Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 522]
| |
Hoofstuk XVI
| |
[pagina 523]
| |
gelse geskrifte en die Eerste gesondheidsleesboek vir Afrikaanse skole, wat by Juta verskyn. In teenstelling tot C.J. Langenhoven, wie se rusies met sy uitgewers soms onrusbarend kon word, het Leipoldt 'n besonder goeie verhouding met die mense van die Pers gehad en het hy klaarblyklik ná die inlewering van 'n manuskrip geen besondere eise gestel of probleme veroorsaak nie. Hoewel sy boeke nie dieselfde astronomiese oplaes as dié van Langenhoven belewe het nie, was werke soos Die heks en Uit drie wêrelddele goeie verkopers. Tot 1947 het van Dieheks veertien drukke met 'n totaal van 24000 eksemplare verskyn, terwyl van Uit drie wêrelddele in dieselfde periode ses uitgawes met 'n totaal van 11 500 eksemplare gedruk is. In 'n memorandum oor die C. Louis Leipoldt-gedenkfonds skryf die hoof van die uitgewersafdeling van die Nasionale Pers op 24 Junie 1947: ‘Deur al die jare heen, toe ander ou skrywers 17½% en in sommige gevalle 20% outeursaandeel ontvang het, het Leipoldt 15% en minder ontvang en nooit meer gevra of ons op enige wyse hoegenaamd lastig geval nie, selfs nie gedurende die oorlogsjare toe talle van sy boeke uit druk was (en nog is) nie. Hy was 'n skrywer na 'n uitgewer se hart: beminlik, vriendelik, tegemoetkomend.’ By so 'n verbysterend omvangryke produksie vra 'n mens jou af hoe Leipoldt - naas sy werk as pediater, dosent, redakteur van die mediese tydskrif en sekretaris van die Mediese Vereniging - dit alles in hierdie jare kon vermag. Die antwoord lê waarskynlik, naas die weinig ure slaap waarmee hy snags kon klaarkom, in die feit dat hy geweldig vinnig en maklik kon skryf. Op 29 Oktober 1928 teken hy byvoorbeeld in sy sakdagboekie aan: ‘Decided to write one article daily or part of some literary essay except Saturdays and Sundays which are to be wholly recreative.’ Selfs al het hy nie hierdie voorneme volgehou nie, is die blote inskrywing 'n aanduiding dat Leipoldt feitlik op die lopende band dinge kon lewer. In sy ‘Eerste skoffies’, waarin hy oor sy skeppende werk uitwei, sê hy dat hy geen ‘besondere eienaardighede’Ga naar eind1 het wat betref sy manier van werk nie: ‘Ek skryf nie beter in 'n nagjapon, soos die geval met Balzac nie; (en) ek stook my nie met koffie of brandewyn voordat ek kan begin werk nie.’Ga naar eind2 Vir hom was skryf 'n daaglikse aktiwiteit, 'n lewenswyse, 'n manier waarop hy - véél meer as in die geval van die geneeskunde - sy essensiële self kon uitleef. Wat sy ‘suiwer letterkundige werk’Ga naar eind3 betref, sê Leipoldt dat hy gewoonlik wag totdat hy 'n sekere aanleiding kry om iets te skryf, dít wat gewoonlik met die begrip ‘inspirasie’ aangedui word. In sy onderhoud met P. de V. Pienaar sê hy dat die ‘ding’, blykbaar die ‘ritme’, 'n ruk lank in sy ‘ver- | |
[pagina 524]
| |
stand’ woel. Soms ‘gaan dit gou van stapel; soms wag 'n reël of vers maande voordat ek hom kan herken as een van my kinders’.Ga naar eind4 Sommige gedigte, so stel hy dit aan Pienaar, ‘skrywe ek sommer maklik af’, terwyl hy aan ander weer baie lank ‘timmer en skaaf.... Die enigste dinge waar ek na soek, is soms die regte rymwoord, en die regte assonans.’Ga naar eind5 W.E.G. Louw merk na aanleiding hiervan op dat 'n mens jou verbaas oor die naïwiteit van sommige van dié uitlatings, soos die ‘ritme’ wat 'n ruk lank in sy ‘verstand’ speel!Ga naar eind6 Wanneer 'n mens Leipoldt se manuskripboeke, waarin van sy gedigte verskyn, by die Universiteit van Kaapstad nagaan, val dit jou op dat daar by dieselfde gedig of sy onderdele dikwels verskeie variante voorkom wat met deurhalings en skrappings gekanselleer word en dan met byvoegings en herskrywings tot 'n finaler teks vorder. Daarna het Leipoldt 'n gedig oorgetik, maar hom selfs in hierdie finaler stadium weinig aan sake soos spelling en interpunksie gesteur. Volgens die getuienis van Markus Viljoen het Leipoldt 'n afkeer van die gewoon meganiese arbeid van tik of skryf gehad en was hy ná inlewering van 'n manuskrip nie meer daarin geïnteresseerd nie. Wanneer Viljoen met hom oor onduidelikhede wou gesels, het Leipoldt hom met 'n skouerophaling versoek om dit tog maar self reg te maak; waar hy dit wel bespreek het, was dit met soveel teësin en so halsoorkop dat die gesprek Viljoen selde gebaat het.Ga naar eind7 Toe hy die manuskrip van Skoonheidstroos moes persklaarmaak, het prof. D.B. Bosman agtergekom dat daar by die oortik by een van die sonnette twee reëls weggeval het. Op 'n navraag was Leipoldt se antwoord: ‘Laat dit maar so bly - of vul maar self aan!’Ga naar eind8 Die manuskrip van Skoonheidstroos, soos Leipoldt dit ingelewer het, bestaan uit slordig ingeplakte koerantknipsels van verse wat vroeër in tydskrifte verskyn het, aangevul met slordige tikskrif en (netjiese) holografiese byvoegings. In dié manuskrip, wat tans in die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad bewaar word, is die enigste gedig wat klaarblyklik as 'n sonnet begin is maar net twaalf reëls beslaan, die gedig wat tans nommer VIII van die reeks ‘Slampamperliedjies’ in dié bundel is. Hoewel nie met 'n vaste metrum in elke reël nie, is dit na alle waarskynlikheid die gedig waarna Bosman verwys: Sielsanker as die vloedgolf van vertwyfling oor die strand
Van kennis bruis en alles met hom trek,
'n Houvas in die weemoedsuur, as deur die hele land
Die duisternis van dorre nagte strek;
'n Goue greep vir iedereen, 'n steun deur dik en dun;
| |
[pagina 525]
| |
'n Aalmoes vir die arme van gemoed;
'n Lawedrank vir flou-val, as die wêreld ons misgun
En met 'n hoonklank wat ons doen, vergoed:
Dis die ingebore sterkte, dis die oorgeërfde krag
Om deur duisternis die sterre te sien blink,
Om die halfgebore klagwoord te ontsenu met 'n lag,
En met skerts die wyn en mirre op te drink.Ga naar eind9
Teenoor die skryf van gedigte was joernalistieke werk vir Leipoldt, soos hy dit self stel, ‘gewone dagwerk’.Ga naar eind10 Net soos elke messelaar kan messel as hy die gereedskap het, gaan hy voort, ‘so kan elke joernalis 'n stuk skryf as hy genoeg gegewens besit - en meestal ook daarsonder’,Ga naar eind11 al voeg hy by dat 'n joernalis dikwels swaar moet rondspartel om daardie gegewens in die hande te kry. Hierdie werk, soos ook sy ander prosastukke, het hy meestal regstreeks getik. Die uitwerking van 'n verhaal laat hy aan sy ‘verbeelding’ oor; kom daar die minste belemmering, sit hy dit opsy om eers 'n paar maande later weer oor te lees. Meestal is die verhale ‘vlotweg, in 'n paar uur, afgetik, nadat ek hulle oordink het’.Ga naar eind12 Sowel in sy poësie as in sy prosa is Leipoldt se werk in 'n ontstellende mate ongelyk. 'n Mens kry die indruk dat hy meestal eenvoudig geen aandag aan die afwerking van 'n teks gegee het nie. In sy manuskripte sou hy byvoorbeeld maklik ‘leo’ vir ‘leeu’ en ‘spreo’ vir ‘spreeu’ skryf, terwyl hy in De Volkstem - waar kopie nie so goed gesub is as by Die Burger en Die Huisgenoot nie - soms sinne sou publiseer wat vir 'n leser eenvoudig nie logies verstaanbaar kón gewees het nie. In baie van sy prosawerke is daar voorbeelde waar hy eenvoudig 'n verkeerde woord gebruik om 'n sekere ding te benoem. En selfs in een van sy bekendste verse is die drie maal herhaalde ‘'n Handvol gruis en gedroogde blare’ problematies, want die taalgevoelige leser sou hier eerder ‘verdroogde’ as ‘gedroogde’ wou sien. D.J. Opperman was nie verkeerd nie toe hy by geleentheid gesê het dat Leipoldt in ekstreme mate ‘die slordigheid van 'n Slauerhoff’Ga naar eind13 in sy werk toon, die Nederlandse digter wat ook 'n traak-my-nieagtige ongeërgdheid ten opsigte van die afwerking van sy geskrifte geopenbaar het. 'n Mens moet egter versigtig wees en nie deur dié slordigheid mislei word nie, want Leipoldt kon terselfdertyd uiters gevoelig met taal en woorde omgaan. In 'n brief wat hy op 13 Augustus 1941 skryf, sê hy byvoorbeeld: ‘Die punt wat jy aanmerk het nie baie toeligting nodig nie. Waar ek stof in 'n storie of 'n insident sien wat later op 'n ander manier kan | |
[pagina 526]
| |
verbruik word, daar het ek daar geen beswaar teen om dit in te gerf nie.’ Afgesien van die volgorde van die woorde kan 'n mens in hierdie twee sinne vraagtekens plaas by die woorde ‘aanmerk’, ‘verbruik’ en die herhaalde ‘daar’, maar dan gebruik hy op 'n verrassende wyse die mooi ‘in te gerf’, wat uit die agrariese verlede van die Afrikaner kom. In 'n brief van 10 September 1929 skryf hy aan F.V. Engelenburg dat hy haas elke dag verse skryf maar hulle in die aand dan weer ‘snippermand’, 'n neologisme wat van 'n buitengewone taalgevoeligheid getuig. In die lig van die dikwels slordige afwerking van sy tekste en die ongelyke gehalte van sy geskrifte is dit verbasend dat Leipoldt by tye met fyn insig oor die literatuur kon skryf en dikwels juis kon oordeel. Resensies oor nuwe letterkundige werke lewer hy sedert 1925 uiters selde, maar van tyd tot tyd hou hy op uitnodiging voordragte of skryf hy stukke oor die literatuur wat van sy wye verwysingsveld en sy groot erudisie getuig. Hy wys onomwonde daarop dat die onkunde oor die literatuur van die Europese vasteland en die swak keuse vir voorgeskrewe werke op skool 'n remmende invloed op die literêre en kulturele ontwikkeling in Suid-Afrika het. Hy bepleit dan ook 'n ruim kulturele lewe wat bo partypolitiek en verdeeldheid uitgaan, 'n deeglike studie van die Nederlandse, Duitse en Franse literatuur, saam met vertalings om jonger talente die geleentheid te gee om te ontwikkel, en 'n onpartydig-onpersoonlike kritiek wat nie in kliekerigheid of 'n vertoon van welsprekendheid en geleerdheid verval nie. In sy reaksie op die konserwatisme van die Afrikaner is dit insiggewend dat hy reeds in 1935 - twintig jaar voordat dit as ‘'n Kadawer’ in die vertaling van Peter Blum in die Afrikaanse poësie bekend geword en tot 'n polemiek oor dekadensie in ons poësie gelei hetGa naar eind14 - Charles Baudelaire se ‘Une chargogne’ verdedig teen lesers wat dit as 'n ‘onbetaamlike verkragting van poësie beskou’.Ga naar eind15 Hy sien die gedig, wat 'n beskrywing gee van 'n stinkende lyk waarin die maaiers hulle reeds tuis gemaak het, ‘as 'n meesterstuk van ritme en assosiasie van gevoelswaardes met woorde wat aan daardie waardes hul volle krag en volmaaktheid verleen - iets...wat in die leser baie meer kan opwek as net maar die beeld van 'n aanstootlike, ontbindende lyk, met alles wat daaraan toebehoor’.Ga naar eind16 In 'n brief van 4 April 1933 aan Engelenburg sê hy dat hy ‘Une chargogne’ en ‘Litanies de Satan’, ook van Baudelaire, vertaal het, al weet hy by voorbaat dat niemand dit ooit sal druk nie. ‘Maar’, gaan hy voort, ‘ek dink die verse is wellustig mooi en daarom het dit my plesier gegee om hulle...te pro- | |
[pagina *33]
| |
50. As skoolmediese inspekteur saam met die direkteur en die inspektorale personeel van die Transvaalse Onderwysdepartement. Leipoldt staan in die middelste ry tweede van regs.
51. Suster F.A. Hassall, Leipoldt se verpleegster tydens sy jare as skooldokter.
| |
[pagina *34]
| |
52. Dr. Anne Cleaver, Leipoldt se kollega, by die Johannesburgse Skoolkliniek, besig met 'n ondersoek.
53. Dikwels moes Leipoldt tydens sy skoolbesoeke in die Bosveld op feitlik onbegaanbare paaie reis en by tye, soos hier, moes 'n span osse sy motor deur 'n vol rivier trek.
54. 'n Skoolvakansiekamp.
| |
[pagina *35]
| |
55. Enkele van Leipoldt se mediese publikasies. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
56. Manuskrip van ‘Die aakligste’, een van die sonnette in Uit drie wêrelddele.
| |
[pagina *36]
| |
57. Stephanie Faure as Martha van die Markpleinhoek in Die laaste aand.
58. Redaksie van De Volkstem. Leipoldt verskyn op die inlas in die middel.
| |
[pagina *37]
| |
59. Summerton House in Grey's Pass aan die bo-ent van Koningin Victoriastraat waar Leipoldt by sy aankoms in Kaapstad in 1925 aanvanklik loseer. (Foto: Martiens van Bart.)
60. Somerset Hospitaal in Portswoodweg naby die hawe waar Leipoldt sy klasse as dosent in pediatrie by die Universiteit van Kaapstad aangebied het. (Foto: Malcolm Bates.)
| |
[pagina *38]
| |
61. 'n Bladsy uit een van die aantekeningboeke waarin Leipoldt besonderhede oor sy pasiënte opgeskryf het.
| |
[pagina *39]
| |
62. As redakteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif in Mediese Huis in Waalstraat, Kaapstad.
63. Dr. P. le Fras Nortier, Leipoldt se groot vriend en geesgenoot op Clanwilliam. (Foto: Mev. Nestie Mouton.)
| |
[pagina *40]
| |
64. Enkele van Leipoldt se publikasies in die dertiger- en veertigerjare. (Foto: Universiteit van Stellenbosch.)
65. Tydens Leipoldt se skooltoer na Engeland in 1928. Leipoldt staan agter regs. (Foto: NELM.)
| |
[pagina *41]
| |
66. Arbury, Leipoldt se huis in Kenilworth, Kaapstad.
67. Jeff Leipoldt, die Britse seun wat Leipoldt wettig aanneem en wat ook sy naam dra. Hier is hy ongeveer nege jaar oud
68. Peter Shields, wat ook in Arbury deur Leipoldt grootgemaak is en later kopiereghouer van sy pleegvader se geskrifte word. Ná sy skoolloopbaan het hy aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en as mediese dokter gekwalifiseer.
| |
[pagina *42]
| |
69. Leipoldt as snoekerspeler in Arbury.
70. Besig om te botaniseer.
71. Saam met Tito in die kombuis.
| |
[pagina *43]
| |
72. Met sy motor.
73. Voor die tikmasjien.
74. Voor Arbury.
| |
[pagina *44]
| |
75. In sy studeerkamer.
76. Leipoldt ongeveer sestig jaar oud.
| |
[pagina *45]
| |
77. Manuskrip van ‘'n Handvol gruis uit die Hantam’, een van die verse in Uit drie wêrelddele.
| |
[pagina *46]
| |
78. ‘Pelicans on Rondevlei’, 'n gedig van Leipoldt uit die dertigerjare wat in sierskrif op 'n lampskerm oorgeskryf is. Dit word in die museum op Clanwilliam bewaar. (Foto: Sheila Wallis.)
79. Leipoldt saam met sy tydgenoot Jan F.E. Celliers. (Foto: NELM.)
80. Ochterlony, huis van dr. Bobby Forsyth waar Leipoldt ná die verkoop van Arbury ingewoon het. (Foto: Martiens van Bart.)
| |
[pagina *47]
| |
81. Jeff Leipoldt en Grace Bradford op hul huweliksdag.
82. Charlton, Seepunt, huis van mev. Dorothy O'Connor, waar Leipoldt die laaste ongeveer twee jaar van sy lewe inwoon. (Foto: Martiens van Bart.)
| |
[pagina *48]
| |
83. Leipoldt se graf in die Pakhuispas naby Clanwilliam. Sy vriend dr. Nortier het die skulpagtige bakkrans, omring deur struike, as laaste rusplek uitgesoek - ‘'n skuilte op die veld/...,/Verweer deur wind en tyd se kras geweld’. (Foto: Sheila Wallis.)
| |
[pagina 527]
| |
beer verafrikaans.’Ga naar eind17 Hoewel Engelenburg Baudelaire wesentlik onvertaalbaar vind, haal hy in 'n brief van 7 April 1933 sy hoed af vir wat hy Leipoldt se ‘geniale’ poging noem. Met so 'n ruim geestelike ingesteldheid is dit dan ook nie verbasend nie dat Leipoldt in stukke soos ‘Ons letterkunde’ en ‘Gebreke van ons letterkunde’ die agterstand in Afrikaans, soos hy dit sien, onomwonde aandui. Teen die wetlike verpligting om 'n kind in sy moedertaal te laat onderrig en die gedagte dat 'n Afrikaanstalige kind beter in 'n Afrikaans-mediumskool sal vorder, verset die poliglottiese Leipoldt hom. ‘Dit is hoegenaamd geen algemene erkende waarheid’, skryf hy op 5 Junie 1926 in De Volkstem, ‘dat 'n kind, wat in sy huistaal, en in sy huistaal alleen, onderwys word, beter vordering maak as 'n kind, wat twee of méér tale leer nie.’ Hy spreek hom ook uit teen staatsensuur wat morele kodes vir die leser wil voorskryf, laat hom uit oor die taak van die kritikus en verken 'n verskynsel soos paranoia in die kuns. En in 'n vyftal artikels skryf Leipoldt onderhoudend oor eie agtergronde, sy eerste werk wat in druk verskyn het en die boeke wat hom beïnvloed het. Hierdie stukke word saam met sy besinnings oor die literatuur, sensuur en paranoia in 1990 in Literêre causerie opgeneem. | |
IIWanneer Leipoldt hom in 1925 in Kaapstad vestig, het hy reeds vier van die nege stukke wat hy in 1927 in Waar spoke speel, sy eerste versameling kortverhale, sou bundel, in Die Huisgenoot gepubliseer. In die loop van 1926 verskyn nog vier verhale in dieselfde tydskrif. Van 1927 tot 1929 skryf hy vir Die Huisgenoot die negetal verhale wat hy in 1930 in Wat agter lê en ander verhale opneem, terwyl hy die agttal in Die rooi rotte en ander kort verhale van 1932 van Augustus 1929 tot September 1931 vir die tydskrif lewer. Afgesien van hierdie stukke is daar 'n twintigtal of meer ongebundelde verhale van Leipoldt wat in Die Huisgenoot en ander tydskrifte en koerante verspreid lê. In die besit van Tafelberg-uitgewers is die ongepubliseerde manuskrip Satieriese sprokies wat Leipoldt self versorg het. Hieruit het Hennie Aucamp ‘Die boomstam’ in sy Afrika-bloemlesing Wys my waar is Timboektoe (1997) opgeneem. Uit Leipoldt se verhale stel A.P. Grové in 1980 die bloemlesing O'Callaghan se waatlemoen en ander verhaleGa naar eind18 saam. 'n Aanmerklike deel van die verhale wat Leipoldt in hierdie jare bun- | |
[pagina 528]
| |
del, sluit aan by die tradisie van die spookverhaal wat, Langenhoven en Reenen J. van Reenen voor hom beoefen. Waar spoke speel, 'n titel wat deur Johannes Smith voorgestel en ‘met geesdrif en dankbaarheid’Ga naar eind19 deur Leipoldt aanvaar is, begin met 'n lang inleiding waarin Leipoldt die verskynsel van angs sielkundig ontleed, ‘die kuns om bang te maak’ in die wêreldletterkunde nagaan en kortliks by sy eie opvattinge oor die spookstorie stilstaan, al gee Leipoldt geen historiese inleiding nie. ‘Die kiem van die spookstorie’, skryf hy in 'n gedeelte wat ook sy eie verhale tipeer, ‘is...in dié volkslegendes waarin die bonatuurlike en die verbeelding so inmekaargevleg word dat dit as 'n selfstandige tiepe van 'n nuwe iets kan beskou word.’Ga naar eind20 Vir hom moet dié soort verhaal nie in 'n episodiese opeenvolging van gruwelikhede ontaard nie, maar eerder fokus op 'n gebeurtenis waarvan die logiese verklaring die leser bly ontwyk. Juis daarom word die leser by die hele avontuur betrek. ‘Die skrywer’, so stel Leipoldt dit, ‘moet...tot 'n sekere mate op die verbeeldings- en inbeeldingskrag van sy leser reken.’Ga naar eind21 Die aksent val dus op die vreemdsoortigheid van die ervaring, 'n aspek waarop hy in die voorwoord by Wat agter lê en ander verhale terugkom. Die verhale in dié bundel, sê hy, ‘is pogings om belangstelling te wek in ons verhouding tot verwikkelings wat ongewoon is en soms onverklaarbaar lyk. Dit is nie die verwikkelings self wat ons belangstelling so veel hoef te prikkel nie as die manier waarop persone daarop reageer. Dis die reaksie, die subjektiewe indruk wat iets ongewoons en onverklaarbaars op die persone maak, wat die moeite werd is om te beskryf en te bestudeer.’Ga naar eind22 Elke verhaal van dié aard in die bundel gee daarom ‘die ontpluising van 'n ingewikkelde knoop’,Ga naar eind23 en iets ‘moet oorgelaat word aan die verbeelding en die uitleggingsvermoë van die leser self’.Ga naar eind24 Hoewel Leipoldt se teorie en praktyk nie altyd met mekaar klop nie, blyk dit reeds duidelik uit die nege verhale in Waar spoke speel dat hy voorkeur gee aan abnormale karakters wat psigoanalities beskou word. Die bonatuurlike neem 'n baie groot plek by hom in, in so 'n mate dat 'n logiese verklaring heeltemal ontbreek, selfs waar Leipoldt breedvoerige wetenskaplike verklarings byvoeg. Die wit angeliere wat die regter in die eerste verhaal by hom in die hof gehad het, keer byvoorbeeld terug as hy vyf jaar later in 'n hotelkamer op dieselfde dorp slaap en weer angeliere ruik, iets wat hom laat voel of hy tereggestel word en wat hom in 'n floute laat val. Wanneer hy bykom, het die rooi rose in sy hotelkamer werklik rooi angeliere geword. Op dieselfde wyse word die seun wat sy vader in | |
[pagina 529]
| |
‘Karbolsuur’ van 'n kankerlyding verlos, in so 'n mate obsessioneel deur sy aandeel aan die dood gekwel dat hy self karbolsuur drink, al kan hulle ná sy dood nie 'n leë flessie naby hom vind nie. Anders as Langenhoven, wat met 'n dramatiese opbou 'n spanningslyn in sy spookverhale handhaaf, spits Leipoldt hom dus toe op die onverklaarbare en suggereer hy hoogstens iets van die bonatuurlike. Dit is byvoorbeeld die geval in ‘Die transportryer se storie’, waar sekere besonderhede in die transportyer se verhaal die moontlikheid wek dat die kinders wat hy ontmoet het, uit 'n ander era kom, nuwerwetse dinge nie ken nie en moontlik deel was van die groep mense wat dertig jaar tevore op dieselfde plek deur die Zoeloes vermoor is. Opvallend hier is ook dat Leipoldt ons nie, soos Langenhoven, midde-in die spannende gebeure plaas nie, maar die verhaal ná afloop rustig deur 'n betreklike buitestander, dikwels met allerlei verklarings en uitweidings, laat vertel. Dit maak baie van die stukke te wydlopig, omdat Leipoldt se neiging om inligting te verstrek, telkens die verhaalgang onderbreek, ook waar hy soms met onnodige liriese uitweidings die verloop van die gebeure vertraag. Heel dikwels korrespondeer inset en klimaks ook nie met mekaar nie en bly die opset fragmentaries. ‘Die gat in die kamer’ werk met die naswewende beeld van Leipoldt se eie siekte toe hy as kind sinkingskoors gekry het en sy hartspier aangetas is, maar teenoor die mooi uitbeelding van die kind se angs is die verklarende afloop aan die einde minder oortuigend. Die beste verhale in dié bundel is die meesleurende vertelling oor die wraak van 'n dier in ‘Die wit hondjie’ en ‘O'Callaghan se waatlemoen’ met sy mooi humor en hegte konstruksie, tot aan die slot waar die gestorwene sy mussie vir sy vriend nalaat. Opvallend dat Leipoldt juis met ‘O'Callaghan se waatlemoen’, soos hy dit self stel, baie ‘sonde en ergernis’Ga naar eind25 gehad het: ‘Ek het dae lank daaraan gewerk om dit reg te kry, en dit nogal in die Laeveld toe ek druk besig was met my skoolwerk.’Ga naar eind26 Die titelverhaal in Wat agter lê en ander verhale, 'n bundel wat Leipoldt aan sy vriend F.V. Engelenburg opdra, klink met sy refreinmatige herhalings, berekende omslagtigheid en uitsteltegniek soos 'n dramatiese monoloog. Die geheel raak egter net-net te wydlopig, al kry 'n mens aan die einde van die verhaal met die verteller as die gekwelde 'n mooi omdop van die situasie. Wanneer Leipoldt dié verhaal op 1 Februarie 1928 in een sitting voltooi, teken hy in sy dagboekie aan: ‘my best ghost yarn so far’. Dikwels word sy verhale in dié bundel, ten spyte van die aangename geselsstyl, swaartillend en word Leipoldt die skrywer deur die belese wetenskaplike | |
[pagina 530]
| |
oorwoeker, soos in ‘Bemoeisug’, waarin die probleem van die hiernamaals aan die hand van Arthur Conan Doyle, Oliver Lodge, die Boeddhistiese Bardo-thokol, die swartkuns en die metamorfologie gestel word, 'n verhaal wat te uitgerek is en waarin die hoofdis, die gesprek, vervelend raak. Telkens is dit by Leipoldt 'n prokureur of dokter, soos in ‘Jorsie’, wat inligting verskaf en tot die diepsinnige gesprekke aanleiding gee. Afgesien daarvan dat die meeste stukke in dié bundel te lank en te wydlopig raak, word die afwesigheid van enige logiese verklaring vir 'n geheimsinnige gebeurtenis 'n patroon waarmee die leser, veral as die lang uitweidings oor onderdele vervelend werk, later geen raad weet nie. Wat 'n mens egter telkens tref, is Leipoldt se insig en kennis van die menslike persoonlikheid en sy merkwaardige waarnemingsvermoë. In ‘Die swemgat’ is daar iets sensueels en selfs homoëroties in sy beskrywing van die seun wanneer hy uit die water kom: ‘Die water het van sy slanke lyf afgedrup, en met elke beweging wat hy gemaak het, vry en ongestoord, het die sterrelig op sy wit gelykheid van vel geglinster. 'n Pragtige, mooi figuur, soos 'n marmerstandbeeld van een van die ou Griekse beeldhouers, het hy daar gelyk...'n gewone plaasseun, verheerlik deur die skemer en die water tot iets wonderlik skoons.’Ga naar eind27 Hoewel ‘Die vlermuis’ met die ou gegewe werk van mense wat om 'n boedel meeding en in dié proses bereid is om 'n testament te vervals, sorg die verteller se salwende, gewaande Christelikheid, terwyl sy en sy vrou se oneerlikheid en afguns ten hemele skrei, vir 'n ironiese ondertoon in die verhaal. Op dié wyse ontstaan hier, soos 'n mens dikwels in die dramatiese monoloog aantref, 'n diskrepansie tussen wat die verteller sê en wat in werklikheid gebeur, en word die verteller geleidelik afgetakel totdat hy in waansin eindig, gekwel deur die vlermuis wat hom folter. Ongelukkig bederf Leipoldt die verhaal op 'n jammerlike wyse deurdat hy aan die slot 'n ander spreker aan die woord stel om die afloop te vertel en die gedrag van die hoofpersoon in die juiste perspektief te plaas. Ook in die bundel Die rooi rotte en ander kort verhale laat Leipoldt hom verlei deur liriese uitweidings (soos in ‘Renosterbosas’) en ontkom sy verhale nie aan die verstandelike opset nie. In ‘Die graskolletjie’ vind ons die eerste neerslag van sy belangstelling in die negentiende-eeuse Swanepoel-moordgeskiedenis waaroor hy later in The Cape Argus 'n feitelike artikel sou skryf en wat die boustof van sy roman Die dwergvroutjie sou vorm. In ‘Kattekruie’ verwerk hy die Van der Merwe-moord van die Hantam, 'n stuk geskiedenis waarop Karel Schoeman later in Die moord op Hesje van der | |
[pagina 531]
| |
Merwe (1995) sou terugkom. Die beste in hierdie bundel vaar Leipoldt met twee vertellings wat nie spookverhale is nie. In ‘Oorblyfsels’ slaag hy daarin om die mentaliteit van die bruin man verrassend weer te gee. En in die uitstekende, geestige ‘Die koei van die weduwee Priem’, wat afspeel op 'n dorp - met sy twee kerke duidelik as Clanwilliam herkenbaar - loop die gebeure mooi op tot die slot. Ná al haar rusies met die predikant oor die koei wat met haar gebulk die erediens ontwrig, bring die weduwee vir hom as soenoffer 'n kommetjie sult, die oorblyfsels van die koei! Wanneer hy dié verhaal op 7 Augustus 1929 voltooi, teken Leipoldt in sy sakdagboekie aan: ‘Completed Wed. Priem, my first “funny” story I've tried in Afrikaans. Not satisfactory.’ 'n Mens is verbaas oor so 'n uitspraak, want ‘Die koei van die weduwee Priem’ is een van Leipoldt se allerbeste verhale. | |
IIIDie rooi rotte word opgedra aan mnr. en mev. H. Jack van Yeoville, wat aan Leipoldt tydens sy termyn as mediese skoolinspekteur in Transvaal groot hulp verleen het by die organisasie van die skoolreise en die naweekkampe waarop hy van die seuns geneem het. Tydens dié kampe was dit Leipoldt se gewoonte om saans verhale te vertel, en baie van die verhale in sy drie bundels was oorspronklik stories wat hy ná die aandete in die kamp, terwyl die vuur heerlik brand, vertel het. Die titel Kampstories, die versameling wat hy in 1923 gepubliseer het terwyl hy nog in Transvaal gewoon het, wek dus verkeerdelik die indruk dat alleen dié verhale tydens die naweekuitstappies vertel is. Met die jare skryf Leipoldt 'n groot aantal verhale en vertellings in tydskrifte soos Die Huisgenoot wat spesifiek op die kind gerig is. Die meeste van dié stukke is nog nie in boekvorm versamel nie. Wat wél ná sy vestiging in Kaapstad in boekvorm verskyn het, was twee bundels As die natuur gesels (1928 en 1931), Die wonderlike klok (1931), Die mossie wat wou ryk word (1931), Paddastories vir die peetkind (1934) en Die goue eier (1937). Met die medewerking van P.C. Schoonees en J.J. Jordaan stel hy die reeks Juta se Afrikaanse leesboeke vir die laerskool (vanaf 1929) saam. In die leesboek vir standerd III neem Leipoldt ‘Pierewiet se Kersaand’ op, wat hy reeds in 1927 in De Volkstem gepubliseer het, terwyl ‘Die weeskindjie wat 'n moeder wou hê’ uit Die Brandwag van 1914 in die boek vir standerd IV verskyn. In die leesboek | |
[pagina 532]
| |
vir standerd VI neem hy drie stukke op: ‘Die storie van Saïdjah’, sy verwerkte vertaling van die bekende verhaal uit Multatuli se Max Havelaar; ‘Die pêrel-admiraal van Portugal’, oor die geskiedenis van Vasco da Gama, wat belangrike agtergrondinligting oor 'n sleutelpassasie in sy ‘Voorspel vir 'n Afrikaanse heldedig’ in Uit drie wêrelddele verskaf; en ‘Met 'n botanis na die Kalahari’ oor sy reis as kind saam met Rudolf Schlechter. In As die natuur gesels I, wat oorspronklik in die tweede helfte van 1925 in Die Huisgenoot verskyn, bundel Leipoldt 'n sestal natuursketse waarin verskillende plante, diere en natuurdinge (soos die lemoenboord, die appelboom, die kremetartboom, die perd, die rots in die see en die perdeby) gesprekke oor hul eie wese, funksie en bestemming voer. Soms word hierdie wesens topografies in die Transvaalse Bosveld of Laeveld geplaas, soms, soos in ‘Die rots by die see’, in die Kaapse Skiereiland. Soos in die reeks ‘Fantasieë’ in die tweede deel van Langenhoven se Ons weg deur die wêreld is hier sprekers aan die woord wat, met 'n besondere soort personifiëring en animisme, oor hul eie aard en wese mymer, al is dit Leipoldt se doel om met die sketse kennis van die natuur aan sy jong lesers oor te dra. Opvallend in ‘Die rots in die see’ is die wyse waarop hy hier 'n Boeddhistiese kerngedagte aanvoor, naamlik dat ware liefde alles gee wat hy het sonder om enige weerliefde as beloning te verwag.Ga naar eind28 Dit is 'n kerngedagte wat ons ook in sy poësie en in 'n roman soos Die donker huis by herhaling aantref. In As die natuur gesels II, wat hy aan sy ‘Kampseuns’ opdra, bundel Leipoldt 'n elftal kinderstories wat hy ook tydens sy uitstappies saans om die vuur vertel het. Met die seun Jantjie, wat deurlopend optree en op dié wyse die afsonderlike stukke met mekaar laat skakel, handel die verhale almal oor diere wat met die seun of onderling kan gesels. Ook hier was dit Leipoldt se doel om, soos hy dit in die inleiding stel, ‘die belangstelling van ons kleingoed te probeer opwek vir wat in die Natuur rondom hulle omgaan’. Agter die versluierings in albei dié boeke is dus Leipoldt die didaktikus, self in sy jong dae 'n kind van die natuur, aan die woord om kennis van die wonderlike wêreld om hulle aan die jeug oor te dra. In baie stukke wat hy in hierdie jare vir Die Huisgenoot skryf, wei hy uit oor plantsoorte of skryf hy oor allerlei onderwerpe wat vir kinders en volwassenes van dié tyd hoogs wetenswaardig moes gewees het. 'n Verhaal wat hy reeds in Januarie 1920 in Die Huisgenoot publiseer, verskyn in 1931 as 'n afsonderlike klein uitgawe onder die titel Die wonderlike klok. Dit word in die tydskrif aangekondig as ‘'n ou verhaal opnuut vertel’ oor 'n klokmaker wat ná jare na sy meesterstuk terugkeer en die volle | |
[pagina 533]
| |
gruwelike relaas van sy verminking vertel. In sy sakdagboekie verwys Leipoldt na hierdie verhaal as ‘The wonderful clock of Danzig’ (vandag Gdansk in Pole). In dieselfde jaar verskyn Die mossie wat wou ryk word. Dit is 'n fraai verhaal oor 'n voëltjie wat van sy gesin weggaan in die waan dat hy by ander voëls lekkerder sou lewe en welgesteld sou word, maar te laat agterkom dit is beter om by jou eie soort te hou en die gevare van die wêreld te vermy. Die hoogtepunt van Leipoldt se kinderboeke is Paddastories vir die peetkind, 'n sestal verhale wat hy aan sy peetkind André Stephen Botha, seun van prof. M.C. Botha en vader van die kortverhaalskrywer met dieselfde naam, opdra. Die gerigtheid op die peetkind, wat telkens in die verhale regstreeks vaderlik-gemoedelik aangespreek word, is 'n belangrike bindingselement in dié stukke. Met dié herhaalde aansprekings kom daar telkens 'n stukkie didaktiek in die verhale, maar dit is 'n goedige soort pseudodidaktiek, wat nie primêr as lering funksioneer nie, wat help om die aandag van die kind te behou en wat iets van 'n fyn spel bevat. Die paddas wat in verskillende gedaantes hier naas fiktiewe dinge en diere soos die skommelskoon-ding, die issiegrimmiebonso en die gosems as sirkulerende karakters optree, sorg vir 'n sekere interafhanklikheid en sikliese eenheid in die boek. Telkens maak Leipoldt gebruik van bekende motiewe uit die sprokiesliteratuur, soos die op-reis-gaan om 'n stuk waarheid te ontdek en die oerpatroon van die verhaal van skilpad en hasie, die kleintjie wat die grote oorwin. Ook die beginsel van herhaling van 'n bepaalde toneel, telkens met variasies, vorm die primêre struktuur van meer as een verhaal. Met die behendige wyse waarop Leipoldt hier sekere gebruike en konstantes uit die wêreld van die mens op diere oorplaas, munt hy mooi nuwe seggings (‘Olifant praat nie somar uit sy snuit nie’) en bereik hy pragtige geestige effekte (soos die reisende padda wie se mammie hom biltong van brommers as padkos saamgee). Wat Pieter W. Grobbelaar in sy bloemlesing Die issiegrimmiebonso oor Leipoldt se kinderverhale oor die algemeen sê, geld in die besonder vir Paddastories vir die peetkind: ‘In sy beste werk is daar die ideale ewewig tussen verbeelding en werklikheid; met ander woorde die verhaal bly getrou aan die werklikheid van die verbeeldingswêreld wat daarin opgeroep word, en verval nie in 'n aaneenstrengeling van vreemde karakters en gebeurtenisse en toevallighede soos so dikwels by mindere skrywers gebeur nie. Daar straal 'n bekoorlike speelsheid, 'n aansteeklike lewensdrif uit hierdie verhale, met erns by die luim en luim om die erns te temper; daar is die pret-van-liggies-die-spot-dryf en die | |
[pagina 534]
| |
lekkerte-van-'n-bietjie-grillerige-bangmaak; daar is 'n direktheid van aanbieding asof die verteller sommer hier langs jou sit en jy na sy stem self luister. En dit alles word aangebied in 'n taal met 'n sterk maar ingehoue ritmiese inslag waarin op treffende wyse van teenstellings en herhalings gebruik gemaak word.’Ga naar eind29 Ook uit Die goue eier (1937) blyk Leipoldt se kennis van die natuur uit die wyse waarop hy Piet, die magistraat se seuntjie, met voëls en bye en insekte laat gesels. Soos van ouds in die literatuur waarin diere optree, word in sommige karakters in dié verhaal met Suid-Afrikaanse politici gespot en word die geheel 'n fyn satire. 'n Probleem is egter dat die leser reeds vroeg in die verhaal vermoed dat die goue eier van die titel in werklikheid die horlosie van meneer Geer is wat deur Hamerkop gesteel is, met die gevolg dat die eindtoneel, waarin dié diefstal openbaar gemaak word, as geen verrassing kom nie. Met dié verhaaltjie laat Leipoldt ons egter, nog vóór George Orwell se 1984, iets van die genot van die politieke satire proe. | |
IVHoewel Leipoldt in Kaapstad gou goed met sommige lede van die Nasionale Pers bekend geraak het, was sy vriendekring hoofsaaklik beperk tot Engelstaliges soos Lulu en Frank Bolus, Helen Burton en die tweetalige Hendrik en Dot van Zyl, wie se seuns Helm en Paul gereeld naweke by hom kom kuier het. Tog leer hy in hierdie jare prof. M.C. Botha van die Universiteit van Kaapstad ken en het hy deel aan 'n geselskap wat van tyd tot tyd bymekaarkom om aktuele onderwerpe te bespreek.Ga naar eind30 Onder Afrikaanse skrywers is hy met I.D. du Plessis bevriend en in latere jare leer hy ook, deur bemiddeling van Markus Viljoen, D.J. Opperman en Elsa Joubert ken, wat in 1946 in die redaksie van Die Huisgenoot aangestel word. Dikwels het Leipoldt besoek gaan aflê by die redaksiekantore van Die Huisgenoot in Keeromstraat. Die teedrinkery op 3 Januarie 1946, die eerste oggend toe sy en Opperman as nuwelinge saam by die tydskrif begin het, kon Elsa Joubert jare later in haar reisverhaal Gordel van smarag nog helder oproep: Opperman was vriendelik, Markus Viljoen besonder vriendelik, en toe, toe weet ek ek is op die berg Olimpus, want daar is 'n klop aan die deur en dit gaan oop. 'n Man in 'n bruin pak staan daar, half voor- | |
[pagina 535]
| |
oorgebuig asof hy iets wil afhandel en weer wil loop. En hy steek sy hand uit en sit 'n kardoes op Viljoen se lessenaar neer. Ek onthou die vetkolle het op die papier deurgeslaan. ‘Net 'n paar botterbroodjies vir julle vir tee gebring. Dis pas uit die oond.’ Leipoldt. Ek was versteen. ‘En 'n aflewering vir Kelder en Kombuis.’ Hy haal 'n paar vierdubbelgevoude papiere uit 'n binnesak, sit dit ook op die lessenaar neer. Ek dink nie hy wou met ons saam tee drink nie; ons is voorgestel aan hom en hy het kop geknik na ons kant toe, die stoel afgewys wat Markus ingedra het. Verbeel ek my dit, of het hy werklik gebrom toe hy by my verbyloop: ‘Nou, ek hoop dit gaan goed.’Ga naar eind31 Maar ook met sy noordelike vriende hou hy kontak. Wanneer die skrywer J. Lub sterf, skryf Leipoldt in De Volkstem van 3 Junie 1926 met waardering oor hoe hy dié skrywer, wie se prosasketse deels in Nederlands geskryf is, tydens sy besoeke as skooldokter leer ken en hoe Lub hom in sy ywer vir Nederlands op Transvaalse skole bygestaan het. Met A.G. Visser, wat Leipoldt se afkeer van die ‘kerklike seksie’ deel en moeite ondervind om sy geestig-kritiese verse oor die heiligdomme van die Afrikaner gepubliseer te kry, korrespondeer hy in hierdie jare. By Visser se dood verskyn van Leipoldt 'n roulied in Die Huisgenoot van 21 Junie 1929. Ook Jan F.E. Celliers, vir wie hy reeds in Pretoria leer ken het maar wat in die dertigerjare in Kaapstad woon, sien hy van tyd tot tyd. Wanneer Celliers sterf, skryf hy 'n sonnet wat later in Geseënde skaduweesGa naar eind32 opgeneem word. Die drukste korrespondensie in hierdie jare voer Leipoldt egter met sy ou Pretoriase vriend F.V. Engelenburg. In 'n brief van 2 April 1928 reageer hy op Engelenburg se biografie oor Louis Botha, 'n boek wat hy hoog waardeer. In 'n verdere brief van 10 Mei 1928 het hy wel beswaar teen die ‘kort, staccato styl’, maar hy meen daar is geen lewenskets in Afrikaans wat in die verste verte daarmee vergelyk kan word nie, al dink hy tog Engelenburg waardeer Botha se kulturele ontwikkeling te min. Hy onderneem om iets oor dié boek in The Cape Times te skryf. In 'n brief van 29 Mei 1928 vaar hy uit teen die arrogante chauvinisme wat niks anders as goed in die Afrikaner wil sien nie. Sy belangrikste beswaar is teen die engheid en die gebrek aan 'n breë kulturele uitsig by die Afrikaners. Hy kla meermale, ook teenoor ander korrespondente, dat dit onmoontlik is om met vrymoedigheid in Afrikaans te skryf. Dat Leipoldt sterk oor hierdie aangeleentheid voel, blyk in hierdie jare by herhaling uit sy sakdagboekies en die wyse waarop hy in die voorwoor- | |
[pagina 536]
| |
de tot sy publikasies te kenne gee dat dit weens die onrypheid van die Afrikaanse publiek nie moontlik is om oor sekere sake in Afrikaans te skryf nie. Op 8 Februarie 1928 sê hy in 'n aantekening in sy sakdagboekie dat hy begin het met die verhaal van Cornelis Gram, wat die hoofgereg van sy eerste roman, Die donker huis (1931), sou word. In hierdie stadium, so teken hy aan, het hy ‘no definite plot or title yet but am getting interested in the development’. Op 22 Maart trek hy by hoofstukke 9 en 10, op 11 April skryf hy aan die laaste drie hoofstukke en op 12 April maak hy Die donker huis klaar, al is dit ‘much too sentimental for my taste’ en ‘not to my satisfaction’. Dit is 'n uitspraak wat in sterk kontras staan met wat hy later sou beweer. Wanneer hy op 2 Februarie 1931 die proewe van die boek klaar gelees het, teken hy in sy dagboekie aan: ‘a real good bit of work’. Met Die donker huis wil Leipoldt illustreer hoe die geluk van 'n jong seun deur die liefdelose optrede van 'n streng vader vernietig kan word. Daarmee sit hy 'n motief voort wat hy reeds in ‘Die torre’ aangevoor het, 'n kortverhaal wat hy in Die Huisgenoot van 2 Desember 1927, publiseer en later in Wat agter lê opgeneem het.Ga naar eind33 Daarnaas verneem 'n mens op die periferie ook van die groot gebeure van die tyd, soos die partypolitieke twiste tussen Sap en Nat, die ‘Groot Oorlog’ en die Groot Griep. Daaruit kan 'n mens aflei dat die verhaal omstreeks 1907 'n aanvang neem en sy krisis, met die siekte van Pieter, in 1918 bereik. In die ongevoelige en feitlik onmenslike optrede van die suksesvolle prokureur en sakeman Cornelis Gram sal die ingeligte leser iets van Leipoldt se moeder herken, terwyl die naswewende beeld van Ka Bergh, wat in Leipoldt se kinderjare by die pastorie op Clanwilliam ingewoon het, in die huishoudster mej. Smith terug te vind is. Wanneer daar gepraat word van mej. Smith se ‘egte en hartelike belangstelling’ in die seun en van die wyse waarop hy hom kleintyd met die aanmekaarryg van voëleiers en die versorging van 'n klomp wit rotte besig hou,Ga naar eind34 dink 'n mens aan Leipoldt se eie kinderjare, terwyl van die boeke (Treasure island) en tydskrifte (The Boys' Own Paper) wat Piet lees, ook in die pastorie op Clanwilliam was.Ga naar eind35 In sy sakdagboekie teken Leipoldt egter aan dat die roman ook 'n ‘reflection’ bevat ‘of my own relationship to Peter’, die Schrooder-seun wat in hierdie jare by hom inwoon en vir hom baie probleme besorg. In Cornelis, die man wat boeke oor geneeskunde en babas aanskaf en wat baie kennisse vir brug en tennis oornooi, herken die ingeligte leser eweneens iets van Leipoldt se lewenstyl in hierdie jare. Ook in die praktiserende arts dr. Satoris en sy onkunde wat rekenkunde betref, bespeur 'n mens iets van die Leipoldt wat as gevolg van sy wis- | |
[pagina 537]
| |
kundige onvermoë hom nie vir die hoër mediese graad in Londen kon inskryf nie. En die aweregse Leipoldt met sy stroomop-gedagtes is pens en pootjies in die roman aanwesig as hy prokureurs en politici dom mense noem,Ga naar eind36 as hy praat van die ‘verspotte’ kadetdrag waarin die seuns ‘onder 'n brandende son’ moet oefen om die ‘militêre hartstogtelikheid’Ga naar eind37 van die prinsipaal te bevredig, en as hy verwys na die ‘gekleurde water’ wat die kinders by die verversingswinkeltjie koop in plaas van ‘gesonde wyn of ligte bier’,Ga naar eind38 wat vir hulle gesondheid veel beter sou wees! 'n Mens wonder of hierdie laaste opmerking nie die rede was waarom Die donker huis net een druk beleef het en nooit op skool voorgeskryf is nie. Dat Leipoldt met Cornelis Gram en sy swak verhouding met Piet vir die Afrikaanse leser van hierdie jare op 'n gewaagde terrein beweeg, word reeds uit die opdrag en voorwoord duidelik. Die boek word opgedra aan dr. H.G. Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot wat, volgens Leipoldt, ‘dit gewaag het om Piet aan die publiek voor te stel’.Ga naar eind39 In die voorwoord sê hy dat hy met die skryf van ‘Piet se geskiedenis’ verkies het om sekere ‘faktore wat so 'n ouerlike verwaarlosing in die hand werk’, te vermy. ‘Die kundige leser’, gaan hy voort in 'n passasie waarin hy sy selfsensurering regverdig, ‘sal maklik die leemtes wat daar in beskrywing en gevolgtrekkings voorkom, kan aanvul, en ek laat dit aan hom oor om my gebreke, wat hierdie punte betref, te vergoed.’Ga naar eind40 Wat is hierdie ‘leemtes’ wat Leipoldt in sy verhaal nie durf uitsê nie? Ten grondslag aan Cornelis se wreedheid, so sê die verteller in hoofstuk V in 'n gedeelte wat feitlik eksplisiet didakties is, lê 'n liefde wat hy, in teenstelling tot sy moeder, by wie dit gesublimeer was, moes onderdruk. Dat die wyse waarop hierdie liefde tot uiting wou kom, iets ongeoorloofs was, blyk duidelik uit wat die verteller hierop laat volg: ‘jy sublimeer iets wat jy wil veredel, en jy onderdruk iets waarvoor jy skaam of sku is’.Ga naar eind41 Binne die konteks waarin Leipoldt hier skryf, kan die onderdrukking van ‘iets waarvoor jy skaam of sku is’, niks anders beteken as 'n drang van die vader tot 'n homoseksuele - of dan ten minste 'n homoërotiese - verhouding met die seun nie. By meer as een geleentheid sien hy dan ook die ‘aangename sierlikheid’Ga naar eind42 in die seun se liggaam raak en merk hy in die kind se gelaatstrekke ‘iets vrouelik sags’.Ga naar eind43 By Cornelis Gram lei hierdie ongeoorloofde liefde tot 'n onderdrukking. So 'n drang kan egter ook, volgens wat Leipoldt elders by herhaling sê, by wyse van skeppingswerk of naastediens gesublimeer word. By alle mense, so antwoord hy op 'n navraag van M.P.O. Burgers, is daar 'n drang | |
[pagina 538]
| |
tot skepping. By die vrou vind dit meestal voldoening in die kind; by die man ‘is die geslagsakte net maar 'n surrogaat, en 'n tydelike een, vir dieselfde skeppingsdrang; hy moet hom bevredig met allerhande ander aktieviteite, en daardeur ontstaan ('n) kunswerk’.Ga naar eind44 Iets hiervan vind ons in Die donker huis. Wanneer sy vriend dr. Satoris met hom gesels oor hoe hy sy verhouding met Piet kan verbeter, daag daar by Cornelis die insig - een van die grondbeginsels van die Boeddhistiese sedeleerGa naar eind45 - dat hy sy kind as naaste moet sien en liefhê, sonder om enige weerliefde te verwag. ‘Cornelis’, so lui dit aan die einde van hoofstuk XX, ‘het begin voel dat daar 'n diep waarheid verskuil lê in die vermaning om so lief te hê dat jy geen begeerte meer voel nie - geen begeerte vir wederliefde nie, geen begeerte om jou vry-uitgestrooide liefde terug te kry in die weerkaatsing daarin van diegene wat jy liefhet nie.’Ga naar eind46 Vir die verdere verloop van die roman bepaal hierdie beginsel Cornelis se verhouding met Piet. Dit is ook 'n beginsel wat ons telkens in Leipoldt se poësie sal terugvind: van die groot dramatiese monoloog ‘Van Noodt se laaste aand’ in Uit drie wêrelddele tot sommige sonnette en die slampamperliedjie ‘Wys my die plek waar ons saam gestaan het’ in Skoonheidstroos. In Die donker huis behandel Leipoldt 'n problematiese menslike verhouding wat vir sy tyd iets heeltemal nuuts en gewaagds in die Afrikaanse literatuur was, selfs al word die presiese aard van die verhouding as gevolg van die skrywer se selfsensuur in belang van 'n onontwikkelde leespubliek - of is dit die skroom van die Victoriaan wat Leipoldt as kind van sy tyd ook wel deeglik was? - dan nie uitgesê nie. Dit sal trouens nie die enigste keer wees dat 'n roman van hom in die rigting van 'n gevallestudie beweeg nie. Vir sy volgende roman, Galgsalmander (1932) - waarmee hy op 16 April 1928, vier dae ná voltooiing van Die donker huis, begin - kies hy as agtergrond die jeugwêreld van Clanwilliam. Op 21 April teken hy in sy sakdagboekie aan dat dié roman hom meer as Die donker huis interesseer. Op 1 Mei skryf hy hoofstukke 3 en 4, op 6 Mei skryf hy hoofstuk 8 ‘and created Blikkies who is going to be a good character’. Wanneer hy op 11 Mei per trein na Pretoria reis, oordink hy die verloop van die roman ‘which gradually unfolds to something much bigger than thought first’. Op 22 Mei skryf hy hoofstuk 10 en teken hy aan: ‘Interested in development of plot whose result I do not see yet.’ Dat die verhaal uiteindelik só uitgebreid word dat dit in 'n verdere roman sal uitmond, blyk uit 'n aantekening op 13 Augustus: ‘Thought out the whole of Galgsalmander and another plot for a new book.’ | |
[pagina 539]
| |
Intussen is Leipoldt met 'n skooltoer per skip na Brittanje, waar hy die uitgewersfirma Hodder & Stoughton in Londen besoek en die moontlikheid van 'n toekomstige trilogie van romans in Engels met hulle bespreek, 'n eerste aanduiding dat hy in 'n internasionale mark vir sy skeppende werk begin belangstel het. Soos dikwels met Leipoldt gebeur wanneer hy aan 'n omvattende projek werk, is hy op 27 Desember, ná sy terugkeer in Suid-Afrika, behoorlik moeg van Galgsalmander. Onderliggend hieraan is sy onvergenoegdheid met Afrikaans en die behoudendheid van die mense van dié taal. ‘Everything considered’, skryf hy, ‘I am getting “fed up” with Afrikaans and Jaaps and hope next year to confine my attention to English’ - die eerste aanduiding dat hy Afrikaans te beperkend vind en verkieslik in Engels wil publiseer. Reeds in 'n brief van 29 Mei 1928 laat weet hy Engelenburg dat hy 'n roman vir Die Huisgenoot skryf. 'n Mens, gaan hy voort, ‘moet (egter) versigtig wees; een van my karakters is 'n Dominee wat waarskynlik deur die hedendaagse dominees - die stuk speel in anno 1850 daarso rond - uitgekraai sal word as 'n hekseketter omdat hy dans, kaartspeel, en dit nie sondig vind om 'n naakte liggaam te aanskou nie.’ Juis in hierdie tyd kry hy van die historikus Eric Walker die opdrag om vir die beplande Cambridge history of the British Empire 'n hoofstuk oor die Suid-Afrikaanse kultuur te skryf. Dit is 'n opdrag waaraan hy wrokkig in die volgende maande werk en wat hy ‘a damned nuisance’ vind, maar wat hom die geleentheid gee om heel wat navorsing te doen en baie geskrifte in Engels en Afrikaans te herlees. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die verdeling van die Suid-Afrikaanse literatuur in twee opponerende en kompeterende helftes wat met die taalverdeling saamval, vals en nie lewensvatbaar is nie. Met sy humane uitkyk en besondere holistiese kyk word hulle vir hom twee segmente van een geheel, 'n insig wat 'n belangrike rigtingwyser vir die verdere verloop van Galgsalmander sou wees. Teen die einde van November 1929 maak Leipoldt Galgsalmander klaar. Die roman verskyn as vervolgverhaal in Die Huisgenoot van 30 Augustus 1929 tot 3 Januarie 1930, sodat die aflewerings begin in 'n stadium toe die roman nog nie klaar was nie. In 'n brief aan Engelenburg sê hy weer hoe onmoontlik dit vir hom is om in Afrikaans uit te druk wat uitgedruk behoort te word en dat hy van 1930 af liewers in Engels wil skryf. Hy verwys nou na Galgsalmander as ‘'n roman a la Mann se Buddenbrooks ..., om die omwentelinge van twee Kaapse families te beskryf; die eerste gedeelte verskyn in die Huisgenoot, maar die verdere lotgevalle sal ek nie | |
[pagina 540]
| |
daarin kan laat druk nie - kerk en politisi sal aanstoot neem; dus gaan dit in Engels.’ Uit sy mededeling aan Engelenburg is dit duidelik dat hy Galgsalmander as 'n periode- of generasieroman in die trant van Mann se Buddenbrooks of The Forsyte saga van Galsworthy, met 'n verkenning van die geskiedenis en maatskaplike omstandighede van die tyd, uitwerk. In Galgsalmander kry ons 'n beeld van 'n kleindorpse samelewing in die Kaapkolonie omstreeks die middel van die negentiende eeu, duidelik herkenbaar as Clanwilliam by die samevloeiing van die Olifantsrivier en die Jandisselsrivier tussen die Sederberge aan die een kant en die Olifantsrivierberge aan die ander kant, al word die dorp net 'n enkele keer by die naam genoem. Die inwoners van die distrik was meestal afstammelinge van die ou burgerfamilies uit die Kaap, later aangevul deur 'n gedeelte van die Britse setlaars wat hulle daar kom vestig het.Ga naar eind47 In die loop van die roman is daar verwysings na die Britse goewerneurs van dié tyd, die viering van die verjaarsdag van koningin Victoria en die grootpad na die dorp wat oor die berg gebou is en waaraan die naam Greyspas ter ere van die goewerneur gegee is.Ga naar eind48 Leipoldt betrek ook die ou verhale en legendes van die streek nog voordat die dorp uitgelê en 'n drosdy opgerig is. Daar is byvoorbeeld ‘die lotgevalle van Etienne Barbier, wat met sy bende rowers tot in die engtes van die Kloof geja het, en wie se afgekapte hand jare lank op 'n paal by die ingang van die Nuwekloof te sien was, waar dit tot verskrikking van soortgelyke waaghalse deur die strenge regverdigheid van die Here Sewentien vasgespyker was ...; die nog vroeër dae toe daar in die hele lang kloof net maar een plaas was wat bewoon was: Roodezand, waar Coenrad Fiet geboer het, en waar hy die rondreisende oskoper afgeslag het om sy geldsakkie te steel; en van ounooi Ankus, wat volgens die oorlewering 'n skrikwekkende ou wyf was, waarskynlik nie pluis in haar boonste verdieping nie, en wat op roekelose manier met haar slawegoed omgegaan het; en van Antjie Somers, 'n nuwere verskyning, afkomstig uit die Boland.’Ga naar eind49 Ook by die ongerepte natuur van daardie vroeë tyd staan hy stil: ‘Ruig was die veld, met bossies en heesters, wat hier en daar manshoogte was, maar gewoonlik net maar hoog genoeg uitgesteek het om skuilte te gee aan die poue en patryse wat in oorvloed daar rondgekuier het. Dit was 'n wêreld nog onbewoon, met volop wild. Die duiker en die grysbok het daar byna ongestoord rondgeswerwe, en die veldhasie, die muishond en die ystervark het daar lekker gelewe, want kruit en hael was skaars onder die panboere, en jag net vir die plesier om iets dood te skiet, was iets waaraan niemand sou gedink het nie. Die paar bokkies en | |
[pagina 541]
| |
beeste wat die visserslui aangehou het, was genoeg om hulle van die nodige vlees en melk te voorsien, en vir die res het hulle geteer op die oes wat hulle uit die see gekry het.’Ga naar eind50 In Galgsalmander vertel Leipoldt die verhaal van Amadeus Tereg, wat as amptelike laksman elders in die Kolonie diens gedoen het en later onder die naam Everardus Nolte 'n vooraanstaande leiersfiguur in die omgewing van Clanwilliam word. Sy verlede word aanvanklik geheim gehou, maar wanneer hy gevra word om sy gemeenskap in die wetgewende raad te verteenwoordig, kan dit nie langer verborge bly nie. In plaas van die verwagte misnoeë by die bekendmaking ondersteun sy vriende en die gemeenskap hom. Die dronk Franse onderwyser wat sy geheim geken het, hervorm hom en trou aan die einde met 'n ryk weduwee. Die verhaal betrek dus die lotgevalle van inwoners in 'n maatskappy wat feitlik idillies genoem kan word, selfs wanneer die Seldons aankom en die dorp 'n hele aantal Engelstaliges bykry. Die karakter van dominee De Smee, in Nederland opgelei maar van geboorte 'n Afrikaner, is gedeeltelik gemodelleer op Leipoldt se vader. Met die karakter van oom Dorie stel Leipoldt sy eie politieke standpunt en bepleit hy stemreg vir bruin en swart mense indien hulle die nodige kwalifikasies besit,Ga naar eind51 terwyl hy met die figuur van die Franse onderwyser, wat van die Rooms-Katolieke geloofsoortuiging is, 'n karakter skep waarin hy hom kan uitleef. Blikkies sien byvoorbeeld geen beswaar daarteen om ‘seuns se skaamte’Ga naar eind52 op papier te teken nie, 'n gedagte waarby die dominee hom later aansluit: ‘Daar is niks onbetaamliks in die naakte menslike figuur nie. Die grootste meesterstukke van die plastiese kuns stel dit voor, en vir dié wie se gemoed rein en onskuldig is, sal die aanskouing daarvan niks anders as 'n reine gevoel van genot in die wonderlike skoonheid wat die Skepper aan ons arme sondige mense gegee het, bring nie.’Ga naar eind53 Ook die verteller, met wie Leipoldt hom beslis sou kon vereenselwig, vind dit nie verkeerd wanneer Everardus sy eie handewerk met dié van die Skepper van alle dinge vergelyk nie. ‘Daar is nie die minste goddeloosheid in die vergelyking nie,’ sê die verteller, ‘want die onskuldige plesier wat die kunstenaar vind in wat hy voltooi het, bevat iets wat heilig is en wat in die reine, onskuldige tevredenheid wat daaraan verbonde is, geen siel kan krenk nie.’Ga naar eind54 En in Blikkies se opvatting van wat vir die mens geluk verskaf, herken ons die sendelingkind Leipoldt met sy beklemtoning van die ‘worstelstryd’ wat die lewe in sy essensie is: ‘Wat het ons hier op aarde, Meneer, wat ons plesier en geluk gee? Dit is oorwinning, dit is baklei, dit is om moeilikheid te oorkom, te struikel, | |
[pagina 542]
| |
te bloei, meneer Van Aard. Sal u as boer, Meneer, gelukkig voel as u sonder werk, met u gevoue hande, kan rus onderwyl die aarde voortbring sonder om gesaai, geploeg, geëg, bearbei te word?’Ga naar eind55 Die beeld van die klein negentiende-eeuse maatskappy wat Leipoldt in Galgsalmander vir ons oproep, is die oortuigendste gedeelte van die roman. Ongelukkig val die hoofaksent op die sentrale figuur, Everardus, wie se verlede feitlik vir die hele duur van die roman vir die leser geheim gehou en by tye, terwyl van die karakters dit reeds weet, doelbewus verswyg word. Hierdie geheim, naamlik dat hy by geleentheid as laksman opgetree het, is egter van die begin af só deursigtig en onbeduidend dat die onthulling, wanneer Everardus dit tydens sy yl mompel en tant Grieta dit uiteindelik meedeel,Ga naar eind56 as 'n geweldige antiklimaks kom. Everardus het dan ook nie, soos een van die karakters dit stel, ‘gesondig’ nie, maar net ‘sy plig, of wat hy as plig beskou het, gedoen’.Ga naar eind57 Die sentrale verhaalgegewe berus dus op 'n pseudoproblematiek, aangesien daar geen sprake van skuld of 'n oortreding kan wees nie. Ná die bekendmaking van die ‘geheim’ gaan die roman nog verder, maar nou ervaar die leser die verhouding tussen Blikkies en die weduwee Priem en hulle huwelik as 'n uitgebreide epiloog wat nie genoegsaam met die voorafgaande verbind is nie. Dit alles dra by tot die langdradigheid en wydlopigheid wat die basiese probleem van die roman is, al slaag Leipoldt hier weer met die soms realistiese dialoog en die wyse waarop hy met 'n variasie iets nuuts aan 'n bekende idioom gee (byvoorbeeld ‘daar lê goud in die môremond’).Ga naar eind58 Op 11 Februarie 1930, kort nadat Galgsalmander as vervolgverhaal in Die Huisgenoot ten einde geloop het, begin Leipoldt met die Engelse weergawe van die roman, wat hy Gallows gecko noem. Op 25 Maart voltooi hy dit en op 4 April stuur hy dit aan die verteenwoordiger van Hodder & Stoughton en later ook aan Curtis Brown, 'n literêre agent, om dit by 'n Britse uitgewer gepubliseer te kry. Kort hierna moes hy begin het met nog 'n roman wat in sy jeugwêreld afspeel en wat hy The mask noem, 'n omwerking van die drama Afgode, wat hy tóé reeds voltooi het. Op 10 Mei is hy al met die tiende hoofstuk van hierdie roman besig en op 29 Mei maak hy dit klaar, 'n aanduiding van hoe verbete en vinnig Leipoldt in hierdie jare kon werk. En op 12 Julie teken hy aan dat hy met die verhaal van Andrew Quakerley, ook 'n roman oor sy jeugwêreld, begin het. Later verwys hy hierna as The garden, maar hy onderbreek dié werk om die drama Onrus en 'n verhaal wat hy Macfoozlum noem, te skryf. Eers in November 1930 werk hy verder aan The garden, maar hy voltooi dit pas teen 19 Desember 1931, nadat | |
[pagina 543]
| |
hy dit vir die skryf van kortverhale, dramas en Uit my Oosterse dagboek agterweë laat bly het. Teen einde Januarie 1932 het hy sy eerste getikte weergawe hersien en 'n tweede getikte manuskrip, nou met die titel Stormwrack, voltooi. Met hierdie drie romans verwesenlik Leipoldt dus die gedagte in sy sakdagboekies en sy briewe aan Engelenburg om in Engels te skryf. Sy bedoeling was dat die drie Engelstalige romans, onder die gesamentlike titel The valley, 'n trilogie in die volgorde Gallows gecko, Stormwrack en The mask, moes vorm. In sy uiteensetting, klaarblyklik ter kennismaking vir oorsese uitgewers opgestel,Ga naar eind59 gee hy 'n kort aanduiding van die trilogie: These three are separated and independent but closely related books, that are designed to describe the history of a small semi-rural community in the Cape Colony from 1820 until 1930. Each book is complete in itself, but the three together are necessary to outline the environment and to explain the changes that have taken place in the course of a century in the relations between the English and Dutch speaking element in the community. Gallows gecko, gaan Leipoldt voort, describes conditions in the Cape Colony at the beginning of the reign of Queen Victoria. It deals more especially with the Dutch speaking element in the population, but gives a glimpse of the relations, amicable and neighbourly, that existed between them and their English speaking fellow settlers. It shows the Valley at peace, developing in a way that promises to lead, ultimately, to national unity and the realisation of a common ideal of self-dependence. Incidentally it gives a picture of missionary effort, of the relations between Europeans and coloured, and describes the life of the well to do farmers who still maintained the old customs and who, even in districts so far away from the capital as the Valley lay, managed to keep up a certain state of culture and refinement. Hoewel Gallows geckoGa naar eind60 basies dieselfde verhaal as Galgsalmander vertel, is die roman nie 'n regstreekse vertaling van die Afrikaanse teks nie. Stephen Gray, wat in vier artikels uitvoerig en kundig oor die Valley trilogy geskryf het, sê dat Leipoldt met sy drie romans sy teorie van ‘the social | |
[pagina 544]
| |
evolution of South Africa’Ga naar eind61 uitwerk en die historiese ontwikkeling vanuit die gesigspunt van 'n Kaapse liberalis en filantroop sien.Ga naar eind62 In Gallows gecko skets hy die goeie verhouding tussen Afrikaans- en Engelssprekendes soos dit in die middel van die negentiende eeu op 'n klein dorpie in die Kaapkolonie bestaan het. Veel meer as in Galgsalmander val die aksent in die Engelse roman op die lewenskragtige dimensies wat die koms van die Britse setlaars en die Duitse sendelinge, soos verteenwoordig deur die Quakerleys en die Uhlmanns onderskeidelik, vir die vallei bring.Ga naar eind63 Daarby wou Leipoldt met Gallows gecko, soos Gray dit stel, illustreer ‘that there was an alternative reading of history to the Trekker myth of white superiority, held so strongly in the north, for the story of Everardus Nolte is really the story of a man who chose not to trek, who stayed behind to fight for a bigger, better South Africa. 1930 [die jaar waarin Leipoldt Gallows gecko skryf - JCK] was also a year of issues: Hertzog's government challenged South Africa's international status in the dominions, maintained segregation as a solution to the “native problem”, and dropped the qualified vote for universal suffrage for all white men and women, while scaling down the “non-European” vote, even in the liberal Cape. Leipoldt's answers to all these issues ... are blatantly clear. Partly, at least, Leipoldt's intention in the novel was to use material of a century before to argue allegorically about his present time.’Ga naar eind64 Met Stormwrack, die tweede roman van die Valley trilogy, sit Leipoldt die geskiedenis van die gemeenskap kort vóór en tydens die Anglo-Boereoorlog voort. Terwyl Deneys Reitz in sy Commando Smuts se inval in die Kaapkolonie vanuit die standpunt van die Boere skets, staan Leipoldt in sy roman krities teenoor hulle guerrilla-oorlogvoering en die wyse waarop hulle inval die hele samelewing op die dorp beïnvloed.Ga naar eind65 Uit sy eie samevatting van die verhaal blyk dit duidelik dat hy met hierdie roman wil illustreer hoe die idilliese samelewing in die vallei versteur word deur politieke faktore wat steeds, in elk geval tot 1931 toe die roman voltooi is, in Suid-Afrika werksaam is: Andrew Quakerley, the descendant of an English county family whose ancestors settled in South Africa in the early parts of the last century, finds himself laird and chief citizen of a small village in the Cape Colony when the Anglo-Boer War breaks out. He is passionately devoted to English ideals, but at the same time has, by intermarriage and by the influence of environment, come to realise the | |
[pagina 545]
| |
aspirations of his fellow citizens of Dutch descent. The conflicting loyalties at war within him are described, and an attempt is made to draw a picture of the conditions in South Africa during that time of trial, conditions that have largely promoted the present antagonism between “republican” and “loyalist” ideals, as today exemplified in the dominant political parties. Incidentally the book gives a description of home life in a South African village, and of many interesting episodes in the Boer War. It provides a pendant to Col. Reitz's Commando, which has merely given the republican side, and shows how the loyal Cape Dutch were in many instances coerced by the raiding commandos to take up arms and were punished as rebels while the commando leaders, being belligerents, took no risk and escaped the penalties in which their dupes were involved. It explains the factors that have tended to promote disunion and disharmony in South Africa since 1900, and gives at the same time an accurate representation of conditions as they existed at the time of the Boer War.’Ga naar eind66 In Stormwrack werk die gebeure op na die teregstellings van die sogenaamde Kaapse rebelle en die uitwerking van hierdie teregstellings op 'n verskeidenheid karakters wat almal verskillende gesigspunte verteenwoordig. In hoofstuk 15 van die roman sê een van die karakters: ‘Martial law gives plenary and absolute power to the military authorities ... It is the negation of all law.’Ga naar eind67 Dit is 'n standpunt wat Leipoldt teen die agtergrond van sy eie ervaring as verslaggewer by die rondgaande hof wat die sake van die Kaapse rebelle tydens die Anglo-Boereoorlog moes verhoor, self sou gehuldig het. Maar terselfdertyd het hy, soos blyk uit 'n verslag wat hy vir Het Nieuws van den Dag opgestel het, indertyd reeds gevoel dat die Boere se opkommandering van Kolonialers om aan hulle kant te veg, in die lig van 'n moontlike skuldigbevinding aan hoogverraad en die gevolglike doodstraf moreel onverdedigbaar is.Ga naar eind68 In Stormwrack staan hy verder krities teenoor sekere beleidsrigtings van die Zuid-Afrikaansche Republiek, soos die weiering om stemreg aan die Uitlanders te gee. Die Engelse predikant in die roman maak byvoorbeeld by geleentheid 'n uitspraak wat ook vir Leipoldt in die Suid-Afrika van 1931 van belang was: ‘I really cannot conceive how people who talk so much of freedom can tolerate a whole population standing outside, disenfranchised and powerless, though taxed and with all obligations of citizenship.’Ga naar eind69 Die gemeenskap van die Valley het 'n gevoel teen die koloniale regering wat | |
[pagina 546]
| |
krygswet op hulle toepas, maar voel ewe sterk oor die wyse waarop die Boeremagte hulle plunder. In 'n passasie uit hoofstuk 16 blyk hierdie dubbelslagtigheid duidelik uit die gedagtes van die Britse bevelvoerder kaptein Overbury: ‘But even more wanton damage had been done by the troops which had passed along that road and bivouacked upon the farms. They had broken down doors for firewood, requisitioned whatever they required from the homesteads, and plundered the gardens and orchards. The farmers told him of destruction and senseless looting, but admitted that all this had been put a stop to as soon as the officers had interfered. Their attitude was a mingling of apprehension and resentment, an apprehension as much of what they might have to suffer at the hands of the invaders as of what they might have to endure from the military, and a resentment directed equally against the enemy and the defenders.’Ga naar eind70 En in 'n ander passasie hoor 'n mens duidelik Leipoldt se gedagtes oor Afrikaans, 'n siening wat afwyk van Langenhoven se meer militante eise vir die taal: ‘Language’, said the pastor reflectively, ‘is a great factor in building up national consciousness. But one can make too much of it, and I think some of us are doing that. There is first the feeling of inferiority in not being able fluently to speak that which is not one's own, and secondly the impression that because others do not speak one's language they are at heart unfriendly towards it and despise it. Here both come into play. English, with its fine literature, its tremendous commercial importance and its official prestige, has an unassailable position. Dutch, which is difficult - far more difficult than English, because it is partly an inflected language, Mr Bisley - is losing ground. Now there is a feeling that our dialect Dutch, which is not inflected, which is easy to speak and generally understood even by those who are illiterate, should be looked upon as our language. Well, I have no feeling against it. It may in time become a great language, like English, but at present it is a baby in swaddling clothes. Unfortunately there are many of us who cannot, or will not, see that. They want us to force the pace, Mr Bisley.... They go so far as to make language a test of patriotism.... So long as English remains it must be the predominant tongue; nothing can conquer it, and even if Afrikaans supersedes Dutch, which it possibly will after a few generations, it can never have the same cultural significance that English has. Not to our generation, and our children's, at least.’Ga naar eind71 | |
[pagina 547]
| |
Tussen die drama Afgode, wat in 1931 verskyn, en The mask,Ga naar eind72 die derde deel van die Valley trilogy, is daar groot verskille. Die seun Jannie in die drama is in die roman vervang deur die dogter Santa, wat soos Leipoldt medies in Londen studeer ‘where she had won high honours, fathering the gold medal in the London M.D. in her stride, and doing the usual house appointments, and thereafter a year's post graduate work on the Continent’.Ga naar eind73 Verder is die wandade van die seun opgeneem in die vader-figuur en is daar tussen die drama en die roman ook verskille in die siening van die skurk se vrou.Ga naar eind74 In vergelyking met die drama gee die roman meer aandag aan die geskiedenis van Suid-Afrika, die politiek en veral die rasseprobleem, onder meer deur die invoering van Pierre Mabuis, 'n karakter wat nie in Afgode verskyn nie. In The mask word die dorp in sy moderne gedaante van 1930 geskets. Die vooruitstrewende plaaslike prokureur, wat as voorbeeld van professionele eerlikheid voorgehou word, is in werklikheid 'n alkoholis en die vader van 'n buite-egtelike kind, iets waarmee sy dogter Santa, wat as mediese dokter gekwalifiseer is en in vennootskap 'n praktyk op die dorp begin, weldra op die hoogte kom. Haar vader se jong vennoot, wat op Santa verlief is, dra kennis van die feit dat die ouer prokureur sy vrou en dogter se trustgeld van hulle ontfutsel het, maar hy is begerig om dit vir Santa geheim te hou. Albei wil verder die inligting oor die buite-egtelike kind van Santa se moeder verberg. In werklikheid weet sy hiervan, en die verhaal eindig waar sy haar kennis bekend maak en verantwoordelikheid vir haar man se misstap aanvaar.Ga naar eind75 Dat Leipoldt met hierdie verhaal ook die Suid-Afrika van sy eie tyd in 1930 in gedagte gehad het, word duidelik uit wat hy in sy inligtingstuk oor die roman sê. ‘The book’, skryf hy, ‘throws a light upon the present political condition in South Africa, and explains much that is puzzling in the relations betwee the races,Ga naar eind76 and at the same time it serves as a pendant to its two predecessors, rounding off the chronicle of the Valley by relating the fortunes of the various characters that have played a part in the history of the district.’ Dat Leipoldt ná sy werk aan The Cambridge history of the British Empire uitgesproke gedagtes gehad het oor die gedwonge skeidslyn tussen Afrikaans- en Engelssprekendes in die land, blyk uit meer as een bladsy van The mask. ‘There is no racial problem between English and Dutch,’ sê Mabuis. ‘At the most there is an artificially created and politically encouraged cultural antagonism between the two white sections of your community, which is entirely unnatural, for after all the two cultures are basically the same.’Ga naar eind77 Soos telkens in sy artikels in Die Volkstem en elders | |
[pagina 548]
| |
vaar Leipoldt hier uit teen die gedagte dat die taal ‘gans die volk’ is, waarmee hy by implikasie stelling inneem teen Langenhoven: ‘A language is the soul of a people ... That is another of these cant phrases which politicians use when they have nothing tangible to propose. But consider it; analyse it. In my time ... our national feeling was ... as strong as yours is today, and Afrikaans was certainly not the people's language in the sense in which it is that today.’Ga naar eind78 Die basiese probleem, so stel hy dit, lê in die volgehoue opvatting dat die Afrikaanse en die Engelse kultuur in 'n antagonistiese verhouding tot mekaar staan. ‘Your South African nationalism’, sê Mabuis, ‘is purely sectional, for you refuse to credit us, who do not speak Afrikaans, with an equally strong national sentiment. Yet it exists, and it existed long before you made language and culture the test of a true national South African sentiment.’Ga naar eind79 Met die Valley trilogy het Leipoldt, sonder dat die pleknaam Clanwilliam ooit in die drie romans genoem word, die geskiedenis van sy jeugwêreld vasgelê en het hy feitlik, soos Stephen Gray dit stel, as argivaris en skriba die geskiedenis van die gemeenskap van die vallei gedokumenteer,Ga naar eind80 selfs al moet 'n mens byvoeg dat die lewensverhale van sommige karakters (soos Everardus Nolte in Gallows gecko en die prokureur in The mask) die maatskaplike dokumentering oorstem en 'n fatale dualiteit in die trilogie bring. Leipoldt het die romans aan verskeie Britse en Amerikaanse firmas voorgelê, maar kon nie 'n uitgewer vir enige van die drie vind nie. Ná sy dood het sy vriendin mej. G. Tibbs dit sonder sukses voorgelê aan John Murray (1947), The Bodley Head (1948), Hodder and Stoughton (1949) en later ook aan Constable en Allen & Unwin. Ook die CNA wys dit in 1950 af en daarna ook Howard Timmins. Stephen Gray sê 'n mens vermoed aanvanklik ‘some sort of global conspiracy’Ga naar eind81 teen Leipoldt. ‘But I fear’, gaan hy voort, ‘that the truth is that it was pretty well unpublishable all along - no novel by a man of Leipoldt's kind would have been so rejected for so long. The truth is that Leipoldt was so slapdash in his working life that even the finished UCT version of the typescript is in a shambolic state. Despite the revisions and excisions, Leipoldt was phenomenally careless.’Ga naar eind82 Saam met die te uitgesponne lywigheid en die dualiteit tussen maatskaplike dokumentasie en indiwiduele lewensverhaal was hierdie slordige afwerking van die manuskripte die rede vir die uitgewers se herhaalde weierings. Afrikaanse uitgewers het dié slordighede geduld, maar buitelandse uitgewers, vir wie die naam Leipoldt meestal onbekend was, het vasgekyk teen die langdradigheid en power afwerking van die manu- | |
[pagina 549]
| |
skripte. Gedeeltelik het dit saamgehang met sy halfhartige werk aan die romans. Na aanleiding van die manuskrip van Gallows gecko merk Gray op: ‘In the typescript one can sense Leipoldt's enthusiasm wax and wane - as he warms to the story he becomes inflatedly prolix, and when bored with it he cuts corners, leaving key scenes which should have been developed with merely a passing mention.’Ga naar eind83 Hierdie halfhartige werkwyse is des te onbegrypliker as 'n mens verneem dat Leipoldt by herhaling in gesprekke met jong mense gesê het: ‘You cannot get work-fulfilment if you cut corners.’Ga naar eind84 Hoe dan ook, dié oorhaastige afwerking en lywigheid was verantwoordelik vir die herhaalde afwysings. Op 14 Desember 1933 laat die literêre agent James B. Pinker byvoorbeeld aan Leipoldt weet dat hy nie met die publikasie van twee van die Engelse romans vordering kan maak nie. ‘Both are too long and detailed, but this is particularly the case with Stormwrack which is of an enormous length.’ Die keurder van Stormwrack skryf in sy verslag: ‘Stormwrack suffers from being too detailed and also that after a brief resume of the hero's antecedents and early life the story proper starts when he is a man of seventy-five and the more exciting and interesting part of the book does not start until half way through the book. The account of the attitude of the Colonists before and during the war is interesting, but the author seems to me too desirous of describing life and conditions to get on with his story.’ Eers met Leipoldt se eeufeesjaar in 1980 het Gray 'n sterk geredigeerde en vaartbelynde versie van die roman, met uitskakeling van die inleidende gedeelte en weglating van Leipoldt se botaniese en genealogiese besonderhede, by die uitgewer David Philip die lig laat sien. Reeds op 2 Februarie 1932, kort ná die voltooiing van Stormwrack, begin Leipoldt met nog 'n roman in Engels wat hy The dwarf wife noem. Hy voltooi dit op 15 Maart en pos dit nog dieselfde dag aan Curtis Brown. Ook dié roman word afgewys. ‘I do not feel’, skryf Pinker in 'n brief waarin 'n mens die substansie van sy beswaar ernstig kan bevraagteken, ‘that my publisher would bring out a book of which the heroine is a dwarf with a curious ugly face only redeemed by fine eyes, even though she is intelligent and of a strong character, more especially as the man she marries is a kleptomaniac, a liar and a triple murderer.’ Leipoldt vertaal die roman in Afrikaans en lê dit aanvanklik voor aan Die Huisgenoot, waar Die dwergvroutjie van 10 November 1933 tot 16 Maart 1934 met aansienlike besnoeiings deur Markus Viljoen as vervolgverhaal verskyn. In teenstelling tot wat Leipoldt | |
[pagina 550]
| |
in sy omwerking van Galgsalmander tot Gallows gecko gedoen het, verskil die Engelse en die Afrikaanse teks van Die dwergvroutjie nie veel van mekaar nie. In 1937 word dit in boekvorm gepubliseer. Die boustof vir Die dwergvroutjie ontleen Leipoldt aan die geskiedenis van Gert Johannes Swanepoel, wat aan ten minste drie moorde skuldig bevind en in 1856 in die openbaar op George opgehang is; daar is aanduidings dat hy vir die dood van meer mense verantwoordelik was. Leipoldt het aanvanklik van hierdie geskiedenis op die hoogte gekom deur 'n hoofstuk wat John Blades Currey in sy ongepubliseerde Half a century in South Africa daaraan gewy het.Ga naar eind85 In sy verhaal ‘Kattekruie’ verwys Leipoldt na Currey se manuskrip en die Swanepoel-geskiedenis, maar hy werk dit vollediger uit in ‘Die graskolletjie’ wat in Die Huisgenoot van 7 Desember 1928 verskyn en saam met ‘Kattekruie’ in 1932 in Die rooi rotte en ander kort verhale opgeneem word. Só meegevoer was Leipoldt deur hierdie gegewe dat hy die Swanepoelgeskiedenis kies as een van die moorde waaroor hy in 'n vyftal artikels uitvoerig uitwei. In The Cape Argus van 25 Februarie 1933 verskyn hierdie geskiedenis onder die titel ‘The charred gunstock’. Wanneer 'n mens dié relaas met ‘Die graskolletjie’ en Currey se weergawe vergelyk, is dit opvallend dat Leipoldt, hoewel hy Swanepoel se gruweldade nie verbloem nie, plek-plek met deernis oor hom skryf en die vraag probeer beantwoord wat die man tot sulke wreedhede gedryf het. Currey sê byvoorbeeld Swanepoel ‘maintained a dogged stolid demeanour declining any religious consolation, and bringing his wicked life to a shameful end he was hanged in the presence of an immense crowd’. Ná die teregstelling wou die prokureur wat die verdediging behartig het, volgens Currey Swanepoel se vrou verdere moeite en lyding spaar en het hy aan haar gesê dat hy reeds 'n geskikte kis uitgesoek het. Mev. Swanepoel, gaan hy voort, ‘regarding this as an insult, ... flew into a passion and told him to keep his coffin for himself for her husband like a respectable man had always had his own in the house and she brought it with her in the waggon. As a matter of fact she was then sitting on it.’ In Leipoldt se koerantartikel word die besonderhede van Swanepoel se gedrag vóór die teregstelling verswyg. Wat mev. Swanepoel betref, laat hy die geskiedenis van die kis heeltemal weg en sê hy dat sy lank na haar man se teregstelling die hartlike simpatie van haar bure geniet het. Dat Leipoldt reeds in hierdie stadium intens in mev. Swanepoel en haar rol in die gebeure geïnteresseerd was, blyk uit die besonderhede wat hy oor haar | |
[pagina 551]
| |
verstrek. Hy skryf iemand het hom by geleentheid vertel dat Swanepoel se vrou besonder klein was: ‘a little woman, almost a dwarf, and that the contrast between the tall husband, well over six feet, and the diminutive wife, whose head swayed somewhere in the region of his elbow, was often a matter for remark’. Hierdie fisieke afwyking, wat nie deur Currey genoem word nie, is juis wat Leipoldt se skeppende verbeelding aan die gang gesit het. En dat sy skeppende verbeelding inderdaad aktief werksaam was, blyk uit die wyse waarop hy in sy artikel 'n verband lê tussen mev. Swanepoel en die Wayang-poppe wat hy tydens sy besoek aan Java jare tevore in 'n opvoering gesien het. ‘In the tragedy’, skryf hy, ‘Mrs. Swanepoel appears to have been an entirely passive spectator, unable to influence her husband, but patiently bearing with him and valiantly loyal to the last. Her figure, dimly seen in the background of this tragic history, moves across the scene like one of those pathetic marionettes which in Eastern shadow plays are employed, by contrast, to show up the lurid unworthiness of the villain of the piece.’ Maar selfs na Swanepoel sou Leipoldt, wat vroeër na aanleiding van Van Noodt kon skryf dat daar ‘geen vent so vals en swart’ is in wie se ‘bors’ nie 'n ‘brokkie van 'n mensehart’Ga naar eind86 klop nie, nie as 'n ‘villain’ verwys nie. In Die dwergvroutjie bou hy Nisba en Lukas op as twee ongelukkige mense wat albei ‘wangedrogte’ is. Nisba is 'n tipiese geval van achondroplasie, wat die gevolg is ‘van 'n diep ingrypende verwikkeling wat voor die geboorte plaasgevind en wat aanleiding gegee het tot 'n merkwaardige verstoring van die normale groei van die liggaam’.Ga naar eind87 In 'n briefGa naar eind88 aan prof. R.H. Pheiffer sê prof. Kay de Villiers dat Leipoldt 'n fout begaan deur te beweer dat sulke dwergies meestal 'n kort romp met lang arms het. ‘Net die omgekeerde is waar! Die romp is gewoonlik van feitlik normale lengte maar die arms is kort. Dit is die tipiese dwergies wat ons in sirkusse aantref en ook op sommige van die skilderye van Velásquez. Hulle was geliefde hofdwerge en narre vanweë hulle hoër intelligensie.’ Teenoor haar is Lukas iemand wat erflik belas is met 'n psigiese afwyking wat hom soms soos 'n kranksinnige laat optree en wat ongeneeslik is. ‘Die enigste middel daarteen’, sê hy aan Nisba, ‘is die dood, en ek is nog te geheg aan die lewe om daardie pad te kies.’Ga naar eind89 In sy brief aan Pheiffer sê De Villiers dat hierdie episodiese kranksinnigheid as 'n manies-depressiewe psigose gediagnoseer kan word, ‘'n vorm van kroniese manie, dikwels met paranoïede gedagtes ... (wat) wel tot moord ... (kan) ly’, al is dit vir De Villiers eienaardig dat die karakter later sê hy weet nie altyd wat hy doen nie. Vir | |
[pagina 552]
| |
die struktuur van die roman was dit 'n gelukkige inval van Leipoldt om twee ‘gedrogtelike’ karakters by mekaar en Lukas by 'n vrou uit te bring wie se ‘moed’ hy bewonder en wat bereid is om in 'n kameraadskaplike eerder as gewone huweliksverhouding met hom saam te leef. Met hierdie erflike belasting word Lukas se gruweldade, in ooreenstemming met Leipoldt se humanistiese ingesteldheid, verklaarbaar gemaak en is daar van 'n volledig bose karakter by hom geen sprake nie. Die verwikkeling, waar Nisba van die misdade in hul volle omvang bewus gemaak word en vir Lukas 'n bottel gif as uitweg én redding aanbied, word besonder sober gehou. So ook is die slot van die roman, waar die gebeure by die galg deur oom Servaas, vertroude onderwyser uit haar jeugjare, vir Nisba ‘vertolk’ word terwyl sy in die tent van die ossewa sit, besonder aangrypend. Tog voel die leser dat hy Lukas te veel van buite leer ken, dat hy in hoofsaak net van die gruweldade verneem en nie die besondere waansin dramaties veraanskoulik sien nie. Die afgronde van menswees gaan dus nie vir hom oop nie. Daarby gee Leipoldt feitlik niks van Nisba se sielestryd wanneer sy van haar uitsonderlikheid bewus word nie, al word die boeremense se koue, onsentimentele kyk op so 'n persoon met 'n paar verspreide sinnetjies goed aangedui. Die gevolg hiervan is dat dit, behalwe waar die roman na die einde toe verdiep, veral die byfigure is wat realisties geteken word en die leser oortuig. Ten spyte van hierdie besware, waarby 'n mens die enigsins langdradige en trae ontwikkeling aan die begin ook moet noem, is Die dwergvroutjie Leipoldt se beste roman. | |
VAfgode, die drama waaruit die roman The mask later sou ontwikkel, verskyn van 16 Maart tot 6 April 1928 in Die Huisgenoot en word in 1931 in boekvorm gepubliseer. Op 24 Augustus 1929 word dit in die Great Hall van die Universiteit van die Witwatersrand en op 28 Augustus van dieselfde jaar in die Macfadyensaal in Pretoria opgevoer. Wanneer Engelenburg vir hom resensies uit die noordelike koerante oor die produksie stuur, bedank Leipoldt hom in 'n brief van 2 September 1929. ‘Ek moet sê’, gaan hy voort, ‘ek stel nie veel belang in die opvoerings nie; sodra ek die stuk geskryf het taan my belangstelling, want ek wil weer iets anders begin, en die nuwe ding is vir my baie meer aantreklik as die oue.’ | |
[pagina 553]
| |
Na aanleiding van dié opvoerings skryf Stephen Black in die Rand Daily Mail dat hy die drama nie self gelees het nie, maar dat dit uit die opsomming van die inhoud blyk dat die spel 'n verwerking van Ibsen se Spoke (Gengangëre) is. Met sy lang toneel- en karakteraanduidings en noukeurige uiteensettings van die dekor sluit Leipoldt met dié stuk inderdaad by die tradisie van die naturalistiese drama aan. 'n Verwerking van Spoke is dit egter nie. In sy brief aan Engelenburg sê Leipoldt dat die ‘beskuldiging van plagiaat uit Ibsen’ hom heeltemal koud laat. Net ‘iemand wat Ibsen nie ken nie’, gaan hy voort, ‘sal dit kan dink’. Met sy terglus voeg hy by: ‘As hulle nou van die nuwere Spaanse digters gepraat het, arrie, dan sou ek miskien moet kophang. Maar wie plagieer nie? En ek sal nie, soos Langenhoven, kwaad word as iemand my beskuldig van letterkundige diewery nie, want ek weet goed genoeg dat dit soms onmoontlik is om mens se hande af te hou veral as jy dink dat jy die gesteelde kan versier en beter maak.’ Hoewel Leipoldt by geleentheid Afgode belangriker geag het as Die heks, wat in die verlede hoog geprys is, word die karakters in Afgode te weinig genuanseerd voorgestel om werklik te oortuig. Blykbaar wou hy met dié drama die krag van die liefde illustreer met die wyse waarop 'n besonder verdraagsame vrou op die gewetenloosheid van haar alkoholiese eggenoot reageer. 'n Mens voel egter dat hierdie liefde nie oortuigend in die stuk vergestalt word nie en dat die vrou se uitweiding oor die liefde aan die slot nie deur haar handeling voorberei word nie. Daarby is dit darem alte naïef wanneer Santa, wat as medikus gekwalifiseer is, nie in staat is om met sekerheid die reuk van brandewyn en medisyne van mekaar te onderskei nie! Op versoek van die toneelspeelster en regisseuse Stephanie Faure bou Leipoldt die legendariese geskiedenis wat hy reeds in die dramatiese monoloog ‘Van Noodt se laaste aand’ in Uit drie wêrelddele verwerk het, in Desember 1929 uit tot 'n kort drama wat uit 'n voorspel en drie bedrywe bestaan. Onder die titel Die laaste aand verskyn dit op 27 Februarie 1930 in Die Huisgenoot en later dieselfde jaar in boekvorm. Hy dra die stuk aan Faure op. Hoewel Leipoldt bedenkinge gehad het oor die kwaliteit van die stuk, is Die laaste aand dramaties veel sterker as Afgode. In die tweede bedryf het hy 'n aanmerklike deel van die dramatiese monoloog in Uit drie wêrelddele opgeneem en die res, behalwe die gedeelte waarin die Slamse Visser en die Skildwag optree, ook in versvorm geskryf. Dielaaste aandGa naar eind90 speel af teen die | |
[pagina 554]
| |
agtergrond van die ongewilde Hollandse goewerneur Pieter Gysbert Noodt se dienstermyn aan die Kaap (1727-1729). Tydens sy bewind het 'n aantal soldate van die Kompanjie gedros, maar hulle is gevang en teruggeneem na die Kasteel, waar hulle op aanklag van diefstal en diensverlating verhoor is. Die uitspraak van die goewerneur en die heemrade was dat vier van die drosters opgehang moes word. Hierdie vonnis is op 23 April 1729 voltrek, en dieselfde middag het die goewerneur plotseling in sy huis aan 'n hartaanval beswyk. Uit dié merkwaardige sameloop van omstandighede het die legende ontstaan dat een van die deserteurs tydens die verhoor die goewerneur gedaag het om saam met hom voor die regterstoel van God te verskyn en vir sy dade te boet. In sy drama het Leipoldt min van die oorspronklike legende behou. Dit vorm eintlik net die agtergrond vir die geskiedenis van Martha, die blinde ‘ontongmeid’, wat 'n heeltemal eie skepping van Leipoldt is en histories geen verband met die Noodt-geval het nie. Deur Martha se alleensprake in die voorspel en veral in die tweede bedryf word die vroeë geskiedenis van Van Noodt dan onthul: dertig jaar tevore in Djakarta was hy Martha, tóé Kami genoem, se minnaar en die vader van haar buiteegtelike kind, wat nou een van die deserteurs is vir wie hy ter dood veroordeel het. Soos in die geval van Die heks kry ons dus twee tye en twee agtergronde: teenoor die jong minnaar die hardvogtige heerser, teenoor die mooi Oosterse prinses die ‘ontongvrou’ en ‘towerheks’, teenoor die Westerse milieu van die Kaap die Oosterse agtergrond van Djakarta, wat nie alleen 'n geografiese verskil bly nie, maar tot 'n subtiele vermenging van die Oosterse drama met sy liriese uitweidings en botsing van idees (tussen die Priester en Martha in die voorspel) en die Westerse drama met sy aksent op uiterlike handeling en wraakgevoelens lei. Die liriese uitweidings en die wraakmotief in die voorspel laat Die laaste aand dus by verskillende dramatiese tradisies aansluit. Ook in die res van die spel word hierdie tweeslagtige aard telkens deur ander elemente versterk. Teenoor die wraakgevoelens van Martha stel die Priester byvoorbeeld die Oosterse gedagte van berusting, en die dialoog in die voorspel steun in hoë mate op die ideologiese botsing tussen die twee verskillende interpretasies van die ‘wet’. In die eerste bedryf, wat dertig jaar later afspeel, is die agtergrond die Westerse milieu van die Kasteel in Kaapstad. Daarteenoor praat die Slamse Visser telkens van die Oosterse towerkuns, en wanneer Martha verskyn, dwing haar woorde plek-plek om liries te word. In die lang alleenspraak in die tweede bedryf roep sy die tyd op | |
[pagina 555]
| |
toe sy saam met Van Noot gelukkig in die Ooste gelewe het. Hierdie uitweiding gee vir Martha die geleentheid om die geografie van die Ooste baie noukeurig te teken, onder meer met die ‘daar ... waar’-konstruksies wat hier die weidsheid en geilheid van die landskap suggereer: Daar waar, verskuil in frisse môremis,
Gordyn-gesluier deur goud-bestraalde gloed,
Rys pragtig teen die môreson se prag,
Van Bogors ryk die wolk-bekroonde berg
Met sewe spitse, Salak, waar hy spog
En oor die oerwoud opkyk na die son,
En dwars oor paddie-velde na die see
En neersien op die land van Wehstenburg,
Oor Soekaraja en oor Buitenzorg,
En oor die geil vergroende groei van veld
En wilde donkerpurper lommerpronk -
'n Paradys die wêreld deur vergeur
Met donserig' kleur van duisend soorte dons -
Dit was my paradys. Daar met Van Noot,
Soos Eva met haar Adam, amper gek
Van puur geluksgenot, was lewe nog
Iets om te skat en voor deur slyk te gaan
En diepste modder om dit vas te hou.Ga naar eind91
Ook in die slotbedryf, waar sy voor Van Noot staan, is die noem van haar Oosterse naam en die verwysing na die bloeisels van Djakarta genoeg om die hele emosionele sfeer te suggereer: Onthou jy nog van Kami? Ruik jy nog
Die ruik van die melati-bloeisels wat
Sy in haar jong onnoselheid vir jou
Gepluk het onder Elberfeld se muur
Op ou Jakatra ...Ga naar eind92
Die kris waarmee sy voor Van Noot verskyn, kom reeds in die voorspel ter sprake en is hier die uiterlike teken van haar haat. Wanneer sy egter nou die geleentheid kry om haar en haar seun te vergeld, breek die ‘liefde wat onsterflik voorrang eis / Oor haat en nyd en wrok van jarelang’Ga naar eind93 deur. | |
[pagina 556]
| |
Sy besef dat sy geestelik en emosioneel blind was en haar seun verkeerdelik net vir wraak opgelei het. Wanneer sy oor Van Noot se gesig stryk, voel sy hoe koud dit is, en sy kom tot die insig dat die Priester op die strand dertig jaar tevore reg was toe hy by haar gepleit het om te berus en die vergelding aan God oor te laat. In vergelyking met die slot van Afgode word die seëvierende liefde hier dus dramaties veel aanskouliker. Hoewel Martha se monoloë 'n besondere drakrag aan die woord in die drama gee, voel 'n mens dat dit die handeling te lank onderbreek, dat daar met die liriese intermezzo's iets omslagtigs in die spel kom en dat Martha die enigste werklik konkrete karakter in die drama is. Die ander figure, soos die Priester, die Skildwag en Slamse Visser, asook die Heemraad en Koopman, is hoofsaaklik 'n klankbord vir Martha en verskyn slegs terloops. Die enigste ander karakter wat direk genoeg in die gebeure betrokke is om 'n belangrike figuur te word, naamlik Van Noot, tree eers in die derde bedryf op en hy sterf buitendien taamlik gou. Die probleem is dus dat Martha geen werklike antagonis het nie en dat die eintlike botsing plaasvind tussen die liefde en haat binne-in haarself. Wanneer die stuk op 28 Mei 1931 met Stephanie Faure in die hoofrol in die Pretoriase stadsaal die eerste keer opgevoer word, is Engelenburg in die gehoor. In 'n brief van 29 Mei aan Leipoldt word 'n mens, as jy by die foutiewe Afrikaans verbylees, getref deur die fyn dramatiese aanvoeling en die wyse waarop hy op die drama reageer. Hy skryf dat die voorstelling 'n groot sukses was. ‘Die proloog was effekvol, ook al had ek liewerste gesien dat miss Faure méér werk gemaak 't van haar Javaanse toilet. Sy dra slegs 'n al te eenvoudige sarong en kabaai! Ook haar momente van woede en hartstog was miskien nie heftig genoeg nie. Dog dit is 'n kwessie van smaak en opvatting. Die eerste bedryf (gesprek tussen visser en skildwag) is glo klein bietjie te lang; maar die visser het die toehoorders telkens laat lag, sodat daar ontspanning gekom 't uit die galge-stemming. Die twede bedryf was goed. Eweso die laaste, ofskoon ek voorkeur sou gee aan die plotselinge dood van die Goewerneur rég-op in sy stoel, pleks van, soos gister vertoon werd, as 'n half-lege mieliesak in mekaar geplooi. Dog al wéér 'n kwessie van smaak. Om kort te wees, jou stuk is heeltemal “buehnen-faehig”. Alleen kan miskien in een enkele sinsnede verduidelik word waarom die vader-soon relasie tussen die Goewerneur en die mooi sergeant 'n strenge geheim moes bly en ook inderdaad geblij het vir die bevolking van Kaapstad, veral in die látere deel van die dertig jare. Die beter ge-informeerde toeschouwer wil daarvan iets weet en het reg om | |
[pagina 557]
| |
daaroor ingelig te word, nie waar nie?’ In 'n brief van 6 Junie 1931 bedank Leipoldt sy ou vriend vir hierdie kommentaar en vir die toesending van die program en resensies. ‘Ek is geamuseer deur die program met portret en al’, skryf hy. ‘Die stuk is van betreklik weinig waarde; my Afgode is baie beter ..., maar Die laaste aand is rondom Stefanie geskryf en sy het haar skik daarin. Dus sê en doen ek maar niks.’ In dieselfde brief voeg Leipoldt by dat hy ook aan 'n stuk oor ‘ons eerste veldrower’ Etienne Barbier werk, maar dat hy liewers met sy stukke oor Elberfeld of oor Eduard II, ‘wat altwee in my laaie lê’, sou wou voortgaan. Aan sy beoogde drama oor Elberfeld werk hy in hierdie jare af en toe. Wanneer hy in 1928 met die Carnarvon Castle van Engeland na Suid-Afrika terugkeer, skryf hy gedeeltes in versvorm van dié drama op die skip se briefhoof en praat hy van sy held as 'n ‘verraaier, martelaar, held of dwaas’ of watter name die ‘opeengehoopte gissings wat ons noem / geskied'nis’ ook al aan hom gee. Op 16 Februarie 1936 laat hy sy vriend T.J. Haarhoff weet dat hy weer met Elberfeld ‘begin sukkel’ het, maar dat dit ‘naar’ is om die mense behoorlik in versmaat te laat praat. Die drama oor Elberfeld sou hy nooit voltooi nie, terwyl daar in sy nalatenskap geen spoor van 'n stuk oor Eduard II te vinde is nie. Wat Leipoldt verder op die gebied van die drama skryf, is van weinig waarde. Op 2 Augustus 1930 teken hy in sy sakdagboekie aan dat hy die eerste bedryf van Die kwaksalwer voltooi het. Op 2 September is dié ‘komediespel in drie bedrywe’, soos hy dit self op die titelblad noem, klaar en begin hy aan Onrus, ook 'n drama in drie bedrywe. Albei dié stukke verskyn in 1931. In Die kwaksalwer behandel hy 'n probeem wat hom as medikus geboei het, maar daardeur beland die figure in die spel op die agtergrond.Ga naar eind94 In Onrus dramatiseer hy 'n spookgeskiedenis en maak hy op effektiewe wyse van toneelmatige elemente gebruik, al het die stuk nie veel om die lyf nie. Vir Die waarheidsliewende kandidaat, 'n drakerige blyspel in verse wat weinig meer as rymelary word, was die gedagte dat M.L. de Villiers musiek sou skrywe. Klaarblyklik het dit nie gebeur nie, want Jacques P. Malan, wat alles sorgvuldig nagegaan het, vermeld dit nie in sy Suid-Afrikaanse musiekensiklopedieGa naar eind95 nie. Leipoldt se teks word ook nooit gepubliseer nie. Wanneer presies hy dié stuk skrywe, is nie bekend nie. Dit moes egter reeds in 1936 klaar gewees het, want in sy onderhoud met P. de V. Pienaar, wat oorspronklik in die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring van daardie jaar verskyn, vermeld Leipoldt dit reeds.Ga naar eind96 Moederplig, wat hy blykens 'n brief aan Haarhoff in April 1938 voltooi en vir Markus Viljoen se vrou | |
[pagina 558]
| |
geskryf het, word eers in 1980 met 'n inleiding deur Merwe Scholtz gepubliseer. In sy brief aan Haarhoff is Leipoldt onseker of die stuk Anna Viljoen sal ‘aanstaan’. Hy meen egter dit is goed, al - en hier wys hy vooruit na 'n latere uitspraak van T.S. Eliot - dat ‘vir die maker ... die laaste maaksel altyd die beste (is)’ en dat hy sy kritiese oordeel oor sy eie werk wantrou. Die stuk konsentreer op die reaksie van 'n vrou wat hoor dat haar seun die doodsvonnis opgelê is en sluit daarmee aan by karakters soos Elsa in Die heks en Martha in Die laaste aand, almal figure wat op die rand van die abnormaliteit beweeg. Van 'n dramatiese konflik is daar egter geen sprake nie en die skuldgevoel van die moeder word nooit gekonkretiseer nie. Die eenbedryf Die byl wat F.C.L. Bosman en J. van der Merwe in 1950 in Vier uitgesoekte eenbedrywe opneem, is nie veel meer as 'n spannende episode in toneelvorm nie. Uit Leipoldt se sakdagboekie van 1947 blyk dit dat hy Die byl op 20 Maart geskryf het. Blykens 'n inskrywing beplan hy in die dertigerjare verder 'n drama oor die Franse Hugenote. Ook van dié drama is daar geen spoor onder sy literêre nalatenskap nie. | |
VIAfgesien van die Swanepoel-moord skryf Leipoldt in die dertigerjare in sy reeks artikels vir The Cape Argus oor die Van der Merwe-moord van 1838, wat hy reeds in 1928 in die verhaal ‘Kattekruie’ verwerk het en wat later ook die boustof vir Karel Schoeman se Die moord op Hesje van der Merwe sou wees. Ook oor die Vrystaatse Cox-moorde van 1856, waaroor Karel Schoeman in Die dood van 'n Engelsman (1982) verslag doen, skryf hy, terwyl hy verder oor die Manuel-moord van 1886 en die Du Plessis-moord van 1903 uitwei. Dat Leipoldt, wat in Londen naas sy mediese opleiding ook 'n tyd lank kursusse in die regte gevolg het, 'n groot belangstelling in gevallestudies en die geskiedenis van uitsonderlike karakters gehad het, lei 'n mens uit dié reeks artikels af, 'n belangstelling wat uit dieselfde bron as dié in die spookagtige en die vreemde voortkom. Daarby moet 'n mens onthou dat hy reeds in Londen bevriend geraak het met Johannes Smith, wat naas sy taalkundige opleiding ook as advokaat gekwalifiseer het. Met sy oom Ewald Esselen, wat as advokaat gepraktiseer het en later in Transvaal as regter aangestel is, korrespondeer Leipoldt tot Esselen se dood in 1918. Daarby was sy vriend Hendrik van Zyl in hierdie jare regter en later reg- | |
[pagina 559]
| |
ter-president van Kaapland. Soms het Leipoldt, wanneer hy die tyd daarvoor kon inruim, sake in die hooggeregshof gaan bywoon. Uit hierdie belangstelling ontstaan Leipoldt se drie speurverhale waarin hy telkens die leser as 't ware prikkel om saam te dink en die hele saak saam met die speurder tot 'n logiese eindpunt en ontknoping te voer. Daarvoor maak hy - soos Arthur Conan Doyle met sy Sherlock Holmes en talle ander skrywers van speurverhale later - gebruik van 'n spesifieke speurder wat telkens optree en wat ook in sy twee speurverhale van korter omvang, ‘Die ongeluk in die vyeboom’ (Die Huisgenoot, 26 Augustus 1932) en ‘Die padvindersaak’ (Die Huisgenoot, 23 September 1932), 'n rol speel. In Die moord op Muisenberg (1932), wat hy van 2 Junie tot 28 Julie skryf, verraai sekere trekke van mnr. Jan Slink, die speurder, 'n verwantskap met Leipoldt self. Slink woon in 'n huis met 'n huishoudster, hy hou van swemuitstappies na St. James aan die Valsbaaise kus, hy vaar dikwels per skip na Durban en hy hou van brug - alles trekke van Leipoldt self. Daarnaas is hy iemand wat ure lank in die biblioteek met naslaanwerk deurbring en 'n goeie kok wat by tye graag mense in sy huis onthaal. Vir sommige mense mag dit onwaarskynlik lyk dat 'n speurder sulke belangstellings het. Slink se antwoord hierop is dat navorsingswerk niks anders is as speurwerk nie: ‘Die opsporing van 'n verslete sitaat - die bestudering van 'n nog onbekende basil - die ontrafeling van 'n ingewikkelde hofsaak - die diagnose van 'n lastige siektegeval - wat is dit anders as speurderswerk?’Ga naar eind97 En ook die kookkuns het baie ooreenkomste met die kuns van die speurder: ‘Wat is jou kuns anders as om aanwysings te rangskik en logiese gevolgtrekkings uit jou gegewens te maak? Wat is die kookkuns anders as om dieselfde te doen? Hierdie skottel nou - dit het my 'n paar weke gekos om die nodige gegewens te kry, nog langer om daaruit die logiese gevolgtrekkings te maak. Siedaar die geslaagde oplossing van 'n probleem.’Ga naar eind98 Juis as gevolg van hierdie ingesteldheid en benaderingswyse van die speurder munt Die moord op Muisenberg en Leipoldt se ander speurverhale nie uit as spanningsverhale nie. Die aksent val op die ontrafeling van 'n geheim, en dikwels sien 'n mens die didaktikus en medikus Leipoldt aan die woord wat by monde van speurder Slink 'n ensiklopediese kennis van allerlei onderwerpe het en wat mense opvoed om logies te dink. So byvoorbeeld verwys Slink na Lombroso en Kretschmer, onderskeidelik 'n Italiaanse antropoloog-kriminoloog wat veral bekend is vir sy studies oor die psigologie van die misdadiger en 'n Duitse psigiater wat gemeen het dat lyers aan bepaalde geestesiektes dikwels ook 'n bepaalde liggaamsbou | |
[pagina 560]
| |
vertoon en dat daar 'n samehang tussen die twee bestaan. Hoewel 'n mens in dié verhaal dikwels voel dat die wetenskaplike verklaring of die uiteensetting van die regsgeleerde vir Leipoldt meer interesseer en die verteller in hom verdring, is die slot met die terug verwysing na die moordenaar Matoz se opmerking dat hy weet ‘wanneer om sy kaarte in te gooi’,Ga naar eind99 'n netjiese sluiting vir die verhaal. Ook Die verbrande lyk (1934) - 'n roman wat hy aan Dot, die vrou van regter Hendrik van Zyl, opdra en waaraan hy in Oktober 1933 werk - is nie die tradisioneel spannende speurverhaal nie. Die eintlike handeling kry 'n mens net aan die begin, terwyl die grootste deel van die verhaal 'n hofdrama met die aanhoor van getuienis en pleidooie ten gunste van en teen die beskuldigde word. Wat 'n mens dus kry, is 'n interne stuk dramatiek: alles word, telkens met verwysing na sekere outoriteite, deur logiese redevoerings beslis. In die inleiding sê Leipoldt dat die verhaal gebaseer is ‘op feite wat miskien nog vars in die geheue van sommige lesers lê’Ga naar eind100 en dat die verhaal ‘minder 'n eintlike “speurverhaal” (is) as 'n probeerslag om 'n moordsaak voor te stel soos dit aangepak word deur diegene wat die gebeurde moet naspoor’.Ga naar eind101 Dat die roman op 'n werklike moordsaak berus, word naas die verwysing na vars feite duidelik as Leipoldt vir die ‘kykie agter die gordyne’ sy dank betuig teenoor sy vriende Hendrik van Zyl en advokaat E.W. Douglass,Ga naar eind102 onderskeidelik die regter voor wie die saak verhoor is en die gewese prokureur-generaal wat die dokumente in verband met die saak aan Leipoldt verskaf het. Die saak waarop Leipoldt die roman baseer, is die Hauptfleisch-moord, wat op 13 Januarie 1925 op Richmond in Kaapland gepleeg is. ‘In the ordinary course,’ sê die prokureur-generaal in sy amptelike verslag, ‘the trial should have taken place at the Victoria West Circuit Court, but the venue was moved to Cape Town on the application of the prisoner, who alleged that owing to local feeling against him existing at Richmond, he would be prejudiced in his defence if the case were tried in a district adjoining or near Richmond.’Ga naar eind103 Vandaar dat Leipoldt die geleentheid gehad het om persoonlik die hofverrigtinge in Kaapstad by te woon. Soos in Die moord op Muisenberg is Jan Slink, ‘nou 'n ingekrimpte mannetjie’ wat van sy rente lewe en na die Karoodorpie kom om van sy griep te herstel, weer op die toneel. Hoewel die verhaal blykens die verslag op Richmond afspeel, is baie trekke van Clanwilliam uit Leipoldt se jeug in die verhaal aanwesig, al heet die dorp hier dan die fiktiewe Evaskroon. | |
[pagina 561]
| |
Soos in die eerste speurverhaal word Slink hier voorgestel as 'n ‘snuffelaar, 'n dilettante speurder, 'n oplosser van probleme’,Ga naar eind104 iemand wat oor allerlei onderwerpe iets te sê het: oor vroueregte en vroue wat hulle met die politiek bemoei en in die jurie wil dien, oor die uitgediende juriestelsel, oor die tyd wat vir klein hospitaaltjies verby is, oor die probleme wat 'n rentenier met inkomstebelasting het en oor die verouderde Romeins-Hollandse regstelsel wat selfs in Nederland laat vaar is. Hoewel dié gedagtes in die mond van Slink gelê word, herken 'n mens hierin van tyd tot tyd die uitgesproke, weerbarstige en aweregse Leipoldt, versterk deur die uiterlike ooreenkomste en gewoontes tussen hom en sy karakter. In die hofsaak self, wat Leipoldt hier grotendeels deur middel van dialoog weergee, steun hy regstreeks op die getuienis tydens die Hauptfleisch-moordsaak. Hendrik, die moordenaar, ly aan 'n alkoholiese psigose en is op die swartlys geplaas. Hy is ‘'n abnormale vent, en dus 'n interessante verskynsel’ vir sowel Slink as Leipoldt. Uit 'n stukkie dialoog tussen Jims en sy vader oor hierdie afwyking is dit duidelik dat Leipoldt sy bête noire Langenhoven, van wie dit bekend was dat hy hom in vlae verwoestend aan die drank kon oorgee en wat by herhaling op die swartlys was, in die gedagte het: ‘Baie respektabele mense is op die swart lys, pa. Ek weet van een van ons bekendste manne wie se naam daarop voorkom ...’ Die moord in die Bosveld, waarvan hy die proewe in Augustus 1939 kontroleer en wat nog voor die einde van dié jaar verskyn, speel af in 'n wêreld wat Leipoldt as skooldokter leer ken het en waar hy telkens, ook ná sy vestiging in Kaapstad, by sy vriend Dolf Hafner sou gaan vakansie hou. Dit is geskryf nadat hy in Julie en Augustus 1937 twee weke lank op Hafner se plaas deurgebring het. Dit verskyn van 22 Julie tot 7 Oktober 1938 in Die Huisgenoot. In Augustus 1939 kontroleer hy die proewe en nog voor die einde van die jaar verskyn dit in boekvorm. Uit die beskrywing van die Bosveld en die groot wildevyebome, ‘die huisvesting van tal van blinkvlerkspreeus, loeries en blou-apies’,Ga naar eind106 sien 'n mens die natuurkenner Leipoldt aan die woord. Wat hy veral waarneem, is | |
[pagina 562]
| |
die verfrissende Bosveldmôres met hul helder lug en die lewendige omgewing: ‘Aan die oorkant van die rivier in die donkergroen vyebome, het 'n trop apies gejakker en die groen lote gevreet. Op die wildewilgers het die visvangertjies gesit, elkeen 'n juweel van pers en goud; en op die kareebome die pragvolle rooi bergswawels wat so 'n weemoedige geluid maak as hulle in kringe vlieg. In die rivierwater het 'n paar seekoeie geblaas, en van ver af het 'n goliat-reier, sedig in bruin en swart, hul kaskenades met onverskilligheid bekyk.’Ga naar eind107 Ook in dié roman is Slink weer saam met die ander groepie gaste op die Bosveldplaas aanwesig en gebruik Leipoldt aan die slot die tegniek van Agatha Christie om die saak deur die speurder te laat beredeneer en die skuldige aan te wys. Wat 'n mens hier hinder, is die wyse waarop die tekening van die omgewing die voortgang van die verhaal vertraag. Soos in die voorafgaande speurverhale volg Slink weer sy metode om alles in verband met die voorval logies te beredeneer en moontlike moordenaars uit te skakel. Aan die einde sal die ontknoping vir die meeste lesers as 'n verrassing kom, al gee Leipoldt, as 'n mens terugskouend die verhaal in oënskou neem, genoeg wenke en wegwysers om die meelewende leser op die regte spoor te bring. In al drie speurverhale maak Leipoldt dus, soos Doyle, van dieselfde speurder gebruik wat die leser stap vir stap na leidrade moet lei en vir hulle leer hoe om op logiese wyse die geheim te ontrafel. En al sal die leser by tye deur Leipoldt se oormaat van inligting en sy omslagtige aanbod verveel word, behoort hy waardering te hê vir die wyse waarop hy ons hier iets van die vindingrykheid van Sherlock Holmes laat ervaar. Daarby sal die ingeligte leser met belangstelling kennis neem van bepaalde aspekte en gewoontes van Slink wat na die biografiese Leipoldt heenwys. | |
VIIDeur sy hele loopbaan as skrywer was Leipoldt ook intens geïnteresseerd in geskiedenis en het hy talle artikels oor historiese onderwerpe gepubliseer. Dat hy dus die een of ander tyd sy hand aan werke van groter omvang op die gebied van die geskiedenis sou waag, spreek eintlik vanself. Uit 'n aantekening wat hy op 15 Augustus 1934 in sy sakdagboekie maak, blyk dit dat Leipoldt met 'n biografie oor Jan van Riebeeck begin het. Op 1 Desember van dieselfde jaar voltooi hy dit in Afrikaans, en vroeg die vol- | |
[pagina 563]
| |
gende jaar begin hy met die Engelse weergawe, wat in 1936 in Londen deur Longmans Green as Jan van Riebeeck: A biographical study gepubliseer word. Die Afrikaanse teks verskyn in 1938 onder die titel Jan van Riebeeck: Die grondlegger van 'n blanke Suid-Afrika in die Ons geskiedenis-serie van die Nasionale Pers. Dit is die enigste werk van Leipoldt wat ook in 'n Duitse vertaling onder die titel Holland grundet die Kapkolonie: Jan van Riebeecks Leben und Werke (Leipzig, Goldmann, 1937) die lig sien. In die voorwoord vir sy biografie oor Van Riebeeck, wat hy aan sy vriend A.E. Allen opdra, maak Leipoldt die verstommende uitspraak dat ‘daar nog geen lewensbeskrywing van ons Landstigter bestaan nie’,Ga naar eind108 terwyl hy 'n bietjie verder in dieselfde voorwoord sy dank uitspreek vir E.C. Godeé Molsbergen se De stichter van Hollands Zuid-Afrika Jan van Riebeeck 1618-1677 (1912), wat hy foutiewelik as Lewe van Van Riebeeck aandui. Dit is 'n boek, gaan hy voort, ‘wat ... vir algar wat oor ons stigter skryf, 'n waardevolle bron moet bly waaruit hulle met erkentlikheid sal moet put’.Ga naar eind109 Verder sê hy dat hy nie aanspraak maak op ‘'n alomvattende historiese omslagtigheid’Ga naar eind110 (sic!) nie en daarom geen lys van geraadpleegde werke byvoeg nie. In werklikheid is sy werk geen nuwe bydrae tot ons kennis van Van Riebeeck nie, maar bloot 'n populêre samevatting wat naas die werk van Godeé Molsbergen veral op Van Riebeeck se Daghregister as bron gebaseer is. In die hoofstukke oor Van Riebeeck se kinderjare en opleiding as arts, waarvan weinig feitelike besonderhede bestaan, kry hy sy inligting uit die soort speletjies waaraan Nederlandse kinders in die sewentiende eeu deelgeneem het en uit mediese handleidings van dié tyd. Daaruit rekonstrueer hy dan fiktiewe besonderhede van Van Riebeeck se kinderjare en opleiding. So 'n werkwyse het tot gevolg dat hy te veel moet veronderstel en dat die biografie in waarskynlikhede en moontlikhede verval. Wanneer hy oor Van Riebeeck se indiensneming deur die Kompanjie skryf, word dit 'n blote fantasie wat met twee naïewe sinnetjies eindig: ‘Of dit werklik so gegaan het, weet ek nie. Maar ek kan dit my so voorstel.’Ga naar eind111 Waar hy by Van Riebeeck se termyn aan die Kaap stilstaan, steun hy op die feitelike inligting in die Daghregister en is die verslag van die kommandeur se lewe meer verantwoord. Ook sy boek oor Die Groot Trek, wat hy by geleentheid van die Simboliese Ossewatrek van 1938 publiseer, is in hoofsaak 'n (nogal dorre) relaas vir die populêre leser. Hier steun hy vir inligting op die studies en bronne in die publikasies van Preller, Walker, Nathan en Gie. Die boek wemel van | |
[pagina 564]
| |
feitelike onnoukeurighede en selfs die aangrypende ervarings by Vegkop, die moord op Retief en die Slag van Bloedrivier word sonder veel verbeelding en te saaklik oorgedra. Vir sy omvattende boek oor Die Hugenote, wat hy skryf ná die fees om dié groep Franse vlugtelinge se aankoms tweehonderd en vyftig jaar tevore te herdenk, het Leipoldt wyd gelees. Hy voltooi die lees- en skryfwerk in die eerste drie maande van 1939 en op 9 September ontvang hy die eerste eksemplare. Hoewel dit ook vir die populêre mark bedoel is, het Leipoldt hier versigtiger te werk gegaan. In 'n hele paar hoofstukke skets hy wanpraktyke soos die aflaatstelsel in die Rooms-Katolieke Kerk en wei hy uit oor die belangrike rol wat 'n humanis soos Desiderius Erasmus en 'n hervormer soos Martin Luther gespeel het. Daarna staan hy stil by die omstandighede in Frankryk wat onder die sonkoning, Lodewyk XIV, tot 'n landsverhuising onder die Protestante aanleiding gegee het. Die laaste sewe hoofstukke word dan gewy aan die koms van die Hugenote na die Kaap, die probleme wat met hulle hervestiging gepaard gegaan en die bydrae wat hulle tot Suid-Afrika gelewer het. In die jare ná die publikasie van dié drie boeke staan Leipoldt in verskeie tydskrifartikels en radiopraatjies stil by sekere aspekte van Van Riebeeck of die Hugenote, wat hy verder verken. So byvoorbeeld skryf hy in Die Huisgenoot van 15 September 1939 oor die benaming ‘Hugenoot’ wat niemand nog bevredigend kon verklaar nie. In 'n radiopraatjie op 6 April 1939 het hy groot waardering vir Van Riebeeck en beskryf hy hom as ‘'n uiters pligsgevoelige, mensliewende, en vir sy tyd en sedes, liberale, verdraagsame man, skrander met die skranderheid van iemand wat soms aan sy verbeelding skiet gee maar wat met gesonde verstand by geleentheid sy emosies kan breidel, en wat deur ondervinding geleer het om die waarde van feite te erken’. Belangrik vir Leipoldt se politieke opvattinge is die artikel oor Van Riebeeck wat hy in Radio-Week van 2 Augustus 1946 publiseer. Hy wys daarop dat Van Riebeeck in sy eerste proklamasie ná sy aankoms aan die Kaap sy landgenote vermaan het om aan die inheemse bevolking ‘alle vriendelijkheid en lieftalligheid te bewijzen, en door minnelijken omgang’ aan die vreemdelinge blyke van hulle beskaafdheid te gee. Op dié wyse is hierdie proklamasie 'n eerste bousteen tot ware beskawing wat in 'n moderne Suid-Afrika steeds van belang is in die verhouding tussen rasse. Telkens laat Leipoldt in hierdie jare van sy vriende weet dat hy aan 'n uitvoerige biografie oor Paul Kruger werk. Op 2 November 1936 skryf hy | |
[pagina 565]
| |
aan Haarhoff dat hy daarmee besig is, maar nog nie begin skryf het nie. Op 20 November laat hy Engelenburg, wat vir hom baie inligting stuur, weet dat sy boek stadig vorder, maar dat hy dit moeilik vind om die baie gegewens te rangskik. Die werk gaan nie merkbaar vooruit nie. Op 31 Augustus 1941 teken hy in sy sakdagboekie aan: ‘Rewrote chapter I of Kruger - 22nd time - but not satisfactory so tore it up.’ Onder sy letterkundige nalatenskap is daar baie knipsels oor Kruger, maar geen spoor van 'n manuskrip nie. 'n Mens vermoed dat Leipoldt in 'n stadium ná 1941 moeg geword het vir Kruger en dat hy naas sy aanvanklike bewondering toenemend meer krities teenoor dié figuur begin staan het. | |
VIIIReeds met sy vestiging in Kaapstad was Leipoldt bekend as uitmuntende kok. Weldra sou sy etes by sy huis in Kenilworth by kennisse bekend begin staan as besondere geleenthede. Telkens publiseer hy artikels of hou hy radiopraatjies oor kulinêre aangeleenthede soos ons eetbare seevisse, ou kookboeke, tafelwyn en sy bediening, wêreldberoemde kokke, plaasvervangers vir vleis, hoe om vleis smaaklik te berei en die geskiedenis van die Constantia-wyne. Met die jare het hy ook 'n besondere versameling kookboeke opgebou wat ná sy dood na die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad gegaan het. Hierdie kosbare versameling bestaan uit 410 stukke. Afgesien van manuskripte uit die agtiende eeu is daar seldsame boeke oor wyn, kaas, nageregte, dieetkunde en resepte vir die siekekamer in die versameling. Naas die baie etes wat Leipoldt vir sy vriende aangebied het, wou hy sy kennis van kos en wyn tot die beskikking van die publiek stel en 'n bydrae lewer tot 'n egte Suid-Afrikaanse tradisie in die kookkuns. Sy Common-sense dietetics van 1911 word in 1936 as The belly book or The diner's guide herdruk, maar die aksent val daarin op 'n gebalanseerde dieet en hoe die mens deur 'n verstandige eetpatroon sy liggaam gesond kan hou. Met die jare het Leipoldt egter baie resepte versamel en nuwes opgestel. Met dié stof begin hy, volgens 'n inskrywing in sy sakdagboekie, vroeg in 1932 aan 'n manuskrip in Afrikaans werk. Op 29 September 1932 voltooi hy dit. Die volgende jaar verskyn sy resepte uit die Kaapse kookkuns in boekvorm onder die titel Kos vir die kenner, 'n werk wat feitlik onmiddellik klassieke status in die Afrikaanse kulinêre literatuur verkry het. | |
[pagina 566]
| |
In sy inleiding tot Kos vir die kenner sê Leipoldt dat die Suid-Afrikaanse manier van kook nie juis van dié van ander lande verskil nie. Daar is wel sommige geregte wat ons eie is, maar die meeste van dié wat ons as inheems beskou, kom dikwels onder 'n ander naam in ander lande voor. Vir egte Suid-Afrikaanse geregte, sê hy dan, ‘moet ons gaan na die veld; ons veldkos is dan ook enig in die opsig dat ons net in Suid-Afrika sulke voedsel soos wateruintjies, veldkool, sanduintjies en jakkalskos kry’.Ga naar eind112 In hoofstuk VI van sy boek staan hy dan by hierdie soort kos uit die veld stil. Wanneer 'n mens Leipoldt se resepte aandagtig lees, word dit duidelik dat hy nie vir die gewone huisvrou skryf nie, maar hom op die kenner en liefhebber rig wat van kook 'n kuns maak en sonder veel praktiese leiding 'n gereg kan berei. Sy werk is dan ook nie 'n handboek met volledige inligting nie, want Leipoldt skram dikwels daarvan weg om presiese hoeveelhede te vermeld. Hy het eintlik dié tipe leser en gebruiker in gedagte wie se smaak reeds só ontwikkel is dat hy sal weet hoeveel hy van 'n bepaalde bestanddeel moet gebruik. Juis hierdie afwesigheid van meetbare eenhede in Leipoldt se resepte het in die besonder tot die filosoof Marthinus Versfeld gespreek. In sy opstel ‘Tot lof van Leipoldt, die kenner van kos’ in sy bundel Tyd en dae sê hy dat Leipoldt se resepte ‘inspirasies’ is, nie ‘formules’Ga naar eind113 nie. Hy skryf: ‘Leipoldt se belangstelling in die kos en die wyn is nie 'n geslote vakkie in sy gees nie. Dit word bestraal deur wat hy was: 'n digter, en 'n digter is iemand wat weet om dinge lief te hê.’Ga naar eind114 By Leipoldt, so gaan Versfeld voort, kry 'n mens nie ‘'n manie vir metrisering ... (nie). Die poësie het 'n ander soort presiesheid. 'n Grypie neutmuskaat, 'n veertjie kaneel, 'n skraapseltjie suurlemoenskil.... Maat en gewig ontstaan uit die sug van die mens om die omgewing te domineer, maar Leipoldt was 'n medeskepsel en nie 'n parasiet op die natuur nie. In alle geval sit daar onkunde agter hierdie presiesheid, miskien ook 'n soort egoïsme. Die een rissie verskil in heerlikheid van 'n ander rissie, en 'n gram roosmaryn uit een tuin is nie noodwendig aan een uit 'n ander tuin gelyk nie.’Ga naar eind115 Om hierdie gebrek aan metriese presisie op te los, het 'n vooraanstaande kulinêre kundige soos Peter Veldsman dit nodig gevind om in sy Eet saam met Leipoldt (1980) spyskaarte uit Kos vir die kenner vir die ‘lekekok’ saam te stel: die persoon wat voor 'n stoof staan en presies wil weet; 'n boek waarmee die hedendaagse gasvrou alles ‘stap vir stap en sonder vrees vir mislukking kan volg’.Ga naar eind116 Leipoldt self het dit nooit gedoen nie, ook nie in die Twenty-nine choice curried dishes wat hy in 1939 vir die firma Cart- | |
[pagina 567]
| |
wright inlei en waarvan later ook 'n Afrikaanse weergawe gepubliseer word nie. Sy rubriek ‘Kelder en kombuis’, wat van 1942 tot 1947 op versoek van Markus Viljoen in Die Huisgenoot onder die skuilnaam K.A.R. Bonade verskyn, word in 1963 deur Fred le Roux as Polfyntjies vir die proe gebundel. Versfeld noem Polfyntjies vir die proe ‘die boek van die maand Oktober, ('n boek) wat weet om die ewigheid in die geur van die kruietuin en die seebries en die doringboom in te adem’.Ga naar eind117 Ook hier is daar geen sprake van metrieke presisie nie. Leipoldt praat net van 'n ‘snoepseltjie mosterd en 'n bietjie olie’,Ga naar eind118 ‘'n rafeltjie knoflok’,Ga naar eind119 'n ‘behoorlike soentjie van botter en neutmuskaat’,Ga naar eind120 ‘'n skraapseltjie nartjieskil en 'n kelkie soet wyn’Ga naar eind121 en ‘'n grypie fyn gemmer, 'n rafeltjie foelie, soveel peper as jou smaak verkies en 'n groot klont botter’.Ga naar eind122 En by die gaarmaak van eiervrug beveel hy aan: ‘Strooi fyn gesnipperde pietersielie oor en dons met witpeper’.Ga naar eind123 Le Roux sê in sy ‘Verantwoording’ vir dié bundel: ‘Die gloed van die herinnering wat ... (oor hierdie opstelletjies) lê, die verlange daarin na 'n tyd en 'n lewe lankal verby, die beskrywings, so vol aandag vir die apostel-egte besonderhede van elke stap in die voorbereiding van 'n gereg - die hele spel met kruie- en speseryname, maak van die beste onder hulle klein kombuispêrels ... wat onmiskenbaar uit die hand van die digter Leipoldt kom.’Ga naar eind124 Die ‘gloed van herinnering’ waarvan Le Roux praat, styg op uit baie bladsye van hierdie mooi boek. ‘Ek kyk terug op my kinderjare,’ skryf Leipoldt. ‘Ek sien in my verbeelding ou aia Hanna, wat kok in die ou Withuis in Strandstraat was, soos sy by die kombuistafel staan. Ek dink ek hoor uit die agterplaas, waar oubaas Haylett 'n soort dieretuin aangehou het, hoe die fisante klak-klak en die kuifkopduiwe koer-koer, want vanuit die kombuis kon jy die hokke sien en die wild daarin bewonder. Dis weer Februarie, maar anders as vandag, want Strandstraat was toe nog nie lewensgevaarlik vir die voetganger nie, en die perdetrem wat daarlangs geloop het, was 'n sedige, stigtelike manier van vervoer in vergelyking met die dwars- en dolspringery van vandag. Op die tafel was 'n mandjie Kanaänsdruiwe, een yslike groot tros soos ons vandag nie meer sien nie. Die aia was besig om die korrels te skil en die pitte versigtig uit te haal.’Ga naar eind125 Soos in Kos vir die kenner sê Leipoldt in Polfyntjies vir die proe dat ons geen eg Suid-Afrikaanse gereg het nie; ‘al wat ons het, is ouderwetse maniere om kossoorte klaar te maak’.Ga naar eind126 'n Bietjie later nuanseer hy hierdie uitspraak: | |
[pagina 568]
| |
Vir die bewering dat ons wel ... ['n inheemse kookkuns] het, pleit die feit dat daar sekere kossoorte is - soos klipkous en wateruintjies - wat net hier te vinde is, en dat ons ten minste een manier van kosbereiding het wat nie in Larousse beskryf word nie - die bereiding vir die tafel van ystervarkvel. Daarteenoor spreek weer die feit dat byna elke sogenaamde ‘Afrikaanse skottel’, wat bestanddele en klaarmaak betref, reeds aan ons voorouers in Europa goed bekend was. Bobotie, byvoorbeeld, word beskryf in 'n ou kookboek wat in 1609, jare voor die stigting van 'n blanke volksplanting aan die Kaap, gedruk is. Ons bredies is niks anders nie as die vleis- en groentemengsels wat in Suid-Frankryk, Spanje en Italië mode was in die middeleeue. Natuurlik was daar in die ou dae geen sprake van byvoegsels soos foelie, neut, peper en ander speserye nie; hulle was veels te skaars om in die gewone kombuis gebruik te word. Eers nadat die Oos-Indiese Kompanjie speserye op groot skaal ingevoer het - in een jaar oor die 100,000 ton uit Indië - was die gewone kok in staat om daaroor te beskik en kon hy sy skottels daarmee geuriger maak. | |
[pagina 569]
| |
te maal wat ek dit geniet het - en dit was werklik 'n genot - was in geselskap van generaal Botha, wat uitdruklik verklaar het dat die kiesvleis van 'n oskop wat op hierdie manier gebraai is, die lekkerste vleis is wat die menslike gebit ooit kan kou.’Ga naar eind127 Oor hierdie oskop as gereg, ‘kompleet met horings en vel in 'n miershoopoond gebraai’,Ga naar eind128 sê Leipoldt self: ‘Die wangvleis daarvan en die verhemelte - ek kan maar net 'n gebaar maak soos die Kleurling-ouderling toe hy in sy preek oor die sap van die wynstok gepraat het!’Ga naar eind129 Leipoldt se speelse en plaerige aanbiedingswyse groei in Polfyntjies vir die proe uit tot essays wat van sy beste prosa verteenwoordig en in stukke soos ‘'n Jakkalskossoufflé’ en ‘'n Speenvarkie’ hoogtepunte bereik. Veral ‘'n Speenvarkie’ illustreer Leipoldt se unieke speelse aanslag in sy kulinêre prosa op sy beste. Nadat hy die voorbereiding van die speenvarkie stap vir stap beskrywe het, sê hy: Sit nou die skepseltjie in die braaipan, diep genoeg om hom te beskut teen 'n oormaat van hittegloed op een besondere plek. Voeg sagte vet of botter by. Strooi fyn sout en 'n bietjie peper oor en sit die pan in die oond wat behoorlik warm moet wees, nou nie juis so warm as wat dit vir Sadrag en sy maats bestem was nie, maar tog warm genoeg om dadelik, of altans binne 'n paar minute, die sappe in daardie maagdelike velletjie dik te maak. Draai die diertjie gereeld om en hou aan met die gesmelte vet of botter daaroor te gooi. Wees nie ongeduldig nie, maar wees sekuur en altyd op jou hoede dat geen millimeter van die velletjie sonder druipsel bly nie en dat die hitte van die oond eweredig en egaal op die hele oppervlakte van die varkie is. Net daardeur kry ons die heerlike mooi goudbruin en die tien maal heerliker kraakbrosheid wat so bros-teer as 'n oblietjie behoort te wees. Sodra dit gaar is, kan jy 'n deksel oor die braaipan sit en die hittegraad van die oond verlaag. Die diertjie kan nou nog effentjies smoor in die druipsel, net lank genoeg om die vulsel en sy eie sagte weefsels deeglik gaar te maak. Maar weer raai ek versigtigheid aan. Die presiese moment om die juweeltjie na 'n koeler omgewing te verskuif, is iets wat 'n kundige kok slegs deur bittere ondervinding aanleer. | |
[pagina 570]
| |
sier hom met 'n suurlemmetjie in sy mond, 'n bossie pietersielie om sy stertjie en hou hom goed warm totdat hy na die tafel geneem word.Ga naar eind130 | |
IXIn die dertigerjare verskyn van Leipoldt, naas al sy ander geskrifte, twee boeke van outobiografiese aard. In 1932 werk hy die reisindrukke wat hy reeds in 1912 in sy ongepubliseerde Visit to the East Indies opgeteken het, om tot Uit my Oosterse dagboek, terwyl hy in Bushveld doctor (1937) van sy ervarings as skooldokter in Transvaal verslag doen. Kort voor sy dood begin hy met die optekening van sy jeugherinneringe. Daarvan kon hy net 'n eerste hoofstuk voltooi wat postuum as bylaag by Viljoen se 'n Joernalis vertel (1953) gepubliseer word. Hoewel dokumentêre gegewens in dié verband ontbreek, vermoed 'n mens dat Leipoldt in 1912 sonder sukses probeer het om sy Visit to the East Indies in Brittanje gepubliseer te kry. Die Afrikaanse Uit my Oosterse dagboek verskyn oorspronklik as aflewerings in Die Huisgenoot en Leipoldt het geen probleem om dit as boek by die Nasionale Pers te laat publiseer nie. Wanneer hy sy ervarings as skooldokter onder die titel Bushveld hakim in 1937 aan die Londense firma Longmans Green voorlê, het die uitgewers egter sterk voorbehoude. In 'n brief van 15 Julie 1937 skryf hulle dat die werk te hibridies is en tussen persoonlike memoires en 'n verslag van die lewe en toestand in Suid-Afrika aarsel. ‘A writer of memoirs’, skryf die uitgewers, ‘should not be so modest as to hide himself from the reader. The reader wants to know not only the events of his life but to get to know the writer himself.’ Klaarblyklik het die leser van Longmans Green die manuskrip met verwagtinge gelees waaraan Leipoldt in daardie stadium nie kon voldoen nie, want dit was nie sy bedoeling om 'n volledig outobiografiese werk te skryf nie. Die aarseling om die boek te publiseer, was dan ook 'n groot flater. Bushveld hakim word onmiddellik daarna deur Jonathan Cape vir publikasie aanvaar. Omdat die woord hakim vir Britse lesers onbekend was, versoek die uitgewers Leipoldt om die titel in Bushveld doctor te verander. Jonathan Cape publiseer dit verder sonder wysigings in 1937. Sowel Uit my Oosterse dagboek as Bushveld doctor is produkte van 'n gevoelige waarnemer en 'n gekultiveerde mens. In die Afrikaanse literatuur van dié tyd was Uit my Oosterse dagboek en die besondere wyse waarin Leipoldt daar- | |
[pagina 571]
| |
in oor sy reiservarings verslag doen, 'n unikum. Met Bushveld doctor toon hy plek-plek 'n verwantskap met Herman Charles Bosman en Pauline Smith, maar met die uitgesprokenheid oor sensitiewe aangeleenthede hoor 'n mens die duidelike stem van Leipoldt, wie se oorspronklike en eerlike kyk op sake hier nie in blote aweregsheid vassteek nie, maar deur logika gesteun word. Saam met sy bydrae vir The Cambridge history of the British Empire, wat in 1936 verskyn, is Uit my Oosterse dagboek en Bushveld doctor veral van belang vir wat Leipoldt te sê het oor onderwerpe, in die besonder op die gebied van die politiek, wat vir die Afrikaner van daardie jare meestal sensitief was. Na aanleiding van die Nederlandse goewerneurs in Oos-Indië se praktyk om hulle ten koste van die inheemse bevolking te verryk, sê Leipoldt in Uit my Oosterse dagboek dat so 'n onsedelike stelsel nooit kon deug nie; ‘die enigste waaroor 'n mens jou kan verwonder, is dat dit so lank sonder 'n uitbarsting gegaan het’.Ga naar eind131 Hy skryf met waardering oor Raffles, wat tydens die kort tydperk van Britse bewind in Oos-Indië in sy onderhandelinge met die ‘inboorling-opperhoofde’ met 'n politiek begin het ‘wat vir ons vandag hier in Suid-Afrika miskien van belang is’.Ga naar eind132 En dat die geskiedenis van die Nederlandse politiek op hierdie eilandryk vir die Afrikaner van dié tyd iets is waarin hy hom kan spieël en waarin hy 'n rigtingwyser vir sy eie beleid kan vind, blyk uit 'n enkele sinnetjie aan die einde van die boek: ‘Een van die allergrootste vrae wat die Afrikaner homself moet afvra, is in hoever hy die sedelike reg het om in 'n land met 'n gemengde bevolking 'n afsonderlike politiek uit te voer waarin die inboorling nie regstreeks aandeel of seggenskap het nie.’Ga naar eind133 In Uit my Oosterse dagboek spreek Leipoldt hom, in teenstelling tot die Engelse voorganger van sy reisindrukke, nie verder oor dié sake uit nie, aangesien die Afrikaner, blykens sy voorwoord ‘nog baie prikkelbaar en oorgevoelig is wat kritiek oor ons eie aangeleenthede betref’.Ga naar eind134 In briewe en artikels uit die dertigerjare laat hy hom wel uit oor politieke sake. In 'n artikel in sy ‘Diwagasies’-rubriek in Die Volkstem verwerp hy die moontlike terugkeer na 'n republikeinse staatsvorm op die model van die ou Transvaal en Vrystaat, waar drie kwart van die bevolking geen regte as burgers gehad het nie. In 'n ware republiek, soos Frankryk en die VSA het, is daar geen onderskeid tussen onderdane nie en maak kleur, geboorte, stand en geestelike meer- of minderwaardigheid geen verskil nie. Die kwart wat by ons in 'n stelsel soos dié in die gewese republieke bevoorreg word, sal dit natuurlik waardeer. ‘Maar’, gaan hy voort, ‘wat van die res, | |
[pagina 572]
| |
wat tog net so goed aanspraak kan maak op daardie indiwiduele vryheid en daardie voorregte wat 'n egte demokrasie aan sy burgers waarborg?’Ga naar eind135 Wanneer J.B.M. Hertzog se wetgewing rakende die swartes in die parlement ter tafel gelê word, skryf hy op 16 Februarie 1936 aan Haarhoff: ‘Vir hierdie week spook die Volksraad om ons te verlaag tot 'n aller-onliberaalste nasie deur die inboorling vir ewig en altyd tot vyand te maak.... Ek sien geen kans vir ons arme ou land om voort te sukkel met 'n gekniehalterde drie vierdes van sy bevolking (nie).’ Veral het hy dit teen die stilswye van J.C. Smuts en J.H. Hofmeyr, wat as adjunkpremier en minister in die volksraad of op kabinetsvergaderings volgens hom niks gedoen het om Hertzog van sy beleid te laat afsien nie. Na aanleiding van F.C. Kolbe se dood skryf hy in dieselfde brief aan Haarhoff: ‘sy weerga sal ons bra nie meer vind nie in 'n wêreld wat behaai maak oor groot en klein Jannies wat altwee te sleg is om met sedelike moed vorentoe te tree.’Ga naar eind136 En op 20 Maart 1936 sê hy in 'n verdere brief aan Haarhoff die ‘nare naturelle wetgewing is aan die deurgaan - 'n swart vooruitsig vir ons wat liberaal gesind is’. Dié wetgewing is vir hom tipies van die psigologie van die deursnee-Afrikaner, wat ‘nou ten enemale 'n vrees kompleks besit’. Die afkeer wat Leipoldt van Smuts en Hofmeyr het, word net oortref deur sy renons in Hertzog. Wanneer Hertzog op 21 November 1942 sterf, verskyn daar net 'n enkele sinnetjie in telegramstyl in sy sakdagboekie: ‘Hertzog died - outlived his usefulness.’ Dit is egter veral in die hoofstuk oor die ‘Cultural development’ in Suid-Afrika in The Cambridge history of the British Empire, deel VIII, dat Leipoldt se politieke opvattinge en sy siening van die Afrikaanse kultuur duideliker blyk. In Suid-Afrika, so begin hy, woon twee blanke volkere wie se kultuur verskillend ontwikkel het. Tog het hulle mekaar so merkbaar beïnvloed dat 'n mens vandag - die vroeë dertigerjare toe die hoofstuk geskryf is - die aanvang van 'n nasionale Suid-Afrikaanse kultuur waarneem waarin die beste en durendste elemente van die kultuur van elk geassimileer word. In die tyd van die VOC is weinig gedoen om die kultuur van die moederland hier te handhaaf en was die koloniste hoofsaaklik besig om vir hulle eie materiële welsyn en gerief te sorg. Naas die Kasteel aan die Kaap het die kerke 'n belangrike rol in die kulturele behoud gespeel. Aanvanklik het die kerk alle bevolkingsgroepe tot eredienste toegelaat. ‘Indeed,’ skryf Leipoldt, ‘there can be no question about the liberal attitude of that early church at the Cape.’Ga naar eind137 Die meestal in Nederland opgeleide predikante was oorwegend mense ‘of broad human sym- | |
[pagina 573]
| |
pathy and a liberal outlook’,Ga naar eind138 'n geesteshouding wat ook kenmerkend van die negentiende-eeuse Duitse sendelinge was. Die latere bekrompenheid was afkomstig van die Skotse predikante met hulle konserwatisme en onverdraagsaamheid. Hoewel Leipoldt hier die kulturele ontwikkeling van Suid-Afrika in hooftrekke skets, blyk sy eie siening duidelik uit die wyse waarop hy die geskiedenis interpreteer en wat hy as belangrik uitlig. 'n Mens kan byvoorbeeld 'n vraag stel by sy uitspraak dat daar in die dertigerjare werklik sprake van die begin van 'n eie nasionale Suid-Afrikaanse kultuur waarneembaar was en of die ontwikkeling nie steeds, tot betreklik onlangs in elk geval, in hoë mate onafhanklik van mekaar plaasgevind het nie. Wat die amptelike erkenning van Afrikaans betref, sê Leipoldt: ‘No language can permanently subsist on official recognition alone if it lacks the strength and capacity to survive on its own merits. For Afrikaans the danger of dystrophic development is peculiarly great, because it has alongside it a world language of proved permanence and adaptability.’Ga naar eind139 Hy maak die boeiende uitspraak dat juis die feit dat Suid-Afrika deur Afrikaans as verpligte skoolvak geleidelik tweetalig word, die prestige van die taal teenoor Engels kan laat afneem, ‘unless Afrikaans can rival the latter in its cultural appeal’.Ga naar eind140 Op die oomblik, gaan hy voort in 'n gedeelte waarin hy die verknooptheid van Afrikaans met 'n bepaalde politieke strewe as 'n gevaar sinjaleer lank voordat dit deur latere kommentators genoem sou word, ‘it stands in a favoured position because it is the visible sign of Afrikaans culture, the expression of the Afrikaans-national ideals of half the white population of the Union. It may be that, to some extent, it has gained that position by mistaken political agitation and by too much insistence upon the fallacious slogan that “the language is wholly the people”, and that its development has been so rapid that the dangers of too early recognition have been overlooked.’Ga naar eind141 Die gevaar is tans dat Afrikaans saam met Engels 'n amptelike taal is, ‘and that it can only maintain its position by becoming an instrument of cultural development that can subsist and flourish, not necessarily in opposition to, but alongside of English. To do so, it must display the adaptibility, virility and wide reach that English undoubtedly possesses.’Ga naar eind142 Die Afrikaanse literatuur is aan die groei, maar die vraag is of dit met 'n kulturele middelmatigheid genoeë sal neem of verder sal ontwikkel. ‘So far’, sê Leipoldt, ‘it has been nourished upon a national sentiment that is more appreciative of political advantage than of aesthetic and cultural distinction.’Ga naar eind143 Die taal word tans | |
[pagina 574]
| |
geforseer om leesmateriaal vir skole te verskaf en vir 'n publiek wat nog nie deur die kritiek opgevoed is om tussen ware en minderwaardige literêre waardes te onderskei nie. Waarteen hy dit dus het, is die kunsmatige ontwikkeling van die taal en die feit dat die voorgeskrewe tekste in Afrikaans so ongunstig met dié in Engels vergelyk, veral aangesien dieselfde stelsel van voorskryf vir albei tale gegeld het. Om byvoorbeeld teenoor David Copperfield 'n roman soos Die hart van Moab voor te skryf en teenoor 'n Shakespeare-drama 'n stuk soos 'n Esau, kan nie die beeld van Afrikaans in die oë van Engelstalige kinders bevorder nie. Wanneer hy in Bushveld doctor by die Afrikaanse literatuur en die Afrikaanssprekende se liefde vir sy eie kultuur en tradisie stilstaan, wei hy in die besonder uit oor die verknogtheid van die Afrikaner aan sy taal en hoe groot sy begeerte is om dit nie deur die kultuur en tradisie van sy Engelstalige medeburger te laat verswelg nie. ‘The love of languages’, sê hy, ‘is of all national characteristics the one that best exemplifies a solidarity based on cultural aspiration, and it was only natural that the Dutch-speaking citizen should claim for his home language the same rights and privileges that his English brother tacitly assumed for his.’Ga naar eind144 En hy sluit sy beskouing oor hierdie reg van die Afrikaner af teen die versweë agtergrond van lord Alfred Milner se taalimperialisme wat met die bevoorregting van Engels alle vorme van Hollands vir goed wou uitwis: ‘Had that premise been accepted from the first, and its direct and indirect implications been honestly and generously acknowledged in practice, South Africa would have been saved much political wrangling and wasteful controversy.’Ga naar eind145 Met verwysing na sy afkoms uit 'n sendelingfamilie en 'n herediteit ‘that can see no specific distinction in the human race and that recognize all mankind as belonging to one family, however diversified by colour, custom, or creed its various components may be’,Ga naar eind146 sê Leipoldt dat hy van vroeg af geleer het ‘to regard white and black not as different species but as the same race separated by a cleft that in time could, and, as I was told, inevitably would, be bridged by a common civilization’.Ga naar eind147 Teen die agtergrond van die heersende wetgewing en openbare mening in verband met die swartes in Suid-Afrika, gaan hy voort, is dit vrugteloos om teen die onreg te protesteer, ‘however illiberal and intolerant it is. The majority of our citizens regard such legislation as the least that can be done to safeguard the interests of white civilization. To my missionary mind it seems hopelessly wrong.’Ga naar eind148 Die Indiërs wat, behalwe in beperkte gebiede, geen grond kon besit nie en nie volwaardige landsburgers kon word nie, is deur | |
[pagina 575]
| |
baie blankes beskou as 'n gevaar. By geleentheid het 'n lid van 'n skoolkomitee aan Leipoldt gesê die Indiërs is 'n ‘damned danger ... and the sooner they are expelled the better all of us will be pleased’.Ga naar eind149 Wat die vrees vir kompetisie betref, waaruit die gevoel teen Asiërs, Jode en by implikasie ook swartes en bruines voortkom, sê Leipoldt: ‘No civilization buttressed by class legislation that is the result of such fear can defeat the attritive influence of time and culture, neither of which makes any allowance for inferiority that must be continually strengthened by artificial supports. It is a pity that those sections of the community in South Africa that are today benefited by such class legislation do not realize that it is a double-edged weapon that sooner or later will be turned against them.’Ga naar eind150 In aansluiting by hierdie sterk bewoorde protes teen wetgewing wat verskille op ras baseer, skryf Leipoldt in 'n latere hoofstuk oor die voorskrifte wat vir 'n swarte geld: ‘He has to carry an identification pass - which, in itself, is not anything to grumble at provided it is not, as now, meant to imply a discrimination between black and white.’Ga naar eind151 Hy gaan voort: ‘There are other disabilities under which the native labours. He has no part in the administration of the country; although he pays taxes, he is voteless. He may even employ white men to work for him, but he is always in an inferior position, and I have heard him call his white bywoner, who works for him on his farm, “Master” (Baas). The dice are loaded against him in all industries, although without his assistance no industry in South Africa can exist.... He does not always get justice in the courts of law.’Ga naar eind152 In 'n profetiese blik op die toekoms (wat hy nie sou belewe nie) skryf Leipoldt: ‘The present tendency is to imagine that our native problem can be solved by what is known as segregation: which in practice means that the native should nowhere compete with the white man but that the white man should, where convenient, make use of the native. Theoretically segregation is the solution of the problem. Van Goens and Van Riebeeck knew it to be a solution when they advocated that their embryonic white settlement should be cut off from all contagion with native influences by cutting a canal across the Cape Peninsula. In those days such a policy might have been feasible. Today it is merely farcical. The native is an integral part of the community of South Africa and it is scientifically absurd to contemplate the development of the white community without contemplating at the same time the development of the preponderant native population, and frankly to face the inevitable conse- | |
[pagina 576]
| |
quences of such development.’Ga naar eind153 Indien van hierdie standpunt van Leipoldt voor die apartheidsfase deeglik kennis geneem is, sou die geskiedenis in Suid-Afrika dalk 'n ander loop geneem en sou die land baie leed en ellende gespaar gebly het. Leipoldt laat hom in Bushveld doctor ook uit oor sake wat vir die Afrikaner van destyds en nog baie later ‘heilige koeie’ was. Hy vind dit vreemd dat die Afrikaner so 'n besondere waarde vir sy nasionale sentiment heg aan Geloftedag, wat destyds Dingaansdag genoem is. Dit is veral vreemd in die lig van die feit dat dié feesdag nie uitgekies is om die gedegenereerde tiran van die Zoeloes te herdenk nie, maar om die vernietiging van sy mag en die verlossing van die Boere van die vrees vir aanvalle te vier. Die gebeurtenis wat herdenk word, is nie, sê Leipoldt, ‘of such vital importance to all South Africa as it was to the party of emigrant Boers at the time’.Ga naar eind154 In vergelyking met die groot veldslae in die geskiedenis van Wes-Europa het die Slag van Bloedrivier geen groot indruk op Leipoldt as kind gemaak nie. Die aanspraak vir Dingaansdag as 'n algemene vakansiedag, gaan hy voort, kan 'n teësin wek by dié ‘who are of the opinion that we should remember all the Voortrekkers, all our pioneers, from van Riebeeck onwards, and not single out a special, and after all not especially magnificent victory over the natives, for particular remembrance and celebration. Nor is it advisable or expedient to signalize a victory obtained with so little sacrifice. Let us rather say, those who object to Dingaan's Day, honour the Voortrekkers by holidaying on a day to be known as “Voortrekker” or “Pioneer” Day, preferably on a date that has no relation to massacre and victory, and make our homage to these intrepid men and women something in which all sections of the community, white and black alike, can share, hurrahing them not because they killed and conquered but because they endured, accomplished and achieved and laid the foundations of a civilization that should be common to all so far as its benefits and its culture are
concerned.’Ga naar eind156 Daar was min mense in die Suid-Afrika van die dertigerjare wat hul besware teen 'n seksionele viering ten koste van ander bevolkingsgroepe so logies kon formuleer en hul standpunt met soveel visie op die toekomstige ontwikkeling van die land kon stel. Dit is weer die Leipoldt wat 'n eng nasionalistiese en chauvinistiese standpunt verwerp en 'n ruimer geestelike horison vir sy mense bepleit. Leipoldt die holis en kosmopoliet, die man wat in staat is om 'n plaaslike gebeurtenis soos die Slag van Bloedrivier met die groot veldslae elders te vergelyk, is hier aan die woord. | |
[pagina 577]
| |
Maar ook oor sake waaroor mense van destyds nie eers bereid was om te redeneer nie en waaroor selfs vandag slegs met skroom gepraat word, was Leipoldt bereid om sy standpunt te stel. Oor eutanasie, wat eers betreklik onlangs in 'n vrysinnige land soos Nederland gewettig is, publiseer hy reeds in 1937 'n aangrypende hoofstuk in Bushveld doctor onder die titel ‘The right to die’. Hy begin die hoofstuk met 'n verslag oor die lyding van 'n vrou in 'n rondawel vir wie hy besoek het. Die vrou, terminaal siek aan kanker, moes folterende pyn verduur en wou graag sterf. Die distriksgeneesheer wou egter uit vrees vir selfmoord nie genoeg morfine by haar laat nie. Die medikus, skryf Leipoldt na aanleiding van hierdie geval, is natuurlik uit die aard van sy beroep en sy Hippokratiese eed verplig om lewens te red, nie te vernietig nie. ‘But there are cases, like that of the woman in the rondavel,’ gaan hy voort in 'n passasie waarin hy sy standpunt oor die genadedood besonder helder uiteensit, ‘where our logic and our humanity both seem at fault. We cannot help that. Public opinion, made effective by a realization of the facts, may in time help us to clarify our disturbed professional consciences, and assign to us the right, under certain well-defined conditions and with equally well-expressed precautions, to act as merciful executioners in cases where the infliction of a painless death becomes an obligation upon us and a boon to the sufferer.’Ga naar eind157 En hy sluit die hoofstuk met die volgende insiggewende gedagtes af: ‘There are times when life, this life to which we are all inclined to attach a value far higher than what Nature assesses it at, becomes an offence to him who has it, a sheer parody of joy and beauty, a caricature of its ideal loveliness so grotesque as to swamp all emotion except pity. When that stage is reached and the victim is conscious that his sole consolation lies in the effective translation of that emotion of pitying charity into action, and is eagerly wishful that it should be so translated, who shall say that it constitutes a moral offence on the part of the doctor to become a party to such action? When I remember the woman in the rondavel, I ask myself that question, and I can find only one answer to it, and that is “None!”’Ga naar eind158 Naas eutanasie laat Leipoldt hom uit oor destyds omstrede kwessies soos geboortebeperking, kremering en homoseksualiteit. In 'n openhartige hoofstuk oor ‘Sex and sentiment’ verwys Leipoldt na die vroeë nedersettings in Nieu-England waar streng wette met betrekking tot ‘illicit sexual intercourse’Ga naar eind159 sonder enige sukses toegepas is. In die Suid-Afrika van die dertigerjare is op homoseksualiteit, selfs in mediese kringe, neergesien en was dit wetlik 'n halsmisdaad. ‘It is lamentable’, | |
[pagina 578]
| |
skryf Leipoldt, ‘that homosexuality is still regarded, even by some medical men, as a sex perversion, and that its discussion has been overloaded by the jargon of pseudo-scientific inanities. There would be less difficulty in understanding it, and in dealing with its manifestations sanely, if we were to rid ourselves of the traditional concept, enshrined in the law of practically all Protestant countries, that it is an anti-social abnormality. In South Africa it is still, I believe, a capital crime for two male citizens to practise it, although the last recorded case in which sentence of death was pronounced (but not carried out) was in 1861, and since then the accused have been proceeded against for crimen injuria and not, as the old indictments have it, for “a venereal affair with one of his own sex”, with a correspondingly lower sentence. The law against homosexuality, applicable only to males, is a remnant of Canon law, which again is a relic of Mosaic law, grounded ... not on utilitarian considerations, as modern exponents of Roman Dutch law allege, but on a purely religious basis.’Ga naar eind160 Leipoldt spreek hom nie verder uit oor die wenslikheid of onwenslikheid van homoseksualiteit naas heteroseksualiteit in 'n gemeenskap nie, behalwe om daarop te wys dat die statistieke uit veroordelings in howe geen aanduiding van die voorkoms daarvan is nie. Die feit is dat homoseksualiteit wel bestaan. Daar is geen bewys, sluit hy af, ‘that its manifestations are any more injurious to his communal integrity than are the manifestations of heterosexuality. Indeed, were ... (a citizen) asked his opinion he would probably say that heterosexual loss of control is of far greater baneful significance to his tribe than homosexuality; the former spoils his property, the latter causes him no material loss.’Ga naar eind161 Van die waarskynlik klein eerste oplaag van Bushveld doctor in 1937 het net enkeles Suid-Afrika bereik, terwyl die grootste gedeelte van die tweede oplaag in een van die eerste bombardemente tydens die Tweede Wêreldoorlog vernietig is. Eers in 1980, met Leipoldt se eeufeesviering, is dit weer deur Human & Rousseau uitgegee, gevolg deur 'n verdere uitgawe deur Lowry Publishers in 1989. Met sy geestelike vryheid staan hierdie boek in die groot ‘liberale’ tradisie van J.H. Hofmeyr, J.C. Smuts, F.S. Malan, en Deneys Reitz. Uys Krige noem dit by geleentheid dan ook een van die merkwaardigste boeke wat nog in Engels in Suid-Afrika geskryf is, nie ‘alleen omdat Leipoldt daarin met sy liberale lewensbeskouing duidelik voor die dag kom nie, maar omdat hy van 'n konkrete, direkte en besonder soepel taal gebruik maak wat nog deur min Engelse skrywers in ons land geëwenaar is’.Ga naar eind162 | |
[pagina 579]
| |
XIn sy brief van 29 Maart 1939 aan M.P.O. Burgers spreek prof. D.B. Bosman dit as sy oortuiging uit dat Leipoldt net in sy poësie sy diepste oortuigings verwoord het en volstrek eerlik was. Dit is 'n te kras uitspraak wat 'n skaduwee werp op alles wat Leipoldt as joernalis of in ander literêre vorme verwoord het. Hoewel hy met sy speelse inslag dikwels toneelgespeel het, was hy, volgens die getuienis van baie van sy vriende, 'n diep ernstige, opregte mens. Die politieke oortuigings wat hy in 'n boek soos Bushveld doctor formuleer, kom byvoorbeeld uit dieselfde diepste kern van Leipoldt die sendelingkind voort as die persoonlike verse wat hy in Uit drie wêrelddele bundel en laat in die twintigerjare en in die dertigerjare skryf. Wanneer hy as joernalis dikwels aweregse uitsprake gemaak het, was die kind in hom aan die woord wat daarvan gehou het om mense te terg. ‘My eie verklaring’, skryf Markus Viljoen,Ga naar eind163 ‘is dat hy die groot publiek graag uit sy verstandelike lusteloosheid wou wakkerskud en daarom af en toe 'n verklaring gemaak het wat so oordrewe geklink het, omdat 'n mens 'n waarheid alleen op daardie manier by die massa ingang kan laat vind. As joernalis het hy natuurlik ook geleer dat dit die buitengewone is wat aandag trek en nie die gewone nie.’ Tog is dit so dat 'n mens in sy poësie dikwels naby kom aan die diepste essensie van die verwikkelde mens Leipoldt. Die eerste werk wat Leipoldt as digter sedert sy terugkeer na Kaapstad in 1925 in boekvorm publiseer, is die epies-beskouende gedig Die bergtragedie, wat in 1932 verskyn. Dit handel oor die dood van 'n jong seun wat op 'n uitstappie teen Tafelberg verongeluk en wie se gees oor die Skiereiland en die Wes-Kaap rondswerf voordat dit in die ruimte opgeneem word. Volgens sy eie getuienis het Leipoldt reeds in 1899 daaraan begin skryf en gedeeltes daarvan - soos die lied aan Wellington, Tulbagh en Kaapstad - in 1903 in Londen voltooi.Ga naar eind164 Wanneer hy in 1940 vrae oor sy eie werk vir Die Huisgenoot beantwoord, sê hy: ‘Die bergtragedie het ontstaan uit 'n gebeurtenis wat my diep geskok het toe ek 'n jong joernalis in Kaapstad was, en dit is in potlood geskryf in Engels en Afrikaans in 1899. Die twee oorspronklike stukke verskil in menige opsig van mekaar, en hulle het hier in Kaapstad bly lê totdat ek in 1914 teruggekom het. Eers in 1926 het ek hulle weer oorgelees, en in altwee het ek iets gevind wat my die moeite werd gelyk het om mee voort te gaan. Ek het toe die Afrikaanse stuk afgewerk, hier en daar gewysig en met behulp van prof. D.B. Bosman van die Universiteit van Kaapstad persklaar gemaak.’Ga naar eind165 | |
[pagina 580]
| |
Leipoldt vermeld hier nie watter gebeurtenis hom in sy dae as jong joernalis so geskok het nie. In sy artikel oor ‘Die Kaapse Mahatma’ in Die Huisgenoot van 18 Oktober 1946 skryf hy egter oor ‘die aantreklike jong seun’ Isidore Michaels wat in 1900 ‘met 'n ballon opgestyg het oor Tafelberg’ en daarna verongeluk het, en sê hy dat hy een van die twee mense was wat die lykskouing bygewoon het. Indien Michaels die persoon is op wie die gestorwe jongeling in Die bergtragedie gemodelleer is, kon die gedig dus nie in 1899 begin ontstaan het nie. Jare lank het Leipoldt die eerste proewe van Die bergtragedie laat lê en dit eers weer opgeneem toe die dood van nog 'n jong man in 'n bergklimongeluk teen Tafelberg hom na die vroeë teks teruggevoer het. Hierdie jong man, Harold Cyril Looch, 'n student aan die Universiteit van Kaapstad, het op 28 Junie 1924 teen Tafelberg gaan klim en nie teruggekeer nie. By herhaling het soekgeselskappe die berg vergeefs gefynkam en sy verdwyning was in Kaapstad die bron vir allerlei stories en gissings. Eers op 26 Julie is sy lyk teen die kruin van Afrika-ravyn gevind.Ga naar eind166 Hoewel Leipoldt hierdie tweede treurspel nie in sy Huisgenoot-artikel oor sy eie werk vermeld nie, het hy dit wel teenoor Burgers in 'n onderhoud genoem. Waarskynlik het hy reeds in 1924, terwyl hy nog in Pretoria was, van die ongeluk verneem en is verdere besonderhede in verband daarmee ná sy vestiging in Kaapstad in 1925 aan hom meegedeel. Hoe dan ook, Looch se dood was die aanleiding vir Leipoldt om die werk aan sy gedig te hervat. Op 13 Maart 1926 teken hy in sy sakdagboekie aan dat hy met die skryf en herskryf van Die bergtragedie besig is. Onder sy nagelate geskrifte in Engels is daar net 'n fragment van ongeveer drie en 'n halwe bladsy van dié gedig wat bewaar gebly het.Ga naar eind167 Tog moet hy in 1926 die gedig in sy geheel in Engels voltooi het, want op 21 Junie van dié jaar skryf hy in sy sakdagboekie dat Jonathan Cape die manuskrip van The mountain tragedy teruggestuur en dat hy dit dieselfde dag na Unwin gepos het. Van 'n publikasie in Engels kom daar egter niks nie. Drie jaar later begin hy met die Afrikaanse teks en op 10 Augustus 1929 teken hy aan: ‘In evening finished Bergtreurspel.’ Blykbaar het hy dit weer in 1931 oorgewerk, want van 26 Junie tot 10 Julie verskyn dit in aflewerings in Die Huisgenoot, al is 'n fragment daaruit reeds vroeër in Die Volkstem van 15 Januarie 1927 gepubliseer. In sy artikel oor sy samewerking met Leipoldt vestig J.J. Smith die aandag op 'n enkele drukfout: | |
[pagina 581]
| |
Ons het eendag oor sy Bergtragedie (1932) gepraat, en toe het ek hom gevra wat die eerste tien reëls van daardie gedig tog precies beteken. Ek het hom die verse voorgelees en opgemerk dat veral die neënde en tiende reël vir my onverstaanbaar was: Die najaar wat die lelieblom
Laat blaarloos bloei, die lente, kom.
Hy het die boek uit my hand geneem en self gelees. Ná 'n rukkie stilte sê hy ongeduldig: ‘Maar daar's 'n drukfout in die tiende reël! Daar moet op leegtes in plaas van die lente staan!’ En toe lees hy weer: Die najaar wat die lelieblom
Laat blaarloos bloei op leegtes, kom.Ga naar eind168
In sy artikel oor sy eie werk praat Leipoldt van ‘sekere drukfoute’Ga naar eind169 wat in die publikasie in boekvorm ingesluip het. 'n Vergelyking met die teks in Die Huisgenoot lewer egter, afgesien van dié waarop Smith die aandag gevestig het, geen verdere setfoute op nie. Die ander verskille met die tydskrifteks is wysigings ten opsigte van spelling, woordkeuse, woordvorm en verdelings van versparagrawe. By herhaling het Leipoldt beweer dat Die bergtragedie sy beste werk is. ‘Dit is die enigste van my werke’, skryf hy, ‘waaraan ek baie tyd en moeite bestee het om my gedagtes so helder as moontlik uit te druk. Miskien juis daarom is dit dat my kritici niks daarin kon sien nie.’Ga naar eind170 Later sê hy dat die gedig volgens hom ‘van 'n dieper gehalte en met veel meer verbeeldingskrag getuig as enigiets wat in Oom Gert opgeneem is’.Ga naar eind171 Hierby voeg hy dat die gedig 'n ‘jeugdige verbeeldingskrag’Ga naar eind172 voorstel en dat dit ‘tegnies’Ga naar eind173 beter is as enige van sy ander digwerke. Hy sê verder dat kritici soos Albert Verwey en Lionello Fiumi dit as sy beste werk beskou; ‘Fiumi was so vriendelik om een van sy bundels aan my te stuur met die toevoeging: “A le poete de la tragedie de la montagne.”’Ga naar eind174 Hierdie gunstige uitsprake oor 'n eie werk is die sekerste getuienis dat Leipoldt by tye geen insig in die waarde van sy eie werk gehad het nie. Op 'n Afrikaanse tydgenoot soos E.C. Pienaar het Die bergtragedie met die ‘doolhof van Leipoldt se kronkelende verbeeldingskrag’Ga naar eind175 'n verwarrende indruk gemaak. Hoewel Burgers en W.J. du P. Erlank by geleentheid enkele gunstige opmerkings oor die gedig kwytgeraak het, was ook die | |
[pagina 582]
| |
meeste latere kritici soos N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw en Rob Antonissen nie te spreke daaroor nie. Antonissen noem dit ‘'n laagtepunt: 'n mengsel van serebraliteit en geforseerde entoesiasme, 'n anorganiese aaneenlyming van heterogene stukke, 'n enkele keer verdienstelik in die natuurvisie, maar meestal 'n dreun (uitsluitend gepaarde manlike ryme, uitsonderlik 'n enjambement of 'n ritmiese variasie) en vol doodverslete digterlike taal en banale abstrakthede’.Ga naar eind176 Waarskynlik was Leipoldt vriendelik gesind teenoor hierdie ‘kunskind’ van hom, omdat hy daarin die eerste keer in poësievorm in bepaalde passasies die skoonheid van die manlike liggaam besing en omdat hy in die swewende siel en sy opgaan in die ‘wêreldsiel’ iets van sy Boeddhistiese ideaal beliggaam. In die verlede het kritici wat homoërotiese elemente in Leipoldt se poësie wou aantoon, hulle veral beroep op sy siening van Bennie in ‘Oom Gert vertel’ as ‘'n Regte mooi soort vroumenskêreltjie’,Ga naar eind177 al het dié beskrywing in die konteks van die gedig juis die funksie om die jeug en daarom ongeskiktheid van die seun vir militêre diens te benadruk. Vandaar die byvoeging: ‘'n Skeermes het hy glo nog nie gebruik nie.’Ga naar eind178 Hoewel geensins so eroties as Van Wyk Louw se besinging van Koki se skoonheid in RakaGa naar eind179 nie, word die skoonheid van die seun se liggaam nadat hy verongeluk het, tog deur die digter opgemerk: 'n Kind se liggaam, slank en rein,
Waarin elke rondte, elke lyn,
En elke spier volmaak bewys
Die skoonheid wat die kunst'naar eis
Van wat hy vir sy kunsmodel
Gekies het; sag, fluweel-glad vel,
Net stadig deur die wind gelooi
Tot ligte bruin, waardeur die rooi,
Jong lewensbloed, toe lewe daar
Gehuisves was, in elke aar
Geskyn het; spiere slank en sag,
Deur werk gerond tot jonglingskrag
Wat nog sy onmondige slankheid hou
En sierlik oor die beengebou
Gegolf het, toe bewegingslus
Dit aangespoor het om bewus
Te krimp tot harde bande wat
| |
[pagina 583]
| |
Die waarskusenuprikkel vat
Wat elke spier en weefsel voel
En voortsit tot 'n daad met doel.Ga naar eind180
Belangriker as dié siening van die seun se slanke lyf is die wyse waarop Leipoldt hier sy Boeddhistiese oortuigings wil vergestalt. In 'n artikel oor wat die Boeddhiste oor die hiernamaals glo en wat Leipoldt op 19 Mei 1928 in Die Volkstem publiseer, sê hy dat sodra die mens sy empiriese bewussyn verloor en sterf, hy volgens die Boeddhiste 'n ander soort gewaarwordingsvermoë kry: die reine bewussyn wat hom in staat stel om die kleurlose en gedaantelose omgewing waarin hy hom nou bevind, te bespeur. In hierdie toestand kan hy uiteindelik volmaak en onbeperk ervaar, in teenstelling tot die begrensde ervaring van vroeër, en die purna (geheel) bereik. Hierdie geheel bereik die gestorwene egter eers na 'n tyd. Onmiddellik ná sy dood - die eerste Bardo-toestand - word hy van 'n ander omgewing bewus as wat hy op aarde geken het. Daarna - die tweede Bardo-fase - volg 'n tydperk van 'n paar weke - gewoonlik veertien dae - waarin hy nog nie weet dat hy ‘dood’ is nie en gedurig probeer om in aanraking te kom met sy aardse omgewing. Elke minuut gewaar hy voorwerpe en dinge wat hy op aarde geken het, dinge wat hy nie kan aanraak nie, omdat hulle net in sy eie verbeelding woon, maar deur sy nuwe sintuie gematerialiseer word. Vir die siel is dit 'n onplesierige tydperk, omdat hy sy vriende sien maar nie met hulle kontak kan maak nie. Wanneer hy uit dié fase is en die derde Bardo-toestand bereik, is hy bewus van die feit dat hy ‘dood’ is. Nou het hy herinneringe aan sy aardse bestaan en hy word gekwel deur nare beelde van sy eie slegte gewoontes op aarde. Wanneer hy besef dat hy geen liggaam meer het nie, gaan hy 'n nuwe liggaam soek. Voordat hy weer gebore kan word in 'n vleeslike liggaam, word hy egter tot die oordeel geroep. Van hierdie Boeddhistiese gedagtes, soos Leipoldt dit vertolk het, vorm die grondslag van Die bergtragedie en sy voorstelling van die warende gees van die gestorwe jong man. Wat 'n mens in dié gedig mis, is die nodige beelding om hierdie nadoodse bestaan voor te stel. Die geheel is te wydlopig om die leser te oortuig en die rymdwang en verstegniek is - soos Antonissen opgemerk het - só hinderlik dat 'n normale lees van dié uitgesponne gedig net nie moontlik is nie. 'n Mens het die gevoel dat die filosofiese substratum, net soos in die Die groot geheim van sy tydgenoot Celliers, die beelding verdring en nie die ylheid van inhoud kan | |
[pagina 584]
| |
verbloem nie. Hoewel sy kennismaking met die Ooste Leipoldt as mens en sy werk kon verruim, wil dit voorkom of sy verdieping in die Oosterse wysbegeerte iets amorfs in hom agtergelaat het. Skoonheidstroos (1932), waarin Leipoldt van sy gedigte ná Uit drie wêrelddele versamel, word met die hulp van prof. D.B. Bosman, wat ook die titel vir die bundel voorstel, persklaar gemaak. Heelparty van hierdie verse het vroeër in tydskrifte verskyn. Dié bundel verteenwoordig weer 'n styging in Leipoldt se poëtiese vormgewing, al staan dit as geheel op 'n laer vlak as Uit drie wêrelddele. In aansluiting by Die bergtragedie is daar in dié bundel verse waarin aspekte van die Oosterse wysbegeerte, soos die leer van die reïnkarnasie, karma en die uiteindelike nirwana, neerslag vind. 'n Mens sien dit byvoorbeeld in ‘Karma’,Ga naar eind181 wat weinig meer as 'n stuk berymde filosofie word, en in ‘Om mane padne hum!’,Ga naar eind182 Leipoldt se weergawe van die Oosterse bidspreuk ‘Aum mani padme aum’: God, wysheid, lotus, God. Soos vroeër in ‘Mymering’ in Uit drie wêrelddeleGa naar eind183 verkies hy bo 'n moontlike reïnkarnasie in dié gedig 'n toestand waarin die liggaam en gees geen nadoodse voortbestaan het nie. Dié verse is egter van die mins indrukwekkende in die bundel. Sentraal in hierdie versameling is nie meer die intense genot by die aanskouing van die natuurskoonheid, soos in die beste slampamperliedjies van vroeër nie, maar 'n poging van die ouerwordende man om uit sy jeug iets van die vreugde en die verwondering van die kind te red. Die verse oor die ouderdom is dan ook van die aangrypendste, in die besonder die eerste van die reeks sonnette: Ek soek, in pelgrimstogte deur die duine,
Die stem wat eenmaal ek as blootvoets kind
Gehoor het en verstaan het in die wind ...Ga naar eind184
En die sonnet eindig met 'n wending wat in die tweede deel van reël 9 'n aanvang neem: Maar hoe ek vlytig luister
Na vroeër ritmes op die wind se snare,
En taal wat kom van die klanklustige see,
Ek hoor net grof geritsel en gefluister.
Ek mis die juigkreet wat in kinderjare
Die weergalm van die branders my kon gee.Ga naar eind185
| |
[pagina 585]
| |
Anders as vroeër is die vreugde ook nie so uitbundig nie. 'n Sekere droefgeestigheid oorheers in heelparty gedigte en baie verse verloop in bespieëling en introspeksie. Daarmee word hierdie poësie minder sintuiglik en staan die talle natuurbeelde wat wel voorkom, in die weg van die gedagte-inhoud. Tog bied die skoonheid van die natuur steeds 'n troos waar hy kan skuiling vind in die wêreld van sy jeug: As ouderdom, wat alles breek, 'n houvas op my kry,
Dan vlug ek na die Hamtam, waar ek hoort.Ga naar eind186
en: Gee vir my boegoe, en kanniedood-blare.Ga naar eind187
Hoewel baie van die drie en twintig verdere slampamperliedjies wat hy hier opneem, deur die neiging tot bespieëling ontsier word, is die beste onder hulle 'n waardige toevoeging tot Leipoldt se oeuvre. Onder hulle is ‘Kom gee vir my polfyntjie’, wat 'n mens met die versoek om 'n klein stukkie kosbaarheid, 'n ‘Vielliebchen’,Ga naar eind188 as 'n speelse liefdesvers kan interpreteer. In ‘Wys my die plek’, waarvan die eerste reël na Multatuli teruggevoer kan word,Ga naar eind189 is die toon heeltemal anders. Die sprekende ek rig hom hier voortdurend tot 'n afwesige geliefde jy en roep 'n vroeëre tyd van geluk en liefde in die herinnering, 'n tyd wat onherroeplik verby is en aan die slot 'n feitlik elegiese klank gee. In die derde strofe word die herhaling van ‘Kyk, dis dieselfde’ met die woorde ‘Net jy nie’, en daarmee die irrasionele vasklou aan 'n afgelope verhouding, verbreek. Met hierdie sinvolle wysiging kan hy dan ook die illusionêre ‘ons liefde wat uithou en alles vergoed’ wysig tot ‘my liefde wat uithou en alles vergoed’. Nou sê hy regstreeks dat die afwesige jy van hom en hulle liefde vir mekaar vergeet het, terwyl hy alleen vir 'n durende liefde moet ‘boet’. Daarmee word die halsstarrige weiering om die afloop van die verhouding in die gesig te staar, finaal vernietig en word die spreker gekonfronteer met sy eie eensaamheid ter wille van 'n liefde wat hy nooit kan vergeet of uit sy sisteem kan weer nie: Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
| |
[pagina 586]
| |
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moes die meeste dra?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?Ga naar eind190
‘Pater Servaas’, die lang gedig waarmee die bundel open, is gebaseer op Limburg Brouwer se roman Akbar, wat Leipoldt as kind gelees en hom al die jare bygebly het. Dit vertel die verhaal van 'n fanatieke sendeling wat in die Ooste 'n sogenaamd heidense ryk tot die Christendom wil bekeer, maar dan deur die redeneervermoë en vriendelikheid van die Oosterlinge só beïnvloed raak dat hy aan sy eie geloof begin twyfel en na die veiligheid van die klooster terugvlug. In breë trekke vergestalt Leipoldt hier die ervaring van sy vader, wat onder aanhangers van die Islam in Soematra gewerk het, alhoewel die besonderhede van Pater Servaas nie met dié van sy vader ooreenstem nie. Die gegewe van die gedig is pakkend, maar die geheel word ontsier deur die gebrek aan dramatiese progressie, die parentetiese konstruksies, die hortende gang en die ritmiese onsekerheid. Hoewel 'n bietjie wydlopig is ‘'n Kersnaglegende’, die legendariese verhaal van Judas wat één nag in die jaar gegun word om op die Noordpoolvelde af te koel, beeldend veel meer bevredigend. Daarby gee dit 'n aangrypende beeld van menslike eensaamheid, waarmee dit 'n verwantskap toon met sommige van die sonnette waarin daar sprake is van 'n moedelose ‘twyfel aan die lewenstaak’. Die vier en twintig sonnette wat Leipoldt hier bundel, is oor die algemeen swak, omdat die digter heel dikwels die metriese skema moet vul met retoriese wendinge en niksseggende byvoeglike naamwoorde of omdat die sin van die geheel deur die swierige vaart van die verse meegesleur en deur die neiging tot die abstrakte oorwoeker word. Nêrens blyk dit duideliker dat Leipoldt nie altyd meester van sy vers is nie. Die gedig, so formuleer Van Wyk Louw hierdie beswaar, gly dikwels ‘onseker, tastend van een rymwoord na die ander totdat hy die draad van wat hy eintlik wou sê, verloor en totdat die sin, die hele verloop van die gedig, volkome deur die ryme bepaal is’.Ga naar eind192 As voorbeeld hiervan noem Van Wyk Louw die negende sonnet: Is Liefde - net maar Liefde - sterk genoeg
Vir lewe en wat lewe van hom eis?
Vir plig, vir ly, vir uithou as die grys
Die goud oorstelp en skemer alte vroeg
Ga naar eind191 | |
[pagina 587]
| |
Die lug versluier, nog voor jy, mat en moeg,
Die nag kan groet as iets wat vir jou wys
Die poorte van 'n nuwe paradys,
Waarin jy nie meer hoef te huil of swoeg
Of liefhê of moet haat nie? Hy wat ly
Vir wat hy liefhet, vir sy liefde, skat
Homself te hoog, sy liefde alte ryk
Om twyfel toe te laat, of, wat hy kry,
Benoud, kleinsielig af te meet na wat
Sy liefde eis, voordat sy siel beswyk.Ga naar eind193
Daarteenoor is daar verse waarin Leipoldt die beelding en die ritmiese gang mooi met die uiterlike skema van die sonnet versoen, soos in ‘Kinderverstand’, ‘Voorbeelde’ en die eerste vyf reëls van ‘'n Droomland’: As ek my ruig verbeelding reg verstaan,
Dan skep hy vir my uit sy skatkis, waar
Hy rykdom van die eelste soort bewaar,
'n Mooier wêreld as wat ooit die maan
Bestraal of ooit die son oor ondergaan -Ga naar eind194
Onder die ander verse in Skoonheidstroos is ‘Volksplanterslied’Ga naar eind195 seker van die swakste wat Leipoldt geskryf het, terwyl ‘Die winter kom’Ga naar eind196 blote maakwerk is. ‘Bosveldlied’Ga naar eind197 is 'n los reeks beskrywings en beelde wat, telkens met ‘Ek sal vir jou gee’ as inset, aanmekaar geryg word. In vergelyking met ‘Die kronkelpad van Kanniedood’,Ga naar eind198 wat enkele mooi reëls bevat en met 'n strenger tug 'n mooi gedig kon geword het, is ‘Die trekvoël’Ga naar eind199 met die flou aanwending van 'n paar bekende Leipoldt-truuks suiwer rederykersgestamel. Daarteenoor is ‘'n Kersnaggebed’,Ga naar eind200 ten spyte van enkele onnoukeurighede en slordig gebruikte woorde, 'n indrukwekkende bede waarin Leipoldt met fyn woordkeuse, soos met die plasing van ‘Uit’ aan die begin van 'n reël, en daarmee met die ritmiese variasie, 'n besondere effek bereik: Leen my die kennis wat my spoor tot klim
Uit bo die kranse van onwetendheid;
Sodat U skepsel, tot U diens gewyd,
Die lig kan raaksien waar die waarheid glim.
| |
[pagina 588]
| |
Ná die smeking om geduld, hoop, lus en goedertierenheid mond die bede aan die slot uit in 'n versoek dat hy in die natuur wat hy as kind leer ken het, iets van 'n goddelike skoonheid mag ervaar: Die las van jare, ouderdomsverdriet
- Die kers wat uitbrand tot die blaker-blik -
Skenk my geduld om dit te dra, verkwik
Deur wat die tyd wat voorlê nog kan bied.
Vir daelikse arbeid gun my hoop en lus
- Die oes is geil en alte kort die tyd -
Besiel my in U goedertierenheid
Om voort te werk totdat U Dood my sus.
Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou
Die wonderskat my toebedeel as kind:
Dat ek, in wat ek op U wêreld vind,
Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou.
In 1936 het Leipoldt sy Slampamperliedjies uit Oom Gert vertel en ander gedigte, Uit drie wêrelddele en Skoonheidstroos in 'n nogal eienaardige volgorde saamgebundel. In 1944 versamel hy sy Versieboord vir kinders waarin, naas die kindergedigte ‘Die duiwelby’ en ‘In die spens’, die pragtige ‘Die Slamaierwinkel’ met sy bekoorlike klankspel opgeneem is. Postuum verskyn van hom in Afrikaans twee bundels wat saamgestel is deur P.J. Nienaber en J.R.L. van Bruggen: Die Moormansgat en ander verhalende en natuurverse (1948) en Geseënde skaduwees (1948). Alhoewel die meeste gedigte in hierdie twee bundels sedert 1932 dateer en uit tydskrifte versamel is, kom daar ook enkele gedigte van vroeër voor. In die eerste bundel sluit die titelgedig aan by sy spanningsverhale en sy belangstelling in abnormale karakters, maar dit mis die dramatiese intensiteit van Leipoldt se ander verse van groter omvang. Sommige van die natuurverse is nie sonder verdienste nie, maar hulle staan agter by die beste van vroeër. Dit geld ook vir Geseënde skaduwees, wat by verskeie bekende Leipoldt-motiewe (soos die bekoring van die Ooste en die verlore liefde) aansluit. Albei bundels toon in hoe 'n mate Leipoldt weinig aandag aan die versorging en tegniese afwerking van sy gedigte bestee het. In die Versamelde gedigte (1980) word verse opgeneem wat verspreid in tydskrifte verskyn het of nog nooit gepubliseer is nie. Naas | |
[pagina 589]
| |
die lang gedig ‘Faustus’ en enkele mooi kindergedigte wysig dié verse niks aan Leipoldt se beeld as digter nie, al verras hy die leser steeds van tyd tot tyd met sy pragtige beelding. Dit geld byvoorbeeld vir 'n vers wat van omstreeks 1930 dateer, jare lank in die besit van W.E.G. Louw was en met 'n paar grammatikale korreksies en die byvoeging van interpunksie tot 'n bekoorlike gedig uitgroei: Die hartbeeshuis van pannekoekdeeg
En 'n muur daarom van marsepein,
Die binnewerf mooi skoon geveeg,
Met 'n blou sybokseil oorspan,
En rondom berge van suikerbrood,
Geel soos goud en wit soos kryt,
Waaragter die son sy daaglikse dood
Loop soek in 'n see van moskonfyt.
- 'n Snaakse droomgesig, maar luister:
Dis net so snaaks 'n wêreld hier
As in die aand vol windgefluister
Die skemer en sterre kermis vier.Ga naar eind201
| |
XIIn 1934 word Skoonheidstroos saam met Totius se Passieblomme en W.E.G. Louw se Die ryke dwaas vir die Hertzogprys vir Poësie oorweeg. In hulle gesamentlike verslag sê G. Dekker, F.E.J. Malherbe en M.L. du Toit, die lede van die letterkundige kommissie, oor Skoonheidstroos: ‘Leipoldt se jongste werk vertoon die gebrek aan selfkritiek wat hierdie individualis so kenmerk, maar dit is ryk aan verbeelding van die digter se vreugde aan die sinnelike skoonheid; ook gee dit skone vertolking van sy deur bittere sielestryd verworwe berusting.’Ga naar eind202 Die kommissie beveel aan dat net Die ryke dwaas bekroon word, maar op 12 November 1934 besluit die Akademieraad, sonder dat die besluit gemotiveer word, dat die Hertzogprys ‘eweredig verdeel sal word’Ga naar eind203 tussen Leipoldt, Totius en Louw. Leipoldt laat hom dié bekroning welgeval. Wanneer die Hertzogprys vir Drama in 1944 laattydig vir Die heks en Die laaste aand aan hom toegeken word, wil hy dit aanvanklik weier. Hy aanvaar dit egter op aandrang van Markus Viljoen, maar op voorwaarde dat hy dit nie by 'n openbare ge- | |
[pagina 590]
| |
leentheid hoef te ontvang nie. Prof. D.B. Bosman het daarop 'n paar vriende van Leipoldt na sy huis oorgenooi en met verwysing na ‘die vereffening van 'n ou skuld’Ga naar eind204 die prys aan hom oorhandig. In plaas van 'n paar woorde van dank het Leipoldt egter 'n voorbereide toespraak uit sy binnesak gehaal en 'n hele paar instansies, waaronder die Akademie en die Kerk, begin aanval. Van die gaste, onder wie die eerbied waardige dr. A.J. van der Merwe van die Groote Kerk, was onthuts, maar Leipoldt is heel tevrede met die Hertzogprys in sy sak huis toe!Ga naar eind205 Die belangrikste eerbewys wat Leipoldt tydens sy lewe ontvang het, is die eredoktoraat wat die Universiteit van die Witwatersrand in 1934 aan hom toeken. Op 7 September 1934 skryf prof. H.R. Raikes, die prinsipaal, aan hom: I have great pleasure in informing you that the Council and Senate of this University have decided to offer you the degree of D. Litt. honoris causa as a small recognition of your services to the Afrikaans Language and Literature. By dié geleentheid skryf The Star op 10 Oktober 1934: ‘In conferring the honorary degree of Doctor of Literature upon Dr. C. Louis Leipoldt, the University of the Witwatersrand last night paid graceful tribute to the young but growing school of Afrikaans writers. It also gave honourable recognition to a career of astonishingly versatile achievement.... The degree conferred upon Dr. Leipoldt is ... at once a well-deserved honour and a wise and graceful gesture. It represents and encourages a spirit of the greatest importance to the future peace and prosperity of South Africa.’ 'n Ander eerbewys wat na sy kant toe kon gekom het, was vir Leipoldt nie aanneemlik nie. Terwyl hy premier was, het genl. J.B.M. Hertzog aangebied om Leipoldt Suid-Afrika se staatsdigter, ongeveer soos die Britse ‘poet laureate’, te maak. Leipoldt se enigste reaksie was 'n hartlike lag.Ga naar eind206 | |
[pagina 591]
| |
XIIWanneer 'n mens Leipoldt se gepubliseerde werk as skeppende kunstenaar en as joernalis in die jare 1925 tot 1944 in oënskou neem, val naas die groot omvang en verskeidenheid die wisselende gehalte dadelik op. By tye kon hy as prosaïs en dramaturg met pragtige dinge kom, terwyl hy ander kere nie alleen met middelmatige en swak werk tevrede was nie, maar van dié stukke as sy beste werk beskou het. As 'n mens van die getuienis van Markus Viljoen uitgaan, kry jy die indruk dat Leipoldt feitlik op die lopende band werk - tot selfs poësie - kon lewer. Skryf was iets wat hy, om 'n vroeë reël van hom in 'n ander verband aan te haal, ‘uit puur verstrooiing’Ga naar eind207 gedoen het, of dit nou goeie werk was en of hy dit in die aand weer ‘snippermand’! Dit geld in die besonder vir sy poësie. Daar is verse van Leipoldt wat tot die swakste poësie behoort wat tot omstreeks 1930 in Afrikaans gepubliseer is en sy insinkings is grotesker as dié van sy tydgenote Celliers en Totius. Maar daarteenoor is hy in sy beste werk, ook dié in die tydvak 1925 tot 1944, nie deur een van sy tydgenote oortref nie en slegs deur Eugène N. Marais met sy Dwaalstories en Boesmangedigte geëwenaar. Wanneer Leipoldt in Desember 1940 sestig word, publiseer Markus Viljoen in Die Huisgenoot 'n reeks artikels oor Leipoldt se werk. Naas artikels deur Dekker oor sy dramas en P.C. Schoonees oor sy prosa skryf Van Wyk Louw in dié uitgawe oor sy poësie, die beste oorskoulike artikel wat ooit oor dié digter gelewer is. Van Wyk Louw skroom nie om pertinent Leipoldt se swakhede as digter uit te wys nie en sê onomwonde dit is ‘die swakste hulde aan 'n digter om sy minderwaardige werk net so te “huldig” soos sy beste’.Ga naar eind208 Maar terselfdertyd verklaar hy onomwonde: ‘Onder sy beste werk is dinge wat die duursaamste in ons taal sal bly.’Ga naar eind209 Daarby, sê Van Wyk Louw, ‘het digter en volk mekaar deur 'n gelukkige toeval getref, sodat Leipoldt wyer bekend geword het as 'n mens van so 'n alleenstaner sou verwag. In net so 'n mate as Celliers, en veel meer as Totius en Marais, het hy 'n digter van die volk geword, hoewel hy so selde uitdruklik vir die volk geskrywe het. Hy wou homself alleen volledig uitspreek, maar vir duisende het hy 'n openbaring van 'n nuwe gevoelslewe in ons land geword.’Ga naar eind210 |
|