terwyl mev. Nortier en haar dogter hom verslae aankyk, is Leipoldt dik van die lag. ‘Maar die geur - nou ja, die geur van die pastei, dit was onverbeterlik, hoor!’ Mev. Nortier se nie so gelate kommentaar hierop was: ‘Ek kon so moeilik word vir dié Leipoldt. Soms was ek agter in die spens besig as hy inkom. Dan wil hy weet | |
[pagina 615]
| |
waarmee ek besig is. Wat ek maak? Ag nee, gaan sit daar binne in die sitkamer, dan bring ek vir jou 'n lekker koppie tee! Eendag ontmoet ek hom in die Kaap. My suster Francis was by my. Ek stel hom aan haar bekend, maar hy kyk haar net aan en gesels verder met my. Voor hy aanstap, sê hy: “Kyk, ek wil hê jy en Clemency moet vanaand saam met my by die klub kom eet.” My suster kon net sowel nie bestaan het nie. 'n Onmoontlike entjie mens, daardie Leipoldt, waarlik!’Ga naar eind37 | |
IVDie vraag wat onwillekeurig by 'n mens opkom wanneer jy van die talle seuns hoor wat Leipoldt grootgemaak het, is waarom hy dit gedoen het. Was Leipoldt suiwer altruïsties geïnteresseerd in kinders of het hy behae daarin geskep om hulle naakte liggame te sien? Erger nog: Was daar sprake van enige homoseksuele verhoudings en het Leipoldt pedofiliese neigings gehad? By 'n gekompliseerde mens soos Leipoldt moet 'n mens by voorbaat verwag dat ook die liefdeslewe 'n groot en ingewikkelde aangeleentheid sal wees. Uit mededelings van Leipoldt self en van ander weet ons dat hy in die loop van sy lewe 'n toegeneentheid tot ten minste drie vroue gehad het: 'n onbekende niggie, Dot van Zyl en 'n Amerikaanse sangeres met die naam Hattie Green. Ons weet verder dat hy as jong seun Frank William Baxter, 'n jong Rhodesiese konstabel wat tydens die Matebele-opstand van 1896 heldhaftig gesterf het, tydens sinodesittings in Kaapstad leer ken het. Oor die graad van intimiteit in Leipoldt se verhouding met die vroue bestaan daar geen inligting nie, net soos ons haas niks van sy vriendskap met Baxter weet nie. Waarskynlik was hierdie vriendskap niks meer as die tipiese schwärmerische heldeverering van 'n jong seun vir 'n enigsins ouer persoon nie. Dat Baxter egter 'n groot indruk op hom gemaak het, blyk daaruit dat hy jare later nog die voorletters FWB as pseudoniem gebruik het. Wat sy grootmaakseuns betref, het Leipoldt by geleentheid verklaar dat as 'n seun 'n mooi glimlag het, dit hom bekoor en dit vir hom onweerstaanbaar is.Ga naar eind38 Hieruit sou 'n mens kon aflei dat jong seuns vir hom aantreklik was, iets wat bevestig word uit talle passasies in sy skeppende werk. In 'n brief aan sy seun Jeff stel hy op 20 Oktober 1944 hierdie voorkeur vir die manlike liggaam nogal kru: ‘I have always told you that female beauty is not to be compared with male beauty, any more than a fine koedoe bull | |
[pagina 616]
| |
is to be compared with a koedoe cow; the one is purely for breeding purposes and when the sexual part has been done there is no satisfaction whatever at anything worth looking at.’ Tog moet 'n mens nie hieruit die afleiding maak dat Leipoldt 'n praktiserende homoseksueel was nie. In Katinka Heyns se video Slampamperman spreek Jeff Leipoldt hom nadruklik oor hierdie aangeleentheid uit: ‘I would like to put the record straight on that: At no instance in all the many years that I lived with and grew to know Louis was there any incidents (or manifestation) whatsoever...that Louis was a homosexual. I consider it utter nonsense.’Ga naar eind39 En op 15 Desember 1996 kon Peter Shields verklaar: ‘Leipoldt certainly never had any effeminate inclinations. If he was a homosexual, he was very much a closet one.’ 'n Hegte vriendin soos Helen Burton het by geleentheid selfs 'n navraag in verband met moontlike homoseksualiteit by Leipoldt as 'n ‘terrible slander’Ga naar eind40 beskou en gesê: ‘You can put the lie to that story.’Ga naar eind41 Om uit die talle foto's in sy nalatenskap van seuns in swembroeke op uitstappies na die see of die Olifantsrivier af te lei dat Leipoldt behae in byna-naakfoto's van seuns geskep het, sal 'n buitensporige en groteske afleiding wees. As 'n mens hierdie foto's, geneem met 'n eenvoudige buskamera en meestal swak afgedruk, byvoorbeeld vergelyk met Wilhelm von GloedenGa naar eind42 se foto's van androgiene naakte seuns teen die einde van die negentiende eeu, word dit duidelik dat daar by Leipoldt hoegenaamd geen erotiese bybedoelings by die neem van sulke eenvoudige kiekies kon gewees het nie. Die foto's is hoogstens memento's van aangename uitstappies na mooi plekke, iets wat die seuns as herinneringe aan gelukkige ure kon bewaar. Tog sal 'n mens, as jy die herhaalde beskrywings van die liggame van jong seuns in Leipoldt se prosawerke en sy verligte uitsprake oor homoseksualiteit in Bushveld doctor in ag neem, tot die gevolgtrekking moet kom dat daar ten minste 'n homoërotiese element in sy samestelling was. Markus Viljoen het by geleentheid aan M.P.O. Burgers gesê dat Leipoldt sy belangstelling in seuns en mans hoegenaamd nie wegsteek nie. Wanneer hulle saam in die Koffiehuis was, soek Leipoldt se oë die mooi geboude jong seuns uit en merk hy op: ‘Is dit nie 'n mooi seun nie! Kyk die mooi profiel! Wie is die seun?’ En as Markus antwoord hy weet nie, sê Leipoldt: ‘Jy ken ook niemand nie. Wie ken jy nou eintlik?’ Hy was volgens Viljoen heftig gekant teen die maatskaplike veroordeling van 'n homoseksuele persoon. ‘Wat het dit met ander mense te doen as 'n mens effens vreemd is?’ was sy woorde. In sy Dagboek onthou Johannes Meintjes, in | |
[pagina 617]
| |
sy jeug 'n besonder aantreklike jong man en enigsins verwyfd, hoe hy op 'n Saterdagoggend Leipoldt in die Koffiehuis gesien het. ‘Terwyl ek my koffie gedrink het, raak ek bewus dat iemand my lank en aandagtig sit en bekyk, draai my kop en kyk met 'n ligte skok in Leipoldt se oë vas. Hy het nie weggekyk nie, maar aanhou staar na my, waarskynlik geamuseer deur my verleentheid, want daar was 'n effe glimlaggie om sy mondhoeke, en het bly staar totdat ek verward die plek uitgestap het. Met 'n ander geleentheid het ons mekaar in Parlementstraat raakgeloop - ek was so agtien of neëntien - en volkome selfversekerd het Leipoldt gaan staan en my in die oë gekyk todat ek met 'n skielike sydelingse beweging weggeswenk het, vervul met 'n gevoel van angs en opgewondenheid.’Ga naar eind43 Dat daar dus 'n homoërotiese belangstelling by Leipoldt aanwesig was, is ongetwyfeld die geval, al bestaan daar geen getuienis hoegenaamd dat hy 'n praktiserende homoseksueel was nie. By geleentheid het hy teenoor Jeff, wat in daardie stadium as soldaat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het maar met verlof tuis was, in 'n oomblik van besondere intimiteit gesê: ‘You know, of course, that I am a homosexual.’ Jeff het geantwoord: ‘I have gathered that, but I know that you are not a practising homosexual.’ Leipoldt het geglimlag en gesê: ‘Considering the teacher you have had, I am glad that you have grasped what I have been trying to convey to you for many years.’Ga naar eind44 Of Leipoldt dus 'n homoseksuele fase in sy lewe gehad het, is vandag onmoontlik om met sekerheid te sê. Val St. John kon in sy verslag aan Burgers oor sy en Leipoldt se jare saam in Londen niks oor so 'n moontlike fase rep nie. 'n Mens moet onthou dat Leipoldt 'n Victoriaan was en dat Victoriane oor so iets nie 'n verhaal sou gemaak en dit aan die groot klok sou gehang het nie. Daarby moet 'n mens onthou dat Leipoldt iemand was wat basies altruïsties ingestel was en dat dit deel was van sy Boeddhistiese opvatting om liefde te gee sonder om weerliefde te verwag. As Boeddhis het hy bo die seksuele uitgestyg, alle drange wat hy in dié verband kon hê, volkome gesublimeer en opgegaan in die ‘perfect love that lives for evermore’. Dit is 'n gedagte wat hy verwoord in die sonnet ‘Reflection’, 'n gedig waarin hy kennelik op sy verhouding met een van sy grootmaakseuns, waarskynlik Jeff, sinspeel: Because my cognisance of virtue deems
It vice, in one so virtuous as my Love,
To fail to reach my standard and approve
| |
[pagina 618]
| |
The fancies that I gather up in dreams,
I rage within myself, and in me teems
Contempt, distrust, and anger that can move
Almost a mind to madness. Yet above
Their triune force a greater passion gleams,
That glories in the knowledge that my care,
My choice regard of what I rightly count
As perfect, asks that I myself should pour
In mine own love a greater, grander share
Of charity to swell the full amount
Of perfect love that lives for evermore.Ga naar eind45
Wanneer daar in latere jare in Leipoldt se poësie sprake is van 'n liefde ‘wat uithou en alles vergoed’, slaan dit na alle waarskynlikheid op Dot Sauer, die vrou op wie hy verlief was maar wat met sy jeugvriend Hennie van Zyl getrou het. En waarskynlik slaan die aangrypende kort vers ‘A thought’ oor 'n gestorwe geliefde ook op Dot Sauer, wat hom in die dood voorgegaan het: Tears cannot allay
The anger, the pain,
That I feel when I know
I shall never again
See you sit at my side with the glow
Of the firelight on your face.
O, may I have grace
In the years ahead,
To remember you so,
Though your presence has fled
From this world where my wild passions blow
Bitter flakes like wind-flailed spray.Ga naar eind46
|
|