Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 489]
| |
IV
| |
[pagina 491]
| |
Hoofstuk XV
| |
[pagina 492]
| |
persoonlikheidsverskille hulle uiteenlopende politieke opvattinge, ook waar dit taalpolitiek aanbetref, verantwoordelik vir Leipoldt se sterk afkeer. In 'n brief van 17 November 1934, meer as twee jaar ná Langenhoven se dood, skryf hy aan T.J. Haarhoff: ‘Die Langenhoven kultus verkwyn so stadigaan hierlangs, maar dit is diep ingewortel omdat ons mense nou eientlik galsterig sentimenteel is en dit sal bly.’ Daarteenoor het hy, ondanks alle lewensbeskoulike verskille, 'n waardering vir Totius gehad. In 'n brief van 23 November 1936 aan Haarhoff wonder hy of Totius nie 'n eredoktoraat vir sy literêre werk kan kry nie, ‘al is dit van Deventer, soos Steyn gekry het’. Totius is en bly vir hom ‘ons mees Afrikaanse pionierskrywer; hy verteenwoordig - met al sy gebrek aan plastiek - die essensiële Calvinistiese bekrompenheid van ons volk, en as sulks verdien hy waardering en agting’. Blykbaar het Leipoldt nie besef dat die woord ‘bekrompenheid’ in dié konteks 'n uiters negatiewe konnotasie bevat nie! Ook vir ander skrywers uit dié jare het Leipoldt lof. Wanneer hy by geleentheid deur P. de V. Pienaar ondervra word, sê hy I.D. du Plessis is een van die beste onder die jongeres, ‘omdat hy spontaneïteit en oorspronklikheid aan die dag lê en die Godgeseënde gawe van 'n “sense of humor” het’.Ga naar eind5 Du Plessis, destyds student en later dosent aan die Universiteit van Kaapstad, kon jare later nog onthou dat Leipoldt kort ná sy aankoms deur die opvoedkundige vereniging van die universiteit genooi is om oor sy verse te kom praat. Met die intrapslag het hy sy gehoor geskok deur te sê dat sy gedig ‘Die seepkissie’ deur baie mense verkeerd vertolk word. In werklikheid, het hy gesê, is dit 'n ‘juigkreet’,Ga naar eind6 'n interpretasie waaroor 'n mens maar net kan gis en waaroor Leipoldt ook later nie weer uitgewei het nie. Deur die skilder Hugo Naudé, een van Leipoldt se oudste vriende, wat op Worcester 'n kunsskool gehad het, is Leipoldt gevra om na Du Plessis se eerste ongebundelde verse te kyk. Tydens die gesprek oor sy werk een aand het Du Plessis nie veel meer van die verstegniek te wete gekom nie, maar hy kon 'n beter begrip van die mens Leipoldt kry en merk dat daar onder 'n onverskillige en selfs onvriendelike uiterlike iemand met 'n goeie hart geskuil het.Ga naar eind7 Wanneer hy in dié jare nie saans 'n afspraak moes nakom nie, het Leipoldt meestal tot laat in die nag op die naat van sy rug op sy bed gelê en lees of by sy lessenaar aan 'n artikel of kortverhaal gesit en tik. Sy leesstof - soms wetenskaplik, soms net ligte speurverhale - het hy in 'n bruin Gladstone-handsak by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Koningin Victoriastraat gaan haal en huis toe gebring. Wanneer 'n bewonderende vreem- | |
[pagina 493]
| |
deling sommer op straat 'n praatjie met hom wou aanknoop, kon hy hom baie onvriendelik voordoen en geen genade betoon nie. As raadslid van die Suid-Afrikaanse Biblioteek kon hy dikwels met waardevolle besonderhede vorendag kom, maar dikwels ook met minder betroubare en relevante inligting die bespreking op sypaadjies laat beland. Hoewel hy van nature 'n alleenloper was, het hy, wat by geleentheid in 'n gedig oor die ‘spinnekop-hart van 'n vrou’Ga naar eind8 geskryf en as 'n vrouehater bekend gestaan het, goed met sy vriende se vroue oor die weg gekom, veral as hulle, soos Frina Botha, vrou van prof. M.C. Botha, of Anna Viljoen, vrou van Markus, redakteur van Die Huisgenoot, in die kookkuns bedrewe was.Ga naar eind9 Dit was by 'n aandete in Waldo, die Viljoens se huis in Oranjezicht, dat Leipoldt, nadat Anna Viljoen as enigste vrou dié aand uit die geselskap weg is, weer van sy metode gebruik gemaak het om mense te skok. Een van die gaste het die opmerking gemaak dat hy prof. J.J. Smith, wie se eerste vrou hom ontval het en wat in 1934 weer getroud is, 'n paar dae vantevore in Kaapstad raakgeloop het en dat hy geskok was om te sien hoe siek Smith daar uitsien. Terwyl almal in die geselskap ontsteld was oor die mededeling oor die hoogs gerespekteerde Smith, het Leipoldt toegeslaan: ‘Maar natuurlik, hoe kan hy anders lyk? Hy naai veels te veel!’Ga naar eind10 Leipoldt se neiging om mense te skok, sy kosmopolitiese ingesteldheid en sy dikwels spottende uitlatings oor die Afrikaner se trots op sy afkoms en sy kulturele prestasies is iets wat baie mense opgeval en in die harnas gejaag het. In 'n artikel in die Natal Mercury van Desember 1926 spreek hy dit as sy oortuiging uit dat Afrikaans geen ekonomiese toekoms het nie en stem hy saam met 'n Rhodesiër wat sy kind nie Afrikaans wou laat leer nie. Kort voordat hy in 1928 na Brittanje sou vertrek, sê hy in 'n lesing voor die Algemeen Nederlands Verbond in Kaapstad dat die Afrikaanse letterkunde ‘sal kwyn en verdwyn as nie steun gesoek word by die Nederlandse letterkunde van vandag en die verlede nie’.Ga naar eind11 By herhaling waarsku hy teen die oorskatting en ophemeling van alles wat in Afrikaans geskryf word en pleit hy vir 'n vergelyking met wat in ander lande verskyn. In dié verband kon hy egter soms baie eienaardige dinge kwytraak. By geleentheid het hy gesê die Afrikaanse letterkunde behoort nie aan wêreldstandaarde gemeet te word nie, maar eerder aan dié van 'n klein landjie soos Portugal.Ga naar eind12 Oor wie hier te lande die vergelyking moes doen en waarom nie 'n nog kleiner landjie soos Nederland nie, het Leipoldt hom nie uitgespreek nie! Ook polemies kon hy oor sake rakende die Afrikaner standpunt inneem. Wanneer H.P. Lamont, dosent in Frans aan die Transvaalse Univer- | |
[pagina 494]
| |
siteitskollege, in 1932 die boek War, wine and women anoniem publiseer en daarin kwetsende dinge oor die Afrikaner en sy voorsate kwytraak, word hy deur vier jong mans van sy woning ontvoer en geteer en veer. Hierdie voorval en sy afdanking as dosent nadat sy identiteit as outeur in die daaropvolgende hofsaak bekend gemaak word, laat Leipoldt heftig reageer. In teenstelling tot Langenhoven, wat in die postuum gepubliseerde ‘Die boetekollekte’ die optrede van die teer-en-veerders verdedig, teken Leipoldt in Die Volkstem van 14 April 1932 in belang van alle skrywers protes aan teen die ‘nuwe reël’ dat 'n skrywer nie geregtig is om sy karakters te laat praat op 'n manier wat, ‘hoe aanstotelik dit ook vir sommige mag wees, realisties en waar is. En nog verder protesteer ek ten sterkste teen die veronderstelling dat as iemand iets skryf wat sommige Afrikaners verkeerd en lelik vind, hy daarom en daarvoor uit sy betrekking moet gesmyt word.’Ga naar eind13 En sy vriende by die Afrikaanse pers het hy aanstoot gegee met sy uitspraak dat ons koerante nog hoofsaaklik op 'n uitheemse, hoofsaaklik Engelse, fondament berus, nog nie 'n eie tradisie ontwikkel het nie en gevolglik geen bydrae tot die kulturele ontwikkeling van die Afrikaner lewer nie.Ga naar eind14 Leipoldt se soms kortaf optrede, afgewissel deur sy menslikheid en vriendelikheid, is iets wat Markus Viljoen van sy eerste kennismaking met die digter opgeval het. Ná sy terugkeer uit die VSA in Desember 1924 het Viljoen 'n besoekie by De Volkstem in Pretoria afgelê en is hy na Leipoldt se kantoor geneem om die assistentredakteur te ontmoet. Leipoldt, sonder baadjie en besig om te tik, het hom egter net so effens omgedraai en kortaf gesê: ‘Dag! Maar moet my nie nou hinder nie - ek is besig!’Ga naar eind15 Eers jare later, in Kaapstad, toe Viljoen redakteur van Die Huisgenoot was, het Leipoldt hom genooi om saam met hom 'n koppie koffie te gaan drink. ‘Tot my verbasing’, skryf Viljoen, ‘was die man uiters vriendelik, en hy het so lekker oor alles en nog wat gesels dat daar selfs nooit enige gevaar was dat ek hom in die rede sou val nie. Ek het nietemin opgepas om hom in die begin nooit met onnodige vrae lastig te val nie, en ná 'n paar weke het dit by ons 'n gereelde gebruik geword om minstens een maal in die week saam te gaan koffie drink. Die verhouding was ook heel gou nie meer dié van redakteur teenoor medewerker nie: ons het vriende geword, mekaar dikwels oor en weer vir ete genooi en af en toe aangename uitstappies saam onderneem.’Ga naar eind16 Teen 'n uiters geringe vergoeding het Leipoldt die rubriek ‘Geneeskundige vrae’ onder die skuilnaam Medikus in Die Huisgenoot waargeneem en verder heelparty artikels en ver- | |
[pagina 495]
| |
hale vir dié tydskrif gelewer. In een van sy bydraes vir die mediese rubriek het hy by geleentheid geskryf dat vis 'n mens se brein kan verbeter. 'n Korrespondent, uit wie se brief Leipoldt kon aflei dat die man nie reg wys was nie, het gevra watter soort vis hy vir die verbetering van die brein sal voorstel. ‘In u geval’, was Leipoldt se antwoord, ‘sal ek 'n walvis aanbeveel.’Ga naar eind17 In 'n ander artikel in The Cape Argus het hy lesers op die gevare van sportbeoefening gewys en spesifiek die gevare van rolbal. 'n Week lank is die koerant geteister met briewe van rolbalspelers wat ontken het dat dit 'n gevaarlike spel is. Met die daaropvolgende naweek se spel het een oubaas só opgewonde geraak tydens 'n stryery oor wat Leipoldt presies gesê het dat hy 'n hartaanval gekry en gesterf het. ‘There you have it, there you have it’, het Leipoldt lakoniek in die volgende uitgawe van die rubriek geskryf. Hy het rondgegaan met 'n glimlag op sy gesig en vir almal gesê: ‘Julle het gedink ek was verkeerd. Sien julle nou hoe reg ek was?’ Soos altyd wou Leipoldt graag sy medemens tot nadenke skok. Hy het daarvan gehou om 'n klip in die hoenderhok te gooi en dan met voldoening terug te sit en die herrie gade te slaan wat hy aan die gang gesit het.Ga naar eind18 Dat Leipoldt 'n uiters gekompliseerde persoonlikheid was en baie teenstrydighede in hom verenig het, is iets wat meer as een van sy kennisse in dié jare opgeval het. Boerneef, I.W. van der Merwe, wat uit bewondering vir Leipoldt aan sy huis in Tamboerskloof die naam Hantam gegee het, kon Leipoldt se bewering dat ál sy gedigte oorspronklik in Engels geskryf is, eenvoudig nie aanvaar nie. Op 'n dag eet hy, prof. D.B. Bosman en dr. I.D. du Plessis saam met Leipoldt. Boerneef het moed bymekaargeskraap en Leipoldt gevra of dit inderdaad die geval is. ‘Ja, man,’ was Leipoldt se antwoord, ‘my gedigte is almal oorspronklik in Engels geskryf.’ Boerneef was verbysterd en het gesê: ‘Dokter, neem my nie kwalik nie, maar ek glo dit nie.’ ‘Nou ja,’ het Leipoldt gereageer, ‘wie weet nou beter, jy of ek?’ Op Boerneef se vraag of die oorspronklike tekste nie dalk nog êrens bewaar word nie, het Leipoldt 'n bietjie kleigetrap. Hy meen dat een van die kritici nog van die tekste mag besit, maar hy twyfel. Presies vier en twintig uur later was daar weer 'n ete op dieselfde plek, hierdie keer met 'n stuk of twaalf aanwesiges. Boerneef het ná die eerste ete waarskynlik 'n paar vriende van Leipoldt se uitlatings vertel en een van die aanwesiges het die gesprek só bewimpel dat dieselfde saak weer ter sprake gekom het. Leipoldt se antwoord was hierdie keer: ‘Ja, daar is enkele van my gedigte wat eers in Engels geskryf en later in Afrikaans vertaal is.’ Al die gedigte van vier en twintig uur tevore het dus nou enkeles geword!Ga naar eind19 | |
[pagina 496]
| |
Leipoldt, so vertel Markus Viljoen, het self erken dat hy in sy omgang met sy medemense kortaf en selfs onbeskof kon wees, maar tog hou talle van sy vriende vol dat 'n mens geen beminliker persoon kon vind nie. Soms kon hy by die eerste ontmoeting egter 'n onredelike afkeer van 'n persoon kry. ‘So’, skryf Viljoen, ‘het ek hom op 'n dag aan een van ons jonger digters voorgestel. Hy het die man uit die hoogte bekyk en ewe onbeskof gevra: “En wie is jy nou eintlik?” Ek het verduidelik, o.a. wat die man se beroep was, maar ek kon dadelik merk dat Leipoldt glad nie geïnteresseerd was nie. Ons drie het saam gaan koffie drink, en Leipoldt het van elke geleentheid gebruik gemaak om onvriendelike opmerkings teenoor die man te maak. Toe die gas naderhand verskoning vra en wegstap, het ek Leipoldt ernstig betig oor sy onbeskoftheid. Hy het eenvoudig sy skouers opgehaal, soos 'n stout seun gelag en opgemerk: “Maar kan jy nie sien ek hou nie van die ventjie nie?”’Ga naar eind20 Viljoen verstrek nie die naam van die jong digter nie, maar uit aantekeninge van Burgers na 'n onderhoud met Viljoen blyk dit dat dit Uys Krige was in wie Leipoldt so 'n renons ontwikkel het! In teenstelling tot sulke onbeskaamde onbeskoftheid kon Leipoldt egter by tye baie bedagsaam in sy optrede wees. Viljoen vertel hoe hy tydens 'n taamlik ernstige siekte ondervind het watter simpatieke hart agter Leipoldt se dikwels onverskillige uiterlike geskuil het. ‘Hy het’, skryf Viljoen, ‘my herhaalde male kom besoek, aangebied om allerlei lek kernytjies vir my te bring, en toe hy verneem dat ek nie brandewyn in die huis het nie, het hy die volgende dag opgedaag met 'n halfdosyn bottels van 'n vorstelike vog soos ek tot op daardie dag nog nie geproe het nie.’Ga naar eind21 Net so onbeleef as wat hy soms was, net so verdraagsaam en vriendelik kon hy by ander geleenthede wees. ‘Op 'n dag’, gaan Viljoen voort, ‘het hy 'n lang gedig aan 'n vriend voorgelees. Die man was toevallig moeg en het buitendien nie veel van die gedig begryp nie. Sy gedagte het dus gou begin dwaal, en net toe hy weer 'n geweldige gaap gee, kyk Leipoldt oor die manuskrip tot agter in sy keel. Die meeste skrywers sou hulle in dieselfde omstandighede waarskynlik vererg het en opgehou het met lees; maar Leipoldt het net allervriendeliks geglimlag en sonder kommentaar verder gelees.’Ga naar eind22 In sy omgang het Leipoldt mense beïndruk met sy belesenheid, sy verbasend omvangryke algemene kennis, sy besonder goeie geheue en die wyse waarop hy met gesag oor die meeste vraagstukke kon saampraat. Die nadeel was dat hy 'n neiging gehad het om hom 'n sekere gesag aan | |
[pagina 497]
| |
te matig op terreine waarvan hy betreklik min of niks geweet het nie. D.J. Opperman vertel Leipoldt het by geleentheid na Van Wyk Louw as 'n dadaïs verwys en gesê dat ‘Die hond van God’ onder invloed van Francis Thompson se ‘The hound of heaven’ geskryf is. Toe hy daarop gewys word dat daar nie die minste sweem van dadaïsme in Van Wyk Louw se poësie aangewys kan word nie en dat hoogstens iets in Thompson se titel aan Van Wyk Louw se gedig herinner maar dat die twee verse wêrelde van mekaar af is, glimlag hy net en stuur hy die gesprek in 'n ander rigting.Ga naar eind23 Hy kon onderhoudend gesels oor alles en nog wat, maar hy het nie daarvan gehou om in argumente betrokke te raak of hom met oorgawe in 'n saak te verdiep nie. Skaars het hy 'n probleem onder oë gekry of hy het sy mening daaroor gevorm.Ga naar eind24 Op 'n vraag wat hy van die jonger Afrikaanse skrywers dink, het hy in 1936 in sy onderhoud met Pienaar geantwoord: ‘Algemeen gesproke is die digters nie eg nie. Neem byvoorbeeld Die Ryke Dwaas van Louw. Na-apery. Hulle skrywe oor dinge wat hulle self nog glad nie ondervind het nie.’Ga naar eind25 Waarskynlik het Leipoldt die werk van W.E.G. Louw slegs baie kursories gelees, want sy uitlatings is só oppervlakkig dat 'n mens eintlik geen raad daarmee weet nie. In 'n voetnoot in sy opstel oor Leipoldt by geleentheid van die digter se sestigste verjaardag in 1940 sê Van Wyk Louw: ‘Dis voorwaar die onwaardigste uitlating van 'n gewaardeerde ouer skrywer teenoor geniale werk van 'n jongere, in die literatuur.’Ga naar eind26 Daarteenoor het Leipoldt, volgens 'n aantekening van Burgers, by geleentheid in die veertigerjare sy hoogste waardering vir die werk van Van Wyk Louw en Opperman uitgespreek, al vermoed 'n mens weer dat hy geen diepgaande studie van die werk van sy jonger tydgenote gemaak het nie. In 'n brief van 29 Maart 1939 aan Burgers wei prof. D.B. Bosman uit oor Leipoldt se belesenheid, sy vermoë om oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe met klaarblyklike gesag te praat en sy verwikkelde persoonlikheid. ‘'n Mens kan’, skryf hy, ‘met Leipoldt 'n sak sout opgeëet het en nog buiten staat wees om 'n karakterbeskrywing van hom te gee.... Ek glo dat Leipoldt alleen in sy verse volkome eerlik is, homself gee. In die gewone lewe, en ook in sy prosa, poseer hy m.i. as sonderling en allesweter. Daarom is hy in die private lewe, persgesprekke, as medikus en as joernalis altyd stroom-op. Wat algemeen geëer word, kleineer hy, terwyl hy telkens interresantighede ontdek op gebiede wat vir die res van sy omgewing onbekend is. Daarom is hy gediplomeerde kok, skrywer van 'n groot kookboek, wynkenner (wat ek betwyfel), “brug”-ekspert, ontdekker van | |
[pagina 498]
| |
'n paar dosyn plante en klippe waaraan sy naam gegee is in botaniese en geologiese werke, juwelekenner, kunskritikus ens. Deur vakmanne op die verskillende gebiede word sy deskundigheid egter dikwels in twyfel getrek.... Leipoldt is 'n geweldige leser - in die mees diverse rigtinge: speurromans, geskiedenis, vakliteratuur van allerlei aard. Dit maak hom 'n interessante causeur, maar die inhoud van sy gees moet baie onsamehangend wees. Daar is baie min mense van wie hy 'n hoë opinie het. Genl. Botha was, of is, een van die weiniges. Vir Smuts en Hertzog “het hy geen tyd nie”. Van Paul Kruger kan hy baie disrespekvol praat.’ Hertzog se beklemtoning van die status, vryheid en soewereiniteit van Suid-Afrika is vir hom onsin. ‘I do not care a hang about what Hertzog says’, skryf hy op 20 Desember aan Alf Allen; ‘he is an astonishing fool, and hypocrite, although, like so many fools, possibly sincerely honest in his mad views.’ Daarteenoor laat Leipoldt in 1933, wanneer dr. D.F. Malan nie weer as minister van gesondheid tot die nuwe kabinet toetree nie, duidelik blyk watter groot waardering hy vir Malan as minister het. ‘The profession,’ skryf hy op 8 April 1933 in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde, ‘whatever our individual political views may be, will much regret the departure of Dr. D.F. Malan from his post of Minister of Health. During the time he has held this office he has been an administrative chief whose knowledgeable interest in public health and its administration was highly gratifying to us all. The profession owes him much, and has always found him courteous, well-informed and willing, within the means at his disposal, to meet us fairly and to discuss our views in a perfectly unprejudiced and practical manner. We owe him much for his splendid and successful fight to put the Medical, Dental and Pharmacy Bill on the Statute-book, as well as for his constant and informed interest in child welfare and medical education. Our good wishes go to him now he has resigned his office, coupled with our sincere thanks for what he has wrought for us while in office.’ Ook wat sy uiterlike betref, het Leipoldt op verskillende mense uiteenlopende indrukke gelaat. Helm van Zyl het by geleentheid gesê dat Leipoldt altyd netjies en smaakvol gekleed was, al was sy kleredrag enigsins konserwatief soos dié van 'n oujongkêrel waarby die vrouehand ontbreek het.Ga naar eind27 Sommige van sy vriende het hom later in onderhoude as 'n aantreklike man met fyn gelaatstrekke onthou, maar vir oom Swart Andries Nieuwoudt was hy met sy baie fyn plooitjies in die gesig bepaald lelik.Ga naar eind28 Burgers onthou die onnet, slordige indruk wat Leipoldt by hul eerste ont- | |
[pagina 499]
| |
moeting op hom gemaak en die nonchalante wyse waarop hy gegroet het. Sy hare was ongeknip en sy onderbaadjie skeef geknoop. In die middel van die onderhoud het hy opgestaan om eers 'n brief te tik. Terwyl hy tik, het hy sy tong gesit en byt en sy lippe gelek.Ga naar eind29 Wat sy belangstelling in die teenoorgestelde geslag betref, het Leipoldt soms die indruk gewek dat hy vroue glad nie raaksien nie. Op 'n aand tydens 'n onthaal het hy twee vroue verwar wat heeltemal anders aangetrek was.Ga naar eind30 Vir Burgers het hy gesê dat 'n vrou as ‘teelding’ hom nie intrigeer nie.Ga naar eind31 Tog was hy goeie vriende met Lulu Bolus, Helen Burton, Magda Sauer en Dot van Zyl, almal vroue - soos Viljoen dit stel - oor die ‘gevaarlike ouderdom’ en almal met belangstellings in die plantkunde of die kookkuns. ‘Op 'n keer’, skryf Viljoen, ‘het ek teenoor een van hierdie dames die vraag geopper of Leipoldt as vrouehater beskou kan word, en sy het dit bykans met verontwaardiging ontken. 'n Redelike verklaring is m.i. dat Leipoldt temperamenteel so ingestel was dat hy hoegenaamd nie in vroue belang gestel het nie; maar hy was tog in staat om hul deugde as mense te waardeer.’Ga naar eind32 As joernalistieke medewerker, so vertel Viljoen, was Leipoldt ‘een van die gaafste mense met wie ek ooit te doen gehad het. As hy beloof het om 'n bydrae op 'n bepaalde dag te lewer, kon 'n mens onvoorwaardelik op hom reken. En as hy jou eers vertrou het, kon jy met sy bydraes maak wat jy wil: verbeter, verkort, versnipper of selfs in die snippermandjie gooi.... Net in een opsig was hierdie tegemoetkomendheid lastig: hy was selde bereid om 'n bydrae, van watter aard ook, aan te vul of om te werk. Sy gees was eenvoudig te rusteloos om by wat reeds afgedaan was, stil te staan. En daarby het hy 'n afkeer gehad van die bloot meganiese taak om te tik of te skryf. As hy wel 'n paar reëls moes skryf, het sy tong omtrent net so hard meegedoen as sy hand - kompleet nes 'n jong kind wat leer skryf.’Ga naar eind33 Met sy verhuising na Kaapstad het Leipoldt minder wetenskaplike artikels op die gebied van die medisyne begin publiseer. Sy enigste uitvoerige stuk is dié oor ‘Medicine and faith’ wat in The Lancet van 28 Desember 1935 verskyn. Daarteenoor het sy bydraes vir Die Huisgenoot geweldig toegeneem en het hy met die jare naas kortverhale en kinderverhale artikels oor onderwerpe soos kos en wyn, die plantkunde, die natuur en die geskiedenis vir die tydskrif gelewer. In 1926 skryf hy 'n reeks oor ‘Ons wilde voëls’, terwyl hy op 11 Augustus 1933 'n interessante artikel oor ‘Bredie’ as een van die besondere Suid-Afrikaanse geregte publiseer. Op 8 Mei 1936 | |
[pagina 500]
| |
verskyn van hom 'n stuk oor ‘Aughrabies’, waarin hy dié waterval as een van ‘die sewe wondere van die Kaapprovinsie’ sien, terwyl hy op 21 Mei 1937 'n artikel oor ‘Edelstene’ publiseer. Dikwels tree hy ook op as geleentheidspreker. Voor die Oranjeklub in Kaapstad praat hy oor ‘Geestelike probleme van die adolessent’, wat uitvoerig in Die Burger van 13 April en Die Volkstem van 27 April 1940 gerapporteer word. Van 1942 tot kort voor sy dood in 1947 skryf hy in Die Huisgenoot onder die skuilnaam K.A.R. Bonade in die rubriek ‘Kelder en kombuis’ 'n reeks artikels met aandag aan elke stap in die voorbereiding van 'n gereg. Hierdie stukke, waaronder van Leipoldt se mooiste prosa, is in 1963 deur Fred le Roux onder die titel Polfyntjies vir die proe in boekvorm gepubliseer, maar die meeste van die ander artikels lê nog verspreid in die jaargange van Die Huisgenoot en is nooit gebundel nie. | |
IIOp 28 Maart 1925 word Leipoldt as mediese praktisyn, met pediatrie as spesialiteitsgebied, in Kaapland geregistreer. Sy praktyk as pediater was aanvanklik gehuisves in die General Estate Chambers 43-44, Adderleystraat 136. In 1928 verskuif hy dit na die ABC Buildings in St. Georgesstraat, regoor die kamers van die ou dr. Robert Forsyth, vader van dr. Bobby Forsyth, met wie Leipoldt goed bevriend sou raak. Met sy vestiging in Kaapstad was Leipoldt die eerste medikus wat in dié stad as pediater gepraktiseer het. In dié stadium was daar nog 'n groot mate van onkunde in Suid-Afrika oor die presiese taak van 'n pediater en was daar selfs by mediese kollegas iets van 'n weerstand teen ‘babadokters’ as sodanig. ‘When after resigning my school work, I started as a consultant in diseases of children’, skryf Leipoldt in die Engelse weergawe van sy reeks oor sy ervaring as skooldokter, ‘I found that my colleagues were of opinion that this was the least necessary of all specialities; every doctor knew about children, or children were the easiest and simplest of patients. I shall never forget a remark made to me by a member of parliament who came to have tea with me and brought a friend who was good enough to compliment me on my success as a school doctor. “What I cannot understand, doctor,” he whispered to me in a tone of confidence, “is that you content yourself with so little.” “I am afraid I don't follow...” I replied, really puzzled by his question. “You see, doctor”, he went on, “my friend | |
[pagina 501]
| |
here has a boy at Edinburgh who after five years is a full doctor. Now I understand that you have been fourteen years at it and you are only a children's doctor.” I had the presence of mind to murmur that some people are more clever than others, a remark that immediately restored me to grace and secured me my visitor's vote when my estimates came under consideration.’Ga naar eind34 Die gevolg van hierdie geringskatting van ‘babadokters’ en die algemene konsensus dat die algemene praktisyn ewe goed na kinders kan omsien, was dat Leipoldt, behalwe babas met voedingsprobleme of gastroenteritis en soms kinders met langdurige siektes, nooit veel pasiënte gehad het nie. Tog was hy gereken en baie bekend as kinderarts. Uit die bewaar geblewe aantekeningboeke oor sy praktyk is dit opvallend van hoe ver van oor die hele land en selfs van die ou Rhodesië pasiënte na hom vir ondersoek gebring is, dikwels kinders met verstandelike vertraagdheid, epilepsie of 'n disfunksie waarmee ander dokters geen raad geweet het nie. Dat hy nie baie pasiënte gehad het nie, was vir hom egter geen probleem nie, want dit het hom die geleentheid gebied om met sy literêre en joernalistieke arbeid voort te gaan. Naas sy werk wat elders gepubliseer is, het die plaaslike mediese tydskrifte baie van sy kortverhale, anekdotes en briewe opgeneem.Ga naar eind35 In 'n brief van 6 Desember 1926 aan Eve Allen, vir wie hy reeds in Johannesburg leer ken het en met wie se man en kinders hy tot sy dood 'n baie hegte vriendskap sou behou, skryf hy dat hy wel enkele pasiënte het, maar dat hy nie 'n bestaan uit sy praktyk kan maak nie. By sy spreekkamers, so laat hy haar weet, het hy nie 'n verpleegster of 'n ontvangsdame nie, maar net 'n ‘office boy’ wat die plek aan die kant moet hou. Omdat hy so min pasiënte kry, neem hy op Maandagmiddae 'n babakliniek by die munisipale sentrum waar. Volgens die getuienis van baie dokters het Leipoldt 'n slag gehad om met jong kinders te werk en hul vertroue te wen. Hy kon dikwels met goeie diagnoses vorendag kom, maar meermale het hy eerder op sy intuïsie as op 'n behoorlike ondersoek vir sy gevolgtrekkings staatgemaak.Ga naar eind36 Dikwels het ouers met groot waardering oor sy simpatieke optrede as kinderarts gepraat, al het hy weer by tye sy besoekers teleurgestel. Soms kon sy aanmerkings by verkeerde ore beland en vir jare lange komplekse sorg. Die skryfster Annie Schumann vertel in haar boek Liewe Patat dat een sin van Leipoldt haar hele lewe verander het. Toe sy so vyf of ses jaar oud was, het haar ouers haar op 'n dag na Leipoldt geneem. ‘Dr. Leipoldt’, skryf sy, | |
[pagina 502]
| |
het my ondersoek, en gee my toe 'n doos blokkies om op die mat mee te speel. Daarna begin hy sy bevindinge met Ma bespreek. Ek maak of ek met die blokkies speel en spits my ore, maar begryp bloedmin. Dié voorval, skryf Annie Schumann, het van haar ‘'n inkennige, leergierige, toegewyde student gemaak’ en haar laat besluit: ‘Lelik mag ek wees, maar onnosel gaan ek nie wees nie!’Ga naar eind38 Ook die skryfster Elsa Joubert is op sewejarige ouderdom op aanbeveling van die Jouberts se huisdokter ondersoek, maar tot die wrewel van haar moeder kon Leipoldt geen behoorlike aanbevelings maak nie en slegs die ‘karottekuur’ ('n worteldieet) aanbeveel. Uit een van sy aantekeningboeke blyk dit dat hy by geleentheid blaarslaai en roomys as voeding vir 'n kind voorgeskryf het! In die geval van die Marais-biograaf Leon Rousseau, wat op sesjarige ouderdom na die kinderarts gebring is en 'n bietjie swakkerig as gevolg van allerlei mankemente was, het Leipoldt egter wyslik aanbeveel dat die kind ses maande uit die skool gehou word om aan te sterk.Ga naar eind39 Ook ander kere was Leipoldt in die kol met sy diagnose en voorskrif, al het sy aanbevelings vir die oningeligte dikwels eienaardig voorgekom. Helm van Zyl vertel byvoorbeeld dat die baba van 'n Clanwilliamse ouerpaar met die voorname Pollie en Nettie snags baie gehuil het. Leipoldt het die kind een kyk gegee en gesê hy makeer niks; dit is net ‘nightcrying’, en die ouers moet hom 'n lepel moskonfyt soggens en saans ingee. Die ouers het gemeen dit is nou weer 'n voorbeeld van Leipoldt se uitspattighede en wou die raad ignoreer, maar Helm se vader het Leipoldt gevra waarom hy in dié bepaalde geval moskonfyt voorskryf. ‘Kyk’, het Leipoldt geantwoord, ‘ek kan 'n voorskrif uitskryf, maar dit is duur medisyne en julle sal dit waarskynlik van die Kaap af moet bestel. Die kind huil, omdat 'n sekere essensiële bestanddeel in sy dieet ontbreek. Moskonfyt bevat daardie bestanddeel. Gee dus vir hom moskonfyt.’ Die ouers het dit gedoen, vertel Van Zyl, en die huilery in die nag het opgehou.Ga naar eind40 En die filosoof Marthinus Versfeld vertel toe Leipoldt hom as seuntjie by SACS ondersoek, het hy keelseer gehad. ‘Sê vir jou ouers hulle moet jou met die | |
[pagina 503]
| |
sap van hotnotsvyblare laat gorrel’, was Leipoldt se aanbeveling. ‘Goeie raad wat ek nog volg’, skryf Versfeld; ‘toe die dokter my onlangs vir 'n wind onder die strale wou sit, het ek tuin toe gestap vir 'n takkie wildeals, en 'n heildronk op Leipoldt gedrink.’Ga naar eind41 Soms het Leipoldt wel met eksentrisiteite vorendag gekom, soos om pampoenpitte vir kinders met wurms te gee, om donkiemelk as die beste substituut vir moedersmelk te beskou en om dit as sy oortuiging uit te spreek dat alle pasgeborenes in staat is om te swem.Ga naar eind42 Hy was opsigtelik onhandig en ander geneeshere was bly dat hy nooit as chirurg gepraktiseer het nie, aangesien hy maklik verkeerde ingrepe sou gemaak het! Op een gebied, sê Viljoen, was Leipoldt totaal onkundig en kon hy die eienaardigste mistastings doen, naamlik op die gebied van syfers en berekeninge. ‘Ek weet nie of dit gereeld gebeur het nie,’ skryf Viljoen, ‘maar hy het by een geleentheid aan my gesê dat hy alle bewysstukke in verband met sy inkomste en uitgawe aan die belastinggaarder voorlê en dit aan hulle oorlaat om op grond daarvan te bepaal watter bedrag aan inkomstebelasting hy moet betaal. Hy het nooit veel waarde aan geld geheg nie, en ek kan my nie voorstel dat dit vir hom saak gemaak het of hy tien of tweehonderd pond aan inkomstebelasting moes betaal nie.... As ons saam koffie gedrink of êrens geëet het, het hy gewoonlik 'n handvol geld by die toonbank aangebied en die kassier self die verskuldigde bedrag laat uitsoek.’Ga naar eind43 Hierdie ingesteldheid om, soos hy dit in 'n vers in sy debuutbundel stel, van alles te sing, ‘maar nooit nie, nee nooit nie, van geld’,Ga naar eind44 het daartoe gelei dat Leipoldt as kinderarts selde rekenings uitgestuur het. By geleentheid het Skakel Kriek, in daardie stadium Die Volksblad se parlementêre verteenwoordiger in Kaapstad, sy kind deur Leipoldt laat ondersoek. In antwoord op sy vraag sê Leipoldt die ondersoek kos niks. Toe Kriek weer vra, vererg Leipoldt hom: ‘Jou blikskottel, het jy nie gehoor nie; dit kos niks!’ Toe Boerneef se seuntjie byna drie jaar oud was, het sy vrou daarop aangedring dat hulle die kind deur Leipoldt moet laat ondersoek. Aanvanklik was die kind by die aankoms by die spreekkamers inkennig. Leipoldt trek 'n laai oop, haal 'n pragtige lokomotief uit en begin op hande en voete saam met die knapie op die mat speel. Die kind se skugterheid verdwyn en Leipoldt begin die seun ondersoek. Toe hulle loop, vra Boerneef: ‘Wat skuld ek, dokter?’ ‘En wie het jou om geld gevra?’ snou Leipoldt hom kortaf toe. ‘Ek wil graag vir die ondersoek betaal’, kom dit van Boerneef. ‘Nee,’ antwoord Leipoldt, ‘jy kan my mos nie betaal nie.’ ‘Wel, | |
[pagina 504]
| |
dokter,’ sê Boerneef, ‘as dit binne redelike perke is...’ ‘Nee,’ sê Leipoldt, ‘ek wil nie jou geld hê nie.’ By die deur gekom, wil Boerneef die lokomotief wat die knapie steeds in sy hande het, afneem en terugsit. ‘En wat wil jy nou doen?’ vra Leipoldt kortaf. ‘Ek wil die speelgoed in die kas terugsit’, antwoord Boerneef. ‘Dit is nie joune nie en dit hoort nie in die kas nie. Speelgoed is daar om mee gespeel te word. Die kind wil dit hê en dis syne’, was Leipoldt se laaste woorde oor die aangeleentheid.Ga naar eind45 Op 'n keer ondersoek hy die kind van dr. A.L. Geyer, redakteur van Die Burger. Toe Geyer hom bel en na die rekening vra, antwoord Leipoldt dat hy nie rekenings na kollegas stuur nie. Op Geyer se antwoord dat hy geen mediese dokter is nie, was Leipoldt se kommentaar: ‘Maar jy het waarskynlik vergeet dat ek 'n joernalis is.’ Hierdie uitlating is nogal belangrik, omdat dit duidelik illustreer hoe Leipoldt homself in die eerste plek gesien het: as 'n joernalis, nie as 'n medikus nie.Ga naar eind46 Hoewel hy mense beïndruk het met die wyse waarop hy met kinders kon omgaan, het Leipoldt as pediater nie besonder uitgeblink nie. Soos in die geval van sy Londense praktyk was sy praktyk as pediater in Kaapstad nie 'n finansiële sukses nie en moes hy naas hospitaal- en kliniekwerk deur sy joernalistieke werk vir 'n byverdienste sorg. As 'n mens van die datums in sy oorgelewerde aantekeningboeke uitgaan, het hy egter tot ten minste 1937 met sy praktyk volgehou. Dat hy tog, ten spyte van al sy tekortkominge, as pediater gereken is, blyk uit sy benoeming in Januarie 1935 tot ‘a corresponding member of the British Paediatric Association’, 'n seldsame eer uitsluitlik bestem vir ‘distinguished paediatricians who are resident outside the British Isles and Free State’.Ga naar eind47 Leipoldt aanvaar dit en word in Mei 1935 inderdaad tot lid verkies. | |
IIIMet die klein omvang van sy praktyk moes Leipoldt na ander bronne kyk om sy inkomste aan te vul. Reeds in Augustus 1926 was daar onderhandelinge tussen hom en die mediese skool van die Universiteit van Kaapstad aan die gang om sy dienste vir lesings oor die pediatrie te verkry. Op 21 Desember 1926 ontvang hy 'n brief van die registrateur van die universiteit dat hy met ingang 1927 aangestel is as deeltydse lektor in kindersiektes, met 'n honorarium van £ 100 per jaar. Leipoldt se lesings en demonstrasies het feitlik vir die hele duur van sy | |
[pagina 505]
| |
termyn as lektor by die Somerset Hospitaal in Portswoodweg naby die hawe plaasgevind. Eers in 1938, met die opening van die Groote Schuur Hospitaal naby die hoofkampus van die universiteit, is sy klasse verskuif. By die Somerset Hospitaal het hy Dinsdae en Donderdae om twee-uur met gebruik van pasiënte demonstrasies aangebied, terwyl die formele voorlesings ook by die hospitaal en by die Buxton Kinderhuis plaasgevind het. Die kursus was verpligtend vir sesdejaarstudente, maar opsioneel vir vierdejaars vir wie spesiale lesingtye gereël kon word. Demonstrasies is ook gereël by 'n skoolkliniek in St. Jamesweg, Soutrivier. By die hospitaal het dr. D. Dowie Dunn in 1929 as deeltydse pediatriese assistent en dr. J. Wolf Rabkin as deeltydse registrateur bygekom. Leipoldt was egter verantwoordelik vir alle doseerwerk tot die benoeming van Dunn as lektor in kliniese aangeleenthede in 1933. In 1934 is Rabkin aangestel as Dunn se assistent en het die grootste deel van die kliniese werk en onderrig op sy skouers geval. As dosent was Leipoldt, soos 'n mens kon verwag, eksentriek en indiwidualisties in sy benadering. Jare later, toe hy oor Leipoldt as pediater moes skryf, onthou prof. J.H. Louw, professor in chirurgie aan die Universiteit van Kaapstad en een van Leipoldt se oudstudente, nog die indruk wat hy op hulle gemaak het: Gruff and unkempt, he was a large, bear-like man with a slight stoop, always carrying an enormous half-open brown Gladstone bag filled with books. He never wore a hat and his bushy hair was usually ruffled, while his tie was seldom in its proper place. He constantly sucked at his large pipe filled with Magaliesburg tobacco. Die indruk wat Leipoldt op studente gemaak het, sê Louw, was eerder artistiek as wetenskaplik. Sy lesings het van sy erudisie en woordratsheid getuig, maar was vakkundig yl van inhoud. Die meeste van sy studente onthou hom dan ook oor wat hy hulle nié geleer het nie.Ga naar eind49 Tog was hy nooit vervelig nie. Die sesdejaars het geweet dat hulle niks oor kinder- | |
[pagina 506]
| |
siektes by hom sou leer nie, maar sy interessante praatjies was goeie ontspanning tussen die dragte ander werk. Hy het sonder aantekeninge oor alles en nog wat gepraat en baiekeer ver van sy onderwerp afgedwaal, en van 'n gestruktureerde kursus was daar geen sprake nie. Telkens het hy studente genooi om tuis vir hom te kom kuier. Dan het hy die heerlikste geregte voorgesit en ure lank gesels oor allerlei dinge - van medisyne en geskiedenis tot spoke.Ga naar eind50 Telkens het hy sy studente met sy bekende skoktaktiek probeer mislei. Op 'n keer het hy gesê 'n kind sal goed vaar as hy leeubiltong of likkewaanbiltong te ete kry. Prof. A.W. Falconer, professor in interne geneeskunde, later visekanselier van die universiteit en by die studente bekend as Oubaas, ‘found Leipoldt amusing but didn't take him seriously’.Ga naar eind51 Falconer het tereg ernstige bedenkinge gehad oor wat Leipoldt alles by die studente tuisbring. Toe 'n student by geleentheid, in antwoord op 'n vraag van die professor, 'n ongehoorde voorstel oor die behandeling van 'n jong kind maak, sê Oubaas: ‘It's that man Leipoldt again!’Ga naar eind52 Oor die wyse waarop hy studente kon mislei, laat Louw hom ook uit: For instance, he once told us that all adults suffered from syphilis - and was horrified to see ‘the poor fools’ making copious notes. A favourite game was to urge students to learn certain procedures such as rectal examination and lumbar puncture by practising on their colleagues. From time to time his sharp tongue would make a student cringe. On one occasion a baby suffering from gastro-enteritis was brought to his clinic while students were in attendance. ‘How would you treat this child?’ enquired Leipoldt. ‘I shall give it barley water, Sir’, an eager beaver in the front row replied. ‘Best way of returning the poor dear to its maker’, barked Leipy. Then there was the occasion when matron Pike was very concerned about a sick baby and asked Leipoldt to give her detailed instructions re its feeding. ‘Matron’, said he, ‘give it chops and eggs.’Ga naar eind53 Behalwe teen die einde het Leipoldt se studente deur sy hele termyn as dosent met sy ongestruktureerde kursusse genoeë geneem solank dit nie nodig was om eksamen in sy vak af te lê nie. By geleentheid het hy egter sy rieme styfgeloop toe hy as vertaler opgetree het vir 'n eksamen wat kandidaat-verpleegsters vir die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein moes aflê. Die Afrikaanse weergawe van die vraestel, waarvoor Leipoldt verant- | |
[pagina 507]
| |
woordelik was, het soveel foute bevat dat van die kandidate geen kop of stert van sommige vrae kon uitmaak nie. In 'n openbare aanval het mnr. R.B. Saayman die raad van die Nasionale Hospitaal tot openbare verantwoording gedaag en beskuldig van die aanstelling van eksaminatore ‘wat nie deeglik op die hoogte is betreffende die amptelike taal waarin hulle aangestel word om eksamens af te neem nie’.Ga naar eind54 Op 'n vergadering van 17 Maart 1931 is 'n volledige voorstel oor die aangeleentheid aanvaar en is Leipoldt versoek om die vergadering by te woon. Reeds in 'n brief van 27 Februarie 1931 het dr. W.T.F. Davies, president van die Mediese Vereniging, Leipoldt gewaarsku teen sy voorneme om na Bloemfontein te gaan, waar die vraag of sy Afrikaans goed of sleg is, besleg sou word deur drie dokters wat deur die raad van die hospitaal aangewys is. ‘I do not know’, skryf Davies, ‘whether you are doing this out of mistaken loyalty to the Council or to defend yourself against charges made against you of faulty translation. It seems to me, in effect, that you are willingly going to Bloemfontein to be tried by a self-constituted court with self-appointed judges who have already made up their minds on the issue. Do you think this is wise?’ Hy gaan voort: ‘If the enquiry should be adverse to you - as in my own mind I have no doubt it will - the Medical Council must still support you believing absolutely as it does in your capability and competence in every way.’ In sy antwoord hierop het Leipoldt met Davies saamgestem en besluit om nie na Bloemfontein te gaan nie. Hy verander egter van besluit en daag tog by 'n vergadering op 27 Maart 1931 op. Op dié vergadering het Saayman sy besware teen die Afrikaanse weergawe van die vraestel herhaal. Om sy stelling te bewys, neem Saayman as voorbeeld van 'n swak vertaling die eerste vraag in die vraestel. In Engels lui dit: ‘What are the special senses and common sensations which the body is capable of perceiving and by what nervous paths do they reach the brain?’ In Afrikaans lui dit: ‘Wat is die besondere en algemene gevoele wat die liggaam kan gewaar en deur watter senuwbane bereik hulle die harsings?’ In dié konteks bestaan daar volgens Saayman nie iets soos ‘gevoele’ nie. 'n Mens sou miskien nog die woord ‘gevoelentheid’ kon gebruik, maar dit is eerder oombliklike gewaarwordinge, nie sensasies nie. In sy verdediging het Leipoldt onder meer gesê dat sy vertaling gegrond is op die gesag van Nederlandse outoriteite en verklaar dat letterlike vertalings onmoontlik is, aangesien daar in Nederlands vaste terme vir die ekwivalente Engelse uitdrukkings bestaan. Hy weier om 'n uitda- | |
[pagina 508]
| |
ging van Saayman te aanvaar om die verskilpunte aan die arbitrasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns te onderwerp. Wat hom betref, is die lede van die Akademie leke op dié besondere gebied. Slegs voor geneeskundige gesaghebbendes is hy bereid om sy standpunt te verdedig.Ga naar eind55 Leipoldt, wat tydens sy repliek beledigende uitlatings na die kant van Saayman en ander beswaarmakers gemaak het, was duidelik aan die verloorkant, maar het verseg om kop te gee. In 'n hoofartikel op 30 Maart 1931 skryf Die Volksblad dat die Afrikaanse weergawe van die vraestel ‘gebrekkig en misleidend’ was. ‘Dit ly geen twyfel’, gaan die koerant voort, ‘dat mnr. Saayman dr. Leipoldt 'n afranseling toegedien het soos hy seker nog nooit in sy lewe ontvang het nie. Dr. Leipoldt se verdediging was uiters swak. Hy het bontgespring en die eintlike geskilpunte laat links lê.... Vir ons was dit voorwaar 'n pynlike skouspel.... Dit spyt ons innig dat dit juis dr. Leipoldt moes wees wat hierdie pak slae moes ontvang..., maar dat hy hierdie vernedering verdien en ook gesoek het, moet hy self erken. Dit was dom en koppig van hom om van Kaapstad hierheen te reis om so 'n miserabele stuk werk te kom verdedig.... Indien dr. Leipoldt die ridderlikheid en manlikheid had om te erken dat hy verkeerd was, sou elke regdenkende persoon 'n sterke meegevoel met hom gehad het. Almal wat weet wat vertaalwerk beteken, besef hoe moeilik dit dikwels gaan om presies die juiste betekenis van terme en gedagtes wat in een taal uitgedruk is, in 'n ander taal weer te gee. Ons neem dit dr. Leipodt nie so erg kwalik dat sy vertaling aan tekortkomings mank gegaan het nie. Wat ons wraak, is die treurige houding wat hy daarna ingeneem het.... Die feit dat dr. Leipoldt nog so krampagtig kon vasklem aan sy vertaling wat deur talle van sy kollegas en taalgeleerdes verwerp was, toon duidelik dat hy ongeskik is om weer as vertaler op te tree.’ Toe daar in 1936 sprake was van 'n Afrikaanse mediese fakulteit aan een van die Afrikaanstalige universiteite, het Leipoldt die gedagte onomwonde gesteun. In daardie stadium het slegs Kaapstad en die Witwatersrand 'n mediese fakulteit, albei met Engels as onderrigtaal, gehad, en Leipoldt was van mening dat daar heelparty bevoegde persone was om in Afrikaans les te gee. Die gebrek aan handleidings in Afrikaans was vir hom geen beletsel nie, want jare lank moes mediese studente in Europa, ofskoon hul voertaal die landstaal was, met handleidings in Latyn klaarkom. Daar is vir hom, skryf hy, slegs één gevaar by die stigting van 'n Afrikaanse mediese fakulteit, naamlik om die aandag in die uitbouing | |
[pagina 509]
| |
van die vak nasionaal in plaas van internasionaal te rig en net so eensydig en insulêr as die bestaande fakulteite te ontwikkel. ‘Ons moet daardie gevaar’, skryf hy, ‘voortdurend voor oë hou en daarteen waak deur ons Afrikaanse mediese studente goed in te lig omtrent alles wat in Amerika, Engeland en op die vasteland op die gebied van die heel- en geneeskunde geleer en gedoen word. Ons kan dit doen sonder om ons eie rigting te verwaarloos. Ek veronderstel dat in so 'n Afrikaanse mediese fakulteit ons grootliks gebruik sal maak van metodes en leerboeke wat op die vasteland van Europa in gebruik is - Engelse, Franse, Hollandse en Duitse metodes en leerboeke, die gebruik waarvan dan ook die student 'n veelsydiger insig in die besonderhede van sy vak sal gee; maar ons sal nogtans nie die Engelse leerboeke opsy sit nie en ook sorg dat die in ons Afrikaanse skole opgeleide dokter net so goed op die hoogte is van Engelse metodes as sy kollega wat in Kaapstad of Johannesburg sy opleiding geniet het.’Ga naar eind56 In sy pleidooi vir 'n omvattende opleiding en bekendstelling aan vakliteratuur in verskeie tale hoor 'n mens weer die stem van die poliglot en die kosmopoliet wat ná sy opleiding by Guy's Hospital aan verskeie Europese universiteite nagraadse kursusse gaan bywoon het. Dat die meeste van sy landgenote se kennis van vreemde tale maar baie beperk was, het hom klaarblyklik ontgaan. In 1935 het Leipoldt 'n aanbod gekry om in die VSA te gaan doseer, maar in 'n brief aan sy vriend F.V. Engelenburg sê hy dat hy dit in dié stadium nie kan aanvaar nie. Die nuwe hospitaal is in aanbou en hy moet aanbly om die verskuifde fakulteit op 'n deeglike grondslag te plaas. In 1938 is hy en sy personeel in pediatrie na die Groote Schuur Hospitaal, wat toe pas geopen is. In dieselfde jaar was daar sprake daarvan om 'n formele eksamen in pediatrie in 1939 in te stel, iets wat tot in daardie stadium nog nie in gebruik was nie. In die afwesigheid van enige behoorlik gestruktureerde kursus is dit verstaanbaar dat die studente hulle heftig hierteen verset het. Dit lei dan tot Leipoldt se bedanking in Julie 1939. Desondanks is hy op 29 Augustus van dieselfde jaar uit erkenning vir sy jare lange dienste aan die mediese skool aangestel as ‘Honorary Consulting Paediatric Physician to Groote Schuur’, 'n benoeming wat grotendeels nominaal was en nie werklik enige verpligtinge ingehou het nie. | |
[pagina 510]
| |
IVIn 1927, die jaar waarin sy doseerwerk aan die Universiteit van Kaapstad 'n aanvang neem, tree Leipoldt toe tot 'n ander werkkring. Hy word aangestel as redakteur van die South African Medical Journal, wat van 1932 as 'n tweetalige blad met Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde as alternatiewe titel uitgegee word. Terselfdertyd word hy aangestel as organiserende sekretaris (later hernoem tot mediese sekretaris) van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. Tot in daardie stadium was daar in Suid-Afrika nog geen samebindende organisasie vir medici nie en het net verskillende onafhanklike liggame onder die beskerming van die British Medical Association in die belangrikste stede gefunksioneer.Ga naar eind57 Joernalistieke werk op die gebied van die medisyne en geneeskunde het in die South African Medical Record onder redaksie van dr. William Darley-Hartley, in die sukkelende Transvaal Medical Journal en vroeër (van 1884 tot 1889) in die Medical Journal of South Africa verskyn.Ga naar eind58 In die loop van 1926 is 'n reglement vir 'n nuwe vereniging opgestel wat as 'n maatskappy sonder winsbejag geregistreer word.Ga naar eind59 Die nuwe vereniging is in Oktober 1926 op 'n kongres in Pretoria gestig. Op dié kongres is besluit om die bestaande liggame te laat saamsmelt en om die South African Medical Record as basis vir 'n nuwe tydskrif te gebruik. Dr. Alfred Cox, organiserende sekretaris van die British Medical Association, het van November 1925 tot Maart 1926 Suid-Afrika besoek om met die oprigting van die verskillende takke en die eerste aktiwiteite van die nuwe vereniging behulpsaam te wees.Ga naar eind60 Hoewel die nuwe vereniging eers op 21 April 1927 amptelik geregistreer is, het die nuwe tydskrif reeds in Januarie 1927 met sy eerste uitgawes begin. Die kantore van die tydskrif was in Southern Life se gebou in St. Georgestraat, Kaapstad, in April 1936 verskuif na Mediese Huis in Waalstraat 35, en die tydskrif het elke tweede en vierde Saterdag van elke maand verskyn. In die eerste jaar was die tydskrif onder die gesamentlike redaksie van Darley-Hartley en Leipoldt, maar aan die einde van 1927 het Darley-Hartley, soos voorafooreengekom, uitgetree en het die redigering van die blad Leipoldt se uitsluitlike verantwoordelikheid geword. Daarmee het Leipoldt die tipe joemalistiek voortgesit waarmee hy as redakteur van die Guy's Hospital Gazette en The Hospital van sir Henry Burdett begin het. Dat juis hy tot nuwe redakteur verkies is, spreek eintlik vanself, want daar was onder medici in Suid-Afrika niemand wat met sy joerna- | |
[pagina 511]
| |
listieke ervaring in albei landstale vergelyk kon word nie. In The Medical Journal of South Africa van Mei 1926 verskyn van hom 'n studie oor die eerste Suid-Afrikaanse mediese tydskrif, The Cape Town Medical Gazette, 'n artikel waaruit blyk dat hy die terrein vóór hom reeds histories begin verken het en hom as 't ware self vir die toekomstige taak van 'n uniale mediese redakteur opgelei en voorberei het. Hoe hy dit reggekry het om, naas sy praktyk as pediater, sy klasse in kindersiektes en sy joernalistieke bydraes vir blaaie soos De Volkstem en Die Huisgenoot, sowel redakteur van die tydskrif as organiserende sekretaris vir 'n pasgestigte landswye vereniging te wees, bly 'n raaisel. 'n Mens moet onthou dat hy, naas 'n duisternis artikels en verhale in tydskrifte en 'n hele aantal romans, spookverhale en dramas, weekliks twee rubrieke - een van algemene en een van mediese aard - behartig het. Die enigste verklaring, sê dr. S.S.B. Gilder, latere redakteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif, in 'n lesingGa naar eind61 wat hy op 11 Augustus 1980 by die Universiteit van Kaapstad lewer, is dat Leipoldt 'n chroniese insomniak was wat snags met net 'n paar uur se slaap kon klaarkom. Reeds met die intrapslag, in 'n hoofartikel wat op 8 Januarie 1927 verskyn, stel Leipoldt sy redaksionele beleid. ‘An official organ of an Association such as ours’, skryf hy, ‘can only have one policy, and that policy must be the settled, considered and democratically accepted policy of the Association that controls it. Only those who are unacquainted with the ordinary business of professional journalism can cavil at such frank admission of what seems to negate editorial responsibility and editorial autocracy. As a matter of fact, what is called the policy of the paper is the opinion that it voices in regard to matters very pertinent to the interests of the majority of those who support it. That majority, in the case of a journal such as ours, comprises the members...Our policy, therefore, will be the policy of the Medical Association of South Africa on all questions whereon the Association, in the interests of the practioners of this country, speaks with the consensus of its members.’ Tog beklemtoon hy in die uitgawe van 11 Junie 1927 die reg van die redakteur om 'n mening uit te spreek oor aangeleenthede waaroor die vereniging nog nie 'n standpunt ingeneem het nie. Wat die taalbeleid van die tydskrif betref, sê Leipoldt dat Engels en Afrikaans die tale van die vereniging is en dat medewerkers wat verkies om hul bydraes in Afrikaans te lewer, welkom is om dit te doen en dat sulke artikels, indien hulle op peil is, gepubliseer sal word. Hoewel Leipoldt later gereeld hoofartikels in Afrikaans sou lewer, was die bydraes oorwegend in Engels. By geleentheid is 'n artikel van dr. I.W. Brebner in | |
[pagina 512]
| |
Afrikaans voorgelê en gepubliseer. Toe een van die korrespondente op die eienaardige spelling in dié artikel wys en sê dat dit interessant is ‘as a first attempt to use an instrument that is obviously unsuitable for the work it is intended to do with it’, het Leipoldt teengekap dat indien Brebner sy leserspubliek met sy gebruik van Afrikaans wou beperk, dit sy saak was, nie dié van die redakteur nie. ‘We are concerned’, skryf hy in die uitgawe van 14 April 1928, ‘with the language only in so far as it is a vehicle for the expression of clinical thought and observation.’ Leipoldt het voortgegaan om artikels in Afrikaans te publiseer, en van tyd tot tyd is ook artikels in Nederlands opgeneem. ‘Leipoldt’, skryf Gilder, was an accomplished linguist, although like most polyglots he was not really perfect in any one language. Both his Afrikaans and his English came under fire from time to time in letters, usually published without comment. He was at times apt to parade his linguistic virtuosity to what some might have considered an unreasonable degree. He often reviewed foreign books and on one occasion praised a French textbook on parasitology, stating that it should be on the shelves of every hospital library, despite the limited readership. In 1930 he reviewed a very large Handbuch der Kindertuberkulose, remarking that no specialist in tuberculosis or paediatrics should omit to place this upon his shelves.... Editorial arrogance went even further in September 1936 when he printed an entire letter from some Italian body in Latin, simply commenting that ‘we see no reason to put it in the vernacular’.Ga naar eind62 Vir baie van sy Engelstalige lesers moes die gebruik van die woord ‘vernacular’ - waarmee hy hier Engels bedoel, nie Afrikaans nie! - 'n ondraaglike vernedering van hul taal gewees het. Van die begin af het Leipoldt deur die nodige advertensies die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde op 'n stewige finansiële grondslag geplaas. Uit sy hoofartikels blyk sy groot belangstelling in medies-politieke aangeleenthede. Hy het hom egter selde oor sake rakende die wetenskap uitgelaat; wanneer hy dit wel gedoen het, was hy onpartydig en het hy haas nooit 'n eie standpunt ingeneem nie. By minstens twee geleenthede het hy steun vir spesifieke kandidate vir die mediese raad met sy hoofartikels probeer bevorder en daarop gewys dat sekere verkose lede eentalig is en nie debatte in Afrikaans kan volg nie. | |
[pagina 513]
| |
Van tyd tot tyd kon Leipoldt hom heftig uitspreek oor aangeleenthede. In dié proses het hy niemand, ook nie die regering of die kerk, gespaar nie. Op 23 Julie 1927 wy hy 'n hoofartikel aan kwaksalwery. ‘Nowhere perhaps’, skryf hy, ‘is the public so ill-educated in matters concerning quackery as in South Africa. Our chief cities are honeycombed with faddists, sects and denominations, and the countryside still welters in original ignorance, superimposed on a stratum of bigotry and prejudice.’ Wanneer 'n wetsontwerp om mediese wetgewing te konsolideer, vir die agtste keer in die parlement verwerp word, skryf hy dit toe aan ‘the gross stupidity of legislators who are fit representatives of a public that delights in quackery’. In 1929 weier hy om 'n pamflet van die departement van gesondheid oor die behandeling van endemiese kropgeswel met gejodeerde sout in die tydskrif op te neem, omdat hy nie met jodering akkoord gaan nie. En tydens 'n stryd met die Bloemfonteinse hospitaalraad tree hy op 13 Augustus 1932 met venyn en beledigings toe tot die debat: ‘The Bloemfontein Hospital Board has on several occasions contributed to the gaiety of the public by its discussions...[and] once again it has drawn attention to itself by further foolishness.’ Soms kon 'n mens ook vraagtekens plaas by sy oordele oor nuwe publikasies op die gebied van die medisyne en die geneeskunde. Hy het deur sy termyn as redakteur volgehou dat 'n kennis van wiskunde vir mediese studente totaal oorbodig is en dat hulle liewers 'n paar vreemde tale moes aanleer. In hierdie afkeer van wiskunde bespeur 'n mens Leipoldt se eie onvermoë wat verhinder het dat hy hom in sy Londense studiejare vir die M.D. kon inskryf. Een van Leipoldt se stokperdjies deur die jare was die armblankevraagstuk. Kort ná die aanvang van sy termyn as redakteur skryf hy dat dit vir Suid-Afrika noodsaaklik is om wit immigrasie te bevorder, aangesien die blankes na 'n paar geslagte sal begin degenereer. Die immigrante moet volgens hom versigtig gekeur word ten einde ‘wholesale potential schizophrenoids and actual hypomaniacs’ te keer. Hierdie siening, wat hy in 1937 in Bushveld doctor sou uitbou, het gespruit uit sy oortuiging dat die derde en verdere geslagte kinders van Nordiese ouers sonder die toevoer van nuwe bloed sou degenereer. Op 25 April 1936 skryf hy: ‘Our complacent White community is so confident of its own superiority, that it slights and even deprecates any attempt to teach it anything.’ By herhaling het Leipoldt alle pogings teengestaan om swart dokters van 'n laer standaard as wit dokters te lewer. In 1932 pleit hy daarvoor om mediese versekeringsdienste vir wit en swart te kombineer, om nie die | |
[pagina 514]
| |
dienste van swartes aan sektariese organisasies oor te laat nie en om mediese dienste as 'n nasionale diens in die hande van die sentrale regering te plaas. ‘In South Africa’, skryf hy, ‘we have a black population whose interests are so closely associated with the ill-health of the smaller White and Coloured communities that it would be madness on our part to draw up a public health programme purely for the White community. In 50 years one shudders to contemplate what might be the effects of so one-sided a programme.’ In 'n hoofartikel op 8 Julie 1944 sê hy hy aanvaar lede van die Mediese Vereniging ‘subscribe to the principles universally accepted by our profession, namely, that medicine knows no distinction of colour, or creed, or kind, or kin; that its purpose is to alleviate pain and suffering, and its ambition to prevent both; that its masters have held in the past, and will presumably in the future hold, that their knowledge and experience must be shared by everyone who becomes a doctor, and that no political, social or other considerations whatsoever can at any time and in any circumstances be allowed to interfere with or to modify the education that a medical student must receive.... In this matter of the colour bar in medicine our Association has not, as yet, taken up an attitude that supports, or conflicts with, what may be called the liberal and conservative schools of thought in the Union. It has, however, on more than one occasion unequivocally stated that it adheres to the traditional conception of what we and our profession stand for. About that there can be no ambiguity. Medicine is itself a liberal profession, impatient of any fetters, whether these be intellectual or conventional, and it will continue to be such so long as we are still in a position to speak and act freely and decline to succumb to the prejudices engendered by any fear that makes us untrue to our principles and indifferent to the results that must follow when we transgress these principles.’ Hoewel Leipoldt tydens die Tweede Wêreldoorlog fel teen Nazi-Duitsland gekant was en in sy briewe aan vriende telkens na die Duitsers as die Hunne verwys het, kry 'n mens die indruk dat hy in die dertigerjare aanvanklik - soos trouens baie ander mense - nie die gevaar van die diktatuur van Hitler besef het nie. Hy spreek hom in 1936 selfs uit teen 'n boikot van Duitse goedere. Wanneer die oorlog in 1939 in Europa uitbreek, ondersteun hy egter Smuts se toetrede tot die stryd ten volle en verwyt hy Afrikaners wat nie die noodsaak daarvan kan insien nie. Met die Duitse inval in Nederland en België in Mei 1940 spreek hy sy simpatie met kollegas in die besette lande uit en in 'n hoofartikel van Julie 1940 verdedig hy die reg van die staat om dokters vir mediese diensplig op te roep. | |
[pagina 515]
| |
Naas boekbesprekings en uittreksels het Leipoldt tydens sy termyn as redakteur rubrieke opgeneem waarin buitelandse korrespondente inligting aan plaaslike dokters kon verskaf, soos die gereelde ‘London letter’ wat deur prof. Alan Moncrieff, 'n bekende pediater, behartig is. Uit opgenome artikels oor onderwerpe soos tropiese siektes, pediatrie en voeding kon 'n mens die redakteur se belangstellingsvelde agterkom. ‘Thus’, skryf Gilder, ‘he maintained an interest in...some of the fringe subjects, such as medical ethics, medical education, psychology, psychiatry and sex. In the early years of his editorship he published a most informative article on homosexuality,Ga naar eind63 at a time when this subject still raised eyebrows among the professional men, and remarked in an editorial that it was doubtful whether a country so ignorant of modern social legislation as South Africa would approve the stopping of the persecution of homosexuals. He also, in 1930, expressed the...opinion...that attempts to legislate for matters of sex were usually doomed to failure.’Ga naar eind64 Hoewel Leipoldt sy tydskrif op 'n bekwame wyse geredigeer het, was hy dikwels tydens sy redakteurskap in konflikte met lede van die Mediese Vereniging betrokke. In 1930 was daar sigbaar spanning tussen die uitvoerende komitee van die federale raad en die redaksiekomitee, en het die vraag ontstaan in watter mate die redakteur vry was om sy eie mening in hoofartikels te lug. Só erg het die onmin tussen hom en veral sommige Johannesburgse dokters in 1933 geraak dat Leipoldt dit oorweeg het om te bedank en hom in Europa te vestig. ‘Die moontlikheid...dat Suidafrika u sou kon verlies,’ skryf Engelenburg in November 1933 in 'n brief aan hom, ‘is vir mij onplesierig om te moet oorweeg. Ek erken dat daar miskien voor u 'n attraksie in lê om in Europa as publisist werksaam te wees. Ons Uniale wereldjie is maar klein en vaak bietjie benoud; maar u moet rekening hou met u plig om jou eie nasie te dien en jy mag nie deserteer nie!! Wees dankbaar vir die importante plek, wat u vandaag as raadgewer vir jou volk bekleë. Daardie plek het u self, op eie geleentheid en met eie kragte, verower. Daardie plek moet u probeer vashou.’ Leipoldt het dié pleidooi van sy ou vriend ter harte geneem en nie bedank nie, maar tydens sy termyn as redakteur was daar gereeld periodes van wrywing en konflik met lede van die Mediese Vereniging. Sy dienstyd as redakteur is gekenmerk deur 'n gewapende vrede wat van tyd tot tyd in 'n gespanne woordewisseling kon ontaard. Heel dikwels was hierdie spanning die gevolg van Leipoldt se moedswil en gewoonte om opsetlik uitlokkende uitsprake te maak. Hoewel nie | |
[pagina 516]
| |
aanvanklik in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde nie, het hy die hele mediese wêreld in 1937 verstom met sy uitspraak, wat landswyd in die pers weergegee is, dat dit beter is om wyn in die plek van melk vir kinders te gee. Waarop Leipoldt die aandag wou vestig, is dat die wyse waarop melk by skole uit emmers geskep en aan kinders gegee is, 'n betreklik onhigiëniese affêre was. Later sou hy skryf dat melk dikwels ‘'n eersteklas broeiplek...vir allerhande kiemsoorte’Ga naar eind65 is. Op die plaas, direk van die gemelkte koei, is ongekookte melk iets wat met veiligheid en genot gedrink kan word; in die handel is selfs gepasteuriseerde melk nie altyd deeglik rein en suiwer en kiemvry nie.Ga naar eind66 Die kenmerkende provokatiewe wyse waarop Leipoldt egter verkies het om sy beswaar te formuleer, het 'n stroom van ontstelde briewe in die pers tot gevolg gehad. In plaas van die gemoedere te kalmeer, het hy die hele situasie intens geniet. Toe hy kort daarna deur 'n joernalis gevra word of hy werklik bedoel wyn is beter as melk vir babas, was sy antwoord: ‘No, I was misreported. I said brandy, not wine!’ Hy het selfs op 24 November 1937 by wyse van 'n berig in Die Burger 'n identiese tweeling gesoek met wie hy 'n proef kon doen. Dit was sy bedoeling om die een op wyn en die ander op melk groot te maak en daarmee aan te toon dat wyn nie alleen voedsamer nie maar ook gesonder as melk is. Vanselfsprekend kon die eksperiment by gebrek aan 'n ouerpaar wat hul tweeling aan so 'n proefneming wou onderwerp, nie uitgevoer word nie. Toe die Mediese Raad hom versoek om sy uitspraak oor die geskiktheid van wyn bo melk vir kinders terug te trek, het hy botweg geweier. 'n Joernalis het Leipoldt egter juis in hierdie tyd onkant betrap. Kort ná die eerste berigte oor sy voorneme het 'n joernalis hom in 'n kafee aan die bopunt van Adderleystraat betrap waar hy besig was om heerlik aan 'n groot glas melk te drink! ‘Ek het beswaar gehad teen vuil melk, nie skoon melk nie’, was sy verduideliking.Ga naar eind67 In plaas van om verder oor sy uitspraak te swyg, het Leipoldt 'n tydjie ná die polemiek in Wine and Spirit van Januarie 1938 op die saak teruggekom. ‘There has never been in my mind any question’, skryf hy ‘of wine versus milk. I have merely pointed out that bad milk, dirty and contaminated milk, is as much a danger and as detrimental to public health and welfare as is bad wine, and that it may - in view of the unrestricted sale that it now enjoys - be infinitely worse.’ As redakteur van die mediese tydskrif sorg hy in 1938 vir artikels oor die kontrole by melkerye en die vraagstuk van ‘Milk and the public health’.Ga naar eind68 En om sy standpunt verder te bevestig, | |
[pagina 517]
| |
skryf hy in Wine and Spirit van Julie 1938 'n artikel oor die voedingswaarde van alkohol. Selfs teen oorweldigende openbare protes in het Leipoldt nie maklik gaan lê nie! Dat Leipoldt met die voedingswaarde van wyn nie verkeerd was nie, blyk uit die geskiedenis van Rodney Whitney, wat reeds as speenling allergies vir melk was. ‘Rodney’, lui 'n koerantberig wat kort ná die dood van Leipoldt in 1947 verskyn, is a sturdy lad to-day, after many perils of early childhood, as the result of the advice given by the distinguished physician, Dr. Louis Leipoldt,...that instead of milk he should be fed on wine. | |
VAs organiserende sekretaris van die Mediese Vereniging het Leipoldt vanuit sy kantoor in Mediese Huis, Waalstraat 35, die belange van medici oor die hele Suid-Afrika heen behartig. Met die talle takke van die vereniging oral in die land moes hy baie reis, kongresse organiseer en inligting uitstuur. Van 1936 af is hy sekretarieel bygestaan deur Elsabé Raath. Jare later kon sy nog onthou hoe eksentriek Leipoldt was en hoe afsydig hy aanvanklik kon wees. Toe hy egter eers aan haar gewoond was, vertel sy, ‘het ons baie goeie vriende geword en het ek soms vir hom 'n sjieling gegee om sy hare te laat sny...Ook moes ek die piesangskille agter sy rusbank in sy | |
[pagina 518]
| |
kantoor gaan optel wanneer hy daar gelê het - hy 't dit altyd oor sy skouer op die vloer gegooi!’ En Sondae, wanneer hy vriende na sy huis oorgenooi het, moes sy dikwels as gasvrou by hom tuis optree.Ga naar eind70 In Leipoldt se kantoor in Waalstraat het enkele van sy gedigte ontstaan wat later bekende bloemlesingverse sou word.Ga naar eind71 Vir die tydskrif Wine and Spirit skryf hy in hierdie jare artikels oor onderwerpe soos die geneeskundige waarde van brandewyn en die voedingswaarde van alkohol, terwyl hy vir die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde stukke lewer oor chroniese blindedermontsteking, wanvoeding, oorerflike sifilis en die verskynsel van enureseGa naar eind72 by kinders. 'n Boeiende artikel wat hy in The Lancet van 28 Desember 1935 publiseer, handel oor die kwessie van geneeskunde, medisyne en geloof. ‘Medicine’, sê hy in 'n prikkelende omskrywing wat baie medici vandag sal laat sidder, ‘I assume to be the art of healing and tending the sick, founded on principles formulated by the experience of centuries of study of the human body in health and disease.... It is an art and not a science.... Like all other arts it has its limitations, chief of which is its inability to systematise its experience into an incontrovertible creed.’ Juis daarom, gaan hy voort, was medisyne en magie in die verre verlede sinonieme terme, ‘and the practitioner of medicine was primarily concerned with those imponderables that are now considered to be more in the province of the priest than in that of the doctor. That is still the case in many uncivilised communities. When medicine became recognised as a separate art, it emerged from the shadows of the temple. After a few centuries it again migrated to church or monastery, and among the greatest exponents of our art have been monks and theologians, like Maimonides...With the decline of monasticism in the West, medicine once more assumed an independence which it has since maintained.’ En hy stel die stimulerende vraag of die ‘kuns van medisyne’ by hierdie onafhanklikheid baat gevind het. Wat, byvoorbeeld, vra hy, moet die hedendaagse ‘medisyneman’ se ingesteldheid teenoor geloofsgenesing wees? Ná 'n lang uitweiding oor hierdie vraagstuk kom hy, téén alle verwagting in wat ons by voorbaat van Leipoldt sal hê, tot 'n uitspraak wat 'n toegewing aan die magiër inhou: ‘It is, and must remain, an attitude of tolerant scepticism, but it need not necessarily be one of opposition, antagonism, and enmity.’ Ook vir 'n populêre tydskrif soos Die Huisgenoot en vir sy ou koerant Die Volkstem skryf Leipoldt in sy jare as redakteur van die mediese tydskrif en as sekretaris van die Mediese Vereniging artikels oor mediese onderwerpe | |
[pagina 519]
| |
wat baie ingewikkelde sake vir die leek verstaanbaar gemaak het, selfs al was sy inligting dan nie altyd bo verdenking nie. In Die Huisgenoot van 23 Julie 1943 wys hy op ‘Die wondere van die chemiese therapie’ en op 7 Januarie 1944 wei hy uit oor die destydse nuwe middel penisillien, terwyl hy in Junie 1946 oor ‘Die stryd teen pyn’ en in die uitgawe van 4 April 1947 oor ‘Hermafroditisme’ skryf. Ook by bekende siektegeskiedenisse en dokters van die verlede staan hy stil. In Die Volkstem van 2 Maart 1940 vertel hy die gruwelike geskiedenis van die Amerikaanse Mary Mallon, wat as draer van ingewandskoors self nie siek geword het nie, maar tientalle mense met wie sy in aanraking was, noodlottig aangesteek en ten spyte daarvan alle behandeling volstrek geweier het. En in Die Huisgenoot van 8 Februarie 1946 staan hy stil by die ‘legende’ van dr. James Barry, wat volgens baie mense 'n vrou was. In boekvorm verskyn daar in Afrikaans in hierdie jare net een verdere populêre mediese handleiding van Leipoldt. Dit is sy Eerste gesondheidsleesboek vir Afrikaanse skole, wat in 1931 gepubliseer word. In eenvoudige en verstaanbare taal skryf hy hierin oor die verskillende dele van die liggaam, gesonde voedsel, geskikte klere en hoe om werk en spel af te wissel. Telkens, feitlik as 'n sirkulerende beeld dwarsdeur die boek, vergelyk hy die menslike liggaam met 'n supermasjien en word alles in verband met die liggaam in terme van 'n motor uiteengesit. In dieselfde jaar verskyn ook van hom A primary health reader for South African schools, terwyl hy in 1939 vir die Ou Mutual 'n gids vir 'n gesonde leefwyse opstel: Gesondheid - Jou grootste skat en hoe om dit te bewaar/ Your greatest treasure - good health - and how to keep it. In 1936 publiseer hy die hersiene uitgawe van Common-sense dietetics, sy boek oor dieetkunde van 1911, onder die titel The belly book or The diner's guide. Veral die eerste drie hoofstukke is in die lig van nuwe kennis ingrypend hersien. En in sommige byvoegings hoor 'n mens weer duidelik die liberale en humane Leipoldt, wat hom in 'n konserwatiewe fase van die Afrikaner se ontwikkeling uitspreek oor sake wat toe nog taamlik taboe was. ‘Alcohol’, skryf hy, ‘as ordinarily used at meals - and we refer more especially to the Continental fashion of partaking of wine diluted with water - does not in the least interfere with normal digestion, and in some cases appears to be of valuable assistance to the diner. Certainly it gives a pleasant variety to the meal, and from a purely gastronomic point of view its use is therefore to be highly recommended.... a moderate use of alcohol aids digestion instead of retarding it.’Ga naar eind73 Vir iemand op Clanwilliam met maagmoeilikheid het hy in hierdie jare sommer trompop geloop: ‘Lees jy dan nie jou | |
[pagina 520]
| |
Bybel nie? “As jou pens seer is, suip wyn!”’Ga naar eind74 Leipoldt verwys hier na 'n uitspraak in 1 Timoteus 5: 23: ‘Moenie langer net water drink nie. Gebruik 'n bietjie wyn vir die maag en vir jou herhaalde ongesteldhede.’ Dit is 'n teks wat Leipoldt ook in sy artikel ‘Wyn en godsdiens’ in Wine and Spirit van Januarie 1939 aanhaal as hy ná 'n radiopraatjie oor wyn as voedsel talle briewe van mense ontvang wat eerlik van mening was dat wyn 'n vergif is en dat die gebruik daarvan afgekeur en selfs verbied moes word! Dit is vir sulke lesers en pasiënte dat die stroomop Leipoldt se humane standpunt oor baie sake 'n moderne soort kettery was. En as duiwelsadvokaat het hy hulle aangemoedig om te ‘sondig’ en van hulle konserwatisme los te kom. Dat Leipoldt in hierdie jare opnuut in die dieetkunde geïnteresseerd was, spruit voort uit sy eie ervaring met 'n maagseer wat van tyd tot tyd vir hom 'n groot mate van ongemak en pyn besorg het. Dat hy 'n maagseer ontwikkel het, is nie verbasend nie. Volgens Joan Arehart-Treichel het die maagseerlyer dikwels 'n ‘emotionally disturbed childhood’Ga naar eind75 en is hy is sy volwasse lewe 'n hardwerkende en pligsgetroue persoon wat as gevolg van sy werkdrag aan spanning blootgestel is - 'n patroon waarby Leipoldt met die spanning in die ouerhuis as gevolg van sy moeder se afwykende persoonlikheid en die ontsettende drag werk wat hy as volwassenene dikwels op hom gelaai het, presies inpas. Op 20 Desember 1926 laat hy die Allens van Johannesburg weet dat simptome van 'n ‘duodenal ulcer’ by hom ontdek is. Hy skryf: ‘My medical advisers - good term that - say it is atonic dyspepsia, due to old malaria with adhesions to the spleen that cause the vague pains and discomfort - but the thing is getting worse and I am worried...However, it is an interesting study, and if it turns out to be pre-cancerous it will be more interesting still. I have no wish to die yet, but I do not look upon death as so awful a fate as to cling to life despite the loss of whatever makes life worth living.’ In 'n ongepubliseerde roman in die ek-vorm, waaraan hy die titel My duodenal: The personal record of a suffererGa naar eind76 gee en waarvoor hy in die manuskrip 'n wisselvorm van die bekende pseudoniem uit sy jeugjare F.W. Baxcombe gebruik, skryf hy oor sy ervaring met dié kwaal. Interne getuienis, onder meer die verwysing na die regering se hardnekkige weiering om van die goudstandaard af te stap,Ga naar eind77 dui daarop dat Leipoldt dié manuskrip waarskynlik in 1931 begin het, al werk hy - volgens 'n brief van 31 Mei 1937 aan die Allens - steeds aan sy ‘duodenal’-boek. Aan die begin van dié verhaal vertel hy hoe hy bewus geword het van sy kwaal, wat sy reaksie daarop was, hoe hy mediese advies inge- | |
[pagina 521]
| |
win en self aan die hand van beskikbare artikels en handboeke 'n studie daarvan gemaak het. Sy groot vrees was dat dit in kanker kon ontwikkel, al het hy die versekering gekry dat 'n seer in die duodenum nooit kwaadaardig raak nie. Uiteindelik het hy geleer hoe om sonder operatiewe ingryping met sy toestand saam te leef en nogtans lekker te eet. Die roman is nie sonder verdienste nie, maar wanneer die verteller in die hospitaal 'n aantal artikels oor sy kwaal lees en dit in die verhaal inwerk, ontaard die roman in 'n verhandeling en 'n dorre relaas wat hoogstens 'n medikus mag interesseer. Gelukkig is Leipoldt in sy Belly book en sy veelvuldige artikels oor mediese aangeleenthede in hierdie jare selde vervelend. Hy het die vermoë besit om onderhoudend oor sake te skryf wat die gewone leser se kennis uitgebrei het, ook oor onderwerpe rakende sy liggaamlike en psigiese welsyn. In dié opsig was Leipoldt 'n didaktikus wat vir sy mense sekere dinge wou leer. In sy jare as redakteur van die mediese tydskrif het hy daarin geslaag om sy dubbele funksie, as geneesheer en as joernalis, met mekaar te versoen, óók wanneer hy vir populêre tydskrifte geskryf het. |
|