Leipoldt. 'n Lewensverhaal
(1999)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 369]
| |
III
| |
[pagina 371]
| |
Hoofstuk XI SkooldokterIlank voordat daar van 'n mediese inspeksiediens in transvaalse skole sprake was, het Leipoldt, soos baie ander Suid-Afrikaners in Londen, die verloop van sake in sy land en die stigting van die Unie met belangstelling gevolg. In die wetgewing met die oog op uniewording, so het hy gemerk, het misdaad, landbou, spoorweë, finansies, belasting en selfs bosbouGa naar eind1 voorrang geniet bo volksgesondheid. Volksgesondheid was een van die grootste en belangrikste nasionale vraagstukke van Suid-Afrika, maar dit is saam met onderwys en paaie - ‘all three the main civilizing factors in any community’Ga naar eind2 - van die sentrale owerheid na provinsiale beheer afgewentel. Tydens Jan Hendrik Hofmeyr en W.P. Schreiner se besoeke aan Londen in 1910 het Leipoldt dié toedrag van sake met hulle bespreek en sy verbasing te kenne gegee dat die opstellers van die Uniewet so 'n gebrek aan oordeel oor sulke belangrike aangeleenthede kon hê. Hofmeyr het hom vertel van die probleme wat hulle in die ou dae ondervind het om mediese dienste aan die buitedistrikte te verskaf. ‘“Jy weet,” het hy gesê, “sodra daar 'n nuwe dorp gestig is, dan was die eerste ding waaroor hulle die Regering lastig geval het, die bou van 'n tronk. Ons mense dink glad nie aan hospitale nie, maar in 'n skaapwêreld, waar skape gesteel word, is 'n tronk 'n onmisbare iets.”’Ga naar eind3 Met sy aankoms in Kaapstad is Leipoldt, nadat hy Lulu en Frank Bolus en ander vriende gegroet en 'n bietjie by familie rondgekuier het, dadelik per trein na Pretoria. Daar het hy hom aangemeld by die departement van onderwys, wat in die ou regeringsgebou van die Zuid-Afrikaansche Republiek op Kerkplein gehuisves was. Uit die staanspoor het hy die hartlikste samewerking ontvang van dr. (later sir) John Adamson, die direkteur, en van mnr. H.S. Scott, die sekretaris van onderwys. Albei was tweetalig en kultuurmanne, ‘besiel...met 'n vurige wens om die belange van die kinders as hul eerste en hoogste verpligting te beskou’.Ga naar eind4 Baie gou na sy diensaanvaarding is Leipoldt egter van verskillende kante gewaarsku dat sy indruk verkeerd is en dat albei as gewese Milner-amptenare nouliks teenoor Afrikaanse kinders op dieselfde manier as teenoor Engelstalige | |
[pagina 372]
| |
kinders kon optree. ‘Al wat ek kan sê’, merk Leipoldt in hierdie verband op, ‘is dat solank ek die voorreg geniet het om met dr. Adamson te werk, ek hom uiters simpatiek vir ons kinders, ons kultuur, en ons ideale gevind het. Die feit dat hy ons taal aangeleer het, en dat hy van die begin af aan in ons opkomende letterkunde belangstelling getoon het, en dat hy, waar hy persoonlik in aanraking met ons mense op die platteland gekom het, altyd vriende agtergelaat het, is myns insiens genoeg om die bevooroordeling wat teen hom bestaan het, dood te druk. Hy sowel as mnr. Scott het my hartlike ondersteuning gegee van die begin af totdat ek later my bedanking ingedien het, en ek is hulle altwee groot dank verskuldig vir hul aanmoediging en hulp.’Ga naar eind5 Wanneer Adamson in 1924 as direkteur uittree en Scott nie in sy plek benoem word nie, protesteer Leipoldt daarteen tydens die jaarvergadering van die Transvaalse Skoolreisvereniging. Hy beskou die ignorering van Scott, wat met sy bewese bekwaamheid die vanselfsprekende opvolger van Adamson was, as naakte ‘rassisme’Ga naar eind6 aan die kant van die Afrikaners, wat met die verkiesingsoorwinning van 1924 die leidende aandeel in die regering verkry het.Ga naar eind7 Ten spyte van Adamson en Scott se welwillendheid was Leipoldt se taak van die begin afbesonder moeilik. Met sy aankoms moes hy ontdek dat geen kantoor vir hom ingerig is nie. Niemand het eintlik enige inligting oor sy opdrag gehad of wat presies mediese inspeksie van skole in Transvaal sou behels nie. ‘The official conception’, skryf hy in Bushveld doctor, ‘seemed to be that the Medical Inspector should visit a certain number of schools and at the end of the term report to the Department on the health conditions he found. Individual examination of the children had not even been considered; the assistance of a trained nurse, versed in the preparation of children for such examination, had not been contemplated. In the estimates, provision had been made for my salary but for nothing else, although a small amount had been allocated for travelling expenses and for what is known as 'subsistence allowance', the additional expense incurred by officials when away from home on official business.’Ga naar eind8 Hy het die indruk gekry dat die pos slegs op openbare aandrang geskep is, maar dat die verantwoordelike amptenare geen benul gehad het van die infrastruktuur wat met so 'n betrekking gepaard sou moes gaan nie. Uiteindelik is 'n kantoor tog in die gebou op Kerkplein aan Leipoldt toegewys. Hy het begin om die Transvaalse skoolwette en reglemente, die ordonnansies van die verskillende munisipaliteite en die jaarverslae van die departement te bestudeer. Daaruit kon hy vir homself 'n memoran- | |
[pagina 373]
| |
dum opstel wat die getal skole en die aantal kinders in elkeen aandui, met aanwysings van hoe om die skole te bereik. Wat hom onmiddellik opgeval het, was dat die wetgewing hom hoegenaamd geen reg gegee het om 'n kind medies te ondersoek nie. In 'n gesprek met die prokureur-generaal van die provinsie is sy vrese in dié verband bevestig. ‘I found’, skryf hy, ‘that if I stripped a boy at school I could be convicted of crimen injuria, a particularly comprehensive term that may connote anything from exhibitionism to indecent assault. To safeguard myself against that appalling danger, the Attorney-General advised me to get the written permission of every parent before I examined a child at school; and, as a matter of fact, until medical inspection of schools was properly legalized by ordinance, every parent or guardian was sent a printed form of consent, and no child was examined unless that form had been returned, signed, to the headmaster.’Ga naar eind9 Aan die begin was ouers aan die Rand en in Pretoria huiwerig om hul kinders deur die ‘regeringsdokter’ te laat ondersoek en was dit nie ongewoon om tot twintig persent te kry wat besware geopper het nie. Sommige het eenvoudig gesê hulle het hul eie dokter, ander het nie geglo aan inenting nie en ander het godsdienstige besware gehad. By tye was die weierings besonder koddig. Die moeder van 'n elfjarige meisie het byvoorbeeld teruggeskryf dat haar dogter nie ondersoek mag word voordat sy aangeneem is nie, terwyl 'n mynwerker die skoolhoof laat weet het: ‘Ná die laaste ondersoek het my vrou tweelinge gekry - en ek wil dit nie weer hê nie!’Ga naar eind10 Baie gou was die aanvanklike vreemdheid van die nuwe instelling egter verby en het die ouers in die stedelike gebiede hul hartlike samewerking gegee. Tog het Leipoldt gevind dat seuns, méér as dogters, dikwels onwillig was om hulle te laat ondersoek. Tydens sy eerste besoek aan 'n plaasskool in die Bosveld het een van die ouer seuns, 'n groot, lomp kêrel van veertien jaar, geweier om sy hemp uit te trek. Sy moeder was nie aanwesig nie, maar selfs met die ander kinders weg en in volkome privaatheid het hy steeds met sy weiering volgehou, ten spyte daarvan dat 'n lid van die skoolkomitee hom probeer oorreed het. Leipoldt het geen poging aangewend om die seun te forseer nie en in weerwil van die proteste van die vergaderde ouers die ondersoek beëindig. Ook die onderwyser, wat duidelik deur die voorval gesteur was, het geen kommentaar tydens die ondersoek gelewer nie en die skool vir die dag verdaag. Leipoldt is saam met die onderwyser huis toe, vergesel van die ouers wat almal vir 'n koppie | |
[pagina 374]
| |
koffie saamgekom en daarna afskeid geneem het. Terwyl hulle op die stoep sit, vestig die onderwyser Leipoldt se aandag op 'n klein groepie mense wat driftig na die skool toe beweeg. Aan die spits was 'n formidabele groot vrou wat met 'n plak 'n halfnaakte jong seun voor haar uitgedryf het, gevolg deur 'n paar kleiner seuns en dogters. Dit was die moeder van Freddie, die seun wat geweier het om uit te trek. Sy moeder het die nuus van sy ‘ongehoorsaamheid’ van die ander kinders verneem. ‘Hier, tietser’, sê sy toe sy sien die onderwyser en die dokter kom aan, ‘ek het hom, soos tietser kan sien, sonder sy hemp gebring. As die dokter sy broek ook wil uithê,’ gaan sy voort, ‘moet hy net sê’, terwyl sy Freddie nog 'n hou met die plak gee. ‘En jy, blikskottel’ - nog 'n hou met die plak - ‘sê vir die tietser hoe jammer jy is dat jy so ongehoorsaam was. As sy pa net hier was, tietser...Maar 'n arme weduwee het genoeg om te doen as om voor al die mense in die skande gesteek te word.’Ga naar eind11 Freddie is ondersoek en Leipoldt het gevind dat hy 'n malarialyer met 'n vergrote milt was, maar ook bilharzia - as rooiwater in die wandel bekend - onder lede gehad het. Die seun se belangstelling is gewek toe Leipoldt die eiers onder die mikroskoop vir hom kon wys. Sowel die moeder as Freddie het vir middagete gebly en Freddie is saam met Leipoldt om hom die weg na die volgende skool te wys, 'n aangename en onderhoudende metgesel.Ga naar eind12 Met sy diensaanvaarding in Pretoria is Leipoldt op sy vraag oor hoeveel blanke kinders met gebreke daar in die provinsie op skool was, verwys na die statistieke van die algemene sensus van 1911. Daaruit moes hy aflei dat in die ouderdomsgroep van sewe tot vyftien jaar daar slegs 19 blinde, 54 swaksinnige, 58 doofstom, 35 epileptiese, 40 verlamde en 162 misvormde kinders uit die ganse totaal van 70 000 blanke kinders in die provinsie was. Hierdie syfers was só verbysterend laag dat Leipoldt eers nie wou glo dat hulle amptelik was nie. In die eerste jaar van sy dienstermyn kon hy vasstel dat die syfers 'n absurde onderskatting van die ware toedrag van sake was en dat nie minder nie as 59% van alle kinders op skool aan een of ander gebrek gely het!Ga naar eind13 By die sensus, so was sy afleiding, het ouers eenvoudig nie die lus of die bevoegdheid gehad om die gebreke van hul kinders noukeurig in te vul nie. Leipoldt se eerste kennismaking met Transvaalse skoolkinders was by die Goede Hoop-skool in Vrededorp, waar die ouers oorwegend Afrikaanstalig en arm was en waar die kinders moes grootword in huislike omstandighede wat veel te wense oorgelaat het. Aan die Rand het die publiek die noodsaaklikheid van mediese skool- | |
[pagina 375]
| |
toesig meestal gou ingesien, maar op die platteland was daar groter teenstand en was skoolrade en dokters van mening dat die hele stelsel geldmors is. Leipoldt se eerste plig was dus, soos hy dit stel, ‘om die saak aan die publiek en die dokters duidelik te maak, en dit kon alleen gedoen word deur publieke vergaderings waarop ek die doel van die werk en sy strekking aan altwee kon verduidelik’.Ga naar eind14 Dit was nodig om die mense, wat nie van nuwighede gehou het nie, te oortuig. Een ou oom het op een van die vergaderings aan hom gesê: ‘Ag wat, Dokter, watter saak maak dit nou as my kind 'n boepens het, solank as hy maar die osse kan lei?’ 'n Moeder van ses armoedige kindertjies het kom kla: ‘Dominee, hierdie magels waar die dokter oor praat - het dit nou iets met 'n mens se saligheid te doen?’ Selfs van die onderwysers was heeltemal oningelig oor mediese aangeleenthede. Toe Leipoldt die publiek oor rooiwater wou inlig, het die aanwesige onderwyser gekeer: ‘Dokter, ons praat nie hierlangs oor sulke goed nie. Die mense sal dink dis politiek.’Ga naar eind15 By geleentheid het Leipoldt sy gehoor vertel van malaria en rooiwater en adenoïdes en slegte tande, en hulle toe genooi om vrae te stel. 'n Doodse stilte het gevolg. Uiteindelik het 'n oubaas opgestaan: ‘Vriende, ek stel voor 'n mosie van volle wantroue in dr. Leipoldt en die Regering!’Ga naar eind16 Eers ná die vergadering, so vertel Leipoldt, ‘het ek uitgevind dat die oubaas onder die indruk verkeer het dat ek politiek gepraat het, en dat dit 'n politieke vergadering was.’ Hoewel die onkunde van ouers tydens sy dienstermyn verminder en die gereelde mediese inspeksies tot 'n algemene verbetering van kinders se gesondheid bygedra het, moes Leipoldt nog in sy verslag van 1922 vermeld dat baie van die gebreke van die skoolgaande jeug toe te skryf is aan ‘parental ignorance and dereliction of parental duty, which can be remedied for future generations only by impressing upon the boy and girl at present at school the urgent necessity of fulfilling their obligations to their offspring and to their race’.Ga naar eind17 Die uitgestrektheid van Transvaal, 'n provinsie wat hy nou die eerste keer gesien het, en die groot afstande wat hy per spoor, per motor en te perd moes aflê, het in die begin groot probleme geskep. ‘I travelled many thousand miles every year’, skryf hy in Bushveld doctor, ‘sometimes alone, sometimes accompanied by a school attendance officer to guide me when the roads were not marked on the map, or by a small native piccaninny to open the gates.’Ga naar eind18 Omdat die gebied so uitgebreid was, moes Leipoldt die rooster vir sy skoolbesoeke sorgvuldig uitwerk. Sommige skole was tien dagreise ver van sy hoofkantoor en aanvanklik moes hy met 'n spaider en | |
[pagina 376]
| |
muile regkom. Eers 'n jaar ná sy indienstreding het hy, nadat hy 'n bietjie ondervinding van die paaie en toestande opgedoen het, 'n motor aangeskaf. Veral in die Bosveld was die situasie nog baie primitief, aangesien die verdeling in administratiewe distrikte nog nie geografies gerangskik was nie. ‘Much of (the Bushveld)’, skryf Leipoldt, ‘has been only partially surveyed, and at the time when I made my first motor trip into its wilds one had to depend on the inadequate and often misleading military maps that dated from the time of the Anglo-Boer War and were compiled as much on hearsay evidence as on accurate triangulation.’Ga naar eind19 Daarby was petrol nie orals verkrygbaar nie en moes Leipoldt naas toerusting vir die mediese inspeksies en kampering 'n paar ekstra buite- en binnebande, 'n paar kannetjies petrol en olie, 'n vaatjie water en materiaal vir die herstel van lekke saamkarwei. Aangesien hy met sy belangstelling in plante graag nuwe spesies wou bymekaarmaak, het hy ook toerusting hiervoor ingepak. ‘I therefore’, skryf hy, ‘carried with me a wire frame for botanical specimens, field glasses, a geological chisel for digging, and a collector's gun, the last only to be used for obtaining rare or unidentified birds. Later a shotgun was added to procure partridges for the pot, but I never carried a rifle and never shot anything larger than the small buck that were exterminating a school teacher's garden. There was plenty of game in the Bushveld...and on more than one occasion I slept within sound of the lions and - what was much more exciting - within a few hundred yards of the hippopotami's feeding patch, but I never felt the need for a more lethal weapon than the 16 bore that was necessary as a precaution against frightened cobras or mambas.’Ga naar eind20 Sommige van die paaie waarop Leipoldt aanvanklik met sy ou Buick moes ry, het nog nooit tevore 'n motor oor hulle gehad nie.Ga naar eind21 En die toestand van die paaie, veral in die reënmaande, was eenvoudig haglik. ‘In die somermaande’, skryf Leipoldt, ‘was dit byna onmoontlik om sekere distrikskole te besoek. Die reent het die turfgrond so modderig gemaak dat die kar deur die turfpaaie net met die grootste moeite en met behulp van kettings kon getrek word. Daarby was dit ook nie plesierig om in die namiddag te reis nie, want omtrent tweeuur het die donderweer opgesteek en omtrent vieruur het dit losgebars, gewoonlik met geweldige reent wat jou genoodsaak het om stil te staan om die masjien inwendig te beskerm teen die water. Die ergste van alles was miskien die slaggate in die pad en die klein spruitjies wat so vinnig afgekom het dat hulle gevaarlik was. Meer as eens moes ek ure wag voor ek 'n driffie wat in die môre nog deurgaanbaar was, kon deurry.’Ga naar eind22 | |
[pagina 377]
| |
Op dié wyse het Leipoldt Transvaal goed leer ken. Hy het in Pretoria gewoon, maar die uitvoerende hoofstad van die Unie het hom nie beïndruk nie. Dit was volgens hom geleë in 'n landstreek wat geen energie by die inwoners kon wek nie: ‘its climate is soporific, depressing and demoralizing’.Ga naar eind23 Pretoria, skryf hy in 'n besonder skerp en negatiewe karakterisering van die stad in die jare toe hy daar gewoon het, ‘is in spirit and essence merely a magnified village, intensely sensitive to criticism, with the sensitiveness of a patriach out of touch with youth and innovation’.Ga naar eind24 Daarteenoor is hy besonder beïndruk deur Johannesburg, ‘that throbbing nerve centre of industry and activity whose unlimited and easily earned wealth are colossal factors in shaping the destinies of South Africa.’Ga naar eind25 Hoewel hierdie elektriese atmosfeer van die Rand tot hom gespreek het en hy hom kan voorstel dat iemand wat daar gebore is, innig geheg daaraan sal wees en dit bo die Kaap sal verkies, kon hy hom nooit daaraan wen nie. Selfs in later jare, skryf hy by geleentheid, ‘voel ek soms grillerig as ek dink aan die goud en die geld wat daarin lê’.Ga naar eind26 Maar veral die uitgestrektheid van die Transvaalse platteland en die Bosveld het Leipoldt bekoor. Die heuwellandskap van die Hoëveld, ‘grotesquely variegated by mining dumps and headgear’,Ga naar eind27 was vir hom die mees beskaafde, ekonomies voorspoedige maar ook lelikste deel van Transvaal, terwyl die Middelveld vir hom net plek-plek met sy berge en heuwels 'n sekere aantreklikheid in die kleurespel en die afwisseling in buitelyne vertoon het.Ga naar eind28 Maar die Bosveld, wat hy die eerste keer in die middel van Mei 1914 gesien het, was vir hom 'n belewenis - veral komende van die Karoowêreld van Clanwilliam, maar toe pas terug na tien jaar in Londen, van waar hy Europa, die twee Amerikas en die Ooste bereis het. ‘Miles upon miles of dull brown bush’, skryf hy, ‘a flat land edged, far away in the distance, by the Blue Mountains, beyond which lay the Limpopo. Eyots of green and ochre red - straggling mimosa trees in the foreground, multiplied by thousands in the middle distance - sandstone, or more likely dolomite, tors at infrequent intervals to break the monotony of levelness - patches of grass between - the dust raised by a herd of zebra or wildebeest to the right - and the road winding through the scrub to be lost very soon in that impenetrable secondary forest.’Ga naar eind29 Veral die eerste sonsondergang wat hy in die Bosveld belewe, maak 'n groot indruk op hom. ‘In the east, above the scrub,’ skryf hy, ‘there lay linear bands of cloud, like long drawn-out, misty, translucent films that shrouded but could not hide the rays streaming through, over and above | |
[pagina 378]
| |
them. Immediately below, the veld was dark: a violet blue, with brown reflections where the bush grew sparsely. Over the horizon were splashes of sinople green, merging harmoniously into a succession of rapidly alternating colours that culminated in a rich deep ruby. To right and left of the sinking sun the sky was miniated with nacarat and red, with green and startlingly blue quadrilaterals, flanked by carmine triangles and mother-of-pearls squares. A cubist sunset, if ever there was one, but startlingly, astoundingly beautiful; for the lurid colours blended into numerous intermediate tints, and where they fell on the veld they merged into a soft brick red or brown that somehow seemed to reflect all the kaleidoscope of the sky.’Ga naar eind30 In Bushveld doctor sê Leipoldt dat hierdie sonsondergang almal oortref wat hy tydens sy reise naby Tanger, in Java, in die Bermuda-eilande en in die Dolomiete kon sien, vergetende dat hy net 'n paar jaar tevore in Uit my Oosterse dagboekGa naar eind31 die sonsondergang met sy aankoms aan die kus van Soematra naby Padang as die mooiste van sy lewe onthou het! Hoe dan ook, die Bosveld met sy ryk natuur en sy gasvrye mense maak, soos vroeër die Karoo en die Ooste, 'n groot indruk op Leipoldt. In ‘Bosveldlied’Ga naar eind32 in sy bundel Uit drie wêrelddele besing hy die ‘glorie-rooi as die son gaan daal’ en aan die vlaktes ‘wisselende, kleur-akkoorde gee’, terwyl hy in 'n nagelate sonnet die Bosveld teken wat teen skemeraand sy ‘timeworn scars’ in ‘green black shadows’ hul en sy inwoners tot ‘vocal life’ wek: the zebra's bark,
The striped hyaena's strident laugh that jars
The listening ear, the lion's haughty bars,
Combine to make a chorus in the dark.Ga naar eind33
Met besondere meelewing skryf hy in ‘Waar die Onderveld...’Ga naar eind34 oor die ‘witmuur strooidakhuis’, ‘die groot ou voorhuis met sy misgesmeerde vloer’, die kiaathouttafel, die stinkhoutstoele En die mooi gebreide velle wat die vloer tot sieraad strek,
En die muurkas met sy borde en sy koppies wit en blou,
En die Bybel en Gesangboek op hul vasgestelde plek
Vir die aande na die ete as die Oubaas aanddiens hou.
| |
[pagina 379]
| |
Wat hom veral tref, is die kremetartbome met hul ‘wydgestrekte takke’ en ‘snaakse, sagte stam’,Ga naar eind35 die kamele wat met hulle ‘driehoekige gesigte’Ga naar eind36 in die namiddagson staan en die talle seekoeigate in die Limpopo. Onder hulle is dit veral die seekoeigat met die naam Mabolel wat hom in die besonder boei. Nerens, skryf hy in ‘A blue jay in the Bushveld’ in The ballad of Dick King and other poems, is daar A sight more splendid than this streak of fire
That mounts above the placid Mabolel
As if with sapphire blue it aimed to quell
The pale pure beryl of the sky's attire.Ga naar eind37
In die Mabolel, skryf hy, hou 'n legendariese krokodil, bekend as ‘Koning van die Visse’. Hierdie krokodil ‘was supposed to have killed and eaten more than a score of natives and at least two white men, and many efforts were made to kill him. His invariable custom was to swim quietly submerged in the water, and approach his victims while they were drinking or washing, swipe them into the water with one tremendous blow of his tail, and drag them off to his lair, a muddy, sedge-surrounded hole at the extreme eastern edge of the biggest pool.’Ga naar eind38 Hy het selfs die gewoonte gehad ‘om in die bos uit te gaan en arglose voetgangers skielik aan te val en hulle na sy spens onder die water te sleep’.Ga naar eind39 Leipoldt verwys hier na dieselfde krokodil as dié waaroor Eugène N. Marais in sy bekende ‘Mabalêl’ (oorspronklik gepubliseer in Die Burger se Kersnommer van 1923) en later ook in sy verhaal ‘More-na di Metsi - die vors van die waters’ in die bundel Spore in die sand skryf.Ga naar eind40 Maar as medikus was Leipoldt in die eerste plek geïnteresseerd in die liggaamlike en geestelike welsyn van die Bosveldkinders. Reeds met sy eerste voorlopige inspeksie van skole in Pretoria en aan die Rand het hy gemerk dat baie kinders totaal ondervoed is of die verkeerde voedsel in foutiewe proporsies inkry. Hierdie stand van sake was nog erger in die landelike Bosveld en ander dele van die platteland, waar ongeveer negentig persent van die kinders tekens van wanvoeding en 'n ongebalanseerde dieet getoon het. Die stapelvoedsel was mielies, wat volgens Leipoldt 'n lae voedingswaarde het, terwyl melk en vars vleis skaars en groente en vrugte moeilik verkrygbaar was en botter en suiker as duur beskou is.Ga naar eind41 Die kinders moes dikwels met donkiekarre en oor 'n afstand wat twee uur in beslag geneem het, skool toe kom, terwyl die skoolgebou meestal ho- | |
[pagina 380]
| |
peloos ontoereikend was en geen voorsiening vir enige rekreasie gemaak is nie. Die kurrikulum was dodelik eentonig en het naas skryf, lees, rekenkunde en godsdiensonderrig 'n bietjie onderrig in die landstale, aardrykskunde en geskiedenis ingesluit. Die gevolg was dat haas al die kinders lusteloos voorgekom het. Daarby kon Leipoldt na deeglike toetse vasstel dat tot die helfte van alle skoolgaande kinders in die Bosveld aan malaria of bilharzia ly. Omdat malaria meestal nie 'n dodelike siekte is nie en net die gestel geweldig sloop, het die owerheid aanvanklik nie veel aandag daaraan gegee nie, terwyl die ouers die ‘koors’ gelate aanvaar het as maar ‘een van daardie dinge in die Bosveld’. ‘Dit is die verregaande geniepsigheid van ons grootste volksiekte’, skryf hy, ‘dat hy sy slagoffers nie doodmaak nie, maar hulle so bestendig martel met die gevoel van moegheid en moedeloosheid dat die lewe vir hulle maar ellendig moet lyk.’Ga naar eind42 Leipoldt het aan alle kinders wat aan malaria gely het, die voorgeskrewe dosis van vyf gram kina per dag verskaf en die toesighoudende onderwysers sterk aangemoedig om te sorg dat die kinders dit daagliks inkry. Ongelukkig was die meeste onderwysers in daardie gedeelte van die land karig opgelei en nie juis mense wat in 'n gemeenskap die leiding kon neem nie. Daarby het Leipoldt moeite gehad om iemand te vind wat sy mening oor malaria as 'n nasionale probleem onderskryf. Toe hy met sy werk as skooldokter begin het, was daar nog geen werklik effektiewe geneesmiddel vir bilharzia nie en het hy deur middel van 'n pamflet vir ouers en kinders op die gevaar daarvan gewys om in die besmette poele en strome te swem. Eers later is antimoon ontdek, wat bilharzia werklik genees, en is baie kinders met dié middel behandel. Telkens het Leipoldt in sy jaarlikse verslae op die ondervoeding en liggaamsvermoeidheid by die kinders gewys en syfers verstrek om die owerheid op die gevare van malaria en bilharzia te wys. In sy verslag vir 1915 sê hy byvoorbeeld: ‘Besoeke aan skole in malariadistrikte maak twee punte baie duidelik. Die een is die groot vermoeidheid, of liewers die neiging tot vermoeidheid, by betreklik ligte geestelike inspanning wat al die kinders toon; die ander is die betreklik lae geestelike gehalte van kinders wat herhaalde aanvalle van die siekte gehad het.’Ga naar eind43 En in sy verslag vir 1918 verklaar hy: ‘As ons bedink dat 'n groot percentasie van ons bevolking in malariadistrikte in krotte woon, is dit baie begryplik hoe uiters moeilik dit sou wees om hierdie volmaaktheid van voorbehoeding (n.l. beskerming deur middel van muskietgaas) te bereik. Regtig, ons is nie verbaas oor wat die kinders in malariadistrikte te lye het | |
[pagina 381]
| |
nie, maar ons is verbaas oor wat hulle van vryspring. Die uiterste armoede wat ons in sulke streke soms teëkom word sprekend uitgedruk in die lae voedingstoestand van die kinders. Ons tref in alle distrikte sleggevoede kinders aan, maar nêrens is die slegte voeding erger en sy gevolge droewiger as in die malariastreke nie. Brood en vervalste koffie is die hoofvoedsel van hierdie kinders, wat selde vlees- of eierproteïde kry. Party kinders kom skool-toe ná 'n ontbyt van geelperskes en kry verder geen kos nie tot hulle in die laat middag thuis kom. Kan 'n mens jou verwonder dat sulke kinders, as hulle deur malaria aangetas word, swak en bloedarmoedig bly, en verstandelik in so 'n mate verswak dat dit hulle beroof van alle voordeel wat hulle van skoolonderwys kan trek?’Ga naar eind44 Hoe erg die situasie was en in watter mate dit deur nalatigheid en onkunde vererger is, het vir Leipoldt tydens 'n besoek aan 'n klein skooltjie duidelik geword. Met sy aankoms het die onderwyser gesê: ‘Dokter, ek kan niks met die kinders uitrig nie. Hulle is algar minderwaardig.’ Toe Leipoldt die kinders op die gebruiklike manier begin toets, was dit vir hom duidelik dat almal ten minste twee jaar agter was. ‘Maar’, skryf hy, ‘dit was onmoontlik om aan te neem dat die werklike persent van minderwaardigheid onder die seuns so groot was, en ek het voorgestel dat hulle algar vir een dag sou rus, behoorlik gevoed word, en eers daarna weer getoets. Die gevolg was dat hul minderwaardigheid by die volgende ondersoek in die meeste gevalle tot sestien maande afgebring is. Vir behoorlike behandeling met kiena was daar geen tyd nie, maar ek het later baie geleentheid gehad om te ondervind hoe so 'n behandeling die geestelike vermoë van 'n kind kan versterk. In een geval was daar 'n seun in Standaard Een wat al oor die twaalf jaar oud was en die liggaamlike ontwikkeling van 'n kind van sewe, ag jaar gehad het. Volgens die toetse was hy vier jaar agter sy ouderdom wat betref geestelike ontwikkeling. Hy was deur en deur vergiftig met malaria, en het 'n yslike groot milt gehad, maar bloedondersoek kon geen enkele malariakiem in hom aantoon nie. Eers ná behoorlike behandeling het ons die malariakieme in sy bloed gevind, en daarna het hy mooi vordering gemaak wat sy geestelike ontwikkeling betref. Vir maande het hy kiena ingeneem, en ofskoon sy liggaam so 'n knak gekry het dat hy nooit weer as liggaamlik normaal kon beskou word nie, het sy vordering op skool tog bewys dat sy verstand nie op dieselfde manier blywend beskadig is nie.’Ga naar eind45 In sy praatjies met die kinders het Leipoldt meermale dinge gesê wat waarskynlik die mense laat skeef opkyk het. So byvoorbeeld het hy nie | |
[pagina 382]
| |
sterk te velde getrek teen wyn en koffie as ‘vergifte’ nie, veral aangesien die kinders kon sien dat hul ouers en die onderwyser dit self gebruik. Meermale het hy hulle vertel van die Franse oupa wat gewaarsku is teen koffie, wat dan 'n stadige vergif sou wees. ‘Baie, baie stadig,’ was sy antwoord, ‘want ek drink dit al tagtig jaar lank!’Ga naar eind46 Hy het selfs gesê hy kan nie ronduit verklaar dat die gebruik van dagga 'n skoolkind beskadig nie! In sy Londense jare, so het hy hulle vertel, het hy altyd nadruk gelê op matigheid en was hy nooit uitgesproke teen rook deur skoolkinders nie. Sy advies, wanneer onderwysers daaroor navraag gedoen het, was trouens dat rook aan prefekte en ander seniors as 'n voorreg toegestaan moes word en dat hulle self toesig moes hou sodat niemand anders dié voorreg sou hê nie. In die meeste gevalle het hierdie stelsel uitstekend gewerk. Leipoldt het selde, so sê hy in Bushveld doctor, gevalle teëgekom waar rook 'n kind se gesondheid geknou het. Kort ná sy aankoms in Transvaal het hy egter die geleentheid gehad om 'n klein plaasseuntjie by een van die armste skole te ondersoek. Hy vertel: ‘Die onderwyser was erg in sy skik met die boggie, wat dan ook 'n lewendige, aantreklike kind van nege jaar oud was, en reeds in Standaard Een. By die ondersoek het dit geblyk dat hy liggaamlik nie so gesond en volmaak was soos hy moes wees nie, en ek het iets by hom gevind wat my doen gis het dat hy miskien te veel gerook het. “Seun, rook jy?” het ek hom gevra, maar die onderwyser, wat agter ons gestaan het, het verontwaardig uitgeroep: “Dokter, hoe kan jy soiets vra? Ek het jou mos gesê hy is een van my beste seuns en hy gaan gereeld Sondagskool-toe.” 'n Oomblikkie daarna het die onderwyser die kamer verlaat, en ek het die seuntjie weer gevra: “Seun, rook jy?” Hy het my openhartig aangekyk met sy groot, bruin oë en ewe openhartig geantwoord: “nee, Omie, ek pruim.” En toe het hy my vertel dat hy elke môre, op pad skool-toe, twee en 'n halfduim roltabak saamgeneem het om onderweg te pruim. Dit is een van die weinige voorbeeld wat ek aangeteken vind van gevalle waar tabak 'n seun beskadig het.’Ga naar eind47 Leipoldt moes soms in uiters moeilike pioniersomstandighede in die Bosveld reis en het dikwels met ouers te make gehad wat oor die mediese sorg van hul kinders baie oningelig was. Tog het hy die werk as mediese skoolinspekteur geniet. Soos sy vader en albei sy grootvaders voor hom was ook hy 'n sendeling, al was hy dan op 'n ander gebied as die godsdiens werksaam. En net soos hulle het hy hom met groot ywer in die stryd gewerp om mense op te hef. In sy jaarlikse verslae het hy sy bevindinge saamgevat en sy syfers gepubliseer. Aanvanklik het hy dit om die beurt | |
[pagina 383]
| |
in Nederlands en Engels geskryf. Die verslag vir 1917 is die eerste wat hy in Afrikaans geskryf het en die eerste amptelike verslag wat in Afrikaans in Transvaal gedruk en uitgegee is.Ga naar eind48 Sy eerste verslag, waarin hy wys op die geweldige omvang wat wanvoeding, malaria en bilharzia onder kinders van die Bosveld aanneem en in watter hoë mate dit verstandelike en liggaamlike agteruitgang in die hand werk, het 'n bietjie opskudding veroorsaak, veral omdat Leipoldt ook op die vuilheid van skoolkinders en die ondoelmatigheid van die skoolgeboue gewys en uitdruklik gesê het dat Transvaalse kinders in vergelyking met dié in ander lande baie ver agterstaan.Ga naar eind49 Baie mense het sy syfers as oordrywing beskou en gekla dat hy on-Afrikaans is, sy eie volk wil slegsê of as minderwaardig beskou en dat sy mening polities bevooroordeeld is. Wat hierdie laaste uitspraak betref, merk Leipoldt lakoniek in Bushveld doctor op: ‘As if one needed to be a Botha-man or a Nationalist - these, at the time, were the opposing political parties in the Union - to detect malnutrition so glaringly apparent, feeble-mindedness so obvious, and physical deterioration so evident!’Ga naar eind50 Hoewel W.A. Murray in sy verslag oor die fisieke toestand van die armblankes wat tien jaar ná afloop van Leipoldt se dienstermyn by die Transvaalse Onderwysdepartement voltooi is, krities staan teenoor die statistieke en metodes van ondersoek, vorm Leipoldt se verslae 'n belangrike deel van sy verslag vir die Carnegie-kommissie en verwys hy na die voormalige hoof mediese inspekteur van skole in Transvaal as 'n bekwame en konsensieuse amptenaar.Ga naar eind51 | |
IIHoewel Leipoldt kort na sy indienstreding by die Transvaalse Onderwysdepartement 'n verpleegster aangestel kon kry wat hom met die werk kon help, het hy in die eerste paar maande nog nie die geleentheid gehad om 'n behoorlike infrastruktuur vir skoolmediese dienste op te bou nie. Voordat hy dit kon doen, het die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek. In Londen het sir Edward Grey, Britse minister van buitelandse sake, terwyl hy by sy kantoorvenster uitkyk, gesê: ‘The lamps are going out all over Europe. We shall not see them lit again in our time.’Ga naar eind52 Gelukkig was 'n joernalis van die Westminster Gazette by om dié beroemde gevleuelde woorde aan te teken. In Suid-Afrika het premier Louis Botha, ná die Britse oorlogverklaring op 4 Augustus 1914, sy volle steun aan Brittanje beloof en gesê dat, | |
[pagina 384]
| |
aangesien Suid-Afrika hom self sal verdedig en Duitswes-Afrika sal binneval, alle plaaslike Britse garnisoene elders gebruik kan word. Hierdie optrede van Botha het tot ernstige verdeeldheid in die land gelei, veral onder baie Afrikaners wat nie hulle weg oopgesien het om pas twaalf jaar na die verwoestende Anglo-Boereoorlog Brittanje by te staan teen 'n land wat hulle geen leed aangedoen het nie. Die algemene gevoel was dat die meningsverskil tussen Brittanje en Duitsland 'n Europese aangeleentheid was en dat Suid-Afrika niks daarmee te make gehad het nie. Kommandant-generaal C.F. Beyers het as militêre hoof bedank en generaal J.C. Smuts, minister van verdediging, het sy pligte oorgeneem. 'n Rebellie onder leiding van generaals Beyers, C.R. de Wet, Chris Muller, Jan Kemp, Manie Maritz en kommandant Jopie Fourie het uitgebreek. Die rebelle was swak bewapen, maar het in klein groepies rondbeweeg en regeringstroepe aangeval. Teen die middel van Desember was die Rebellie in die Unie self onderdruk, maar Maritz en Kemp het in Duitswes nog teenstand teen regeringsmagte gebied. Van Upington af het generaal Jaap van Deventer na Keetmanshoop opgeruk, terwyl Smuts Lüderitz binnegeval het. Louis Botha het persoonlik die leiding in die Unie geneem om die Rebellie te beëindig en daarna met 21 000 man by Walvisbaai geland. Van daar het hy met sy troepe tot in Windhoek gevorder, waar die hele gebied aan hom oorgegee is. Met Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog is Leipoldt deur die Transvaalse Onderwysdepartement na die Suid-Afrikaanse Leër gesekondeer.Ga naar eind53 Die skoolmediese dienste het feitlik tot stilstand gekom en in Augustus 1914 het hy met al sy dokumente oorgetrek na die hoofkwartier van die Verdedigingsmag in Markstraat. 'n Paar dae later is hy op bevel na De Aar, waar hy reëlings moes tref vir die mediese dienskeuring vir die beoogde veldtog in Duitswes. Daar moes hy die vrywilligers wat aan die veldtog sou deelneem, saam met 'n groep van meer as honderd dokters, medies ondersoek.Ga naar eind54 Intussen het Leipoldt, as nuuskierige agie altyd bedag op nuwe ervarings, 'n versoek om 'n kommissie-aanstelling in die reserwe van offisiere tot die militêre afdeling van sy distrik gerig.Ga naar eind55 Op 1 Oktober is hy aangestel met die rang van kaptein en op 14 Oktober is hy gevra om De Aar te verlaat en tot die aktiewe diens toe te tree, met die spesiale opdrag om generaal Louis Botha as persoonlike geneesheer tydens die veldtog teen die rebelle en daarna tydens die veldtog in Duitswes by te staan. As kaptein was hy deel van 6 Berede Brigade Veldambulans.Ga naar eind56 | |
[pagina 385]
| |
Van dié tyd dateer Leipoldt se hoë waardering vir Botha. In Bushveld doctor beskou hy hom as ‘indubitably the finest intellect among the leaders of the northern Dutch party...His natural intelligence was far superior to that of his contemporaries; he had broad human sympathies, and was in every sense of the word a leader, an individual with extrovert tendencies that allied him to the great men of his race’,Ga naar eind57 selfs al was hy in Transvaal ‘not regarded as particularly slim and was not credited with many of his great achievements’.Ga naar eind58 Dat Leipoldt hier in 'n Engelse konteks die Afrikaanse woord ‘slim’ gebruik, is 'n verhulde verwysing en klap na ‘slim’ Jannie Smuts, die politikus en Boeregeneraal teenoor wie Botha in hierdie jare uitgespeel is en vir wie baie mense as die eintlike slimkop onder die Afrikanerleiers van dié tyd beskou het. Leipoldt moes juis in hierdie tyd Smuts die eerste keer ontmoet het, maar van die begin af het die twee geen erg aan mekaar gehad nie, al sou 'n mens kon verwag het dat Leipoldt vir Smuts as natuurliefhebber en amateurbotanikus soos hy waardering sou gehad het. Hulle probleem met mekaar kan moontlik toegeskryf word aan 'n persoonlikheidsbotsing. Smuts het waarskynlik nie gehou van Leipoldt se manier om sy kennis van 'n legio onderwerpe, dikwels met foutiewe onderdele, uit te stal nie, want by die eerste ontmoeting het hy een van die omstanders gevra: ‘Who is that encyclopaedia of irrelevant and incorrect information?’Ga naar eind59 Dat Leipoldt op sy beurt bedenkinge gehad het oor Smuts, blyk uit 'n uitspraak in Bushveld doctor waarin hy, terwyl hy steeds oor Botha se voortreflikhede uitwei, kwalik bedek op Smuts se slimmigheid maar ook sy onverantwoordelikheid sinspeel: ‘Among his own people Botha's gifts as a soldier and a leader are not yet appreciated as they should be, for they are overshadowed by the reputation of lesser, but in the public eye more clever, men whose doings appealed to that streak of gamin-like irresponsibility that underlies the stolidity of the Bushveld.’Ga naar eind60 As Botha se persoonlike lyfarts moes Leipoldt die eerste minister op sy veldtog na Duitswes vergesel. Dat hy ook hier beïndruk is deur Botha se militêre insigte, word duidelik uit 'n verdere uitspraak in Bushveld doctor. ‘Of the three Boer generals who gained a reputation during the Boer War,’ skryf hy, ‘he was the greatest, for he combined the decision and the dash of de la Rey...with the tenacity and the caution of a far-seeing strategist - qualities that he prominently displayed in the South-West campaign, which connoisseurs hold to be a model of what such things should be. But he never gained the reputation for cleverness that General | |
[pagina 386]
| |
de Wet had, although General de Wet, for all his cleverness, did not possess a tithe of Botha's intellect. Their compatriots were stirred by the spectacular celerity with which the one could evade the enveloping English drives, but were rarely touched by the greater talent of the other that kept together groups of scattered units and planned and carried out strategical moves whose success demanded more than cunning and agility.’Ga naar eind61 Die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse magte tydens die Duitswesveldtog was op Karibib. Op 11 Mei 1915 het die Suid-Afrikaners, volgens H.F. Trew se weergawe in sy Botha treks, van daar vertrek om die oorgawe van Windhoek te eis. Die aand het hulle gekampeer in die doringbos naby Okasise, waar naas die drie generaals ook majoor Johnny Leipoldt en majoor Louis Esselen, Leipoldt se broer en neef onderskeidelik, om die kampvuur aanwesig was. Die volgende dag moes hulle deur 'n rivier en daarna deur 'n stuk oop veld voordat hulle 'n digter bos kon bereik wat die heuwels in gelei het. Toe hulle besig was om deur die rivier te plas, skryf Trew, fire opened from the bush. Looking back I could see that the S.A.M.R.Ga naar eind62 were too far behind to get up on the right flank, and that there was going to be a big gap between the right flank of the police, and the left flank of the Citizen Force. I therefore diverted the S.A.M.R. from their original objective, and threw them into the line between the two other forces. It seems they had got held up by getting into very rocky ground where they could only trot. | |
[pagina 387]
| |
that there were two men badly wounded, and he was trying to locate them. His after adventure is worth relating - a sergeant-major of the police described it to me that evening. He said, ‘We saw the doctor ride out of the scrub straight into the rebel position. We yelled to him but the noise of the firing drowned the sound of our voices. Then his horse fell, shot dead, and he got up and started to run back. The dust flew all round his feet from the bullets, and we gave a groan as we saw him drop. However as soon as the rebels stopped firing, he jumped up again and sprinted into cover.’ Trew se beskrywing van die voorval kom in baie groot mate ooreen met dié deur Leipoldt self in 'n brief wat hy op 23 Desember 1914 rig aan R.H. Hammon, bestuurder van die St. Christopher's Club in Londen. In Trew se weergawe word Leipoldt se perd doodgeskiet, in dié van Leipoldt net gewond. Die belangrikste verskil is egter die datering. Volgens Trew het die gebeurtenis in Duitswes op 11 Mei 1915 plaasgevind, volgens Leipoldt - en aan sy inligting hoef 'n mens hierdie keer nie te twyfel nie! - blykens die datum van sy brief vóór 23 Desember 1914. Aangesien die besonderhede in so 'n groot mate ooreenkom, moet 'n mens aanvaar dat ons hier te make het met een en dieselfde voorval, en nie twee afsonderlike gebeurtenisse nie, en dat Trew se datering gevolglik verkeerd moet wees. In sy brief aan Hammon sê Leipoldt dat hy as Botha se lyfarts die voorafgaande drie maande die geleentheid gehad het om heelwat van die Rebellie te sien. Die Rebellie, gaan hy voort, has now, I hope, been finally squashed, but it has cost a great deal of money, a good many lives, and given rise to a great deal of bitterness and ill feeling. After the fierce fights in Europe, an account of our little scraps will seem tame to you, and indeed we have not had much. At Mushroom Valley we engaged De Wet's force, but it was a short fight and soon developed into a chase, and I was too far in the rear to see anything of it. But on our return from Upington I was fortunate enough to take part in what proved to be one of the liveliest little scraps I have ever been engaged in - far worse than anything in the Boer War. The bodyguard, of which I am surgeon, was ordered out with a force of police and S.A.M.R. and a section of the | |
[pagina 388]
| |
burgher force under Colonel Pretorius to locate the rebel Commandant Fourie. We did a night march in driving rain, and came up to the place where the rebels had been laagered. They had cleared off eighteen hours before, so we had to follow the spoor. This led us through lovely bush country - it was like riding in Richmond Park on a summer's day. At four o'clock that afternoon our scouts reported that the rebels lay in a little river bed surrounded by dense thorn bush five miles ahead of us; (as)Ga naar eind64 they had no scouts out there was a chance of surprising them. The order was given to gallop forward in extended order. My ambulance cart stuck in the mud and could not get on, so I placed a few dressings in my bag and galloped along with the Bodyguard. It was a wild, mad gallop across country, clearing sloots, jumping low bushes, and getting scratched by the thorn trees, but after an hour we came up to the river bed and found - nothing. We thought the rebels had outwitted us and made us exhaust our horses so that we could not continue the pursuit, but a few minutes later we heard shots right in the thorn bush. On the ridge behind we spotted their horses, and a portion of our men successfully stampeded the animals. Our force then attempted to surround them on the right and left, while the centre, where I was among the bodyguard, got order to advance. We raced through a drift with the water up to our horses' girths, and then up a muddy slope right into the avenue of thorn trees about twenty yards wide. No sooner were we right in this than a terrific fire was opened on us from both sides. You should have seen the confusion then. Owing to the narrowness of the road our force was closely jammed and bullets were ploughing up the mud all around. My horse got nicked, shied, and threw me with a glorious bang, but I was up in a moment and managed to catch him and race for cover up the slope. There we took up positions, the rebels being in three positions, well hidden by stone, so that it was impossible to get at them. A small portion of the bodyguard under Captain Fulton was lower down covered by a donga, and I tried to get at them to see if there were any wounded, but the moment I raised my head there was a little spatter of bullets round me, and as I had to cross about two hundred yards of flat open country to get down to the river, I decided to make a detour by way of the thorn trees that gave some cover. For two hours the shooting continued, and our men were getting wounded all over the show while so far as | |
[pagina 389]
| |
we could see we had not touched a single rebel. At one point the personal attention shown to me by these charitable souls was so great that I lay flat on my tummy behind a stone for twenty minutes and listened to the bullets. The Martini's ‘whirr-rr’, the Mauser's ‘ping-ping-gg’ and the Lee-Metford's ‘zipp-pp’ were easy enough to detect, but now and then came a dull ‘boom’ which I could not identify since we had no guns and the rebels certainly had none either. I puzzled over this sound for a long time. One of the first wounded I met down by the river had a huge gaping wound in the arm; I took it for a dum-dum and said so, but the man whispered: ‘No, doc, the skunk was firing an elephant gun and I got it full.’ That explained the boom! As night was falling, Fulton and his little lot determined to charge straight down upon the rebels with fixed bayonets, and they did this, at a heavy cost to themselves, but they managed to collar most of the rebs; only five escaped, including the Johnny with that nasty elephant gun. Just when it was getting dark the firing ceased, and I had to go round looking for the wounded. We had ten dead and about thirty wounded, my small stock of bandages were soon exhausted, and singlets, putties, handkerchiefs, and anything that would do for bandaging had to be made use of. Fortunately there was another doctor man available, but even then we had to work the whole night through, in the pitch dark with the rain soaking through everything. I have been in several scraps, but never had such personal attention from the snipers, and never experienced a volley at such short distance - the wonder is that any of us got through.Ga naar eind65 Vir sy rol in die Duitswes-veldtog het Leipoldt in April 1918 eervolle vermelding vir sy ‘gallant and distinguished services in the field’ ontvang. Die dokument is onderteken deur Winston Churchill in sy hoedanigheid as ‘Secretary of State of War’. Tydens Louis Botha se krygsverrigtinge het Leipoldt en sy verpleegster soms ook gewonde rebelle medies probeer behandel, dikwels deur hulle in hul wegkruipplekke in die bosse op te spoor. 'n Rebel met 'n etterende wond in die dy, deur 'n geweerskoot veroorsaak, het hulle na sy huis teruggeneem, waar sy vrou met verontwaardiging geweier het dat enigiemand wat met die ‘verderflike’ regering te make het, oor die drumpel kom. Ten spyte hiervan het die verpleegster ingegaan, die man in sy bed | |
[pagina 390]
| |
gerieflik gemaak en skoon verbande om die septiese been gesit. Dit het die vrou in haar aanvanklike weerstand gestuit, en sy het koffie en beskuitjies uitgebring na Leipoldt en die ander mediese beamptes wat buite in die ambulans gewag het. Die feit dat Leipoldt vrywillig aansoek gedoen het om 'n kommissieaanstelling in die reserwe van offisiere, is 'n aanduiding waar sy politieke simpatie in hierdie jare was en nog eens 'n bevestiging dat G. Dekker totaal verkeerd is waar hy van 'n politieke ommekeer rondom 1920 by Leipoldt praat. Leipoldt se verse oor die Anglo-Boereoorlog was nie die produk van 'n vurige vaderlander wat die saak van Kruger en Steyn ondersteun het nie, maar het voortgekom uit 'n diep gevoel van medemenslikheid oor die onreg en lyding wat met oorlog gepaard gaan. Dat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog bereid was om as reservis sy dienste beskikbaar te stel, het eweneens, naas sy oortuiging dat die saak van Botha reg was en dat hy dit as sy plig beskou het om, indien nodig, sy leier daadwerklik te steun, voortgekom uit sy basiese altruïstiese ingesteldheid. In dié opsig verskil Leipoldt van die meeste ander skrywers van sy tyd. Terwyl Leipoldt as medikus by die veldtogte teen die rebelle betrokke was maar terselfdertyd gewonde rebelle behandel, skryf Jan F.E. Celliers geleentheidsverse oor die Rebellie waarin hy met sterk aksente die rebelle as vaderlanders roem en by implikasie Botha en Smuts as ‘oorlopers’ en verraaiers beskou wat deur die Engelse op sleeptou geneem is. Hierdie dikwels futlose verse bundel hy later in Jopie Fourie en ander nuwe verse (1920); slegs die laaste gedeelte van die titelgedig, waar daar sprake is van die koeël wat oor jare sy boodskap sal sprei en opnuut sal tref, spreek van 'n bietjie verbeelding. Hoewel hy hom nie teen Botha se oorlogsverklaring verset nie, reageer C.J. Langenhoven in hierdie tyd met verontwaardiging in die Oudtshoornse koerant Het Zuid-Westen oor die inval in Duitswes en die teregstelling van Jopie Fourie. Wat Leipoldt se gesindheid oor dié teregstelling was, is nie bekend nie. In die lig van sy reaksie op die fusillering van Kaapse rebelle tydens die Anglo-Boereoorlog kan 'n mens egter by voorbaat verwag dat hy dit as 'n ekstreme daad aan die kant van die regering sou beskou het. In die besonder sou hy die skuld van Fourie se dood aan Smuts gee, wat die vonnis, as minister van verdediging, sonder die medewete van Botha laat uitvoer, in weerwil van 'n versoek om genade deur 'n afvaardiging wat hy slu op sy plaas, Doornkloof, ontwyk het. Dit is nie onmoontlik dat hierdie enkele daad Leipoldt se afkeer van Smuts verder versterk het nie. | |
[pagina 391]
| |
Die Rebellie as motief verskyn haas nie in Leipoldt se poësie nie. Slegs in ‘Bang vir die blits’, wat hy op 15 Januarie 1915 in Die Brandwag publiseer maar wat eers postuum in Geseënde skaduwees gebundel word, bespeur 'n mens iets van die doodsangs wat die soldaat te velde ervaar: Bang vir die blits wat bewe en blink
En 'n glaspyp skiet in die sandrige grond?
Sku vir die Dood wat sy vinger wink,
Met 'n gryns vir 'n glimlag om sy mond?
Vrees vir die drank wat ek tog moet drink,
Vir die eina van pyn van die laaste wond?Ga naar eind66
En in ‘Op kommando’, wat hy in 1923 in Uit drie wêrelddele opneem, gee hy 'n beeld van die moeders wat op die plase wag dat hul seuns terugkeer terwyl die slagveld reeds met lyke besaai lê en die oorlewendes oor triviale dinge dink en gesels, al oorheers die onderliggende doodsvrees weer in die refrein: Glorie en glinster van roem en prag,
En voorkant die dood wat op algar wag -
En 'n newellaag lê oor die vlei.
Vrind, by ons vuurtjie hier vannag,
Dink aan die vrinde wat agterbly!Ga naar eind67
Dit is jammer dat hierdie twee ‘Rebellie’-verse nie tot stewiger poësie uitgegroei het nie, want hulle staan ver agter by Leipoldt se dramatiese gedigte oor die Anglo-Boereoorlog. Met die Duitswes-veldtog verby het Botha Leipoldt se mediese dienste nie meer nodig gehad nie. In die Transvaalse provinsiale raad het die Arbeidersparty, wat sterk ten gunste van mediese inspeksie by skole was, buitendien herhaalde male daarop aangedring dat Leipoldt van die departement van verdediging teruggeroep word om met sy skoolwerk voort te gaan.Ga naar eind68 Buitendien was daar ander mediese amptenare wat die roetinewerk in die kantoor in Markstraat kon voortsit. In Junie 1915 kon Leipoldt dus sy ontslag by verdediging neem en terugkeer na sy werk as mediese skoolinspekteur. | |
[pagina 392]
| |
IIIKort ná die aanvang van sy werk by die Transvaalse Onderwysdepartement het Leipoldt besef dat hy sonder hulp nie die werk sou kon voortsit nie. Hy kon nie al die skole self besoek, al die kinders self onder hande neem en al die ouers self toespreek nie.Ga naar eind69 Dit was nodig om 'n skoolverpleegster, 'n assistent - verkieslik 'n vrou - en twee deeltydse manlike assistente aangestel te kry. Die twee manlike assistente kon dan die skole in Pretoria en aan die Rand behartig, sodat hy al sy aandag aan die plattelandse skole kon gee. Wat die dienste van 'n vroulike assistent betref, sê Leipoldt dat hy wel die meisies kon ondersoek. Die plig van 'n skooldokter, gaan hy voort, ‘is (egter) meer as om net gebreke by die kinders te ontdek. Hy moet ook advies gee, en soms moet die advies van so 'n aard wees dat dit vertroulik kan genoem word. In so 'n geval is dit onmoontlik vir 'n (manlike) dokter om sy volle plig teenoor 'n meisieleerling te vervul, en dus is dit nodig dat vir die ondersoek van die hoër meisieklasse 'n vroulike dokter beskikbaar sou wees.’Ga naar eind70 Leipoldt het 'n memorandum opgestel waarin die instelling van al hierdie poste gemotiveer is. Dit is ten volle deur die uitvoerende amptenaar en dr. John Adamson gesteun. Die eerste aanstelling wat gemaak sou word, was dié van skoolverpleegster. Leipoldt se eise was hoog. Die suksesvolle kandidaat moes ondervinding van organisasiewerk hê, in besit wees van sowel 'n vroedvrou- as 'n verpleegstersertifikaat, ondervinding van skoolwerk en van toesig oor verpleegsters hê en tweetalig wees. ‘Her standing’, skryf hy, ‘must therefore be that of a matron, or at least that of a ward sister, or night sister, in a large general hospital. Ultimately she will have under her control a staff of nurses numbering at least thirty. Not only will she have to undertake school nursing for the first eighteen months singlehanded, but thereafter she will have to train whatever assistant nurses we may hereafter appoint. She must be a woman of character, of experience, and of considerable ability and initiative. Such a woman one cannot expect to undertake the work, which will be admittedly arduous and exacting, involving many weeks' absence from her home, much travelling, and constant exposure to hardship and inconvenience, for the relatively small wage offered to nurses in hospital service. As chief of the school nursing service she should have a status at least equivalent to that of a woman teacher, certificated, and I suggest that she be given the status of a third-class woman principal with a salary equivalent to that now scheduled for | |
[pagina 393]
| |
that grade, together with service conditions applicable to teachers, so that she may share in the pension benefits and enjoy the same leave privileges.’Ga naar eind71 Nog voordat Leipoldt deur die onderwysdepartement na verdediging gesekondeer en sy werk by die skoolmediese dienste onderbreek is, het die advertensie vir 'n skoolverpleegster in die Staatskoerant verskyn. Toe hy 'n paar dae later terugkom van 'n besoek aan een van die Pretoriase skole, was daar 'n brief, gerig aan Adamson, op sy lessenaar. Daarin maak die sekretaris van binnelandse sake beswaar teen die advertensie en wys hy daarop dat die salaris wat aangebied word, hoër was as dié wat binnelandse sake aan 'n matrone betaal. Dit was volgens hom nie mooi vir 'n provinsiale departement om 'n hoër salaris aan te bied vir 'n verpleegster ‘wat nooit kon aangesien word as gelykstaande met 'n matrone’Ga naar eind72 nie. Adamson het Leipoldt gevra om kommentaar op die brief te lewer. Die brief het Leipoldt erg ontstig, veral omdat die hele kwessie van die status en salaris vir die nuwe pos vooraf deeglik deur hulle bespreek is en omdat hy die brief beskou het as onbehoorlike inmenging van binnelandse sake in 'n aangeleentheid wat hulle nie raak nie. Hy het die saak oordink en besluit dat hy in sulke omstandighede maar sy bedanking sou indien. In 'n bedrukte stemming is hy na Adamson se kantoor, wat hom glimlaggend verseker het 'n bedanking is onnodig. Hy het reeds aan die sekretaris geskryf die aanstelling van 'n skoolverpleegster is 'n saak vir die provinsie en sy uitvoerende komitee, 'n aangeleentheid, soos Leipoldt later in Bushveld doctor Adamson se antwoord sou weergee, ‘in which the Central Government had no business to interfere’.Ga naar eind73 Adamson het verder uitgewei oor die spesiale funksies wat 'n skoolverpleegster sou moes verrig en in watter opsigte dit verskil van 'n matrone, vir wie slegs een sertifikaat, en nie twee nie, 'n vereiste was. Buitendien, het hy voortgegaan, het 'n matrone vrye losies en etes, terwyl die skoolverpleegster 'n aansienlike toelaag sal moet kry vir die talle kere dat sy van haar huis weg is. Op hierdie brief was daar van binnelandse sake geen antwoord nie. Adamson en Leipoldt het niks van 'n verdere protes verneem nie. Onder die sowat veertig aansoeke om die betrekking was daar een wat bo al die ander uitgestaan het, hoewel sy geen ervaring as skoolverpleegster gehad het nie en ook nie tweetalig was nie. Sy was mej. Frances Hassall, 'n Engelse verpleegster met albei sertifikate en 'n produk van een van die beste opleidingskole in Engeland. ‘She gave us the impression’, skryf Leipoldt, ‘that she was fully able to undertake and successfully accomplish | |
[pagina 394]
| |
the difficult task of organizing our school nursing service, and that she was a woman of outstanding character and ability. She knew no Dutch, but diffidently suggested that “she could learn it, if that is necessary”. We assured her that it was. “Then I'll promise to do my best to learn it,” she said.’Ga naar eind74 Op hierdie belofte is mej. Hassall aangestel en tien jaar lank, selfs toe sy in die laaste jaar reeds ernstig siek was aan kanker, het sy haar pligte met groot toewyding en amper as 'n liefdeswerk uitgevoer. Sy het haar uiterste bes gedoen om haar belofte van tweetaligheid na te kom, maar haar Afrikaans het maar altyd beroerd gebly en haar onderhandelinge met Afrikaanse ouers en kinders was, soos Leipoldt dit stel, ‘altyd 'n snaakse mengelmoes van koddige Afrikaans en babetjie-Engels’.Ga naar eind75 Ten spyte hiervan, gaan hy voort, ‘was sy 'n populêre figuur onder die kinders, want haar goedhartigheid en haar liefde vir kinders het haar altyd bemind gemaak, selfs waar sy flaters begaan het. Van die begin af het sy aangedring dat ons skoolvoeding moes invoer. Ek kan menige staaltjie vertel van haar liefde en opofferende belangstelling in die welvaart van die kinders, want meer as eenmaal het sy stilletjies haar hand in haar eie sak gesteek om arm kinders te voorsien van reisgeld om die hospitaal te bereik. Op ons togte het sy altyd 'n aparte sakkie kos saamgeneem vir behoeftige kinders, en eenmaal het haar welwillendheid haar in die moeilikheid gebring. Sy het 'n paar hardgekookte pikkewyneiers meegeneem en dié aan twee uitgehongerde skoolkinders gegee as 'n lekkerny. Die kinders het nog nooit soiets gesien nie, en het dit huis-toe geneem, en weldra het 'n verontwaardigde moeder haar verskyning gemaak om te vra hoekom “die Engelse vroumens my kinders wil vergewe deur hulle vrot eiers te gee.” Ek moes mej. Hassall te hulp snel om aan die ou tannie te bewys dat die geskenk gemaak is sonder die minste bedoeling om die kinders kwaad te doen, maar wel om vir hulle 'n lekkerny te gee.’Ga naar eind76 As skoolverpleegster was mej. Hassall 'n pionier, want sy moes uit die staanspoor 'n stelsel uitwerk om die taak bevredigend af te handel en die afmattende reise na afgeleë skole vol te hou. As verpleegster was sy, volgens Leipoldt, een van die allerbeste met wie hy saamgewerk het.Ga naar eind77 Soms het dit moed en deursettingsvermoë gekos om die taak uit te voer, want die ouers was dikwels opstandig. Tydens 'n besoek aan 'n skool moes mej. Hassall 'n dogter wys op die luise op haar kop. Kort daarna het die skoolmeester mej. Hassall en Leipoldt kom waarsku om skuiling te soek. Tant Leentjie, die ma van die dogter, is met 'n karwats aan die kom en sy soek | |
[pagina 395]
| |
na die ‘regeringsvroumens van die dokter’. Al wat mej. Hassall egter gedoen het, was om tant Leentjie met 'n ‘Kom asseblief, missies’ by die arm te neem en in 'n geradbraakte Afrikaans, deurspek met Engels en Duits, vir haar te laat verstaan dat daar wel iets met die kind se hare verkeerd is. Tant Leentjie het later een van die getrouste lede van daardie skool se ‘voorsorgkomitee’ geword, veral nadat mej. Hassall haar huis besoek het en haar met die een en ander behulpsaam was.Ga naar eind79 Mej. Hassall het egter nie daarvan gehou dat die kinders haar as ‘Tannie’ aanspreek nie en het Leipoldt probeer oorreed om hulle daarvan te laat afsien en liewers ‘Suster’ te sê. Leipoldt het teengewerp dat hulle hom ‘Omie’ noem en haar probeer oortuig dat ‘Tannie’ eintlik 'n eretitel is, ‘a compliment, a proof that the children regarded her as something, someone with whom they could be on a human footing, someone that deserved to be admitted to communal privileges’.Ga naar eind80 Van die ondeunde kinders het soms met haar die spot gedryf deur haar woorde te leer vir dinge wat heeltemal ander name het. Op 'n keer het 'n hoofonderwyser by Leipoldt kom kla dat die verpleegster die meisies beledig en lelike woorde teenoor hulle gebruik. Leipoldt het by mej. Hassall navraag gedoen en vasgestel dat sy in plaas van ‘Meisie, hoe gaan dit met jou pa?’ sê: ‘Tefie, hoe gaan dit met jou pa?’ Leipoldt moes aan haar verduidelik: ‘Teefis the word for a female dog. What you want is dogter - daughter. Just get that - dogter. Or meisie - that should be easy enough. But don't ever use teef. It's vulgar.’Ga naar eind81 Kort ná mej. Hassall se aanstelling het Leipoldt 'n vroulike assistent probeer kry. Toevallig het hy by 'n huis aangekom waar volgens sy inligting 'n vroulike dokter, wat moontlik sou belang stel, gewoon het. Toe hy aanklop, het dr. Anne Cleaver die deur oopgemaak. Die vrou na wie Leipoldt op soek was, het vroeër verder af in die straat gewoon, maar het intussen vertrek. Leipoldt het besluit om die saak verder met Cleaver te bespreek. Hulle het 'n uur lank oor die aangeleentheid gesels en hy het haar gevra of sy bereid sou wees om hom te kom help. Cleaver was in daardie stadium in private praktyk, maar sy was van plan om as pediater te spesialiseer. Sy het aan Leipoldt gesê dat sy 'n aansoek sal oorweeg wanneer die nuwe pos ingestel word. Ná sy terugkeer van die Rebellie en die Duitswes-veldtog het Leipoldt in Augustus 1915 aangedring op die onmiddellike aanstelling van 'n vroulike assistent, die aanstelling van twee assistentskooldokters vir Johannesburg en Pretoria en van twee skoolverpleegsters om mej. Hassall by te staan.Ga naar eind82 Die uitvoerende komitee het hierdie poste goedgekeur. As assis- | |
[pagina 396]
| |
tente vir Pretoria en Johannesburg is drr. J.M. Moll en F.A. Wille aangestel, met later dr. Rupert James as oogarts, terwyl mejj. M. Winterton en F.E. Hill as skoolverpleegsters benoem is. By haar uitdienstreding jare later kon mej. Hill sê: ‘Dr. Leipoldt's great knowledge and love of children inspired all under him to give of their best.’Ga naar eind83 Moll en Wille het hulle met ywer en entoesiasme aan die mediese ondersoek op skole toegewy en uitstekende werk verrig. Moll se eerste verslag was 'n toonbeeld van noukeurigheid en nougesetheid, een van die beste memoranda wat Leipoldt ooit ontvang het en 'n model vir sulke navorsingswerk.Ga naar eind84 In die pos van vroulike assistent is Cleaver aangestel. Sy het haar opleiding as arts aan die Royal Free Hospital in Londen ontvang, die enigste hospitaal in Londen wat indertyd vroulike studente toegelaat het. Later het sy kwalifiserende grade in Londen, Cambridge, Edinburgh en Glasgow verwerf en hoofmedikus van die Jeffries Street Hospital for Women in Londen geword. In 1906 het sy teruggekeer na Suid-Afrika en privaat gepraktiseer tot haar aanstelling as die eerste vroulike inspekteur van skole in Transvaal.Ga naar eind85 Haar plig was hoofsaaklik om die skole aan die Rand te behartig, maar sy het ook 'n aanmerklike aandeel aan die ondersoek van die malariakinders in die Laeveld gehad. Aangesien sy ook 'n tyd lank openbare gesondheid in Johannesburg behartig en as lid van die Johannesburgse skoolraad diens gedoen het, was sy uitnemend geskik vir haar betrekking. ‘Deeglik in haar werk, takvol en vriendelik in haar optree,’ skryf Leipoldt, ‘en 'n vrou van hoë kulturele aanleg, 'n geoefende musikant, en 'n liefhebster van kuns, het sy daarin geslaag om vriende te maak orals waar sy gekom het.’Ga naar eind86 Sy het verder die gawe gehad om sake altyd in 'n positiewe lig te sien. Wanneer Leipoldt soms moedeloos geword het oor die onkunde van die ouers en hoe vol luise en hoe vuil die skoolkinders was, het sy gesê: ‘Dit is net onkunde. Gee hulle tyd, dr. Leipoldt, gee hulle tyd. Hoe was dit in Europa toe jy daar begin het.’Ga naar eind87 En Leipoldt moes toegee dat die toestand dáár amper maar dieselfde was. 'n Dag of twee ná Cleaver se aanstelling kom sy Leipoldt in sy kantoor opsoek. Hy kon sien dat sy iets op die hart het. Sy het gevra: ‘Dr. Leipoldt, is u nie van plan om die gebrekkige [gebreklike? - JCK] kinders te behandel nie?’ | |
[pagina 397]
| |
Uit hierdie gedagte van Cleaver is die Johannesburgse skoolkliniek gebore. Leipoldt het lank gesoek na 'n geskikte gebou vir so 'n kliniek en uiteindelik drie kamers in die ou stadsraadskantoor, die ‘TinTemple’, in De Villiersstraat verkry. Dit is deur die departement van openbare werke mooi opgeknap en vir skoolmediese dienste se doel ingerig. In Pretoria is 'n soortgelyke kliniek by die Eendragskool in gebruik geneem.Ga naar eind89 Later is die Johannesburgse skoolkliniek na 'n nuwe gebou in Jeppestraat verskuif. Dit kon, volgens Leipoldt, ‘geld as 'n model vir sulke inrigtings. Dit bevat 'n behoorlik-ingerigte verplegingsaal op die eerste verdieping, tesame met kamers vir die verpleegsters, kombuis, badskamers, 'n operasiesaal, 'n saal vir die tandedokter, en kantore vir die ondersoekende dokters. Op die parterre is daar 'n groot versamelsaal wat dien vir voorlesings en as wagkamer, met kamers vir die ondersoekende dokters, 'n masseerkamer, 'n biblioteekkamer, en 'n ruskamer vir die verpleegsters. Die uiterlik van die gebou is deftig en mooi, en die indruk wat dit maak, is uitstekend. Die boukoste was destyds baie hoog,...maar die Administrasie het die geld gestem en ook die jaarlikse bedrag vir die onderhoud van die kliniek, en het nooit, so ver ek weet, dit berou nie.’Ga naar eind90 In watter toestand die skole in Transvaal in hierdie jare nog verkeer het, blyk uit Leipoldt se verslag vir 1915. In dié verslag was dit vir hom nodig om daarop te wys hoe onversorg die meeste skole daar uitsien en hoe weinig gedoen is om die estetiese opvoeding van die kinders te bevorder. Skooltuine was byvoorbeeld nêrens te vind nie, afdrukke, foto's en ander versierings in die klaskamers is selde aangebring, al het kunsliefhebbers aan die Rand soms skilderye en muurplate aan skole geskenk. Veral die onnetheid van die kinders was opvallend, en Leipoldt en sy personeel moes pamflette opstel oor die versorging van die hare en die vel, wat aan kinders en ouers uitgedeel is. Voorbeelde van ouerlike onkunde gee Leipoldt in die negende aflewering van sy artikelreeks oor die ‘Herinneringe van 'n skooldokter’ weer. By geleentheid het hy aan 'n moeder gesê die toestand van haar kind se kop is nie bevredigend nie. ‘Ag wat, Dokter’, was haar goedsmoedse antwoord, ‘dit is maar luisies, en die goed moet ook mos 'n bestaan hê.’Ga naar eind91 'n Huisvader van 'n weeshuis wou die liggaam- | |
[pagina 398]
| |
like onreinheid van een van sy kinders aan die son toeskryf. ‘U is met ons toestande onbekend, Dokter. Ons son brand so sterk dat die huid daardeur verkleur.’Ga naar eind92 Toe Leipoldt dit in 1922 oorweeg het om die diens van die Transvaalse onderwysdepartement te verlaat, wou hy graag Cleaver as opvolger hê. Sy het haar egter in Julie 1922 ooreis. Sy wou nie gaan lê toe sy 'n griepaanval kry nie en die siekte het haar hart aangetas. Na 'n siekbed van byna twee maande is sy op 4 September 1922 oorlede. Ná haar dood het die skoolkinders 'n fonds ter nagedagtenis aan haar gestig. By die Johannesburgse skoolkliniek is 'n muurplaat ter erkenning van haar werk aangebring en die oorskot van die fonds aan die Universiteit van die Witwatersrand oorgedra vir 'n Anne Cleaver-beurs vir die beste vroulike mediese student van daardie inrigting. In The Star van 5 September 1923 en Die Huisgenoot van Januarie 1922 bring Leipoldt hulde aan haar.Ga naar eind93 | |
IVIn 1916 het Natal besluit om Transvaal se voorbeeld te volg en mediese inspeksie van skole in te stel. Leipoldt het na Durban gereis om met die nuutaangestelde inspekteur te beraadslaag oor samewerking en terselfdertyd die stelsel daar te bekyk, 'n aantal skole te besoek en advies te gee. Oor die algemeen was die toestand, wat die netheid en die algemene gesondheidstoestand van die kinders betref, in Natal beter as in Transvaal, hoewel baie kinders in dié provinsie ook aan die een of ander gebrek gely het. 'n Paar van die Durbanse skole was uitstekende inrigtings en hulle omgewing het gehelp om die gunstige indruk te bevestig.Ga naar eind94 In dieselfde jaar het die uitvoerende komitee van Kaapland Leipoldt genooi om voor 'n spesiale provinsiale komitee getuienis af te lê oor die wenslikheid om mediese inspeksie in die Kaapse skole in te voer. Dit was vir Leipoldt gou duidelik dat nóg die administrateur, sir Frederic de Waal, nóg die lede van die komitee ‘die minste begrip gehad het van wat die doel, strekking en behoorlike organisasie van so 'n stelsel behoort te wees’.Ga naar eind95 Hy het die lede by die opleidingskool in Victoriastraat 'n demonstrasie gegee van hoe so 'n stelsel in die praktyk moet werk en beklemtoon dat mediese inspeksie sonder behandeling geen nut het nie. Waarskynlik het dié demonstrasie - en die diagnoses wat Leipoldt tydens die ondersoeke van kinders gemaak het - die komitee meer beïn- | |
[pagina 399]
| |
druk as sy argumente, want in 1918 is dr. Karl Bremer as die eerste mediese skoolinspekteur van Kaapland aangestel. Bremer het sy werk met toewyding uitgevoer, maar hy is gekortwiek deur die provinsiale beleid om geen fondse vir behandeling beskikbaar te stel nie. ‘Blykbaar’, skryf Leipoldt, ‘was die Administrasie van oordeel dat alles wat nodig is, is om 'n ouer te sê: “Jou kind ly aan dit of dat; dit maak hom ongeskik om voordeel uit ons skool te trek; sien jy toe wat van hom word.”’ Vir Leipoldt was dit verbasend dat die Kaaplandse publiek Bremer nie kragdadig gesteun het toe hy daarop aangedring het dat sy aanbevelings in verband met behandeling uitgevoer moet word nie. Bremer se bedanking na minder as 'n jaar in diens van die provinsie was vir Leipoldt 'n groot teleurstelling, maar hy het sy kollega gelyk gegee dat 'n dokter, soos hy dit stel, sy tyd beter kan bestee ‘as om nutteloos vir hom af te sloof in die diens van 'n Administrasie wat geen besef het van wat die werk is nie’.Ga naar eind96 In sy eie geval in Transvaal, gaan Leipoldt voort, is sy aanbevelings, met die nodige motivering daarby, altyd simpatiek ontvang deur die twee administrateurs - Johann Rissik en Alfred Robertson - onder wie hy gewerk het. In 1918 het die Groot Griep-epidemie uitgebreek en het duisende mense aan dié siekte gesterf. Sowel in die wit as die bruin en swart woongebiede het die epidemie gewoed en is só baie mense dood dat daar nie genoeg kiste was om die lyke in weg te lê nie. ‘Die oudste inwoners’, skryf Leipoldt in Die donker huis (1931), 'n roman wat 'n baie getroue beeld van die epidemie gee, ‘kon hulle nie herinner dat so 'n ramp ooit oor die land gekom het nie, ofskoon een van hulle oud genoeg was om 'n uitbarsting van witseerkeel, waarvan hy nog die merke op sy keel waar hulle helsteen deur sy vel gesteek het, rondgedra het as bewys van hoe ellendig gruwelik hy mishandel is, en nog 'n ander kon praat van die pokkies, wat vanmelewe dosyne weggeruk het, omdat hulle nie daarteen ingeënt was nie. Maar hierdie griep, wat so onverwags gekom het, en so dodelik geniepsig was - dit was 'n ander saak, wat hulle nie kon kleinkry nie, en waarteen hulle magteloos gestaan het - magteloos en bang, met die skrik van iemand wat teenoor hom 'n onbekende gevaar sien staan waarvan hy die gevolge sien en waarteen hy nie weet hoe om hom te beskerm nie.’Ga naar eind97 As vrywilliger het Leipoldt van die agtste Oktober tot die elfde Desember 1918, toe die skole orals in die land gesluit was, vir die departement van openbare gesondheid diens gedoen as mediese dokter en rondgegaan waar die nood dit vereis het.Ga naar eind98 Ook mej. Hassall het haar dienste aangebied en Leipoldt vergesel na die buitedistrikte waar bystand dringend nodig was. | |
[pagina 400]
| |
Weke lank is hulle van plaas tot plaas om medisyne te verskaf, siekes te versorg en pasiënte na hospitale te neem. Een middag, so vertel Leipoldt in Bushveld doctor, het hulle op die werf van 'n gegoede boer se plaas aangekom waar niemand in sig was nie. Toe hulle aanklop, het 'n seuntjie oopgemaak. ‘There's no one about, Uncle,’ he told me, dolefully. ‘I'm looking after Father who's dying, and Mother died this morning.’ Leipoldt en mej. Hassall se reis deur die buitedistrikte het in werklik moeilike omstandighede plaasgevind, want daar was min mense wat kon help. In baie gevalle was die pasiënte só siek dat hulle by Leipoldt se aankoms reeds sterwend was. Meestal was die medisyne nie effektief nie, maar die goeie versorging wat mej. Hassall aangebied het, was dikwels hartversterkend vir die lydendes. Die epidemie het Leipoldt, wat reeds 'n paar jaar buite voeling was met akuut siek pasiënte, opnuut laat besef dat 'n mens eindelose geduld met siekte en siekes moet hê, veral as jy soveel werklike lyding rondom jou wedervaar. | |
[pagina 401]
| |
In 1919 vra dr. W.J. Viljoen, Kaaplandse superintendent-generaal van onderwys, Leipoldt of hy Kaapstad toe sou wou kom om die mediese inspeksiediens daar te organiseer. Die Transvaalse administrasie willig in dat hy ses maande lank gaan, met Cleaver as sy plaasvervanger. Die termyn in Kaapstad gee nou vir Leipoldt die geleentheid om sy ou wêreld na die lang jare in die buiteland weer uitvoeriger te leer ken. Reeds tydens sy kort besoek van 1916 aan die Kaap het hy die geleentheid gehad om van sy ou vriende soos Lulu Bolus weer te sien. Nou reis hy egter met 'n draai tot by Mosselbaai en deur die Klein Karoo tot in Kaapstad, waar hy op 30 Mei aankom. In die loop van Junie besoek hy sy ou vriend Johannes Smith, wat intussen professor op Stellenbosch geword het. Smith, wat in daardie stadium voorsitter van die universiteit se senaat was, bespreek met Leipoldt die moontlikheid van sy aanstelling as professor van gesondheid en medisyne op Stellenbosch, 'n pos wat egter in daardie stadium nie deur die universiteit ingestel word nie. Hulle bespreek ook Leipoldt se toekomstige literêre projekte en Leipoldt belowe om bydraes vir Die Huisgenoot te stuur, die tydskrif waarvan Smith redakteur was. In September is hy weer op Stellenbosch om van sy nuwe gedigte met Smith te bespreek. En op 18 Oktober vertrek hy na Clanwilliam, sy eerste besoek aan die dorp van sy jeug na sy terugkeer van Londen. Op 19 Oktober teken hy in sy dagboekie aan: ‘Everything looks smaller! Town very much neglected.’ Na al die jare sien hy weer sy jeugvriendin Ka Bergh, wat op die familieplaas in die Pakhuispas woon. Op 20 Oktober gaan hy na die pastorie. ‘Parsonage very much altered but my old haunts still traceable’, skryf hy in sy dagboekie. Op Clanwilliam maak hy kennis met dr. Pieter le Fras Nortier, plaaslike geneesheer, wat soos Leipoldt intens geïnteresseerd in plante is en by wie hy onmiddellik aanklank vind. Van die eerste onmoeting af was hulle geesgenote en ontstaan 'n vriendskap wat 'n lewe lank sou duur. In sy onderhandelinge met die betrokke amptenare van die Kaapse provinsiale administrasie kon Leipoldt agterkom dat baie van die mense in die Kaap uiters lou oor mediese inspeksie op skole was en dat sy ou vriend John X. Merriman en iemand soos mnr. J.W. Jagger openlik daarteen gekant was. In dié omstandighede was Leipoldt nie seker of hy iets sou kon uitrig nie, al het Viljoen tog 'n besef gehad van die wenslikheid van so 'n diens. Leipoldt het 'n memorandum opgestel waarin hy die benoeming van 'n hoof mediese inspekteur en verskeie verpleegsters voorgestel en die provinsie in inspeksiekringe verdeel het, telkens met 'n | |
[pagina 402]
| |
assistentinspekteur aan die hoof. Verder het hy gepleit vir die behandeling van kinders met gebreke, desnoods met die hulp van plaaslike dokters en munisipaliteite. Hy het dit ook duidelik gemaak dat die skema bruin en swart kinders moes insluit.Ga naar eind100 Reeds met sy aanmelding by die provinsiale administrasie aan die begin van Junie het Viljoen Leipoldt die pos as hoof mediese inspekteur van skole teen 'n salaris van £ 1200 per jaar aangebied. Leipoldt het egter nie daarvoor kans gesien om sy betrekking in Transvaal neer te lê nie, maar Viljoen meegedeel dat hy hom 'n eersteklas hoofinspekteur in die persoon van dr. Elsie Chubb, 'n gebore Suid-Afrikaner en in daardie stadium hoof mediese inspekteur van skole vir die munisipaliteit van Acton in Engeland, kan aanbeveel. In Suid-Afrika het sy haar opleiding aan die Hugenotekollege op Wellington ontvang en sy was heeltemal tweetalig. Viljoen was egter huiwerig om 'n vrou aan te stel en het aan die hand gedoen dat naas Chubb 'n manlike inspekteur benoem word. Leipoldt was derhalwe verplig om sy memorandum te wysig en vir twee poste voorsiening te maak. Naas Chubb is dr. M. Brown aangestel.Ga naar eind101 Toe Leipoldt aan die einde van 1922 sy betrekking as mediese inspekteur van skole in Transvaal neerlê om tot die joernalistiek toe te tree, het hy Chubb, wie se samewerking in die Kaap met Brown nie sonder probleme was nie, baie sterk as sy opvolger aanbeveel. Die administrateur, mnr. Alfred Robertson, was haar kandidatuur goedgesind, maar politieke intriges en die vooroordeel teen die aanstelling van vroue, wat in daardie stadium nog sterk aan die orde van die dag was, het die benoeming verydel. Mense wat in later jare Leipoldt as 'n vrouchater en 'n antifeminis beskou het, was kennelik nie op die hoogte van sy groot waardering en warm gevoel vir Cleaver en Chubb nie. In 'n brief aan Chubb in hierdie tyd skryf hy: ‘You owe it to you and to your sex to take up my position. It will mean that you are the first women Head of Department in the Union, just as Cleaver was the first woman in the service who really accepted the responsible position.’ Leipoldt se termyn as skooldokter was nie sonder probleme nie. Hy was dikwels vies oor die administratiewe rompslomp wat sy pos meebring en het dit dwaas en teenproduktief gevind dat die onderwysdepartement geen voorsiening gemaak het vir 'n amptenaar om navorsing te doen en sy veld van tyd tot tyd in die buiteland opnuut te gaan verken nie.Ga naar eind102 Op 'n vergadering van 'n sentrale kindersorgkomitee op 5 Maart 1921 het hy verteenwoordigers van kerklike kinderwelsynverenigings só | |
[pagina 403]
| |
in die harnas gejaag dat hulle die byeenkoms verlaat het en die vergadering onverrigtersake uiteen is.Ga naar eind103 Kort ná sy aanstelling het 'n predikant hom gevra waarom hy nie kerk toe gaan nie. Toe Leipoldt antwoord dat hy 'n Boeddhis is, het die ontstelde predikant 'n afspraak met die hoof van die onderwysdepartement gemaak om 'n klag in te dien. In die kantoor van Adamson, superintendent van onderwys, het die volgende gesprek gevolg: ‘What kind of a man have you turned loose on our schools?’ 'n Nadraai van sy teorie oor die geleidelike agteruitgang van die Europese ras in Suid-Afrika, met mielies as stapelvoedsel, en die noodsaaklikheid van nuwe bloed om die kwynende fisieke krag van die blanke aan te vul - 'n gedagte wat hy ook in Bushveld doctorGa naar eind105 huldig - kom wanneer Leipoldt die Sons of England in Johannesburg toespreek en sy rede in drie aflewerings in die Rand Daily Mail van 21-23 Julie 1931 verskyn. Met 'n verwysing na die ‘flat brained pseudo-poet’ nooi Herman Charles Bosman Leipoldt in The New Sjambok van 25 Julie 1931 om hulle kantore te kom besoek. Hulle het Leipoldt se uitsprake aan hulle ‘office-boy’, 'n man wat op mielies grootgemaak is, gewys. ‘I don't care what any doctor says about me,’ was die ‘office-boy’ se kommentaar. ‘If he thinks I am not physically fit, let him come up here, and see how quick I chuck him down the stairs.’ Leipoldt het wyslik besluit om van die kantore van The New Sjambok weg te bly! |
|